Christelike vryheid bestaan uit drie dele: (1) vryheid van die wet, (2) vryheid van die juk van die wet asook (3) vryheid in middelmatige sake.

Die christelike vryheid is wel aan beperkings onderworpe en mag nie misbruik of ‘n struikelblok vir iemand anders word nie. Hoewel ons vryheid in middelmatige sake het, mag ons dit net doen as dit naasteliefde bevorder.

Die verhouding van die mens se gewete (=geestelike regering) en landswette (=burgerlike regering) ten opsigte van christelike vryheid word ook bespreek.

1984. 18 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 19 Christelike Vryheid

1. Die nut en noodsaaklikheid van die leer van Christelike vryheid🔗

Nou moet ons Christelike vryheid behandel. 'n Verduideliking hiervan behoort glad nie deur iemand wat hom ten doel stel om 'n samevatting van die leer van die evangelie te gee, agterweë gelaat te word nie. Dit is trouens 'n besonder noodsaaklike onderwerp en sonder die kennis daarvan durf mens se gewete bykans niks sonder twyfel aan nie. In baie sake is hulle aarselend en deins daarvan terug; hulle is altyd verdeeld en bevrees. Christelike vryheid is inderdaad veral 'n byvoegsel van die regverdigmaking en dra geweldig daartoe by om die krag daarvan te begryp. Ja, diegene wat God van harte vrees, sal hier die onvergelyklike vrug van dié leer pluk wat goddelose mense en Liciniaanse spotters1.spottenderwys en sarkasties behandel. In die geestelike dronkenskap waardeur hulle beetgepak is, is enige verwaandheid tewens vir hulle geoorloof. Daarom sal hierdie onderwerp in hierdie stadium gepas in die kalklig kom.

Verder was dit ook doeltreffend om 'n vollediger bespreking van die onderwerp tot hier uit te stel, want ons het dit reeds hier en daar oppervlakkig aangeroer.2 Want sodra Christelike vryheid op een of ander wyse vermeld word, raak hulle hartstogte driftig, of waansinnige emosies kom na vore tensy 'n mens sulke onbeteuelde verstande betyds aan bande lê omdat hulle andersins al die beste dinge op die slegste manier bederf. Want onder dekmantel van hierdie selfde vryheid verwerp hulle gedeeltelik alle gehoorsaamheid aan God en hulle bars in teuelose losbandigheid uit. Andere is weer verontwaardig en hulle dink dat alle selfbeheersing, orde en onderskeid tussen dinge daarmee uit die weg geruim word. Wat staan ons hier te doen terwyl ons deur sulke problem omring is? Moet ons Christelike vryheid maar daar laat om die geleentheid vir sulke gevare die hoof te bied? Maar as ons soos ons gesê het, nie daarvan kennis dra nie, kan nog Christus nog die waarheid van die evangelie nog innerlike sielevrede na behore geken word. Ons moet eerder sorg dat so 'n noodsaaklike deel van ons leer nie onderdruk word nie, en nogtans moet ons intussen die onsinnige besware wat gewoonlik daarteen ontstaan, beantwoord.

2. Christelike vrybeid bestaan uit drie dele: ten eerste vryheid van die wet🔗

Na my mening bestaan Christelike vryheid uit drie dele:3ten eerste dat die gewete van gelowiges in hulle soeke na vertroue op hulle regverdigmaking voor God hulle bo die wet moet verhef, bo die wet moet uitstyg en heeltemal van geregtigheid van die wet moet vergeet.4Aangesien die wet niemand trouens regverdig laat nie, soos ons reeds elders aangetoon het,5word ons of van alle hoop op regverdigmaking uitgesluit, of ons moet daarvan vrygemaak word - en dit inderdaad so dat ons goeie werke nie daarby in berekening gebring word nie. Want iemand wat meen dat hy selfs 'n krieseltjie van sy goeie werke moet aanbied om geregtigheid te bekom, is nie in staat om 'n maat of perk daarvoor vas te stel nie maar maak hom self skuldig aan die hele wet. Wanneer dit dus oor regverdigmaking handel, moet ons geen melding van die wet maak nie, elke gedagte aan goeie werke laat vaar en God se barmhartigheid alleen omhels. Ons moet ons oë van ons af wegdraai en na Christus alleen kyk.
Die vraag daar is immers nie hoe ons regverdig kan wees nie maar hoe ons as regverdiges geag word ten spyte daarvan dat ons onregverdig is en dit nie waardig is nie. As ons gewete 'n mate van sekerheid oor hierdie onderwerp wil bekom, moet hulle geen plek vir die wet laat nie.

Na regte kan niemand hieruit die afleiding maak dat die wet vir gelowiges oorbodig is nie,6aangesien dit hulle sonder ophou onderrig, aanspoor en prikkel7al het dit voor God se regbank geen plek in hulle gewete nie. Want hoewel hierdie twee dinge heeltemal verskillend is, moet ons behoorlik en versigtig tussen hulle onderskei. Christene se hele lewe behoort 'n soort nadenke van godsvrug te wees want hulle is tot heiligmaking geroep,8Hierin is dit die wet se taak om hulle op hulle plig te wys en hulle aan te spoor om hulle vir heiligheid en onskuld te beywer. Maar wanneer ons gewete onrustig is oor hoe God hulle genadig sal wees, wat hulle antwoorde gaan wees en met watter vertroue hulle voor God sal staan as hulle voor sy regbank gedaag word, moet ons nie in berekening bring wat die wet van ons eis nie,9maar ons moet Christus alleen, wat al die volmaaktheid van die wet oortref, as ons geregtigheid voorhou.

3. 'n Verklaring van die betrokke gedeeltes uit die brief aan die Galasiërs🔗

Byna die hele redenasie van die brief aan die Galasiërs draai om hierdie vraagstuk. Uit Paulus se bewysplekke kan trouens bewys word dat diegene wat leer dat hy daarin slegs vir vryheid van die seremonies stry,10dwase vertolkers daarvan is. Die volgende is voorbeelde daarvan:  "Christus het vir ons 'n vloek geword om ons van die vloek van die wet los te koop".11Net so: "Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus julle vrygemaak het en moenie julle weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle julle laat besny, Christus vir julle geen nut sal hê nie. En elkeen wat hom laat besny, is skuldig teenoor die hele wet; en vir elkeen van julle wat deur die wet regverdig gemaak word, het Christus nutteloos geword; julle het van die genade verval" .12Hierin is daar sekerlik iets verheweners vervat as vryheid van die seremonies van die wet.

Ek erken wel dat Paulus daar oor die seremonies handel, want hy is in 'n stryd gewikkel met die vals apostels wat die ou afskaduwings van die wet wat deur Christus se koms tot niet gegaan het, weer in die Christelike kerk probeer invoer het. Om hierdie onderwerp te behandel moes hy egter verhewener onderwerpe waarop' die hele geskil gerus het, bespreek. Ten eerste, omdat die duidelikheid van die daardie Joodse afskaduwings verduister is, toon hy aan dat ons in Christus die volle openbaring het van al die dinge wat in die Mosaïese seremonies afgeskadu is. Ten tweede, omdat daardie bedrieërs die volk met die uiters slegte opvatting deurtrek het dat hierdie gehoorsaamheid die krag gehad het om God se genade te verdien, dring hy ten sterkste daarop aan dat gelowiges nie moet dink dat hulle met enige van hulle werke van die wet, selfs nie eens met daardie geringe eerste beginsels, geregtigheid voor God kon verkry nie. En terselfdertyd leer hy dat hulle van die vloek van die wet, wat andersins oor alle mense hang, deur Christus se kruis verlos is,13 sodat hulle met volle gerusstelling in Christus alleen berusting kon vind.14Ten slotte eis hy vir die gewete van gelowiges hulle vryheid op sodat hulle deur geen vrees in nuttelose dinge verstrengel sou raak nie.

4. Die tweede deel van Christelike vryheid: vry van die juk van die wet, kan gelowiges nou God se wil gehoorsaam🔗

Die tweede deel wat van die een hierbo afhanklik is, is naamlik dat ons gewete die wet nie gehoorsaam asof dit deur die noodsaaklikheid van die wet daartoe gedwonge is nie, maar vry van die juk van die wet gehoorsaam ons gewete God se wil spontaan.15Want ons gewete verkeer in voortdurende vrees solank dit onder die wet se heerskappy is en sal nooit met vurige bereidwilligheid daarop ingestel wees om God te gehoorsaam nie tensy 'n vryheid van hierdie aard eers vooraf aan hulle geskenk is. Ons al sowel bondiger asook baie duideliker aan die hand van 'n voorbeeld verduidelik wat dit beteken.

Die wet gebied dat ons God van ganser harte, met ons hele siel en met al ons kragte moet liefhê.16Om dit te laat plaasvind moet ons eers ons siele  van alle ander gevoelens en opvattings ledig; ons moet ons hart van alle begeertes reinig en ons kragte versamei en op hierdie een gebod toespits. Mense wat, as hulle met ander vergelyk word, al baie ver op die pad van die Here gevorder het, is nog baie ver van hierdie mylpaal af.
Want al het hulle God van harte lief en al is hulle gevoel van harte opreg, neem die begeertes van hulle vlees nogtans 'n baie groot deel van hulle harte en hulle siele in beslag en hulle word daardeur teruggehou en weerhou om vinnig na God te gaan. Hulle stry weliswaar met groot inspanning, maar gedeeltelik verswak hulle vlees hulle kragte, en gedeeltelik sluit hulle vlees hulle kragte daarby aan. Wat moet hulle hier doen wanneer hulle bemerk dat hulle tot niks minder in staat is as om die wet te volvoer nie? Hulle wil, hulle streef daarna en span hulle daarvoor in maar nie met die volmaaktheid wat daarby pas nie. As hulle hulle oë op die wet vestig, sien hulle dat al die werk wat hulle aanpak of beplan, vervloek is. En daar is geen gronde waarom iemand himself moet mislei en tot die slotsom geraak dat sy werk darem nie heeltemal sleg is omdat dit onvolmaak is en dat God dit wat daarin goed is, nietemin aanvaar nie.17Die wet eis immers volmaakte liefde en verdoem alle onvolmaaktheid behalwe as die strengheid daarvan versag word.
Laat hy dus weer oor sy werk nadink waarvan hy begeer dat dit deels goed moet lyk, en juis omdat dit onvolmaak is, sal hy daarin 'n oortreding van die wet aantref.

5. Vryheid van die dwang om die wet te gehoorsaam skep blymoedige gehoorsaamheid aan die wet🔗

Kyknet hoe al ons werke aan die vloek van die wet blootgestel is as hulle met die maat van die wet gemeet word. Hoe sou ongelukkige siele hulle kon toeberei vir werk as hulle nie kan vertrou dat hulle iets anders as net 'n vloek daarvoor salontvang nie? As hulle aan die ander kant van hierdie streng eis van die wet of eerder van die volle onbuigsaamheid van die wet verlos is en hulle hoor dathulle met vaderlike sagmoedigheid deur God geroep word, sal hulle blymoedig en met groot vuur op sy roepstern antwoord en Hom volg waarheen Hy hulle lei. Kortom: diegene wat deur die juk van die wet geknel word, is soos slawe aan wie dag vir dag sekere werke deur hulle eienaars opgedra word. Hulle reken dat hulle niks bereik het nie en waag ook nie om voor hulle eienaars te kom tensy hulle die vereiste maat van werke gelewer het nie. Maar kinders wat met groter vrygewigheid en groter vriendelikheid deur hulle vaders behandel word, aarsel nie om werk wat pas begin en nog maar halfpad voltooi en selfs een of ander gebrek het, vir hulle te bring nie, omdat hulle vertrou dat hulle vaders hulle gehoorsaamheid en bereidwilligheid sal aanneem selfs al sou hulle .nie presies volvoer het wat hulle vaders verlang het nie. Ons moet sulke kinders wees wat vas vertrou dat ons allergenadigste Vader al ons diens sal goedkeur hoe gering, hoe grof en onvolmaak dit ook al is. So verseker Hy ons ook deur sy profeet wanneer Hy sê: "Ek sal hulle spaar soosin vader sy seun wat hom dien, spaar" .18Dit is duidelik dat die woord spaar daar in die plek gestel is van genadig wees of vriendelik om gebreke oor die hoofte sien terwyl hy tegelyk van diens melding maak. Hierdie vertroue is ook baie noodsaaklik vir ons omdat ons daarsonder alles tevergeefs sal aandurf,19want God dink nie dat Hy deur enige werk van ons geëerbiedig word nie, tensy dit waarlik deur ons tot sy eer gedoen word. Hoe is dit egter moontlik wanneer ons twyfel of ons werk God vertoorn of Hom eer?

6. Skrifplekke ter stawing van hierdie opvatting🔗

Dit is die rede waarom die skrywer van die brief aan die Hebreërs al die goeie werke van die heilige vaders waarvan ons lees, aan die geloof toeskryf en dit alles slegs vanuit die geloof na waarde skat.20 In die brief aan die Romeine is daar 'n bekende verwysing in verband met hierdie vryheid. Daarin redeneer Paulus dat die sonde nie oor ons moet heers nie, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade.21Hy het die gelowiges tewens aangespoor om nie die sonde in hulle sterflike liggame te laat heers nie en ook nie hulle ledemate as wapens van ongeregtigheid ter beskikking van die sonde te stel nie maar om hulle aan God oor te gee asof hulle mense is wat uit die dood lewendig geword het, en hulle ledemate as wapens van geregtigheid aan God te wy.22Aangesien hulle die beswaar daarteen kon opper dat hulle nog hulle vlees met hulle saam ronddra, terwyl dit volbegeertes is, en die sonde nog in hulle woon, voeg hy dié troos daarby dat hulle vry is van die wet. Dit is asof hy gesê het: Hoewel hulle nog nie duidelik ervaar dat die sonde in hulle uitgewis is en geregtigheid nog nie in hulle lewe nie, het hulle nogtans geen rede om bevrees te wees en moed te verloor asof God altyd oor die oorblyfsels van die sonde in hulle vertoorn is nie.
Hulle is trouens deur die genade van die wet vrygemaak sodat hulle werke nie na die maatstaf daarvan ondersoek word nie. Diegene wat inderdaad hieruit aflei dat ons sonde moet doen omdat ons nie onder die wet is nie, moet besef dat hierdie vryheid nie vir hulle geld nie, omdat hierdie vryheid ten doel het om ons tot die goeie op te wek.

7. Die derde deel: vrybeid in middelmatige sake🔗

Die derde deel bestaan daarin dat ons voor God deur geen godsdienstige eerbied vir uitwendige dinge wat op sigself onverskillige sake23 is, gebind word om onverskillig die dinge nou aan te wend en dan weer agterweë te laat nie. 24En kennis van hierdie vryheid is ook vir ons baie noodsaaklik, want as dit ontbreek, salons gewete geen rus hê nie en daar sal geen einde aan bygelowe wees nie. Vandag lyk dit vir baie mense of ons dwaas is omdat ons twis oor die vrye eet van vleis, die gebruik van vakansiedae en klere en dergelike dinge wat vir hulle wel na onbeduidende onsin lyk,25maar dit is dinge wat van groter belang is as wat algemeen geglo word.

Wanneer gewetens hulle trouens eenmaal daarin verstrik het, betree hulle 'n lang doolhof26wat sonder uitweg is en waaruit daar later geen maklike uitkomkans is nie. As iemand byvoorbeeld begin twyfel of hy linne mag gebruik vir sy lakens, sy hemde, sy sakdoeke en servette, sal hy later ook nie seker wees of hy hennep27mag gebruik nie. Uiteindelik sal hy ook oor vlas twyfel. Hy sal trouens begin nadink of hy sonder servette kan eet en of hy sonder sakdoeke kan klaarkom. As iemand die indruk het dat fyner kas vir hom verbode is, sal hy uiteindelik geen rus voor God vind as hy growwe brood28en gewone kos eet en dit hom te binne skiet dat hy sy liggaammet nog goedkoper kos kan onderhou nie.

As iemand 'n afkeer het in soeter wyn, sal vervolgens ook verskaalde wyn sonder vrede vir sy gewete drink, en ten laaste sal hy ook nie aan water raak as dit soeter en skoner as ander water is nie. Uiteindelik sal hy die punt bereik dat hy dit as ongeoorloof sal beskou om oor 'n stokkie wat dwars in die pad lê, te loop.29Hier neem 'n ernstige stryd trouens 'n aanvang, want die geskil handel daaroor of dit God se wil is dat ons die een of die ander van die dinge moet gebruik omdat sywil al ons planne en dade vooraf behoort te gaan.
As gevolg hiervan moet sommige mense noodwendig uit wanhoop in 'n maalstroom van verwarring meeges leur word; ander weer minag God, laat hulle vrees vir Hom vaar en waar hulle nie 'n pad vir hulle eie ondergang het nie, maak hulle een. Almal wat trouens in so 'n vertwyfeling verstrengel is, merk oral waarheen hulle hulle wend, teensin teen hulle gewetens.

8. Vryheid in die genieting van God se gawes as dit gebruik word oir die doel waarvoor Hy dit gegee het🔗

"Ek weet," sê Paulus, "dat niks gewoon (onder gewoon verstaan hy onrein) is nie, maar hy wat reken dat iets gewoon is, vir hom is dit gewoon.30 Met hierdie woorde het hy alle uiterlike dinge aan ons vryheid ondergeskik gestel

31 mits ons in ons gemoed seker is dat daar gronde vir hierdie vryheid by God bestaan. Maar as die een of ander bygelowige opvatting vir ons 'n struikelblok skep, word dinge wat van nature rein was, vir ons onrein. Daarom voeg hy by. "Salig is hy wat homself nie oordeel in dit wat hy goed ag nie. Maar hy wat himself oordeel as hyeet, is veroordeel, want hy eet nie uit die geloof nie. En verder wat nie uit die geloof is nie, is sonde''.32

Mense wat hulle te midde van sulke probleme 'n bietjie oormoedig betoon deur nietemin alles onbesorg aan te durf, keer sekerlik hulle rug so ver van God af, of hoe? Diegene wat waarlik diep deur 'n mate van vrees vir God geraak word, word deur skrik verslae en val inmekaar wanneer hulle gedwing word om baie dinge strydig met hulle gewete te doen. Sulke mense 33ontvang geeneen van God se gawes met dankbetoon nie terwyl Paulus getuig dat alle dinge slegs daardeur vir ons gebruik geheilig word.34Ek verstaan daaronder egter die dankbetoon  wat uit 'n gemoed kom wat God se milddadigheid en goedertierenheid in sy gawes erken. Want bale van hulle besefwel dat dit God se gawes is wat hulle gebruik, en in hulle werke loof hulle God ook, maar aangesien hulle nie oortuig is dat dit aan hulle gegee is nie, hoe sou hulle God as die Gewer daarvan kon dank? Kortom: ons sien waartoe hierdie Vryheid dien, naamlik om God se gawes sonder enige belemmering vir ons gewete en sonder ontsteltenis van ons gees te gebruik vir die doel waarvoor Hy dit aan ons gegee het. Met hierdie vertroue het ons siele enersyds vrede met Hom en andersyds erken hulle sy vrygewigheid jeens ons. Hieronder word trouens alle seremonies ingesluit waarvan ons vry is om dit te onderhou maar waartoe ons gewete nie verplig is om dit te gehoorsaam nie. Hulle moet egter in gedagte hou dat die gebruik daarvan deur God se weldadigheid tot hulle stigting aan Hom onderworpe is.

9. Misbruik van God se gawes vir prag en praal moet afgekeur word🔗

Ons moet egter noukeurig daarop let dat Christelike vryheid in alle opsigte 'n geestelike aangeleentheid is. Die hele krag daarvan is geleë daarin om ons vreesagtige gewetens voor God tot rus te bring of hulle ook al oor hulle sondevergiffenis onrustig en bekommerd is, en of hulle besorg is of ons onvolmaakte werke wat deur die gebreke van ons vlees besmet is, God behaag en of hulle ook al deur die gebruik van onverskillige sake gekwel word. Daarom vertolk diegene wat Christelike vryheid onder hulle begeertes versteek om God se gawes tot hulle eie wellustigheid te misbruik, sowel as diegene wat reken dat hulle geen vryheid het as hulle dit nie onder mense misbruik en daarom in die gebruik daarvan geen ag slaan op hulle swakker broeders nie, dit verkeerd.

In ons tyd sondig mense in 'n groter mate in die eerste kategorie. Daar is feitlik niemand wat, as sy middele hom toelaat om uitspattig te wees, homself nie vermaak met uitspattige pronkerigheid in die voorbereiding van sy etes, die versorging van sy liggaam en in die bou van huise nie, wat nie in elke soort prag en praal bo ander wil uittroon en himself verbasend met sy rykdom wil vlei nie. En dan word al hierdie dinge nog onder die dekmantel van Christelike vryheid verdedig! Hulle sê dat die dinge onverskillige sake is. Ek erken dit wel, mits hulle dit maar as middelmatige sake gebruik. Maar wanneer dinge wat andersins op sigself geoorloof is, met uitermatige begeerte nagejaag word, wanneer daar hooghartig oor hulle gespog word, wanneer hulle uitspattig verkwis word, word hulle bepaald deur hierdie gebreke besmet.

Paulus se stelling maak die heel beste onderskeid tussen onverskillige dinge, naamlik dat alle dinge rein is vir die wat rein is, maar dat niks vir die wat besoedel en ongelowig is, rein is nie omdat hulle verstand en hulle gewete besoedel is.35Want waarom word rykes vervloek terwyl hulle nou vertroosting het, terwyl hulle nou versadig is en terwyl hulle nou lag;36 terwyl hulle nou op ivoorbeddens slaap.37terwyl hulle akker by akker voeg38en harp, lier, tamboeryn en wyn aan tafel het? 39Sowel  ivoor as goud en rykdom is beslis goeie skeppings van God wat die mens geoorloof, ja, bestem is, om te benut. En nêrens word ons verbied om te lag of versadig te wees of nuwe besittings by die ou besittings van ons voorvaders te voeg of om wyn te drink nie. Dit is weliswaar so, maar waar daar 'n oorvloed is waarin jy jou aan plesier kan oorgee en waarin jy kan verswelg, waarin jy jou verstand en jou hart met die genietinge van hierdie wêreld beskonke kan maak en altyd na nuwes kan hyg – sulke dinge is ver van die regmatige gebruik van die gawes van God. Weg dus met onbeheerste begeerte, weg met teuellose verkwisting, weg met niksseggende skyn en verwaandheid, sodat mense God se gawes met 'n suiwer gewete suiwer kan gebruik. Waar die mensesiel op hierdie nugterheid ingestel is, sal hulle 'n norm vir die regmatige gebruik van hierdie gawes hê. Sou hierdie selfbeheersing egter ontbreek, is gewoon alledaagse genietinge uitermatig. Want die spreekwoord is waar dat daar onder growwe onafgewerkte klere dikwels 'n siel van purper woon; soms is daar 'n eenvoudige nederigheid onder fyn linne en purper verskuil. Elkeen moet reëlmatig of skraps of matig of oorvloedig lewe, sodat hulle in gedagte hou dat God hulle voed om te lewe en nie om uitspattig te wees nie en laat hulle dit as reël vir Christelike vryheid beskou as hulle saam met Paulus geleer het om tevrede te wees met die omstandighede waarin hulle hulle bevind; as hulle weet hoe om nederig en hoog te wees; as hulle geleer is om oral en in alles versadig en honger te wees, om oorvloed en gebrek te verdra.40

10. Christelike vryheid mag nie misbruik word om die medemens te benadeel nie🔗

Baie mense dwaal ook in hierdie opsig. Hulle gebruik Christelike vryheid onoordeelkundig en onwys net asof hulle vryheid nie veilig en ongeskonde sou wees as dit nie mense as getuies daarvan het nie. Met so 'n ongunstige gebruik daarvan is hulle baie dikwels vir hulle swak broeders 'n struikelblok. Jy kan vandag sekere mense sien wat meen dat hulle geen vryheid het nie tensy hulle deur op Vrydae vleis te eet dit kan bekom nie.41Ek verkwalik hulle nie dat hulle eet nie, maar hulle moet hierdie valse opvatting uit hulle gemoedere uitdryf.42Hulle moes tewens daaroor nagedink het dat hulle deur hulle vryheid niks nuuts onder mense-oë verwerf nie maar wel by God en dat hierdie vryheid ewe veel in onthouding as in gebruik geleë is. As hulle begryp dat dit vir God nie saak maak of hulle vleis of eiers eet en of hulle rooi of wit klere aantrek nie, is dit reeds meer as genoeg. Die gewete waaraan die weldaad van so 'n vryheid verskuldig was, is reeds vry. Selfs al sou hulle hulle dus hulle hele lewe lank hierna van vleis onthou en voortdurend net een kleur dra, is hulle nie minder vry nie, inteendeel, omdat hulle vry is, weerhou hulle hulle met 'n vry gewete. Omdat hulle egter nie hulle broeders se swakheid in aanmerking neem nie, is hulle val uiters rampspoedig omdat dit ons betaam om hulle so te dra dat ons niks noordeelkundigs doen wat hulle aanstoot gee nie. Dit is inderdaad soms ook belangrik om ons vryheid voor mense te verklaar. Dit erken ek ook. Ons moet ons nogtans met die grootste versigtigheid aan die beperking hou dat ons nie ons sorg vir die swakkes wat die Here so ernstig aan ons opgedra het, verwaarloos nie.

11. Struikelblokke🔗

Ek sal hier dus iets oor struikelblokke sê,43 hoe ons tussen hulle moet onderskei, waarteen ons moet waak en watter struikelblokke ons gering moet skat. Daarna kan ons bepaal watter plek daar vir ons vryheid onder mense is. Ek hou van die gewone verdeling wat leer dat 'n struikelblok veroorsaak of teengekom word, want dit het duidelike Skrifgetuienis en druk presies uit wat dit beteken. As jy met onoordeelkundige ligsinnigheid of losbandigheid of onbesonne of onordelik en ongeleë iets doen om onervare swak mense te laat struikel, sal gesê word dat 'n struikelblok deur jou veroorsaak is omdat dit deur jou toedoen gebeur dat so 'n aanstoot verwek word. Maar oor die algemeen praat ons van 'n struikelblok wat veroorsaak is as die skuld daarvoor van die dader self uitgegaan het. Iets word 'n struikelblok wat teengekom is, genoem wanneer iets wat andersins nie onbehoorlik of onoordeelkundig gedoen word nie, uit kwaadwilligheid of die een of ander verkeerde moedswilligheid aangegryp word om aanstoot te gee. Hier is trouens nie 'n struikelblok wat veroorsaak is nie, maar daardie goddelose verklaarders neem dit sonder rede so op. Slegs swakmoediges word deur die eerste soort struikelblok aanstoot gegee, die tweede gee mense met verbitterde geaardhede en fariseïese hoogmoedigheid aanstoot. Daarom salons die een 'n struikelblok van die swakkes en die ander 'n struikelblok van Fariseërs noem. So salons die gebruik van ons vryheid so temper dat dit plek moet laat vir die onkundigheid van ons swak broeders maar geen toegewings vir die stroefheid van die Fariseërs sal maak nie. Paulus toon trouens op baie plekke oorvloedig watter toegewings aan swakheid gemaak moet word. Hy sê: "Neem die swakkes in die geloof aan" .44Net so: "Laat ons mekaar dan nie meer oordeel nie maar laat ons eerder sorg dat ons nie vir ons broeder 'n struikelblok of 'n geleentheid om te val in die weg stel nie.45Daar is ook baie ander voorbeelde met dieselfde betekenis wat beter in daardie verwysing opgesoek kan word as om dit hier weer te gee. Dit kom kortliks op die volgende neer: dat ons wat sterk is, die swakhede van die wat swak is, moet verdra en nie onsself daarmee moet behaag nie, maar elkeen van ons moet sy naaste tot syvoordeel en tot sy stigting behaag.46Elders sê hy: "Maar pas op dat julIe verrnoë nie vir die wat swak is, 'n struikelblok word nie" .47 Net so: "Eet alles wat in die slaghuis te koop is, sonder om ter wille van julle gewete navraag te doen".48"Ek bedoel julle eie gewete en nie die van iemand anders nie" .49 "Wees dan so dat julle geen struikelblok is vir die Jode of vir die Grieke of vir die kerk van God nie" .50Ook elders: "Broeders, julle is tot vryheid geroep; moet julle vryheid egter nie as 'n geleentheid vir die vlees bied nie, maar dien mekaar deur die liefde" .51
Dit is inderdaad ook so. Ons vryheid is trouens nie teen ons swak naaste aan ons gegee nie omdat die liefde ons hulle slawe in alles maak. Dit is eerder aan ons gegee sodat ons in ons harte vrede met God kan hê en vreedsaam met ons medemens saam kan leef.
Uit die Here se woorde leer ons hoe hoog ons 'n struikelblok van Fariseërs moet aanslaan. Hy beveel ons om hulle te laat staan omdat hulle blinde leiers van blindes is.52 Sy dissipels het Hom gewaarsku dat hulle aan sy woorde aanstoot geneem het53Sy antwoord was dat hulle nie op hulle ag moes slaan en nie oor hulle aanstoot besorg moes wees nie.

12. Die egte gebruik van Christelike vrybeid🔗

Die onderwerp sal nogtans onseker bly tensy ons weet wie om as swakkes en wie as Fariseërs te beskou. As ons hierdie onderskeid agterweë laat, sien ek nie hoe daar hoegenaamd enige nut vir vryheid te midde van struikelblokke oorbly nie, aangesien dit nooit sonder die grootste gevaar moontlik sal wees niet Dit lyk vir my egter asof Paulus sowel in leer as in voorbeelde die duidelikste bepaal het tot die mate waarin ons ons vryheid moet beheer of teen struikelblokke moet vrywaar. Toe hy Timoteus in sy geselskap opgeneem het, het hy hom besny.54maar hy kon nie so ver gebring word om Titus te besny nie.55Dit is heeltemal verskillende optredes maar geen verandering van plan of gesindheid niet Hoewel Timoteus vry was van alle dinge, het hy deur hom te besny hom almal se slaaf gemaak; en vir die jode het hy 'n Jood  geword om die jode te wen en vir die wat onder die wet was, soos een wat onder die wet was om die wat onder die wet was te wen.56 Soos hyelders skryf, is hy alles vir almal gemaak ombaie te red.57Hier het ons nou die egte matiging van ons vryheid, naamlik as dit enigsins met vrug in middelmatige sake bedwing kan word. Hy getuig self wat sy doel was toe hy heftig geweier het om Titus te besny wanneer hy skryf: "Maar ook Titus wat met mywas, is nie gedwing om hom te laat besny nie, omdat hy 'n Griek was. Dit was vanweë valse broeders wat slinks in die gemeente ingekom het en ingesluip het om die vryheid wat ons in Christus jesus het, dop te hou om ons weer slawe te maak. Ons het selfs nie een oomblik voor hulle geswig nie, sodat die waarheid van die evangelie onder julle kon bly" .58Hier het ons ook die noodsaaklikheid om ons vryheid te verdedig as dit deur die onregverdige optrede van valse apostels in swak gewetens in gevaar gestel word. Oral moet ons vir die liefde ywer en ons op die stigting van ons naaste rig. Hy sê: "Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig niet Alles is my geoorloof, maar alles is nie opbouend niet Niemand soek iets wat aan hom behoort nie, maar iets wat aan 'n ander behoort".59

Daar is nou niks duideliker as hierdie reël nie, naamlik dat ons ons vryheid moet gebruik as dit tot opbou van ons naaste strek en dat ons daarvan moet afsien as dit ons naaste nie bevoordeel niet Daar is sommige mense wat voorgeedat hulle Paulus se versigtigheid navolg en van hulle vryheid afsien maar dit nietemin nie op hulle liefdespligte oordra niet Om slegs hulle eie rus in aanmerking te neem wens hulle dat alle vermelding van vryheid begrawe mag wees hoewel dit vir ons naaste net soveel van belang is om ons vryheid tot hulle voordeel en stigting te gebruik as wat dit is om dit op die regte plek in toom te hou. 'n Vroom mens moet egter in gedagte hou dat vrymag in uiterlike dinge aan hom gegee is om des te meer onbelemmerd vir al sy liefdespligte te wees.

13. Hierdie leer geld slegs middelmatige sake en moet nie daartoe lei dat gelowiges onder dekmantel van naasteliefde God mishaag nie🔗

Ek wil egter graag alles wat ek in verband met die vermyding van struikelblokke geleer het, op middelmatige en onverskillige60 sake van toepassing maak. Want alles wat noodsaaklik is om te doen, moet sonder vrees vir aanstoot agterweë gelaat word. Soos ons trouens ons Vryheid aan die liefde moet ondergeskik maak, so moet ons die liefde self ook op sy beurt aan die suiwerheid van ons geloof ondergeskik stel. Dit betaam ons inderdaad ook om die liefde hier in aanmerking te neem maar net so ver as die altaar van God; dit beteken dat ons God nie ter wille van ons  naaste aanstoot moet gee nie. Ons moet nie  die onbeheerstheid van mense wat alles deur onluste probeer doen, goedkeur nie, asook diegene wat verkies om alles aan repe te skeur eerder as om dit los te maak nie. Ons moet ook nie luister na mense wat hulle self aanbied om jou in duisend vorms van goddeloosheid in te lei, en hulle verbeel dat hulle so moet optree om nie vir hulle naaste 'n struikelblok (ergernis) te wees nie61- net asof hulle nie intussen hulle naaste se gewete tot kwaad aanstig nie, veral wanneer hulle geen hoop het om daar uit te kom nie en hulle altyd in die modder bly vassteek. En as ons naaste met leer of lewensvoorbeeld onderwys moet word, sê hierdie fyn manne dat ons hom met melk moet voed, maar intussen deurtrek hulle hom met hulleuiters slegte en verderflike opvattings. Paulus vertel dat hy die Korintiërs met melk gevoed het,62maar as die pouslike Mis destyds onder hulle van krag was, sou hy sy offer daar gebring het om aan hulle melk te voorsien? Nee, want melk is nie gif nie. Hulle lieg dus dat hulle diegene voed wat hulle onder dekmantel van so 'n vleiery wreed vermoor. Maar kom ons gee vir die oomblik toe dat so 'n soort skynheiligheid goed gekeur kan word - hoe lank sal hulle dan hulle kinders dieselfde melk laat drink? Want as hulle nooit groot word om ten minste sagte kos te verdra nie, is dit seker dat hulle nooit met melk opgevoed sou wees nie.
Twee redes weerhou my daarvan om nou baie heftig met hulle kragte te meet. Die eerste is dat hulle onsin skaars verdien om weerlê te word aangesien almal met gesonde verstand dit van geen waarde ag nie (dit stink). Ten tweede wil ek nie werk wat ek reeds gedoen het, weer doen nie omdat ek die onderwerp reeds oorvloedig in besondere geskrifte behandel het.63 My lesers moet slegs onthou om nietemin kragtig voort te beur al sou die satan en die wêreld probeer om met watter ergernisse ookal ons van die dinge wat God behaag weg te draai, of ons terug te hou sodat ons nie kan bereik wat Hy ons gebied nie. Ten tweede moet ons onthou dat watter gevaar ons ook al bedreig, ons nogtans nie vry is om 'n vingerbreedte van dieselfde God se gesag af te wyk nie en dat dit ons nie geoorloof is om onder enige dekmantel enigiets aan te pak nie tensy Hy dit toelaat.

14. Die Christen se gewete is vry van mense se wette🔗

Aangesien hierdie voorreg van vryheid soos ons tevore beskryf het, deur die weldaad van Christus aan die gewete van gelowiges gegee is, het hulle daardeur nou inderdaad bereik dat hulle deur geen strikke van gehoorsaamheid aan dinge waarin die Here wou hê dat hulle vry moet wees, gebind word nie. Ons kom dus tot die slotsom dat hulle van alle mensemag vrygestel is. Dit is immers onwaardig dat óf Christus die dank vir so 'n groot vryheid sou verloor óf gewetens self die vrug daarvan. Ons moet dit ook nie as 'n onderwerp van geringe belang beskou nie terwyl ons sien dat dit vir Christus so duur te staan gekom het, naamlik dat Hy dit nie met goud of silwer nie, maar met sy eie bloed gekoop het.64Paulus aarsel byvoorbeeld nie om te sê dat sy dood tevergeefs sal wees as ons ons siele aan mense onderwerp nie.65In 'n hele paar hoofstukke van sy brief aan die Galasiërs behandel hy trouens niks anders nie as net dat Christus vir ons verduister word, of eerder, dat Hy vir ons uitgeblus word tensy ons gewetens vry bly, en ons gewetens verloor hierdie Vryheid beslis as hulle na die goeddunke van mense deur bande van wette of instellinge verstrik kan word. Aangesien dit inderdaad 'n onderwerp is wat baie wetenswaardig is, benodig dit 'n breedvoeriger en duideliker uiteensetting. Want sodra van die afskaffing van menslike instellings gepraat word ontstaan daar groot oproer gedeeltelik deur opstandiges en gedeeltelik deur lasteraars - net asof gehoorsaamheid aan mense dadelik daarmee saam opgehef en tot niet gemaak word.

15. In die mens trek geestelike en burgerlike regering saam🔗

Om derhalwe te verhoed dat iemand hom teen hierdie rots te pletter loop, moet ons ten eerste daarop let dat daar 'n tweevoudige regering in die mens is: die een is 'n geestelike regering waardeur sy gewete tot godsvrug en tot diens aan God onderrig word; die tweede is 'n burgerlike regering waardeur die mens opgevoed word om die pligte van medemenslikheid en burgerskap wat onder mense nagekom moet word, te doen. Gewoonlik word hulle met die paslike benaminge  geestelike jurisdiksie en tydelike jurisdiksie benoem. Daarmee word aangedui dat die eerste regeringsvorm op die sielelewe betrekking het en dat laasgenoemde hom besig hou met die dinge van hierdie lewe. Dit geld nie alleen sy voeding of sy kleding nie, maar ook die voorskrif van wette waarvolgens 'n mens heilig, eerlik en ingetoë tussen sy medemense kan lewe. Eersgenoemde is innerlik in die gemoed gevestig terwyl laasgenoemde slegs die uiterllke sedes inrig. Ons kan die een 'n geestelike ryk, en die ander 'n burgerlike ryk noem. Volgens ons verdeling moet ons hierdie twee altyd elkeen afsonderlik ondersoek en wanneer ons die een ondersoek, moet ons ons gedagtes van die ander een af wegroep en wegkeer. Hulle is tewens soos twee wêrelde in die mens waaroor verskillende konings en wette beheer kan uitoefen. Met hierdie onderskeid sal voorkom word dat ons dit wat die Evangelie in verband met geestelike vryheid leer, verkeerdelik na die burgerlike orde oorsleep net asof Christene hulle na die uiterlike regering minder aan menslike wette hoef te onderwerp omdat hulle gewetens dan voor God vry sou wees en asof hulle op grond daarvan van alle slawerny van die vlees verlos is omdat hulle na die gees vry is.

Ten tweede: omdat daar in die instellings wat skynbaar op die geestelike regering betrekking het, 'n misverstand kan bestaan, behoort ons juis tussen hulle te onderskei om te weet watter instellings ons as regmatig moet beskou omdat hulle in ooreenstemming met God se Woord is, en watter by godvrugtiges geen plek behoort te beklee nie. Ons sal elders oor burgerlike regermgpraat.66En ook 'n bespreking van die kerklike wette laat ek vir die huidige daar omdat 'n vollediger bespreking daarvan eerder by die vierde boek inpas wanneer kerklike mag behandel sal word.67Laat ons die bespreking hiervan dus hier afsluit.

Soos ek gesê het, is dit 'n vraagstuk wat nie op sigself duister of ingewikkeld is nie.68Dit skep egter vir baie mense probleme omdat hulle nie tussen uitwendige regspleging en regspleging van die gewete69 onderskei nie. Hierbenewens laat Paulus se voorskrif dat ons die owerheid moet gehoorsaam - nie alleen vanweë ons vrees vir straf nie, maar ook vanweë ons gewete,70die probleem ook toeneem. Daaruit volg dat ons gewetens ook deur burgerlike wette gebind word. Maar as dit die geval is, stort alles wat ek 'n rukkie tevore gesê het, en alles wat ek nou in verband met die geestelike regering gaan sê, in duie. Om hierdie knop deur te haak, is dit nodig om te weet wat die gewete is en ons moet die definisie daarvan uit 'n eienskap van die woord aflei. Want soos mense deur hulle verstand en begrip kennis van dinge opdoen, en na aanleiding daarvan gesê word dat hulle iets weet, en daaruit die word wetenskap afgelei word, so word die gevoel wat hulle ervaar wanneer hulle God se oordeel as 'n getuie gevoel wat aan hulle verbind is en nie toelaat dat hulle hulle sondes wegsteek nie, maar hulle as skuldiges voor die Regter se regbank sleep,71gewete genoem. Dit is tewens iets tussen God en die mens omdat dit die mens nie toelaat om sy kennis in hom te onderdruk nie,72maar hom vervolg totdat dit hom skuldig bewys.
Dit is Paulus se bedoeling wanneer hy leer dat die mens se gewete tegelyk vir hulle getuig wanneer hulle gedagtes hulle voor die oordeel van God aankla of onskuldig vind.73Kennis sou doodeenvoudig in die mens opgesluit kon bly. Derhalwe is hierdie gevoel wat die mens voor God se regbank stel, as 'n wag vir die mens daargestel om al sy geheime raak te sien en dop te hou sodat niks in duisternis begrawe bly nie.
Daaruit ontstaan ook die ou spreuk: "Die gewete is 'n duisend geruies.74Om dieselfde rede het Petrus die bede tot 'n goeie gewete voor God in die plek van die gemoedsrus gestel wanneer ons vas oortuig is van Christus se genade en ons onbevreesd voor God kan bring.75 En die skrywer van die brief aan die Hebreërs sê dat hulle geen gewete meer van die sonde het nie, hy stel dit in die plek van orygemaak of verlos sodat die sonde ons nie meer aankla nie.76

16. Gewete staan in verband met God en 'n goeie gewete is innerlike opregtheid van hart🔗

Soos ons werke op ons medemens sien, so staan ons gewete in verhouding met God sodat 'n goeie gewete niks anders is as innerlike opregtheid van hart nie. In hierdie sin skryf Paulus dat die volvoering van die wet die liefde uit 'n rein gewete en 'n ongeveinsde geloof is.77
Later in dieselfde hoofstuk toon hy ook aan hoe die gewete van begrip verskil wanneer hy sê dat sommiges in hulle geloof skipbreuk gely het omdat hulle 'n goeie gewete verwaarloos het.78Met hierdie woorde dui hy tewens 'n lewende gesindheid om God te dien en 'n opregte ywer om godvrugtig en heilig te lewe aan. Soms word dit weliswaar ook na mense uitgebrei soos wanneer dieselfde Paulus by Lukas getuig dat hy gesorg het dat hy met 'n goeie gewete voor God en die mense gewandel het.79
Maar hy het dit gesê omdat die vrug van 'n goeie gewete ook na mense toe oorvloei en hulle ook bereik.

Soos ek reeds gesê het, het dit in eintlike sin op God alleen betrekking. Dit is waarom daar gesê word dat 'n wet 'n mens se gewete bind wanneer dit doodeenvoudig 'n mens verbind sonder inagneming van ander mense en sonder om hulle in aanmerking te neem. Byvoorbeeld: God gebied ons nie alleen om ons gedagtes rein en van alle wellustigheid' suiwer te hou nie, maar Hyverbied ook enige afstootlikheid van woorde en uiterlike losbandigheid. My gewete is aan die gehoorsaamheid van hierdie wet onderworpe selfs al sou daar geen ander mens op die wêreld leef nie. Iemand wat hom so ongeskik gedra, sondig dus nie alleen daarin dat hy 'n slegte voorbeeld vir sy medebroeders stel nie, maar sy gewete staan ook skuldig voor God. In sake wat op sigself middelmatig is, is daar egter 'n ander rede. Ons behoort ons trouens van enigiets wat aanstoot gee, te weerhou, maar met 'n vry gewete. Paulus praat byvoorbeeld soos volg oor vleis wat aan afgode geoffer word: "As iemand beswaar maak, moet dit dan nie aanraak nie ter wille van die gewete. Ek bedoel die gewete nie van jou self nie, maar van 'n ander.''80 'n Gelowige wat, ten spyte daarvan dat hy vooraf gewaarsku is, nogtans daarvan eet, doen sonde. Maar al sou dit ook ter wille van sy broeder noodsaaklik wees dat hy hom daarvan weerhou soos God gebied, hou hy nogtans nie op om sy gewetensvryheid te behou nie. Ons sien dus hoe daardie wet die uiterlike werk bind maar die gewete vry laat.

Endnotes🔗

  1. ^ Lucinianici homines. d.i. mense wat dieselfde gesindheid as Lucianus openbaar; Lucianus was 'n skrywer van die Romeinse keisertyd van die Antonini tot Commodus tussen die jare 160 tot 200 n.C. Hy is in 120 n.C. in Samosata gebore, en in Ionië opgelei waarna hy sy beroep as retor in Gallië beoefen het. Hierna het hy geruime tyd in Atene vertoef en was teen die einde van sy lewe 'n beampte in die Romeinse administrasie van Egipte. Sy bekendste werk, De morte Peregrini (Die dood van Peregrinus) is 'n satire oor die Christene wat hy in die loop van sy omswerwinge leer ken het. Sykennis van die Christendom is oppervlakkig skeptisisties: vgl. RPTK8:497 e.v.; REW13,2:1725 e.v.)
  2. ^ Vgl. Inst. 2.7.14, 15; 3.11.17, 18 (Afr. vert. 2:493 - 495; 3:952, 953).
  3. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com. 1522 (CR 21:458 - 466). Melanchthon onderskei vier trappe (gradus) van Christelike vryheid, naamlik sondevergiffenis, verligting van die Gees, 'n openbare lewe wat nie aan die Mosal'ese wet ondenoorpe is nte en gewetensvrybeid in onbelangrlke sake (indifferentia).
  4. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com. 1522 (CR 21:460 - 462).
  5. ^ Vgl. Inst. 2.7.3; 2.8.3 (Afr. vert. 2:480; 501).
  6. ^ Vgl. o.a. Servet, De iustitia regni Cbrlsti 1532 3 fo. D7a e.v.
  7. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com. 1522 (CR 21:460 - 462).
  8. ^ Marg. Ephes. 1.a.4; 1 Tbess. 4.b.5 (recte: 1 Tess. 4:3). Vgl. 1 Tess. 4:7 en OC 51:147 -148; 52:161 - 162.
  9. ^ Fr. 1541 e.v.: lors tl ne faut pas venir à conte avec la Loy, ne pourpenser ce qu 'elle requiert (Benoit 3:312).
  10. ^ Vgl. De Castro, Adv. Haer. fo. 129CD; Cochlaeus, Phil. 3.32; Hieronymus, Com. in ep. ad Gal. Prol. (MPL 26:331 - 336); Com. ad Gal. 2 (MPL 30:810); Pseudo-Ambrosius, Com. in ep. ad Gal. (MPL 17:356, 357?).
  11. ^ Marg. Galat. 3.b.13. Vgl. OC 50:209 - 210
  12. ^ Marg. & 5.a.I (Gal. 5:1). Vgl. ook Gal. 5:2 ·4; NAV:Julle het die genade van God verbeur; vgl. ook OC 50:243 - 245.
  13. ^ Marg. Galat. 4.d.30 (recte: Gal. 4:5). Vgl. OC 50:227.
  14. ^ Fr. 1545 e.v.: afin d'avoir repos en nos consciences (Benoit 3:313).
  15. ^ Hierdie tweede aspek van Christelike vryheid is reeds deur Luther as fundamentele tema in sy De tibertate christianain 1520 ontwikkel, (WA 7:53,55,63,64,67,69,71,73). Vgl. ook Melanchthon, Loci com. 1525 (CR 21:458 - 466, 1038 . 1050).
  16. ^ Marg. Deut. 6.a.5.
  17. ^ Vgl. 10. Fischer, Confutatio art. 31.
  18. ^ Marg. Malac. 3.d.l7.
  19. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com. 1522 (CR 21:29 - 30).
  20. ^ Marg. Hebr. 11.a.2. Vgl. ook Hebr. 11:1 en die daaropvolgende verse en OC 55:170 e.v.
  21. ^ Marg. Rom. 6.c.12. Vgl. ook Rom. 6:14 en OC 49:111 - 113.
  22. ^ Vgl. Rom. 6:12-14.
  23. ^ In Calvyn se tyd is daar soms 'n heftige polemiek oor hierdie aspek van Christelike vryneld gevoer. Vgl. o.a, Melanchthon se Apologia Confess. August. art. 15.52 (Kidd, Documents nr. 116, p. 259 e.v.), vgl. ook Diogenes Iaertlus, 7.102, 104 (LCL2:206 - 210).
  24. ^ Vgl. Melanchthon, Loc; com. 1552 (CR 21:1038 - 1050).
  25. ^ Vgl. Clichtoveus, Antilutberum 1, fo. 4b en Kidd, Documents nr. 171 p. 390 e.v.
  26. ^ Fr.: + et en un profond abysme (Benoit 3:316).
  27. ^ Cannabis sativa: "Vesel verkry van die binnebas van die stlngel van die Indiese hennep en gebruik om sakke, toue, matte, e.d. te vervaardig".
  28. ^ cibarium panem.
  29. ^ Vgl. hierdie skets van 'n progressiewe askese met Calvyn se uiteensetting van die beheerdsde en matige genieting van God se gawes in Inst. 3.10.1-4 (Afr. vert. 3:902 - 924); vroeg-Christelike voorbeelde van uiterste askese was skynbaar meer dikwels 'n wereldse vertoon dat so iemand rykdom en die wereld afgesterf het; vgl. o.a. Cassianus se vermanings in verband met so 'n oordrewe askese (MPL 41:1187-1190; CSEL 13:587-590).
  30. ^ Marg. Rom. 14.c.14. vgl. OC 49:264 - 265.
  31. ^ Res omnes externas libertati nostrae subtctit; vgl. Inst. 3.10.4: in rebus externis libertas: vryheid in uiterlike dinge. Hoewel ealvyn in sy opvatting van die onverskilliges - adiapbora - gevaarlik naby aan die Stoïsynse opvatting daarvan beweeg en waarskynlik ook daardeur beïnvloed is, dra die term in sy Christelike mileu tog nie die belading waarmee dit in die Stoïsynse denke belas was nie. Vgl. E.F. Meylan, The stotc doctrine ofindifferent tbings and the conception ofCbrlstian liberty in Calvin's Institutio in Romante Review 8 (1937):135-145.
  32. ^ Marg. Ibidem, d.22. (Rom. 14:22). Vgl. ook Rom. 14:23.
  33. ^ Fr. 1541 e.v.. Tous ceux-là qui ainsi usent des choses,ou en telle hardiesse contre leur conscience, ou en telle cratnte et confusion, tant les uns que les autres (Benoit 3:317).
  34. ^ Marg. 1. Tim. 4.b.5. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 52:297.
  35. ^ Marg. Tit. 1.d.15. Vgl. OC 52:416 . 418.
  36. ^ Marg. Luc. 6.d.24. Vgl. ook die daaropvolgende verse.
  37. ^ Marg. Amos 6.a.1.4.
  38. ^ Marg. Iesa. 5.b.8. NAV: die een plaas na die ander in die hande kry. Vgl.. OC 36:107 - 108.
  39. ^ Vgl. Jes. 5:12.
  40. ^ Marg. Philip. 4. c.ll. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 52:63 e.v.
  41. ^ Vgl. Zwingli se preek van 23 Maart 1523 waarin hy die hele aangeleentheid bespreek na aanleiding van die klag teen Froschauer dat hy en sy vriende waaronder ook Zwingli op 5 Maart 1522 twee droë worse geëet het. Zwingli se slotsom is: Elkeen kan vryelik oordeel oor die dinge wat ek hierbo verduidelik het (Quapropter liberum de bis quae modoproposuimus, unicuique esto iudicium. Vgl. Kidd, Documents, 390-393.
  42. ^ Fr. 1541 e.v.: + qu'on n'ait point de liberté, si on ne la monstre à tous propos (Benoit 3:319).
  43. ^ Vgl. Calvyn se traktaat De Scandalis 1550 (OC 8:1-84; OS 2:162-240); vgl. ook Melanchthon, Loci com. 1521 (CR 21:225 e.v.; 516 e.v.; 1029 e.v. 1069
  44. ^ Marg. Rom. 14.a.1. Vgl. OC 49:257 - 258.
  45. ^ Marg. Ibidem. c.13 (Rom, 14:13).
  46. ^ Vgl. Rom. 15:1, 2.
  47. ^ Marg. 1. Cor. 8.c.9. Vgl. OC 49:434.
  48. ^ Marg. Ibidem. 10.f.25 (1 Kor. 8:9).
  49. ^ Vgl. 1 Kor. 10:29; omgekeerd hier weergegee; in afdeling 16 einde is dit korrek.
  50. ^ Vgl. Rom. 14:13.
  51. ^ Marg. Galat. 5.b.13. Vgl. OC 50:250.
  52. ^ Marg. Matt. 15.b.14. Vgl. OC 36:453 - 454.
  53. ^ .Vgl. Matt. 15:12.
  54. ^ Marg. Act. 16.a.3. Vgl. OC 48:370 e.v.
  55. ^ Marg. Galat. 2.a.3. Vg1. OC 50:184.
  56. ^ Marg. 1. Cor. 9. c.19. Vg1. ook die daaropvolgende verse en oe 49:447 - 449. Fr. 1541 e.v.: + aux infirmes, comme infirme, pour gagner infirmes (Benoit 3:321).
  57. ^ Marg. Ibidem. d.22 (1 Kor. 9:22).
  58. ^ Marg. Galat. 2.a.3. Vg1. ook die daaropvolgende verse.
  59. ^ Marg. 1. Cor. 10.e.23. Vg1. ook die daaropvolgende verse.
  60. ^ Fr. 1541 e.v.: + aux choses indifferentes. lesquels ne sont, de soy, ne bonnes mauuaises (Benoit 3:322).
  61. ^ 1536: + Marg. 1. Cor. 8. (9)
  62. ^ Marg. 1. Cor. 3.a.2.
  63. ^ Vgl. sy Epistolae duae de rebus hoc saeculo cognitu apprime necessariis, 1537 (OC 5:239 e.v.): Petit traictë monstrant que c 'est que doit faire in homme fidèle congnoissant la uerité de l'Evangile quand il est entre les papistes, 1544 (Oe 6:537 e.v.): Excuse à Messieurs les Nicodëmites sur la complaincte qu 'ilsfont de sa trop grande rigueur, 1544 (OC 6:589 e.v.): Appendices ad libellos de uitandis superstitionibus, 1549 (OC 6:617 e.v.), De scandalis quibus bodie plerique absterrentu r, nonnulli etiam alienantur a pura euangelii doctrina, 1550 (Oe 8:1 e.v.), Quatre sermons traictans des matièresfort utiles pour nostre temps, (eerste deel) auquel tous Cbrestiens sont exbortex de fuir l'idoiatrie extërieure, 1552 (OC 8:369 e.v.). By herhaling het Calvyn die vraagstuk in verband met Christelike vryheid weer in 1562 onder die loep geneem met sy Response à un certain Hollandois lequel sous ombre defaire les Cbrestiens tout spiruuels leurpermet de polluer leur corps en toutes idolatries (OC 9:581 e.v.). vgl. Benoit 3:323.
  64. ^ Marg. 1. Pet. l.c. l8. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 55:224.
  65. ^ Marg. Galat. 5.a.l.4.
  66. ^ Vgl. Inst. 4.20 e.v.
  67. ^ Vgl. Inst. 4.10 e.v.
  68. ^ Die res van hierdie hoofstuk stem letterlik ooreen met Inst. 4.10.3 en 4 (OS 5:165-167).
  69. ^ Fr. 1551 e.v.. entre la police et la conscience, entre la iurisdiction externe et civile, et Ie iugement spirttuel, qui a son slège en la conscience (Benoit 3:324).
  70. ^ Marg. Rom. 13.a.1, & b.5. Vgl. OC 49:248 - 249, 251 - 252.
  71. ^ Fr. 1551e.v.: mais les adiourne devant Ie siège du grand Iuge, et les ttent comme enferrez (Benoit 3:325).
  72. ^ Fr. 1551 e.v.: d'autant que lesbommes, ayans une telle impressum en leur coeur, ne peuoentpas ef facer par oubly la cognoissance qu'ils ont du bien et du mal (Benoit 3:325).
  73. ^ Marg. Rom. 2.c.15. Vgl. ook die daaropvolgende verse en oe 49:38 e.v.
  74. ^ Vgl. Quintilianus, Inst. orat. 5.11.41 (LCL 2:294 e.v.), Seneca, De clementia 1.13: magis vis conscientiae.
  75. ^ Marg. 1. Pet. 3.d21.
  76. ^ Marg. Hebr. 10.a.2.
  77. ^ Marg. 1. Tim. 1.a.5. Vgl. OC 52:253 - 254.
  78. ^ Vgl. 1 Tim. 1:19.
  79. ^ Marg. Act. 24.d.16. Vgl. OC 48:523 e.v.
  80. ^ Marg. 1. Cor, 10.f28. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 49:469, 470 e.v.