Bron: Kompas, 2001. 2 bladsye.

Die Reg - Waarvandaan en Waarhéén?

In die begin het God die hemel en die aarde geskape… toe sien God alles wat Hy gemaak het en dit was baie goed…

die gereg

Die perfekte balans wat God egter met die skepping daargestel het, is deur die sondeval versteur. Dit word sommer vroeg in die boek Genesis geïllustreer met die moord deur Kain op sy broer Abel. Deur sy genadige voorsienigheid het God aan sy kinders die tien gebooie gegee om as rigsnoer te dien vir ons optrede. Later sou hy deur Christus vir sy kinders die verlossing moontlik maak wat deur die sondeval versteur is.

Ontstaansbron van die Reg🔗

God roep sy kinders om hulle nie te onttrek aan die samelewing nie, maar om as geroepenes hul verantwoordelikheid op aarde na te kom, naamlik om op alle lewensterrei Weens die totale wanorde wat gevolg het, het mense uit eie beweging ’n tipe sosiale kontrak gesluit. Hierdeur het hulle sekere van hulle vryhede opgeoffer om state daar te stel wat dan in terme van die sosiale kontrak moet omsien na die beskerming van daardie vryhede wat die mense vir hulleself beding het. Die siening rym egter nie met die Bybelse beginsel dat alle gesag van God kom en dat die mens uit homself tot niks goeds in staat is nie en kan dus kwalik deur ’n gereformeerde gesteun word.

Die Suid-Afrikaanse Reg🔗

Toe Jan van Riebeeck hom in 1652 aan die Kaap kom vestig het, het hy die Romeins-Hollandse Reg met hom saamgebring. Die reëls van die Romeins-Hollandse Reg behels die ou Romeinse Reg soos dit in spesifiek die provinsie Holland neerslag gevind het. Die beginsels van Romeins-Hollandse Reg vind vandag nog neerslag in ons familiereg, kontraktereg, eiendomsreg, skadevergoedingsreg en vele meer. Hierdie reëls was nie alles vervat in ’n stel wette nie maar ook in geskrifte van regsgeleerdes soos Hugo de Groot en Johannes Voet. Johannes Voet was ’n seun van die bekende gereformeerde, Gisbertus Voet.

Sedert die Britse besetting van die Kaap in 1806 en gedurende die koloniale tydperk wat in 1961 ten einde gekom het, het sekere aspekte van die Engelse Reg ook in Suid-Afrika beslag gekry. Die howe, die staatsdiens en selfs die parlement funksioneer steeds tot ’n groot mate volgens reëls uit die Engelse Reg. Verder stem sekere wette soos die Maatskappywet grootliks ooreen met dié van Engeland.

Met die daarstelling van ’n demokratiese bestel vanaf 1994 tot 1996 het die Suid-Afrikaanse Reg ’n totaal nuwe dimensie bygekry. Anders as in die ou bedeling, waar die parlement die hoogste gesag was en deur middel van wetgewing kon bepaal hoe die samelewing ingerig is, is die grondwet nou die hoogste reg. Alle regsreëls, asook optrede van die regering en selfs van individue, in sekere gevalle, word nou aan die grondwet gemeet.

konstitutionele hof🔗

Menseregte🔗

Die grondwet bevat ook ’n handves van menseregte waarvan die bedoeling is om individue teen vergrype van owerheidskant te beskerm. Alle regsreëls word eweneens aan die menseregteakte gemeet. Indien ’n hof bevind dat ’n bestaande of beoogde regsreël in stryd is met die menseregteakte, is so ’n reël onafdwingbaar. Voorbeelde van regsreëls wat deur die menseregteakte beïnvloed is, is:

  • die toepassing van doodstraf;

  • lyfstraf in skole asook die toepassing van lyfstraf deur die staat;

  • wetgewing wat prostitusie verbied; en

  • sekere wette wat diskrimineer teen homoseksuele persone en pare;

wat almal in geheel of gedeeltelik afgeskaf is. Aan die ander kant is weer bevind dat wetgewing wat aborsie moontlik maak, wel in lyn is met die menseregteakte. In ander lande is ook reeds bevind dat wetgewing wat godsdiensbeoefening in staatskole verbied in lyn is met daardie lande se menseregteaktes.

Hoewel sekere gereformeerdes van mening is dat ’n menseregteakte noodsaaklik is om te verseker dat owerhede nie hulle magte misbruik nie en dat die regte wat beskerm word selfs herlei kan word na die beginsels van naasteliefde soos in die tien gebooie te vinde is, wil dit voorkom of die praktiese werklikheid van ’n menseregtebedeling nie baie vriendelik teenoor Christelike waardes is nie.

Ons Roeping🔗

Soos vroeër genoem, roep God sy kinders om sy Koningskap op alle lewensterreine te bevorder. In die verlede het Hy mense wat hierdie roeping vervul het, daadwerklik gebruik om sy genade aan die mensdom te openbaar. Geen aardse gesag wat hom verset teen die Gesag van God kan vir altyd standhou nie. Ons taak is om ons ook in die regspleging te beywer vir die beskerming van daardie regte wat werklik vanuit die Ontstaansbron van alle goeie dinge spruit. Sodoende kan ons weer eens sy Genade aan die mensdom openbaar.