Geloof en Bekering
Geloof en Bekering
Is u bekeer? (Hoe) durf jy dit vra? Dit is nie 'n alledaagse vraag nie. En ons voel moontlik ongemaklik daaroor. Tog mag die vraag gestel word: hoe is dit met ons bekering gesteld, met ons wedergeboorte? Is u bekeer, wanneer is jy wedergebore? Die bekering en die wedergeboorte van die mens is 'n belangrike terra in die Skrif. En die kern daarvan word onder woorde gebring in die Dordtse Leerreëls, hoofstuk III/IV. Dit is goed om te luister na die belydende onderrig.
In die hoofstuk word aan ons vertel, hoe alle ellende begin het. Die mens het sy God kwyt geraak, want hy het van die Here af weggeloop, het vaarwel gesê aan God. En dit blyk maar al te duidelik, dat mense nie self die weg terug kan vind nie. Ons heilsweë loop dood. En die enigste weg tot behoud is die weg wat God self baan. So lui die evangelie van Sy Messias. Ons God en Vader het 'n nuwe begin gemaak. Hy het 'n wêreldwye reddingsoperasie aan die gang gesit, en het die ingrepe bekroon met die oorwinning van Sy Seun oor die magte van sonde en dood. En vanuit die nuwe stand van sake mag ons opnuut begin, ons maak 'n nuwe begin. Opnuut begin, beteken die Bybelse woord: Wedergeboorte (Johannes 3:3). Hierdie wedergeboorte is 'n geweldige greep van God in 'n mense lewe. Die mens word van binne af vernuwe. Daar vind as't ware 'n hartoorplanting plaas.
Vernuwend⤒🔗
Ons vra ons af: Hoe kan die wonder gebeur? Wat is die operasie-instrument dan wat hiervoor gebruik word? Die hemelse Geneesheer het die middel hiervoor uitgekies: Hy gebruik die gepredikte Woord. Die Here stuur sy knegte daarvoor uit. Hy laat die evangelie preek, met die bevel van geloof en bekering. So roep Hy die mense, God roep geloof. Hierdie roepstem klink deur die hele wêreld, die stem van God bereik alle mense. Hierdie geluid dring deur tot die ore van die mense, hulle hoor dit wel. Maar hoe kom dit nou, dat sommige die evangelie aanneem en ander dit verwerp? In Handelinge 16:14 vind ons 'n antwoord op die vraag. Daar word die luistervaardigheid van 'n vrou, wat Paulus se boodskap ernstig opneem, Lydia die purperverkoopster uit Filippi, aan God toegeskryf. Die Here open haar hart. Toe kon hierdie vrou waarlik luister. Hier staan ons van aangesig tot aangesig met die Heilige Gees. Dit is sy werk: Verharde harte word gebreek, die wil van 'n mens word vernuwe. Die begin van die geweldige projek lê by die Here. En die kragte, wat Hy daarvoor instel, gaan ons vermoëns ver te bowe. Dit is net soos by die skepping, of by die opstanding uit die dood. So werk die Here aan ons nuwe lewe, met kragte wat die dood en sondemag oorwin. Die krag van God kom ons lewe binne. Hy staan aan die begin, Hy werk, en niemand kan dit keer nie, selfs die duiwel kan dit nie keer nie. Die begin lê by God. Maar dit beteken nie, dat ons passief aan die kant bly staan nie. In die vervolg moet dit van twee kante kom. Wanneer God ons vernuwe, dan gaan ons self ook aan die werk. Die nuwe mens gaan in ons lewe, dan word ons self aktief. So mag ons ook sê: die mens glo self en gaan hom bekeer.
Beskeie←⤒🔗
Maar pas op vir vrome praatjies. Moet nie te gou sê: Met my gaan dit goed, ek is bekeer nie. Eenmaal bekeer altyd bekeer! Die bekering is nog maar die eerste begin. Hierdie vernuwing moet voortgaan, dit werk van die Gees of elke dag verder. Totdat dit uiteindelik sover kom, dat ons die beeld van Christus volmaak vertoon. Dit bly altyd voorop staan: Die geloof is 'n gawe van God (Sondag 25 H.K.). Dit is nie 'n produk van jou eie akker nie, nie 'n persoonlike prestasie, waar jy met die louere weg kan loop nie. Word mens 'n geestelike rekordjaer, word die gelowige te groot vir sy skoene, dan val hy sommer van die ere verhoog af, waarop hy self plek ingeneem het of deur 'n ander geplaas is. Soos dit Petrus ook oorgekom het. Dit is 'n groot gevaar, wat skuil in die persoonlike getuienisse. Daarin vertel mense baie oor hulle self, oor eie geloof en dade, maar min oor Christus. Terwyl dit ons met die Bybel moet opval, dat die mense daar min oor hul eie bekering vertel. Wanneer hoor 'n mens vir Paulus daaroor? Selde of nooit. Ons moet selfs sê: Al die grootdoenerigheid, die onder die indruk raak of ander mense onder indruk bring van eie geloof, dit hoort by skyngeloof. Maar die ware geloof is dankbaar en ootmoedig. 'n Gelowige is nie selfgenoegsaam en sorgeloos nie. Hy lewe nie in geestelike hoogmoed en soek geen eie roem nie.
Laat ons maar eerlik wees. As ons na onsself kyk, sien ons min goeds. Ons moet dit waarlik deur God se genade hê, heeltemal. En die besef maak ons ook beskeie, en versigtig in die oordeel oor ander. Die Reformatore het nie verniet oor die oordeel van die liefde gepraat nie. Dan is ons met ontferming bewoë oor mense, wat in die ongeloof en in die sonde lê. En ons gebed gaan omhoog tot God; 'n bede om bekering en geloof.
Solank as wat die Here die lewe aan mense op aarde gee, solank is die tyd van genade. Wie dit besef, skryf nooit mense af nie, maar dra hulle op aan die God van alle genade. Die God, wat die nie-bestaande in aansien roep, en sodanige mense tot geloof bring, ja dooies tot lewe wek.
←⤒🔗
Oplettend←⤒🔗
Kinders wat leer hoe om 'n straat oor te steek, moet altyd na twee kante toe kyk, eers na regs en dan na links. Die gevaar kom altyd van twee kante, ook in hierdie geval. Pasop vir die evangeliese aktivisme en vir die ortodokse passiwiteit. Daar word op beide gevare in die Dordtse Leerreëls gelet. Dit waak daarteen, dat die eer van God geskend word. Die geloof is 'n werk van God, en nie die eie prestasie of keuse van die gelowige mens nie. Maar die mens is nie 'n stuk klip, 'n blok beton, wat deur God opgetel en in 'n ander wêreld neergesit word nie. Die mens is 'n skepping van God, geskape as selfstandig denkende wese, met 'n eie wil en vol gevoelens. Hierdie mens word self daarby betrek, en aktief gemaak. Daarom volg op die wedergeboorte ons geloofsdade. Maar hierdie dade hou ons net vol, as ons die middele gebruik, wat die Here tot ons beskikking stel. Hy dra die Woord en die sakramente na ons toe. Daarmee kom Hy ons geloof voed en sterk maak. So kan ons groei in die genade, en die kennis van die Here (2 Petrus 3:18).
Praat oor jou geloof, en getuig van jou lewe met die Here, dit beteken vertel watter uitwerking die Woord van God op jou het. En wat die effek van die sakramente op jou lewe het. Dit wil sê jou eie lewenswandel bespreek, jou eie gedrag teen die lig hou, die lig van die prediking en nagmaal.
Veelsydig←⤒🔗
Die vraag word aan ons gestel: Hoe staan ons teenoor die evangeliese bewegings? Bewegings en groepe buite die kerk toon dikwels bepaalde swakpunte. En in reaksie word hierdie onderdele sterk oorbeklemtoon. Evangeliese groepe en gemeentes word gekenmerk deur 'n eensydige leer: dit gaan om die belewing, die lewenspraktyk. As ons die les van 'n ou gesegde ter harte neem: "Ontneem aan die dwaling haar waarheid, en u ontneem haar die krag."
Dan beteken dit vir gereformeerdes van vandag, dat ons aan ons swak punte, waarop ons gewys word, moet bly werk. Die tema 'deurgaande reformasie' is tog juis bedoel as 'n werkformule binne die kerk: geen stilstand, geen selfgenoegsaamheid, geen gearriveerdheid nie.
Maar, voortgang in God se Koninkryk. Kan ons dit van die evangeliese bewegings leer? Ons leer dit uit die Woord van die Here. As hierdie mense dan met die Woord aankom, moet ons luister. Maar hoe dikwels staan hulle juis op die punt die geheel van God se Woord teë, deur hulle eensydige beligting en hantering daarvan. Dit is daarom vandag van groot belang dat die volle Raad van God verkondig word, en nie 'n menslike keuse van enkele gewilde temas nie.
Hoe lewe ons uit God se verbond, dit is 'n persoonlike vraag wat ons ook gesamentlik aangaan. Is ons gehoorsaam aan die gepredikte Woord, wil ek altyd myself aan die wil van God onderwerp? Daar mag ook nadruklik aandag gevra word vir die onderwys van die Skrif oor Verbond en doop, Nagmaal en prediking, die diens van die ampsdraers, die onderlinge opbou binne die kerk as gemeenskap van die heiliges, ons gesamentlike arbeid in God se Koninkryk.
Dit is sake, wat dikwels buite die aandag van evangeliese Christene lê, maar wat wel geheel en al Skriftuurlik is. En dit is tog die maatstaf. Daar lê die krag van die kerk, in die luister na die prediking van die Woord: Sola scriptura. Ook die Dordtse Leerreëls leer ons, om dit daarvan te verwag. Wie 'n oor het, hoor, wat die Gees aan die gemeente sê!