5 bladsye.

Die Erediens as Aanbidding en Verheerliking van God

1. Belewing Lei tot 'n Duidelike Antwoord🔗

Die hele omvattende gebeure van die ontmoeting en gesprek met Christus deur die ge­meente en die deelagtig word van al sy gawes, beteken die groot belewing in die erediens. Hierdie belewing is nie maar beperk tot die innerlike gevoel nie, maar dit kom uit in 'n konkrete antwoord en beweging. So 'n antwoord is die aanbidding en verheerliking van God. Die ontmoeting met God het meegebring dat die gemeente en die gelowiges vergewe en opnuut deur God aanvaar is "...And, with cleaning, there is renewal; and, with renewal, there is acceptance of responsibility commensurate with the Holiness that be­stows pardon. There upon comes the consciousness of election..." (R.E. Cushman). Die groot ontmoeting met God in Christus bring die lewensverandering en lewensvernuwing.

Die hele lewe is die antwoord, maar hierdie antwoord begin by en vloei voort uit die ontmoeting van die gemeente met sy Here en moet steeds weer hierheen teruggelei word. Die hele erediens is 'n antwoord van aanbidding. "De liturgie is in wezen een hymne ter ere en ter aanbidding Gods" (W.F. Golterman).

2. Aanbidding as Dankbaarheid🔗

Die antwoord op die verlos­sing van Christus en die volle belewing daarvan, kom uit in die dankbaarheid. Die gemeente is vervul met dankbaarheid. Dank­baarheid stempel die erediens en dit is seker een van die gesondste emosies in die erediens. "There is no more healthy emotion on earth than gratitude, nothing more positive, more deeply human than saying thank you ... the eternal prayer of Christian worship from the very beginning has been thanks giving" (W.D. Stacey). Aan­bidding is die dankbare antwoord op die woord, die aanspreke van God, die blye ervaring van die nuwe verhouding waar hy as 'n skuldige voor God gekom het. Tereg sê V. Vajta: "No one can be­come a worshipper or minister of God (Diener Gottes) without first being judged as an idolater. Christ present in worship must over­come the idolatry of unbelief." Dit is die dankbaarheid vir die bevryding. "An inexpressibly marvellous thing has happened. An unspeakably wonderful gift had been received, and the deep thank­fulness and irrepressible gladness that filled the souls of men found expression in the offering of praise and prayer which they made to the glory of God. The All-holy God had opened the way for sinful man to approach into His presence" (O.B. Milligan).

Aanbidding is om iets terug te gee aan God van wat die gemeente eers van Hom ontvang het. Calvyn was diep deurdronge van hier­die werklikheid en sy gebede was steeds 'n antwoord op die gelowige omgang met die Skrif. Hy het ook in die lied van die kerk dit toege­pas en daarom wou hy slegs die Psalms in die erediens laat sing: om so aan God terug te gee wat Hy eerste aan ons gegee het.

Aanbidding spruit dus voort uit die dankbaarheid vir die won­derlike ontmoeting met die Here in die erediens. "Al wat de kerk doet, doet zij op grond van hetgeen God heeft gedaan. Wij dienen God … omdat Hij ons heeft gediend … Wij spreken dus uit in onzen eer-dienst wat God in zijne genade tot ons heeft gespro­ken…" (J.H. Gunning, Onze Eredienst, 1890, 15); meer nog: "…so adoration and praise spring from our awareness of the sustaining presence of a God who loves us. Adoration is the primary impulse of worship … To know God truly, who He is and what He does … to be alive in such presence and power and promise is to adore God" (M.H. Shepherd Jr.). "We thank God for what He has given. We praise Him for what He is! In confession I tell God 'what is in me'. In praise I tell God 'what is in God' that calls forth my thanks, praise reverence, adoration. In praise we express our sense of awe and wonder over God's surpassing excellence" (O.E. Feucht).

Aanbidding as dankbaarheid hang ten diepste af van die open­baring van God juis in die erediens, en dit word gewerk deur die Heilige Gees: "Worship … depends upon revelation, it is essen­tially the Church's response to God's Word; and the vehicles of that response are prayer and praise. Again, worship springs from the activity of the Holy Spirit who indwells the Church; and it is the Spirit's prompting which is the fount of true prayer" (R. Abba).

3. Aanbidding as Erkenning van God🔗

Aanbidding beteken om God werklik as God te erken, om die allesbeheersende waarde van God te erken. "So, in our worship, we ascribe the due and proper worth to that God with whom we are entering into relation" (M. Perry). Die erkenning van die Here as God bring tegelyk mee die onderwerping van die gemeente aan Hom en die eerlike bereidheid om Hom te dien en te gehoorsaam. Dit is soos 'n rooi draad wat vanaf die Ou Testament deur die Bybel loop. J. Calvyn sluit hierby aan as hy ware godsdiens of aanbidding aandui as "gehoorsaam­heid alleen" (Inst. II, viii, 5). Cushman wys op hierdie belangrike saak dat aanbidding tegelyk beteken die gewilligheid om volgens hierdie wil te lewe: "But 'obedience alone' is fundamental con­formity between the will to adore and the will to conform the life to the Adored. It is assimilation of the whole life to the likeness of Him who is magnified. Thus, worship has always two aspects or, as it were, two directions. As, in the case of Isaiah, it exalts the Holiness of God and, then, cleansing following upon repentance, it brings 'forth fruits worthy of repentance'".

Aanbidding is die suiwerste uitdrukking van die onderwerping aan God, van die oorgawe aan God en die erkenning van Hom as God. Goed druk William Temple hierdie waarheid soos volg uit: "Worship is the submission of all our nature to God. It is the quickening of conscience by his holiness; the nourishment of mind with his truth; the purifying of imagination by his beauty; the opening of the heart to his love; the surrender of will to his pur­pose — and all this gathered up in adoration, the most selfless emotion of which our nature is capable and therefore the chief remedy for that selfcentredness which is our original sin and the source of all actual sins."

4. Aanbidding as Belangrike Spits van die Erediens🔗

Die hele kerk­like lewe en veral die verloop van die erediens, loop uit op die aanbidding van God. "…die Christelike erediens vind sy vol­einding in die aanbidding van God, wat hy aan roeping, smeking en worsteling bevat op opneem, wil uitloop op aanbidding" (O. Haendler). Die lof van God as antwoord van die mens op God se goedheid is die hoogste vorm van die gebed. Daar is ook ander vorms van gebed, maar hulle verkry hulle plek binne die lof, prys, dank, eer en verheerliking van God (P. Bormann und H.J. Degen­hardt). In 'n bepaalde sin moet die hele erediens gestempel word as aanbidding, "But it is vital that the whole of this cultus should be transfused by the spirit of adoration" (S.M. Gibband).

Een van die primêre take van die kerk is die aanbidding van God. Ons sou te ver gaan om te sê dit is dié primêre taak van die kerk. Aan die ander kant is dit nodig om dit vandag te beklemtoon dat die kerk hierdie belangrike roeping het, omdat die taak van die kerk dikwels verskraal word tot getuienis en 'n lewe in die wêreld.

Aanbidding is vir die kerk van wesentlike belang. Dit is egter nie maar 'n onderneming wat sy eerste oorsprong by die mens het nie. Dit kom op uit die aanbidding van God in Jesus Christus. "Only One has offered to God a perfect worship, a worship that glorified God in all the majesty of His Being … Jesus Christ … But in the degree in which the Church is the Body of Christ, in the degree in which we as members of that Body represent in our movements, in our words, and in our thoughts the mind and spirit of Christ who is the Head of the Body, the Church's worship re­flects that same glory" (Milligan).

Aanbidding kom nie alleen uit God nie en dit word nie alleen moontlik gemaak deur sy verlossing en genade nie, maar dit is ook op Hom gesentreerd. Aanbidding is Godgesentreerd. "Christian worship is God-centered. God took the initiative in worship by creating man for fellowship with himself … He comes to man as the one worthy of worship, and because he is worthy he stands in judge­ment over man and makes demands upon him. As man responds in worship God allows him to experience new manifestations of his goodness and his love" (Segler). Aanbidding is primêre gerig tot God en nie tot die mens en die wêreld nie. Wel beteken dit dat die nood van die wêreld ook in hierdie gebed 'n groot plek het. Meer nog, aanbidding is 'n doel op homself en nie slegs 'n middel tot 'n doel nie. "We worship God purely for the sake of worshipping God … God offers Himself in a personal relationship, and man responds … A vision of God demands a worship response because God is worthy of worship" (F.M. Segler).

5. Aanbidding die Mooiste Geskenk🔗

By die aanbidding van die gemeente in die erediens word duidelik dat ons nie na die erediens kom slegs om te kom ontvang nie, maar ook om iets te bring, iets aan God te bring. Van die baie dinge wat ons aan Hom kan en moet bring, is die ware aanbidding die beste wat ons het, dit is ook vir God die mooiste gawe, omdat Hy daarin die afbeelding van sy eie werk sien en daarin die plek in die mens se lewe en in die kerk se lewe kry wat Hom toekom. Na die erediens kom ons nie met allerlei byoogmerke nie, maar om met alles voor God te kom staan in aanbidding. Goed vat A. Peters dit soos volg saam:

Die ere­diens bring ons alledaagse lewe voor God. Christelike erediens is daarom streng geskei aan die een kant van die prestasiegeoriën­teerde doeldenke van die Verligting met sy verstand, maar aan die ander kant ook van die skaamtelose mooi voordoen (Schöngeisterei) van die romantiese jouself-geniet. Dit toon sy pneumatiese fees­karakter … Die erediens wil ons daarop wys dat voor al ons wil en volbrenging, God sy nuutskeppende verlossing wil stel.

6. Aanbidding is Selfoorgawe🔗

Ons aanbidding in die erediens is daarom die mooiste geskenk aan God omdat dit ten diepste die selfoorgawe van ons aan God is, sodat Hy in ons kan woon en werk en sy doel met ons lewens kan bereik en sy beeld in ons kan laat deurwerk in die wêreld. Eers in die selfoorgawe is ons eksistensieel besig met aanbidding. Dan gee ons nie allerlei gawes en gebruik nie allerlei woorde en verrig nie allerlei handelinge nie, maar ons­self, met alles, kom buig in oorgawe aan die Here en gee onsself aan Hom om deur Hom verander en gebruik te word. So word ons ware taak as mens herstel en kom die ware bedoeling van die erediens tot uitdrukking. J. Zink:

Juis daarom, omdat Jesus die evange­lie van die bevryding en van die wegneming van die laste en van die nuwe skeppende begin gebring het, werk hierdie dubbelwet van die offer van die eie ek en van die ontvange eie skeppingskrag so duidelik uit en word dit vir die dissipels in die teenwoordig­heid van hulle Meester so belangrik.

Die mens wat aanbid, stel homself as 'n offer voor God. "In die aanbidding bied die verloste Christen homself as 'n dankoffer aan God, gee homself as sodanig oor… Die erediens van die gemeente is egter niks anders nie as die onmiddellike uitdrukking van hierdie dankoffer op grond van die verlossing deur Christus wat in die nagmaal tot uitdrukking kom" (G. Rietschel/P. Graff). Aanbidding is die lof van die lippe, die gawes van die hand, maar dit loop uit op die oorgawe, die offer van die self aan die Here. In die aanbidding in die erediens kom die selfoorgawe van die gemeente aan God op 'n besondere wyse tot uitdrukking. "The Church's prayer prevails only to the extent of its responsive offering of itself to God to be the instrument of His will. Worship is consummated in offering. And its offering must be total and entire … Our ador­ing and penitent response to His love of which we are capable by the help of His grace" (Shephard). Offer is egter nooit goedkoop nie, want dit impliseer die sterwe aan die ou self, "Sacrifice is associated with death, 'for what is to be sacrified has to be killed'. The Christian as a priest offers himself. The victim to be sacrificed is he himself, or, to be more correct, the 'old man', the 'old Adam' within" (V. Vajta).

Aanbidding met die bedoeling van oorgawe aan die Here is die alternatief vir selfhandhawing en verset teenoor God. Veral vandag kom dit sterk na vore dat die alternatief vir aanbidding is dat die mense God nie erken nie, maar hulleself soek en opgaan in die eie prestasies. "Man is God to man" (Bacon) en dit staan teenoor die woord van Augustinus: "Let me know thee, O Lord, who knowest me; let met know thee as I am known of thee" (Aangehaal by Cushman).

Die oorgawe van die self en van die gemeente aan die Here in die aanbidding geskied in die hele verloop van die erediens as 'n groot gesprek, maar dit geskied veral in die stilte van die aanbidding dat dit sy klimaks bereik. Danksegging vind 'n sinvolle klimaks in die stilte (J.F. van Royen). Deur die aanbidding stel jy jouself naam­lik in die hande van God met alles van jou bestaan.

Die mens kom weer in die stand van die skepsel, wat uit God na God heen leef. Aanbidding wys op die laaste bestemming van die mens: Om by God te wees wat alles in almal is.E. Kerlen

7. Aanbidding en die Konkrete Gawes🔗

Die oorgawe van die self en van die gemeente aan die Here is die primêre, dit is 'n innerlike gebeure. Dit wat hier diep binne die mens gebeur, moet tot uitdruk­king kom in die veranderde gesindheid en in die woorde en dade. In die erediens kom die selfoorgawe veral daarin uit dat die Here aanbid word deur die woord van aanbidding. Dit geskied egter ook deur die sang. Daarby kom dit ook konkreet tot uitdrukking in die gawes wat ons in die erediens gee aan die Here vir sy werk. Die gawes wat ons bring is die konkrete bewys en aanduiding van ons selfoorgawe. Tereg sê Shepherd: "They are the partial, outward tokens of a complete, inward dedication to His service of everything that we are and everything that we possess, both our material and our spiritual gifts." Saam met die woorde van danksegging, gaan die daadoffers: "So together with our thanks will go the offering of whatever we have, which means our time, our talents, our will­power, our interest, our money" (Stacey).

8. Aanbidding en die Verheerliking van God🔗

Van nature soek ons almal steeds ons eie eer. Swinburne het gesing: "Glory to man in the highest." Waar die groot verandering deur Jesus Christus plaasvind, word dit ook verander en word die onverdeelde eer aan God gebring. Die aanbidding in die erediens veral moet daartoe lei dat die nooit volprese Naam van God geëer en verheerlik word. Elke dag en op elke terrein van die lewe moet God geëer en ver­heerlik word, maar dit vind sy toespitsing waar die gemeente op die dag van die Here se opstanding saam kom en eenparig met volle krag en oorgawe Hom loof en verheerlik. Die lof en verheerliking van God beteken nie dat die gelowige of die gemeente iets aan God kan bring wat Hy nie reeds self het nie. Immers al die eer en verheerliking wat die gemeente aan sy Here bring, kom deur sy self­openbaring en dit is wat Hy aan die mens laat sien. Dit is hierdie eer en verheerliking wat weer aan Hom teruggegee word, maar dan uit die hart en deur die hart en lewe. Dan word die erediens en die lewe van die gemeente 'n uitbreiding van hierdie geopenbaarde heerlikheid van God. Dit beteken dat op hierdie aarde waar die eer en heerlikheid van God nie gesien of nie genoegsaam gesien word nie, dit in die erediens sigbaar word. "In de intentionele orde is het hoogste doel … der liturgie, ook in haar sacramenteel aspect, die eer van God … Vervolgens is deze de uiterlijke eer van God ob­jectief (fundamenteel) de openbaring en mededeling van zijn heer­lijkheid (doxa, gloria, claritas) in de schepping en de heilsgeschie­denis, die haar hoogtepunt vindt in het woord en het werk van Christus, vooral in zijn paasmysterie … Het spreekt vanzelf, dat alleen hij die met de (objectieve) glorie van God begiftigd is God kan eren, in de concrete heilsorde alleen door Christus, met Hem en in Hem. Verder, dat hij die God eer brengt de heiligheid en liefde van God eerst moet erkennen, voordat hij ze erkentlijk kan prijzen. Evenmin als God door onze eerbetuiging verrijkt wordt … even­min mag ons eigen heil het primaire motief van de eerbetuiging zijn" (Liturgisch Woordenboek, II, s.v. Liturgie, 1589).

Aanbidding en verheerliking van God hang onafskeidbaar saam. Aanbidding moet lei tot sy verheerliking en sy verheerliking impliseer aanbidding. "Adoration and worship are really one and the same thing. Adoration is the frame in which the Church's corporate offices of worship are set" (Shepherd).

Daarom in die erediens kom ons nie in 'n koue lesingsaal of in 'n katkisasielokaal of in 'n geestelike gimnasium nie, maar in Sy voor­howe, by die berg van sy heiligheid (Psalm 43:3). Die hele gemeente kom om in aanbidding voor Sy Koning te buig en Hom met alles te aanbid. In hierdie aanbidding van die gemeente kom die ver­heerliking van die hele skepping verteenwoordigend tot uitdrukking. "In adoring God the Church in its worship becomes a representa­tive voice of God's entire creation, both visible and invisible, the animate and the inanimate" (Shepherd).

9. Voorlopige en Volmaakte Aanbidding🔗

Die aanbidding van God en daarmee sy verheerliking op aarde is nog swak en vol ge­breke en dit kan alleen aanvaarbaar gemaak word vir die Here deur die verdienste van Jesus Christus, deur dit te meng met die reuk­werk en so op die goue altaar voor die troon te lê (Openbaring 8:3). Tog is dit 'n werklikheid maar wat heenwys na en sy vervulling vind in die volmaakte aanbidding van die hele kerk as die Bruid van Christus in die ewige heerlikheid wat nog moet kom. A. Peters maak attent daarop dat die aanbidding in die erediens die inoefe­ning is met die oog op die ewige lofprysing van God.

Die einde is die ononderbroke lofprysing van God. Die aarde is ook 'n plek om ons tot hierdie lof van God toe te rus en in te oefen. Wie hom nie reeds hier en nou in oefen in daardie …jubilus nie, vir hom sal die 'hemel' vervelig wees, sy aandeel sal die 'hel' wees. In die erediens van die Christelike gemeente breek die eschaton aan; …