As jy wil ontvang wat jou toekom, sal jy gestraf word. As jy ’n vreemdeling van genade wil wees, roem in jou verdienste. Augustinus
God is altyd besig om goeie dinge aan ons te gee, maar ons hande is te vol om dit te ontvang. Augustinus
Watter drie genadegawes het die predikant die meeste nodig? Nederigheid, nederigheid en nederigheid. Augustinus
Om God te soek is om blydskap te begeer; om Hom te vind ís daardie blydskap. Augustinus
God het een Seun sonder sonde, maar geen seuns sonder lyding nie. Augustinus
God sorg so goed vir elkeen van ons, dit is asof Hy vir my alleen sorg. Augustinus
Die hart van die mens soek na ewigdurende vrede en geluk. U het ons vir Uself gemaak, o Here, en ons hart bly onrustig tot die siel rus vind in U. Augustinus