Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 19 Die vyf valse sogenoemde sakramente; ‘n verklaring dat die vyf ander sakramente wat tot dusver as sakramente beskou is, nie sakramente is nie, asook ‘n aanduiding van wat hulle werklik is

Hierdie hoofstuk behandel die vyf valse sakramente van die Roomse kerk: vormsel (voorstelling), boetedoening, oliesel (laaste salwing), kerklike ordes en die huwelik.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 18 Die Pouslike Mis. Deur die Heiligskennis hiervan is die Nagmaal van Christus nie alleen ontheilig nie maar heeltemal vernietig

Dwalings in die Roomse mis het die nagmaal van Christus onder andere op die volgende maniere ontheilig:
• Christus is van sy priesterskap ontneem,
• ‘n Altaar word in die plek van die kruis gestel, en
• Christus se dood word nie in herinnering gebring nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 17 Die Heilige Nagmaal van Christus en wat dit ons bied

Die heilige nagmaal is ‘n liggaamlike teken met ‘n geestelike waarheid. In die nagmaal het ons gemeenskap met Christus waar ons siele net so seker deur Sy vlees en bloed gevoed word as ons liggame deur brood en wyn. Dit spoor ons aan tot selfondersoek en ‘n heilige lewe.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 16 Die Kinderdoop stem uiters goed ooreen met die instelling van Christus; die aard van hierdie teken

Die betekenis van die doop word uit die instelling van die besnydenis afgelei: die beloftes daarin is dieselfde. Daarom moet die kinderdoop ook bedien word om die verbond van God te bevestig en te versterk. Christus het nie die verbondsbeloftes in duisterheid gehul nie en sowel Jode as heidene word in die Nuwe Testament as kinders van Abraham gereken.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 15 Die Doop

Die doop is die sakrament waardeur ons in die volk van God opgeneem word. Die water beeld die afwassing van sondes uit en simboliseer die afsterwe van die ou mens en ‘n nuwe lewe in Christus. Christus het die opdrag om te doop aan ampsdraers gegee. Die handeling kom dus as’t ware uit die hand van God uit en herdoop of evaluasie na aanleiding van diegene wat dit bedien het, is dus nie van pas nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 14 Die Sakramente

Benewens die verkondiging van die Woord, het God ook sakramente gegee. Hierdie seremonies het ten doel om Sy beloftes te verseël en deur die werking van die Heilige Gees ons geloof te versterk. Die sakramente verskil in die onderskeie testamentiese bedelings, maar het dieselfde doel: om Christus met sy geestelike rykdomme te ontvang.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 13 Geloftes en hoe elkeen wat dit onbesonne aflê, hom jammerlik verstrengel

Geloftes verskil van beloftes en moet nie onnadenkend afgelê word nie. Dit is immers iets wat met groot eerbied teenoor God aangegaan word. Die geloftes wat Monnike en Nonne aflê is egter nie in die Skrif gegrond nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 10 Die kerk se bevoegdheid om wette te maak waarin die Pous en sy trawante die wreedste tirannie en slagting onder siele uitgeoefen het

Hierdie hoofstuk bespreek kerkwette, tradisies en ‘n Christen se gewete.

Met betrekking tot wette, moet die volmaakte lewensreëls uit die Woord gesoek word, omdat God die enigste Wetgewer is. Menslike instellings mag nie Christengewetens bind nie, maar kerklike instellings is wel nodig om orde in die kerk te handhaaf. Ook word gehoorsaamheid aan die owerheid bespreek.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 8 Kerklike mag sover dit die geloofsleer aangaan. Met watter bandelose teuelloosheid hierdie mag onder die pousdom hanteer is om die suiwerheid van die leer heeltemal te vernietig

Die Skrif alleen is die maatstaf vir onderwysing in die kerk en hoe mag in die kerk vasgestel word. Kerklike gesag dien tot stigting en is deur die Heilige Gees aan die ampte, nie aan individue nie, verleen, bv. profete en apostels.

Aanvanklik het God sy openbaring deur die wet en profete bekend gemaak. Dit is eger besonderlik openbaar toe die Woord vlees geword het.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 5 Die ou regeringsvorm is heeltemal deur die tirannie van die pousdom vernietig

Ampsdraers moet na behore ondersoek word voor hul kiesbaar gestel word. Verkiesing moet dan deur die kerkvolk gebeur, en nie deur ‘n paar ‘belangrike’ mense of aardse regeerders aangewys word nie. Calvyn ontbloot die wanpraktyke, korrupsie en sedelike verval van die ampsdraers (priesters, monnike, diakens, ens.) in die Roomse kerk.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 4 Die toestand in die Kerk van ouds en die regeringswyse wat voor die pousdom in gebruik was

Calvyn gee ‘n historiese oorsig oor die ontwikkeling van die ampte in die kerk. Die kerk van ouds het biskoppe (opsieners), aartsbiskoppe en patriarge geken. Die diakens het die kerklike eiendom, kerkfondse en liefdesgawes aan die armes beheer. Uitgesoekte jongmanne is van jongs af vir die ampte voorberei. Met verloop van tyd het addisionele vereistes ontstaan, soos die selibaat.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 1 Die uiterlike hulp- en ondersteuningsmiddels waardeur God ons tot die gemeenskap met Christus uitnooi en ons daarin hou

Die kerk word beskryf as die gemeenskap van die heiliges en die moeder van alle gelowiges. Hoewel die sigbare kerk gebreke vertoon, is dít die plek waar Woordverkondiging, Christelike onderwysing en bediening van die sakramente deur middel van die ampte gebring word.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 25 Die Laaste Opstanding

Die Skrif leer ons om die leer van die opstanding van die vlees te begryp, deur die ooreenkomste met Christus se opstanding en God se almag aan te toon. Verskeie aspekte met betrekking tot hierdie leer word bespreek: ons verlange en hoop daarna, die liggaamlike opstanding, die betekenis van begrafnisseremonies en die opstanding van goddeloses.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 24 Die uitverkiesing word deur God se roeping bekragtig. Die goddeloses haal hulle egter die regverdige verderf waarvoor hulle bestem is, op die hals

Die uitverkorenes word onverdiend op grond van God se barmhartigheid geroep, en nie op grond van hul goeie werke, geloof of die sogenaamde ‘saad van die uitverkiesing’ nie. Die saligheid, die lewe, onsterflikheid en uitverkiesing moet in Christus alleen gesoek word. Hy self het meermale gesê dat geen uitverkorene verlore sal gaan nie. Hul name is immers in die boek van die lewe opgeskryf. Daarom sal hul volhard ten spyte van aanslae en vertwyfeling.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 23 ‘n Weerlegging van die valse beskuldigings waarmee hierdie leer van die uitverkiesing altyd ten onregte belas is

Uitverkiesing en verwerping is albei die wil van God en kan nie sonder mekaar bestaan nie. In Sy predestinasie kom Sy genade en geregtigheid na vore – dit is ‘n billike oordeel oor sondige mense. Ons mag nie God se wil ondersoek of Hom van partydigheid beskuldig nie; Hy is regverdig – ook teenoor die verworpenes.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 22 ‘n Bevestiging van hierdie leervan die uitverkiesing aan die hand van Skrifgetuienis

God se uitverkiesing van mense is deel van sy soewereine raadsplan van ewigheid af, en berus nie op grond van Sy voorkennis van persoonlike verdienste of lidmaatskap van ‘n sekere groep mense of ‘n volk nie. Christus self het uitsprake hieroor gemaak. Dat God almal nooi maar weinig uitverkies, is nie strydig met sy aard nie. Net soos die uitverkiesing, berus die verwerping ook op God se wil.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 21 Die ewige uitverkiesing waarvolgens God sommige tot saligheid, ander tot die verderf voorbestem het

Die leer van die ewige uitverkiesing word ook die predestinasieleer genoem. Dit is noodsaaklik dat ons dit uit die Woord van God moet ondersoek. Die hele volk Israel in die Ou Testament word byvoorbeeld God se erfdeel genoem, maar God het sommiges uitverkies en ander verwerp (verwerping). Diegene wat in Christus as die Hoof ingelyf is, sal nooit van hulle saligheid afvallig word nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 20 Gebed wat die belangrikste geloofsoefening is waardeur ons daagliks God se seëninge ontvang

Hierdie lywige hoofstuk handel oor die gebed as die belangrikste, noodsaaklike geloofsoefening waardeur ons daagliks God se seëninge ontvang. Die gelowige moet gereeld bid in heilige eerbied, onselfgenoegsaamheid en nederigheid. Op grond van God se beloftes kan die gelowige altyd reken op gebedsverhoring. Ook al lyk dit nie altyd so nie, weet ons dat God ons altyd gee wat vir ons beswil nodig is en kan ons geduldig daarin volhard.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 19 Christelike Vryheid

Christelike vryheid bestaan uit drie dele: (1) vryheid van die wet, (2) vryheid van die juk van die wet asook (3) vryheid in middelmatige sake.

Die christelike vryheid is wel aan beperkings onderworpe en mag nie misbruik of ‘n struikelblok vir iemand anders word nie. Hoewel ons vryheid in middelmatige sake het, mag ons dit net doen as dit naasteliefde bevorder.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 18 Geregtigheid van werke word verkeerdelik uit die loën afgelei

Die verband tussen beloning en goeie werke word bespreek. Die volgende kom ter sprake: lewensheiliging, die bymekaarmaak van skatte in die hemel, verdrukkings, regverdigmaking deur liefde (volgens die Fariseërs), onderhouding van die gebooie en geloof as goeie werke.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 17 Die ooreenstemming tussen die beloftes van die Wet en die beloftes van die Evangelie

Slegs ‘n ware geloof in Jesus Christus maak die mens regverdig. Uit onverdiende genade word hy deur God aangeneem. Hierdie wedergeboorte maak van hom ‘n nuwe skepsel wat hom goeie werke laat doen om God te behaag. Hy kan egter nie op sy goeie werke roem nie. Die leer van die pousgesindes hieromtrent word weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 16 ‘n Weerlegging van die valse beskuldigings waarmee die pousgesindes poog om hierdie leer gehaat te maak

Die Roomse Kerk beskuldig die Protestante dat hul goeie werke tot niet maak (omdat niks daarmee verdien kan word nie) en gelowiges so aanspoor om te sondig (omdat hulle onverdiende sondevergiffenis verkondig). Hierdie valse aantygings word in die hoofstuk weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 15 Roem op die verdienste van werke vernietig nie alleen die lof aan God dat Hy aan ons geregtigheid gegee het nie, maar ook die sekerheid oor ons saligheid

Die mens word nie regverdig gemaak deur goeie werke nie. Slegs Christus se verdienste, en nie die mens s’n nie, is genoegsaam vir ons verlossing. Calvyn weerlê die Roomse kerk, Sofiste en Skolastici se verkeerde leer hieromtrent.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 13 Twee aspekte waarop in die vrye regverdigmaking gelet moet word

God alleen is regverdig. Hy maak iemand wat deur die werk van die Heilige Gees in Jesus Christus glo, ook regverdig en deelagtig aan Sy geregtigheid. Alle aspekte van ons saligheid is dus onverdiende genade van God. Iemand wat op eiegeregtigheid roem, verduister God se heerlikheid en maak God se beloftes tot niet.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 12 Om vas en seker van ons onverdiende regverdigmaking oortuig te wees, moet ons ons gedagtes na God se regbank ophef

Wanneer ‘n mens die erns van God se oordeel besef en deur selfondersoek sy eie swakheid gewaar, kan hy nie anders as om ootmoedig en nederig voor God te wees nie. Christus is immers gestuur om sondaars – en nie regverdiges nie! – te verlos. Want voor God, in al sy majesteit en volmaaktheid, is daar nie een mens regverdig nie. Daarom is daar geen plek vir eiewaan, verwaandheid of selftevredenheid nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 11 Regverdigmaking deur die Geloof: Vooraf 'n beskrywing van die woord en onderwerp

Hierdie hoofstuk bespreek die geloof en die verhouding daarvan tot regverdigmaking en wedergeboorte. Die volgende word ook aangespreek:
• Osiander se leer van 'wesenlike geregtigheid'
• sondevergifnis
• Christus as ons soenoffer
• goeie werke
• genade
• die wet

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 10 Hoe ons die huidige lewe en die hulpmiddels daarvan moet gebruik

Aardse goed en lewensmiddele is gawes van God en moet gebruik word om die mens se roeping te vervul. Hou die volgende in gedagte:
• Die gebruik daarvan moet lei tot kennis, liefde en eerbied vir die Skepper.
• Dié wat oorvloed het, moet matigheid voor oë hou.
• Dié wat gebrek lei, moet geduld hê.
• God sal van ons rekenskap eis oor alles wat ons het.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 8 Kruisdra wat deel van selfverloëning is

As deel van selfverloëning , moet elke volgeling van Christus sy eie kruis dra om te toon dat hy aan Christus se lyding deel het. Hul moet alle selfvertroue afsterf en hulle op God se genade alleen beroep. Gelowiges sal vervolging verduur, maar sal altyd in God rus vind. Verdrukking is noodsaaklik om gelowiges se lydsaamheid te beproef en hulle gehoorsaamheid te leer.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 7 ‘n Samevatting van ‘n Christelike lewe; selfverloëning

Omdat ons nie aan onsself behoort nie maar aan God, moet ons lewenswyse dit weerspieël. Dit behels ‘n afsterwing van die wêreld en selfverloëning. Die Christen moet God se wil doen, sy vertroue op God alleen stel, hom aan Sy wil onderwerp en sy lewe in God se hande oorgee. Dit het die regte gesindheid van ware liefde teenoor die naaste tot gevolg.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 6 Die lewe van ‘n Christen: Ten eerste, met watter bewyse die Skrif ons daartoe aanspoor

Hierdie hoofstuk handel oor die lewe van ‘n Christen. Die Skrif gee aan die Christen ‘n norm waaraan hy geregtigheid kan meet. In Christus het die Christen ‘n beeld ontvang waarna hy moet streef om gelykvormig te word. ‘n Opregte Christenlewe word nie net deur lippetaal gekenmerk nie, maar ook deur die gesindheid van die hart en ‘n volgehoue strewe na die volmaaktheid van die evangelie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 4 Alles wat die Sofiste in verband met berou kwytraak, is ver van die suiwerheid van die Evangelie af. ‘n Behandeling van belydenis en voldoening

Die Roomse Kerk se leer in verband met die bieg en boetedoening berus op ‘n verkeerde vertolking van die Skrif. Volgens die Skrif is daar net een manier waarop sondes bely en kwytgeskeld kan word, naamlik by die Here. Dit kan in die openbaar of in privaat vir algemene of persoonlike sondes wees.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 3 Deur die geloof word ons weergebore: ‘n Behandeling van berou

Gelowiges beleef wel hulle heiligmaking, maar is nogtans nie sondeloos nie. As vrug van die geloof toon die godvrugtiges gedurig tekens van berou oor hul sondes en bely dit voor God. Dit beteken ‘n diep verandering in die mens, vrees vir God, afsterwe van die vlees en wedergeboorte in Christus. Berou en vergewing hou met mekaar verband.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 2 Geloof: ‘n Beskrywing en verduideliking van die eienskappe daarvan

Opregte geloof word breedvoerig in hierdie hoofstuk bespreek. Dit word deur die Heilige Gees aan ons geskenk en in ons laat groei. Geloof is kennis van God en Christus, benodig die Evangelie, berus op God se beloftes, stry teen versoekings, is gebede om die guns van God, bewapen homself met die Woord van God en oorwin uiteindelik alle probleme.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 17 Dit is reg en juis om te sê dat Christus die Genade van God en die Saligheid vir ons verdien het

Christus is deur God in die wêreld gestuur sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie. Sy gehoorsaamheid het vir ons genade by die Vader verwerf. Sy dood het vir ons sondes versoening gedoen sodat ons deur Sy dood gereinig is. Geen werke van die wet kan ons vrymaak nie, slegs Christus kon die saligheid vir ons verdien.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 16 Hoe Christus Sy amp as Verlosser volbring het om vir ons die Saligheid te verwerf: ‘n Behandeling van Sy dood, Sy opstanding en Sy Hemelvaart

Ons is ellendige mense voor God. Nogtans het Hy ons eerste liefgehad en uit onverdiende genade ons deur die bloed van Sy seun met Homself versoen. Jesus Christus het hom in alles aan ons gelyk gestel.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 15 Om te weet met watter doel Christus deur die Vader gestuur is en wat Hy aan ons gegee het, moet ons in besonder daarop let dat daar in Hom drie ampte is, naamlik ‘n Profetiese, ‘n Koninklike en ‘n Priesterlike amp

Christus is deur die God na die Aarde toe gestuur en gesalf as ‘n profeet, priester en koning. As Ewige Koning van ‘n geestelike koninkryk beloof Hy ons nie aardse voordele nie, maar wel alles wat nodig is vir ons ewige saligheid.  As Priester het hy ons met God versoen deur die offer van sy dood.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 14 Hoe die twee nature van die Middelaar een Persoon tot stand bring.

Die Woord het só vlees geword dat die Middelaar ware mens sowel as ware God was. Sy Goddelikheid was op só 'n wyse met sy menswees verbind, dat die eie aard van elke natuur volkome was. Tog het uit die twee nature net één Persoon, Christus, tot stand gekom. Vir ons menslike verstand is dit ‘n groot geheimenis.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 13 Christus het die ware wese van die mens se vlees aangeneem

Christus het waarlik die menslike natuur aangeneem – uit die saad van die mens Dawid, gebore uit ‘n vrou – om sy amp as Middelaar te volbring. Hy was in alles aan sy broers gelyk en was tegelykertyd ware mens én ware God.

Vervolgens weerlê Calvyn dwalings van Marcion, die Manicheërs en die Wederdopers.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 11 Die Verskil tussen Ou Testament en Nuwe

Die beloftes van die Ou en die Nuwe Testament is een dieselfde en het dieselfde fondament, naamlik Christus, maar nogtans is daar verskille:

  1. Die Ou Verbond het die beloftes bedek aan die Israeliete geleer, terwyl dit duideliker in die Nuwe Verbond openbaar word.

  2. In die Ou Testament is beelde en seremonies gebruik, maar in die Nuwe Testament word die waarheid in sy volheid deur die bloed van Christus openbaar.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 9 Hoewel Christus onder die Wet aan die Jode bekend was, is Hy nogtans eers in die Evangelie geopenbaar

God het in die oud tyd die Jode deur die wet en profete aangespreek, maar nou praat Hy met ons deur sy geliefde Seun. Die beloftes wat vroeër verborge was, is deur Christus duidelik in die Evangelie openbaar. Die Evangelie vervang egter nie die wet nie, maar bekragtig dit.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 8 ‘n Verduideliking van die Sedewet

Die sedewet met sy beloftes en dreigemente leer ons wat die ware diens aan God behels en wys ons ons sondigheid aan. Daardeur leer ons volmaakte geregtigheid. Die wet van God reël nie net die uitwendige lewe nie, maar lê beslag op die héle lewe. Christus, as die beste Uitlegger van die wet, het die Fariseërs se verdraaide vertolking daarvan weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 7 Die Wet is gegee nie om die volk van ouds daaraan te hou nie maar om die hoop op saligheid in Christus tot Sy koms te voed

Calvyn verstaan onder die woord wet nie slegs die tien gebooie nie, maar ook die vorm van godsdiens wat God aan Moses gegee het. Die sedewet sowel as die seremoniële wet is gegee met die oog op Christus se koms. Hy is die voleinding van die wet tot saligheid vir elkeen wat glo.

Dit is onmoontlik om die wet volkome na te kom. Slegs omdat God ons uit genade, sonder inagneming van ons werke aangryp, het die beloftes van die wet nog waarde.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 6 Die verlore mens moet sy verlossing in Christus soek

Omdat die hele mensdom in Adam verlore gegaan het, is ‘n Middelaar nodig om hul met God te versoen. Reeds in die ou Verbond is belowe dat die Messias gebore sal word. Slegs deur Christus, wat die beeld is van die onsienlike God, kan ons God tot ons saligheid leer ken.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 5 ‘n Weerlegging van die besware wat gewoonlik ter verdediging van oordeelsvryheid aangevoer word

In hierdie hoofstuk weerlê Calvyn die besware wat teen oordeelsvryheid aangevoer word. Hy bespreek die volgende besware: 1) dat sonde vermy kan word, 2) dat straf en loon hul betekenis verloor as die mens nie self kan kies nie, 3) dat alle mense dieselfde natuur sou hê indien hul nie ‘n keuse tussen goed en kwaad gehad het nie, 4) dat vermanings tevergeefs is as ‘n sondaar nie self daarop kan reageer nie en 5) dat die mens self alles kan volbring wat in die wet en die Skrif geëis word.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 4 Die wyse waarop God in die mense se hart werk

Satan heers in verworpe mense en verhard hul harte, maar dit is ook deel van God se werkswyse: Hy gebruik die Satan om sy raadsplan te volbring. Die werke van die duiwel openbaar God se geregtigheid asook die Satan en die mens se boosheid.

God buig die mens se wil om by sy voorsienigheid aan te pas. Wanneer die mens die goeie kies, is dit slegs uit God se genade.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 3 Uit die mens se bedorwe natuur kan niks anders as doemwaardigheid voortkom nie

Die mense moet totaal nuut gemaak word, want sy verstand en wil – sy hele vleeslike natuur – is só verdorwe dat hy onvermydelik sondig. Dit word slegs deur God se genade in toom gehou. Hý begin en volbring alle goeie werke in ons, Hý vernuwe ons en Hý gee ons volharding. Die mens is nie ‘n medewerker aan al hierdie dinge nie, maar ontvang alles uit onverdiende genade.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 2 Die mens is nou van oordeelsvryheid beroof en aan jammerlike slawerny uitgelewer

Sedert die sondeval is die mens onder die heerskappy van die sonde en is die mens se wil onbekwaam om enigiets goeds te doen. Is die mens dan van alle vryheid beroof? Die filosowe en sommige vroeë kerkvaders het nie so gemeen nie. Hul het die woord oordeelsvryheid gebruik: die vermoë om tussen goed en kwaad te kan kies. Maar die mens kan slegs sy ware self in die spieël van God se Skrif sien.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 1 Deur Adam se val en opstand is die hele mensdom aan die vloek onderworpe en het hulle van hulle eerste oorsprong ontaard. Oorspronklike sonde.

Na die sondeval het die hele mensdom ontaard. Deur Adam se ongehoorsaamheid is almal onderworpe aan die erfsonde. Erfsonde is nie net ‘n nabootsing van Adam se sonde nie (aldus Pelagius), maar elkeen word daarmee gebore. Sonde het die héle mens besmet en daarom moet alle kwaad aan die mens self toegeskryf  word. Die skuld kan nie op God of die natuur gepak word nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 18 God gebruik die werk van die goddeloses en Hy wend hulle gemoedere op so ‘n wyse tot uitvoering van Sy oordele aan dat Hy self van elke smet rein bly

In God se voorsienigheid is daar nie ‘n verskil tussen wat Hy wil en wat Hy toelaat nie. Daar is egter wel ‘n verskil tussen God se wil en God se gebooie. Maar wat mense en Satan ook al bedink en doen – hul kan niks anders doen as wat God se raad reeds besluit het nie; hul kan slegs God gehoorsaam wees. Die skrif toon duidelik dat God se wil enkel- en eenvoudig is en dat God nie die oorsaak van die sonde is nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 17 Die rigting en doel waarop ons hierdie leer moet rig om vir ons tot nut te wees

God se voorsienigheid geld vir die hede, die verlede en die toekoms en moet deur ons met vrees en eerbied ondersoek word. Dit is egter geen verontskuldiging vir ons oortredinge nie, en sluit nie uit dat ons moet nadink oor en voorsiening maak vir die toekoms nie. God se wil is in Sy Woord geopenbaar en daarom moet ons in alle sake ons oë nét daarop rig. God se voorsienigheid vir die gelowiges is baie duidelik.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 16 Deur Sy krag onderhou en voed God die wêreld wat Hy geskep het, en met Sy voorsienigheid regeer Hy oor elke deel daarvan

Deur die geloof weet ons dat God die wêreld nie net geskape het nie, maar steeds onderhou, voed en versorg. Niks is aan die “noodlot” oorgelaat of gebeur toevallig  nie, maar alles word deur die verborge raadsplan van God van die begin af regeer. Hy is aktief en betrokke en niks kan gebeur sonder Sy wil en wete, sonder Sy toestemming of los van Sy plan nie.

God se voorsienigheid is nie net algemeen nie (natuurorde), maar ook spesifiek (gebeurtenisse).

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 15 Die aard van die skepping van die mens: ‘n Bespreking van die vermoëns van die siel, die beeld van God, vrye wilsuiting en die oorspronklike ongeskondenheid van die mens se natuur

Die mens is na die gelykenis van God geskep (bestaande uit ‘n geskape liggaam en ‘n geskape siel) en kan daarom nie die skuld vir sy bedorwenheid op God afskuif nie. Deur die eerste Adam is ons vervreem van God, maar Christus, as die tweede Adam, hernuwe ons sodat ons weer die beeld van God kan vertoon.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 14 Ook in die skepping van die wêreld en van alle dinge maak die Skrif aan die hand van sekere tekens onderskeid tussen die ware God en versonne gode

‘n Belangrike kenmerk van God is sy bestaan van ewigheid af. Hierdie kenmerk kan nie aan enigiets in die wêreld – alle sienlike en onsienlike geskape dinge – toegeskryf word nie. Calvyn bespreek in hierdie hoofstuk die onsienlike dinge: die engele en die duiwels. Beide bestaan regtig en is nie blote versinsels of net gevoelens nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 13 In die Skrif word geleer dat daar vanaf die Skepping 'n Enige Wese van God is wat Drie persone in Homself insluit

God openbaar Homself in drie Persone: die Vader, Seun en Heilige Gees. Hulle is drie onderskeie 'Selfstandighede' in die enkelvoudige, ondeelbare 'Wese' van God. Ons gebruik die woord Drie-eenheid om dit te omskryf. Hoewel hierdie woord nie in die Skrif voorkom nie, help dit die mens se verdorwe verstand om God se onmeetlikheid en geestelikheid te peil. Dit ontmasker ook valse leerstellings, dwalings en ketterye (‘n paar word bespreek en weerlê).

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 12 God word van die afgode onderskei sodat Hy alleen ten volle gedien kan word

God is volmaakte eer verskuldig. Hy word van sy heerlikheid beroof wanneer Hy saam met vreemde gode aanbid word (bygeloof). Ware godsdiens darenteen verbind ons aan die enige almagtige God. Ons moet Hom dien (douleia) én vereer (latreia).

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 11 Dit is nie geoorloof om aan God ‘n sigbare gedaante te gee nie en oor die algemeen wyk almal wat vir hulleself afgode oprig, van die ware God af

Enige afbeelding van God onteer sy majesteit en word deur Hom verbied. Hoewel God hom self wel partykeer openbaar (bv. in wolke, rook en vlamme, in menslike gestalte of as ‘n duif), gee dit nie die mens die reg om ‘n beeld van God te maak nie. Énige gelykenis van Hom deur énige kunstenaar, word in die Skrif verbied.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 10 Die Skrif stel die ware God uitsluitlik teenoor al die gode van die heidene om elke vorm van bygeloof reg te stel

God word duideliker in die Skrif as in die skepping openbaar. Die skrif verkondig vir ons hoe God, as maker van hemel en aarde, sy skepping regeer en dui ons die eienskappe van God aan, met name sy barmhartigheid, oordeel en geregtigheid.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 9 Geesdrywers wat die Skrif ter syde stel en hulle toevlug tot openbaring neem, verwoes al die beginsels van Godsvrug

Die Woord word deur die Heilige Gees in ons harte gewerk en bekragtig. Diegene wat die Skrif verwerp en ‘n ander weg aandui om na God te kom, beroep hul verkeerdelik op die werk van die Heilige Gees, want die Gees is die outeur van die Skrif: Hy kan nie daarvan verskil nie. Woord en Gees is dus onlosmaaklik aan mekaar verbind; hul doen saam die werk van God.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 8 Sover die mens se rede dit vereis, is bewyse beskikbaar wat kragtig genoeg is om die geloofwaardigheid van die Skrif te bevestig

Die Skrif munt in sy ouderdom bo alle geskrifte uit en oortref alle menslike wysheid. Nie omdat die styl daarvan so voortreflik is nie, maar vanweë die inhoud en goddelike karakter daarvan.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 7 Die getuienis waardeur die Skrif bekragtig moet word sodat die gesag daarvan seker kan wees, naamlik deurdie getuienis van die Heilige Gees; voorts is dit n goddelose versinsel dat die geloofwaardigheid van die Skrif van die oordeel van die Kerk afhang

Die gesag van die Skrif kom vanaf God. Skrifgesag is nie van die kerk afhanklik nie, hoewel die kerk nie sonder die Skrif kan bestaan nie omdat dit op die fondamente van die apostels en profete rus. Calvyn bespreek voorts Augustinus se getuienis hieromtrent.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 5 Die kennis van God blyk uit die skepping van die wêreld en die voortgesette regering daarvan

Die natuur is deur God geskep en is nie self skepper nie. Deurdat God hom duidelik in die skepping openbaar, kan die mens hom glad nie verontskuldig op grond van onkunde nie – hy word gedwing om Hom daarin raak te sien. So is God ook sigbaar in die wetenskappe, kunste en die menslike liggaam.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 4 Die kennis van God word deels uit onkunde, deels uit kwaadwilligheid gesmoor of bederwe

Hoewel kennis van God in alle mense se harte ingegraveer is, word dit uit onkunde of kwaadwilligheid onderdruk. Sommiges verval in bygeloof terwyl ander God doelbewus verloën. Eiesinnige godsdiens is eweneens nie die ware godsdiens volgens die wil van God nie, maar huigelary.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 3 Die kennis van God is van nature in die verstand van die mens ingeplant

Kennis van God is van nature in die mens ingeplant – alle mense weet dat daar 'n God bestaan. Selfs ateïste en afgodsdienaars bewys dat hulle nie sonder ‘n begrip van God is nie.

Die mens se godsdienstige bewussyn verhef hom ook bo die dier.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 2 Die betekenis en doel daarvan om God te ken

Kennis van God is meer as om net te weet dat daar wél 'n God bestaan. Dit is om Hom as Skepper en Verlosser te ken soos die Skrif Hom aan ons openbaar. Hierdie hoofstuk behandel eersgenoemde: Hy is die een wat geskep het en Sy skepping onderhou, bestier, bewaar, regeer en beskerm. Daar is niks waarvan Hy nie die oorsaak is nie. Ons moet alle dinge van Hom verwag, van Hom eerbiedig vra en aan Hom die dank bring.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 1 Kennis van God en kennis van onsself is verwante sake: Die wyse waarop dit met mekaar saamhang

Calvyn begin sy Institusie met die vraag: hoe moet ons teologie beoefen – deur na te dink oor God of deur na te dink oor onsself? Want kennis van God en kennis van die mens hou verband met mekaar.

Ons is dikwels tevrede met onsself, maar as ons eers begin om oor God na te dink, sal dit waarop ons onsself beroem, ons weldra afstoot. Die mens sal nooit sy eie nietigheid besef as hy homself nie met die majesteit van God vergelyk nie.