4 bladsye.

Die Erediens as Ontmoeting tussen God en Sy Gemeente

kerk🔗

1. Die Erediens is Wesentlik 'n Ontmoeting🔗

Die Christelike erediens kan na sy wese slegs verstaan word as geglo word dat dit rus in die ontmoeting van God en mens. Die grondliggende, die konsti­tutiewe grondhouding van die erediens is die ontmoeting — van mens en God en van God en mens (O. Haendler).

2. God Openbaar Homself🔗

Die ontmoeting in die erediens is al­leen moontlik omdat God Homself aan die mens openbaar. Goed bring J.L. Koole dit soos volg onder woorde: "Het Christelijk ge­loof zegt, dat God er is, en dat Hij een God is, die zicht openbaart. Hij laat zich met mij in, Hij deelt zich aan mij mee. Hij zegt, wie Hij is. Hij dwingt mij, naar Hem te luisteren". Op allerlei maniere maak God sy wonderlike Naam aan die mens bekend en daarmee laat Hy ons sien wie Hy werklik is. Dit is merkwaardig hoe dikwels in die Skrif die openbaring van Homself verbind word met die bekendmaking van sy Naam. Hy gee sy wonderlike Naam aan die mense om hulle daaraan vas te heg. Ons kan ook sê in die verskil­lende Name van Jesus — Jesus, Christus, Here, Seun van God — en in die bekendmaking daarvan is sy Persoon en werk opgesluit.

Die hele erediens staan in die diens van hierdie selfopenbaring van die Here. Dit moet die verskillende fasette van sy Persoon en handeling met die mens bekendmaak:

For the beginning and end of all worship is awareness of God. Every form of worship, both in its contents and in its conduct, is a disclosure of God, of His existence and power, His character and His demands. Every thought and word and gesture in worship, whether expressed in silent awe or in carol song, celebrates the majesty of His being, the righteousness of His will, and the unfailing justice and mercy of His dealings with men. It is God's presence, ever seeking communion with His creatures, ever available to those who seek Him, that sustains and perfects our worship…M.H. Shepherd jr., The worship of the church, 1976, 24, 25.

Die feit dat die ewige God Hom inlaat met die mens, dat Hy sy Naam en hart so onmisverstaanbaar openbaar is seker die diepste geheim van die erediens. "Deze ontmoeting is het geheim van den levenden godsdienst. Zij berust in een daad van God, waarin Hij den mensch betrekt. Hij bemoeit zich met den mensch. Hij spreekt hem toe. Hij geeft zich aan hem. Hij verwaardigt den mensch zicht op zijn best met God te bemoeien." (W.J. Aalders).

Hierdie onbegryplike selfopenbaring van God aan die mens in die erediens is nie maar 'n willekeurige saak en waarop ons maar net vaagweg kan hoop nie. Dit het 'n konkrete gestalte gekry in die ver­bond van genade wat die Here met sy volk opgerig het. Die Here het Homself geopenbaar en Hy wil dit steeds en verder doen op grond van hierdie verbond. Deur die verbond weet die gemeente dit is waar, die Here het en wil Homself openbaar en ons kan daaruit lewe in die vaste vertroue.

3. 'n Ontmoeting op Grond van die Here se Liefde🔗

God kom in die erediens na sy gemeente, nie om te oordeel nie, maar om te red en te herstel en te genees en op te bou. Hy is genadig teenoor ons gesteld, al laat Hy sy oordele aankondig. Hy wil en soek ons heil.

Van begin tot einde is die erediens een duidelike verklaring en verkondiging van God se liefde teenoor ons. Dit is sy liefdesverklaring en waar woord en daad saamgaan. Wat God spreek, geskied. "Wat de Bijbel, die op de kansel ligt, ons te zeggen heeft, is niets anders dan de verkondiging van de zeer grote liefde van God. God komt tot ons in het gepredikte Woord; dit is de vorm, de weg waarlangs Hij komt. Hij komt tot ons in de bekendmaking van zijn liefde; dat is de inhoud van wat Hij ons te zeggen heeft. Alles wat God in de ere­dienst van zichzelf zegt, is verklaring van zijn liefde. Als de wet ... gelezen wordt, dan is dat ook Gods liefde, die ons herinnert aan onze nood en verlorenheid, en onze dwaasheid om ergens anders uitkomst te zoeken dan in zijn verlossende genade. Ook Gods gericht is zicht­baarwording van zijn liefde. Het is de roep, om terug te keren tot Hem … Gods liefde … nog wel sterker bij de verkondiging van het evangelie. De Bijbel is eigenlijk helemaal evangelie … Het is dat God zich met ons bemoeit om ons de rust, de vrede, het volkomen heil te schenken. Daarvoor vertelt het evangelie, dat God zijn Zoon gezonden heeft. Daarvoor spreekt het van Christus dood en opstan­ding. Het Woord zegt dat God liefde is. En dit is de zin van het kerkgaan, dat we van Gods liefde tot ons willen horen … De pre­diking van Gods bewogenheid met ons, zij weerklink alleen in het gepredikte Woord … Dus verklaart God ons in de eredienst zijn liefde." (J.L. Koole, De zin der liturgie, 1946, 49, 51, 52).

Bybel

4. Ontmoeting as Bekendmaking van Onsself🔗

In die erediens is dit nie slegs die Here wat sy Naam en daarmee Homself en sy bedoeling met en gesindheid teenoor die mens bekend maak nie. Hierdie open­baring van die Here bring die mens om homself te sien, om homself te sien soos God hom sien en dit is soos hy werklik is. Waar die mens in die teenwoordigheid van die Here 'n beeld kry van wie hy is en wat hy is en wat sy gesindheid teenoor die Here is, dan kan hy nooit anders as om te skrik nie. Die Here laat hom die naam hoor wat die lelikste in die Bybel is, naamlik sondaar. Hy laat ons onsself sien in ons sonde en skuld en nood, in die diepe verval en in die opstand teen God. Daarom is hierdie ontmoeting altyd so pynlik: ons word gestroop van al ons pretensies en ons skyn, en ons staan in die naaktheid van ons siel voor die deurborende oë van die Here. Ons word bewus dat Hy in ons harte en in ons siel inkyk — dit is wel 'n blik van liefde, maar dit is 'n ontdekkende blik. Hierdie ontdekking van die eie self is pynlik, maar altyd 'n geseënde ontdekking, want dit is die weg na herstel en genesing en na heil.

​​5. 'n Werklike Ontmoeting🔗

Ons praat so maklik van 'n ontmoeting van God en mens in die erediens, maar wat impliseer dit?

  • Dit bring mee dat mens staan teenoor 'n ander persoon. Ons ontmoet altyd 'n persoon, nie 'n mag of 'n situasie of 'n idee nie (H. Jonker). 'n Ontmoeting veronderstel 'n ek-jy-verhouding.

  • Afstande tussen die persone word oorbrug en skeidinge weg­gevee. Die persone noem hulle name voor mekaar of hoor dit genoem. Hulle kyk mekaar in die gesigte, in die oë en ontsluit hulle diepste wese teenoor mekaar.

  • In die erediens waar die ontmoeting plaasvind tussen God en sy gemeente, daar is die gemeente bewus dat hulle staan teenoor 'n Ander, die Here. Hy blyk 'n Iemand, 'n Ander, 'n Ek te wees wat teenoor ons staan en wat deur sy krag my ek en die ek van die gemeente gevange neem en dat sy wil heers. "Zijn weg wordt richtinggevind. Er vindt een volledige heroriëntatie plaats" (C. Graafland).

  • In die ontmoeting word ons in die diepste van ons bestaan aan­gespreek deur die heilige God en dit geskied uit liefde en tot behoud. Daarom is die ontmoeting met die Here altyd 'n diepe en omvattende belewenis. Dit is nooit 'n statiese iets nie, maar 'n dinamiese gebeure wat die hele mens in beweging bring.

  • 'n Ontmoeting beteken verder 'n konfrontasie van die mens met die Here. "Mijn wereld, die ik om mijzelf had heengebouwd, wordt geconfronteerd met Gods wereld, de ruim­te waarin God mij stelt, wanneer ik met Hem in contact treed… Mijn wereld blijkt nu een schijnwereld te zijn, verdorven, slecht, zondig." (C.G. Graafland).

Die ontmoeting tussen God en sy gemeente in die erediens is 'n diepgrypende en verreikende gebeure: "In de eredienst opent God zijn hart en wordt het hart van de mens ontsloten voor het spel van Gods liefde tot ons en onze wederliefde tot Hem. Hier klinkt het verlossingswoord en stijgt de jubel omhoog. Hier gaat het om leven uit Gods heil, om beleving van Gods goedheid, om heilsdoorlichting van ons menselijk bestaan hier en nu" (H. Jonker, De eredienst, in: Protestantse verkenningen na "Vaticanum II", 1967, 171). Dit is 'n werklike en heerlike ontmoeting, maar dit is nog voorlopig, want die volledige vereniging van die gemeente as liggaam van Christus met Hom as die Hoof is nog uitstaande.

Die groot vraag by die erediens agter alles is steeds of die ont­moeting plaasgevind het. Hiervan hang alles af. "If that meeting does not take place, it doesn't matter whom else we meet at church. But when that meeting does take place in worship, it is likely to issue in a continuing conversation with the Christ throughout the week" (D. Randolph).

kerkdeure

6. Ontmoeting In en Deur Christus🔗

Die ontmoeting tussen God en sy gemeente in die erediens is alleen moontlik op grond van die soenverdienste van Jesus Christus en dit word ook gerealiseer deur Hom. Hy is die Naam wat ons met God verbind, Hy is die brug oor die afgrond van skeiding, Hy is die terrein van ontmoeting tussen God en die volk van God. In Hom moet dit 'n ontmoeting in hoogste persoonlike vorm word en kan die sondige mens die heilige God ontmoet. Hy lê as 't ware ons vuil hand in die heilige hand van God en maak ons slegte naam as sondaar goed voor God sodat dit nou klink: kind van God. "Christ, then, makes effective among men the self-giving of God, who calls and urges them to respond to him in self-giving of faith and love through the word and sacrament of the liturgy" (J.D. Crichton).

7. Die Besondere Werking van die Heilige Gees🔗

Die Heilige Gees wat gesorg het vir die opskrifstelling van die woord van God, werk ook sodat hierdie geskrewe woord weer die lewende Woord van God aan ons word. Die Gees werk sodat ons God in sy heiligheid en majesteit leer ken, dat ons in die lig van sy heiligheid ons eie sondigheid voel; Hy bewerk die besef van verlorenheid en die verlange na lewe en versoening. Hy laat Jesus Christus duidelik voor ons uitstaan as die Verlosser en Hy bring die ontmoeting tot stand. Hy maak die ontmoeting 'n werklikheid juis in hierdie harde en koue ongelowige wêreld. Christus werk deur die Gees. "Hij brengt mij in de onrust en vervult mijn hart met een honger, die alleen bevredigt kan worden, wanneer ik Hem gevonden heb, zooals Hij mij gevonden heeft" (J.L. Koole).

8. Die Gees Werk deur die Genademiddele 🔗

Die Gees werk direk en vry, maar Hy bind steeds sy werk aan die genademiddele wat Christus aan sy kerk gegee het. Die Gees gebruik die bediening van die Woord en van die sakramente om hierdie ontmoeting te bewerk en te versterk. Dit is deur die genademiddele dat Christus in die middel van sy gemeente kom en spreek en werk, en dit is deur die­selfde genademiddele dat die gemeente die ontmoeting met die Here ervaar en steeds weer ervaar.

Die verkondigde Woord en die sakramente wat bedien word, skep die ruimte vir die ontmoeting. Dit bring die innerlike stilte waarin die gemeente bewus word van die ontmoeting. Om die innerlike stilte te verkry, is dit ook belangrik dat daar geleenthede van stilte in die diens sal wees, 'n stilte wat gelade is, "which is a silence of waiting" (R. Paquier).

9. Die Ontmoeting wat die Gemeente dra🔗

Die ontmoeting tussen die Here en sy gemeente in die erediens het sulke heerlike konsekwensies:

  • Dit is 'n persoonlike en 'n gemeenskaplike ontmoeting. Iemand kan in 'n kerk vol mense sit en heel persoonlik bewus word van die ontmoeting met die Here. Sonder hierdie persoonlike ontmoeting kan die gelowige en die erediens nie lewe nie. Dit moet steeds weer gebeur. Die persoonlike ontmoeting moet verbreed en verdiep word om die hele gemeente te omvat. In die erediens gaan dit nie om die enkeling alleen nie, maar om die gesament­like diens van die gemeente aan die Here. Hierdie gesamentlike diens moet uitloop op die gesamentlike ontmoeting met die Here. Dit is die gemeente wat sy Here ontmoet. Op verskillende maniere moet hierdie ontmoeting van die gemeente met sy Here in die erediens gestalte verkry. Dit is 'n wonderlike ont­moeting, "Een gemeenschap dus van het verzoende volk met zijn verzoenende God" (K. Dijk), dit is altyd 'n ontmoeting tussen die saamvergaderde gemeente en sy God "onder de besprenging van het bloed Christi" (A. Kuyper); nog duideliker: Dit is 'n ontmoeting "… waar die volk van die verbond en die God van die verbond byeengekom het" (J. Utenhove).

  • Dit is 'n oombliklike en blywende ontmoeting. Die ontmoeting in die erediens kan 'n ervaring wees wat op die oomblik ervaar word. Dit is egter sodanig dat dit nie die ou lewe kan laat soos dit was nie. Daarom beteken dit die begin van 'n nuwe verhou­ding wat dwarsdeur die week, ja dwarsdeur die lewe, voortduur.

  • 'n Eenmalige en herhaaldelike ontmoeting. In die erediens vind die ontmoeting plaas en die gemeente ervaar dit, maar hierdie ontmoeting word telkens herhaal. Steeds weer word daarop voorberei en daarheen gewerk dat die ontmoeting telkens weer sal plaasvind.

een persoon in kerk

Meer nog, die eenmalige en beslissende ontmoeting met die Here is die basis waarvolgens die daaropvolgende ontmoetings plaasvind. Dit is ontmoetings wat gebou word en leef uit die vorige ontmoetings en dat dit daarom steeds dieper en inniger word. Ons leer Jesus her­ken soos ons Hom reeds leer ken het. Dan geld van ons wat die Em­maüsgangers ervaar het: "They knew him again as they had known him before" (P. W. Hoon).

Dus moet ons vir die verstaan van die wese van die erediens die betekenis van die omvattende ontmoeting steeds besonderlik be­klemtoon. Tereg sê W.J. Aalders "Datgene, waarom het bij de liturgie gaat, is dus een uitzeggen, uitbeelden, uitdrukken van dat­gene wat de ontmoeting van God en mensch inhoudt en bete­kent…"