Bron: Die Kerkblad, 1986. 3 bladsye.

Kerkraad en gemeente aan twee kante? Oor die aard van gemeentevergaderings

Die Here gee 'n duidelike opdrag aan die herders en leraars om die plaaslike gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk tot opbou van die liggaam van Christus (Efesiërs 4:12). Die plaaslike leraar(s) en ouder­linge het dus die taak en doelstelling om die gemeente op te bou tot die vlak van 'n organisme (liggaam) wat mekaar dien, voed en onderhou. Hierdie doelstelling is alleen bereikbaar as kerkraad (leraar(s) en ouderlinge) en gemeente nie aan twee kante staan nie, maar as 'n wesenlike eenheid saam handel en bou. 'n Gemeentevergadering is een wyse waarop die inherente eenheid van kerkraad en, gemeente aktiewe gestalte kan vind. Hiermee is die plek van gemeentevergaderings in die opbou van die gemeente al groot­liks aangedui.

Aard van gemeentevergaderings🔗

Die oomblik wanneer gemeentever­gaderings genoem word, ontstaan die vraag na die aard van sodanige vergaderings. Die volgende vrae word daardeur opgeroep:

  • Watter gesag het so 'n vergade­ring?
  • Is dit Bybels verantwoord?
  • Het die gemeente reg op die hou van gemeentevergaderings?
  • Watter plek neem gemeentever­gaderings in die presbiteriale kerk­regeringstelsel in?
  • Word die gevaar nie wesenlik dat 'n teokrasie met gemeentevergade­rings deur 'n demokrasie verdring word nie?

Die Kerkorde van die Gerefor­meerde Kerke ken geen regeer-status of -bevoegdheid aan gemeentevergaderings toe nie, maar ver­onderstel die bestaan en funksione­ring daarvan wel deeglik (kyk artt. 4, 5 – beroeping; 77 – tugbediening). Ons kan dit dus so stel:

Die kerkraad besit die primêre regeertaak in die gemeente, maar kan hierdie regering tog nie organies in die gemeente uit­voer sonder inskakeling en ge­bruikmaking van die amp van die diakens en van die amp van die gelowiges, soos dit onder meer erken word in die hou van die vergaderinge van diakens en van die gemeente nie. Die ge­meentevergadering — waaroor dit hier gaan — is só gesien

  • 'n middel (instrument) waardeur die kerkraad sy regeertaak in die gemeente uitvoer.
  • op so 'n wyse dat die gemeente-lede self ook 'n aktiewe deelname ontvang in die organisme van kerk-wees.

Die voorwaarde is egter dat die medewerking en inskakeling van die gemeente as geheel by die kerklike organisme nie die primêre regeer­bevoegdheid en gesag van die kerk­raad as 'n teokratiese instrument mag verdring nie.

Wat so pas hier betoog is, word verder toegelig en gemotiveer aan die hand van die funksionering van gemeentevergaderings soos ons dit in Handelinge 15:1-35 vind. Gemeentevergaderings te Jerusalem en Antiogië word nou kortliks van nader bekyk.

Gemeentevergaderings te Jerusalem🔗

Ons lees in Handelinge 15:2 dat Paulus, Barnabas en 'n paar ander van die gemeente van Antiogië na Jerusa­lem gestuur is om uitsluitsel te gaan verkry oor die kwessie of die hei­dene wat tot die geloof gekom het, besny behoort te word (vs. 1). Ons lees verder dat hulle spesifiek ge­stuur is na die apostels en ouder­linge in Jerusalem (vs. 2) met be­trekking tot hierdie vraagstuk. Uit verse 24-29 verneem ons egter dat ook ander sake op die agenda ge­plaas is, soos wat eet al dan nie van vleis wat aan afgode geoffer is (vs. 29) en die drink al dan nie van die bloed van diere wat verwurg is (vs. 29).

Nou is dit baie interessant en in­siggewend om te lees dat die afgevaardigdes van Antiogië deur die ge­meente, die apostels en ouderlinge ontvang is (vs. 4). Let daarop dat die gemeente in volgorde eerste ge­noem word.

Dit is dan ook die vergaderde gemeente (met inbegrip van die ampsdraers) wat deur die gedeputeerdes toegespreek word en aan wie meegedeel word wat God reeds onder die heidene gedoen het (vs. 4). Klaarblyklik is die kwessie van die vraagstuk van die besnydenis toe ook gestel. Daarop het van die be­keerde Fariseërs onmiddellik ge­reageer deur 'n besnydenis volgens die wet van Moses te eis (vs. 5).

Eers in hierdie stadium gaan die apostels en ouderlinge apart om die strydvraag(e) te bespreek (vs. 6) en besluite daaroor te neem.

Dit doen hulle na 'n lang en deeg­like bespreking (vs. 7). Hierna word die besluite aan die gemeente be­kend gemaak (vs. 22). Aangesien dit korrekte prinsipiële leiding is wat die gemeente ontvang, onderwerp almal hulle terstond daaraan. Dan vind daar 'n pragtige gesamentlike handeling van die gemeente en kerkraad plaas: hulle besluit saam ter praktiese uitvoering van hierdie besluite om Silas en Judas na An­tiogië te stuur om hierdie besluite te gaan toelig en te motiveer. Saam stel hulle 'n brief op wat die besluit vervat, sodat daar geen misver­stand kan ontstaan nie. So is dit uiteindelik die gemeente van Jerusa­lem wat die gemeente van Antiogië bedien. Die kerkraad van Jerusa­lem het dit nie in 'n hoek of op eie houtjie afgehandel nie. Die hele gemeente van Jerusalem is deur die wyse van die afhandeling van die saak grootliks verder gebou en ver­sterk in kennis en eenheid.

Gemeentevergadering te Antiogië🔗

Te Antiogië is die hele gemeente ook byeen gebring en het Judas en Silas (hulle was twee profete — vs. 32) die brief van Jerusalem se gemeente aan hulle voorgedra. Verder het hul­le 'n tyd by die gemeente vertoef en hulle deur Woordbediening onderrig en opgebou (vs. 33 e.v.). Ook te Antiogië was die gemeente volledig by die afvaardiging van Paulus en Bar­nabas met die ander broeders inge­skakel en vind die saak 'n afsluiting tydens 'n gemeentevergadering.

Riglyne🔗

Uit bogenoemde illustrasie blyk hoe die vroegste kerke daarin geslaag het om gemeente-vergaderings te benut tot opbou van die gemeente. Die volgende riglyne kan daaruit getrek word:

  • Die kerkraad en gemeente be­hoort nie bipolêr teenoor of naas mekaar te funksioneer nie. Hulle behoort organies in hulle eenheid te handel, sonder dat die kerkraad outoritêr optree of die gemeente op demokratiese regte aanspraak maak.
  • Prinsipiële sake behoort deur die kerkraad in die lig van die Skrif en deur deeglike bespreking uitgepluis te word totdat tot helderheid en die waarheid geraak is. Die gemeente behoort sodanige Skriftuurlike besluite te aanvaar en hulle daaraan te onderwerp. In geval van middelmatige en praktiese sake, of dit wat by die uitvoer van besluite tuishoort, behoort die gemeente 'n veel meer inisiërende aandeel te ontvang om aktiewe meelewing en betrokken­heid te bevorder.
  • Die kerkraad (of breë kerkraad) is nie die kerk nie en moet dit ook nie probeer wees nie. Die ampsdraers is blote organe in die gemeente wat die lewe en diens moet bevorder (Kolossense 2:19). Die kerkraad handel te veel sake van plaaslike aard en kerkverband in 'n hoek af en dan word gekla dat die kerk(e) nie be­trokke wil wees nie. Selfs omsend­skrywes aan kerkrade en nood van elders behoort meer geredelik op Sondae onder aandag van die ge­meente te kom, deur 'n gemeentebrief of by wyse van gemeentever­gaderings. Dit sal inspireer tot diens — wat juis die ideaal is wat die ampsdraers in hulle ampswerk na­streef. Die kerkraad moet die kuns bemeester om slegs gesagsdraers van Christus in die gemeente-orga­nisme te wees en te bly.

Met hierdie riglyne is voorge­noemde vrae na die aard van ge­meentevergaderings ook beantwoord.