Bron: Kerk en Woord, 1998. 2 bladsye.

Die Boodskap en die Kloof: Waar Moet ons Begin?

kloof

Ons kan hierdie vraag in verskillende verbande stel. Kan u uself  indink dat ’n predikant besoek ontvang van mense wat gevra het om een of ander saak met hom te bespreek. Hy sal na ’n kort wel­komswoord al gou vra: Waar wil u begin? Waaroor wil u praat en wat is die eerste saak wat u wil bespreek?

Ek het die titel met die oog op die vraag na die Bybelse boodskap in ons lewe gekies. Onlangs was ek in ’n geselskap waar dit oor ’n bepaalde onderwerp uit die sosiale etiek gegaan het. Die inleier het sy verhaal met ’n inventaris van wat daar al in die samelewing oor dié onderwerp gedink en geskryf is, begin. Daarna het hy Bybelse gegewens met betrekking tot die tema te berde gebring. Tydens die diskussie was die spreker nogal deur een van die aanwesiges gekritiseer. Hy was van mening dat die spreker met ’n oorsig van die Bybelse gegewens moes begin het. As jy dit nie doen nie, so het die beswaar gelui, dan lê daar inligting op die tafel wat dreig om bo die Bybelse gegewens uit te gaan. Ja, dit sal daaroor heers.

Dit was vir enkele ander aanwesiges te veel. Hulle beswaar teen die eerste kritikus was, dat jy die probleem moet ondersoek en dan wel deeglik die boodskap van die Skrifkritiese oor die ondersoekte materiaal kan laat gaan. Ons is dan tog self daarby – so was die redenering – om die konfron­tasie tussen ons werklikheid en die Bybelse boodskap te (laat) voltrek.

’n Pastorale Gesprek🔗

Dink aan ’n pastorale gesprek. As die een pastor die ander vanuit die Skrif wil help, sal hy tog eers die probleem op die tafel moet hê. Die ander een moet sy moeite, sy vrae en onsekerhede tog eers kan meedeel, voordat die pastor probeer om vanuit die Bybel hulp te verleen.

Ek erken dat dit nie onbelangrik is waar ’n mens begin nie. Tog is die saak nie so eenvoudig as wat die eerste kritikus in ons geselskap gedink het nie. ’n Mens moet goed weet waarop jy ’n antwoord soek. Dan is daar eers die vraag of die probleem. Wie die vraag nie goed gehoor of onder­soek het nie, sal met sy antwoord verby die vraag praat. Hy sê miskien heelwat, maar is dit wat gesê is ook ter sake? Ek ontken nie dat jy by ’n etiese vraagstuk byvoorbaat so baie uit die problematiek kan betrek, dat jy verhinder word om voluit na die Skrif te luister nie.

Tog gaan dit vir my te ver om die luister na die probleemstelling byvoorbaat te verbied. Dit gaan immers om antwoord op ’n vraag. Die vraag moet jy deeglik verstaan.

Samevattend: dit gaan om die gesag van die Woord van God. Ek noem dit: die prioriteit van die openbaring. Dit wil nie sê dat jy nie reg kan laat geskied aan die prioriteit as jy eers luister na die vrae van mense nie. Die gesag van die openbaring word juis geldig as daar, gehoorsaam aan die Skrif, ingegaan word op die vraag wat voorgelê word.

gesprek

In die Prediking🔗

Ons kan wat ons hierbo bespreek het ook op die prediking toepas. Ek gebruik dan die term: die boodskap en die kloof.

Hiermee word bedoel dat daar ’n kloof is tussen wat die Bybel sê en hoe dit by die moderne mens oorkom. Hy het geen antenne (meer) vir die Bybelse boodskap nie.

Mag ons in hierdie geval ook begin by die hoorder en sy vermoëns, spesifiek sy onvermoë om te verstaan? Moet ons om die Bybelse boodskap aan die mense te bring ook by die mense begin? Moet ons vra: wat kan hulle nog begryp en wat is vir hulle eintlik onverteerbaar? Hier lê die saak ’n bietjie anders as in die hierbo bespreekte vrae. Daar gaan dit om ’n vraag waarop ’n antwoord gesoek word. Dit gaan hier om boodskap wat oorgebring moet word. Wie hom daartoe geroepe voel, moet eers weet wat die inhoud van die boodskap is. Dit moet jy insien. Sterker nog: jy moet dit self verstaan. Eers dan kan jy die boodskap aan ’n ander oorbring (…)

Die vertolking bestaan uit twee werkwoorde: om die uitleg op ’n begryplike manier na die gemeente oor te bring. Daarby is die opbou van die preek belangrik. Vervolgens probeer die prediker om die uitleg ook prakties te maak. Wat sê die teks vir die geloofsbelewing, vir die geloofstryd en vir die Christenlewe. Die vertolking en toepassing sluit nou bymekaar aan. Tog bly ek by hierdie volgorde. Wat doen ’n predikant wat uitgaan van die hoorder, om dan eers by die boodskap van die teks te kom?

Hy laat die hoorder die inhoud van die Bybelse boodskap bepaal. Dit is nodig om hier goed te onderskei. ’n Leser sal vra: is die boodskap dan nie vir die hoorder bedoel nie? Val die hoorder dan heeltemal buite die prosedure van die maak van ’n preek? Dit mag nie die geval wees nie.

Die Gemeente is die Adres van die Boodskap🔗

Die hoorder, die gemeente is die adres van die prediking, maar nie die inhoud nie. Die preek is aan die gemeente gerig en vir die gemeente bestem. ’n Mens moet egter wel weet watter boodskap aan die gemeente gebring moet word. Die boodskap kom eerste.

Hoe die boodskap oorgebring moet word, is die groot worsteling van ’n predikant. As ek dit in gewone taal mag sê: Hoé die boodskap in die vat van die preek gegiet moet word, is die worsteling van die maak van ’n preek.

Reg laat Geskied aan die Boodskap en aan die Gemeente🔗

Die worsteling is ’n swaar opgawe na twee kante toe. Enersyds na die teks toe. Die teks moet tot sy reg kom. Andersyds na die gemeente toe. Die gemeente moet die boodskap verstaan. Wie dit só wil stel: ’n dominee moet reg laat geskied aan die boodskap. Hy moet ook reg laat geskied aan die gemeente. In ’n preek kom die boodskap eerste.

Waar sal ons begin? As dit om ’n vraag of om ’n konkrete etiese vraagstuk gaan, is dit nodig om na die vraag te luister. Dan moet ons dit goed in ons opneem.

As dit om die oorbring van die Bybelse boodskap gaan, is dit nodig om self die boodskap te verstaan. Die boodskap kan alleen langs dié weg konkreet, prakties en persoonlik aan die gemeente gerig word dit wil sê geadresseer word.