Bron: De Reformatie. 3 bladsye.

Kontrole

skepe

Speurend kyk Sarel deur die venster ondertoe. Die see was rustig. Kilometers ver kon hy oor die waters kyk. Onder hom lê die Noordsee. Vir die laaste keer vlieg hy oor die skeepvaartroete. Hy is amper klaar vir die dag. Dit bly vir hom ‘n pragtige gesig: al die skepe wat hulle weg probeer vind deur die water. Vir ‘n oomblik was die skepe op dieselfde roete, maar hulle bestemming kon hemelsbreed verskil.

Dit was sy taak om die skepe dop te hou. Meer spesifiek: om daarop te let dat daar nie onwettige dinge gebeur nie. Olielekke of -vrylatings. Of gemors, wat sommer gemakshalwe oorboord gegooi word. Vandat hulle kort gelede die kontrole verskerp het, het hulle al heelwat onwettige praktyke opgetel. Maar dit bly frustrerend: hierdie olielekke waardeur honderde voëls op see ‘n afgryslike dood sterwe. Om nie eers verder te dink oor die beskading aan die omgewing nie.

So op die eerste gesig lyk dit soos ‘n idilliese prentjie daar onder hom. Maar sy werk het hom in die loop van die jare agterdogtig gemaak. Hy het maar net te goed geweet dat die kapteins hier onder hom almal maar die neiging het om hulle eie of hul ekonomiese belange die voorrang te gee. Nee, as die see so kalm is probeer hulle meestal nie vreemde dinge nie. Maar sodra die waters ‘n bietjie woeliger word gryp hulle hul kans aan. Natuurlik in die hoop dat die spoor sommer al vinnig deur die wind en die golwe uitgewis sal word.

Betrap!🔗

Dit was sy taak om die sein deur te gee. Die vliegtuig was vol met tegniese apparate. Selfs snags kon hulle met infra-rooi kameras die olievlekke optel. Elke verdagte waarneming word opgeskryf in die boek. Ander instansies neem die saak dan verder, vanuit die aantekeninge wat hy in sy boek gemaak het. Hulle gaan in op die bewysvoering om die daders vas te trek.

Hulle werk word meestal in stilte gedoen. Slegs die heel grofste oortredings haal die nuus. ‘n Duidelik aanwysbare oliespoor. Of honderde besmeerde voëls.

Hy dink reëlmatig aan God. 

Sou Hy ook so vanuit die lug Sy waarnemings doen? Nee, hi-tech en infrarooi apparate het die HERE nie nodig nie. Maar aanhoudende oortredings en onwettige praktyke van mense optel, dit gebeur tog wel. Sy alles-siende oë — ‘n vergrote satellietfoto of ‘n infrarooi-film is niks in vergelyking daarmee nie. En God is ongetwyfeld nog baie meer agterdogtig as hy. As Iemand verstaan dat ‘n mensehart van nature net kwaad en gif produseer, dan was dit verseker Hy!

Jy dink nog dat jy later behou die hawe sal inloop. Maar dan word jy daar met ‘n meters dik dossier gekonfronteer. En dit blyk dat alle mooi en slagte dinge daarin bygehou is. Selfs die onwettige praktyke wat jy in die nagtelike donker uitgevoer het, is haarskerp opgetel en opgeskryf. Net die gedagte alleen ...  Sy keel voel asof dit opnuut wil toeknyp. So ‘n vooruitsig haal immers die glans van die vergewing af. Hoe kon jy so ooit verlang na die terugkeer na Jesus toe? Elke mens het tog onwettige gif aan boord, hoe goed jy ookal jou bes doen om vir die HERE te lewe? En in die Bybel mag êrens staan dat God ons ongeregtighede in die diepsee gooi,  maar wat help dit jou as Hy dit later net weer alles bo water sou haal?

Angs 🔗

Aan die horison begin die aandlug al sigbaar word Teen die tyd wat hy aan land sal gaan, sou dit nét donker geword het. Ironies: die angs kleur sy toekomsbeeld al donkerder.

So ‘n voorbeeldige mens was hy nog nooit gewees nie. As kind al het hy ‘n sterk eie willetjie gehad, volgens sy ma. Op skool het hy gereeld teen die draad in gegaan. Onbeskof. In sy laat tienerjare het hy gereeld probleme veroorsaak. Uitgaan. Drink. Af en toe dagga. In die tyd het hy presies geweet wat daar in die wêreld te belewe was.  Trouens, net soos sy vriende in die kerk. En met meisies het hy ook maar losserig mee omgegaan. O ja, hy het kerk toe gegaan. En katkisasie! Meer uit gewoonte, agteraf gesien. Dit moes. Eers deur Maryke se toedoen het hy weer bietjie in die regte spoor beland. Sy het ‘n heilsame invloed op hom gehad. Haar geloof, haar duidelike keuses het hom aangespoor. Dit het hom aan die begin geïrriteer, so vroom soos wat sy kon praat. Stadig maar seker het dit hom begin boei. Hy het al hoe meer met haar begin praat. Op ‘n gegewe oomblik het hulle saam ‘n gesprek gehad met hulle ouderling. Alles het na vore gekom. Die gebed om vergewing daarna het hom aangegryp. So asof die gelykenis van die verlore seun oor hom gespoel het!

angstig

En tog: hy voel nog reëlmatig die angs. Daar word eintlik maar min oor gepraat. Ja, vroeër op katkisasie het hy soms agtergekom dat party leeftydsgenote ook daarmee geworstel het. Hy het daaroor gelag: waaroor ontstel hulle hul so? Die gevoel van minderwaardigheid, van telkens tekortskiet, dit was mos net ‘n leeftydsverskynsel? Jy ontgroei dit mos weer? So het hy gedink. Dus nie! Dit kom hy nou agter.

Verklaar?    🔗

Vir die soveelste keer ontdek hy hoe nuttig dit is as jy die Kategismus uit jou kop uit geleer het. Dit is alweer ‘n goeie twintig jaar gelede. Vergewe beteken dat ‘God nooit meer aan al my sondes wil dink nie en selfs nie aan my sondige aard nie’. Vir ‘n lang tyd kon hy dit nie laat rym met die teks uit die Bybel: ‘die mens sal rekenskap moet gee van elke woord wat hy gespreek het’, nie. Wat is dit nou: vergewe en vergeet?  Of: van elke sinlose woord, wat God as ‘t ware met sy verfynde afluisterapparaat gehoor het en in sy boek neergeskryf het, rekenskap gee? Afskuwelik! En dit staan daar! Elke verkeerde woord. Elke skewe grap. Elke skeldwoord. Elke opmerking om indruk te maak op meisies. Waar is die begin en waar die einde van dit alles?

Sou dit so bedoel wees?

Die verhaal gaan oor die situasie waarin Jesus beskuldig word (Matt 12:22 ev.).  Die Fariseërs kon dit nie ignoreer nie: Jesus was dié Man van God. Hemelse kragte word sigbaar. Goddelike gesag kom op hulle af. Maar hulle begin dit alles aan die duiwel toeskryf. Teen hulle beterwete in. Solank hul net nie vir Jesus hoef te buig nie.

‘Van elke ydele woord moet rekenskap gegee word’: dit staan tog baie duidelik in die lig van jou houding teenoor Jesus Christus. Hoe stel jy jou op? Gee jy jou in geloof aan Hom oor? Of maak jy Hom af as onbelangrik? Probeer maar om van laasgenoemde, as Hy in eie Persoon terugkom, rekenskap te gee! Inderdaad: mens kan nie eers daarmee begin nie. Wanneer jy jou hier op aarde van Jesus vervreem het, staan jy op die jongste dag met ‘n mond vol tande.

Hy kan onder hom net die kuslyn sien. Aan die vliegtuig kan hy voel dat die wind opsteek. Nog ‘n klein tydjie en dan was hy by sy eindbestemming.

Vergewe! 🔗

Sy gedagtes gly verder. Die beeld van die wit klere boei hom al hoe meer (Open 7:9). Daaronder was hy naak. Onbeskermd.  Jy staan as sondaar ontbloot. Maar deur Jesus Christus word jy weer aangetrek. Wit: die kleur van reinheid. In die reg wees — reg voor God. In Christus.

Nee, dit is nie asof God vanuit ‘n vliegtuig alles dophou nie. Maar Hy bekyk tog alles noukeurig vanuit die lug. Jy kan dit amper ‘n selektiewe kontrole noem. Juis as gelowige mag jy elke oomblik jou gemors oorboord gooi. En God laat dit wegsak tot op die seebodem. Niemand mag dit weer opbring nie. Sarel sal nie net-nou in die hawe daarop aangespreek word nie. God het sy eie Seun al daarvoor aangekyk. Die skuld is vereffen. Die straf is gedra. Jou ‘afval en vuilgoed’ is by Hom gedeponeer. Die boek word sterk uitgedun: alle swart bladsye word uitgeskeur. Alle onwettige praktyke word vergewe en vergeet.

gifstorting

‘Om Christus’ wil.’ Hoe maklik kan ons dit so uit gewoonte in ons gebede sê. Maar uiteindelik begin dit tog steeds meer kleur kry in ‘n mens se lewe. Die rooi word al hoe dieper en dieper. God wil nooit meer dink aan ... tensy jy nie jou redding by Jesus Christus soek nie. Dan word jy later by die hawe aangespreek oor jou gifstortings. Jou onwettige praktyke. Dan wel. En geen mens wat dán nog ‘n voldoende verklaring kan gee nie.

Tuis🔗

Net soos die wind begin sy verlange ook opsteek. Eintlik het hy niks om te vrees nie. In die verte doem die ligte van die landingsbaan op. Hy verlang altyd weer na die landing. Die voldane gevoel wanneer die wiele die grond raak en die vliegtuig veilig op die grond staan. Oor ‘n uur kan hy lekker met Maryke praat. Na harde werk was dit goeie rus. Dit kan ‘n mens eintlik mooi vergelyk. Net-nou sal hy veilig by sy Tuishawe aankom. By Jesus. ‘Salig is die dode wat in die Here sterwe; sodat hul kan rus van hulle moeites, en hulle werke volg met hulle’. Sy angs het inmiddels plekgemaak vir verlange. En vir bewondering. ‘Ons, van alle smet ontdaan, sal rein voor Jesus staan.’ Hy sien al uit daarna!