Bron: Die Kerkblad. 3 bladsye.

Is ons besig om kop te verloor?

Om te preek is nooit maklik nie. Om egter in die huidige stormagtige politieke klimaat te preek, en boonop sinvol te preek, is 'n duiselingwekkende opgawe.  Wat sê 'n mens tog vir mense in hierdie deurmekaar tye?

Verpolitisering van die evangelie🔗

Een oplossing sou wees om die evangelie in die politiek in te trek.  Dit is die pad wat die sogenaamde bevrydingsteologie opgaan.  Ten einde die prediking "aktueel" te maak, omskep die bevrydingsteologie die evangelie van Christus tot 'n boodskap van bevryding - bevryding uit politieke, ekonomiese en maatskaplike strukture: apartheid moet bestry word; privaatbesit moet vervang word deur regstellende aksie; vroue se rol in die samelewing moet verander, ensovoorts, ensovoorts.

Die bevrydingsteologie se prediking bestaan daarom uit 'n aansporing om tot die daad oor te gaan, selfs tot geweld, ten einde bestaande strukture omver te werp. Teen geweldsprediking kan ons ons nie sterk genoeg uitspreek nie.  Sulke prediking is eenvoudig in stryd met die wese van die evangelie.  In ieder geval, telkemale waar die evangelie ingeruil is op die prediking van die bevrydingsteologie, het dit net ellende en verwoesting tot gevolg gehad.  Daarom vermy gereformeerde predikante hierdie slaggat so ver as moontlik.  Hopelik.

Vergeesteliking van die evangelie🔗

Dit lyk of predikante in hierdie moeilike tye eerder die teenoorgestelde opsie verkies. Dit is om die evangelie te gaan vergeestelik.  Dit lei tot preke wat ongeveer die volgende lyn inslaan:

"Moet julle nie kwel oor die politieke verandering wat vir ons voor die deur lê nie.  Ons bestemming is immers 'n hemelse Koninkryk, die ewige lewe wat Christus deur sy kruis en opstanding vir ons verwerf het en as erfdeel gee aan elkeen wat in Hom glo.  Daarom is dit verkeerd om ons moeg te maak oor dinge soos die beskerming van ons eiendom en besittings, moet ons ophou om politieke ideale na te streef, mag ons ons nie beywer vir 'n selfstandige volksbestaan nie.  Wie hom met sulke dinge besig hou, bewys daarmee sy kleingeloof, of selfs sy ongeloof.  Dit is immers dinge waaroor ongelowiges bekommerd is!"  Hierdie soort boodskappe hoor 'n mens al meer van gereformeerde preekstoele af kom.

En tereg ook, sou baie mense beweer.  Het die Here Jesus dan nie self in sy bergrede gesê dat ons ons nie moet kwel oor wat ons sal eet of aantrek nie (Matt 6:19-34)?  Dan is dit mos verkeerd om jou in te span vir die verkryging en behoud van dinge soos kos en klere, besittings, eiendom en woonplek.

Wêreldontvlugting🔗

Helaas, sulke boodskappe klink miskien baie vroom, maar dit trek die waarheid skeef.  Dit kom neer op 'n vergeesteliking van die evangelie - 'n neiging wat ons teëkom by die piëtisme.  Volgens die piëtisme het ons godsdiens net met geestelike dinge te doen.  Ons liggaamlike bestaan hier op aarde is onbelangrik.  Ons moet ons aandag daarvan aftrek en ons oë gerig hou op ons hemelse bestemming.  Dit sê die piëtisme - met heelwat Skrifuitsprake om hulle op te beroep.

Die vergeesteliking van die evangelie het reeds in die Middeleeue voorgekom, in die Roomse teologie.  Rome het natuur en genade van mekaar geskei: die gelowige moet van die natuurlike dinge af sien en sy lewe toespits op die "geestelike dinge" (wat op die terrein van die genade sou lê).  Vandaar ook die Roomse asketisme wat daarin bestaan het dat "geestelikes" hulle in 'n klooster-lewe van die wêreld probeer afsonder het.

Die gemeente in Tessalonika🔗

'n Mens kan nog verder teruggaan.  Die Nuwe Testament gee op verskeie plekke blyke van gelowiges wat die evangelie wou vergeestelik.  Een van die opvallendste voorbeelde is die groep Christene in Tessalonika wat opgehou het met werk.  Ons lees van hulle in 2Tessalonisense 2 en 3.

Die groep Christene daar was waarskynlik baie vroom mense wat groot erns met die evangelie gemaak het.  By die apostel Paulus het hulle die evangelie van kruis en opstanding gehoor (Hand. 17:3), ook dat die gelowiges by die wederkoms die ewige lewe as erfdeel sal ontvang (1Tess. 4:13 - 5:11).

Hierop het hulle blykbaar geredeneer dat gelowiges net met die dinge van die wederkoms moet besig wees.  Die versorging van die liggaam, die verkryging van lewensmiddele soos kos, klere en woonplek, is dinge waarmee 'n Christen hom nie moet bemoei nie.  Daarom daaglikse brood en botter.  Maarten Luther het iewers gesê: "Selfs al sou ek weet dat die wederkoms môre plaasvind, plant ek vandag nog 'n boom!"  Christene bly tot die einde toe geroepe om hulle te bemoei met die dinge van hulle daaglikse bestaan en voortbestaan.

Wie dan maar ten opsigte van sy aardse bestaan 'n laat-maar-gaan-houding het, wie ophou om sy lewe en dié van sy dierbares te beskerm, wie dink dit is te "aards" om hom vir 'n eie woonplek of 'n selfstandige volksbestaan te beywer, is besig om verstand te verloor.  Ten opsigte van hierdie dinge het ons steeds 'n verantwoordelikheid en roeping.

Aan die ander kant🔗

Maar wat dan van uitsprake soos dié van die Here Jesus waarna ons hierbo verwys het, dat ons ons nie moet bekommer oor wat ons sal eet of aantrek nie?  Staan dit dat hulle het opgehou met werk en as't ware gaan agteroor sit en met die oë op die hemel die wederkoms inwag?  Wat was die apostel Paulus se reaksie hierop?  In 2Tessalonisense 2:1,2 skryf hy aan hulle: "Ons vra julle, broeders, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie, asof die dag van Christus al daar is."  En verderaan in die brief skryf hy: "Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus om rustig te werk en hulle eie brood te eet" (2 Tess. 3:12).

Wat sê dit vir ons?  Wat sou die betekenis hiervan wees? In kort word ons daardeur gewaarsku om nie gou (vanweë politieke of watter omstandighede ook al) ons verstand te verloor nie.  Ons moet onthou dat as verlostes in Christus wat met reikhalsende verlange op sy wederkoms wag, ons steeds 'n verantwoordelikheid het ten opsigte van ons straks in stryd met Paulus se woorde aan die Tessalonisense?  Allermins. Waarteen die Here Jesus in sy bergrede waarsku, is dat ons ons heil in aardse dinge soek.  Hy wys op die gevaar van materialisme.

Ons mag ons vertroue op niks en niemand anders nie as op God stel.  Ook vir ons daaglikse behoeftes.  Dit leer die Here Jesus.  Maar dit neem nog nie ons verantwoordelikheid weg om self daarvoor te werk nie.  Dit leer die apostel Paulus.  Volkome in harmonie, sonder enige teenspraak.  Wie net die laaste kant van die waarheid raaksien, verval in materialisme.  Wie net die eerste kant van die waarheid raaksien, verval in piëtisme - en verloor sy verstand.

Anders gestel: die kerk bestaan nie net uit Maria's wat heeltyd aan die voete van Jesus sit nie.  Daar moet ook die Martha's wees - hulle wat hulle inspan vir die dinge van ons daaglikse voortbestaan.  Anders sou ons gou kop verloor.