In Lukas 13:1-5 sê Jesus nie dat God sonde nie straf nie. Hy sê ook nie dat God sonde nie reeds in hierdie lewe met groot lyding straf nie. Jesus sê ook nie dat daar nie soms ʼn klaarblyklike verband is tussen iemand se sonde en die lyding wat hom oorkom nie. Dink maar aan die gewoonte-dronkaard wat eendag sal besef dat drank hom van sy gesondheid beroof en sy liggaam laat wegkwyn het. Daar kan baie voorbeelde van hierdie aard genoem word.
Nie een van hierdie werklikhede word deur Jesus teengespreek nie. Die punt wat Hy maak, is dat persoonlike ongeluk en lyding nie sonder meer ʼn teken is dat iemand ʼn groot sondaar is nie. Wanneer ons die lyding van ʼn ander sien, moet ons nie al te gou die gevolgtrekking maak dat daardie lyding die gevolg is van een of ander sonde wat die persoon gedoen het nie. Dit was die eerste les van Jesus vir hulle wat met die berig na Hom toe gekom het. Maar daarmee is Jesus nie klaar nie. Hy maak dit ook duidelik dat die tragiek en lyding by ander, elkeen van ons eerder oor ons eie sonde moet laat nadink.

J. D. Slopsema in Repent or perish