Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 18 Geregtigheid van werke word verkeerdelik uit die loën afgelei

Die verband tussen beloning en goeie werke word bespreek. Die volgende kom ter sprake: lewensheiliging, die bymekaarmaak van skatte in die hemel, verdrukkings, regverdigmaking deur liefde (volgens die Fariseërs), onderhouding van die gebooie en geloof as goeie werke.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 17 Die ooreenstemming tussen die beloftes van die Wet en die beloftes van die Evangelie

Slegs ‘n ware geloof in Jesus Christus maak die mens regverdig. Uit onverdiende genade word hy deur God aangeneem. Hierdie wedergeboorte maak van hom ‘n nuwe skepsel wat hom goeie werke laat doen om God te behaag. Hy kan egter nie op sy goeie werke roem nie. Die leer van die pousgesindes hieromtrent word weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 16 ‘n Weerlegging van die valse beskuldigings waarmee die pousgesindes poog om hierdie leer gehaat te maak

Die Roomse Kerk beskuldig die Protestante dat hul goeie werke tot niet maak (omdat niks daarmee verdien kan word nie) en gelowiges so aanspoor om te sondig (omdat hulle onverdiende sondevergiffenis verkondig). Hierdie valse aantygings word in die hoofstuk weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 15 Roem op die verdienste van werke vernietig nie alleen die lof aan God dat Hy aan ons geregtigheid gegee het nie, maar ook die sekerheid oor ons saligheid

Die mens word nie regverdig gemaak deur goeie werke nie. Slegs Christus se verdienste, en nie die mens s’n nie, is genoegsaam vir ons verlossing. Calvyn weerlê die Roomse kerk, Sofiste en Skolastici se verkeerde leer hieromtrent.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 13 Twee aspekte waarop in die vrye regverdigmaking gelet moet word

God alleen is regverdig. Hy maak iemand wat deur die werk van die Heilige Gees in Jesus Christus glo, ook regverdig en deelagtig aan Sy geregtigheid. Alle aspekte van ons saligheid is dus onverdiende genade van God. Iemand wat op eiegeregtigheid roem, verduister God se heerlikheid en maak God se beloftes tot niet.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 12 Om vas en seker van ons onverdiende regverdigmaking oortuig te wees, moet ons ons gedagtes na God se regbank ophef

Wanneer ‘n mens die erns van God se oordeel besef en deur selfondersoek sy eie swakheid gewaar, kan hy nie anders as om ootmoedig en nederig voor God te wees nie. Christus is immers gestuur om sondaars – en nie regverdiges nie! – te verlos. Want voor God, in al sy majesteit en volmaaktheid, is daar nie een mens regverdig nie. Daarom is daar geen plek vir eiewaan, verwaandheid of selftevredenheid nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 11 Regverdigmaking deur die Geloof: Vooraf 'n beskrywing van die woord en onderwerp

Hierdie hoofstuk bespreek die geloof en die verhouding daarvan tot regverdigmaking en wedergeboorte. Die volgende word ook aangespreek:
• Osiander se leer van 'wesenlike geregtigheid'
• sondevergifnis
• Christus as ons soenoffer
• goeie werke
• genade
• die wet