So Stuur Ek Julle
So Stuur Ek Julle
Die Here Jesus het dit baie duidelik gemaak hoe die kerk in hierdie wêreld moet staan. En dit nie slegs deur die beelde wat Hy gebruik nie, maar juis ook deur sy eie missie (sending) ’n prototipe of voorbeeld van ons missie te maak: ‘Soos U my in die wêreld gestuur het, so stuur Ek hulle in die wêreld”. “Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek ook vir julle.”
Hierdie ‘so – net so’ doen meer as om net ’n feit te staaf; dit gee ’n patroon aan.
‘Evangelisasie’ beteken dat ons kyk na die Kerk, die evangelie en die wêreld. Dit hou egter nie in dat die Kerk nou die evangelie van die huis se dak afkondig aan ’n verre, dowe en onverskillige wêreld nie. Die Kerk gaan met die evangelie in die wêreld staan. Die Kerk infiltreer die wêreld met die evangelie, sy vereenselwig haar met die wêreld om die evangelie met haar te deel.
Daar kan geen twyfel bestaan oor die feit dat die Seun van God Homself geïdentifiseer het met die wêreld waarnatoe Hy gestuur is, nie. Hy het immers nie in die hemel gebly nie, Hy het na die aarde toe gekom. Die woord is nie uit die lug verkondig nie, ‘die Woord het vlees geword’. En toe het Hy ‘onder ons kom woon’. Hy het nie op ’n vlugtige besoek gekom en toe weer vinnig terug huis toe gejaag nie. Hy het geleef in die wêreld waarnatoe Hy gekom het. Hy het die mens die moontlikheid gegee om Sy heerlikheid te aanskou. En Hy het hom ook nie slegs van ’n afstand laat toekyk nie.
Hy het selfs die kerkleiers van Sy tyd aanstoot gegee deurdat hy met die “skuim” gemeng het, daardie mense wat hulle vermy het. ‘Vriend van die hoere en die sondaars’, het hulle Hom gedoop. Vir hulle was dit ’n term van minagting; vir Hom was dit ’n titel van eer. Hy het aan onreine “moet-my nie-aanraak” melaatses geraak. Hy het ook nie teruggedeins van die liefdevolle aanraking van ’n prostituut nie.
En daarna het Hy, wat deur sy geboorte “vleeslik” geword het, deur sy dood “sonde geword” en ’n “vloek geword”. Hy het ons natuur aangeneem, daarna het Hy ons oortredings aangeneem - ons verdoemenis, ons dood.
Sy self-identifikasie met die mens was totaal en volkome.
Daarom, as Hy vir ons sê ‘gaan’, dan is dit wat dit inhou. Ons moet gaan soos wat Hy gegaan het: die mensdom binnedring, meng met ongelowiges, en liefdevolle omgaan met sondaars hê.
Lê een van die Kerk se grootste mislukkings nie juis hierin nie? Ons het onsself te veel losgemaak van die wêreld. Ons het ’n afgesonderde gemeenskap geword. Ons wat op ’n afstand, in plaas daarvan dat ons langs die wêreld gaan staan het.