Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 16 Die Kinderdoop stem uiters goed ooreen met die instelling van Christus; die aard van hierdie teken

Die betekenis van die doop word uit die instelling van die besnydenis afgelei: die beloftes daarin is dieselfde. Daarom moet die kinderdoop ook bedien word om die verbond van God te bevestig en te versterk. Christus het nie die verbondsbeloftes in duisterheid gehul nie en sowel Jode as heidene word in die Nuwe Testament as kinders van Abraham gereken.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 15 Die Doop

Die doop is die sakrament waardeur ons in die volk van God opgeneem word. Die water beeld die afwassing van sondes uit en simboliseer die afsterwe van die ou mens en ‘n nuwe lewe in Christus. Christus het die opdrag om te doop aan ampsdraers gegee. Die handeling kom dus as’t ware uit die hand van God uit en herdoop of evaluasie na aanleiding van diegene wat dit bedien het, is dus nie van pas nie.

Die Gereformeerde Doopsformulier

Hierdie boek handel oor die formulier wat in gereformeerde kerke gebruik word by die doopsbediening. Onderwerpe soos die ontstaan van die eerste doopsformuliere, die inhoud van die gereformeerde doopsformulier, en die vrae by die doopsbediening word behandel. Verder gee die boek ook Calvyn se doopsformulier, die doopsformulier van Paltz, die oorspronklike doopsformulier van 1566, en die Rutgersteks van 1897.