Die stryd vir ons Sondae word gewoonlik gewen of verloor in die voorafgaande Saterdagaand.
Pelagianisme is die natuurlike dwaling van ywerige christene wat nie geïnteresseerd is in die leer nie.
Die kerk het net so min die kanon “geskep” as wat Newton die wet van swaartekrag geskep het. Om te herken is nie om te skep nie.
Die Christelike leer is genade, en die Christelike lewe is dankbaarheid.
Die feit is dat die onderwerp “goddelike toorn” taboe is in die moderne wêreld, en oor die algemeen het Christene dit so begin aanvaar en besluit om dit maar nie meer na vore te bring, nie.
Elke keer in die Nuwe Testament as dit gaan oor God se werk in die mens, dan is die fokus baie sterker op die heiliging as op die opspraakwekkende.
In die Nuwe Testament sê dit nie dat Christene heilige lewens moet lei sodat hulle heiliges sal word nie; dit sê dat Christene, omdat hulle heiliges is, nou ook heilig moet gaan lewe!