2 bladsye.

Die Erediens as Toerusting en Inoefening

​1. Die Erediens as Toerustingsgeleentheid🔗

Die erediens hou ver­band met die hele konkrete werklikheid. Dit is soos gesien die operasiebasis vir die arbeid na buite. Verder is die erediens die dinamiek tussen saamkom en uitgaan, inasem en uitasem. Dit hou ten nouste verband met die hele werklikheid waarin die Christene wat aanbid het, dit moet gaan uitlewe, soos nog aangedui sal word. Dit alles bring mee dat die erediens ook die toerusting moet gee vir die lewe wat aanbreek as die erediens oor is. Vir hierdie lewe moet die erediens die nodige toerusting gee.

Die toerusting geskied op verskillende maniere, maar ook in die erediens. Die erediens is 'n uiters belangrike middel vir die toerus­ting van die gemeente as gemeente om hom vir taak en lewe toe te rus. Op 'n heel besondere wyse is dit 'n geleentheid vir lewensoriën­tering en lewensbemeestering vanuit die Christelike geloof. Op 'n heel kompakte en oorsigtelike wyse gee die erediens 'n afgeronde beeld van die Christelike geloofswêreld in groot, eenvoudige lyne.

'n Kosmos word sigbaar waarin ons ons lewe met alles wat daar­aan behoort, kan invoeg… die liturgie … dat dit ons elke keer help om die totaaloriëntering van die lewe op God weer te vind en te bevestig.J.A. Jungmann

In die erediens kan ons wel sê dat die meeste informasie en toerusting verkry moet word uit die prediking in al sy vorms. Tog is die eis om toerusting sodanig dat dit uit die hele verloop van die ontmoeting met God, die gesprek en die be­middeling van Christus se gawes voortvloei. Nie die minste nie, sal die toerusting bestaan in die sekerheid dat Jesus die Here en Ver­losser is en die Oorwinnaar oor al die magte van die wêreld. Die belewing van die omgang met die lewende God, wat die gemeente lewend maak en die krag gee vir die stryd, is deel van die toerus­ting.

Die toerusting geskied indirek en spontaan in die erediens en die omgang met ander gelowiges. Tog moet dit ook doelbewus en stel­selmatig verskaf word.

​2. Die Erediens as Geleentheid vir Inoefening vir Lewe en Stryd🔗

Toerusting kan nooit net teoreties gegee word nie, dit is tegelyk 'n inoefening om die toerusting in die praktyk te gebruik. In toenemen­de mate is dit vandag nodig in die erediens. Dit is vir die gelowiges en vir die gemeente van lewensbelang om die omvattende inoefe­ning in die wyse waarop as gelowige dissipels van Jesus in die wêreld geleef moet word, te ondergaan. Immers, dit is nie 'n onskuldige of vryblywende iets as die gemeente op 'n Sondag met sy opgestane Here verkeer nie. Wat die oefening beteken blyk uit die woorde van J.F. van Rooyen:

De kerkdienst zij oefening in den gods­diens. Daarin spreekt mee vooreerst het didactische element, voorts het spiritualistische … en ten slotte het kerugmatische. Zij tesa­men zijn de elementen waaruit de geloovige zijn godsdienstig leven voedt, onderhoudt en oefen … zonder ernstige en aanhoudende training niet gaat … Ook het geloof is een talent, dat voortdu­rend 'in omloop' moet zijn: uitwendig geconfronteerd met, en in­werkend op de werkelijkheid waarin wij leven; inwendig gevoed, onderhouden en ontwikkeld door oefening. Wat baten alle liturgische vernieuwingen in eeredienst en kerkgebouw, wanneer niet in de kerk een mensch voortdurend opnieuw geoefend wordt om den weg te gaan tot God, den weg te gaan tot die waarachtige gemeenschap? Waardoor iemand in verbondenheid met de gemeente, wordt ingeleid, opgevoerd en uitgeleid; wordt geoefend in den weg des heils, welke is knielen, opgaan naar het heiligdom, vertoeven en uitgezonden wor­den.Liturgie, in: Vox Theologica, Feb. 1946, 71, 72

Die oefe­ning is nodig omdat ons dit nie vanself het nie en in die gewone lewe dikwels nie die tyd en geleentheid voor vind nie:

De kerkdienst zou slechts oefening zijn in godsdienst. Wij oefenen dus 's zondags in iets, dat ons niet van nature ligt, dat geleerd, herhaald moet wor­den … Wij oefenen in de kerk voor het leven, in de stille, beschermde ruimte, waar wij niet afgeleid of bedreigd worden, om ons ge­loof te versterken voor die situaties in de wereld, waar geen stilte, geen rust is, waar wij worden meegesleurd door de maalstroom van het gebeuren … Wij noemen het de repetitie der kinderen Gods. De liturgie heeft immers het karakter van herhaling, er is steeds dezelfde orde van dienst. Een repetitie gebeurt voor iets, dat komen gaat…" Dit is gerig op die dinge wat van God se kant moet kom. Die kerk is die "wachtkamer 'totdat Hij komt', het repetitielokaal voor de grote uitvoering. Daarom is de kerkdienst een oefenen in tekenen, in geloof, een repetitie van de kinderen Gods, een voorbereiding voor een nieuw leven.J.L. Klink, a.w., 32, 33