In wese verskil die ou verbond wat die Here met die aartsvaders in die Ou Testament gesluit het, niks van die verbond met ons nie. Die belofte van die evangelie was reeds in die ou verbond vervat en het ‘n geestelike en ewige lewe beloof. Die aartsvaders het nooit aan die vervulling van God se beloftes getwyfel nie, soos Adam, Abel, Noag, Abraham, Isak, Jakob, Dawid, Job, Esegiël, ens.

Christus is die openbaring van die beloftes wat die Here eenmaal aan die aartsvaders gegee het. Ons is in dié opsigte aan die Israeliete gelyk: ons deel in dieselfde genadeverbond en ons sakramente het dieselfde betekenis.

Die volgende Bybelgedeeltes word bespreek: Levitikus 26:12, Genesis 17:7, Psalm 97:10, Psalm 30:6, Job 19:25

1984. 26 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 10 Die Ooreenkoms tussen Ou en Nuwe Testament

1. Servet en die Wederdopers se dwaling veroorsaak dat ons die ooreenkoms of verskil tussen die Ou en Nuwe Testament moet ondersoek.🔗

Uit die voorgaande uiteensettings kan dit nou duidelik wees dat al die mense wat God van die begin van die wêreld af tot sy volk aangeneem het, volgens dieselfde wet en met die band van dieselfde leer wat onder ons geld, met 'n verbond aan Hom verbind was.1 Omdat dit egter van groot belang is om hierdie hoofpunt te bekragtig, sal ek 'n aanhangsel hierby voeg om aan te toon in hoeverre die aartsvaders se omstandighede in die onderlinge gemeenskap van ons s'n verskil het, aangesien hulle saam met ons in die erfenis deel en deur die genade van dieselfde Middelaar op ons gemeenskaplike saligheid gehoop het. Die getuienis wat ons uit die wet en die profete versamei het om dit te bewys, toon egter duidelik dat daar nooit 'n ander reël van eerbetoon en godsvrug onder die volk van God was nie.

Ten spyte hiervan word daar tog dikwels onder skrywers oor die verskil tussen die Ou en die Nuwe Testament geredekawel. Omdat dit vir 'n leser wat nie skerpsinnig genoeg is nie, probleme kan veroorsaak, het ons met reg 'n besondere plek bestem om hierdie saak beter en grondiger te ondersoek. Ja, behalwe dat dit vir ons andersins baie voordeel sal inhou, het die gedrag van 'n nikswerd Servet2 en sommige waansinniges van die sekte van die Wederdopers3 dit vir ons noodsaaklik gemaak. Hierdie waansinniges voel van die Israeliete dieselfde as van 'n trop varke, aangesien hulle die onsin versin dat die Israeliete op die aarde deur die Here vet gemaak word sonder dat hulle enige hoop op die hemelse onsterflikheid het. Ons moet dus hierdie verderflike dwaling van vroom gemoedere afweer en terselfdertyd al die problem in verband daarmee uit die weg ruim. Sulke probleme ontstaan gewoonlik wanneer iemand hoor dat 'n verskil tussen die Ou en die Nuwe Testament vermeld word. Daarom moet ons terloops ook ondersoek  instel na die ooreenkoms of die verskil wat tussen die verbond wat die Here vroeër voor die koms van Christus met die Israeliete gesluit het, en die verbond wat Hy nou met ons sluit nadat Christus geopenbaar is.

2. Die Verbond met die Aartsvaders verskil in wese en werklikheid niks van die Verbond met ons nie.🔗

Albei die probleme kan weliswaar bondig afgehandel word. In wese en werklikheid verskil die verbond met die aartsvaders niks van die verbond met ons nie: dit is volkome een en dieselfde.4 Tog verskil die bediening daarvan. Omdat niemand egter uit so 'n bondige verklaring vaste kennis daarvan kan kry nie, moet ons 'n langer verduideliking hiervan gee as ons enige voordeel daaruit wil haal. Om die gelykheid, of eerder eenheid, aan te toon sou dit oorbodig wees om elke afsonderlike deeltjie wat alreeds behandel is, weer van nuuts af onder die loep te neem. Dit sou ook onvanpas wees om die aspekte wat ons nog elders moet bespreek, hier in te voeg.

Ons moet hier dus veral op drie hoofpunte let. In die eerste plek moet ons onthou dat vleeslike rykdom en geluk nie die doelstelling was wat aan die Jode voorgehou is om dit as einddoel na te strewe nie, maar dat hulle tot die hoop op onsterflikheid aangeneem is en dat hulle van die vertroue op hierdie aanneming deur profesieë sowel as deur die wet en die profete verseker is. Ten tweede moet ons onthou dat die verbond waarmee hulle met die Here verenig is, nie op enige verdienste van hulle kant nie maar alleen op die barmhartigheid van God, wat hulle geroep het, berus het. Ten derde moet ons ook onthou dat hulle Christus, deur wie hulle met God verenig en deelgenote in sy beloftes kon word, as Middelaar gehad en geken het.

Omdat die tweede faset van hierdie drie miskien nog nie bekend genoeg is nie, sal dit op die regte plek daarvoor breedvoerig bewys word.5 Want ons sal met baie en duidelike getuienis van die profete bevestig dat al die weldade en beloftes wat die Here ooit aan sy volk gegee en belowe het, uit sy loutere goedertierenheid en milddadigheid  ontstaan het. Die derde aspek het ons ook reeds hier en daar duidelik aangetoon, en selfs die eerste het ons nie onaangeraak gelaat nie.

3. Volgens Paulus is die belofte van die evangelie reeds in die Wet vervat.🔗

Ons sal ons dus met groter inspanning daarop toelê om die eerste aspek te verduidelik, omdat dit in besonder op die onderhawige saak betrekking het en hulle juis daaroor meer met ons twis. Ons sal dit nogtans op so 'n wyse doen dat, as daar 'n leemte in die verduideliking van die ander twee voorkom, ons in die verbygaan daarin sal voorsien of te geleener tyd die nodige byvoegings sal aanbring.

Die apostel ruim in elk geval alle twyfel oor die punte uit die weg wanneer hy sê dat God die Vader die evangelie wat Hy in verband met sy Seun op die bestemde tyd bekend gestel het, lank tevore reeds deur die profete in die heilige Skrifte beloof het.6 Net so sê hy dat die geregtigheid van die geloof wat juis deur die evangelie geleer word, die getuienis van die wet en die profete het.7 Want die evangelie hou die mens se hart nie daaraan om oor die huidige lewe bly te wees nie, maar dit verhef die mens tot die hoop op onsterflikheid. Dit spyker die mens se gemoed nie aan die vermaaklikhede van die aarde vas nie maar kondig die hoop wat in die hemel weggebêre is, aan en voer die mens se gemoed in 'n sekere sin daarheen. Want hy beskryf dit elders soos volg: "Nadat julle in die evangelie geglo het, is julle verseël met die Heilige Gees van die belofte wat 'n pand is van ons erfdeel om sy verworwe besitting te verlos".8 Net so sê hy: "Ons het gehoor van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde vir die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele waarvan julle deur die woord van die waarheid van die evangelie gehoor het".9 Net so: "Hy het ons deur die evangelie geroep om in die heerlikheid van ons Here Jesus Christus te deel".10 Daarom word die evangelie ook die woord van saligbeid.11 Die mag van God om gelowiges salig te maak,12 en die koninkryk van die  hemele genoem.13 Maar as die leer van die evangelie geestelik is en 'n toegang bied tot die inbesitneming van 'n onbederflike lewe, moet ons nie dink dat die mense vir wie die evangelie belowe en aangekondig is, die versorging van hulle siele verbygegaan en nagelaat het14 en soos diere in die najaag van die genietinge van hulle liggame ongevoelig geword het nie.

Niemand moet hier ook die onsin kwytraak dat die beloftes wat in die wet en die profete in verband met die evangelie verseël is, vir 'n nuwe volk bestem is nie.15 Want 'n rukkie nadat hy die stelling neergelê het dat die evangelie in die wet belowe is, voeg hy by dat alles wat die wet insluit, eintlik ongetwyfeld gerig is op die wat onder die wet is.16 Ek erken wel dat hy dit in 'n redenasie wat op iets anders gemik is, sê. Hy was egter nie so vergeetagtig dat hy nie gedink het aan dit wat hy 'n paar reëls tevore in verband met die evangelie, wat in die wet aan ons belowe is, verklaar het nie, wanneer hy sê dat alles wat die wet leer, waarlik op die Jode van toepassing is.17 Die apostel dui dus baie duidelik aan dat die Ou Testament in besonder op die toekomstige lewe afgestem is wanneer hy sê dat die beloftes van die evangelie daarin vervat is.18

4. Die Einde van die Ou Testament was altyd in Christus en in die Ewige Lewe.🔗

Om dieselfde rede volg daaruit dat die beloftes op die vrye barmhartigheid van God berus het en deur die tussenkoms van Christus bekragtig is. Want die prediking van die evangelie verklaar niks anders as dat sondaars deur die vaderlike milddadigheid van God sonder enige verdienste van hulle eie regverdig gemaak word en dat die hele inhoud daarvan in Christus tot 'n einde kom nie. Wie sou dan waag om te sê dat die Jode geen deel aan Christus het nie, terwyl ons hoor dat die verbond van die evangelie met hulle gesluit is en dat Christus die enigste grondslag daarvan is? Wie sou waag om van die Jade vreemdelinge van die weldaad van saligheid uit genade te maak19 wanneer ons hoor dat die leer van die geregtigheid van die geloof aan hulle bedien is?

Maar om nie lank te twis oor 'n saak wat duidelik is nie: Ons het 'n sonderlinge verklaring van die Here, wanneer Hy sê: "Abraham het hom verheug dat hy my dag sou sien. Hy het dit gesien en was verbly".20 Dit wat Christus daar van Abraham getuig, dit toon die apostel, was ook op die hele volk van gelowiges van toepassing wanneer hy sê: "Christus is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde".21 Daar word nie maar net bloot oor die ewige Godheid van Christus gepraat nie maar oor sy krag wat tot in ewigheid aan gelowiges geopenbaar is. Daarom sê sowel die geluksalige maagd as Sagaria in hulle lofsange dat die saligheid wat in Christus geopenbaar is, die openbaring is van die beloftes wat die Here eenmaal aan Abraham en die aartsvaders gegee het.22 As die Here deur sy Gesalfde te openbaar sy eed van ouds gestandgedoen het, kan ons nie anders as om te sê dat die einde van die Ou Testament altyd in Christus en in die ewige lewe was nie.23

5. Volgens Paulus is ons nie alleen ten opsigte van die Genadeverbond nie maar ook ten opsigte van die sakramente aan die Israeliete gelyk.🔗

Ja, die apostel stel ons nie alleen ten opsigte van die genadeverbond aan die Israeliete gelyk nie maar ook ten opsigte van die betekenis van die sakramente. Want wanneer hy met voorbeelde van die strawwe waarmee hulle eertyds volgens die Skrif getugtig is, die Korintiërs daarvan wil afskrik om in soortgelyke vergrype te verval, begin hy met die volgende voorwoord, naamlik dat daar geen rede is waarom ons op enige voorreg vir ons aanspraak sou maak om ons van die wraak van God te vrywaar wat hulle ondergaan het nie.24 Die Here het immers nie alleen dieselfde weldade aan hulle bewys nie maar ook met dieselfde tekens sy genade duidelik aan hulle betoon. Dit is asof Hy gesê het: "As julle vertrou dat  julle buite gevaar is, omdat die doop waardeur julle beseël is, sowel as die Nagmaal wat julle elke dag ontvang, uitnemende beloftes het, maar intussen verag julle God se goedertierenheid en lei 'n baie losbandige lewe; weet dan dat die Jode ook nie sonder sulke tekens was nie maar dat die Here nogtans sy oordele baie streng teen hulle uitgeoefen het". Want hulle is gedoop toe hulle deur die see gegaan het en in die wolk waardeur hulle teen die hitte van die son beskerm is.25 Die mense beweer dat hierdie deurgaan 'n vleeslike doop was wat in vergelyking met ons geestelike doop ooreenkom. As ons dit as die waarheid aanvaar, sou die apostel se redenasie nie opgegaan het nie, omdat hy die Christene hier die indruk wil ontneem dat hulle met die voorreg van die doop die Jode oortref. Dit wat onmiddellik daarop volg, is ook nie aan hierdie drogredenasie blootgestel nie. Daar staan naamlik dat hulle dieselfde geestelike voedsel as ons geëet het en dat hulle dieselfde geestelike drank gedrink het. Volgens sy uitleg was dit Christus.26

6.27 Paulus het geweet dat die Here die manna uit die Hemel ook as 'n geestelike geheimenis beskik het.🔗

Om Paulus se uitspraak die nek in te slaan opper hulle die beswaar dat  Christus gesê het: "Julle vaders het manna in die woestyn geëet en gesterwe.28 Hy wat my vlees eet, sal tot in ewigheid nie sterwe nie".29 Die twee uitsprake kan egter sonder moeite met mekaar versoen word. Omdat die Here gepraat het met luisteraars wat gesoek het om slegs met die voedsel van die maag versadig te word maar hulle geen duit bekommer het oor die ware spyse van die siel nie, pas Hy sy woorde effens by hulle begripsvermoë aan. Hy tref trouens volgens hulle begrip 'n vergelyking tussen die manna en sy liggaam. Hulle versoek Hom om sy krag met 'n wonderwerk te bewys om gesag vir Hom te verwerf, soos Moses in die woestyn 'n wonderwerk gedoen het toe hy manna uit die hemel gekry het. In die manna het hulle egter niks anders gesien as 'n middel teen hulle vleeslike honger waardeur die volk destyds geteister was nie. Hulle kon egter nie tot die verhewener geheimenis waarop Paulus sy oë gerig het, deurgedring het nie. Christus tref dus hierdie vergelyking om aan te toon hoeveel uitnemender die weldaad is wat hulle van Hom moet verwag, as die weldaad wat volgens hulle deur Moses aan hulle vaders bewys is: "As dit na julle mening 'n groot en gedenkwaardige wonderwerk was dat die Here voedsel uit die hemel deur Moses aan sy volk voorsien het om te verhoed dat hulle in die woestyn van honger vergaan en dat hulle vir 'n klein tydjie onderhou is, lei dan hieruit af hoeveel voortrefliker die spyse is wat aan julle onsterflikheid besorg".

Nou sien ons waarom die Here die belangrikste aspek in die manna agterweë gelaat en slegs die geringste voordeel daarvan onder hulle aandag gebring het. Omdat die Jode Moses as 'n verwyt Hom teenwerp aangesien hy die volk met die manna gehelp het, is sy antwoord daarop dat Hy die bedienaar van 'n veel groter genadegawe is. As die vleeslike voeding van die volk daarmee vergelyk sou word, moet dit tereg waardeloos word, hoewel hulle dit alleen net van soveel waarde geskat het. Omdat Paulus geweet dat die Here nie slegs spyse vir hulle mae voorsien het toe Hy manna uit die hemel laat reën het nie, maar dat Hy dit ook as 'n geestelike geheimenis beskik het om die geestelike lewendmaking wat in Christus verkry word,30 uit te beeld, gaan hy die onderwerp wat die grootste oorweging verdien het, nie onaangeraak verby nie. Daarom kan ons met sekerheid en duidelikheid tot die gevolgtrekking geraak dat die Jode nie alleen gedeel het in dieselfde beloftes van die ewige en hemelse lewe as dié wat die Here ons nou waardig ag nie, maar dat hulle ook deur die ware geestelike sakramente beseël is. Augustinus voer in verband hiermee 'n uitvoerige bespreking teen die Manicheër Faustus.31

7. Die Aartsvaders het ook in die geestelike verbond en die Hoop op die Ewige Lewe gedeel.🔗

Maar as my lesers verkies dat ons aanhalings uit die wet en die profete vir hulle moet gee, sodat hulle daaruit beter kan sien dat die aartsvaders ook in die geestelike verbond deel gehad het soos ons van Christus en die apostels hoor, sal ek ook aan hierdie wens van hulle met des te groter graagte voldoen omdat ons teenstanders só baie gewis weerlê sal word dat hulle hierna nie meer kan ontvlug nie. En ek sal wel by 'n bewys begin waarvan ek weet dat dit vir die hooghartige Wederdopers waardeloos en amper belaglik sal wees maar tog by leergierige en verstandige mense baie gewig sal dra.

Ek aanvaar uitdruklik dat daar in die Woord van God so 'n lewendige krag is dat dit die siele van al die mense wat God waardig ag om daarin te deel, lewend maak. Want Petrus se woorde geld nog altyd. Hy sê dat dit onverganklike saad is wat tot in ewigheid bly,32 soos hy ook uit die woorde van Jesaja aflei.33 Aangesien God die Jode eenmaal met hierdie heilige band (van sy Woord) aan Hom verbind het, het Hy hulle ongetwyfeld vir die hoop op die ewige lewe afgesonder. Want wanneer ek sê dat hulle die Woord omhels het om hulle nouer met God te verbind, verstaan ek nie daaronder die algemene wyse van deelname wat oor die hemel en die aarde en oor al die skepsels van die wêreld strek en wat hulle nogtans nie van die noodsaaklikheid van die verderf vrywaar nie al sou dit alles, elkeen na sy aard, lewend maak nie. Ek verwys hier na die besondere deelname waardeur die siele van vroom mense verlig word om God te ken en hulle op die een of ander wyse aan Hom verbind.

Aangesien Adam, Abel, Noag, Abraham en al die ander aartsvaders deur so 'n verligting van die Woord aan God verbind was, verklaar ek dat daar geen twyfel daaroor kan bestaan dat hulle tot die onsterflike koninkryk van God toegetree het nie. Want dit was 'n vaste deelname aan God wat sonder die seën van 'n ewige lewe nie kan bestaan nie.

8. "Ek sal vir julle 'n God wees en julle sal vir My 'n volk wees. "🔗

As dit nogtans te ingewikkeld lyk, kom, laat ons dan oorgaan na die formulering van die verbond self. Dit sal nie alleen rustige geeste tevrede stel nie maar ook die mense wat hulle inspan om dit te weerspreek, se onkunde oorvloedig aan die kaak stel. Want die Here het altyd soos volg 'n verbond met sy diensknegte gesluit: "Ek sal vir julle 'n God wees; en julle sa! vir My 'n volk wees".34 Volgens die verklaring van die profete is die lewe en die verlossing en die volle som van geluksaligheid gewoonlik in hierdie woorde vervat. Want Dawid verklaar nie sonder rede nie baie dikwels dat die volk geluksalig is wat die Here as hulle God het,35 en dat die nasie geluksalig is wat Hy as erfdeel vir Hom uitverkies het36 - en dit nie ter wille van hulle geluk op aarde nie maar omdat Hy die mense wat Hy onder sy volk opgeneem het, van die dood verlos het, hulle voortdurend bewaar en vir ewig sy barmhartigheid aan hulle bewys. So kan ons by ander profete die volgende lees: " U is ons God; ons sal nie sterf nie";37 "Die Here is ons Koning, en ons Wetgewer; Hyself sal ons verlos";38 "Geluksalig is jy, O Israel, omdat jy in die Here, jou God, verlos sal word".39

Maar laat ons ons nie te veel met 'n onnodige onderwerp vermoei nie, oral in die profete kom ons trouens hierdie vermaning teë dat daar in die oorvloed van alle goeie dinge en daarom ook in die sekerheid van ons saligheid niks ontbreek nie, mits die Here maar net ons God is - en dit tereg ook. Want as sy aangesig 'n baie gewisse pand van ons saligheid is sodra dit oor ons straal, hoe sou Hy homself dan as enige mens se God kon betoon sonder om terselfdertyd die skatte van sy saligheid vir hom op te maak? Want soos Hy deur Moses getuig, is Hy ons God op  voorwaarde dat Hy onder ons woon.40 So 'n teenwoordigheid van God kan ons egter nie verkry sonder om terselfdertyd die lewe in besit te neem nie. En om niks verder te beskryf nie: hulle het duidelik genoeg die belofte van 'n geestelike lewe in die volgende woorde: "Ek is julle God".41 Want Hy het verklaar dat Hy nie alleen vir ons liggame 'n God sal wees nie, maar veral vir ons siele. Ons siele bly egter in die dood van God vervreem tensy hulle deur geregtigheid aan God verbind is. Maar as die verbondenheid aanwesig is, bring dit die ewige geluksaligheid mee.

9 ''Ek sal na julle julle saad se God wees. "🔗

Hierby kom die feit dat Hy nie alleen getuig het dat Hy hulle God is nie, maar ook dat Hy belowe het dat Hy dit altyd sal wees, sodat hulle hoop, nie tevrede met die huidige seëninge nie, tot in ewigheid uitgestrek kon word. Baie uitsprake toon dat die betekenis van die toekoms hierdie krag onder hulle gehad het, waar gelowiges hulle onderhulle huidige ellendes sowel as vir die toekoms daarmee kan vertroos dat God hulle nooit sal verlaat nie. In die tweede deel van die belofte, naamlik "Ek sal na julle julle saad se God wees",42 het Hy selfs nog duideliker bevestig dat hulle die seën van God oor hulle buite die grense van die lewe op aarde moet uitbrei. Want as Hy sy goedgunstigheid teenoor hulle wou verklaar selfs as hulle dood is, deur aan hulle nageslag goed te doen, sou sy guns hulle dus nog minder ontbreek het. Want God is nie soos mense wat hulle liefde op kinders van hulle vriende oordra omdat hulle verrnoë om hulle pligte teenoor hulle vriende na te kom deur die dood onderbreek word nie. Maar God, wie se weldade nie deur die dood verhinder word nie, neem die vrug van sy barmhartigheid gewis nie van gestorwenes af weg nie, maar Hy brei dit om hulle ontwil tot duisende geslagte uit.43 Die Here wou dus die grootheid en oorvloed van sy goedertierenheid wat hulle ook na die dood sou ervaar, aan hulle bewys toe Hy so 'n barmhartigheid beskrywe het wat oorvloedig teenoor hulle geslag sou wees. Die Here het die waarheid van hierdie belofte inderdaad ook verseël en vervul toe Hy Homself lank na hulle dood die God van Abraham, Isak en Jakob genoern het.44

Hoe dan nou? Was dit dan nie 'n belaglike benaming as hulle alreeds doodgegaan het nie? Want dit sou dieselfde uitwerking gehad het as Hy sou gesê het: "Ek is die God van mense wat nie meer bestaan nie". Daarom vertel die skrywers van die Evangelies dat die Sadduseërs met slegs die een redenasie deur Christus gemuilband is,45 naamlik dat hulle nie kon ontken dat Moses van die opstanding van die dooies getuig het nie, want hulle het van Moses self geleer dat al die heiliges in God se hand is.46 Daaruit kon hulle maklik aflei dat God wat die Beskikker van lewe en dood is, die mense wat Hy in sy sorg, sy bewaring en sy beskerming geneem het, selfs nie eens deur die dood laat uitwis nie.

10. Adam, Abel en Noag as voorbeelde van die mens se rampsaligheid in hierdie lewe.🔗

Nou moet ons oorweging skenk aan die belangrikste aspek in hierdie geskil, naamlik of die gelowiges self ook so deur die Here onderwys is dat hulle aanvoel dat daar elders vir hulle 'n beter lewe is, die aardse lewe op die agtergrond skuif en oor die beter lewe nadink.

Ten eerste was die lewensomstandighede wat God op hulle gelê het, 'n voortdurende oefening om hulle daaraan te herinner dat hulle die ellendigste van al sy skepsels sou wees as hulle slegs in hierdie lewegelukkig sou wees. Adam wat slegs deur die herinnering aan die geluk wat hy verloor het,47 die ongelukkigste mens was, kon sy behoeftigheid beswaarlik met beangstigende arbeid dra. En om nie alleen in sy handearbeid deur die vloek van God platgedruk te word nie het hy die uiterste droefheid ervaar uit 'n bron wat hom kon vertroos. Een van sy twee seuns word deur die goddelose moord van sy broer van hom af weggeruk. Hy hou 'n seun oor wat hy met reg verfoei en verafsku. Abel is in die fleur van sy lewe wreed vermoor.48 Hy is 'n voorbeeld van die mens se rampsaligheid. Terwyl die hele wêreld onbesorg aan vermaaklikheid uitgelewer was, het Noag 'n groot deel van sy lewe verslyt deur met groot moeite die ark te bou.49 Die feit dat hy aan die dood ontkom, was vir hom 'n bron van groter ergernis as wanneer hy honderd maal sou gesterwe het. Want behalwe die feit dat die ark tien maande lank vir hom soos 'n graf was, kan niks onaangenamer wees as om so lank byna in die mis van die diere te versmoor nie. Nadat hy met sulke groot problem geworstel het, doem nuwe stof tot droefheid voor hom op. Hy sien dat hy deur sy eie seun bespot word en hy word gedwing om hom met sy eie mond te vervloek hoewel hy hom deur die groot milddadigheid van God ongedeerd uit die sondvloed behou het.50

11. Die voorbeeld van Abraham, die Vader van al die Gelowiges.🔗

Abraham alleen moet inderdaad vir ons soos tienduisend voorbeelde wees as ons na sy geloof kyk, wat as die heel beste geloofsreël aan ons voorgehou word. Om kinders van God te wees, moet ons in elk geval onder sy nageslag gereken word.51 Wat is dwaser as om te glo dat Abraham die vader van al die gelowiges is,52 maar hom selfs nie eens die laaste plek onder hulle te laat inneem nie? Tog kan hy nie uit hulle getal, ja, uit sy besondere ereplek verwerp word sonder dat die hele kerk tot niet gemaak word nie. Sover dit sy lewenservarings aangaan, die volgende: Toe hy die eerste keer op bevel van God geroep word, word hy van sy vaderland, sy ouers en vriende weggeskeur.53 Mense dink dat dit juis die belangrikste genot van die lewe is. Dit is asof die Here hom volgens sy bestemde raadsplan van al die genietinge van die lewe wou beroof. Sodra hy die land betree waarin hy beveel word om te woon, word hy deur hongersnood daaruit gedryf.54 Om hulp te soek vlug hy na 'n plek waar hy sy vrou uit nood aan 'n ander moes gee om sy eie lewe te behou.55 Dit was sekerlik vir hom bitterder as om baie kere te sterwe. Toe hy weer na die land van sy woning teruggekeer het, is hy weer deur hongersnood daarvandaan verdryf. Watter geluk is nou daarin om 'n land te bewoon waar jy so dikwels moet honger ly, ja, van hongersnood moet vergaan as jy nie daarvandaan wegvlug nie? By Abiméleg beland hy in dieselfde nood, sodat hy met verlies van sy vrou sy lewe moes loskoop.56 Terwyl hy baie jare lank in onsekerheid rond en bont swerwe, word hy deur voortdurende getwis van sy diensknegte gedwing om sy neef, wat Hy as sy seun beskou het, van hom af weg te stuur.57 Ongetwyfeld het die skeiding tussen hulle hom net sa swaar getref asof hy moes verduur dat  een van sy ledemate afgesny word. 'n Rukkie later verneem hy dat sy neef deur die vyand as gevangene weggevoer is.58 Waarheen hy ook al gegaan het, het hy onmenslike wreedheid onder sy bure gevind wat hom nie toegelaat het om water te drink uit die putte wat hy self met groot moeite gegrawe het nie. Want hy sou nie die gebruik daarvan van die koning van Gerar gekoop het as dit hom nie tevore verbied is nie.59 Toe hy alreeds 'n onvrugbare ouderdom bereik het, sien hy dat hy met kinderloosheid ge straf is60 - iets wat vir die ouderdom baie onaangenaam en bitter is -, totdat Ismael bo al sy verwagtinge gebare word.61 Sy geboorte het hom nogtans duur te staan gekom omdat hy deur die verwyte van Sara vermoei is net asof hy die koppigheid van haar diensmaagd gesteun het en hy self die oorsaak van die onrus in sy huis was.62 Uiteindelik word Isak gebore.63 maar die prys daarvoor was dat sy eersgeborene Ismael, verstoot en byna vyandig as 'n verlatene verwerp is.64 Toe Isak alleen vir hom oorgelaat is, sodat die moeisame ouderdom van die vroom man in hom tot berusting kon kom, word hy 'n rukkie later beveel om hom te offer.65 Kan die mens se verstand iets ellendiger bedink as 'n vader wat die beul van sy eie kind moet word? As hy as gevolg van siekte te sterwe sou kom, wie sou dan nie gereken het dat die ou man in die diepste droefheid verval het, omdat 'n seun tot 'n bespotting aan hom gegee is om die smart van kinderloosheid dubbel so erg te maak nie? As hy dan nog deur 'n vreemde verrnoor sou word, sou sy teenspoed deur die onwaardigheid daarvan baie toegeneem het. Maar om deur die hand van sy eie vader doodgemaak te word gaan alle voorbeelde van rampsaligheid te bowe.

Kortom: sy hele lewe lank is hy so vervolg en geteister dat as iemand 'n voorbeeld van 'n rampspoedige lewe op 'n doek sou wil skilder, hy niks gepaster as sy lewe sou kon vind nie. Niemand mag die beswaar opper dat hy nie heeltemal ongelukkig was nie, omdat hy tog uiteindelik aan soveel en sulke groot storms ontkom het nie. Want ons sou nie së dat iemand 'n gelukkige lewe lei as hy vir 'n lang tyd met moeite teen eindelose probleme moet worstel nie. Maar ons sal dit wel sê van iemand wat sonder om teenspoed te ervaar sy seëninge hier op aarde rustig kan geniet.

12. Die Voorbeeld van Isak en Jakob🔗

Hoewel Isak deur kleiner teenspoed getref is, het hy tog beswaarlik groter soetheid gesmaak. Hy het juis ook die beproewinge ervaar wat nie toelaat dat iemand op die wêreld geluk smaak nie. Hongersnood het hom uit die land Kanaän verdryf;66 sy vrou is van hom weggeruk;67 sy bure het hom soms so lastig geval en op elke moontlike manier verdruk dat hy selfs gedwing is om vir sy water te baklei.68 In sy huis moes hy baie ergernis van sy skoondogters verdra.69 Hy is deur die onenigheid onder sy seuns beangs gemaak.70 Teen so 'n groot kwaad kon hy geen ander middel vind as om een van hulle, wat hy geseën het, te verban nie.71 Jakob weer is niks anders as 'n sonderlinge voorbeeld van die uiterste ongeluk nie. Te midde van die dreigement en verskrikkinge van sy eersgebore broer het hy sy jeug in die grootste onrus deurgebring. Uiteindelik is hy daardeur gedwing om weg te vlug.72 Behalwe dat dit bitter is om 'n banneling te wees, is hy as 'n vlugteling uit sy ouerhuis en van sy geboortegrond af nie sagter en vriendeliker by sy oom Laban ontvang nie.73 Asof dit nie genoeg was om sewe jaar lank die hardste en bitterste knegskap te ly nie, is hy met 'n listige skelmstreek uit sy vrou  bedrieg.74 Om 'n ander vrou te kry moes hy 'n nuwe knegskap begin.75 Die hele dag lank is hy deur die hitte van die son verskroei en in die nag is hy deur koue en ryp oorval, soos hy self sy nood bekla.76 Terwyl hy twintig jaar lank so 'n harde lewe verduur, is hy elke dag nog deur nuwe onregte van sy skoonvader geteister.77 In sy huis het hy geen rus gehad nie, maar hy moes sien dat dit deur die haat, die geskei en die jaloesie van sy vrouens verskeur en byna verwoes word.78 Toe hy beveel is om na sy vaderland terug te keer, moes hy daarvandaan weggaan asof hy in skande vlug.79 Tog kon hy nie aan sy skoonvader se ongeregtigheid ontkom sonder om op reis deur sy verwyte en sy beledigings gekwel te word nie.80 Weldra het 'n veel wreder probleem hom oorval. Want terwyl hy na sy broer toe gaan, het hy vir hom soveel sterftes voorgestel as wat 'n wrede vyand vir hom kon voorberei. Hy is dus deur verskriklike vrees gefolter en verskeur solank hy sy broer se aankoms afgewag het.81 Toe hy eindelik verskyn, het hy halfdood voor hom neergeval totdat hy agtergekom het dat hy gunstiger gestem is as wat hy ooit kon waag om te hoop.82 Toe hy vir die eerste keer die land betree, is Ragel, die enigste vrou wat hy liefgehad het, daarby nog hom ontneem.83 Daarna verneem hy dat die seun wat hy van haar ontvang het en wat hy daarom bo al sy ander kinders liefgehad het, deur 'n wilde dier verskeur is.84 Hy verklaar self hoeveel smart hy as gevolg van sy dood gely het, want na langdurige gehuil sluit hy hardnekkig die moontlikheid vir alle vertroosting uit en laat niks anders vir homself oor as om in droefheid na sy seun in die graf af te daal nie. Was die roof en ontering van sy dogter,85 die wreedheid van sy seuns en die wraak wat hulle geneem het,86 wat hom nie alleen onder al die inwoners van die land 'n stinkende voorwerp gemaak het nie maar ook dreigende doodsgevaar vir hom veroorsaak het,87 nie genoeg rede tot soveel benoudheid, droefheid en walging nie? Daarop het die verskriklike sonde van sy eersgebore seun, Ruben, gevolg: niks ernstiger as dit kon hom te beurt geval het nie!88 Aangesien die ontering van 'n man se vrou onder die grootste rampe gestel is, wat moet ons dan daarvan sê as so 'n oortreding deur sy eie seun begaan is?

'n Bietjie later is sy gesin weer met bloedskande verontreinig.89 Die gevolg was dat sy gemoed, wat andersins baie standvastig was en nie deur sy teenslae geknak kon word nie, onder soveel skandelike dade moes beswyk.

Teen die einde van sy lewe, toe hy sy eie hongersnood sowel as die van sy mense wou verlig, is hy deur 'n boodskap van nuwe teenspoed verpletter toe hy gehoor het dat een van sy seuns gevange geneem is.90 As hy hom wou terugkry, is hy gedwing om Benjamin, die enigste seun wat hy liefgehad het, aan 'n ander oor te gee.91 Wie sou kon dink dat daar in so 'n groot sameloop van ellendes een enkele oomblik aan hom gegun is om ten minste weer rustig tot verhaal te kom? Daarom verklaar hy as die beste getuie van homself voor Farao dat sy dae op die aarde kort en boos was.92 Wanneer hy verklaar dat hy sy lewe in voortdurende ellendes deurgebring het, sê hy inderdaad dat hy nie die voorspoed ervaar het wat die Hete aan hom belowe het nie. Jakob was dus 'n kwaadwillige of ondankbare waardeerder van God se genade, of hy het opreg bely dat hy ellendig was op die aarde. As sy verklaring waar is, is  die gevolgtrekking dat hy sy hoop nie op aardse dinge gestel het nie.

13. Die Aartsvaders het na 'n beter vaderland, naamlik 'n Hemelse vaderland, verlang.🔗

As die heilige aartsvaders 'n geluksalige lewe uit die hand van God verwag het - iets waaroor daar in elk geval geen twyfel kan bestaan nie -, het hulle aan 'n ander soort geluksaligheid as dié van die lewe op aarde gedink en 'n ander soort geluksaligheid gesien. Die apostel toon dit ook baie mooi aan. Hy sê: "Deur die geloof het Abraham in die land van die belofte soos in 'n vreemde land gewoon en saam met Isak en Jakob, wat sy deelgenote in dieselfde erfdeel was, in tente gewoon, want hulle het 'n stad verwag wat fondamente het waarvan God die boumeester en oprigter is."93 Hulle het almal in die geloof gesterf sonder dat hulle die beloftes ontvang het. Hulle het dit egter van ver af gesien, geglo en bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op die aarde was. Daarmee gee hulle te kenne dat hulle 'n vaderland soek. As hulle ook deur die verlange na die vaderland wat hulle verlaat het, ontroer is, het hulle tog die geleentheid gehad om daarheen terug te keer. Maar hulle soek 'n beter vaderland, naamlik 'n hemelse. Daarom skaam God Hom nie om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle 'n stad voorberei.94 Want hulle sou stompsinniger gewees het as 'n stomp hout as hulle nie die vervulling van die beloftes wat hulle so hardnekkig nagejaag het maar nogtans geen hoop gehad het dat dit op die aarde gesien sou word nie, elders sou verwag het nie. In besonder is dit trouens nie sonder rede dat die apostel so sterk daarop aandring dat hy hierdie lewe 'n vreemdelingskap genoem het nie, soos Moses ook vertel.95 Want as hulle vreemdelinge en bywoners is in Kanaän, waar is die belofte van die Here dan waarvolgens hulle as erfgename daarvan aangewys is? Dit toon dus duidelik dat die belofte wat die Here in verband met die besitting daarvan aan hulle gemaak het, nog verder strek. Daarom het hulle nie 'n voet grond in Kanaän gekry behalwe vir hulle grafte nie.96 Daarmee het hulle getuig dat hulle die vrug van die belofte net na hulle dood sal pluk. Dit is ook die rede waarom Jakob dit van soveel waarde geag het om daar begrawe te word dat hy sy seun Josef gedwing het om dit met 'n eed aan hom te belowe.97 Dit is ook die rede waarom Josef begeer het dat sy beendere eeue later daarheen oorgebring moes word, selfs al sou dit alreeds tot stof vergaan het.98

14. Die Aartsvaders het die geluksaligheid van 'n toekomstige lewe tydens hulle hele lewe in gedagte gehou.🔗

Kortom: dit is duidelik dat die geluksaligheid van 'n toekomstige lewe in hulle hele lewenswandel voor hulle oë was. Want met watter doel sou Jakob so erg na die eersgeboortereg gestreef en dit met soveel gevaar nagejaag het terwyl dit vir hom ballingskap en byna vervreemding teweeg sou bring en inderdaad hoegenaamd niks goeds veroorsaak het nie,99 tensy hy sy oë op 'n verhewener seën gevestig het? In die woorde wat hy met sy laaste asemtog uitgespreek het, het hy verklaar dat dit sy gevoel was. Hy sê: "Op u verlossing sal ek wag, O Here".100 Watter verlossing sou hy kon verwag toe hy agtergekom het dat hy besig is om te sterwe, behalwe as hy in die dood die begin van 'n nuwe lewe kon raaksien?

Waarom twis ons oor heiliges en oor die kinders van God terwyl niemand, selfs nie eens 'n man wat hom andersins ingespan het om die waarheid te bestry, sonder die kennis was nie? Want wat het Biléam bedoel toe hy gesê het: "Laat my siel die dood van die regverdiges sterwe en laat my einde soos hulle s'n wees"?101 Hy het sekerlik net dieselfde gevoel gehad as wat Dawid later getoon het toe hy gesê het dat  die dood van die heiliges kosbaar is voor die oë van die Here maar dat die dood van die goddelose baie sleg is.102 As die dood die laaste streep en eindpunt was, sou daar geen onderskeid tussen regverdiges en goddeloses aangewys kon word nie. Hulleword juis deur die lot wat na die dood op elkeen wag, van mekaar onderskei.

15. In sy Psalms toon Dawid dat hy dieselfde verwagting gehad het.🔗

Ons het nog nie eens verder gevorder as die tyd van Moses nie. Ons teenstanders sê dat hy geen ander plig gehad het as om die vleeslike volk deur die vrugbaarheid van die land en die oorvloed van alle dinge daartoe te lei om God te dien nie. Tog is 'n duidelike verklaring van die geestelike verbond reeds gegee tensy iemand die lig wat spontaan voor hom opdoem, wil ontwyk.103

Maar as ons na die profete sou oorgaan, kom die ewige lewe en die koninkryk van Christus daar met die volste glans op die voorgrond. Ten eerste is daar Dawid. Hoewel hy voor die ander profete gelewe het en volgens die orde van die bedeling van God die hemelse geheimenisse vaer as hulle afgebeeld het, het hy sy hele optrede tog met groot duidelikheid en sekerheid op hierdie doelwit gerig. Die volgende uitspraak getuig hoe hoog hy die aardse woning geag het. "Ek is 'n vreemdeling en 'n bywoner hier soos al my vaders." "Elke mens is in sy lewe ydelheid; elkeen wandel soos 'n skadu rond." "En nou wat is my verwagting, O Here? My hoop is op U."104 Iemand wat in elk geval bely dat daar geen bestendigheid of standvastigheid op die aarde is nie, en nogtans vas op God bly hoop, rig sy oë daarop dat sy geluk elders vir hom weggebêre is. Gewoonlik herinner Dawid die gelowiges om daaraan gedagtig te wees wanneer hy hulle waarlik wil vertroos. Want nadat hy elders oor die kortstondigheid en verganklike en kwynende beeld van die mens gepraat het, voeg hy by: "Maar die goedertierenheid van die Here is tot in ewigheid oor die wat Hom vrees''.105 Dit wat in Psalm 102 staan, stem hiermee ooreen: "In die begin het U, o Here, die aarde gegrondves en die hemele is die werk van U hande. Hulle sal vergaan, maar U sal bly, soos 'n kleed sal hulle verslyt, en U sal hulle soos 'n gewaad verander. Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bevestig word".106 As die godvrugtiges dan nie ophou om voor die aangesig van die Here bevestig te word al sou die hemel en die aarde vergaan nie, volg daaruit dat hulle saligheid met die ewigheid van God gepaard gaan. En tog kan die hoop glad nie bestaan tensy dit op die belofte wat in Jesaja verduidelik word, gebaseer is nie. "Die Here sê: Die hemele sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en die bewoners van die aarde sal soos hierdie dinge sterwe, maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid sal nie beswyk nie."107 Daar word ewigheid aan geregtigheid en heil toegeskryf, nie in soverre dit by God gevestig is nie maar in soverre dit deur die mens ervaar word.

16. "Die Here bewaar die siele van Sy heiliges. Hy sal hulle uit die hand van die sondaar red."🔗

Dit wat hy oral in verband met die voorspoedige voortgang van die gelowiges profeteer, mag ons trouens ook nie anders verstaan as dat dit net op die openbaring van die hemelse heerlikheid van toepassing is nie. Voorbeelde hiervan is: "Die Here bewaar die siele van sy heiliges. Hy sal hulle uit die hand van die sondaar red";108 "'n Lig het opgegaan vir die regverdige en blydskap vir die regskapene van hart".109 Net so. "Die geregtigheid van die godvrugtige bestaan tot in ewigheid; sy horing sal verhoog word in eer; die wens van die sondaars sal vergaan".110 Net so: "Sekerlik, die regverdiges sal u Naam bely, die opregtes sal voor u aangesig woon".111 Net so: "Die regverdige sal in ewige gedagtenis wees".112 Net so: "Die Here sal die siele van sy knegte verlos".113 Want die Here laat sy diensknegte dikwels aan die goeddunke van die goddeloses oor om nie alleen deur hulle gekwel te word nie maar ook verskeur te word en hulle in die verderf te stort. Hy laat hulle toe om in duisternis en vuilheid weg te kwyn, terwyl die goddeloses byna soos die sterre glinster. Met die kalmte van sy gelaat verbly Hy hulle nie so dat hulle voortdurende blydskap geniet nie. Daarom verberg Hy dit self ook nie dat Hy die gelowiges met baie swaar beproewing sal slaan as hulle hulle oë net op die wêreld sou vestig nie, net asof daar by God geen guns of loon vir onskuld sou wees nie. So geniet goddeloosheid die grootste voorspoed en dit gaan van krag tot krag, terwyl die gelowige volk deur beskimping, armoede, veragting en elke soort kruis verdruk word.114 Hy sê: "Dit het weinig geskeel of my voete het gestruikel, my treë het gegly omdat die geluk van die dwase my verteer en ek die voorspoed van die goddelose sien".115 Uiteindelik sluit hy sy vertelling soos volg af: "Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was vir my gees 'n foltering totdat ek in die heiligdom van God ingaan en op hulle einde let".116

17. Die Aartsvaders het nooit getwyfel dat daar 'n tyd sal kom waarop God Sy beloftes sal vervul nie.🔗

Aan die hand van hierdie belydenis van Dawid moet ons dus leer dat die heilige aartsvaders onder die Ou Testament daarmee bekend was dat God selde of nooit in hierdie wêreld verwesenlik wat Hy aan sy diensknegte belowe nie. En ons moet leer dat hulle hulle gemoedere daarom tot die heiligdom van God verhef het. Hulle kon dit wat in die skadu van hulle teenwoordige lewe nie gesien kon word nie, in die verborgene aanskou. Dit was naamlik God se laaste oordeel. Hoewel hulle dit nie met hulle oë kon sien nie, was hulle deur die geloof nogtans tevrede om dit te verstaan. In die vertroue hierop het hulle berus en nie getwyfel nie dat, wat ook al op die wêreld gebeur, daar 'n tyd sal kom waarop God se beloftes vervul sou word. Só getuig die woorde: "Ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou, ek sal versadig word met u beeld".117 Net so: "Ek sal wees soos 'n groen olytboom in die huis van die Here".118 Net so. "Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder van die Libanon. Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra. Hulle sal vet en groen wees."119 'n Rukkie vantevore het hy gesê: "Hoe diep is u gedagtes, o Here; terwyl die goddelose bloei en soos plante groei, is dit om hulle vir ewig te verdelg".120

Waar is die skoonheid en sierlikheid van die gelowiges dan anders as daar waar die gedaante van hierdie wêreld deur die openbaring van die koninkryk van God omgekeer is? Toe hulle hulle oë na die ewigheid gekeer het, het hulle die kortstondige skerpheid van hulle teenspoed verag en onbesorg in die volgende woorde uitgebars: "Tot in ewigheid sal U nie toelaat dat die regverdige sterwe nie. Maar U sal die goddelose in die put van die verderf laat instort".121 Waar is daar op hierdie wêreld 'n put van die ewige verderf wat die goddelose sou verswelg, tot wie se voorspoed dit ook elders gereken word dat hulle hulle laaste dag sonder 'n lang gewag oombliklik afsluit?122 Waar is so 'n groot bestendigheid van die heiliges van wie Dawid self kla dat hulle nie alleen rondgeslinger word nie maar ook onderdruk en oral heeltemal verbrysel word? Dawid stel vir homself voor oë nie wat die onbestendige en die meer as stormagtige veranderlikheid van die wêreld meebring nie, maar wat die Here gaan doen wanneer Hy eenmaal sal sit om die hemel en die aarde vir ewig te orden. So beskryf hy dit op 'n ander plek treffend soos volg: Die dwase steun op hulle vermoë en hulle beroem hulle op die grootheid van hulle rykdom. En tog is daar niemand, hoe heerlik en magtig hy ook al is, wat sy broer van die dood kan loskoop nie, daar is niemand wat die losprys aan God kan betaal nie. Want hoewel hulle sien dat die wyse sterwe en dat die bose en dwase mense saam omkom en hulle rykdom aan ander nalaat, dink hulle dat hulle huise vir ewig sal wees en hulle wonings vir altyd; en hulle maak hulle name op die aarde beroemd. Maar die mens wat in aansien is, sal nie vir altyd bestaan nie. Hy is soos 'n dier wat vergaan. Hierdie gedagte van hulle is die grootste dwaasheid, en tog boots hulle nageslag dit gretig na. Soos 'n trop beeste sal hulle in die hel versamel, word en daar sal die dood oor hulle heers. As die lig opgaan, sal die regverdiges oor hulle heers; hulle skoonheid sal vergaan en die hel sal hulle woning wees.123 Die bespotlikheid van dwase, wat in die onsekere en onbestendige waarde van die wêreld berusting vind, toon ten eerste aan dat 'n verstandige mens 'n heeltemal ander geluk moet soek. Maar hy stel die geheimenis van die weeropstanding daar nog duideliker wanneer hy die koninkryk van die godsaliges beskrywe nadat die goddelose vergaan het en uitgewis is. Wat sal ons dan sê, vra ek jou, is dié lig wat sal opgaan anders as die openbaring van 'n nuwe lewe wat na die einde van ons huidige lewe volg?

18. "'n Oomblik is daar in die toorn van die Here, maar 'n lewe in Sy barmhartigheid."🔗

Hieruit spruit die gedagte wat die gelowiges as middel gebruik om hulle ellendes te stil en te verdra. "'n Oomblik is daar in die toorn van die Here, maar 'n lewe in sy barmhartigheid".124 Hoe kan hulle hulle verdrukkinge in 'n oogwenk beëindig, terwyl hulle byna hulle hele lewe lank gekwel was? Waar kon hulle so 'n voortdurendheid van God se goedertierenheid sien, terwyl hulle nouliks die geringste smakie daarvan ondervind het? As hulle aan die aarde verknog was, sou hulle niks hiervan kon vind nie, maar omdat hulle hulle oë op die hemel gerig het, het hulle geweet dat dit net 'n oomblik is waarin die heiliges met 'n kruis deur die Here beproef word, en dat sy barmhartighede waarvolgens hulle versamel word, tot in ewigheid is.125 Aan die ander kant kon hulle van ver af die ewige en oneindige verderf van die goddelose raaksien, wat soos in 'n droom maar net vir een dag gelukkig sou wees.126 Vandaar die woorde: "Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose sal verrot".127 "Kosbaar is in die oë van die Here die dood van die heiliges, maar die dood van die goddelose is baie sleg".128 Net so by Samuel: "Die Here sal die voete van die heiliges  bewaar, maar die goddelose sal in duisternis verstom.''129 Die woorde dui aan dat die heiliges goed geweet het dat al sou hulle op verskillende  maniere rondgeslinger word, die lewe en saligheid tog hulle uiteinde is, maar dat die geluk van die goddelose 'n aangename weg is waarlangs hulle geleidelik in die afgrond van die dood versink. Daarom noem hulle hulle dood "die dood van die onbesnedenes",130 omdat die hoop  op opstanding vir hulle afgesnywas. Daarom kon Dawid nie 'n swaarder vloek as die volgende uitdink nie: "Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie".131

19. "Ek weet dat my Verlosser leef"... (Job 29:25).🔗

Maar Job se uitspraak staan bo die ander uit. Hy sê: "Ek weet dat my Verlosser leef en dat ek op die laaste dag uit die stof sal opstaan; in my vlees sal ek God, my Saligmaker, sien. Hierdie hoop is in my boesem weggebêre''.132 Mense wat met hulle skerpsinnigheid te koop wil loop, voer die drogredenasie aan dat ons die woorde nie ten opsigte van die laaste opstanding moet verstaan nie maar van elke eerste dag waarop Job verwag het dat die Here sagmoediger met hom sou wees.133 Hoewel ons dit gedeeltelik sou toegee, salons dit nogtans van hulle afdwing, of hulle nou ook al wil of nie, dat Job nie so 'n groot hoop kon bereik het as hy met sy gedagte aan die aarde verknog gebly het nie. Ons moet dus noodwendig erken dat hy sy oë na die onsterflikheid in die toekoms opgehef het omdat hy bemerk het dat sy Verlosser hom sou bystaan selfs al sou hy ook reeds in sy graf lê. Want die dood is vir die mense wat net oor hulle huidige lewe nadink, die uiterste wanhoop, terwyl die dood juis nie sy hoop kon afsny nie. Hy sê: "Al maak Hy my dood, sal ek nietemin op Hom hoop".134

G'n onsinprater moet my hier daarmee in die rede val dat dit maar net 'n paar profete se woorde was waarmee nog glad nie bewys kon word dat daar so 'n leer onder die Jode was nie. Want hy sal dadelik die antwoord van my kry dat die paar profete nie met sulke uitsprake die een of ander verborge wysheid aan die lig gebring het waartoe slegs uitmuntende verstande op sigself 'n persoonlike toegang gehad het nie. Omdat hulle egter deur die Heilige Gees as leraars van die volk aangestel is, het hulle openlik die verborgenhede van God verkondig wat almal moes leer en wat die beginsels van die gewone godsdiens moes wees. Wanneer ons dus die openlike profesieë van die Heilige Gees hoor waarmee Hy die geestelike lewe in die Joodse kerk so duidelik en helder verklaar het, sou dit 'n bewys van ondraaglike koppigheid wees om hulle slegs op 'n vleeslike verbond af te skuif wanneer daar slegs van die aarde of van aardse oorvloed melding gemaak sou word.

20. Die Getuienis van ander profete🔗

As ek nou oorgaan tot die latere profete, kan ek vrymoedig ronddwaal  soos in my eie veld. Want as ek in Dawid, Job en Samuel maklik kon oorwin, dan is dit nog makliker om onder die profete te oorwin. Want die Here het in die uitdeling van sy barmhartigheidsverbond die beleid135 en orde gehandhaaf dat Hy dit ook van dag tot dag met groter toename in die openbaring toegelig het, namate die mens met verloop van die tyd nader aan die volle openbaring gekom het. Daarom het daar in die begin toe die eerste belofte van saligheid aan Adam gegee is, maar geringe vonkies daarvan geskitter.136 Daarna het dit meer geword en die groter omvang van die lig het duideliker begin word. Daarop het dit al hoe meer te voorskyn gekom en sy glans het al hoe breër uitgebrei totdat al die wolke uiteindelik verdryf is en Christus as die son van geregtigheid die hele wêreld ten volle verlig het.137

Ons hoef dus nie te vrees dat die profete se getuienis ons sal ontbreek as ons dit wil aanhaal om ons saak te bewys nie. Omdat ek egter merk dat dit 'n ontsaglike woud van materiaal sal oplewer waarin ek noodwendig langer sal verwyl as wat vir my voorneme van belang is - 'n lywige boek sou immers daarvoor nodig wees -, en omdat ek ook meen dat ek in die voorafgaande uiteensetting alreeds die weg vir 'n leser wat nie te skrander is nie, gebaan het waarlangs hy sonder struikelblokke kan vorder, sal ek 'n uitvoerige behandeling hiervan vermy, omdat dit vir ons huidige doel nie noodsaaklik is nie.

My lesers moet egter vooraf gewaarsku wees dat hulle moet onthou om die weg vir hulleself te ontsluit met die sleutel wat ons hulle tevore ter hand gestel het.138 Dit is naamlik dat, so dikwels as wat die profete van die geluksaligheid van die gelowiges melding maak, waarvan daar beswaarlik die geringste spore in die huidige lewe waargeneem kan word, hulle hulle toevlug tot hierdie onderskeid moet neem: dat die profete die goedheid van God met tydelike weldade as 't ware net in buitelyne vir die volk afgebeeld het om dit beter te kon verduidelik, maar dat hulle nogtans so 'n beeld daarvan geskilder het dat dit hulle verstand buite die aarde, buite die elemente van hierdie wêreld en buite die verganklike tyd kon ruk en hulle noodwendig kon opwek om oor die geluksaligheid van 'n toekomstige geestelike lewe na te dink.

21. 'n Voorbeeld uit Esegiël🔗

Ons sal met slegs een voorbeeld volstaan. Toe die Israeliete na Babelonië weggevoer is, kon hulle insien dat hulle verstrooiing op 'n haar na met die dood ooreenkom.139 Tog kon hulle met moeite oortuig word dat dit nie maar net 'n storie is wat Esegiël in verband met hulle terugkeer geprofeteer het nie.140 Hulle het sy profesie net so hoog geag asof hy verkondig het dat verrotte liggame weer lewendig gemaak sou word. Om aan te toon dat dit ook vir Hom geen probleme opgelewer het om plek vir sy milddadigheid in te ruim nie, het die Here in 'n gesig aan die profeet 'n vlakte vol uitgedorde bene getoon. Alleen deur die krag van sy woord het Hy in 'n oogwenk weer aan hulle gees en krag gegee. Sy visioen het wel gedien om die ongelowigheid van die tyd reg te stel. Intussen het dit die Jode egter ook vermaan hoe ver die krag van die Here by die terugkeer van sy volk verbystrek, aangesien Hy slegs deur sy wenk die verdorde en verstrooide bene sa maklik weer lewend kon maak. Daarom sal 'n mens die woorde tereg met 'n ander uitspraak van Jesaja kan vergelyk. Hy sê: "Die dooies sal lewe, ook my liggaam sal opstaan. Word wakker en jubel, julle wat in die stof woon, want u dou is 'n dou van 'n groen laagte en u sal die land van die reuse verwoes. Kom, My volk, gaan in julle kamers in en sluit die deure agter julle, verberg jou vir 'n klein oomblik totdat die grimmigheid verbygaan. Want kyk, die Here sal uit sy plek uitgaan omdie ongeregtigheid van die bewoners van die aarde teen Hom te besoek, en die aarde sal hulle bloed openbaar en  sy dooies nie langer verberg nie".141

22. Twee Ou-Testamentiese Skrifverwysings wat die onsterflikheid van gelowiges in die koninkryk van God aantoon.🔗

As iemand egter sou trag om al die bewyse volgens sa 'n reël te rangskik, sou hy dwaas handel. Daar is immers sommige plekke in die Skrif wat sonder enige bedekking die toekomstige onsterflikheid wat in die koninkryk van God op die gelowiges wag, aandui. So het ons byvoorbeeld enkele verwysings aangehaal en sa is daar ook baie ander maar in besonder die volgende twee.

Hierdie een kom voor in Jesaja: "Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig staan, so sal julle saad bly staan. En maand vir maand en sabbat vir sabbat sal alle vlees kom om voor myaangesig te aanbid, sê die Here. En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het, want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur nie uitgeblus word nie".142 Die tweede kom uit Daniël: "En in die tyd sal Migael, die groot vors, wat oor die kinders van sy volk staan, opstaan; en daar sal 'n tyd van benoudheid kom soos daar nie gewees het vandat volkere begin bestaan het nie. Dan sal jou volk gered word, elkeen van wie daar bevind is dat sy naam in die boek opgeskrywe is. En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, sommige tot die ewige smaad''.143

23. Die ou verbond was nie tot die aardse dinge beperk nie maar het 'n geestelike en ewige lewe beloof.🔗

Omdat die orige twee aspekte geen geskil oplewer nie en ook duidelik is, sal ek my nie vermoei om hulle te bewys nie. Die twee aspekte is dat die aartsvaders Christus as 'n pand van hulle verbond gehad het en dat hulle al die vertroue op die seën in Hom gestel het. Laat ons dus onbesorg vasstel wat deur geen streke van die duiwel verskeur kan word nie, naamlik dat die Ou Testament of Verbond wat die Here met die Israeliete gesluit het, nie tot aardse dinge beperk was nie maar dat dit die belofte van 'n geestelike en ewige lewe ingehou het. Die verwagting hierop moes in die gemoed van almal wat waarlik met die verbond eenstemmig was, afgedruk gewees het. Ons moet trouens hierdie onsinnige en gevaarlike opvatting verwerp dat die Here niks anders aan die Jode voorgehou het of dat hulle niks anders gesoek het as versadiging van hulle mae, genietinge van hulle vlees, florerende rykdom, uiterlike mag, vrugbaarheid ten opsigte van hulle kinders en alles wat die mens as wese as kosbaar beskou nie. Want vandag nog belowe die Here Christus nie 'n ander koninkryk van die hemele aan die wat aan Hom behoort, as die een waarin hulle met Abraham, Isak en Jakob kan aansit nie.144 Petrus verklaar ook dat die Jode van sy tyd erfgename is van die genade van die evangelie, omdat hulle kinders is van die profete en ingesluit is in die verbond wat die Here vroeër met sy volk gesluit het.145En om dit nie alleen met woorde te betuig nie het die Here dit ook met die daad bewys. Want op die oomblik waarop Hy opgestaan het, het Hy baie heiliges waardig geag om in sy opstanding te deel en hulle 'n gesig op sy stad gebied.146 Deur die gewisse pand daarvoor te gee, het Hy bewys dat alles wat Hy ter verkryging van die ewige saligheid gedoen en gely het, op die gelowiges van die Ou Testament sowel as op ons van toepassing is. Hulle was naamlik volgens die getuienis van Petrus met dieselfde Gees van die geloof toegerus as waarmee ons in die lewe weergebore word.147 Hoe sou ons dan kon waag om die erfenis van die lewe van hulle weg te neem wanneer ons hoor dat die Gees wat soos 'n vonkie van die onsterflikheid in ons is - daarom word dit ook elders die pand van ons erfdeel genoem148-, net so in hulle gewoon het? Daarom is dit des te meer verbasend dat die Sadduseërs eenmaal so dwaas was om die wederopstanding sowel as die bestaan van siele te verloën, terwyl albei hiervan deur sulke duidelike getuienisse van die Skrif verseël is.149 Vandag nog sou die stompsinnigheid van die hele Joodse volk nie minder verbasend gewees het nie, naamlik om die koninkryk van Christus hier op die wêreld te verwag, as die Skrif nie lank tevore alreeds gesê het dat hulle gestraf sal word omdat hulle die evangelie verwerp het nie. Want dit het die regverdige oordeel van God gepas om hulle verstand met blindheid te slaan dat hulle hulle uit eie vrye beweging die duisternis op die hals gehaal het deur die lig van die hemel wat hulle aangebied is, te verwerp. Hulle lees Moses dus en hulle herlees hom gedurig, maar omdat hulle oë versluier is, word hulle verhinder om die lig wat voor hulle oë skitter, waar te neem. So sal hyvir hulle 'n bedekte en ongeopende boek bly totdat hulle hulle tot Christus bekeer, hoewel hulle nou poog om hom van Christus weg te lei en te verwyder sover dit in hulle vermoë is.150

Endnotes🔗

  1. ^ Uit die veelvuldige gebruik vanfoedus (152 keer) en pactum (23 keer) is dit duidelik dat Calvyn in sy Institusie die Bybelse verbondsbegrip baie sterk beklemtoon. Veral hier in seksies 1-5 en 8 ontvou hy sy verbondsbeskouing. Zwingli was die eerste wat in sy In catabaptistarum stropbas elenchus (1527) in die stryd teen die Wederdopers 'n sterk aksent op die wesenlike eenheid van God se genadeverbond in beide OT en NT gelê het. Bullinger het in sy De testamento seufoedere Dei unico et aeterno (1534) Zwingli se gedagtes breedvoerig uitgewerk. Met W. Musculus (1497-1563) word duidelik 'n ander aksent gelê: hyonderskei in sy Loci communes (Basel, 1560) 'n dubbele verbond Cduptex foeäusï, nl. 'n algemene met die ganse skepping en 'n besondere en ewige verbond met die gelowiges. By Ursinus word dit 'n natuur- en werkverbond (Summa tbeologiae, 1562). So ontwikkel 'n verbondsteologie waarin die verbond die sleutel word vir die sistematisering van die hele heilsopenbaring, waartoe Olevianus (De substantia foederis gratuiti inter Deum et electos, 1585), W. Perkins (ArmilIa aurea, 1590), W.Ames (The marrow ofsacred diuinity, 1642) e.a. 'n bydrae gelewer het. In Nederland bereik die verbondsteologie 'n hoogtepunt in Coccejus se Summa doctrinae de foedere et testamento (1648). Dit het neerslag gevind in die Irish Artieles (1615), art. 21 (Schaff, Creeds 3:530) en die Westminster Confession (1648), (Schaff, Creeds 3:616-618). Vgl. TRE 11:246-252; RPTK 4:186-194; G. Schrenk: Gottesreicb und Bund im älteren Protestantismus, C. Bertelsmann: Gütersloh, 1923.
  2. ^ Servet, De iusticia regni Christi (1532),passim; Christ. restit. : De trin. Div., 233, 237 e.v.; Defide et iusticia regni Cbristi, 305, 314 e.v., 321 e.v,
  3. ^ Calvyn het hierdie vraagstuk alreeds indie 1536-uitgawe behandel ensy siening daarna op13 Maart 1537 in Genève (Annales Calvini, oe 21:208) en in 1538 in Straatsburg teen die Wederdopers verdedig (Beza, Vita, oe 21:31 e.v.; Afr. vert. 1:18). In 1544 het hy die Wederdopers se dwalings breedvoerig weerlê insy Briève instructien pour armer tous fidèles contre les erreurs de la secte commune des Anabaptistes (Oe 7:53 e.v.). Vgl. Afr. vert. 1:10, n. 56.
  4. ^ vgl. Bueer, Enar. in ev. (1536), 120; Metapbrases epistolarum Pauli (1536), 158. Luther het 'n soortgelyke opvatting gehad (WA 24:100 oor Gen. 3:15 enWA 10,1 B:4-5 oor Rom. 13:11).
  5. ^ Inst. 3.17-18.
  6. ^ Marg. Rom. 1.a.2. Vgl. ook Rom 1:3.
  7. ^ Marg. Rom. 3.c.21.
  8. ^ Marg. Ephes. l.c. 13. Vgl. ook Ef. 1:14.
  9. ^ Marg. colos. 1.a.4. Vgl. ook Kol. 1:5.
  10. ^ Marg. 2 Tbes. 2.d.14.
  11. ^ (Hand. 13:26.)
  12. ^ (Rom. 1:16.)
  13. ^ (Matt. 3:2; 13:11.)
  14. ^ Dit was volgens Panniereen van Calvyn se griewe teen die Anabaptiste (vgl. Institution 3:288, wat 3:10 noot b verklaar).
  15. ^ Kyk n. 2 hierbo.
  16. ^ Marg. Rom. 3. c.19.
  17. ^ (Rom. 1:2; 2:17 e.v.)
  18. ^ (Rom. 4.)
  19. ^ 'n Toespeling op Servet. Vgl. n. 2 hierbo.
  20. ^ Marg. Iohan. 8.g.56
  21. ^ Marg. Heb. I3.b.8.
  22. ^ Marg. Luc. 1.e.54, & g. 72. Vgl. ook Luk. 1:73
  23. ^ Bucer het dieselfde standpunt gehad (vgl. Inst. 2.10.2 (Afr. vert. 2:571, n. 4). Die aksent op die ooreenstemming van die OT en NT kom reeds by die kerkvaders voor, bv. by Irenaeus, Contra baereses 4.9, 10 (MPG 7,1:996 1001) en Augustinus, De moribus ecclesiae catbolicae 18.33 (MPL 32:1325 e.v.): De catecbizandis rudibus 4.8 (MPL 40:315).
  24. ^ Marg. 1 Cor. 10.a.1, & c.ll. Vgl. 1 Kor. 10:2-6; Calvyn, Com. in ep. 1 Pauli ad Cor. 10:1,11 «OC 49:451, 460).
  25. ^ (1 Kor. 10:1-2.)
  26. ^ (2 Kor. 10:3-4.)
  27. ^ Seksie-aanduiding (6) ontbreek in A.
  28. ^ Marg. Iohan. 6 c.3l. Vgl. ook Joh. 6:49.
  29. ^ (Joh. 6:50, 54.)
  30. ^ (1Kor. 10: l-5.)
  31. ^ Vgl. Augustinus, Contra Paustum Manich. 15.11; 19.16 (MPL 42:314 e.v., 356; eSEL 25:438 e.v., 512 e.v.).
  32. ^ Marg. 1 Pet. 1.d.23. Vgl. ook 1 Pet. 1:24-25.
  33. ^ Marg. Iesa. 40.b.6. Vgl. ook Jes. 40:7-8.
  34. ^ Marg. Levit. 26.b.12.
  35. ^ Marg. Psal. 144.d.15.
  36. ^ Marg. Psal. 33.c.12.
  37. ^ Marg. Habac. l.c. 12.
  38. ^ Marg. Iesa. 33.d.21 (recte. Jes. 33:22).
  39. ^ Marg. Deut. 33.d.29.
  40. ^ Marg. Levit. 26.b.11 (recte: Lev. 26:12).
  41. ^ Marg. Exod. 6.a. 7 (Vg. - Afr.: Eks. 6:6).
  42. ^ Marg. Genes. 17.a.7.
  43. ^ Marg, Exod. 20. a. 6.
  44. ^ Marg. Exod. 3.b.6.
  45. ^ Marg. Matt. 22. c.23. Luc. 20. c.32. Vgl. ook Matt. 22:24-32; Luk. 20:27-38.
  46. ^ Marg. Deut. 33.a.3.
  47. ^ Marg. Gen. 3.c.l7.
  48. ^ Marg. Gen. 4.b.8.
  49. ^ Marg. Gen. 6.d.22.
  50. ^ Marg. Gen. 9.d.24. Vgl. ook Gen. 9:25.
  51. ^ Marg. Gen. 12.a.4 (recte. Gen. 12:3).
  52. ^ (Gen. 17:5; Rom. 4:16-18; Gal. 3:7.)
  53. ^ (Gen. 12:1 e.v.)
  54. ^ (Gen. 12:10.)
  55. ^ Marg. Gen. 12.C.12. Vgl. ook Gen. 12:11 e.v.
  56. ^ (Gen. 20:1 e.v.)
  57. ^ (Gen. 13:5-9.)
  58. ^ (Gen. 14:14-16.)
  59. ^ (Gen. 21:25-31.)
  60. ^ (Gen. 15:2.)
  61. ^ (Gen. 16:15.)
  62. ^ (Gen.16:5.)
  63. ^ (Gen. 21:2-3.)
  64. ^ (Gen. 21:9 e.v.)
  65. ^ (Gen. 22:1 e.v.)
  66. ^ (Gen. 26:1.)
  67. ^ (Gen. 26:7 e.v.)
  68. ^ (Gen. 26:15 e.v ..)
  69. ^ Marg. Gen. 26.g.35. Vgl. ook Gen. 26:34.
  70. ^ (Gen. 27:41 e.v.)
  71. ^ Marg. Gen. 28.a.l. Gen. 28.a.5.
  72. ^ (Gen. 27:41-45.)
  73. ^ (Gen. 29:15 e.v.)
  74. ^ Marg. Gen. 29.c.20. Vgl. ook Gen. 29:23-26.
  75. ^ (Gen. 29:27.)
  76. ^ (Gen. 31:40.)
  77. ^ (Gen. 31:41.)
  78. ^ (Gen. 30:1 e.v.)
  79. ^ (Gen. 31:17 e.v.)
  80. ^ Marg. Gen. 3l.c.23.
  81. ^ Marg. Gen. 32. c.11. Vgl. ook Gen. 32:7.
  82. ^ (Gen. 33:1 e.v.)
  83. ^ Marg. Gen. 35. c.16. Vgl. ook Gen. 35:17-20.
  84. ^ Marg. Gen. 37.g.32.Vgl. ook Gen. 37:31.
  85. ^ Marg. Gen. 34.a. 2. Vgl. ook Gen. 34:5.
  86. ^ (Gen. 34:25.)
  87. ^ (Gen. 34:30.)
  88. ^ Marg. Gen. 35. d. 22.
  89. ^ Marg. Gen. 38.d.18.
  90. ^ Marg. Gen. 42.d.32.
  91. ^ (Gen. 42:34, 38; 43:11-14.)
  92. ^ Marg. Gen. 47.b.9.
  93. ^ Marg. Hebr. 11.b.9. Vgl. ook Hebr. 11:10.
  94. ^ (Hebr. 11:13-16.)
  95. ^ Marg. Gene. 47.b.9.
  96. ^ (Hand. 7:5, 16.)
  97. ^ Marg. Gen es. 47.g.29.30.
  98. ^ Marg. Gene. 5o.g.25.
  99. ^ (Gen. 27:41-43.)
  100. ^ Marg. Gene. 49.c.18.
  101. ^ Marg. Num. 23.b.l0.
  102. ^ Marg. Psal. 116.a.15. Psal. 34. d. 22. Vgl. Ps. 33:22 Vg.
  103. ^ vgl. Inst. 2.10.1 (Afr. vert. 2:570, n. 2 en 3). Vgl. Pannier 3.290 p. 25 aantekening by noot d.
  104. ^ Marg. Psal. 39. c.13. Vgl. ook Ps. 39:5-8.
  105. ^ Marg. Psal. 101.c.17 (recte: Ps. 103:17).
  106. ^ Marg. Psal. 102.d26.27.28.29. Vgl. ook Ps. 101:26-29 Vg.
  107. ^ Marg. Iesa. 5l.b.6. Calvyn volg hier Vg.: sicut haec interibunt, 1957 Afr. vert.: soos muskiete sterwe, 1984: sal doodgaan soos muggies.
  108. ^ Marg. Psal. 97. c.l0.
  109. ^ (Ps. 97:11; vgl. Vg.: Ps. 96:11.)
  110. ^ Marg. Psal. ll2.b. 7.9 (recte: Ps. 112:9, 10).
  111. ^ Marg. Psal. l40.c.l4.
  112. ^ Marg. Psal. ll2.b.6.
  113. ^ Marg. Psal. 34.d.23.
  114. ^ Calvyn, Com. in Ps. 34:2, 21-23 (Oe 31:336, 345).
  115. ^ (PS. 73:2, 3.)
  116. ^ Marg. Psal. 73. c.l7. Vgl. ook Ps. 73:16.
  117. ^ Marg. Psal. l7.d.l5.
  118. ^ Marg. Psal. 52. b.l0.
  119. ^ Marg. Psal. 92.d.13. Vgl. ook Ps. 92:12, 14-15
  120. ^ (Ps. 92:6, 8.)
  121. ^ Marg. Psal. 55.d.23.24. Vgl. Calvyn, Com. in Ps. 55:23-24 (Oe 31:544-546).
  122. ^ (Job 21:13); vgl. Calvyn, Sermon sur lob 21:13 (oe 34:227 e.v.).
  123. ^ Marg. Psal. 49.b. 7. Vgl. ook Ps. 49:8-15; Calvyn, Com. in Ps. 49:6-15 (Oe 31:483-491).
  124. ^ Marg. Psal. 30. b.6.
  125. ^ (Jes. 54:7-8.)
  126. ^ (Vgl. Ps. 73:18-20.)
  127. ^ Marg. Prov. 10.b.7 (Vg.).
  128. ^ Marg. Psal. ll6.d.15 & 34.d.22. Vgl. Vg.: Ps. 115:15 en 33:22.
  129. ^ Marg. 1 Sam. 2. b.9
  130. ^ Marg. Ezec. 28.c.l0 &3l.g.l8, & alibi. Vgl. ook Eseg. 32:19 e.v.
  131. ^ Marg. Psal. 69.d.29.
  132. ^ Marg. Iob. 19.d.25 (Vg.). Vgl. ook Job 19:26-27.
  133. ^ Vgl. Inst. 2.10.1 (Afr. vert. 2:570, n. 2 en 3) Vgl. ook Calvyn, Psycbopannycbia, 1534 roe 5:229 e.v.). Vgl. ook sy preke oor Job 19:17-25 en 19:26-29 (OC 34:113-140). Calvyn gebruik dieselfde redenasie ook in Inst. 3.25.4.
  134. ^ Marg. Iob 13.c.15 (Vg.). Vgl. ook sy preek oor Job 13:11-15 roe 33:617-630, veral 627 e.v.).
  135. ^ Oeconomia.
  136. ^ Vgl. Calvyn, com. in Gen. 3:14 e.v. (OC 23:68 e.v.).
  137. ^ Hier omlyn Calvyn 'n progressiewe openbaringsorde in die OT wat uitloop op die volle lig van die "son van geregtigheid" wat in Christus verskyn het en die hele wêreld verlig. Hierdeur beklemtoon hy ook die eenheid van OT en NT teenoor Servet en die Wederdopers wat die OT misken het. Vgl. sy Com. in ep. ad. Gal. 3:23 roe 50:219-220); Sermons sur l'epitre aux Gal. 3:21-25 roe 50:546 e.v.): Com. in Malach. 4:2 (OC 44:489 e.v.) en Inst. 2.7.16 (Afr. vert. 2:495, n. 83). Vgl. Benoit 2:213, n. 3 en Pannier 3:291, aantekening by p. 32, noot c.
  138. ^ Vgl. Inst. 2.9.1-4 (Afr. vert. 2:563-568).
  139. ^ (Vgl. bv. Jer. 8; 25:9, 11-12; 2 Kron. 36:20-21.)
  140. ^ Marg. Ezech. 37.a.4. Vgl. ook Eseg. 37:1-3, 5-14.
  141. ^ Marg. Iesa. 26d.19. Vgl. ook Jes. 26:20-21; Calvyn, Com. in Isaiam 26:19-21 (OC 36:441-446).
  142. ^ Marg.Iesa. 66g.22. Vgl. ook Jes. 66:23-24); Vg.
  143. ^ Marg. Dan. 12.a.2. Vgl. ook Dan. 12:1.
  144. ^ Marg. Matth. 8.b.11.
  145. ^ Marg. Act. 3.d.25.
  146. ^ Marg. Matt. 27.f52. Vgl. ook Matt. 27:53.
  147. ^ Marg. Act. 15. b.8.
  148. ^ (2 Kor. 1:22, 5:5; Ef. 1:14.)
  149. ^ (Man. 22:23; Hand. 23:8.)
  150. ^ Marg. 2 Cor. 3.d.l4. Vgl. ook 2 Kor. 3:13 en 15.