Bron: Kerk en Woord, 1998. 2 bladsye.

Geen Begeerte meer vir die Amp Nie

Hoe kry ons die nodige aantal kandidate vir die verkiesing van nuwe ampsdraers? In steeds meer gemeentes kom die vraag elke jaar – en soms meer dikwels – ter tafel by die kerkraad. Dat die vraag steeds meer gestel word, blyk ook uit 'n groei­ende stroom van publikasies oor die onderwerp. Die laaste daarvan was 'n brosjure van die Centrum voor Gemeente­-opbouw van die Gereformeerde Kerken (Sinodaal). Die boekie dra die opskrif: "Het ambt word onaantrekkelijk". Die af­gelope tyd het diverse ander publikasies verskyn wat handel oor die belangrikheid van die amp en die moeite om nog vol­doende goeie ampsdraers te kry.

Allerlei verklarings word vir die toene­mende probleem gemaak. In hierdie ge­jaagde tyd is die mense al hoe besiger. As gevolg van die individualisering voel mense nie meer verantwoordelik vir me­kaar nie. Ook in kerkrade het hierdie onbetrokkenheid tot gevolg dat mense nie meer in die amp wil of kan dien nie. Binne die gemeentes is daar toenemende laks­heid, waardeur steeds meer werk op die skouers van die ampsdraers gemaak word. Mense word steeds meer materialisties en het steeds minder lus vir 'n onbetaalde en sleg gewaardeerde funksie soos ampsdraer. Baie moet studeer vir hulle loopbaan en het geen tyd vir ampswerk nie. Ensovoorts.

Beter Taakverdeling🔗

Die oortuiging neem blykbaar toe dat daar ander oplossings moet kom, as die ampswerk in baie gemeentes nie wil dood loop nie. Die brosjure van die Centrum voor Gemeente-opbouw kom – eerlik gesê – nie baie verder as 'n herhaling van vroe­ëre ideë nie. So word daar gepleit vir 'n goeie taakverdeling binne die gemeente, waarby praktiese werk vir 'n belangrike deel deur werksgroepe en kommissies ge­doen word. Al is dit nie 'n nuwe idee nie, toon die praktyk dat hierdie saak nie dik­wels genoeg herhaal kan word nie. Groot kerkraadsvergaderings hou hulle nog steeds besig met kwessies soos byvoor­beeld – geld, goedere en geboue.

Die probleem lyk makliker om op te los as wat dit is. 'n Mens kan sê dat die kerk­raad allerlei dinge moet delegeer, maar wie daarteen is, kan hom beroep op die kerkorde. So staan daar byvoorbeeld in die "Vrijgemaakte-gereformeerde" uit­gawe in artikel 36 oor die kerkraad: "Deze vergadering zal de zaken behandelen die de kerkorde daarvoor aanwijst, de materiële aangelegenheden van de kerk, het financieel beheer en alles wat naar het oordeel van de kerkenraad tot het alge­meen beleid gerekend kan worden". Aan die een kant is dit 'n ruim formulering (algemene beleid), andersyds val alle ma­teriële en finansiële sake daaronder. Die vraag is of kerkrade op hierdie terreine sake uit hul hande kan gee sonder dat die kerkorde gewysig word.

'n Moontlike verandering van die kerkorde het ook te brede gekom in 'n artikel van JS en MFN van den Berg in die blad "Dienst". Die slotsom was: by groot kerkraad met diakens van 'n groot gemeente word nie aan die mees essensiële voorwaardes voldoen om op 'n goeie, effektiewe manier leiding te kan gee en verantwoordelikheid te kan dra nie. Die skrywer het die moontlikheid geopper dat meer take aan 'n moderamen gedelegeer kan word of dat 'n klein kerkraad aangestel kan word vir algemene sake. Dié kollege sou dan alle algemene sake sowel as dié van bestuur en organisasie moet behartig.

Die vrijgemaakte gereformeerde ds. K Harmanny het 'n tyd gelede op 'n ouder­lingkonferensie weer voorstelle van 'n heel ander aard gemaak. Hy het drie dinge voorgestel: laat slegs een in plaas van twee ouderlinge huisbesoek aflê; skaf die wyk­indeling vir ouderlinge af; stel oral waar dit moontlik is, mense aan wat 'n spesiale verantwoordelikheid vir één medegemeen­telid het.

Die Christelike Gereformeerde emeritus predikant ds. WH Velema het vroeër hier­die jaar in die blad vir ampsdraers "Ambtelijk contact" die voorstel gemaak, dat jong gemeentelede toegerus moet word vir die amp van ouderling of diaken. Op dié manier sou die gemeentes reserwe kragte kon vorm, waaruit hulle vir die vervulling van die ampte kon put 'n Dergelike kursus sou nie per se moet beteken, dat kursus­gangers ter geleë tyd outomaties tot die amp geroep word nie

In "De Reformatie" het ds. B Luiten onlangs op die probleem van 'n groeiende skeiding tussen amp en gemeente gewys. "Gaandeweg zijn tal van zaken exclusief op de kerkenraadstafel terecht gekomen, ten koste van ieders functioneren daarin". Hy noem as voorbeeld die jaarlikse huisbesoek, wat as 'n aparte verskynsel los kom staan het van die na mekaar omsien in die wyk. "Het lijken wel twee circuits, die langs elkaar heen schuiven. Met als gevolg (of misschien was het wel de oor­zaak), dat amptelike spreken belangriker wordt gevonden dan het onderlinge ge­sprek".

Reorganisasie🔗

Daar is al genoeg tekens dat daar in die amptelike werk op die oomblik dinge dreig om skeef te loop of al skeef geloop het. In die eerste plek lyk dit, sekerlik in sommige gemeentes, dat reorganisasie on­ontkombaar is. Op die oomblik word ver­bande gelê deur middel van scenarios, wat buite die afgesproke kerkorde val. In groot gemeentes word baie kerkraadswerk gedelegeer na wyksrade. Daar is stellig baie voor te sê, maar daarby doen elke gemeente wat in sy eie oë goed is. Teen laasgenoemde hoef daar geen beswaar te wees nie (in elke gemeente kan die beste oplossing gesoek word) maar dan sou die uniforme reël in die kerkorde ten minste hersien moet word.

Verder is daar tans kerkrade wat, vir hulle vergaderings van ouderlinge en diakens, afgevaardigdes laat werk. Van twee ouder­linge uit een wyk kom daar een na die vergadering omdat byeenkomste met vyf­tig, sestig man onuitvoerbaar blyk te wees. Daar is ook 'n groot verskil in die funksio­nering van die moderamens. Die een kerk­raad ken Blad geen moderamen nie en die ander het talle take gedelegeer na so daaglikse bestuur.

In die tweede plek is dit nodig dat die bande tussen gemeente en kerkraad hegter moet word. Daar moet in die hele gemeen­te (meer) mense ingeskakel word vir werk­saamhede wat die kerkraad nou verrig. Dit kan gebeur deur die vorming van meer of breëre kommissies, maar ook deur persoonlike begeestering van gemeentelede. Met laasgenoemde is ons onmiddellik by die kerntaak van die ampsdraer. Hy moet die gemeente dien deur die leiding te neem om mense aan te spoor tot diensbe­toon en deur moontlikhede te skep tot die uitoefening vir die amp van alle gelowiges.