Die leer van die ewige uitverkiesing word ook die predestinasieleer genoem. Dit is noodsaaklik dat ons dit uit die Woord van God moet ondersoek. Die hele volk Israel in die Ou Testament word byvoorbeeld God se erfdeel genoem, maar God het sommiges uitverkies en ander verwerp (verwerping). Diegene wat in Christus as die Hoof ingelyf is, sal nooit van hulle saligheid afvallig word nie.

1984. 15 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 21 Die ewige uitverkiesing waarvolgens God sommige tot saligheid, ander tot die verderf voorbestem het

1. Kennis van die predestinasieleer is noodsaaklik🔗

Maar nou is dit inderdaad (so) dat die verbond van die lewe nie sonder onderskeid onder alle mense verkondig word nie en dat dit nie onder diegene aan wie dit wel verkondig word, in gelyke graad of altyd aanvaar word nie. In hierdie verskeidenheid kom die heerlikewonderlike diepte van God se oordeel aan die lig. Daar kan tewens geen twyfel daaroor bestaan dat ook hierdie verskeidenheid die beslissing van God se ewige uitverkiesing dien nie. As dit dan duidelik is dat dit deur God se goeddunke geskied dat saligheid sommiges vanself aangebied word maar dat ander van die toegang daartoe weerhou word, kom hier dadelik groot en moeilike vraagstukke na vore wat slegs verklaar kan word as vroom harte vir seker weet wat hulle van die uitverkiesing en predestinasie moet weet. Soos dit vir baie lyk, is dit 'n ingewikkelde vraagstuk, want hulle dink dat dit glad nie betaamlik is dat uit die hele mensegemeenskap sommiges tot die saligheid en ander tot die verderf voorbestem word nie.1 Uit die verband sal egter later blyk hoe verkeerd hulle hulle daarmee benadeel. Buitendien kom nie alleen die nuttigheid van hierdie leer nie maar ook die soetste vrugte daarvan juis in die duisternis wat hulle die skrik op die lyf jaag, aan die lig. Ons sal nooit duidelik oortuig wees soos ons behoort te wees dat ons saligheid uit die bron van God se vrye barmhartigheid vloei voordat sy ewige uitverkiesing aan ons bekend geword het nie. Dit illustreer God se genade met die volgende vergelyking: Hy neem nie almal sonder onderskeid tot die hoop op saligheid aan nie, maar Hy gee aan sommige wat Hy vir ander weier. Dit is duidelik hoeveel onkunde van hierdie beginsel God se heerlikheid verminder en hoeveel dit ware ootmoed te kort doen. En tog verklaar Paulus dat dit wat so noodsaaklik is om te weet, nie geken kan word nie tensy God diegene uitverkies wat Hy by Homself besluit het om uit te kies sonder om hulle werke hoegenaamd in ag te neem. Hy sê: "In hierdie tyd sal daar oorblyfsels wees volgens die genadige uitverkiesing. Maar as dit deur genade is, is dit nie meer uit die werke nie, anders is die genade nie meer genade nie. Maar as dit uit die werke is, is dit nie uit genade nie, anders is die werk geen werk meer nie".2

As ons tot die bron van die uitverkiesing teruggeroep moet word, is dit duidelik dat die saligheid ons uit die loutere vrygewigheid van God te beurt val. Diegene wat dit dus wil uitblus, verduister dit wat groots en met volle mond geroem moet word, kwaadwillig sover dit in hulle vermoë is, en hulle ruk ootmoedigheid wortel en tak uit. Wanneer die saligheid van die oorblywende (deel van die) volk aan die vrye uitverkiesing toegeskryf word, getuig Paulus dat dan eers bekend word dat God uit loutere welbehae diegene salig maak wat Hy wil, maar dat Hy geen loon betaal nie omdat Hy geen loon verskuldig kan wees nie.
Diegene wat die deur hiervoor sluit sodat niemand hierdie leer durf smaak nie, doen mense net so 'n groot onreg as vir God aan, want niks anders sal voldoende wees om ons na behore te verneder nie, nog sal ons van harte voel watter verpligting ons teenoor God het. Ons het trouens niks anders waarop ons vas kan vertrou nie en dit is ook op Christus se gesag gegrond. Om ons te midde van soveel gevare, lokvalle en dodelike stryd van alle vrees te bevry en onoorwinlik te maak, beloof Hy dat alles veilig sal wees wat IIy ter bewaring van sy Vader ontvang het.3Hieruit maak ons die afleiding dat almal wat nie weet dat hulle aan God behoort nie, vanweë voortdurende vrees in ellende verkeer en dat hulle eie sowel as ander gelowiges se be lange hulle baie swak ter harte gaan omdat hulle blind is vir die drie voordele wat ons vermeld het,4en hulle begeer om die basis van ons saligheid uit ons midde weg te ruim.
Wat dan daarvan dat die kerk juis hieruit na vore kom terwyl dit, soos Bernardus tereg leer, andersins nie gevind en ook nie onder die skepsels geken sou kon word nie, want op beide wonderbaarlike wyses lê dit verborge in die skoot van die geluksalige predestinasie en in die massa van die ellendige verdoemenis.5

Maar voordat ek die onderwerp self aanpak, moet ek eers ter inleiding tweesydig met twee groepe mense praat.

Mense se nuuskierigheid maak die bespreking van die predestinasie baie verward en daarom ook gevaarlik aangesien dit op sigself reeds ietwat moeilik is. Dit kan deur geen grendels weerhou word om op verbode omweë rond te dwaal en die hoogte in te bars waar hierdie nuuskierigheid, as dit moontlik is, niks vir God verborge sallaat sonder om dit te ondersoek en te ontrafel nie. Aangesien ons merk dat so baie mense en onder hulle ook sommige wat andersins nie goddeloos is nie,6hulle oral in hierdie vermetelheid en skaamteloosheid begewe, moet hulle betyds vermaan word wat hulle plig in hierdie opsig is.

Ten eerste moet hulle daarom daaraan dink dat wanneer hulle die predestinasie ondersoek, hulle die heiligdomme van God se wysheid binnedring en as iemand onbesorg en vol selfvertroue daarin inbars, sal hy niks kry om sy nuuskierigheid te versadig nie en hy sal 'n doolhof betree waarvan hy die uitgang nie sal vind nie.7Dit is immers nie reg dat die mens ongestraf iets ondersoek wat die Here in Homself verborge wou laat nie. Dit is ook nie reg dat hy die verhewenheid van God se wysheid wat volgens sy wil aanbid en nie begryp moet word nie sodat Hy ook daardeur vir ons bewonderenswaardig sou word, selfs van die ewigheid af sou ondersoek nie. Die verborgenhede van sy wil wat Hy besluit het om aan ons bekend te stel, het Hy deur sy Woord aan ons geopenbaar. Hy het egter besluit om soveel daarvan te openbaar as waarvan Hy voorsien het dat dit in ons belang en tot ons voordeel is.

2. Die Woord van God is die enigste pad waarvolgens ons die dinge wat ons van God moet weet, kan ondersoek🔗

Augustinus sê: "Ons het die pad van die geloof bereik. Nou moet ons met volharding daarop hou. Dit voer ons na die kamer van die Koning waarin al die skatte van kennis en wysheid verborge is. Die Here  Christus selfwas immers nie afgunstig op sy groot en uitgekose dissipels nie toe Hy gesê het: 'Ek het baie om aan julle te sê maar julle kan dit nie nou dra nie.'8Ons moet in die geloof voortgaan, ons moet vorder, ons moet groei sodat ons harte bevatlik kan wees vir die dinge wat ons nie kan bevat nie. As die laaste dag ons vind terwyl ons daarin vordering maak, salons daar leer wat ons hier nie kon leer nie" .9

As hierdie gedagte vir ons iets beteken, naamlik dat die Woord van die Here die enigste pad is wat ons daarheen kan lei om die dinge te ondersoek wat ons geoorloof is om aangaande Hom te weet, dat dit die enigste lig is wat sy lig voor ons kan laat skyn om raak te sien wat ons van Hom moet raaksien, sal dit ons maklik van alle roekeloosheid weerhou en beteuel. Want ons sal weet dat, sodra ons die eerste keer die grense van die Woord te buite gaan, ons weg van die pad af in die donker loop, waar ons noodwendig moet dwaal, moet val en ons herhaaldelik moet stamp. Laat dit ons derhalwe ten eerste voor oë staan dat dit geen geringer kenmerk van waansinnigheid is om kennis van die predestinasie te verkry anders as wat die Woord van God verduidelik, as wat dit is as iemand op 'n ompaadjie koers vat en in die donker wil sien nie. Ons moet ons trouens nie skaam om iets van hierdie onderwerp, waarin daar 'n sekere geleerde onkunde bestaan, nie te weet nie.10Ja, laat ons ons eerder met graagte weerhou van die soeke na kennis - die vurige  begeerte waarna sowel dwaas as gevaarlik en selfs dodelik is. Maaras die losbandigheid van ons verstand ons wel daartoe aanhits, sal dit altyd nuttig wees om daarteenoor die volgende te stel om dit af te stomp, naamlik dat net soos te veel heuning nie goed is nie, so strek die ondersoek na die heerlikheid nuuskieriges nie tot eer nte.11Daar is immers 'n rede waarom ons van so 'n vermetelheid afgeskrik moet word, omdat dit tot niks anders kan lei as om ons in die verderf te laat stort nie.

3. Die tweede gevaar: stilswye oor die predestinasieleer is gevaarlik; daar is egter perke op die ondersoeke daarvan🔗

Daar is ook ander mense wat, wanneer hulle hierdie euwel wil genees, sê dat alle vermelding van die predestinasie bykans begrawe moet word.

Hulle leer in elk geval dat ons enige ondersoek na hierdie onderwerp soos 'n rots op see moet vermy.12 En hoewel hulle beskeidenheid hierin tereg prysenswaardig is, omdat hulle van mening is dat God se geheimenisse met so 'n groot nugterheid aangeroer moet word, maak hulle weinig vordering in die mens se verstand, wat hom nie somaar so aan bande laat lê nie, omdat hulle te ver benede die maat daarvan afsak.
Om dus ook in hierdie afdeling grondig aan die maat te hou salons na die Woord van die Here moet terugggaan, omdat ons daarin 'n vaste reel het om dit te verstaan. Die Skrif is immers die Heilige Gees se skool.
Soos daarin niks weggelaat is om te weet wat noodsaaklik en nuttig is nie, word daarin ook niks geleer wat nie voordelig is om te weet nie.13Ons moet dus waak dat ons gelowiges nie weghou van wat ook al in die Skrif oor die predestinasie vorendag kom nie, sodat dit nie miskien die indruk wek dat ons hulle àfkwaadwillig beroofvan 'n weldaad van hulle God öf dat ons die Gees beskuldig of aankla omdat Hy dinge bekend gestel het wat liewer onderdruk moet word.

Ek herhaal: ons moet 'n Christen toelaat om sy gedagtes en sy ore oop te maak vir al die woorde van God wat tot hom gerig word, mits dit met so 'n selfbeheersing is dat, sodra die Here sy heilige mond sluit, hy vir homself ook hierdie ondersoekpad sal sluit. Dit sal die heel beste maat van nugterheid wees as ons God altyd volg wanneer Hy ons in sy onderwysing voorgaan maar dat ons moet ophou om wys te wil wees wanneer Hy ophou om ons te onderwys. Die gevaar14wat hulle vrees, is ook nie van soveel belang dat ons ons verstand daarom van God se uitsprake moet afwend nie. Daar is 'n bekende verklaring van Salomo dat dit God se eer is om 'n woord te verberg.15Maar aangesien godsvrug en ons gewone gewaarwording aan ons voorsê dat dit nie sonder onderskeid van alle sake verstaan moet word nie, moet ons die onderskeiding soek om nie onder die skyn van beskeidenheid en nugterheid met onnosele onkunde tevrede te wees nie. Dit word trouens duidelik in 'n paar woorde deur Moses uitgedruk wanneer hy sê: "Die verborge dinge is vir ons God; Hy het hierdie dinge egter aan ons en ons kinders geopenbaar". Ons sien trouens dat hy die volk aanraai om die wet slegs vanweë die hemelse besluit ywerig te leer omdat dit God behaag het om dit af te kondig, maar dat hy dieselfde volk binne hierdie perke hou net omrede dit sterflikes nie geoorloof is om God se verborgenhede binne te dring nie.16

4. 'n Weerlegging van die beswaar dat onheiliges met hierdie leer die spot sou dryf🔗

Ek erken dat onheillges17vinnig iets in die predestinasieleer aangryp om dit uitmekaar te pluk, te belaster, daaroor te blaf of dit te bespot. Maar as hulle voortvarendheid ons afskrik, salons al die belangrikste punte van ons geloof moet wegsteek omdat hulle of mense soos hulle feitlik niks onbelaster laat nie. 'n Mens met 'n weerbarstige geaardheid sal hom met ewe veel vermetelheid verhef wanneer hy hoor dat daar drie Persone in die Wese van God aanwesig is as wanneer hy hoor dat God voorsien het wat met die mens sal gebeur toe Hy hom geskep het. Hulle sal hulle lag ook nie kan hou wanneer hulle verstaan dat 'n bietjie meer as vyfduisend jaar sedert die skepping van die wêreld verloop het nie, want hulle sal vra waarom God se krag so lank onaktief en sluimerend was.18Kortom:  ons sal niks kan aanvoer wat hulle nie met bespotting sal aanval nie.
Moet ons dan oor die Godheid van die Seun en die Gees swyg om hierdie heiligskennis aan bande te lê? Of moet ons die skepping van die wêreld agterweë laat deur daaroor te swyg? Nee, die waarheid van God is in hierdie onderwerp en oral te kragtig om vir die kwaadstokery van goddelose mense terug te deins, soos Augustinus ook in sy werkie oor die deug van volharding kragtig aanvoer.19 Ons sien immers dat vals apostels nie in staat was om Paulus te laat skaam kry oor die waarheid van sy leer toe hulle probeer het om dit te belaster en verdag te maak nie.
Hulle stelling dat hierdie hele bespreking ook vir vroom gemoedere gevaarlik is omdat dit in stryd is met die vermanings, omdat dit die geloof laat wankel, omdat dit die hart self verwar en moedeloos maak, is ongegrond. Augustinus verklaar openlik dat hy gewoonlik juis om hierdie redes berispe moet word omdat hy die predestinasie met te groot vrymoedigheid verkondig, maar - en dit was vir hom maklik – hy weerlê hierdie redes oorvloedig.20 Omdat baie en uiteenlopende onsinnige opvattings egter hierteen ingebring word, het ek verkies om dit terug te hou om elkeen op die regte plek daarvoor te weerlê.21My volle begeerte is slegs om van hulle te verkry dat ons nie moet ondersoek wat die Here in die verborgene verborge wou laat nie en dat ons dit wat Hy aan die lig gebring het, nie moet veronagsaam om nie van uitermatige nuuskierigheid aan die een kant en uitermatige ondankbaarheid aan die ander kant verdoem te word nie. Want Augustinus het ook verstandig gesê dat ons die Skrif veilig kan volg, omdat dit as 't ware met 'n moeder se treë saggies voor ons uitgaan om ons swakheid nie agter te laat bly nie.22

Met watter kleure, vra ek jou, sal diegene wat inderdaad so versigtig en so bang is dat hulle die predestinasie liewer verduister wil hê om te voorkom dat dit swak geeste verwar, hulle verwaandheid bedek.23 aangesien hulle God tog van 'n kant af van dwase onbedagsaamheid beskuldig omdat Hy dan nie die gevaar sou voorsien het wat hulle, soos dit vir hulle lyk, verstandig voorkom het nie? Wie dus ook al die predestinasieleer met nyd beswaar, belaster God openlik net asof iets ondeurdags Hom ontgaan het wat vir die kerk skadelik is.

5. Predestinasie en die voorkennis van God: die uitverkiesing van Israel🔗

Niemand wat as 'n vroom mens beskou wil word, durf die predestinasie waarvolgens God sommige mense tot die hoop op die lewe aanneem en ander tot die ewige dood veroordeel, doodeenvoudig ontken nie. Maar veral diegene wat (God se) voorkennis die oorsaak daarvan maak, maak dit met baie spitsvondighede Ingewikkeld.24Ons stel beide weliswaar in God, maar ons verklaar dat dit voorbarig is dat die een aan die ander ondergeskik gestel word. Wanneer ons voorkennis aan God toeskryf.25bedoel ons daarmee dat alles altyd onder sy oë was en dat dit voortdurend onder sy oë sal bly, sodat sy kennis geen toekoms of verlede het nie maar dat alles daarvoor teenwoordige tyd is. Dit is inderdaad so teenwoordige tyd dat Hy dit nie alleen met denkbeelde voorstel soos die dinge ons teenkom wat ons verstand in geheue hou nie, maar dat Hy hulIe werklik sien en aanskou asof hulle voor Hom geplaas is. En hierdie voorkennis strek oor die hele wêreld en oor alle skepsels.

Predestinasie noem ons die ewige besluit van God waarvolgens Hy by Homself vasgestel het wat Hy wil hê dat met elke mens moet geskied.26
Want alle mense word nie onder dieselfde toestand geskep nie, maar vir sommige is die ewige lewe en vir ander die ewige verdoemenis voorbestem. Namate elkeen dus vir die een of die ander doel geskep is, sê ons dat hy of vir die lewe of vir die dood voorbestem is. God het dit trouens nie alleen in mense afsonderlik getuig nie maar 'n voorbeeld hiervan in die hele nageslag van Abraham gegee, sodat daaruit duidelik sou word dat dit in sy goeddunke geleë is wat die toestand van elke volk sal wees. Toe die Allerhoogste die volke verdeel en die kinders van Adam van mekaar geskei het, was die Israeliete sy deel en die snoer van sy erfenis.27 Hier is die afsondering vir almalom te sien. In die persoon van Abraham wordsoos in 'n droë stomp een volk in besonder uitverkies en ander volke verwerp. Die rede hiervoor kom inderdaad nie aan die lig nie behalwe dat Moses leer dat hulle slegs in God se onverdiende liefde bo ander uittroon om daardeur alle stof tot roem van sy nageslag weg te neem. Die rede vir hulle verlossing skryf hy tewens daaraan toe dat God hulle vaders liefgehad het en hulle saad na hulle uitverkies het.28 In 'n ander hoofstuk stel hy dit nog uitdrukliker: "Nie omdat julle ander volke in getalle oortref het, het Hy 'n welgevalle in julle gehad om julle uit te kies nie, maar omdat Hy julle liefgehad het" .29Dieselfde vermaning word baie dikwels by hom herhaal: "Kyk, die hemel, die aarde en alles wat daarop is, behoort aan die Here, jou God. En slegs in jou vaders het Hy 'n welgevalle gehad en Hy het hulle liefgehad en Hy het julle, hulle saad, uitverkies" .30Net so word elders heiligmaking aan hulle voorgepas skryf omdat hulle as 'n besondere volk uitverkies is.31En elders word weer eens verklaar dat sy liefde die oorsaak van sy beskerming is.32Dit verkondig gelowiges ook eenstemmig: "Hy kies vir ons ons erfdeel uit, die heerlikheid van Jakob wat Hy liefgehad het."33Want die gawes waarmee hulle deur God versier is, skryf hulle alles aan sy onverdiende liefde toe - nie alleen omdat hulle geweet het dat hulle dit met geen verdienstes verwerf het nie maar ook dat selfs nie eens hulle aartsvader hierdie deug gehad het om vir homself en vir sy nageslag so 'n groot voorreg van eer te verwerf nie. En om al hulle hooghartigheid nog kragtiger te verbrysel verwyt hy hulle dat hulle so iets nie verdien het nie aangesien hulle 'n halsstarrige en hardnekkige volk is.34Die profete werp die jode hierdie uitverkiesing dikwels tot hulle skande en oneer voor die kop omdat hulle skandelik daarvan afgewyk het. 35Hoe dit ook al sy: laat diegene nou na vore kom wat God se uitverkiesing öf aan die mens se waardigheid öf aan die verdienstes van sy werke wil verbind.36Sal hulle, ten spyte daarvan dat hulle sien dat een volk bo alle ander volke gestel word, en ten spyte daarvan dat hulle hoor dat God in geen opsig daartoe gebring is om tot hierdie klein en onaansienlike en verder selfs ook verkeerde en ongehoorsame volk geneë te wees nie, nog met Hom twis omdat Hy so 'n bewys van sy barmhartigheid wou gee? En tog sal hulle met hulle weerbarstige woorde God se werk nie  verhinder nie, en al gooi hulle ook die klippe van hulle skelwoorde ten hemele, sal hulle sy geregtigheid nie tref of skade aandoen nie, inteendeel, dit sal eerder op hulle eie koppe terugval.

Ook wanneer hulle aan God dank moet betoon of wanneer hulle hoop vir die toekoms moet skep, word die Israeliete na hierdie beginsel van die genadeverbond37 teruggeroep. So sê die profeet byvoorbeeld: "Hy het ons gemaak en nie ons self nie, ons is sy volk en die skape van sy weiding" .38 Die ontkenning en nie ons selfnie wat bygevoeg word om ons uit te sluit, is nie oorbodig nie maar is bygevoeg sodat hulle kan weet dat God nie alleen die Gewer van alle goeie dinge waarin hulle uitmunt, is nie maar dat Hy die rede daarvoor uit Homself geput het omdat daar in hulle niks was wat so 'n groot eer waardig was nie. Met die volgende woorde beveel hy hulle om met God se loutere welbehae tevrede te wees: "Saad van Abraham, sy kneg, kinders van Jakob, sy uitverkorenes!''39En nadat hy die voortdurende weldade van God as die vrug van hulle uitverkiesing opgenoem het, sluit hy eindelik af daarmee dat God so milddadig gehandel het omdat Hy sy verbond onthou het.40Die lied van die hele kerk stem ook met hierdie leer ooreen: "U regterhand en die lig van u aangesig het die land aan ons vaders gegee omdat U 'n welbehae in hulle gehad het" .41Ons moet trouens daarop let dat waar die land vermeld word, daarin 'n sigbare teken van die verborge afsondering is waarin hulle aanneming vervat is. Elders spoor Dawid die volk tot dieselfde dankbaarheid aan: "Geluksalig is die VOlK wie se God die Here is, die volk wat Hy tot 'n erfenis vir Hom uitverkies het" .42Samuel bemoedig hulle inderdaad: "God sal julle om sy groot Naam ontwil nie verlaat nie omdat dit Hom behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak".43So bewapen Dawid homself ook tot die stryd wanneer sy geloof aangeval word: "Geluksalig is hy wat U uitverkies het; hy sal woon in u voorhowe".44

Omdat die verkiesing wat in God verborge is, egter deur die eerste sowel as deur die tweede verlossing en die ander weldade wat tussenbeide kom, bekragtig is, word die woord verkies deur Jesaja ook daarop oorgedra.45"God sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies" .46Hy dui immers op die toekoms en së dat die versameling van die oorgeblewe volk wat Hy skynbaar verwerp het, 'n teken sal wees van sy vaste en sekere verkiesing wat skynbaar meteens verdwyn het. Ook wanneer elders gesê word: "Ek het jou uitverkies en jou nie verwerp nie" ,47prys Hy die voortgesette gang van die uitsonderlike vrygewigheid van syvaderlike goedertierenheid aan. Die engel by Sagaria stel dit nog duideliker: "God sal jerusalem nog verkies" .48 Dit is asof Hy hom deur sy baie gestrenge teregwysing verwerp het of asof die ballingskap 'n onderbreking van hulle uitverkiesing was. Dit bly nogtans ongeskonde al sou die tekens daarvan nie altyd duidelik na vore kom nie.

6. Maar ook uit Israel het God sommiges uitverkies en ander verwerp🔗

Hierby moet ons 'n tweede graad uitverkiesing byvoeg wat beperkter is of waarin God se meer besondere genade sigbaar is, want uit dieselfde geslag van Abraham het God sommiges verwerp en getoon dat Hyander onder sy kinders hou deur hulle in sy kerk te koester. Ismael het aanvanklik dieselfde graad as sy broer Isak gekry omdat die geestelike verbond net sowel in hom deur die teken van die besnydenis beseël is.
Hy word verwerp, daarna ook Esau en uiteindelik 'n ontelbare menigte en amper die hele Israel. In Isak is die saad geroep, en dieselfde roeping het ook in Jakob voortgeduur. Deur Saul se verwerping het God 'n dergelike voorbeeld gegee soos ook skitterend in die psalm verkondig word: "Hy het die stam van josefverwerp en die stam van Efraim nie uitverkies nie, maar Hy het die stam van juda uitverkies" .49En die heilsgeskiedenis herhaal dit ook telkens om in hierdie verandering die wonderbaarlike geheimenis van God se genade beter te laat blyk. Deur hulle eie gebrek en skuld, erken ek, het Ismael, Esau en dergelikes van hulle aanneming afvallig geword, want die voorwaarde is aan hulle gestel dat hulle God se verbond getrou moes eerbiedig, maar hulle het dit troueloos geskend. Dit was nogtans 'n besondere weldaad van God dat Hy Hom verwerdig het om hulle bo ander volke te stel. In die psalm word byvoorbeeld gesê: "So het Hy nie aan ander volke gedoen nie, en sy oordele het Hy nie aan hulle geopenbaar nie" .50

Die feit dat ons hier op twee grade van uitverkiesing moet let, het ek nie sonder rede gesê nie, want reeds in die uitverkiesing van 'n hele volk het God getoon dat Hy in sy loutere vrygewigheid deur geen wette gebind word nie maar dat Hy vry is, sodat ons glad nie van Hom 'n gelyke verdeling van sy genade moet eis nie. juis hierdie ongelykheid toon aan dat dit selfvry is. Daarom vergroot Maleagi Israel se ondankbaarheid nie alleen omdat hulle uit die hele mensdom uitverkies is nie maar ook omdat hulle uit 'n heilige huis as sy eiendom afgesonder is en omdat hulle God, so 'n milddadige Vader, troueloos en goddeloos minag. Hy sê: "Was Esau nie jakob se broer nie? En tog het ekjakob liefgehad, maar Esau het Ek gehaat" .51Hoewel albei uit die heilige vader gebore is en elkeen van hulle 'n opvolger van die verbond; kortom: hoewel beide 'n tak van die heilige wortel was, neem God nogtans as vas en seker aan dat die kinders van Jakob nie weinig aan Hom verskuldig was nie, omdat hulle tot so 'n waardigheid aangeneem is. Maar aangesien Esau, die eersgeborene, verwerp is, en hulle vader die een wat van nature die mindere was, erfgenaam gemaak het, kla Hy hulle van dubbele ondankbaarheid aan en kla dat hulle nie deur die dubbele band teruggehou is nie.

7. Die uitverkiesing is in Christus volbring🔗

Hoewel dit nou reeds duidelik genoeg is dat God volgens sy verborge raadsplan diegene vry uitverkies wat Hy wil, en ander verwerp, is sy genadige uitverkiesing nog maar net halfpad verduidelik totdat ons by elke mens afsonderlik kom aan wie God nie alleen die saligheid aanbied nie maar dit ook so beseël dat die sekerheid van die gevolge daarvan nie onseker oftwyfelagtig is nie.

=Hulle word gereken in daardie enige saad waaraan Paulus ons herinner.53Hoewel die aanneming immers in Abraham se hande gelaat is, is daar nogtans baie van sy nakomelinge as verrotte ledemate weggesny. Om die uitverkiesing egter kragtig en waarlik bestendig te laat wees moet ons opstyg tot die Hoof, in wie die hemelse Vader sy uitverkorenes versamei het en met 'n onbreekbare band aan Hom verbind het. So het die milddadige guns van God wat Hy ander ontsë het, wel in die aanneming van Abraham se geslag geblink.
In Christus se lede skitter die krag van sy genade veel voortrefliker omdat diegene wat in hulle Hoof ingelyf is, nooit van hulle saligheid afvallig word nie. Na aanleiding van die verwysing uit Maleagi wat ek so pas aangehaal het.54redeneer Paulus dus verstandig dat, wanneer God die verbond van die ewige lewe sluit en Hy 'n volk daarmee na Hom toe nooi, daarin in een opsig 'n besondere manier van uitverkiesing aanwesig is, naamlik dat Hy nie almal sonder onderskeid uit genade kragdadig uitverkies nie. Dat daar gesê word: "Jakob het ek liefgehad",  het betrekking op die hele nageslag van die aartsvader wat die profeet daar teenoor Esau se nakomelinge stel. Dit verhinder nogtans nie dat 'n bewys55.van die uitverkiesing in die persoon van een mens aan ons voorgehou is wat nie kan verdwyn sonder om sy eindpunt te bereik nie.
Paulus merk nie sonder rede op dat hulle56oorblyfsels genoem word nie.57Ervaring toon immers dat uit 'n groot menigte die merendeel vergaan en verdwyn, sodat daar baie dikwels slegs 'n klein deeltjie oorbly.

Die rede daarvoor dat die algemene uitverkiesing van 'n volk nie altyd vas bekragtig is nie, is voor die hand liggend: dit is naamlik dat God nie dadelik aan diegene met wie Hy 'n verbond sluit, die Gees van wedergeboorte gee deur wie se krag hulle tot die einde toe in die verbond kan volhard nie. Die uitwendige verandering sonder die innerlike werking van die genade wat die krag het om hulle aan die verbond te hou, is egter iets wat midde tussen die verwerping van die mensdom en die uitverkiesing van 'n klein aantal godvrugtiges staan.
Die hele volk Israel is God se erfdeel genoem58Baie van hulle was egter buitestaanders. Omdat God egter nie verniet die verbond gesluit het dat Hy hulle Vader en Verlosser sal wees nie, rig Hy sy oë eerder op sy onverdiende guns as op die ontroue afvalligheid van baie deur wie sy waarheid ook nie tot niet gemaak is nie. Omdat Hy egter daarin vir Homself 'n oorblyfsel be hou het, was dit duidelik dat sy roeping sonder berou was.59Die feit dat God immers uit die kinders van Abraham eerder as uit onheilige volke vir Hom 'n kerk versamei het, berus daarop dat Hy sy verbond in ag geneem het omdat dit deur die menigte geskend is en Hy dit tot 'n handjievol beperk het sodat dit nie heeltemal tot niet moes gaan nie. Kortom: daardie algemene aanneming van Abraham se saad was 'n sigbare beeld van 'n groter weldaad wat God sommiges uit vele waardig geag het. Dit is die rede waarom Paulus die kinders van Abraham na die vlees so noukeurig van die geestelike kinders onderskei wat soos Isak geroep is.60 Dit beteken nie doodeenvoudig dat om 'n kind van Abraham te wees 'n saak sonder betekenis en vrug was nie - dit is trouens iets wat nie sonder belastering van die verbond gesê kan word nie 61-, maar omdat God se onveranderlike raadsplan waarvolgens Hy diegene voorbestem het wat Hy wou, uiteindelik op sigself eers tot saligheid vir hulle nakomelinge kragtig was.

Ek vermaan my lesers egter om nie in enige opsig bevooroordeeld te wees voordat ek Skrifgetuienis gelewer het sodat dit duidelik kan wees wat hulle gevoel hieroor moet wees nie. Ons sê dus wat die Skrif duidelik aantoon, naamlik dat God volgens sy ewige en onveranderlike raadsplan eenmaal vasgestel het wie Hy eenmaal tot die saligheid wil aanneem en wie Hy aan die ander kant aan die verderf wil uitlewer. Ons verklaar dat hierdie raadsplan sover dit die uitverkorenes aangaan, in sy onverdiende barmhartigheid gegrond is sonder enige inagneming van die mens se waardigheid. Ons verklaar ook dat die toegang tot die lewe  vir diegene wat Hy inderdaad aan die verdoemenis uitlewer, volgens sy oordeel wat wel regverdig en onberispelik maar onbegryplik is, afgesluit word. Verder bepaal ons tewens dat hulle roeping in die geval van die uitverkorenes 'n getuienis van hulle uitverkiesing is. Voorts sê ons dat die regverdigmaking die tweede teken is waarop dit aan hulle geopenbaar word totdat hulle die heerlikheid bereik waarin die vervulling daarvan geleë is. Soos die Here egter sy uitverkorenes deur hulle roeping en regverdigmaking merk, so maak Hy ook aan die verworpenes öf deur hulle van die kennis van sy Naam öfvan die heiligmaking van sy Gees uit te sluit, asof dit met tekens is, bekend hoedanig die oordeel is wat op hulle wag. Hier sal ek by die vele verdigsels verbygaan wat dwase uitgedink het om die predestinasie omver te werp. Hulle het immers nie 'n weerlegging nodig nie, omdat hulle eie valsheid hulle voldoende aan die kaak stel sodra hulle aan die lig gebring word. Ek sal my slegs besig hou met die vraagstukke waaroor daar onder geleerdes getwis word of wat vir eenvoudiges probleme kan oplewer of wat goddeloosheid aanskoulik voorhou om God se geregtigheid te beledig.

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Brasmus, De lib. arb. (OOE 9:1215 -1248); Pighius, De lib. arb.7: fo. 114 e.v.; Actes du procès ... à J Bolsec (OC 8:145).
  2. ^ Marg. Rom. 11.a.5; vgl. ook vers 6, oe 49:256·257 en Thomas se vertolking hiervan in sy Summa Theol. 1,2.114.5 (Marietti 2:599).
  3. ^ Marg. Ioban. l0.e.25 (recte: Joh. 10:28 - 29). Vgl. OC 47:248 - 249.
  4. ^ Dit hou God se vrye barmhartigheid, sy heerlikheid en ons ootmoed in (vgl. Pannier, Inst. 3:293 en 294); aan die ander kant lewer die predestinasieleer die versekering dat God absoluut soewerein is; dat gelowiges die saligheid uit louter genade en nie deur die verdienste van hulle werke verkry nie en dat gelowiges verseker kan wees van hulle saligheid. Calvyn se opvatting is nie predestinasiesentries nie maar bly Christosentries; die voorbestemming van gelowiges tot saligheid is die uitvloeisel van die geloof alleen in die absolute soewereiniteit van God en in die soenverdienste en die genade van Christus as Middelaar waarin predestinasie nie die vertrekpunt nie maar die eindpunt is.
  5. ^ Marg. Serm. in Can. 78; Bernardus, In cant. sermo 78.4 (MPL 183:1161).
  6. ^ Die stelling het klaarblyklik betrekking op Zwingli. Dit is reeds in die 1539-uitgawe van die Institusie opgeneem na die verskyning van Zwingli se De providentia, waarin hy hoofsaaklik die predestinasie behandel het . 'n werk wat vir Calvyn vol onaanvaarbare harde paradokse was (OC 14:253). Bolsec het hom in 1551 op hierdie werk beroep soos uit 'n brief van Bullinger aan Calvyn blyk (OC 14:215 Ep. 1565).
  7. ^ Die beeld van 'n doolhof, 'n labirint en 'n afgrond kom baie dikwels by Calvyn voor. Vgl. o.a. sy Com. in Rom. 9:14: Est enim praedestinatio Dei uere labyrintbus, unde bomtnis ingenium nullo modo se explicare queat (OC  49:180): Want die predestinasie van God is waarlik 'n doolhof waaruit die mens se verstand hom glad nie kan loswikkel niet sy Com. in Ephes. 1:4: Ubi sunt qui praedestinationis doetrinam horrent ac fugiunt, tanquam inextracibtlem labyrintbum, imo qui non modo inutüem, sed prope noxiam existimauerunt? (OC 51:148): Waar is nou diegene wat van die predestinasieleer terugdeins en daarvan wegvlug asof dit 'n doolhof sonder uitweg is; ja, wat hierdie leer nie alleen as waardeloos nie maar bykans as skadelik beskou? Vgl. ook sy preek hieroor in OC 51:259 e.v. (veral 261: c 'est un abysme trop profond. que ton conseil, nul ne Iepeut raconter) en sy preek oor 1 Sam. (OC 30:438): Si velimus ex humanae rationis sensu inquirere ... certum est nos in labyrinthum ex quo non detur exitus casuros... - as ons dit na aanleiding van die gevoel van die menslike rede wou ondersoek, is dit seker dat ons in 'n labirint sal verval waaruit geen uitkoms ons gebied sal word nie.
  8. ^ Marg. Iohan. 8.d.26 (recte 1561: Johan. 16.b.12). Vgl. OC 47:361 - 363.
  9. ^ Marg. August. homil. in Iohan. 53 (recte:35). Vgl. Augustinus, In Ioan. ev. Tract. 53.7 (MPL35:1777).
    Hierdie verwysing staan verkeerd hierbo voor die Johannesverwysing
  10. ^ Docta ignorantia. Die uitdrukking het by Augustinus ontstaan, wat dit aanvul: docta tgnorantia, sed docta Spiritu Dei (geleerde onkunde maar geleer deur die Gees van God); vgl. sy Bp. (Ad Probam) 130.15.28 (MPL 33:505).
  11. ^ Marg. Prov. 25.d.27. In die 1539-uitgawe is dit: Hy wat die majesteit ondersoek, word deur die heerlikheid daarvan onderdruk; vgl. ook 1536,1.88; OAV: Om baie heuning te eet is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur is 'n eer; NAV:Om te veel heuning te eet, is nie goed nle, ook nie om eer te bly soek nie.
  12. ^ Calvyn verwys waarskynlik na Melanchthon en die amptenare van Bern wat verkies het dat die predestinasieleer liewer nie bespreek word nie. Vgl. Melanchthon, Loci com. 1535 (CR 21:452). Zwingli het selde indien ooit in sy preke hiervan melding gemaak. Bucer weer was dit met Calvyn eens dat dit 'n besendere aspek van die geloofsleer is waaroor gelowiges sekerheid moes hë. Vgl. sy Enar. in ev. 1536:672: Satis constat illos nescire quid dicant, qut negant ista (i.e, praedesttnationem) palam praedicanda: Dit is duidelik genoeg dat diegene wat së dat daar nie oor die predestinasie gepreek moet word nle, nie weet wat om te sê nie.
  13. ^ Calvyn sowel as Bueer het hulle volkome afhanklikheid van die Skrif, nie net vir kennis in verband met die predestinasie nie, deurgaans sterk beklemtoon. So skryf Calvyn byvoorbeeld nederig aan Socinus: As iemand dit ooit gedoen het, dan het ek ten minste altyd van paradokse teruggedeins en slim redenasies het my nooit geval nie. Niks sal my ooit verhinder om eerlik te verkondig wat ek uit God se Woord geleer het nie. In hierdie Leermeester se skool word immers niks anders as wat vir ons voordelig is, geleer nie. Dit is en sal altyd vir my die enigste maatstaf van wysheid wees, naamlik om met die eenvoudige leer daarvan tevrede te wees: Ego certe, si quis alius, semper a paradoxis abborrui et argutiis mintme delector. Sed nihil me unquam impediet quin profitear ingenue quod ex Dei verbo diaiet. Nihil in eius magistri schola nisi utile traduur. lila mtbi unica est,perpetuoque futura est, sapiendi regula: in simpliet eius doctrina acquiescere (Ep. 1578 OC 14:230). Bucer gee dieselfde opvatting weer in sy Metapbr. epist. Pauli 1536:399: Quae praecipit nobis (Deus) atque consulit, ea debemus simpliciter amplecti, nusquam tnquirere vel eausom eorum quae jubemur, ultra eas quas Deus ipse verbo suo explicat, vel etiam congruenttam eorum cum aliis eius factis et dictis. Wat God ons voorskryf en wat Hy in ons belang ag, moet ons doodeenvoudig aanvaar, en nêrens soek of na die oorsaak van dinge wat ons beveel word, met uitsondering van die wat God self in sy Woord aan ons verduidelik, of na die ooreenstemming van die dinge met sy ander handelwyses en woorde nie.
  14. ^ Fr. 1541 e.v.: + ces bonnes gens dont nous avons parlë (Benoit 3:408 - 409).
  15. ^ Marg. Provo 25.a.2 (Spr. 25:2).
  16. ^ Marg. Deut. 29.d.29.
  17. ^ Fr. 1541 e.v.: + les mescbans et blaspbêmateurs (Benoit 3:409).
  18. ^ Vgl. Inst. 1.14.1 (Afr. vert. 1:258 - 260).
  19. ^ Marg. Cap. 15. usque ad20. Vgl.Augustinus, De dono perseverantiae 15- 20 (MPL45:1016e.v.)j Melanchthon, Loci com. (CR 21:330 . 332,450 - 453).
  20. ^ Marg. De bono persever. cap. 14. Vgl. Augustinus, De dono perseverantiae 14 - 20 (MPL 45:1013 1026).
  21. ^ Vgl. Inst. 3.23 (Afr. vert. 3: 1191 - 1211) hieronder.
  22. ^ Marg. Lib. 5. De Gene. ad literam. Vgl. Augustinus, De Genesi ad litteram 5.6 (MPL 34:323).
  23. ^ Die verwysing is waarskynlik eerder gemik op die raad van Bern wat die raad van Genève in 1551 versoek het om die bespreking van die predestinasieleer te staak omdat dit nie tot die rus en vrede van die kerk bydra nie (ÓC 8:240 e.v.).
  24. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 4: fo. 64b e.v.; 9.2: fo. 159b; Inst. 3.22.1 - 8; 3.23.6 (Afr. vert. 3: 1172 - 1185; 1198 - 1200) en Wendel, 271.
  25. ^ Calvyn onderskei duidelik tussen predestinasie en voorkennis anders as Bucer wat die twee as een beskou; vgl. Bucer, Metapbrases ep. Pauli 1536, p. 355. Vgl. ook Calvynse preke oor Jakob en Esau (OC 58:39 - 41): Beaucoup de canailles n 'osentpas nierplat et court, l'êlection de Dieu, ils veulent qu 'il y ait une cause supérieure, c 'est assavoir sa prescience ... car il cognoist Ie bien qui n y est pas encore, mais qui y doit estre. Or telles gens n 'ont pas une goutte de crainte de Dieu '" Si cela est, il s'ensuit que Dieu n 'a rien prëueu en nous ... Car Dieu il ne voit en nous que corruption...qu 'il n 'est question de rien mettre en avant de nostre costë...comme si nous aoions quelque valeur etäignitë en nous. C'Slnon liJ 1Ifaudroit faire partage, et saootr ce qui seroit à Dieu et ce qui seroit à l'homme. Et alors on pourroit dtre, que nous n 'auons pas Ie tout de la miséricorde de Dieu ... Vgl. Wendel, 272 e.v. vir die verband tussen predestinasie en God se voorkennis.
  26. ^ Vgl. Inst. 3.7 (Afr. vert. 3:883 - 896) hierbo en Wendel, 211 e.v.
  27. ^ Marg. Deut. 32.b.8. Vgl ook Deut. 32:9. OAV:Want die Here se deel is syvolk, Jakob is syafgemete erfdeel; NAV: Hulle is die Here se volk, sy deel, Jakob is die Here se vaste eiendom.
  28. ^ Marg. Deut. 4.f37
  29. ^ Marg. Deut. 7- b.8. Vg1. ook vers 7.
  30. ^ Marg. Deut. 10.c.14. Vgl. ook vers 15.
  31. ^ Vgl. Deut. 7:6 . 8.
  32. ^ Marg. Deut. 23.a.5. Vgl. Deut. 23:5 Vg.
  33. ^ Marg. Psal. 47.a.5. Vgl. OC 31:468 . 469.
  34. ^ Marg. Deut. 9.b.6.
  35. ^ Vgl. Amos 3:2. Fr. 1560: + par leur ingratitude (Benoit 3:412).
  36. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 7: fo. 117a; 8.2: fo. 136b.
  37. ^ Vgl. Inst. 1.6.1; 2.10.1; 3.14.6; 3.17.6 (Afr. vert. 1:149·150; 2:570 - 571; 3:985 - 986; 1027 - 1029) en afdelings 6 en 7 hieronder.
  38. ^ Marg. Psal. 95.b. 7 (recte:Ps. 100':3). Vgl. oe 32:55.
  39. ^ Marg. Psal. 105.a.6. Vgl. OC 32:100.
  40. ^ Vgl. Ps. 105:42 en OC 32:114.
  41. ^ Marg. Psal. 44.a.4. Vgl. OC 31:438 - 439.
  42. ^ Marg. Psal. 33.c.12. Vgl. OC 31:330.
  43. ^ Marg. 1. Sam. 12. d.22.
  44. ^ Marg. Psal. 65.a.5. Vgl. OC 31:605 - 606.
  45. ^ Fr. 1560: Le mot d'Elire s'applique quelque fois à ces tesmoignages patens, qui toutesfois sont au dessous de l'ëlection. Comme en Isaie (Benoit 3:413).
  46. ^ Marg. Iesa. 14.a.l. Vgl. OC 36:272 . 273.
  47. ^ Marg. Iesa. 41.c.9. Vgl. oc 37:40 - 41.
  48. ^ Marg. Zach. 2.d.12.
  49. ^ Marg. Psal. 78.g.69 (recte: Ps. 78:67, 68). Vgl. OC 31:743 - 745.
  50. ^ Marg. Psal. 47.d.20 (recte: Ps. 147:20).
  51. ^ Marg. Malach. 1.a.2. Vgl. ook vers 3
  52. ^ Calvyn dring besonder sterk aan op die sekerheid wat gelowiges as lede van Christus oor hulle saligheid moet hë. In sy kommentaar oor 1 Kor. 1:9 së hy byvoorbeeld: Dit kom kortliks hierop neer: dat dit 'n kenmerk van Chrlstellke eerlikheid is om goeie hoop te koester vir almal wat tot dusver op koers gegaan en die reguit pad van saligheid betree het al sou hulle ook nog deur baie kwale omgewe wees. Elkeen van ons behoort trouens sedert die stadium waarin hy deur die Gees van God verlig is om Christus te ken, met sekerheid daaruit af te lei dat hy deur die Here aangeneem is om die ewige lewe te beërf, Want 'n kragtige roeping behoort vir gelowiges getuienis van God se aanneming te wees. Intussen moet almal egter met vrees en onrus wandel ... Wanneer 'n Christen sy oë op homself rig, het hy niks anders as rede om te beef of eerder te wanhoop nie. Omdat hy egter tot die gemeenskap met Christus geroep is, behoort hy nie anders van homself te dink wanneer dit om sy vertroue op sy sallgheid gaan, as oor 'n lid van Christus nle, naamlik om al Christus se eiendom ook syne te maak. So sal hy ontwyfelbare hoop op doélgerigte volharding soos die uitdrukking lui, bewerk as hy daaroor nadink dat hy'n lid van Christus is wat sonder gevaar van afvalligheid is (OC 49:312 . 313).
  53. ^ Vgl. Rom. 9:7 - 8; Gal. 3:16, 19,20. Vgl. OC 49:176; OC 50:211 - 213, 214 . 217.
  54. ^ Vgl.Mal. 1:2 e.v.
  55. ^ Fr.: miroir (Benoit 3:415).
  56. ^ Fr. 1560: + qui appartiennent au corps de Iesus Christ (Benoit 3:415).
  57. ^ Vgl. Rom. 9:27; 11:5; Jes. 10:22 - 23. Vgl. OC 49:190 . 191, 214.
  58. ^ Vgl. o.a. Deut. 32:9; 1 Kon. 8:51; Ps. 28:9; 33:12 en OC 31:285 - 286.
  59. ^ Vgl. Rom. 11:29 en OC 49:228 . 229.
  60. ^ Vgl. Gal. 4:28 en OC 50:240.
  61. ^ Fr. ce qut ne se peut dire sans faire inture à l'aütance de salut, de laquelle ils estoyent bëritiers quant à la promesse (Benoit 3:416).