Hy het arm geword, sodat ons ryk kan word.

Hy is gebore uit ’n maagd, sodat ons uit God gebore kan word.

Hy het ons liggaam aangeneem, sodat Hy Sy Gees aan ons kan gee.

Hy het in die krip gelê, sodat ons in die paradys mag lê.

Hy het van die hemel neergekom, sodat Hy ons na die hemel kan neem.

Dat die Oue van dae gebore moes word,

Dat Hy wat van die hemel donder, in die krip moes huil,

Dat Hy wat die sterre regeer aan moedersborste moes drink,

Dat Christus uit ’n vrou gebore moes word, ’n vrou wat Hyself gemaak het,

Dat ’n tak die wynstok moes dra,

Dat ’n moeder jonger moes wees as die Kind wat sy versorg,

En dat die Kind in die moederskoot groter is as die moeder

Dat die menslike natuur nie God is nie, en tog een is met God.

Christus wat mens geword het, is ’n misterie wat ons nooit sal verstaan nie, totdat ons eendag self in die hemel is.

As ons harte nie steen is nie, sal hierdie liefde van Christus ons raak. Want hier is waarlik liefde wat die verstand nie kan bevat nie!

(Thomas Watson, in: A Body of Divinity)