Aros

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is 'n onafhanklike gereformeerde, tersiêre onderwysakademie. Aros is primêr gerig op die opleiding van gereformeerde onderwysers vir kleuter-, laer- en hoërskole, maar opleiding in ander rigtings kan later volg. Die akademie is gegrond op die Woord van God ooreenkomstig die Gereformeerde leer soos uiteengesit in die Drie Formuliere van Eenheid.
 
Christelike Media funksioneer as 'n biblioteek vir Aros. Hier kan u materiaal aflaai wat nodig is vir u studies en take. Baie van die materiaal het ons van die betrokke dosente gekry om op die web te plaas. Alle materiaal wat hier verskyn is geplaas in samewerking en met goedkeuring van Aros.   Indien u reeds al u gegewens het om in te teken, sal u die Aros materiaal hier vind.
Om toegang tot al hierdie materiaal te kry, het u nodig om te registreer. Om te registreer moet u asseblief Renata de Haan  kontak met vermelding van u naam en u studente nommer. U sal dan dadelik die gegewens ontvang wat u nodig het om in te teken vir hierdie afdeling van Christelike Media.