Bron: Kerk en Woord, 1998. 2 bladsye.

Die Gemeente as Evangeliesasiewerktuig

skoene

Dit is deel van normale kerkwees dat die gemeente as liggaam van Christus opge­bou moet word.

Een aspek van daardie bouwerk is dat die gemeente in getalle moet groei en toeneem in grootte. Hierdie getallegroei ge­beur hoofsaaklik op drie maniere: die bio­logiese manier, die uitreik na afgedwaalde verbondskinders en die uitreik na die hei­dene.

Die biologiese manier is dat gelowige egpare hulle roeping tot vermeerdering en gesinsvorming met die genade van die HERE nakom, sodat verbondskindertjies uit gelowige ouers gebore word. Hierdie verbondskinders word dan in die vrese van die HERE opgevoed tot volwasse lid­mate van die kerk.

Sending weer word hoofsaaklik onder die amptelike bediening beoefen, maar waar lidmate met heidene in aanraking kom, is die praktiese werkwyse dieselfde as vir evangelisasie.

Evangelisasie is die uitreik na die afgedwaalde lidmate. Mense wat kerkver­vreemd geraak het deur afvalligheid of agterlosigheid. Sulke persone kan geïdentifiseer word deur lidmate wat daarop bedag is om uit te kyk vir mense waar hulle elke dag lewe en werk, mense wat op onbe­taamlike wyse lewe, of verdagte lewens­patrone handhaaf, mense wat raad kom vra, mense wat gesprekke kom voer.

Lidmate is daarop bedag dat God ook sulkes wat reeds in sy verbond opgeneem is, of wat heeltemal buite die kerk grootgeword het, sy verbondsbeloftes toesê, en nie aan hulle wil weerhou nie. Daarom word ook hulle opgeroep om aan die eise van die verbond gehoor te gee. Hulle moet ook hoor dat sover hulle weier om te buig voor God, die verbondswraak van God op hulle rus.

Elke gelowige is dit liefdesonthalwe aan. God verskuldig om ons oë oop te hou vir sulke persone en om teenoor hulle op te tree op 'n wyse wat tot hulle nut en salig­heid kan lei. Identifiseer is die eerste en mees elementêre evangelisasiehandeling wat daar is. Dit is die kern van die wapenrusting wat bedoel word dat gelowiges as soldate van Christus dit moet aantrek, met spesifieke verwysing na die skoene van bereidheid wat aangetrek moet word.

Bereid om die evangelie van vrede te verkondig. Enige lidmaat wat enigsins 'n aktiewe en meelewende gelowige is, is reeds toegerus om presies te weet wanneer iemand wat saam met hulle werk, saam met hulle in 'n sekere vereniging of sa­melewingskring dien, of in dieselfde straat of woongebied bly, sulke evangelisasie­-teikenpersone is.

Nadat 'n evangelisasie-teikenpersoon identifiseer is, is dit die lidmaat se verant­woordelikheid om iets met sy/haar ontdek­king te doen.

Indien die vrymoedigheid daar is om self 'n gesprek aan te knoop, is dit die ideale geleentheid om 'n vertrouensband daar te stel. Vanweë die normale natuurlike proses van assosiasie, is dit gewoonlik maklik om 'n aanknopingspunt vir gesprek te kry. Al die aangename vlakke van assosiasie word die aantrekkingspunt om so iemand uit te nooi na die Bybelstudie of JV of OJV waartoe u behoort.

Indien die vrymoedigheid om self 'n ge­sprek aan te knoop, ontbreek, is dit aan­gewese om iemand te vra om saam met jou na so 'n persoon toe te gaan en aan hom/haar voor te stel. Aäron sal dan vir Moses as woordvoerder optree. In die ge­meente is reeds persone wat vanweë hul amp in staat is om sodanige gesprekke te voer. U kan u ouderling vra om saam met u te gaan. U kan ook enige ander lidmaat wat bereid en toegerus is, saamneem.

Die bedoeling van evangelisering is om die koningskap van Christus te proklameer en gehoorsaamheid aan Hom te eis. Ge­hoorsaamheid aan Christus se koningskap kan net in sy kerk nagekom word. Daar mag dus net een sentrale doel wees wat met die evangelisering nagejaag word, en dit is na die liggaam van Christus toe, na die kerk toe.

iemand nooi

Daarom word so 'n persoon wat as evan­gelisasie-teikenpersoon genader word op een of ander wyse uitgenooi om saam met die lidmate te kom en deel te neem aan die nor­male gemeentelike aktiwiteite: Verenigings­lewe, Bybelstudie, Eredienste, Kategese, deurlopende kursusse.

Deur die nuwe persoon se assosiasie met u as lidmaat, is daar 'n aanknopingspunt wat dit vir hom/haar moontlik maak om nie soos 'n vreemdeling by die Bybelstudie of vereniging op te daag nie. Die nuwe persoon verkry geleentheid om die ge­meenskap van die gelowiges (koinonia) te beleef.

As normale deelname aan die verrigtinge van die gemeente vlot, kan die nuweling gevra word of sy/haar behoefte het aan formele toerusting en opname in die ge­meente. Indien nie, gaan die geloofsge­meenskap op die ou manier gewoon voort.

Indien wel behoefte aan formele opname is (die behoefte moet ook in en deur die Bybelstudie gekweek word), word die amp­telike kategeet van die gemeente saam met die wyksouderlinge regstreeks genader om die nuwe potensiële lidmaat van die kerk onder hande te neem.

Die nuweling word dan as evangelisa­sielidmaat in 'n bepaalde wyk ingedeel. Van die nuweling word vereis om behalwe die kategese, ook die eredienste getrou by te woon en by die normale aksies van die gemeente in te skakel.

Wanneer gereedheid vir opname bereik is, en begeerte daartoe deur huisbesoek vasgestel is, word 'n kommissie vir onder­vraging, gesprek en opname deur die kerk­raad benoem. Waarna, indien die terugrap­port na wense is, formele opname in die gemeente plaasvind.

Aangesien die nuweling reeds by bybel­studie of vereniging ingeskakel is, en reeds in 'n wyk ingedeel is, is daar dus reeds 'n deurlopende en gereelde wyse waarop met die gemeente saamgeleef word en is geen verdere organiese versmelting met die ge­meente nodig nie.