Die Anglikaanse priester Jo Strengholt, in Egipte woonagtig, het onlangs behoorlik kritiek gelewer op ʼn nuwe Turkse vertaling van die Matteus – evangelie. Volgens hom is dit ‘die soveelste vertaling’ waaraan Wycliffe en sy vennootorganisasie, SIL saamgewerk het en waarin vertaalfoute voorkom. ‘Seun van God’ word vertaal as Allah’in Vekili, ʼn term wat ‘afgevaardigde van God’ beteken en volgens Strengholt  ‘net juridiese konnotasies en niks vertroulik’ het nie. In plaas van die term ‘Vader’ vir God , word ‘Mevla’ gebruik, wat iets soos ‘beskermer’ of ‘meester’ beteken. Volgens Strengholt ontbreek in daardie term ook enige betekenis van vertroulikheid.

Strengholt se kritiek is nie nuut nie, en by Wycliffe ook nie onbekend nie. Oor dié tema was daar in Augustus in Istanbul ʼn konferensie vir Bybelvertalers. Daar is nuwe riglyne vasgelê, waarin gestel word dat die term ‘Seun van God’ en vertroulike taalgebruik in beginsel gehandhaaf behoort te word, maar nie ten koste van alles nie.

In die geval van die Turkse Bybelvertaling, wat spesiaal vir Moslems bedoel is, is ‘Seun van God’ deur ʼn ander term vervang, omdat terme soos ‘vader’ en ‘seun’ vir die Moslems seksuele konnotasies het. Volgens Strengholt, word vertroulike begrippe bewus ‘weggewerk’, en so word  ‘die hart uit die Bybel gehaal’. ‘God het sy Seun gestuur. Dis vir Christene essensieel’.

Volgens Bram van Grootheest, een van die direkteure van Wycliffe Bybelvertalers, is die Turkse Bybelvertaling nie ʼn projek van Wycliffe/SIL nie, maar hulle is slegs vir advies genader. Hy reken dat die keuse vir ʼn ander term deur die Turkse vertalers gemaak is om aan te sluit by die Moslem-kultuur. ’In so ʼn geval moet daar minstens in ʼn voetnoot aangedui word dat daar eintlik ‘Seun van God ‘ staan’, sê hy.