Daar is wêreldwyd gepraat en bespiegel oor die verkiesing van die opvolger van Kardinaal Ratzinger op die pouslike troon.

Solank as wat die pous homself laat aanbid as die ‘plaasvervanger’ van Christus op aarde, homself ‘heilige vader’ en ‘eminensie’ laat noem, hom dit laat welgeval dat mense voor hom kniel en sy hand soen, homself geroepe en in staat ag om die seën van God aan kerk en wêreld uit te deel, dink dat hy kwytskelding van sonde kan uitdeel (byvoorbeeld aan pelgrims na Lourdes), dink dat hy onfeilbare uitsprake kan maak en oorledenes ‘salig’ en ‘heilig’ kan verklaar, ʼn kerk in stand hou waarin priesters dag na dag voor ʼn altaar moet staan om brood en wyn onder hulle hande te laat verander in die liggaam en bloed van Christus, wat dan aan God aangebied moet word, ensovoorts, ensovoorts — só lank sal ek dankbaar die goeie boeke van iemand soos Josef Ratzinger lees, maar sal ek steeds die ‘instituut’ van ‘pous’ hartgrondig verfoei. Ek kan ook begryp dat Calvyn in dié instituut die antichris herken het.

Die aftrede van Josef Ratzinger as pous, was die belangrikste stap wat hy kon neem. Dit sou goed gewees het as daar nie weer iemand met die voorgenoemde ‘kwalitiete’ na vore wou kom nie.

Sleutelwoorde: 
pous