Jump to navigation
    
      
  
    
    
            
      
                    Martin Luther
                 
    
                              
      
  
    
  
  
  
  
    
    
      Ek het baie dinge probeer vashou, maar het dit verloor. Dit wat ek in God se hande geplaas het, is die dinge wat ek vandag nog het.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Ek is banger vir die Pous hier binne-in my as vir die Pous in Rome saam met al sy kardinale.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Wie nie dien nie, roof.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Elke woord in die Bybel wys na Christus.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Die Bybel is nie oud of modern nie. Dit is ewig.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      ’n Christen is ’n volledige vrye heer, aan niemand onderworpe nie. ’n Christen is ’n volledige pligsgetroue dienskneg, aan almal onderworpe.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Geloof is die hand van die siel waarmee ek die kruis vasgryp.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Die enigste troos teen Satan wat so woes te kere gaan, is dat ons die Woord van God het om gelowiges te red.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      As die satan ons lastig val, dan weet ons dat ons op die regte pad is.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Help ons, o God, liefdevolle Heer en Verlosser, dat ons vrome sondaars bly, en nie heilige spotters word nie.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Die Heilige Skrif het nie op aarde gegroei nie.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Ons in Christus = regverdiging; Christus in ons = heiliging.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
      
  
  
  
  
  
    
    
      Die koning moet die bedelaar meer liefhê as sy troon.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      ’n Mens doen beter om vir jou naaste ’n penning te gee, as om vir St Petrus ’n goue kerk te bou.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      As God jou Vader is, kan die duiwel niks meer aan jou doen nie.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Dat sorge ons hart so in beslag neem, kom nie van die omvang van die gevaar nie, maar van die omvang van ons ongeloof.  
          
        
      Martin Luther  
      
      
  
  
  
    
    
      Ek is geregverdig en word deur God aanvaar ook al is daar sonde, ongeregtigheid en angs vir die dood in my.  
          
        
      Martin Luther