Bron: Kerk en Woord, 1998. 1 bladsye.

Verveeldheid in die Hemel?

Mense het vreemde idees oor die hemel. Dit moet oorwin word.

Watter idees? Soet en langdradig, dink baie mense. Terwyl daar tog heelwat verhale (reeds in die Bybel) en ander boeke in omloop is waarin die hemel anders beskryf word. Wie dit hoor en lees word daardeur aangespreek, maar tog bly die beeld van die 'kerkdiens sonder einde' mense by en skrik dit hulle af.

"Dit lyk vir my so saai", hoor ek nou en dan, veral van jongmense. As mens vra wat hulle bedoel, kom daar dan telkens weer 'n verhaal oor mense wat, in wit klere, die hele dag psalms sing. Ons moet een of ander tyd verby hierdie gedagte kom. Dit is 'n beeld van die hemel wat nouliks op enigiets dui. En dan die verveling. As hulle aan die ewigheid dink, loop daar by menigeen rillings langs hulle rug af. Tog behoort ons van beter te weet. Duisend jaar is daar soos een dag en een dag soos duisend jaar. Elkeen het tog wel die ondervinding van 'is dit al so laat?' Die nuwe hemel en aarde ken geen tyd nie; iets wat vir ons onvoorstelbaar is. Kombineer mens nou 'geen tyd' met 'voluit geniet' dan is daar van verveling geen sprake meer nie. Buitendien is daar genoeg om te doen.

Ons sal 'as konings heers'. Dit wil sê dat ons werk sal kry om te doen. 'n Heelal wat aan­dag nodig het, word aan ons sorg toevertrou.

Die belangrikste is natuurlik dat ons Jesus sal sien soos wat Hy is. Dat ons God sal ken en dat alles daar vol is van Hom; onsself ook.

Vol van God, van alles wat goed en gaaf en liefdevol is. Ook al het ons werk om te doen, sal daar geen stress wees nie. Wel baie geleentheid om ontspanne te wees en te bly; geleentheid om te verkeer. Self stel ek dit vir my so konkreet as moontlik voor. Daar is allerhande mense na wie ek miskien graag sou wou luister. Daar is soveel vrae wat nou nog onbeantwoord bly. Mense, met wie ek sal wil praat. Om te begin my vader. Hy is dood voor ek behoorlik kon praat. Die verlies hoop ek om dan in te haal. Daarvoor sal ons 'tyd' hê. Ek weet dat daar baie mense is wat sê dat daar geen herkenning sal wees nie, omdat jy dan ook mense sal mis. Laas­genoemde kan nie, gemis is verdriet en dit bestaan nie daar in die hemel nie. Maar herkenning, daarvan gaan ek uit.

Die mooie daarby is dat ons ons dit so mooi as moontlik kan voorstel, om daar sin in te hê, maar dat dit nooit sal teëval nie. As dit anders is as wat ons nou dink, sal dit net nog beter wees.