Welkom

Artikels

Pieter Bisschoff het 'n pragtige nuwe boek geskryf oor Christelike Onderwys. Die boek gee die fondament vir 'n Christelike benadering tot al die vakke in laerskool en hoërskool.
Hoe werk die bekering en die wedergeboorte nou eintlik? Hoe eien ‘n mens homself die heil toe wat God in die evangelie aanbied? Hoe bly ‘n mens glo?
Ware liefde tot God sal die HERE se wil soek in sy hele skepping om Hom te behaag. Dis die kruispad van reformasie, want dis die enigste pad vanaf Christus se kruis.

Iets om oor na te dink

Gebedslewe van die predikant

As daar enigiemand op aarde is wat verplig is om die gebod "om sonder ophou te bid" uit te voer, is dit sekerlik die Christelike predikant. Hy het besondere versoekings, buitengewone beproewinge, sonderlinge probleme; hy moet met God omgaan in ontsagwekkende verhoudings, en met mense in geheimsinnige belange; hy het daarom baie meer genade nodig as gewone mense, en aangesien hy dit weet, word hy voortdurend daartoe beweeg om hom op die sterke te beroep vir krag, en om te sê, 'Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?"
CH Spurgeon (Lectures to my students)

Wat's nuus?

“Ons verstaan dat die mense in Europa bang is vir vlugtelinge, maar ek hoop dat julle nooit sal veralgemeen en in elke vlugteling ‘n verdagte sien nie.” Dit is woorde van Edward Awabdeh (59), predikant uit die Siriese Damaskus.
In 2015 was pous Franciskus die eerste Katolieke leier wat ʼn Waldensiese kerk besoek het, en by dié geleentheid verskoning aangebied het vir die Roomse vervolging van Gereformeerde Christene in die verlede.
Die maand waartydens die moslems vas – Ramadan – is ‘n goeie rede om vir hul te bid.
Christelike kommentators meen dat daar vir regters min of geen regsgronde oorbly om gelowiges teen die ondermyning van godsdiensvryh
Nuwe handgeskrewe aantekeninge van die kerkhervormer Maarten Luther, uit die tyd toe hy as ʼn Rooms-Katolieke monnik in Erfurt studeer het, is onlangs ontdek.