In hierdie kort studie bespreek die outeur die kritiek op die kinderdoop, die agtergrond van die Christelike doop, die beloftes van God en die doop, die besnydenis en die doop, verbond en doop, en die kinderdoop.
Die betekenis van die doop word uit die instelling van die besnydenis afgelei: die beloftes daarin is dieselfde. Daarom moet die kinderdoop ook bedien word om die verbond van God te bevestig en te versterk. Christus het nie die verbondsbeloftes in duisterheid gehul nie en sowel Jode as heidene word in die Nuwe Testament as kinders van Abraham gereken.
In wese verskil die ou verbond wat die Here met die aartsvaders in die Ou Testament gesluit het, niks van die verbond met ons nie. Die belofte van die evangelie was reeds in die ou verbond vervat en het ‘n geestelike en ewige lewe beloof.