Bron: Kerk en Woord, 1998. 1 bladsye.

Versigtig met Afgode!

voorvader geeste

Toe ek ’n paar jaar gelede êrens in Suid­-Afrika ’n lesing moes hou, is ek tevore spesifiek versoek om ook in te gaan op 'n nogal omstrede punt: of naamlik by die aflegging van die geloofsbelydenis die vraag mag of moet gestel word: verwerp u alle heidense geloof aan afgode soos … en beloof u om nie meer deel te neem aan oorgelewerde gebruike wat die karakter van offers aan hulle het nie?

In die aantreklike sendingblad van die Vrijgemaakte Gereformeerdes: “Tot Aan de Einden der Aarde” kon mens ’n paar jaar gelede lees dat op Irian Jaya ’n derge­like ondubbelsinnige belofte wel afgelê moes word tydens die belydenis. Ook hier in Afrika word daar hier en daar in evangeliese kringe aangedring op die stel van so ’n kategoriese vraag wat dan hierop neerkom: Verwerp u alle diens aan die voorvadergeeste en beloof u om nie meer deel te neem aan gebruike wat die karak­ter het van offers aan hulle nie?

My antwoord was: laat ons in die sending veral nie die vraag stel nie. Behalwe dat dit nogal ’n paternalistiese oorname van Westerse kultuur is om so 'n vraag in die animistiese Afrika te stel, word die saak van hoe om die Here te dien op die wyse grof en weinig onderskeidend gestel. Laat ons ons ’n bietjie indink en daarvoor is daar in die jaar 1998 nie te veel verbeel­ding nodig nie – dat sendelinge uit Afrika in die verheidenste Weste van Nederland gemeentes van die Heer stig en as voor­waarde tot toetreding vra: Verwerp u alle geloof aan afgode soos Materialisme en Ontwikkeling en beloof u om nie meer deel te neem aan gebruike, wat die karak­ter het van offers aan hulle? Ek – so stel ek my voor – sou reageer: broeders van Afrika u het gelyk; daar sluip onder ons in Europa ’n afgod rond wat Materialisme genoem word, en om alles op te offer op die altaar van Ontwikkeling van byvoor­beeld die vliegkuns en verkeer, ruik na afgodery. Maar waar presies gaan ons Ne­derlandse kultuur oor in afgodery? Word ek nie aanstons deur die kerkraad geskors omdat ek in ’n motor ry nie? Moet ek soms skelm ’n sluiproete ry?

Ons moet vanuit die Weste maar versigtig wees met die afgode van Afrika! Die grenslyn tussen kultuur en afgodery loop in elke menselewe in Afrika weer anders, lank nie altyd naspeurbaar vir die sendeling nie…

Ek dink dat ek wel iets weet van die enor­me mag van die voorvadergeeste in Afri­ka. Ek sal dan ook nie nalaat om dit steeds aan gelowiges voor te hou nie: wees in die diepte van jou hart eerlik teenoor die Heer! Hy maak aanspraak op julle lojaliteit soos die voorvadergeeste dit ook doen. Jy is van die voorvadergeeste of izithutha be­vry. Nou goed! Moet nie omkyk nie! Sou die oomblik: jy is van hulle ontslae, bly daarom maar liewer stil oor die afgode, ook nie met Exodus saamstem waar daar gesê word: jy mag geen ander gode dien nie? (Exodus 23:13).

Waar Christus as bevryder aangeneem word, word die grens tussen afgodery en kultuur byna onnaspeurbaar verlê. Weg met die diens aan die voorvadergeeste, Christus is Heer! Maar ontstaan daar nie in so ’n nuwe lewe ’n kultuurlose niemands­land nie, gebruike kan rondom die gestor­wenes bly bestaan as tradisie. Wat vir die een afgodediens is, is vir die ander ’n stuk kultuur. ’n Christen in die Weste hoef nie per se sy motor af te skaf nie! ’n Alte on­nadenkende en nie-onderskeidende prediking het die voorvaderdiens in Afrika dik­wels ondergronds gedryf met die gevolg dat ’n tweeverdieping-geloof ontstaan waar die Here Jesus op die boonste verdieping aangeroep word en op die onderste ver­dieping skelmpies die voorvadergeeste. Ek was self ook skuldig daaraan gewees. Dit word anders as daar uit die Afrika-kerke self aangedui word: hier trek ons die streep tussen die navolging van Christus en die diens aan die voorvadergeeste. Maar om dit evangelies aan te voel, moet jy van Afrika wees. ’n Christen is waar ook ter wêreld mans genoeg om self sy afgode te kan opspoor.