Welkom

Artikels

Pieter Bisschoff het 'n pragtige nuwe boek geskryf oor Christelike Onderwys. Die boek gee die fondament vir 'n Christelike benadering tot al die vakke in laerskool en hoërskool.
Hoe werk die bekering en die wedergeboorte nou eintlik? Hoe eien ‘n mens homself die heil toe wat God in die evangelie aanbied? Hoe bly ‘n mens glo?
Ware liefde tot God sal die HERE se wil soek in sy hele skepping om Hom te behaag. Dis die kruispad van reformasie, want dis die enigste pad vanaf Christus se kruis.

Iets om oor na te dink

Ware liefde

As ons nie intolerant is teenoor alle populêre verdraaiings van liefde nie, bewys ons nie egte liefde nie. Meeste van die hedendaagse verwysings na liefde ignoreer hierdie beginsel. “Liefde” word deesdae gesien as ’n oneindige verdraagsaamheid wat sonde oorsien en wat goed en kwaad as gelykes omhels. Dit is nie liefde nie, dit is onverskilligheid. God se liefde is glad nie so nie. Onthou, die hoogste bewys van God se liefde is aan die kruis, waar Christus ons “liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur”.
JF MacArthur (True Love, 2004)

Wat's nuus?

“Ons verstaan dat die mense in Europa bang is vir vlugtelinge, maar ek hoop dat julle nooit sal veralgemeen en in elke vlugteling ‘n verdagte sien nie.” Dit is woorde van Edward Awabdeh (59), predikant uit die Siriese Damaskus.
In 2015 was pous Franciskus die eerste Katolieke leier wat ʼn Waldensiese kerk besoek het, en by dié geleentheid verskoning aangebied het vir die Roomse vervolging van Gereformeerde Christene in die verlede.
Die maand waartydens die moslems vas – Ramadan – is ‘n goeie rede om vir hul te bid.
Christelike kommentators meen dat daar vir regters min of geen regsgronde oorbly om gelowiges teen die ondermyning van godsdiensvryh
Nuwe handgeskrewe aantekeninge van die kerkhervormer Maarten Luther, uit die tyd toe hy as ʼn Rooms-Katolieke monnik in Erfurt studeer het, is onlangs ontdek.