Bron: Wegwijs, 2007. 4 bladsye.

Twee in één - Eenheid van die Ou en Nuwe Testament

Vir jou as Christen is dit belangrik om die Bybel te lees. Dit is immers die woord van God – van die eerste tot die laaste bladsy. Die HERE sê vir ons soveel in die Bybel. Daarom is die Bybel ʼn praktiese boek; en daarom is Bybelstudie ʼn praktiese studie.

Verleentheid🔗

Is die Bybel werklik ʼn praktiese boek? In die Nuwe Testament is dit nie moeilik om te sien waarom dit prakties is nie. Jy kan in amper elke hoofstuk direkte lesse vir jou geloof kry.

Maar die Ou Testament is ʼn ander storie. Wat maak jy met al die verhale? Is daar nie meer voorbeelde van mense se sondes as wat daar voorbeelde is van wat wel gedoen moet word nie? En wat beteken al die wette – is hulle dan nie uitgedien nie?

Baie Christene is verleë met die Ou Testament. Dit bly vir baie ʼn geslote boek. In die laerskool is natuurlik die pragtige verhale vertel oor Noag en Abraham, Josef, Simson en Dawid. Maar baie van dié kennis het al in die geheue weggesak. ʼn Handvol Psalms is populêr, met Psalm 23 bo aan die lys: Die HERE is my herder. En in die profesieë is ʼn paar bekende gedeeltes: Jesaja 53 oor die dienaar van die HERE; en natuurlik Daniël in die leeukuil en Jona in die vis.

Maar beperk baie Christene in die praktyk die lees van die Ou Testament nie tot ʼn seleksie nie? Om maar weer vinnig na die Nuwe Testament te blaai!

Ek wil in hierdie twee artikels wys dat die hele Bybel – van begin tot einde – belangrik is.

Die Ou en Nuwe Testament vorm ʼn eenheid, Jy kan die één nie sonder die ander verstaan nie.

Boodskap🔗

Baie Christene beleef die Bybel as twee aparte boeke: die (moeilike, verouderde) Ou Testament en die (praktiese, aktuele) Nuwe Testament. Ten onregte, want die Bybel is één boek. Tientalle mense het help skrywe, maar uiteindelik is daar maar één outeur: die Heilige Gees. Hy het die Bybelskrywers geïnspireer (2 Timoteus 3:16). Deur sy inspirasie is die Bybel ʼn eenheid, met één boodskap: Jesus Christus.

Die goeie nuus oor Jesus begin nie in Matteus 1, aan die begin van die Nuwe Testament nie. Jesus self het vir die Fariseërs gesê: “... dit is dié [Skrifte] wat van My getuig” (lees Johannes 5:39-40). Dié Skrifte, dit is die Ou Testament. Dit gaan dus reeds daar oor Christus.

Maar dieselfde geld vir die Nuwe Testament. Paulus skryf oor baie onderwerpe in sy briewe, maar hy sê terselfdertyd: “...ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde” (1 Korintiërs 2:2). Van die eerste tot die laaste bladsy van die Bybel is Jesus in beeld. Van Genesis 1, waar God skep deur die Woord (die Seun van God), tot Openbaring 22, waar Jesus sê: “Ja, Ek kom gou.”

Één boek🔗

Mense verskil, en so ook die kulture waarin hulle lewe. Abraham en Moses en Dawid het in ʼn ander tyd en kultuur as ons gelewe. Dit kan tot gevolg hê dat daardie geskiedenisse ver van ons verwyderd is.

Maar mense lyk dikwels ook éénders: wat betref geloof en twyfel, sonde en goedheid, liefde en haat. Mense bly mense.

Maar wat meer is: die HERE wat ons in die Ou Testament ontmoet, verskil nie van ons HERE nie. Ons God is die God van Abraham, Isak en Jakob.

Die Ou Testament gaan op die ou end nie oor al daardie mense nie; hulle is nie die hoofrolspelers in die vele verhale nie. Nee, dit gaan oor God: Hý is in die hoofrol. Dit is Sý mag en Sy sorg wat ons in die Bybel leer ken, Sý liefde en keuse vir mense, Sý regverdigheid en billikheid, Sý ontferming en medelye oor mense in nood, en ook Sý toorn oor sonde en Sý straf.

Christus in die Ou Testament🔗

Die Ou Testament gaan reeds oor Jesus Christus. Dit beteken nie dat elke teks regstreeks op Hom betrekking het en op Hom alleen nie. Die Bybel begin met die glorie van die Skepper, wat spreek en dit is daar. Hy regeer hemel en aarde.

Die sonde beteken ʼn ontkenning van sy oppermag, en ʼn grype na dié mag (julle sal soos God wees, Genesis 3). Maar God wil mense-in-sonde red. Hy maak sy reddingsplan al direk na die sondeval van Adam en Eva in die paradys bekend. Deur die reddingswerk van Jesus word mense weer lojale onderdane van God, en alle vyande word oorwin, tot die laaste vyand, die dood toe. Alles is aan Jesus onderworpe, en “dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees” (1 Korintiërs 15:28).

In die Ou Testament werk God heen na die koms van die Redder, Jesus Christus. In hierdie werk is Jesus, God die Seun, ook aktief: Jesus is in die Ou Testament reeds direk by sy volk betrokke. Hy sorg vir die volk Israel op pad van Egipte na die beloofde land (lees hierby die boeiende en kragtige 1 Korintiërs 10:1-13). Toe die profete oor Jesus geprofeteer het, was dit die Gees van Christus(!) wat in hulle werksaam was (1 Petrus 1:11). Juis vanuit die Nuwe Testament kan ons dit goed verstaan.

Dieselfde geld ook vir ʼn boek soos Spreuke, waar ons praktiese wysheid vind. Dit gee allerlei advies en stof tot nadenke. Ewewel bied Spreuke meer as net 'tips.' Begin die boek nie daarmee dat die begin van alle kennis ontsag vir die HERE is nie (Spreuke 1:7)? En is dit nie juis Jesus wat laat sien wat daardie ontsag beteken nie? Daarom lees ons dan in Kolossense 2:3 dat dit Jesus is “in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.”

Eenheid🔗

Dit is belangrik om vas te hou aan die eenheid van God se werk – in die Ou Testament en die Nuwe Testament. Anders beland jy op ʼn dwaalspoor. Mens kan die Ou Testament net goed verstaan in die lig van die Nuwe Testament. ʼn Voorbeeld van so ʼn dwaalspoor is die Jodedom.

Baie Christene dink die Jodedom is iets soos die Christendom, maar sonder Jesus as messias. Ons het die Ou Testament in gemeen. Ja, maar hoe verklaar mens die?

In die Jodedom staan die Ou Testament (of Tenach, soos hulle dit noem) nie op sigself nie. Die Tenach word uitgelê binne die kader van die Talmoed. In die Talmoed is besprekings en kommentare van rabbyne uit die eeue aan die begin van ons jaartelling opgeneem. Baie daarvan gaan oor die toepassing van die wet (Tora). Die vraag ‘hoe moet jy leef’ beklee (naas die lofprysing van die Allerhoogste) ʼn sentrale plek.

Dit val buite die bestek van hierdie artikel om breed hierop in te gaan. Ek sal net ʼn uitspraak van Paulus in 2 Korintiërs 3:13-16 oor die Joodse lesing van die Ou Testament aanhaal. Hy skryf daar oor Moses “wat ʼn bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ʼn bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.”

Gereformeerd teenoor Evangelies🔗

Die Ou Testament kan jy net reg lees in die lig van die Nuwe. Maar die omgekeerde is ook waar: die Nuwe Testament bou voort op die Oue. Dit is ʼn goeie gereformeerde gebruik om die Bybel as eenheid te lees. Baie evangeliese Christene sien egter ʼn groot verskil tussen die Ou en die Nuwe Testament.

Ons kan dit soos volg voorstel:

                                        Evangelies🔗

OT NT
Verbond met Israel as volk; 
ook kinders in die verbond; 
kinders word besny
Verbond met Israel as volk; 
ook kinders in die verbond; 
kinders word besny
‘Materiële’ beloftes 
(land, kinders, welvaart)
Geestelike beloftes 
(vergewing van sondes, ewige lewe)
Die beloftes geld nou nog vir die Jode God werk tydelik met die kerk; 
na Jesus se eerste wederkoms gaan Hy met Israel voort in die duisendjarige ryk

Baie evangeliese Christene het te min besef van die één heilsgeskiedenis van God met sy volk. Ons glo dat God sy kerk vergader van die begin van die wêreld (Heidelbergse Kategismus, Sondag 1). Baie evangeliese Christene glo dit nie. Hulle opvatting is soos volg:

Israel is die volk van God. Die verbond met Abraham geld (nou nog) net vir die Jode. God het Hom vanaf die tyd van Abraham tot aan Pinkster net op hulle gerig. Omdat die Jode as die Messias verwerp het, het God tydelik met die Christene uit die heidene voortgegaan. Tydelik: dit is ʼn tussenfase, ʼn intermezzo. Die kerk bestaan dus nie van die begin van die wêreld nie, maar eers sedert Pinkster.

Aan die einde van die tussenfase kom Jesus weer. Dan gaan alle Christene dadelik na die hemel – die sogenaamde ‘opname van die gemeente.’

Jesus regeer dan op aarde in Jerusalem tydens die duisendjarige vrederyk. Só kom God weer terug by sy ‘eerste liefde’: Israel.

God neem dus nou ʼn ompad langs die kerk uit die heidene, maar kom uiteindelik weer by die hoofpad (Israel) uit. (Origens is daar verskille in mening oor hoe dit alles sal gebeur. So goed as wat gereformeerdes is met onderlinge meningsverskille, word hulle hierin moontlik deur die evangeliese oortref).

Gereformeerdes lees in die Bybel die een werk van God: verlossing van sondaars, Jode én heidene. Die HERE het sy verbond met Abraham en sy nakomelinge gesluit: sy nakomelinge is die gelowiges (Romeine 4:11).

En – in die wese van die verbond – hoort die kinders ook daarby. Ons kan dit só voorstel:

                                       Gereformeerd🔗

OT NT
Verbond van God met Abraham
en sy nageslag;
kinders besny
Verbond van God met die gelowiges
en hulle kinders;
kinders gedoop
Die beloftes wys na Christus Die beloftes danksy die werk van Christus.
Redding deur geloof Redding deur geloof

Ten Slotte                                       🔗

Hierdie deel is ʼn pleidooi om die Bybel te lees as die één Woord van God, oor die één werk van God. Ons sal dit hierna verder uitwerk.