5 bladsye.

Die Erediens as Bemiddeling van Christus se Heilsgoedere

Die Christus wat in die erediens teenwoordig is en wat kom tot 'n ontmoeting met die gemeente en die enkeling en wat op allerlei maniere die groot gesprek voer, is ook die groot Bemiddelaar van die heil. Hy kom nie met leë hande en slegs met koue en leë woorde nie, maar dit alles beteken dat Hy sy heil in die erediens bemiddel. Hy staan in die erediens omhang met al sy gawes en sy omvattende heil en Hy deel dit omvattend, rojaal en oorvloedig uit.

1. Jesus as die Middelaar in die Erediens🔗

Op 'n besondere wyse staan Jesus juis in die erediens as Middelaar tussen God en ons. Hy versoen ons met God, en maak ons aan­bidding vir God aanvaarbaar. Hy laat ons sy weldade deelagtig word. Hy maak as Middelaar die hele erediens as diens aan God sinvol, aanvaarbaar vir God, en heilryk vir die gemeente. Jesus is die Middelaar van die Nuwe Verbond (Hebreërs 8:6; 12:14). Steeds tree Hy as Hoëpriester vir ons in. "God in Jesus is the Leader of our worship. He fulfils for us His own holy ordinances of worship, in providing One in whom and through whom we can draw near to God … So we are accepted in the Beloved, and discover our status as sons" (J. B. Torrance). Deur Christus skenk God aan ons wat Hy eintlik van ons vereis. Ons ontvang alles in en deur Hom. Ons aanbid God "deur Jesus Christus ons Here"; ons bid "in die Naam van Jesus Christus". Alles in die erediens hang dus aan sy middelaarswerk; dit het sin en betekenis omdat dit geskied deur Jesus Christus ons Hoëpriester.

2. Die Heil uit die Verlede Geld nou🔗

Die heil waarom dit in die erediens gaan is niks anders as die heil wat Jesus op aarde kom verwerf het nie. Die heilsdade lê in die verlede, maar deur die hele ver­loop van die erediens word dit weer herinner, word dit opnuut 'n werklikheid en geld dit as die effektiewe verlossing vandag vir hulle wat in die erediens byeengekom het. Die erediens is 'n samevatting van die heilsgeskiedenis, dit word belig soos dit in die verlede rond­om Jesus gebeur het, maar dit word herbeleef en opnuut van krag in en deur die erediens. "The worship of the church would be thus a recapitulation of the major events in the history of salvation and so, implicitly, of the whole history of salvation … The cult is firstly an anamnesis of the past work of Christ … This anamnesis … is something quite different from a mere exercise of memory. It is a restoration of the past so that it becomes present and a promise … each Christian act of worship … those who participate learn that they are themselves the objects of the redemptive action of the cross … But the cult, while being an anamnesis, is not merely 'a re-enactment of the past', it is, further, an engagement in His service and a confession of faith on the part of those who thus remember the death of Christ … It is not merely the past which becomes again present; nor is it merely the future which is already dawning. There is also the present itself which is affirmed, and the present of the history of salvation is the heavenly offering which Jesus Christ renders to His Father in the glory of the ascension" (J.J. von Allmen).

3. Die Heil van Christus word in die Erediens Bemiddel🔗

Hierdie heil uit die verlede wat vandag 'n werklikheid is, word veral in die erediens bemiddel. Dit is die besondere plek waar die heil gesoek, maar ook uitgedeel, bemiddel word, waargemaak word. Dit is die groot samekoms tussen die Here en sy gemeente, die samekoms ge­skied in sy Naam en op grond van sy beloftes. Daar is die werk­likheid van sy teenwoordigheid, van die groot gesprek tussen die Here en sy gemeente en hierdie gesprek is nie leeg nie. In die erediens is die voorwaardes waar die heil bemiddel word. Die erediens is die arena van God se liefde, dit is die geleentheid waar die ge­meente as die liggaam van Christus saamkom met Hom as die Hoof en dat Hy sy liefde en sorg teenoor sy gemeente betuig en die ge­meente kom om hierdie dinge te ontvang en self veel te bring. So word die erediens die geleentheid by uitnemendheid waar die ont­moeting plaasvind. Hierdie ontmoeting is nie leeg nie, maar die gemeente ontvang Christus en al sy heilsdade. Wie Hom ontmoet, staan voor Hom en ontvang sy gawes wat Hy so mildelik uitdeel. In die erediens gebeur dit dat die gemeente saam met Christus sterf en met Hom opstaan en dit altyd weer ervaar. Daar is die sekerheid dat Christus in ons midde is en ons met ons sonde en nood voor die aangesig van God dra. "In ons erediens word die verafheid van die vervreemdes ('Gottesferne der Entfremdeten') verander in die Godnabyheid van die kinders ('Gottesnahe der Kinder'), oor die swerf in die vreemde lê reeds die ligglans van die ewige tuiste" (A. Peters).

4. Die Omvattende Heil wat in die Erediens Bemiddel Word🔗

Ons kan sê die omvattende heil van Christus word in die erediens be­middel, maar ons kan ewegoed sê dat die erediens 'n soteriologiese grondhouding het.

In die erediens gaan dit grondliggend en bly­wend om die redding van die mens uit sy verlorenheid voor God, om die vergewing van ons skuld, sowel as om ons opname in die kindskap van God.A. Peters

Nog sterker: "De Christelijke Kerk heeft slechts één ding te doen: de dienst der verzoening in de wereld te verzorgen, te verdedigen, uit te delen, te belijden, te bezingen, te aanbidden. En met dat werk in de wereld in te treden" (G.W. Oberman). K. Barth wys daarop dat die boodskap van die verlossing deur Jesus Christus in die middelpunt van die erediens verkondig moet word. Die kerk kan dit by tye vergeet, hy kan dit verkeerd verstaan en verdraai, maar in sy midde lê die Skrif en laat hom nie tot swye bring nie, maar spreek daarvan en van niks anders nie. Nader uiteengeset kan ons die volgende fasette van die heil onderskei:

Die hele erediens staan ten dienste van die bemiddeling van die boodskap dat daar volle vergifnis van sonde is vir die gemeente van God. Duidelik stel P. Brunner dit: "Uitde­ling van die sondevergewing deur die evangelie en die nagmaal is vir ons die naaste sy van die werklikheid van die erediens. Hierdie uitdeling is vir ons die dringendste, dit is heilsnoodwendig, dit is die grondslag waarop alleen daardie tweede werklikheidssy gebou kan word." Dit is die erediens van die pelgrims op pad na die eindbestemming.

Die gelowige het steeds weer behoefte aan vergifnis. Hy sondig daagliks en bly steeds aangewese op die vergifnis van die sonde. Daarom, sê P. Brunner, bly alles in die erediens "op die vergewing van sondes gerig". Tereg sê Oberman: "De liturgie der kerk cirkelt dus altyd rondom de schat der kerk, welke Luther noemde de vergeving der zonden'." "The purpose of worship, therefore, is to impart this greatest gift. It is meant by God to be an inexhaustible source of life" (W. Hahn); die groot versoening geskied deur die kruis. "The cross is the only deed which releases a power sufficient to meet man at the depths of greatest need in worship, the need for forgiveness of sin" (Segler).

Die gemeente het steeds die werklike behoefte aan egte vergewing en van die versekering daarvan. Tereg wys J. Schweizer daarop:

Waar in die erediens van die gemeente gespreek word van verge­wing, daar handel dit nie om die moontlikheid van vergewing nie, maar word werklik en feitlik Gods vergewing toegespreek en in die geloof aangegryp. Van hierdie kennis leef ons Gereformeerde kerke. Van hierdie sentrale feit moet alle orde van die erediens uit­gaan en daarheen moet dit terugkeer.

Dit hang ten nouste saam met vergifnis van sonde. By regverdiging word meer gedink aan die herstel van die gebroke verhouding tot God, die mens word aangesien asof hy hierdie son­de en onreg nie gedoen het nie. Dit word weggeruim. Daar vind die groot vryspraak plaas. Die erediens kan dit nie outomaties bewerk nie, maar in die hele gang van die erediens en in die gebeure wat daar plaasvind, bring dit die gemeente om die weg te volg waarop God altyd weer hierdie groot daad verrig en die sekerheid daarvan herstel. Daar word ons bevry van die wêreld en die bose en daar word ons herstel voor God.

Die hele erediens beteken wesentlik dat dit die weg open tot die nuwe lewe wat uit Christus vloei en wat in die gemeente gerealiseer word. Die gelowiges kry deel aan die egte lewe wat uit God kom en wat Christus kom herstel het en wat Hy aan ons deelagtig laat word. P.W. Hoon: "…the core of worship is God acting to give his life to man and to bring man to partake of that life"; "…Jesus Christ, in all the fullness of his being, meets man on the deepest level of his being to bring him to partake of divine life. In essence, worship is man's cry for life and the answer of the Word to that cry: Ego sum vita." Hierdie lewe is eg omdat dit uit God kom. Dit laat die gelowige en die gemeente "lewe" en dit is ook die lewe wat nie deur die dood beëindig word nie, maar wat net op 'n veel heerliker wyse in die ewigheid op die aller­volmaakste wyse voortgeset word. Dit is 'n lewe uit Christus en wat ons aan Hom verbind en steeds vaster bind en wat beteken dat die dissipels Jesus volg en in die volste sin van die woord volgelinge van Hom word.

In die erediens word die heil wat be­middel word verder uitgedruk deur verskillende gestaltes van die nuwe lewe. Dit bestaan in die kindskap van God, in die lewe van vreugde en vryheid, in vrede, in hoop, in versterking en bemoedi­ging. Juis omdat die stryd so moeilik is en die gelowige op so baie maniere aangeveg word en daar soveel dinge is wat die verhouding tot God wil vernietig, asook omdat daar soveel laste is soos siekte, dood, node — het die erediens die taak om steeds weer te bemoedig en te versterk, om op te bou en te laat groei.

5. Die Weg Waarlangs die Heil Bemiddel Word🔗

Christus persoon­lik bemiddel wel sy heil, maar Hy doen dit nie direk uit die hemel nie. Hy bedien hom van middele, genademiddele. Dit is middele waardeur Hy die heil laat sien, dit uitdeel en waar maak. Soos by die ontmoeting en die gesprek, gebeur dit ook by die uitdeling van die heil: dit geskied veral deur twee middele: die Woord en die sakramente. Dit is nie twee vorme van heil nie, maar die­selfde heil. Dit is net twee verskillende middele waardeur dit gewerk word.

Die bemiddeling van die heil deur die prediking van die Woord. Dit staan voorop. Met groot klem moet gehandhaaf word dat die prediking in die erediens sentraal staan en deur niks vervang kan word nie. Dit is die middel by uitnemendheid waardeur die heil be­kend gemaak en uitgedeel word.

Die besondere betekenis van die prediking in die erediens word goed deur E.C. Achelis saamgevat:

Die wese van die preek is die aanbieding van die objektiewe heilsbesit of van die Woord van God wat die gemeente stempel en kragtens waarvan dit 'n gemeente van Christus is; slegs dit is 'n preek wat die Woord van God, Christus, verkondig namens die kerk aan die kerk. Die doel van die preek is om dit wat die heilsbesit van die kerk is tot 'n nuwe aanvaarding te bring sodat dit kerk = gemeente met sy lede word, wat hy na sy wese is: congregatio sanctorum et vere credentium … Geen ander werk­saamheid van die erediens het so te make met die lewenskern van die gemeente van Christus as die preek nie; daarom is die preek die immer blywende en alles oorheersende hoofdeel van die erediens…Lehrbuch der praktischen Theologie, II, 1911, 82, 83

Die preek en sakramente is die werksame heilsmiddele: Christus wil dat die vrug van hierdie offer in die prediking van die evangelie en in die voltrekking van die sakramente aangebied en meegedeel word … Die regte verkondiging van die evangelie en die regte gebruik van die sakramente is vir die kerk van die evangelie die genademiddels waardeur alleen die Heilige Gees, wanneer en soos dit God behaag, aan die mense geskenk word waar deur die saligmakende geloof in die mense gewerk word…F. Kalb, Grundriss der Liturgiek, 1965, 15

Tereg sê H. Jonker: "Door een verbale en sacramentele bemiddeling. Het menselijk woord is het vehiculum, het voertuig van 'Gods genade ... Het hart wordt geraakt, het verstand verlicht en de wil gebogen."

Sakramente — hulle is in die taal van die Heidelbergse Kategis­mus, tekens en seëls van die verlossing deur Christus om dit vir ons te verduidelik en te bevestig. Waar Christus se eenmalige offer op hierdie wyse herdenk word, word die vrug daarvan bemiddel. Dit bring die deelnemers aan die sakrament in die allernouste verbin­ding met Jesus Christus.

Die nagmaal is die teendeel van 'n ge­dagtenismaal vir 'n dooie man. Dit is die maalgemeenskap met Hom wat van die dood opgestaan het, leef en met sy opstandingsoorwinning lewendig handelend deur die voltrekking van die nag­maalsviering onder sy dissipels teenwoordig is.P. Brunner

Die deelhebbing aan die sakramente betrek die deelnemers by die ganse heilswerk van Christus.

Die Woord wek die geloof en die sakramente versterk die geloof. Saam versterk die Woord en sakramente die gemeente. Albei, elkeen op sy eie manier word in die erediens gebruik om die veelkleurige heil te bemiddel. "The liturgy in its different parts brings the worshipping congregation into the area of the saving acts of God which are offered in the word and the sacraments to the believer. Thus liturgy receives a special importance as to the saving knowledge through which man is known by God" (V. Vajta). In die kerk gaan dit veral om "de enige remedie voor het bezeerde hart. Woord en sakrament. Media gratiae, instrumenten des Geestes, waaroor God in het leven van déze mens inkomt en waardoor deze mens zichzelf herkent, terugvindt, … in de veilige armen van de Almachtige. Want de werkelijke mens ontmoet zichzelf hièr! De werkelijke mens staat … in de levensverband met Jezus Christus. Dat is het letterlijk verlossende Woord dat u mag spreken. En het Sacrament betekent: smaakt en ziet dat het heil Gods voor de ganse mens is, voor gees en vlees, voor mond en leven" (W.G. Scheeres, De beleving van het evangelie en van het geloof in onze gemeenten, Bezinning, 2, 1960, 100).

6. Die Heil word Gerealiseer deur die Geloof🔗

In alle sekerheid word die aanbieding en die aansegging van die heil in die erediens bedoel en dit is kragtig en effektief, maar dit is nooit outomaties nie. Dit word aan die mens geskenk, dit word met aandring gebring tot by en voor die mens, hy word daarmee ten diepste in konfrontasie gebring, maar dit word nie sy eie nie tensy hy dit inderdaad aanneem nie. Dit is die weg van die geloof. Dit is die hand waar mee dit geneem word. Dus bly dit in die erediens van die grootste belang en betekenis dat die omvattende heil wat gebied word en tel­kens weer gebied word, inderdaad deur die geloof aanvaar moet word. Dan moet egter ook weer beklemtoon word dat die geloof 'n gawe van God is. "How often have we assumed that we could choose in worship the food we supposed would feed us in our need, and found ourselves instead bidden to a table already prepared with loaf and poured-out wine" (Evelyn Underhill).

7. Die Erediens as Tyd vir Beslissing🔗

Die hele ontmoeting met en aanspreke deur Christus en die bemiddeling van sy omvattende heil, bring die gemeente wat in hierdie kragveld kom en op wie hierdie magtige indrukke en woorde en dade inwerk, tot 'n duidelike kon­frontasie. Hy word gekonfronteer met die lewende en teenwoor­dige Here wat hom tegemoet tree, wat hom aanspreek en wat hom oorlaai en beskenk met sy gawes. Nou moet hy iets doen met hierdie gawes uit die hand van die Gewer. Hy moet dit of aanvaar, met al die konsekwensies daaraan verbonde, of hy moet dit afwys — ook met al die konsekwensies daaraan verbonde. Daarom kan niemand uit die erediens kom soos hy daar ingegaan het nie. Die hele verloop van die erediens word die groot nou, die tyd van beslissing waarop die gemeente 'n antwoord moet gee. Deur die hele loop van die erediens, maar veral deur die prediking en die sakramente, kom die mens in 'n krisis, by 'n kruispad. Hy kan nie bly soos hy is nie, maar word beweeg, aangespreek met sy hele wese. Hier gaan dit om dinge waarby die gemeente lewe. Dit is 'n beslissing waarvan lewe of dood afhang, dit gaan om die werklikheid waarby die ge­meente staan of val. Die hele erediens moet uitloop op die erken­ning en aanvaarding van die gawes wat in die diens aan hom be­middel word. Dit beteken erkenning van die Here se eis op die lewe van die gemeente, dit beteken "acknowledgement" (R.E. Cush­man) van die eise van die koninkryk en erkenning van die aansprake van die Here op alles van die gemeente. P.W. Hoon:

Both liturgical experience and liturgical reflection become narrowed down to confrontation with the life-giving and life-saving action of the Word as fateful … the liturgical encounter between Jesus Christ and the human soul is fundamentally a transaction of life and a salvation into life.