1 bladsye. Vertaal deur Nic Grobler.

Die Doop van die Hofdienaar van Ethiópië en die Doop van Jesus

In ons studie oor die manier van doop kyk ons vervolgens na die doop van die Ethiópiese hofdienaar (Hand. 8) en die doop van Jesus (Matt. 3; Mark. 1), wat gewoonlik as die vernaamste voorbeelde van doop deur onderdompeling voorgehou word.

Die doop van die hofdienaar. Gewoonlik word aanvaar dat die woorde “in die water afgeklim” en “uit die water opklim” in Handelinge 8:38, 39 die doop van die hofdienaar beskryf en dat hy in die water ondergedompel moes gewees het. Daar bestaan twee probleme in verband met dié beskouing.

Een probleem hou verband met die voorsetsel wat gebruik word — “in” (in die Grieks eis) en “uit” (ek), veronderstel glad nie onderdompeling nie. Die woorde veronderstel selfs nie dat iemand in die water was nie. Die woord in (eis) word in die Nuwe Testament op verskillende wyses vertaal, soos “by”, “in”, “in ... in”, “na”, “na ... toe” en “tot”. Dit kan met ʼn betroubare konkordansie nagegaan word. Die woorde “uit die” word ook verskillend vertaal: “van”, “uit” en “vanuit”. Deur die verskillende vertalings in die twee verse in te voeg sal die verskille in die kontekstuele betekenis dadelik  blyk. Die argument wat ons voer, is dat dié twee woorde nie die doop beskryf nie, maar wat voor en na die doop(seremonie) plaasgevind het.

Die twee voorsetsels wat in Handelinge 8 gebruik word, kan klaarblyklik nie die doop ten opsigte van die  hofdienaar én  Filippus beskryf nie. As dit doop deur onderdompeling sou beskryf, dan het Filippus ook homself deur onderdompeling gedoop. Hy het immers ook “in die water afgeklim” en “uit die water opklim”. Die woorde eis of ek in die teks beskryf óf die doop van Filippus en van die hofdienaar, deur selfdoop, of die doop van die hofdienaar deur Filippus, óf dit beskryf hoegenaamd nie die doop nie.

Selfs belangriker as die voorgaande is dat die doop van Jesus, in die lig van die Skrif beskou, ook nie deur onderdompeling kon wees nie. Ons kyk na die feite wat in verband met die doop van Jesus in Matthéüs 3 en Markus 1 gegee word. In Matthéüs 3:16 word ʼn ander voorsetsel, die Griekse woord capo, gebruik. Hierdie woord word 372 keer as “van” (Engels “drom”) en net 27 keer as “vanuit” (Engels “oud of”) vertaal.

Daar blyk ʼn verdere oorweging uit die verhaal van Jesus se doop. Ons moet dit nie miskyk dat Hy op dertigjarige ouderdom (Luk. 3:23) deur ʼn priester (Johannes die doper was, soos sy vader, Sagaria, ʼn priester Luk. 1:5, 13) en met water gedoop is nie. Ten tye van sy doop het Hy van al dié dinge gesê: “. . . só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul” (Matt. 3:15).

Dat Jesus “alle geregtigheid” deur sy doop vervul het, kan net verwys na sy vervulling van die geregtigheid wat deur die wet vereis word. Welke wet? Die wet van die priesterwyding. Priesters is nadat hulle dertig jaar oud geword het (Num. 4:3, 47) deur ander priesters aangestel (Eks. 29:9; Num. 25:13) en geheilig deur besprenkelingmet water (Num. 8:6, 7).

In vervulling van die wet kon Christus dus nie sonder om die wet te verbreek en dit nie te vervul nie, op ʼn ander manier gedoop word as deur besprenkeling nie. Daarom is die doop van Christus nie bewys van onderdompeling as die regte manier van doop nie, maar juis van die teenoorgestelde. Ons pleit by diegene wat anders glo om dit sorgvuldig te oorweeg.