Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 15 Om te weet met watter doel Christus deur die Vader gestuur is en wat Hy aan ons gegee het, moet ons in besonder daarop let dat daar in Hom drie ampte is, naamlik ‘n Profetiese, ‘n Koninklike en ‘n Priesterlike amp

Christus is deur die God na die Aarde toe gestuur en gesalf as ‘n profeet, priester en koning. As Ewige Koning van ‘n geestelike koninkryk beloof Hy ons nie aardse voordele nie, maar wel alles wat nodig is vir ons ewige saligheid.  As Priester het hy ons met God versoen deur die offer van sy dood.