Bron: Die Kerkblad, 1986. 2 bladsye.

Christus Moet in Julle Groei

hande en plant

Sou ’n predikant gedurigdeur die aandag op homself wil hê en loftuitinge oor sy optrede soek, dan mis hy sy roeping. Sou 'n kerk net oor sy eie beeld bekommerd wees en steeds probeer om sy aansien in wêreldse kringe te verhoog, dan is hy op die gevaarlike pad om valse kerk te word. Alles van die kerk of kerkmens moet van homself af weg — soos die kerktoring — boontoe wys.

’n Treffende voorbeeld hiervan vind ons in Johannes die Doper. Hy was die grootste van alle profete (sê Jesus self). Maar hy dui homself aan as dié een wat vóór die eintlike Godsgesant uit net sake moet regmaak soos ruiters en motorfietse in die pad voor die president of ’n minister van buitelandse sake vir komende same­sprekings deur sy staatshoof. Die versuim om hierdie taak suiwer te sien en uit te voer bring mee dat die kerk misluk. Dit beteken tog eintlik dat die sondige wêreld die kerk binnedring en oorneem — soos water in ’n skip invloei sodat dit sink.

Dit mag die kerk dus alleen gaan om Christus en deur Hom om God-Drie-Enig. Wat meer of wat anders is, val onder die kritiek van die Woord en uiteindelik onder die oordeel van God.

Hierdie saak blyk baie duidelik uit wat Paulus in Galásiërs 4 skryf. Let eers net op ’n paar agtergrondsfeite:

  • Die Galásiërs was voorheen heidene. Toe het hulle die Evangelie gehoor, so duidelik asof hulle Christus aan die kruis sien hang het.
     
  • Hierdie verlossing, uit genade, deur die geloof in Christus, het hulle aanvaar. Dit was deur die Gees van die Seun moontlik. Daardeur het hulle uit die duisternis na die lig oorgegaan, en ook deel gekry in die verbond van die ewige God.
     
  • Daarna het sekere dwaalleraars onder hulle inbeweeg. Gewoonlik word hulle Judaïste genoem wat iets van die Christelike geloof erken het maar nog 'n bykomende wetsvervulling (om verlos te kan word) vereis het. Die Galásiërs is daardeur betower waar­skynlik omdat die eie moontlikhede van Wetsvervulling en selfprestasie van die mens daardeur gevlei is.
     
  • Hierdie gevaarlike situasie het aan Paulus baie leed en kommer besorg. Hy wys (Galásiërs 4) hoe hulle vroeër enigiets vir hom sou gedoen het en sê dat die ander slegte bedoelings het om die Christene van Paulus los te maak. Daardie mense het entoesiasties en oortuigend onder die Galásiërs gewerk. Maar dit was wesenlik in hulle eie belang dat húlle groter word en Christus dan kleiner.

Dan kom Paulus met sterk 'n uitspraak: hy verkeer van voor af weer in geboortepyne oor hulle totdat Christus in hulle gestalte kry. Deur sy oorspronklike werk het die apostel as ‘t ware aan hierdie mense as Christene in die wêreld geboorte gegee. Nadat hulle Christus as enigste Redder aangeneem het, het hulle op die pad van (gedeeltelike) selfverlossing Hom weer kwytgeraak. Deur die verleiding van die dwaalleraars word hulle nie meer totaal, met in- en uitwendige deur Christus en sy Gees gelei en bepaal nie.

Nou gebruik Paulus elders uitdrukkings wat daarop dui dat hy die pa van gelowiges is. So dat hy hulle nuwe lewe verwek het deur die verkondiging van die evan­gelie is ek in Christus Jesus julle vader Korinthiërs 4:14; 2 Timótheüs 2:1 Timótheüs, my seun). Nou sien ons dat hy die beeld hier afwissel en dit voorstel asof hy hulle moeder is. Maar die eintlike saak is dat Christus in hulle gestalte kry. Kom ons stel dit so: die nuwe lewe moet nie net in die mens begin nie, maar sy hele lewe vul.

steggie

Hierdie gestalte gebruik die apostel ook aan die Hy sê van Christus dat Hy in die gestalte van God (by God) was — kyk na Johannes 1. Toe het Hy die van ’n slaaf aangeneem, en aan mense gelyk geword (Filippense 2). En as mens het Jesus Christus gely en is Hy gedood en opgewek. Dink net aan die Here Jesus se hele pad van gehoorsaamheid en selfverloëning, om in alles die wil van die Vader te doen. Daardie selfde Christus kom, deur sy Gees, in die gelowiges en Hý moet gestalte in die gelowige kry, Hý moet daardie mens groei, heeltemal tot in die fynste besonderhede van sy lewe hom inneem en oorneem. Dan geld, soos van Paulus: “Jy leef nie meer nie maar Christus leef in jou” (Galásiërs 2:20). Dink maar net aan die eis van die Here aan gelowiges tot selfverloëning.

Teenoor die self-soekende, eie-eer-gerigte dwaalleraars wil Paulus nie dat by hulle belangrik word en wees nie. Nee, hy wil hê dat Christus se gestalte hulle altyd belangriker en meer bepalend sal wees.

Wat moet onder meer by hulle toeneem?

  1. Om die hele verlossing van Christus te verwag en eie waarde/werke af te lê.
     
  2. Om in die geloof meer en meer oor te gee. Om in Christus soos ’n steggie ingeënt te wees en alle krag uit Hom te put.
     
  3. Om die hele hart, lewe, kragte aan God toe te wy.
     
  4. Om steeds meer die vrug van die Gees voort te bring liefde, geduld, getrouheid, nederigheid ... Ook om die sondige praktyke af te lê — vyandskap, rusies, skeuring, uitspattigheid (Galásiërs 5).

Die lig van Christus moet steeds helderder in mense brand — soos ons met moderne knoppies ’n flou liggie met handomdraai steeds met meer intensiteit laat skyn!

Dit is hiervoor dat God sy Gees in die kerk laat woon: dat daar groei en vordering in die geloof kom, dat ’n gemeente opgebou word — om weer andere tot Christus te bring sodat Hy gestalte ook hulle kry. Paulus self het eentyd geleef in ’n waan van selfverlossing en eie-grootheid, maar later sê hy: Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds syne gemaak het (Filippense 4).