Bron: Kerk en Woord. 3 bladsye.

Gewoontes

Ek het vroeër by ons tuis nooit bier gesien nie. Ek kan my dit nouliks voorstel. Daar het ’n bottel wyn gestaan. En as daar ’n verjaarsdag was, dan is ’n glasie jenewer geskink. Meer herinner ek my nie.

In Kampen het ons as studente wyn in brandewynglasies gedrink. In die ander studenteverenigings het hulle daarvoor gelag. Tereg. Dit was snaaks. Maar ons het dit gedoen. Dit was vanselfsprekend. Daar was nog steeds nie bier nie.

En was dit nie só dat die Gereformeerde Studentevereniging te Groningen gestig is met die bepaling dat geen bier op die vereniging gedrink mag word nie? Is dit miskien al ’n eeu gelede? Wie kan hom ’n partytjie van jongmense sonder bier voorstel? Wat gebeur op die vereniging wat net deur die jongmense vanaf sestien jaar in ons kringe gereël word? Daar was nog ’n tyd toe ’n kerkgebou alkoholvry gehou is. As die vereniging in die kerkgebou byeengekom het was dit outomaties “droog”.

Maar ek dink die tyd is lankal verby. Word dit betreur? Moet dit so wees? Ons drink byna almal. Dit gebeur ook op besoeke. Dit hoort daarby. Na die koffie kom ’n drankie. “Wat wil u drink?” word dan gevra. Jy het net ’n koppie koffie gedrink, maar dit noem jy nie drink nie. Drink is iets anders. Niemand het dan aan koffie gedink nie. Rook is iets wat mag of nie mag nie. Dit hang van die gasheer af. Mag hier gerook word, is ’n vraag wat mens wel moet stel voordat jy ’n sigaret opsteek. Maar die bier en die wyn hoort heeltemal daarby. Daar word baie gedrink.

Syfers🔗

’n Paar syfers? Dertig persent van die tien-of elf-jariges drink af en toe alkohol. Tussen twaalf en agtien jaar drink ongeveer vyf en sestig persent van die jongmense al alkohol. Vanaf vyftien jaar gebruik tagtig persent van die bevolking alkohol. Een uit ses Nederlanders vind tien glase alkohol per keer normaal. Daar is 300 000 probleemdrinkers. Dit is mense wat meer as twaalf glase per dag drink. Hierdie gegewens ontleen ek aan die boekie van Idske de Jong-de Haan: “Maat en overdaad” (nommer 19 van die reeks: Pastoraal Perspektief, uitgegee deur Oosterbaan en LeCointre).

Ek skryf ’n paar sinne daaruit oor: “Uit onderzoek is bekend dat jongeren van het LBO per keer beduidend meer drinken dan jongeren van andere schooltypen en veel meer dan jongeren van het VWO. Jongeren die al alcoholdrinken, gaan per keer steeds meer drinken”. Die ondersoeke wat sy noem is nie beperk tot ons kring nie. As iemand dus sê dat hierdie syfers nie vir ons geld nie, kan ek dit stellig nie teenspreek nie. Maar tog. Ons jongmense staan in hierdie kultuur. Ons oueres trouens ook. Waar is die grens tussen die twee groepe? Ek hou nie baie van die skerp onderskeid nie. Ons staan almal saam in hierdie kultuur. Ek lees verder in die genoemde boekie, dat die feit dat alkohol relatief goedkoop is in Nederland, die toename van welvaart en die effek van reklame beskou word as verklaring van die toename in alkohol gebruik. En die drinkgewoonte van jongeres is deurgaans ’n weerspieëling van die ouer mense. Opvoedingsnorme het verander. En ouers is dikwels tolerant. Ook is daar sprake van duidelike norme. Ek sê maar net.

Niks nuut nie🔗

Eintlik is daar niks nuuts aan nie. Ons ken al die faktore: toename van welvaart, gewoontes van ouer mense wat deur die jongmense oorgeneem word, veranderende opvoedingsnorme, groeiende verdraagsaamheid. Daar is niks waarvan mens a priori kan sê, dit geld nie vir ons nie. Daar word goed gedrink onder ons oueres. Daar kan geen partytjie meer gehou word sonder bier nie, ek bedoel partytjies van ouer mense. Daar vind geen afskeidsfunksie, ook in geslote kringe, sonder alkohol plaas nie. As die drinkgedrag van die jonges dan ’n weerspieëling is van dié van die oueres? En as daar dan ’n onduidelikheid is van norme? En van toenemende verdraagsaamheid? Idske de Jong skryf: In hoeverre dit in gereformeerde kring so is, is vir my onduidelik. Sy skryf nie dat sy weet dat dit andersins beter is nie. Iewers anders skryf sy: “Ik vraag mij sterk af, waarom wij aannemen dat christenen anders omgaan met alcohol dan de gemiddelde Nederlander. Ook gereformeerde mensen drinken veel alcohol en ook onder gereformeerde jongeren komen excessen voor”. As mens volgens die getalle mag gaan, moet daar ongeveer 2 400 probleem drinkers onder die gereformeerdes rondloop. En dan moet ’n mens ongeveer drie keer soveel mense tel wat so nou en dan tog probleme het met drank.

Bestuur onder invloed🔗

Daar is oral langs die strate kennisgewingborde teen bestuur onder invloed. Alkohol is al gou ’n misdaad. Verder gaan dit oor alkohol in vinnige verkeer. Die gevolge is soms vreeslik. Die begin is altyd die hand wat die glas neem. Dieselfde hand steek die sleutel in die aansitter. Syfers dui aan dat die kwaad toeneem. Misdaad word dit soms genoem. Hoe vertaal mens dit in kerktaal? Is dit sonde? Behoort die kerkraad ’n besoek te bring as die rybewys ingekort is? Of moes hulle al eerder gekom het? Ek vra maar.

Wettisisme en idealisme🔗

Ek is bang vir wettisisme. Maar dit het ek al meer kere in hierdie rubriek geskryf. Wettisisme is dat mens reëltjies stel en dat jy deur die onderhouding daarvan dink jy kan die hemel verdien. Maar beteken die stel van reëls altyd dat jy bedoel om daarmee die hemel te verdien? Jy kan tog die een doen en die ander nalaat? As ’n mens nou sê, dat daar bepaalde reëls is, waaraan hy tog moet voldoen om iets van jou christelike lewe te reël? Dit is tog nie wettisisme nie? Maar ek is so bang vir wettisisme, dat ek soms al bang word om ’n sinnetjie oor reëls te stel. Want daar is al so gou ’n element in dat ons mekaar, en dit wil veral sê die ander, gaan toets. Was ons maar almal volwasse. Was ons maar almal immuun teen alles wat sleg is. Maar dit is dwaas om dit te wens. Dit is idealisme, waarmee jy in hoogmoed alle gewone reëls kan doodmaak.

Realisme🔗

Hoe moet dit dan? ’n Mens kan vir jongmense sê, hou ’n partytjie sonder alkohol, waag dit ’n keer, en kyk dan wie wegbly, en kan ’n mens die wat wegbly as onmisbaar beskou? Maar wat sê jy vir ouer mense? Word daar vir hulle gesê, hou ’n afskeidsfunksie in ’n geslote kring sonder alkohol? Vier ’n verjaarsdag sonder bier? As jy dit self nie wil doen nie, word dit moeilik om dit vir die jongmense te vra. Jy kan nie altyd skuil agter die redenasie, dat hulle nog maar jonk is en dit vir hulle so sleg is en hulle maar nie daarmee moet begin nie.

Daar is erger dinge🔗

Ja dit is daar. Daar is so baie van. Die erger dinge is ontelbaar. Altyd. Die een erger ding is nog ’n beter voorbeeld van wat erger is as ’n ander. Ek kan wel ’n hele lys daarvan bedink. ’n Mens hoor dikwels die argument in diskussies oor etiese onderwerpe. Daarmee kan ons op een na die ergste dinge in die wêreld verdedig. En tog, ons het oor die hele wêreld kontak met kerk sus en so. En ons bring die rykdom van ons tradisie aan hulle. Daarin is ons sterk. Daaroor kan ons goed praat. Die taalverskille is deurgaans so groot, dat hulle elders ons geskrifte tog nie kan lees nie. Hierdie stukkies byvoorbeeld ook nie. Gelukkig. Anders sou hulle miskien ’n snaakse indruk van ons kry. En die afstande is ook gelukkig so groot, dat ons net die vlugkoste kan betaal vir ’n retoerkaartjie vanuit Nederland. Maar as hulle miskien op ’n keer by een van ons partytjies of feesgeleenthede sou inkom? As hulle die verenigingsaande van ons jongmense sou besoek? Hoe sou hulle staan teenoor die kultuur wat daar ontwikkel?

Hulle🔗

Ek wil nie die stukkie afsluit deur oor ander te praat nie: oor die jeug, oor die jongmense, oor hulle kultuur, oor hulle wat nog nie daar is nie en hierdie blad tog (byna) nie lees nie en dus ook nie hierdie stukkies nie. Oor al die ander-in-die-derde persoon. Ek wil heeltemal nie oor die jongmense praat nie. En veral nie op ’n toon wat maar net afstand skep nie. ’n Mens versondig hom byna altyd daaraan, so gou hyself nie meer tot die jongmense behoort nie. Dit is irriterend. Ek praat nie oor dié wat dit tog nie lees nie. Ek het dit oor onsself. Oor die gewoontes van ons wat dit wél lees.