God openbaar Homself in drie Persone: die Vader, Seun en Heilige Gees. Hulle is drie onderskeie 'Selfstandighede' in die enkelvoudige, ondeelbare 'Wese' van God. Ons gebruik die woord Drie-eenheid om dit te omskryf. Hoewel hierdie woord nie in die Skrif voorkom nie, help dit die mens se verdorwe verstand om God se onmeetlikheid en geestelikheid te peil. Dit ontmasker ook valse leerstellings, dwalings en ketterye (‘n paar word bespreek en weerlê).

Calvyn verduidelik uitgebreid vanuit die Skrif dat die Seun en die Heilige Gees ook God is. Paulus byvoorbeeld vervleg hierdie drie: God, geloof en doop, op só ‘n manier dat ons nie anders kan nie as om die drie Persone in die één God te erken. Aan die Vader word die oorsprong van alle dinge toegeskryf, aan die Seun: wysheid, raad en toedeling van die werk en aan die Heilige Gees: krag en uitvoering van die werk. Binne hierdie eenheid is daar orde, wat niks van die Godheid van die Seun of die Heilige Gees wegneem nie.

Calvyn vermaan ons om in ons denke en spreke oor die Drie-eenheid binne die grense van die Skrif te bly en nie “deur skerpsinnig na die verhewe geheimenis te delf, in baie ydel bespiegelinge af te dwaal” nie.

1984. 47 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 13 In die Skrif word geleer dat daar vanaf die Skepping 'n Enige Wese van God is wat Drie persone in Homself insluit

1. Die Mens se verstand is nie in staat om die Onmeetlikheid en Geestelikheid van God se Wese te peil nie🔗

Dit wat in die Skrifte oor die onmeetlike en geestelike Wese van God geleer word, behoort nie alleen by te dra om die waansin van die gewone mens te vernietig nie maar ook om die drogredenasie van die profane filosofie te weerlê. Vir een van die filosowe van ouds het dit gelyk asof die volgende uitdrukking baie verstandig is: "Alles wat ons sien en alles wat ons nie sien nie, is God!''1 En tog het hy só 'n godheid versin wat in elke deel van die wêreld versprei is. Maar hoewel God spaarsamig oor sy Wese spreek om ons nugter te hou, neem Hy tog met die twee eienskappe wat ek genoem het, naamlik onmeetlikheid en geestelikheid, growwe verbeeldingsvlugte van die mens afweg, en Hy onderdruk ook die vermetelheid van die mens se verstand.

Want sy onmeetlikheid behoort ons sekerlik daarvan af te skrik om Hom met die maat van ons eie sintuie te probeer meet. Sy geestelike natuur weer verbied aardse of vleeslike spekulasie in verband met Hom. Die feit dat Hy baie dikwels 'n tuiste in die hemel aan Homself toeskrywe, het dieselfde strekking. Want hoewel Hyook die aarde vul omdat Hy onbegryplik is, verhef Hy ons nograns met reg bo die wêreld om ons traagheid en gebrekkige belangstelling uit ons weg te ruim, omdat Hy kan sien dat ons verstand weens die traagheid daarvan op die aarde gevestig bly. Hiermee stort die dwaling van die Manicheërs ook in duie omdat hulle, deur twee beginsels daarvoor vas te stel, die duiwel feitlik aan God gelyk gemaak het.2 Dit het sekerlik beteken dat hulle God se eenheid verbreek en sy onmeetlikheid beperk het. Want dit was 'n kenmerk van hulle skandelike onkunde dat hulle gewaag het om daarvoor sekere getuienis te misbruik. Soos hulle dwaling, was dit ook kenmerkend van hulle afstootlike waansinnigheid.

Die Antropomorfiete, wat hulle verbeel het dat God liggaamlik is omdat die Skrif dikwels 'n mond, ore, oë, hande en voete aan Hom toeskryf,3 kan makiik weerlê word. Want wie met selfs 'n geringe verstand kan nie begryp dat God amper babataal met ons praat, soos voedsters die gewoonte het om met suigelinge te doen nie? Daarom druk sulke uitdrukkings nie soseer uit hoedanig God is nie, maar dit pas eerder ons kennis in verband met Hom by ons eie swakheid aan. Hy moet noodwendig ver benede sy verhewenheid afdaal om dit moontlik te maak.

2. Die 'Persone' en die 'Wese' van God🔗

Maar Hy wys Homself ook deur 'n ander besondere kenmerk aan waardeur Hy nog nader geken kan word. Want Hy verklaar op so 'n wyse dat Hy enig is dat Hy dit duidelik stel dat ons in drie onderskeie Persone aan Hom moet dink; en as ons nie aan die drie Persone vashou nie, sweef daar slegs 'n blote leë Naam vir God sonder die ware God in ons brein rond. Voorts moet ons hier na 'n bondige en maklike definisie soek om ons van elke vorm van dwaling te bevry, sodat niemand hom mag verbeel dat God drievoudig is,4 of mag dink dat die eenvoudige Wese van God in drie Persone verskeur word nie.5 Maar omdat sommige mense die woord  persoon6 nydig afkeur asof dit 'n uitvinding van die mens is, moet ons eers ondersoek instel na die billikheid waarmee hulle dit doen.

Wanneer die apostel die Seun van God 'n afdruksel van die selfstandigheid van die Vader noem,7 ken hy ongetwyfeld 'n bepaalde selfstandigheld8 aan die Vader toe waarin Hy van die Seun verskil. Want dit is nie alleen 'n stroewe nie maar ook 'n onpaslike interpretasie om 'selfstandigheid' as 'wese' op te neem, soos sommige verklaarders wel doen, net asof Christus soos 'n seël wat op was afgedruk is, in Homself die Wese van die Vader weergegee het. Aangesien die Wese van God enkelvoudig en ondeelbaar is, beweer hulle onvanpas, ja, selfs onsinnig, dat Hy 'n afdruksel is van Hom wat die geheel, nie deur verdeling of afvloeiing nie maar in algehele volmaaktheid, in Homself saamvat. Maar omdat die Vader Homself volledig in sy Seun uitgedruk het, hoewel Hy ten opsigte van sy eie eienskappe van Hom onderskei is, kan met baie goeie rede gesê word dat Hy sy selfstandigheid in Hom geopenbaar het. Die daaropvolgende byvoeging stem gepas daarmee ooreen, naamlik dat Hy 'n afskynsel van sy heerlikheid is.9

Uit die woorde van die apostel kan ons trouens aflei dat daar 'n besondere selfstandigheid in die Vader is wat in sy Seun uitstraal. Daaruit word weer, aan die ander kant, gemaklik die selfstandigheid van die Seun afgelei om Hom van die Vader te onderskei. Dieselfde rede geld ook in die geval van die Heilige Gees, omdat ons terstond sal bewys dat Hy ook God is, en tog moet die Heilige Gees as 'n ander as die Vader beskou word.

Voorts is dit nie 'n onderskeiding van wese nie - dit is ons trouens nie geoorloof om Hom as 'n meervoudige Wese voor te stel nie. As die getuienis van die apostel dus geloofwaardig is, volg daaruit dat daar drie selfstandighede in God aanwesig is. Aangesien die Latynsprekendes 'selfstandigheid' met die woord persoon uitgedruk het,10 is dit 'n bewys van uitermatige hoogmoedigheid en selfs wederstrewigheid om oor 'n duidelike aangeleentheid te redetwis. As 'n mens dan woord vir word wou vertaal, dan salons dit 'selfstandigheid' kan noem. In dieselfde sin praat baie mense daarvan as 'substansie'.11 Dit is egter nie net die Latynsprekendes wat die woord persoon gebruik het nie. Ook die Griekse Vaders het geleer dat daar drie 'Persone12 in God aanwesig is moontlik om hulle instemming te betuig. Hoewel die Griekse of Latynsprekende Vaders dus ten opsigte van die woord van mekaar verskil, stem hulle tog in hooftrekke goed met mekaar ooreen.

3. Die Woorde Drie-eenheid en Persoon self is Hulpmiddels om die Skrif beter te verstaan🔗

Hoewel die ketters nou oor die woord Persoon kef13 en of sommige uitermatig eiesinnige mense14 nou ook al lawaai dat hulle nie 'n word toelaat wat na die goeddunke van die mens versin is nie, en hoewel hulle nie kan ontken dat daar Drie genoem word nie, van wie elkeen ten volle God is, maar dat daar tog nie meer gode is nie, wat se goddeloosheid is dit dan nou eintlik om woorde af te keur wat net verduidelik wat in die Skrif betuig en beseël is? Hulle sê dat dit beter sou wees om nie alleen ons gevoelens nie maar ook ons woorde binne die perke van die Skrifvas te pen eerder as om vreemde woorde rond te strooi wat volgens hulle kweekplekke van verskil en twis sal word. Want so sal die mens homself oor 'n woordestryd vermoei. So gaan die waarheid in 'n geredekawel verlore. So gaan die liefde in 'n haatlike rusie tot niet. As hulle dan 'n woord vreemd noem omdat daar nie aangetoon kan word dat dit uit ewe veel lettergrepe in die Skrif saamgestel is nie, lê hulle inderdaad 'n onbillike wet op ons waardeur elke Skrifuitleg verdoem word as dit nie uit die konteks van die Skrif saamgeflans is nie.

Maar as dit 'n vreemde woord is wat uit nuuskierigheid uitgedink en bygelowig verdedig word; wat meer bydra tot struweling as tot stigting, wat onpaslik en vrugteloos misbruik word en deur die hardvogtigheid daarvan die ore van gelowiges aanstoot gee; wat aan die eenvoud van die Woord van God afbreuk doen - dan omhels ek hulle nugterheid van ganser harte. Want my gevoel is dat ons nie met minder eerbied van God moet praat as wat ons aan Hom dink nie, omdat alles wat ons van Hom uitdink, dwaasheid is en alles wat ons só oor Hom praat, onsinnigheid. Maar ons moet tog 'n bepaalde perk handhaaf: ons moet 'n vaste reël vir ons dink en praat uit die Skrif put, en na aanleiding daarvan moet al die oordenkinge van ons verstand en die woorde van ons mond gemeet word.

Maar wat verbied ons om die dinge wat in die Skrif vir ons bevatlikheid ingewikkeld en ineengestrengel is, in duidelike woorde te verduidelik mits dit tog eerbiedig en woordgetrou die waarheid van die Skrif self dien en spaarsaam en beskeie op die regte geleentheid daarvoor gebruik word?15 Daar is geen tekort aan genoeg voorbeelde hiervoor nie! Maar wat daarvan as ons kan bewys dat die kerk onder die uiterste nood gedwing word om die woorde Drie-eenheid en Persone te gebruik? As iemand ons dan die nuwigheid van die woorde sou verkwalik,16 sou die oordeel oor hom nie dan met reg wees dat hy aan die lig van die waarheid aanstoot neem nie? Hy verkwalik dan mos slegs dit wat die waarheid verduidelik en ophelder.

4. Die Woorde Drie-eenheid en Persoon ontmasker die ketterye van Sabellius en Arius🔗

En hierdie nuwigheid van woorde, as dit dan so genoem moet word, kom eers besonder gerieflik te pas as ons die waarheid teen lasteraars moet verdedig wanneer hulle dit met allerhande uitvlugte ontduik. Ons het vandag meer as genoeg ervaring daarvan, omdat ons die grootste moeite het om die vyande van die suiwer en gesonde leer te oorwin.17 Met sulke krom kronkelende kronkelinge ontkom die glibberige slange as hulle nie vasberade vasgetrap, gevang en in 'n hoek gedryfword nie. So is die ou skrywers deur uiteenlopende kragmetings met valse leerstellings gedwing om met voortreflike helderheid te verklaar wat hulle opvatting was, om sodoende geen bedekte uitvlug vir die goddelose te laat nie.18 Die dekmantel van woorde was immers vir hulle die skuilplekke van hulle dwalings.

Arius19 het erken dat Christus God en die Seun van God is omdat hy nie uitdruklike Skrifuitsprake kon teenstaan nie, en asof hy hom deeglik van sy taak gekwyt het, het hy 'n mate van eenstemmigheid met die ander voorgegee. Maar intussen het hy nie daarvan afgesien nie om oral te verkondig dat Christus geskep is en 'n begin gehad het soos alle ander skepsele. Om die bedrieglike slinksheid van die man uit sy skuilhoeke uit te boender het die skrywers van ouds nog verder gegaan en verklaar dat Christus die ewige Seun van die Vader is en deelgenoot van die Wese van die Vader. As gevolg hiervan het die Ariane se goddeloosheid opgebruis toe hulle begin het om die woord homoousius te verafsku en te vervloek. Maar as hulle van die begin af opreg en van harte sou erken het dat Christus ook God is, sou hulle mos nie ontken het dat Hy 'n deelgenoot van die Wese van die Vader is nie. Wie sou dan waag om sulke regskape manne as strydlustige rusiemakers uit te kryt omdat hulle as gevolg van een ou woordjie tot so 'n groot twisvuur aangevuur is en die rus van die kerk versteur het? Maar juis hierdie woordjie onderskei Christene van suiwer geloof van heiligskennende Ariane.

Daarna20 het Sabellius opgestaan. Hy het die woorde Vader, Seun en Heilige Gees as feitlik van nul en gener waarde beskou en geredeneer dat hulle nie daar is om tussen die Persone van God te onderskei nie maar dat hulle slegs eienskappe van God - en hiervan is daar baie weergee. Toe dit dan op 'n stryd met hom uitgeloop het, het hy erken dat hy glo dat die Vader God, dat die Seun God en dat die Gees God is. Maar daarna was sy uitvlug voor die hand liggend, naamlik dat hy niks anders bedoel het as net om God kragtig, regverdig en wys te noem nie. Vervolgens het hy toe 'n ander liedjie gesing, naamlik dat die Vader die Seun is en dat die Heilige Gees die Vader is, sonder enige orde of onderskeid. Regskape leraars wat destyds godsaligheid ter harte geneem het, het met die oog daarop om die goddeloosheid van die man te verbreek, beklemtoon dat ons in der waarheid drie eiesoortighede in die een God moet erken. En om hulle met die onbedekte en eenvoudige waarheid teen hierdie verdraaide sluheid te verskans, het hulle verklaar dat daar in die een God of - en dit is dieselfde - in die eenheid van God, 'n Drie-eenheid van Persone bestaan.21

5. Dit gaan nie Wesenlik om die Woorde nie, maar sonder die Woorde kan ons ook nie klaarkom nie🔗

As die woorde dus nie onbesonne uitvindings is nie, moet ons waak daarteen dat ons ons nie aan hooghartige onbesonnenheid skuldig maak deur dit te verwerp nie. Was die woorde tog maar begrawe so lank as wat hierdie geloof onder alle mense vas bly staan dat Vader, Seun en Gees net één God is en dat die Seun tog nie die Vader of die Gees die Seun is nie maar dat elkeen deur 'n besondere eienskap van die ander onderskei is. Ek is trouens nie 'n mens met so 'n norse stroefheid dat ek om blote woorde sou wil stry nie. Want ek merk dat die skrywers van ouds nie met mekaar en ook nie elkeen oral met homself ooreenstem nie, hoewel hulle andersins eerbiedig oor die dinge skryf. Want hoe merkwaardig is die formulering tog waarvoor Hilarius verskoning maak omdat dit deur kerkvergaderings gebruik is?22 Watter vryheid veroorloof Augustinus homself nie soms nie!23 Hoeveel verskil die Griekse Vaders nie van die Latynse nie!24 Slegs een voorbeeld van hierdie verskeidenheid sou genoeg wees:

Toe die Latynse Kerkvaders die woord homoousios25 wou vertaal, het hulle gepraat van consubstantialis, dit is, van dieselfde substansie, en daarmee aangedui dat die Vader en die Seun een Wese deel, en gevolglik het hulle die woord substantia in plaas van essentia gebruik.26 Na aanleiding daarvan het Hieronymus in sy brief gesê dat dit heiligskennis is om te verkondig dat daar drie 'substansies' in God is.27 En tog sal 'n mens meer as honderd maal by Hilarius vind dat daar drie substansies in God is.28 Hoe verward was Hieronymus nie oor die woord hypostasis nie! Want hy het vermoed dat daar venyn agter sit wanneer mense sê dat daar drie hypostases in God is. En as iemand die woord in hierdie betekenis gebruik, het hy dit tog nie as 'n onpaslike uitdrukking beskou nie. As die gebruiker dit egter ernstig bedoel en hy nie willens en wetens die biskoppe van die Ooste in wie hy 'n afkeer gehad het, wou belas nie, sou dit 'n ongegronde beskuldiging word. Hy het trouens heeltemal verkeerd verklaar dat die woord ousia29 in al die heidense skole niks anders as bypostasis30 beteken nie - 'n stelling wat oral deur die algemene en alledaagse gebruik van die woord weerlê word.

Augustinus is meer ingetoë en matiger, want hoewel hy verklaar dat die woord hypostasis in hierdie betekenis vir Latynsprekendes vreemd op die ore val, ontneem hy die Griekssprekende Vaders tog nie hulle spraakgebruik nie - dermate so dat hy selfs die Latynsprekende Vaders wat die Griekse frase nageboots het, met kalmte verdra het.31 Wat Sokrates in verband daarmee in die sesde boek van sy driedelige Geskiedenisskrywe,32 het ook die strekking asof die woord verkeerdelik deur ongeletterdes hiervoor aangewend is.

Ja, dieselfde Hilarius reken die ketters dit as 'n groot misdryf toe dat hy as gevolg van hulle goddeloosheid gedwing word om hom aan die gevaar van die mens se spraak te onderwerp, terwyl dit uit eerbied vir hulle verstand eerder verswyg moes word. Hy het daar geen dovekies omgedraai nie dat dit sou beteken om onwettige dinge te doen, onuitspreeklike dinge uit te spreek en ongeoorloofde veronderstellings te poneer. 'n Bietjie later maak hy met baie woorde daarvoor verskoning dat hy nuwe woorde durf voorstel. Want wanneer hy die Name van die goddelike natuur gestel het, naamlik Vader, Seun en Gees, knoop hy daaraan vas dat alles waarna die mens daarbenewens soek, nie met woorde uitgedruk of met die sinne gepeil of met die verstand begryp kan word nie.33 En elders verklaar hy dat die biskoppe van Frankryk gelukkig was omdat hulle dan nie 'n ander belydenis gesmee of aangeneem of hoegenaamd geken het as die ou en baie eenvoudige belydenis wat sedert die tyd van die apostels onder al die kerke aanvaar is nie.34

Augustinus sê verontskuldiging verskil nie hiervan nie: hy sê naamlik dat die woord uit nood afgedwing is as gevolg van 'n gebrek in die mens se spraak oor so 'n belangrike saak - nie om uitdrukking te gee aan wat dit is nie, maar om nie te verswyg hoe Vader, Seun en Gees drie is nie.35 Die terughoudendheid van hierdie heilige mense behoort vir ons 'n vermaning te wees dat ons nie die mense wat weier om by woorde wat ons uitgedink het, te sweer, so streng asof met 'n sensorspen mag brandmerk nie,36 mits hulle dit maar net nie uit hooghartigheid of uit voortvarendheid of uit kwaadwillige slinksheid doen nie. Maar op hulle beurt moet hulle daaraan oorweging skenk deur hoe 'n groot nood ons gedwing word om só te praat sodat hulle geleidelik uiteindelik aan die nuttige spreekwyse gewoond kan word.

Wanneer ons dus met die Ariane aan die een kant en met die Sabelliane aan die ander kant krag te moet meet en wanneer hulle hulle vererg daaroor dat die geleentheid om te ontvlug vir albei afgesny word,37 moet ons teenstanders sorg dat hulle nie byons die suspisie verwek dat hulle dissipels van Arius of Sabellius is nie. Arius het verklaar dat Christus God is, maar hy mompel dat Christus geskep is en 'n begin gehad het. Hy sê dat Hy één is met die Vader, maar in die geheim fluister hy in die ore van sy aanhangers dat Hy net soos al die ander gelowiges met die Vader verenig is, hoewel dit net 'n sonderlinge voorreg is.

Maar sê dan dat Christus in die Vader se Wese deel, dan sal jy die masker van die skelm wegneem en tog voeg jy niks aan die Skrif toe nie. Sabellius beweer dat die Name Vader, Seun en Gees geen onderskeid in God beteken nie. Sê dan vir hom dat daar drie is, en hy sal sy stem verhef dat jy drie gode noem. Sê vir hom dat daar in die één Wese van God 'n drie-eenheid van Persone is, en jy sal bloot in een woord sê wat die Skrifte sê en sy ydele praatsiekte aan bande lë.

As so 'n angswekkende bygeloof verder sommige mense so verstrengel dat hulle die woorde nie kan duld nie,sal niemand kan ontken behalwe as hy bars - dat ons 'n eenheid van Wese daaronder moet verstaan wanneer ons van een God hoor nie, maar wanneer ons hoor van drie in een Wese, dan moet ons daaronder verstaan dat die Persone in hierdie Drie-eenheid aangedui word. As ons dit onbevange erken, bekommer ons ons nie oor woorde nie. Maar ek het lankal ervaar, en dit trouens baie dikwels, dat mense wat met groot hardkoppigheid oor woorde twis, verborge venyn binne-in hulle vertroetel.38 Die gevolg is dat dit beter is om hulle doelbewus uit te lok eerder as om ter wille van hulle met groter vaagheid te praat.

6. Calvyn se Omskrywing van 'persoon' en die Onmededeelbare Eienskappe van Persone🔗

Maar ek laat die geskil oor woorde daar en sal nou daartoe oorgaan om oor die saak self te praat. 'Persoon' noem ek dus die selfstandigheid in die Wese van Godwat in verhouding39 tot die ander met 'n onmeedeelbare eienskap onderskei word. Onder die woord selfstandigheid wil ons dan iets anders as 'wese' verstaan.40 Want as die Woord doodeenvoudig net God was en intussen geen besondere eienskap van sy eie sou gehad het nie, sou Johannes verkeerdelik gesê het dat Hy altyd by God was.41 Wanneer hy onmiddellik daarop byvoeg dat die Woord self ook God was, herinner hy ons aan sy enige Wese. Maar omdat die Woord nie by God kon wees sonder om in die Vader gevestig te wees nie, kom hieruit die selfstandigheid na vore wat, hoewel dit met 'n onverdeelbare band met sy Wese verbonde is en nie daarvan geskei kan word nie, tog 'n besondere kenmerk het waardeur dit juis daarvan verskil.

Nou sê ek dat elkeen van hierdie drie Selfstandighede in verhouding tot die ander deur sy eie eienskap onderskei word. Die verhouding word hier duidelik tot uitdrukking gebring, want wanneer God eenvoudig sonder nadere bepaling vermeld word, het die woord ewe veel betrekking op die Seun en die Gees as op die Vader. Maar sodra die Vader met die Seun vergelyk word, maak elkeen se eie eienskap onderskeid tussen hulle. In die derde plek verklaar ek dat alles wat aan elkeen van hulle besonder is, onmeedeelbaar is, omdat iets wat as 'n onderskeidingsteken aan die Vader toegeken word, nie by die Seun pas of na Hom oorgedra kan word nie. Tertullianus se beskrywing42 laat my trouens nie onbevredig nie, mits dit maar met versigtigheid gehanteer word, naamlik dat daar in God 'n bepaalde ordening of huishouding43 is wat geen verandering in die eenheid van sy Wese teweegbring nie.

7. Die Godheid van die Woord🔗

Voordat ek egter te ver hiermee vorder, moet ek vooraf eers die Godheid van die Seun en die Heilige Gees bewys. Daarop sal ons sien hoe hulle van mekaar verskil.

Wanneer die Woord van God in die Skrif aan ons voorgehou word, sou dit gewis baie dwaas wees om dit slegs as 'n verganklike en verdwynende stem voor te stel wat in die lug losgelaat word en sonder God te voorskyn kom en dat die godsprake wat aan die Vaders gegee is en ook al die profesieë van so 'n aard was.44 Met die Woord word egter eerder die ewige Wysheid wat by God berus, aangedui.

Daaruit het die godsprake en al die profesieë te voorskyn gekom. Want volgens die getuienis van Petrus45 het die profete van ouds nie minder deur die Gees van Christus gespreek as die apostels nie, en dit geld eweneens van almal wat daarna die hemelse leer bedien het. Maar omdat Christus nog nie geopenbaar was nie, moet ons noodwendig daaronder die Woord wat voor die tyd uit die Vader voortgebring is, verstaan. Maar as die Gees wat die profete as sy werktuie gebruik het, dan die Gees van die Woord was,46 lei ons sonder enige twyfel daaruit af dat die Woord waaragtig God was. Moses leer ons dit in die skepping van die wêreld duidelik genoeg wanneer hy die Woord tussen die twee stel. Want waarom vertel hy nadruklik dat God by die skepping van elkeen van sy werke gesê het: "Laat dit wees of laat dat wees" - anders as dat die ondeurgrondelike heerlikheid van God in sy beeld kon skitter? Vir wysneuse en babbelkouse sou dit voor die hand liggend wees om hiermee die spot te dryf en te sê dat die woord as 'n bevel of opdrag aanvaar moet word. Maar die apostels is beter uitlêers daarvan. Hulle leer ons dat die heelal deur bemiddeling van die Seun geskep is en dat Hy alles deur sy magtige Woord dra.47 Want hier bemerk ons dat die Woord as die wil en bevel van die Seun opgeneem word, omdat Hy die ewige en wesenlike Woord van die Vader is.

Dit is trouens aan mense met gesonde verstand en ingetoënheid bekend wat Salomo sê wanneer hy die Wysheid voorstel wat voor die eeue deur God voortgebring is en die leiding oor die skepping van alle dinge en oor al die werke van God geneem het.48 Want dit sou dwaas en sinneloos wees om 'n tydelike wil vir God te versin, aangesien dit God se wil was om dit toe reeds as sy vaste en ewige en ook meer verborge raadsplan te openbaar. Die bekende waarde van Christus is ook hierop gerig, naamlik: "My Vader en Ek werk tot vandag toe nog".49 Want wanneer Hy verklaar dat Hy van die vroegste begin van die wêreld af voortdurend saam met die Vader in sy skeppingswerk besig was, sit Hy duideliker uiteen wat Moses baie bondig aangeraak het.

Ons lei dus daaruit af dat God sa gespreek het sodat die Woord ook 'n aandeel in sy werk gehad het en sodat die skeppingswerk dus aan albei gemeen was. Maar Johannes verklaar dit die duidelikste van hulle almal wanneer hy vasstel dat die Woord wat van die begin af God was en by God tegelyk saam met die Vader die oorsaak van alle dinge was.50 Want hy skryf 'n volledige en blywende Wese aan die Woord toe; hy ken daaraan 'n besondere eienskap toe en hy toon duidelik aan hoe God deur te spreek die wêreld geskep het.

Soos al die openbaringe wat van God uitgaan dus tereg met die benaming 'Woord van God' aangedui word, so betaam dit ons om die Woord selfstandig op die hoogste vlak te plaas as die bron van alle godsprake. Dit is aan geen verandering onderworpe nie en bly ewig een en dieselfde by God en is God self.

8. Die Woord is sonder 'n begin in die tyd deur God Gegenereer en Ewig By Hom🔗

Hier skop sommige honde 'n rumoer op. Aangesien hulle nie kan waag om God openlik sy Goddelikheid te ontneem nie, roof hulle sy ewigheid in die geheim. Want hulle beweer dat die Woord eers begin bestaan het in die stadium toe God sy heilige mond in die skepping van die wêreld geopen het.51 Maar uitermate onbedagsaam versin hulle iets nuuts in die Wese van God. Want soos daar begin is om die Name van God wat op sy uiterlike werke betrekking het, vanaf die wording van sy werk (soos onder andere die Naam waarvolgens Hy die Skepper van hemel en aarde genoem word) aan Hom toe te skryf; net so erken die godsvrug geen naam en laat ook nie toe dat dit aandui dat iets nuuts in God self voorgeval het nie. Want as iets van buite af Hom te beurt sou val, dan sou die stelling van Jakobus verval, naamlik dat elke volmaakte gawe van bo af kom en neerdaal van die Vader van die ligte by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.52 Ons moet dus niks minder verdra as die versinsel dat die Woord 'n begin gehad het nie, aangesien die Woord nog altyd God en later ook Maker van die wêreld was. Maar natuurlik redeneer hulle spitsvondig dat Moses terselfdertyd suggereer dat die Woord nie tevore in God was nie wanneer hy vertel dat God toe die eerste keer gespreek het. Daar is geen groter onsin as dit nie.

Want ons mag nie uit die feit dat iets op 'n bepaalde tydstip begin het om geopenbaar te word, aflei dat dit tevore nooit bestaan het nie. Sover dit my aangaan, is my gevolgtrekking heeltemal anders, naamlik dat die Woord lank tevore alreeds bestaan het hoewel die krag van die Woord eers te voorskyn gekom en geopenbaar is juis op die oomblik toe God gesê het: "Laat daar lig wees".53 Maar as iemand sou vra: "Hoe lank tevore?" sal hy geen begin vir die Woord vind nie. Want Hy self bepaal geen tydsduur nie wanneer Hy sê. "Vader, verheerlik u Seun met die heerlikheid wat Ek van die begin af by U gehad het nog voordat die fondamente van die wêreld gelê is".54 Johannes het dit nie agterweë gelaat nie, want voordat hy tot die skepping van die wêreld oorgaan,55 sê hy dat die Woord in die begin by God was.56

Ons poneer dus aan die ander kant die stelling dat die Woord sonder 'n begin in die tyd deur God gegenereer en vir ewig by Hom was. Daaruit word sy ewigheid sowel as sy waaragtige Wese en sy Goddelikheid bewys.

9. Die Godheid van Christus bewys na aanleiding van Getuienis uit die Ou Testament🔗

Ek roer egter nog nie die Persoon van die Middelaar aan nie, maar ek stel dit uit tot by daardie plek waar oor die verlossing gehandel sal word.57 Omdat dit egter onteenseglik onder almal vas behoort te staan dat Christus die Woord is wat ons vlees aangeneem het, kom al die getuienis wat vir Christus Goddelikheid opeis, hier uitstekend te pas.

Wanneer daar in Psalm 45 gesê word: "U troon O God, bly tot in ewigheid en altyd",58 probeer die Jode dit ontduik deur te sê dat die woord Elohim ook die engele en hoogste magte toekom.59 En tog is daar nêrens in die Skrif 'n soortgelyke stelling wat 'n ewige troon vir 'n skepsel oprig nie. Hy word ook nie eenvoudig net 'God' genoem nie maar ook 'ewige Heerser.' Verder word die benaming aan niemand toegeken nie behalwe as daar iets bygevoeg word, soos byvoorbeeld wanneer gesê word dat Moses vir Farao tot 'n god sal wees.60 Sommige kommentatore lees die genitiefnaamval daar in, maar dit is hoogs onverstandig.61 Ek erken wel dat iets wat in besondere voortreflikheid uitmunt, dikwels goddelik genoem word, maar dit is uit die verband duidelik genoeg dat dit 'n growwe en gedwonge interpretasie daarvan is - ja, dat dit hoegenaamd nie hier pas nie.

Maar as hulle hardkoppigheid dit dan nie sou toegee nie, word dieselfde Christus duidelik deur Jesaja voorgestel as God wat met die hoogste mag toegerus is - iets wat 'n sonderlinge eienskap net van God is. Hy sê: "Dit is die Naam waarvolgens hulle Hom sal noem: 'Kragtige God, Vader van eeue wat sal kom," ensovoorts.62

Maar ook hieroor blaf die Jode en hulle verander dit om soos volg te lees: "Dit is die naam waarvolgens die sterke God en Vader van die toekoms Hom sal noem", ensovoorts, sodat hulle vir die Seun slegs dit oorlaat dat Hy Vredevors genoem word.63

Maar met watter doel sou soveel Name in hierdie aanhaling aan God die Vader gegee word? Is die doel daarvan dat die profete van plan was om Christus met buitengewone tekens te versier om ons geloof in Hom op te bou? Daarom bestaan daar geen twyfel daaroor nie dat Hy nou sterke God genoem word om dieselfde rede as waarom Hy 'n rukkie tevore Immanuel genoem is.

Daar kan egter geen duideliker getuienis hiervoor gevind word as dié van Jeremia nie. Hy dat dit die Naam sou wees waarvolgens die spruit van Dawid genoem sal word, naamlik die Here ons geregtigheid.64 Want aangesien die Jode self leer dat al die ander Name van God niks anders as beskrywings is nie en dat slegs hierdie Naam, Jehova, wat hulle onuitspreeklik noem,65 'n naamwoord is om sy Wese uit te druk,66 lei ons daaruit af dat die Seun 'n enige en ewige God is wat elders verklaar dat Hy sy heerlikheid aan niemand anders sal gee nie.67 Hier gryp hulle gretig na die uitvlug dat Moses die Naam aan die altaar wat hy gebou het, gegee het en Esegiël aan die nuwe stad Jerusalem. Maar wie kan nie sien dat die altaar tot 'n gedagtenis gebou word omdat God Moses se verheffing is en dat Jerusalem om geen ander rede met die Naam van God beskrywe word nie as om te getuig dat God daar teenwoordig is nie? Want die profeet spreek soos volg: "Die Naam van die stad sal van dié dag af wees: 'Die Here is daar'.68 Moses skryf in die volgende trant daaroor: "Hy het 'n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my verheffing".69 Maar natuurlik is daar nog groter stryd oor 'n ander aanhaling uit Jeremia, naamlik waar hy juis die lofbetuiging met die volgende woorde op jerusalem van toepassing maak: "Dit is die Naam waarmee hulle die stad saI noem: Die Here ons geregtigheid".70 En tog is dit verre daarvan dat hierdie getuienis vir die waarheid wat ons verdedig, 'n struikelblok sou vorm. Dit onderskraag ons eerder. Want nadat hy tevore getuig het dat Christus die ware Here is, uit wie geregtigheid voortvloei, verklaar hy nou dat die kerk van God dit waarlik so sal ervaar dat hy hom op die Naam kan beroem. Die bron en oorsaak van die geregtigheid word dus in die eerste plek gestel, en daarop word die gevolg daar bygevoeg.

10. Die Engel van die Here🔗

Maar as dit die Jode nie tevrede stel nie, kan ek nie sien met watter drogredes hulle daaraan kan ontvlug dat die Here so dikwels in die person van 'n engel voorgestel word nie. Daar word gesê dat 'n engel aan die heilige Vaders verskyn het.71 Hy maak vir Homself aanspraak op die Naam van die ewige God. As iemand dan beswaar sou maak dat dit gesê word ten opsigte van die persoon deur wie hy sy taak onderneem, word die knoop nog glad nie daardeur deurgehaak nie. Want geen dienskneg sou toelaat dat 'n offer vir hom gebring word om God sodoende van sy eer te ontneem nie. En tog het die Engel gesê dat hy nie brood sal eet nie, maar gelas dat 'n offer aan die Here gebring moes word.72 Daarop bewys hy inderdaad dat Hy die Here is.73 Manóag en sy vrou lei dus uit die teken af dat hulle nie 'n engel nie maar God gesien het. Hieruit ontstaan dus hulle waarde: "Ons sal sterwe, omdat ons God gesien het". Wanneer sy vrou daarop antwoord: "As die Here ons wou laat sterwe, sou Hy nie 'n offer uit ons hand aangeneem het nie", beken sy sekerlik dat Hy wat tevore 'n engel genoem is, God is.74 Voeg nou hierby die feit dat die engel se antwoord alle twyfel uit die weg ruim: Waarom vra jy my na my Naam wat wonderbaar is?75

Daarom was Servet se goddeloosheid des te afstootliker toe hy verklaar het dat God nooit aan Abraham en die ander vaders geopenbaar is nie maar dat 'n engel in sy plek aanbid is.76 Maar die regsinnige leraars van die kerk het dit tereg en wyslik so verklaar dat hierdie uitnemende Engel die Woord van God was wat toe alreeds met die voorspel begin het om sy amp as Middelaar te vervul.77 Want hoewel Hy nog nie met vlees beklee was nie, het Hy nogtans asof in hulle midde neergedaal om met groter vertroudheid tot gelowiges te nader. Sy nadere omgang het dus aan Hom die naam van 'n engel besorg. Intussen het Hy egter behou wat aan Hom behoort het, naamlik dat Hy die God van onuitspreeklike heerlikheid was.

Dit is ook Hosea se bedoeling. Nadat hy Jakob se worsteling met die Engel weergegee het, het hy gesë. "Here, God van die leërskare, Here is sy gedenknaam".78

Hieroor giggel Servet weer omdat God die persoon van 'n engel gehad het. Net asof die profeet nie bevestig wat Moses alreeds gesê het nie, naamlik: "Waarom vra jy na my Naam?''79 En die belydenis van die heilige aartsvader dui genoegsaam aan dat dit nie 'n geskape engel was nie maar dat die godheid ten volle in Hom aanwesig, as wanneer hy sê:"Ek het God van aangesig tot aangesig gesien".80

Hieruit spruit ook Paulus se opmerking dat Christus die volk se gids in die woestyn was.81 Want hoewel die tyd van sy vernedering nog nie aangebreek het nie, het die ewige Woord tog 'n afbeelding gelewer van die amp waarvoor Hy bestem was. As ons dan nou die tweede hoofstuk van Sagaria sonder getwis oordink, word dieselfde Engel wat 'n ander engel stuur, onmiddellik die God van die leërskare genoem, en aan Hom word die hoogste mag toegeskrywe.82

Ek laat ontelbare getuienisse agterweë waarop ons geloof veilig rus, hoewel dit die Jode nie eintlik beïndruk nie. Want wanneer daar in Jesaja gesê word: "Kyk, hier is ons God, hier is die Here; ons sal op Hom wag en Hy sal ons red", is dit vir die wat oë het om te sien, duidelik dat God aangedui word, wat opnuut tot heil van sy volk verrys.83 En die uitdruklike aanwysende voornaamwoorde wat twee maal daar geplaas is, laat nie toe dat dit op iemand anders as op Christus betrekking het nie. 'n Verwysing in Maleagi is selfs nog duideliker en onomstootliker, naamlik wanneer hy belowe dat die Heerser wat toe al verwag is, na sy tempel sal kom.84 Niemand anders as die allerhoogste God het sekerlik toe 'n heilige tempel gehad nie, en dit eis die profeet tog vir Christus op. Daaruit volg dat Hy dieselfde God is wat altyd onder die Jode aanbid is.

11. Die Godheid van Christus bewys uit die Nuwe Testament🔗

Maar die Nuwe Testament is vol ontelbare getuienisse hiervan. Daarom moet ons eerder sorg dra dat ons enkele getuienisse baie bondig uitkies as om dit alles te versamel. Maar hoewel die apostels van Hom gepraat het nadat Hy alreeds in die vlees as Middelaar verskyn het, sal ek nograns enkele getuienisse aanhaal om sy ewige Godheid paslik te bewys. Dit is veral werd om in besonder daarop te let dat die apostels leer dat die dinge wat oor die ewige God geprofeteer is, of alreeds in Christus geopenbaar is of eenmaal in Hom vervul sou moes word. Want wanneer Jesaja voorspel dat die Here van die leërskare vir die Jode en Israeliete 'n rots van struikeling en 'n steen van aanstoot sal wees,85 verklaar Paulus dat dit in Christus vervul is.86 Hy verklaar dan dat die Here van die leërskare Christus is. Net sa sê hy elders. "Ons moet almal eenmaal voor die regterstoel van Christus gestel word".87 Want daar is geskrywe: "Voor My sal elke knie buig en elke tong sal by My sweer".88 Aangesien God dit in verband met Homself by Jesaja verkondig en Christus dit inderdaad in Homself openbaar, volg daaruit dat Hy God is, wie se heerlikheid nie op 'n ander oorgedra kan word nie, Die aanhaling uit die Psalms wat hy in sy brief aan die Efesiërs maak, pas duidelik by God alleen, naamlik: "Toe hy opgeklim het in die hoogte, het Hy die gevangenes weggevoer".89 Daarmee bedoel hy dat sy hemelvaart alreeds toe afgeskadu is toe God sy mag met 'n uitnemende oorwinning oor die buitelandse volkere betoon het, en hy dui aan dat dit vollediger in Christus geopenbaar is.

So getuig Johannes dat dit die heerlikheid van die Seun was wat in 'n gesig aan Jesaja geopenbaar is, aangesien die profeet selfs skrywe dat die majesteit van God deur hom gesien is.90 Dit is trouens duidelik dat die waarde wat die apostel in die brief aan die Hebreërs aan die Seun toevoeg, 'n baie duidelike lofbetuiging aan God is, naamlik: "U, o Here, het in die begin die hemel en die aarde gegrondves," ensovoorts, en so ook: "Aanbid Hom al sy engele".91 En tog misbruik hy nie die aanhalings wanneer hy dit op Christus toepas nie, aangesien Hy alleen alles wat in hierdie Psalms besing word, vervul het. Want dit was Hy wat opgestaan en Hom oor Sion ontferm het.92 Dit was Hy wat die heerskappy oor alle volke en eilande vir Homself opgeëis het.93 En waarom sou Johannes dan nog geaarsel het om die majesteit van God ook op Christus van toepassing te maak, aangesien hy alreeds vooraf gesê het dat die Woord altyd by God was?94 Waarom sou Paulus gevrees het om Christus op die regterstoel van God te plaas,95 terwyl hy sy Goddelikheid vooraf met so 'n duidelike lofrede behandel het toe hy gesê het dat God geseënd is tot in ewigheid?96

En om te laat blyk hoe goed hy in hierdie opsig met homself in ooreenstemming is, skryf hy ook elders dat Hy God is wat in die vlees geopenbaar is.97 As God dan tot in ewigheid geloof moet word, is dit ook Hy alleen aan wie ons alle heerlikheid en eer verskuldig is, soos dieselfde apostel elders bevestig.98 Hy verberg dit inderdaad nie maar roep openlik uit dat, aangesten Hy in die gestalte van God was, Hy dit nie as roof sou beskou as Hy Hom as die gelyke van God sou betoon nie, maar dat Hy Homself vrywillig entledig het.99

Maar om te verhoed dat goddelose mense 'n lawaai sou opskop daaroor dat Hy dan 'n versinde God sou wees, gaan Johannes verder en sê: "Hy is waaragtig God en die ewige lewe".100 Tog behoort dit vir ons meer as genoeg te wees dat Hy God genoem word - in besonder volgens die getuienis van die apostel, wat ons duidelik verseker daarvan dat daar nie méér gode is nie maar net een. Dit is Paulus wat soos volg spreek: "Al word daar ook baie gode in die hemel en op die aarde genoem, is daar rog vir ons maar een God, uit wie alles is".101

En aangesien ons uit dieselfde mond verneem dat God in die vlees geopenbaar is102 en dat God met sy bloed vir Hom 'n kerk verkry het,103 waarom verbeel ons ons dat daar 'n tweede God bestaan, wat Paulus hoegenaamd nie erken nie? Daar kan ook geen twyfel daaroor bestaan dat al die godvrugtige mense dieselfde gevoel gehad het nie. Deur Hom openlik sy Here en sy God te noem erken Thomas eweneens dat hy die enige God is wat hy altyd aanbid het.104

12. Christus se Werk toon ook aan dat Hy God is🔗

As ons nou sy Godheid uit die werke wat in die Skrif aan Hom toegeskryf word, beoordeel, sal dit daaruit nog duideliker uitblink. Want aangesien Hy gesê het dat Hy van die begin af tot nou toe nog saam met die Vader werk, het die Jode tog agtergekom dat Hy vir Homself op goddelike mag aanspraak maak, hoewel hulle ten opsigte van sy ander uitsprake uiters stompsinnig was. En, soos Johannes verhaal, het hulle daarom al hoe meer rede gesoek om Hom dood te maak,105 omdat Hy nie alleen die sabbat verbreek het nie maar ook omdat Hy gesê het dat God sy Vader is en Hy Homself aan God gelykgestel het.106 Hoe dwaas sal ons dan nie wees as ons nie kan begryp dat sy Goddelikheid hierdeur oop en bloot bevestig word nie? En dit is inderdaad 'n kenmerk van niemand anders nie as net van die Skepper, om die wêreld met voorsienigheid en krag te bestier en alle dinge volgens die wil van sy eie krag te beheer soos die apostel aan Hom toeskrywe.107

Hy deel egter nie alleen saam met die Vader die taak om die wêreld te bestier nie, maar Hy deel ook in elkeen van sy ander take waarin skepsele nooit kan deel nie. Deur sy profeet roep die Here: "Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om my ontwil".108 Hoewel die Jode van mening was dat Christus volgens hierdie uitspraak God 'n onreg aandoen omdat Hy sondes vergewe het, het Hy nie alleen met sy woorde verklaar dat hierdie bevoegdheid Hom toekom nie, maar Hy het dit ook met 'n wonderwerk bewys.109

Ons merk dus dat nie alleen die bediening van sondevergiffenis nie maar ook die bevoegdheid daartoe in sy hande is en die Here verklaar dat dit nie van Hom af na 'n ander sal oorgaan nie.110 Wat dan? Is dit nie net God se voorreg om die stille oordenkinge van ons harte te ondersoek en te deurgrond nie? Maar Christus het ook hierdie mag gehad. Daaruit kan sy Godheid ook afgelei word.

13. Christus se Wonderwerke bewys ook dat Hy God is🔗

Maar hoe duidelik en glashelder blyk dit nie uit sy wonderwerke nie? Hoewel ek erken dat sowel die profete as die apostels soortgelyke wonderwerke verrig het, is daar tog die grootste verskil tussen hulle omdat hulle deur hulle bediening dit as gawes van God uitgedeel het, maar Christus het daardeur sy eie krag geopenbaar. Hy het weliswaar soms 'n gebed aangehef om die heerlikheid daarvoor aan die Vader toe te bring, maar ons sien dat sy eie krag meestal aan ons getoon is. En waarom sou Hy dan nie ware Skepper van die wonderwerke gewees het as Hy nie op sy gesag die vermoë om dit uit te deel ook aan ander opdra nie? Want die evangelieskrywer vertel dat Hy ook aan die apostels die mag gegee het om dooies op te wek, melaatses te genees, duiwels uit te dryf, ensovoorts.111 Die apostels het die bediening daarvan so verrig dat hulle genoegsaam aangedui het dat die vermoë uit geen ander bron as uit Christus gekom het nie. Petrus sê: "In die Naam van Jesus Christus, staan op en loop!112 Dit is dus nie vreemd dat Christus sy wonderwerke voorgehou het om die ongeloof van die Jode aan die kaak te stel nie, omdat die wonderwerke wat uit sy krag ontstaan het, die duidelikste getuienis van sy Godheid gegee het.113

Bowendien, as daar buiten God geen saligheid, geen geregtigheid en geen lewe is nie maar Christus al hierdie dinge in Hom saamvat, word daardeur tog sekerlik aangetoon dat Hy God is. Niemand moet nou die beswaar teen my opper dat die lewe of saligheid deur God in Hom uitgestort is nie,114 want daar word nie gesê dat Hy die saligheid ontvang het nie maar dat Hy self saligheid is. En as niemand goed is behalwe God alleen nie, hoe sou Hy, as Hy bloot 'n mens was, ek sou nie sê goed en regverdig gewees het nie maar Goedheid en Regverdigheid self?115 Wat dan daarvan dat die lewe volgens die getuienis van die evangelieskrywer van die begin van die skepping af in Hom was en dat Hy toe reeds as die lewe bestaan het en die lig van die mense was?116

Omdat ons op sulke bewyse steun, waag ons om ons geloof en ons hoop op Hom te stel, aangesien ons weet dat dit Godontheiligende goddeloosheid is as iemand vertroue aan skepsele heg. Hy het gesê: "Glo julle in God? Glo ook in My".117 En so verklaar Paulus ook twee aanhalings uit Jesaja: "Elkeen wat op Hom hoop, sal nie beskaam word nie"118 en net so: "Hy sal uit die wortel van Isai voortkom en Hywat sal opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop".119

Maar waarom sou ons nog meer getuienis uit die Skrif aanhaal, terwyl ons die volgende uitspraak so dikwels teenkom. "Wie in my glo, het die ewige lewe"120 As die Godheid dan 'n besondere kenmerk het, dan kom gelowige aanroeping Hom toe, omdat dit in besonder tot die majesteit van God toebehoort. Want die profeet sê. "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word".121 'n Ander profeet sê: "Die Naam van die Here is 'n sterk toring, die regverdige sal sy toevlug daarheen neem en gered word''122 En tog word die Naam van Christus ook tot saligheid aangeroep. Dit volg dus dat Hy self ook Here is.

Ons het verder 'n voorbeeld van so 'n aanroeping in Stéfanus wanneer hy sê: "Here ]esus, ontvang my gees".123 Verder het ons 'n voorbeeld in die hele kerk, soos Ananias in dieselfde boek getuig wanneer hy sê: "Here, u weet hoeveel kwaad hierdie man al die heiliges wat u Naam aanroep, aangedoen het".124

En om nog duideliker te begryp dat die volkome volheid van die godheid liggaamlik in Christus inwoon,125 bely die apostel dat hy geen ander leer onder die Korinthiërs gebring of gepredik het as die kennis van Christus nie.126 Nou vra ek jou, hoedanig en hoe belangrik is so 'n bewys nie dat slegs die Naam van die Seun verkondig word aan ons vir wie God gebied om slegs in die kennis van Hom alleen te roem?127 Wie sou dan waag om te roem dat Hy 'n blote skepsel is, aangesien ons enigste roem is om Hom te ken?

Hierby kom nog die begroetings van Paulus wat aan sy briewe voorafgaan, waarin dieselfde seën van die Seun as van die Vader gevra word.128 Daardeur word ons geleer dat die gawes wat die hemelse Vader skenk, nie alleen deur die tussenkoms van Christus tot ons kom nie maar dat die Seun self ook die bron daarvan is, omdat Hy die mag met die Vader deel. Dit is 'n praktiese kennis wat ongetwyfeld sekerder en vaster as enige nuttelose spekulasie is.129Want daarin sien en raak 'n godvresende gemoed byna aan God asof Hy teenwoordig is, wanneer dit ervaar dat dit verkwik, verlig, bewaar, geregverdig en geheilig word.

14. Die Godheid van die Gees word uit Dieselfde Bronne bevestig🔗

Daarom moet ons 'n bewys om in besonder die Godheid van die Gees te bevestig ook uit dieselfde bronne put. Die getuienis van Moses in die skeppingsgeskiedenis is trouens glad nie onbekend nie, naamlik dat die Gees van God uitgebrei was oor die afgronde130 of die vormlose materie. Want dit dui nie alleen aan dat die skoonheid van die wêreld soos ons dit nou sien, deur die krag van die Gees nog ongeskonde van krag is nie, maar ook dat die Gees reeds werksaam was om die verwarde massa te orden nog voordat hierdie sierlikheid daarby gekom het. Wat in Jesaja gesê word, is ook aan geen haarklowery blootgestel nie, naamlik: "En nou het die Here en sy Gees my gestuur",131 want hy maak die Heilige Gees 'n deelgenoot in die hoogste gesag om die profete te stuur. Daaruit skitter sy Goddelike majesteit.

Maar soos ek gesê het, salons die beste bevestiging hiervoor uit sy gewone omgang put. Want dit wat die Skrifte aan die Gees toeskrywe en wat ons uit 'n bepaalde ervaring van ons godsvrug leer, is heeltemal vreemd aan skepsele. Want dit is die Gees wat oral uitgestort is en alle dinge in die hemel en op die aarde onderhou, sterk en lewend maak. Juis hierdeur word Hy uit die getalle van skepsele uitgesonder, omdat Hy deur geen grense beperk word nie maar sy Wese, sy lewe en beweging in alles inblaas deur sy krag oor alles uit te stort - iets wat trouens duidelik 'n Goddelike eienskap is. As die wedergeboorte tot 'n onverganklike lewe dan verder verhewener en ook baie uitmuntender as enige belewenis tans is, wat moet dan ons oordeel wees oor Hom uit wie se krag die wedergeboorte voortkom?

Maar die Skrif leer ons op baie plekke dat Hy nie uit geleende krag nie maar uit eie krag die Bewerker van ons wedergeboorte is - en nie alleen daarvan nie maar ook van die onsterflikheid in die toekoms. Kortom: al die funksies wat in besonder eienskappe van die Godheid is, word ook op die Gees soos op die Seun oorgedra, want Hy ondersoek ook die dieptes van God, wat onder die skepsele geen raadsman het nie.132 Hy skenk wysheid en die vermoë om te praat,133 omdat die Here aan Moses meedeel dat dit slegs sy taak is om dit te doen.134 So deel ons deur Hom in God, sodat ons op die een of ander wyse sy lewendmakende krag teénoor ons ervaar. Ons regverdigmaking is sy werk. Van Hom kom die mag, die heiligmaking, die waarheid, die genade en al die goeie wat bedink kan word, want daar is maar net een Gees uit wie elke soort gawe voortkom.

Want die opmerking van Paulus is merkwaardig, naamlik dat dit nogtans dieselfde Gees is al sou die gawes ook verskil en die verdeling daarvan menigvuldig en verskillend wees,135 omdat hy die Gees· nie alleen as begin of oorsprong nie maar ook as Bewerker daarvan voorstel. 'n Bietjie later druk hy dit selfs duideliker uit met die volgende woorde: "Een en dieselfde Gees deel alles uit soos Hy wil".136 Want as Hy nie 'n Selfstandigheid in God was nie, sou oordeel en wil hoegenaamd nie aan Hom gegun gewees het nie. Paulus skryf dus baie duidelik Goddelike mag aan die Gees toe, en hy toon aan dat die Gees in wese137 in God aanwesig is.

15. Die Skrif getuig ook dat die Gees God is🔗

Maar ook wanneer die Skrif van die Gees spreek, weerhou hy hom nie daarvan om Hom God te noem nie. Want Paulus lei die feit dat ons 'n tempel van God is, daaruit af dat die Gees in ons woon.138 Dit is 'n uitspraak wat ons nie ligtelik verby moet gaan nie, want aangesien God so dikwels belowe dat Hy ons as 'n tempel vir Hom sal uitkies, sal die belofte net vervul word as sy Gees in ons woon. Soos Augustinus uitmuntend verklaar: "As ons beveel sou word om 'n tempel van hout en klip vir die Gees op te rig, sou dit 'n duidelike bewys van sy Godheid wees, omdat hierdie eer slegs aan God verskuldig is".139 Hoeveel duideliker bewys daarvan is dit dan nie dat ons nie 'n tempel vir Hom moet oprig nie maar dat ons self tempels vir Hom moet wees? Die apostel self skryf nou dat ons 'n tempel van God is en dan weer, in dieselfde betekenis, 'n tempel van die Heilige Gees. Petrus het trouens gesê dat Ananias nie vir mense gelieg het nie maar vir God toe hy hom bestraf het omdat hy vir die Heilige Gees gelieg het.140 En wanneer Jesaja die Here van die leërskare laat spreek,141 leer Paulus dat dit die Heilige Gees is wat praat.142 Ja, aangesien die profete deurgaans verklaar dat die woorde wat hulle voortbring, woorde van die God van die leërskare is, skrywe Christus en die apostels dit aan die Heilige Gees toe. Daaruit volg dat Hy waaragtig Here is, omdat Hy by uitstek die oorsprong van profesieë is.

Wanneer God aan die ander kant daaroor kla dat sy toorn deur die weerspannigheid van die volk verwek is, skryf Jesaja daaroor dat sy Heilige Gees bedroef is.143 As ten slotte laster teen die Heilige Gees nie in hierdie tyd of in die toekoms vergewe word nie,144 hoewel iemand wat teen die Seun gelaster het, nog vergewing ontvang, word sy Goddelike majesteit duidelik hieruit bewys. Om dit te krenk of te kort te doen is 'n onvergeeflike sonde.

Ek weerhou my willens en wetens van baie getuienis waarvan die skrywers van ouds gebruik gemaak het. Vir hulle het 'n aanhaling uit  Dawid as 'n aanneemlike bewys voorgekom, naamlik: "Deur die Woord van die Here is die hemele bevestig en deur die Gees van sy mond al hulle krag,''145 om daarmee te bewys dat die wêreld die werk van die Heilige Gees sowel as van die Seun is. Maar aangesien dit in die Psalms gebruiklik is om dieselfde aanhaling twee maal te herhaal, en aangesien die Gees se mond in Iesaja dieselfde as die Woord beteken.146 was die bewys swak. Gevolglik wou ek die getuienis slegs spaarsaam aanroer waarop godvresende harte vas kan steun.

16. Één Geloof en Één Doop wys op die Één God🔗

Maar omdat God Homself duideliker deur die koms van Christus geopenbaar het, het Hy ook so met groter vertroudheid in drie Persone bekend geword. Maar laat slegs een bewys uit die vele getuienis vir ons genoeg wees. Want Paulus vervleg hierdie drie, God, geloof en doop, op so 'n wyse dat hy van die een af na die ander kan redeneer, naamlik om te bewys dat daar maar net één God is, omdat daar net één geloof is, en aan te toon dat daar net één geloof is omdat daar net één doop is.147

As ons dan deur die doop in die geloof en die godsdiens van die enige God ingelyf word, moet ons Hom in wie se Naam ons gedoop word, noodwendig as die waaragtige God beskou. Daar bestaan trouens geen twyfel daaroor nie dat Christus toe Hy gesê het: "Doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", met hierdie plegtige uitdrukking wou getuig dat die volmaakte lig van die geloof alreeds geopenbaar is. Hierdie uitdrukking het immers dieselfde krag as om in die Naam van die enige God gedoop te word, omdat Hy met volle klaarheid in die Vader, die Seun en die Heilige Gees verskyn het.148

Daaruit blyk duidelik dat daar drie Persone in die Wese van God aanwesig is en daarin word één God erken. En aangesien ons geloof nie nou hierheen en dan weer daarheen behoort rond te loer, in ydel ompaadjies moet afdwaal nie maar sy oë op die enige Godmoet rig, op Hom moet werp en aan Hom moet kleef, word daaruit geredelik afgelei dat as daar verskeie soorte geloof is, daar ook meer gode moet wees. Omdat die doop nou 'n sakrament van geloof is, bevestig dit vir ons die eenheid van God daarin dat daar net een doop is.

Hieruit volg ook dat ons nie ge doop mag word anders as in die Naam van die enige God nie, omdat ons die geloof aanneem van Hom in wie se Naam ons gedoop word. Want wat bedoel Christus dan wanneer Hy beveel dat hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees gedoop moet word, anders as dat hulle met een geloof in die Vader, die Seun en die Gees moet glo? Wat is dit dan anders as om onomwonde te getuig dat die Vader, die Seun en die Gees één God is? Aangesien dit dus onwankelbaar vas bly staan dat daar net één God en nie baie is nie, lei ons af dat die Woord en die Gees niks anders as die Wese van God is nie.

Die Ariane praat dus die grootste onsin wanneer hulle die Gees aan die Wese van God ontneem hoewel hulle die Godheid van die Seun erken.149 'n Soortgelyke waansin is vir die Macedoniane 'n kwelling omdat hulle opvatting was dat onder die Gees slegs maar die genadegawes wat in die mens uitgestort is, verstaan moet word.150 Want soos wysheid, begrip, insig, moed en vrees van die Here van Hom uitgaan so is Hy die enige Gees van wysheid, insig, moed en godvresendheid. En Hy word nie volgens die verdeling van genadegawes verdeel nie, maar hoewel die genadegawes verskiliend verdeel word, bly die Gees tog een en dieselfde, soos die apostel sê.151

17. Daar is egter 'n Ware onderskeid tussen die Vader en die Woord en die Woord en die Gees🔗

Aan die ander kant word daar 'n bepaalde onderskeid tussen die Vader en die Woord en die Woord en die Gees in die Skrif aangedui. Maar juis  die grootte van hierdie geheimenis vermaan ons om ons met groot eerbied en nugterheid met die ondersoek daarvan besig te hou. Die volgende verklaring van Gregorius van Nazianze geval my inderdaad baie: "Ek kan nie aan Één dink sonder om met die glans van al Drie omgewe te word nie, ek kan ook nie tussen die Drie onderskeid maak sonder om onmiddellik tot die een God teruggevoer te word nie".152 Laat ons ons daarom voorneem om nie 'n Drie-eenheid voor te stel wat ons gedagtes in vertwyfeling sou hou sonder om dit onmiddellik tot die eenheid terug te voer nie.

Die woorde Vader, Seun en Gees suggereer trouens 'n ware onderskeiding, sodat niemand die opvatting mag huldig dat dit blote titels is waarvolgens God na aanleiding van sy werke op verskeie wyses aangedui  word nie, maar dit dui 'n onderskeiding aan en nie 'n verdeling nie.153 Die verwysings wat ons reeds aangehaal het, dui aan dat die Seun 'n eienskap het wat van die Vader onderskei is, omdat die Woord nie by die Vader sou gewees het as dit nie anders as die Vader was nie. Ook sou die Woord nie 'ti eie heerlikheid by die Vader gehad het as Hy nie van die Vader onderskeie is nie. Net so onderskei Hy die Vader van Homself wanneer Hy sê dat dit 'n ander Een is wat van Hom getuig.154 En wat elders gesê word, het dieselfde strekking, naamlik dat die Vader alle dinge deur die Woord geskep het.155 Dit kon Hy nie doen sonder om op een of ander wyse van Hom onderskei te word nie. Daarbenewens het die Vader nie na die aarde neergedaal nie maar Hy wat van die Vader uitgegaan het. Die Vader het nie gesterwe en opgestaan nie maar Hy wat deur Hom gestuur is. Hierdie onderskeid het ook nie met die aanneming van die vlees begin nie,156 maar dit is duidelik dat Hy alreeds tevore die Eniggeborene in die skoot van die Vader was.157 Want wie sou waag om te beweer dat die Seun eers in die stadium in die skoot van die Vader gekom het toe Hy uit die hemel neergedaal het om die menslike natuur aan te neem?

Hy was dus alreeds tevore in die skoot van die Vader en Hy het 'n eie heerlikheid by die Vader gehad. Christus dui weer op die onderskeid tussen die Heilige Gees en die Vader wanneer Hy sê dat die Gees van die Vader uitgaan, maar so dikwels as wat Hy Hom iets anders noem, onderskei Hy die Gees van Homself, byvoorbeeld wanneer Hy verklaar dat Hy 'n ander Trooster moet stuur, en baie dikwels ook elders.158

18. Aan die Vader word die begin van die Werke, aan die Seun die Wysheid en aan die Gees die Uitvoering van die Werke van God toegeskryf🔗

Want ek weet werklik nie of dit betaamlik is om vergelykings uit die mens se lewe te leen om die betekenis van die onderskeid uit te druk nie. Die skrywers van ouds het die gewoonte om dit soms te doen, maar hulle erken terselfdertyd dat alles wat hulle ter vergelyking aanvoer, ver te kort skiet.159 Die gevolg is dat ek elke vorm van onbesonnenheid hier vrees om te voorkom dat enigiets onpasliks wat ek sou aanbied, vir bose mense stof tot laster en vir onverstandiges tot verbeeldingsvlugte sou bied.

Tog betaam dit ons nie om die onderskeid wat ons in die Skrif opgeteken vind, te verswyg nie. Die onderskeid is die volgende: dat aan die Vader die begin van die werke en die bron en oorsprong van alle dinge toegeskryf word; dat aan die Seun die wysheid, die raad en die toedeling in al die werke toegeken word, maar dat aan die Gees die krag en uitvoering van die werk toegeskryf word.160

Hoewel die ewigheid van die Vader verder ook die ewigheid van die Seun en die Gees is, en aangesien God nooit sonder sy wysheid en sy krag kan wees nie en ons ook nie na 'n eerste of 'n laaste in die ewigheid moet soek nie, is 'n opmerking oor hulle orde tog nie sinneloos of oorbodig nie, terwyl die Vader eerste genoem word en daarna uit Hom die Seun en daarop uit beide die Gees. Want elke mens se verstand neig spontaan daartoe om eerste aan God te dink, daarop aan die wysheid wat uit Hom voortkom, en dan ten slotte aan die krag waarmee die besluite van sy raadsplan uitgevoer word. Om hierdie rede word daar gesê dat slegs die Seun uit die Vader kom en die Gees terselfdertyd uit die Vader en die Seun. Ons sien dit inderdaad op baie plekke in die Skrif maar nêrens duideliker as in hoofstuk agt van die brief aan die Romeine nie, waar dieselfde Gees naamlik sonder onderskeid nou die Gees van Christus en dan weer die Gees van Hom wat Christus uit die dood opgewek het, genoem word.161 Dit is nie ten onregte nie. Want Petrus getuig ook dat dit die Gees van Christus was deur wie die profete geprofeteer het, hoewel die Skrif so dikwels leer dat dit die Gees van God die Vader was.162

19. Die Verhouding tussen Vader, Seun en Heilige Gees🔗

Die onderskeid vorm voorts geen hindernis vir die eenvoudigste eenheid van God nie. Daaruit kan immers ook bewys word dat die Seun één God is met die Vader, omdat Hy een Gees met Hom het, en ook dat die Gees nie van die Vader en die Seun verskil nie, omdat Hy Gees van die Vader en die Seun is. Want onder elk van die Selfstandighede word die volle natuur van God verstaan tesame met die besondere kenmerk wat as sy besondere eienskap aan elkeen onderliggend is.

Die Vader is in geheel in die Seun en die Seun volkome in die Vader soos Hy self ook verklaar: "Ek is in die Vader en die Vader in my".163 Daar is ook nie skrywers in die kerk wat toegee dat die Een van die Ander deur 'n onderskeid in Hu!le wese van mekaar geskei kan word nie. Met hierdie benaminge wat wel 'n onderskeid aandui, sê Augustinus, word te kenne gegee dat Hulle op mekaar betrekking het maar nie ten opsigte van Hulle wese waarin Hulle een is nie.164

In hierdie betekenis moet die opvattings van die vaders van ouds met mekaar versoen word, aangesien hulle klaarblyklik andersins heelwat met mekaar in konflik is. Want hulle leer dat die Vader soms die oorsprong van die Seun is, en dan verklaar hulle weer dat die Seun sy Godheid en sy Wese uit Homself het en daarom één begin saam met die Vader het. Augustinus verklaar die rede vir die verskil elders goed en duidelik wanneer hy soos volg sê: "Met betrekking tot Homself word Christus God genoem, maar in sy verhouding tot die Vader word Hy die Seun genoem. Aan die ander kant word die Vader met betrekking tot Homself God genoem en met betrekking tot die Seun, Vader. Dat Hy in sy verhouding tot die Seun Vader genoem word, is Hy daarin nie die Seun nie, en dat Hy in sy verhouding tot die Vader Seun genoem word, is Hy daarin nie die Vader nie. Dat Hy in verhouding tot HomselfVader en dat die Seun met betrekking tot Homself Seun genoem word, is dieselfde God."

Wanneer ons dus doodeenvoudig van die Seun sonder sy verhouding tot die Vader praat, verklaar ons goed en reg dat Hy uit Homself voortkom, en daarom noem ons Hom die enige Oorsprong. Maar wanneer ons die verhouding tussen Hom en die Vader skets, stel ons die Vader met reg as begin van die Seun voor.

Augustinus se vyfde boek in verband met die Drie-eenheid handel in sy geheel oor die verduideliking hiervan. Dit is baie veiliger om in die onderlinge verhouding wat hy daar leer, te berus as om deur te skerpsinnig na die verhewe geheimenis te delf, in baie ydel bespiegelinge af te dwaal.

20. Die Drie-eenheid van God🔗

Laat die mense wat van nugterheid hou en met die maat van die geloof tevrede is, dus bondig luister na dit wat nuttig is om te weet.165 Dit is naamlik dat wanneer ons bely dat ons in een God glo, dan word onder die woord God 'n enige en eenvoudige Wese verstaan waaronder ons drie Persone of Selfstandighede saamvat. So dikwels as wat die woord God sonder omskrywing gestel word, word die Seun en die Gees nie minder as die Vader daarmee aangedui nie. Maar wanneer die Seun aan die Vader verbind word, kom hulle verhouding tot mekaar te berde, en so onderskei ons dan tussen hulle Persone. Maar omdat die besondere eienskappe in hulle Persone 'n bepaalde orde teweegbring sodat die begin en oorsprong in die Vader is, word die woord God in besonder aan die Vader toegeken so dikwels as wat die Vader en die Seun, of die Gees, tegelyk vermeld word.

So word die eenheid van sy Wese behou en met die orde rekening gehou, en tog doen dit geen afbreuk aan die Godheidvan die Seun of die Gees nie. Aangesien tevore reeds bevind is dat die apostels verklaar dat Hy van wie Moses en die profete getuig het dat Hy die Here is, ook die Seun van God is, moet ons noodwendig altyd tot die eenheid van sy Wese terugkeer.

Daarom is dit vir ons afstootlike heiligskennis dat die Seun 'n God genoem word wat van die Vader verskil.166 omdat die eenvoudige word God geen verhouding aandui nie,167 en daar ook nie gesê kan word dat God in sy verhouding tot Homself die Een of die Ander is nie.

Die feit dat die Naam 'Here' ook Christus toekom wanneer dit sonder nadere bepaling gebruik word, blyk duidelik uit Paulus se woorde: "Hieroor het ek die Here drie maal gebid.''168 Want wanneer hy Christus se antwoord weergee: "My genade is vir jou genoeg," voeg hy 'n rukkie later daaraan toe: "sodat die krag van Christus in my kan woon."169 Want dit is seker dat die woord Here daar geplaas is in die plek van die word Jehova. En dit sou ligsinnig en kinderagtig wees om die woord tot die Persoon van die Middelaar170 te beperk, omdat Paulus se betoog sonder nadere bepaling is en nie die Seun met die Vader vergelyk nie. Ons weet ook dat die apostels volgens aanvaarde gewoonte van die Grieke oral die woord Here171 in die plek van Jehova stel. En om nou nie te ver vir 'n voorbeeld hiervan te gaan soek nie: Paulus het in dieselfde betekenis tot die Here gebid as waarin Petrus uit Joël aanhaal: "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."172

Op die geleë tyd daarvoor sal blyk dat wanneer hierdie Naam in besonder aan die Seun toegeskrywe word, daar 'n ander rede daarvoor is. Vir die huidige is dit genoeg om daarop te let dat Paulus onmiddellik die woord Christus byvoeg wanneer hy sonder nadere bepaling tot God bid. So word God in sy volheid juis deur Christus Gees genoem.173 Want daar is niks wat in die weg staan daarvan dat die Wese van God in sy volheid ook geestelik kan wees as daarin die Vader, die Seun en die Gees saamgevat word nie. Dit blyk ook duidelik uit die Skrif. Want soos wat ons daarin verneem dat God Gees genoem word, so hoor ons ook dat die Heilige Gees die Gees van God en uit God is in soverre as wat die Gees 'n Selfstandigheid van die volle Wese is.

21. Ons Denke en Spreke oor die Drie-eenheid moet altyd binne die Grense van die Skrif bly🔗

Maar om ons geloof wortel en tak uit te roei het die Satan altyd groot struwelinge gevoer - deels oor die Goddelike Wese van die Seun en die Gees, deels oor die onderskeid tussen hulle Persone. En soos hy in feitlik al die eeue base geeste aangehits het om regsinnige leraars in hierdie opsig te kwel, so poog hy vandag nog om uit die ou vonke weer 'n nuwe vuur aan te steek. Daarom sal dit die moeite loon om sekeremense se verwronge waansin teen te gaan.

Tot dusver was my vernaamste voorneme om leergierige mense aan die hand te lei en nie om met weerbarstiges en strydlustiges handgemeen te raak nie. Maar nou moet ek die waarheid wat hier met kalmte aangetoon is, teen al die laster van goddelose mense verdedig. Tog sal my doel nog in besonder hierop toegespits wees dat die mense wat ontvanklike en geopende ore vir die Woord van God het, grond kan hê waarop hulle met vaste voete kan stelling inneem. Want as daar ooit 'n geleentheid is waarin ons nugter en met groot beheerstheid oor die verborge geheimenisse van die Skrif moet filosofeer, dan is dit nou. Ons moet ook groot versigtigheid aan die dag lê sodat ons gedagtes of ons woorde nie die grense van die Woord van God oorskry nie. Want hoe sou die mens se verstand na sy geringe maat die onmeetlike Wese van God kan peil terwyl dit nog nie met sekerheid kon vasstel wat die aard van die son se massa is nie, hoewel dit tog elke dag met die oog waargeneem word? Ja, hoe sou die mens se verstand op sy eie die Wese van God kan deurgrond terwyl dit sy eie wese hoegenaamd nie kan peil nie?

Laat ons dit daarom met vrymoedigheid aan God oorlaat om Homself teken. Want soos Hilarius sê: "Alleen Hy wat deur Homself geken is, is bekwaam om van Homself te getuig."174 Ons sal dit wel aan God oorlaat as ons Hom begryp soos Hy Hom aan ons openbaar en as ons nie elders na iets in verband met Hom soek as net in sy Woord nie.

Daar is tans nog vyf preke van Chrysostomos oor hierdie onderwerp teen die Anomoi. Tog kon die vermetelheid van die sofiste nie daardeur aan bande gelê word nie, maar hulle het inteendeel vrye toom aan hulle luidrugtigheid gegee.175 Want hulle het hulle nie met groter beskeidenheid oor die onderwerp gedra as wat hulle gewoonlik oral doen nie. Dit betaam ons om deur die uiters ongelukkige verloop van hulle onbesonnenheid vermaan te word o.mte sorg dat ons ons eerder met onderdanigheid as met skerpsinnigheid op die vraagstuk moet toelê. Ons moet ons voorneem om geen ondersoek na God te onderneem behalwe in sy heilige Woord öf om enigiets aangaande Hom te dink behalwe as sy Woord daaraan voorafgaan öf om enigiets te sê behalwe as dit uit dieselfde Woord geput is nie.

As die onderskeid wat in die een Godheid van die Vader, die Seun en Gees aanwesig is, moeilik soos wat dit is om dit te leer ken, vir sommige verstande groter moeite en ergernis teweegbring as wat paslik is, moet hulle daaraan gedagtig wees dat die mens se verstand 'n doolhof betree sodra hy vrye teuels aan sy nuuskierigheid gee. Hulle moet hulle deur die hemelse uitsprake laat regeer al sou hulle die diepte van die geheimenis daarvan nie kan begryp nie.

22. Die Skandelike dwaling van Servet🔗

Dit sou te lank en ook vol nodelose verveling wees om 'n lys van die dwalings op te stel waardeur die opregtheid van die geloof in hierdie hoofstuk van die leer eenmaal beproef is. Die meeste ketters het die heerlikheid van God in sy volheid met growwe waansinnighede so probeer verduister dat hulle dit as genoegsaam beskou het om ongeleerde mense te skok en in beroering te bring. Maar daar het onmiddellik uit 'n klein handjievol mense baie sektes uitgebars om deels die Wese van God aan flarde te probeer skeur en deels die onderskeid wat daar tussen hulle Persone bestaan, te verwar.176 Ons moet voorts vashou aan dit wat alreeds tevore genoegsaam uit die Skrif bewys is, naamlik dat die Wese van die een God, wat die Vader, die Seun en die Gees toebehoort, eenvoudig en onmeedeelbaar is maar dat die Vader aan die ander kant as gevolg van 'n besondere eienskap van die Seun verskil en die Seun weer van die Gees. So sal die deur nie alleen vir Arius en Sabellius nie maar ook vir ander skeppers van die dwaling uit die ou tyd gesluit wees.

Maar omdat daar in ons tyd sekere waansinniges, soos Servet en dergelikes, opgestaan het wat met nuwe streke alles verstrengel het, sal dit die moeite loon om met 'n paar woorde hulle bedrog aan die kaak te stel.177 Vir Servet was die woord Drie-eenheid so haatlik, ja, so afstootlik dat hy kon verklaar dat al die Trinitariërs, soos hy hulle genoem het, ateïste is.178 Ek laat maar sy sinnelose uitsprake wat hy uitgedink het om hulle te belaster, agterweë. Die kern van sy spekulasles was dat daar 'n drieledige God ingevoer word wanneer daar gesê word dat daar drie Persone in sy Wese aanwesig is.179

Verder het hy verklaar dat so 'n Drieheid 'n verbeeldingsvlug is, omdat dit in stryd is met die eenheid van God. Intussen was sy opvatting dat die Persone uiterlike beelde was wat nie waarlik in die Wese van God bestaan nie maar God in die een of die ander gestalte vir ons afbeeld. Verder was sy opvatting dat daar aanvanklik geen onderskeid in God was nie, omdat die Woord eenmaal dieselfde as die Gees was, maar dat sedert die tyd waarop Christus as God uit God voortgekom het, ook die Gees as 'n ander God uit Hom voortgevloei het.180

Hoewel hy soms sy treurmares met allegorieë opsmuk, soos wanneer hy beweer dat die ewige Woord van God die Gees van Christus by God en 'n afskynsel van sy beeld was en ook dat die Gees 'n skadu van die Godheid was, maak hy die Godheid van albei tog later tot niet wanneer hy verklaar dat volgens 'n wyse van uitdeling 'n deel van God in sowel die Seun as die Gees aanwesig is net soos dieselfde Gees wesenlik in ons en ook in hout en klippe 'n deel van God is.181

Ons sal op die regte plek daarvoor sien watter onsin hy oor die Persoon van die Middelaar babbel. Maar sy wonderlike versinsel dat 'n Persoon van God niks anders as 'n sigbare beeld van die heerlikheid van God is nie, het geen langdradige weerlegging nodig nie. Want wanneer joharines verklaar dat die Woord182 God was toe die wêreld nog nie geskep was nie,183 onderskei hy die Woord heeltemal van 'n beeld.184.As daardie Woord wat God was, dan toe en ook sedert die verste ewigheid by die Vader was en met 'n eie heerlikheid by die Vader gekenmerk was185 dan kon sy glans gewis nie uitwendig of 'n blote afbeelding gewees het nie.186

Die noodwendige gevolgtrekking is dat Hy 'n Selfstandigheid was wat binne-in God self aanwesig was. Hoewel daar in die geskiedenis van die skepping van die wêreld geen melding van die Gees gemaak word nie, word die Gees tog nie daar as 'n skaduwee voorgestel nie maar as die wesenlike krag van God wanneer Moses vertel dat ook die vormlose massa in Hom onderhou is.187

Dit was dus duidelik dat sy ewige Gees toe steeds in God was terwyl Hy die verwarde materie van hemel en aarde gekoester en onderhou het totdat skoonheid en orde daarin sou ontstaan. Daar kon gewis nog geen afbeelding of weergawe van God bestaan het soos wat Servet hom verbeel nie. Hy word trouens elders gedwing om sy goddeloosheid duideliker te openbaar met die stelling dat God volgens sy ewige raadsplan vir Hom 'n sigbare Seun bestem het en Hom so sigbaar geopenbaar het. Want as dit waar sou wees, word geen ander vorm van goddelikheid vir Christus gelaat nie, behalwe in soverre as wat Hy volgens die ewige besluit van God as sy Seun verordineer is. Voeg hierby dat hy die skimme wat hy in die plek van die Persone stel so 'n gedaanteverwisseling laat ondergaan dat hy nie aarsel om nuwe toevallige karaktertrekke188 aan God toe te dig nie. Die verfoeilikste van alles is trouens dat hy sowel die Seun van God as sy Gees sonder onderskeid met al sy skepsels vermeng. Want hy verklaar openlik dat daar dele en verdeling in die Wese van God is waarvan elke deel God is. Hy beweer in besonder dat die gees van gelowiges net so ewig is as God en ook in sy Wese189 deel, hoewel hy elders nie slegs aan die siele van mense nie maar ook aan ander geskape dinge wesenlike godheid toeken.190

23. Die Standpunt van ander Dwaalleraars dat God as 'Wesensgewer' van die Seun en die Gees onderskei word, is ook verwerplik🔗

Uit hierdie moeras het daar 'n ander gedrog voortgekom wat nie van die vorige verskil het nie. Want om aan die haat en skande van Servet se goddeloosheid te ontkom het sommige deugniete191 wel erken dat daar drie Persone is maar as rede daarvoor aangevoer dat die Vader, wat waarlik en eintlik die enige God is,192 die Seun en die Gees geformeer het en sy Goddelikheid in Hulle oorgedra het.193 Hulle sien trouens nie daarvan af om op 'n verskriklike wyse te sê dat die Vader slegs deur hierdie teken, naamlik omdat Hy dan alleen Hulle Wesensgewer sou wees,194 van die Seun en die Gees onderskei word nie. Hulle gee aanvanklik eers hierdie kleur daaraan dat Christus oral die Seun van God genoem word. Daaruit lei hulle af dat daar eintlik nie 'n ander God as net die Vader is nie.195 En tog merk hulle nie op dat, hoewel die Seun ook aan die Naam God deel het, die Naam soms by uitnemendheid196 ook aan die Vader toegeskrywe word nie, omdat Hy die bron en oorsprong van goddelikheid is - en dit met die oog daarop om die enkelvoudige eenheid van hulle Wese aan te dui. Hierteen opper hulle die beswaar dat dit dwaas is om Hom as die Seun van 'n Persoon te beskou as Hy dan waarlik Seun van God is.197

My antwoord daarop is dat albei waar is, naamlik dat Hy Seun van God is omdat Hy as Woord van die Vader voor die tyd voortgebring is - ons praat hier nog nie van sy Persoon as Middelaar nie - en dat ons tog ter wille van die duidelikheid op sy Persoon ag moet slaan, sodat die woord God nie sonder meer gebruik moet word nie maar in plaas van 'Vader'. Want as ons reken dat daar geen ander God as die Vader is nie, word die Seun duidelik van sy plek verstoot. So dikwels as wat die Godheid vermeld word, behoort daar dus geen teenstelling tussen die Seun en die Vader toegelaat te word asof die Naam van die ware God slegs by die Vader pas nie.

Want die God wat aan Jesaja verskyn het, was inderdaad die ware en enige God198 En tog verklaar Johannes dat dit Christus was.199 En Hy het ook deur die mond van Jesaja getuig dat Hywat vir die Jode 'n steen van aanstoot sou wees, die enige God is.200 Paulus verklaar dat Hy Christus was.201 Wanneer Hy deur Jesaja uitroep: "Ek lewe, voor My sal elke knie buig,''202 is dit die enige God. En tog verklaar Paulus dat dit Christus is.203 Hierby kom die getuienis wat die apostel aanhaal: "U, o God, het die hemeI en die aarde gegrondves."204 En net so: "Al die engele van God aanbid Hom,''205 wat nie pas nie behalwe by die enige God, hoewel hy tog volhou dat dit besandere lofprysinge van Christus is.

Hulle beswaar dat 'n eienskap van God op Christus oorgedra word omdat Hy dan 'n weerspieëling van die heerlikheid van God is, dra geen krag nie.206 Want aangesien die woord Jehova oral gestel word, volg daaruit dat Hy ten opsigte van sy Goddelikheid uit Homself is. Want as Hy Jehova is, kan nie ontken word nie dat dit een en dieselfde God is wat elders deur Jesaja uitroep: "Ek, ja, Ek is, en behalwe Myi s daar geen God nie.''207 Dit is ook paslik om die volgende aanhaling uit Jeremia te oorweeg, naamlik: "Laat die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, van die aarde af, wat onder die hemel is, tot niet gaan.''208

Uit die teendeel moet noodwendig erken word dat die Seun van God Hy is wie se Goddelikheid baie dikwels in Jesaja uit die skepping van die wêreld bewys word. Maar hoe sal die Skepper wat aan alles hulle wese gee, nie uit Homself wees nie maar sy Wese van elders ontleen? Want wie ook al sê dat die Seun deur die Vader verwesenlik is,209 verklaar dat Hy nie uit Homself is nie. Die Heilige Gees weerspreek dit egter wanneer Hy Hom 'Jehova' noem.

As ons nou sou toegee dat die Wese in syvolheid slegs in die Vader is, sal dit deelbaar word of van die Seun af weggeruk word.210 En as Hy sodoende sy Wese ontneem word, sal Hy slegs in Naam 'n God wees. As ons hierdie bogpraters glo, pas die Wese van God slegs by die Vader in soverre as wat Hy alleen Wese het en Wesensgewer211 van die Seun is. Gevolglik sal die Goddelikheid van die Seun 'n abstraksie van die Wese van God wees of 'n afleiding van 'n deel uit die geheel.212

Nou moet hulle volgens hulle beginselstandpunt noodwendig toegee dat die Gees aan die Vader alleen behoort, want as Hy 'n afleiding van die oorspronklike Wese is wat slegs aan die Vader eie is, sal tereg afgelei kan word dat Hy nie die Gees van die Seun is nie. Die stelling word egter weerlê deur die getuienis van Paulus wanneer hy die Gees aan Christus en die Vader gemeenskaplik maak.

As dan hierby ook nog die Persoon van die Vader uit die Drie-eenheid weggeneem word, in watter opsig sou Hy dan nog van die Seun en die Gees verskil behalwe daarin dat Hy self net God alleen is? Hulle erken dat Christus God is en dat Hy tog van die Vader verskil. Dan behoort daar weer die een of ander onderskeidingsteken te wees sodat die Vader nie die Seun is nie. Mense wat die onderskeidingsteken in die Wese stel, maak die ware Godheid van Christus oop en bloot tot niet, hoewel Hy nie sonder die Wese kan wees nie - en dit inderdaad 'n Wese in sy volheid.

Die Vader sou gewis nie van die Seun verskil het nie as dit nie was dat Hy 'n besondere eienskap in Hom het wat Hy nie met die Seun deel nie. Wat sal hulle dan vind waarin hulle Hom van die Seun kan onderskei? As die verskil in die Wese is, laat hulle dan antwoord of Hy dit nie met die Seun gedeel het nie. Dit kon trouens nie net ten dele wees nie, omdat dit 'n sonde sou wees om 'n halwe God te maak. Voeg nog hierby dat hulle sodoende die Wese van God skandelik sou verskeur.

Daar bly dus net oor dat die Wese in sy volheid en in sy geheel gemeenskaplik aan die Vader en die Seun is. As dit dan waar is, sal daar gewis geen verskil tussen die een of die ander wees in soverre dit die Wese aangaan nie. As hulle daarteen die beswaar sou opper dat die Vader die Wese gee en nietemin die enige God bly in wie se hande die Wese is, sal Christus dus 'n afgebeelde God wees en in skyn of in naam maar nie in werklikheid nie. God het immers geen besondere eienskap wat meer eie aan Hom is as sy Wese nie. Dit blyk uit die volgende uitdrukking: "Hy wat is, het My na julle gestuur" .213

24. Hulle sluit die Seun roekeloos van die Eer van God uit🔗

Dit is maklik om hulle veronderstelling dat, so dikwels as wat daar sonder nadere bepaling in die Skrif melding van God gemaak word, net die Vader daaronder verstaan moet word,214 met baie verwysings te weerlê. En juis in die sitate wat hulle ten gunste van hulle seining aanhaal, openbaar hulle hulle onkunde tot hulle skande, want die Naam van die Seun is ook daar bygevoeg. Daaruit blyk juis dat die Woord God relatief opgeneem word en daarom tot die Persoon van die Vader beperk word. Hulle beswaar en bewering dat God self sy eie Vader sou wees as die Vader alleen nie die ware God sou wees nie, kan met een enkele woord weerlê word.

Want daar is geen ongerymdheid daarin dat Hy wat sy eie wysheid uit Homself voortgebring het, vanweë die rangorde in besonder God genoem word nie maar ook God van die Middelaar is, soos ek vollediger op die regte plek daarvoor sal verduidelik.215 Want vanaf die stadium waarop Hy in die vlees geopenbaar is, word Christus die Seun van God genoem - nie soseer omdat Hyvoor die tyd as ewige Woord uit die Vader voortgebring is nie maar omdat Hy toe die Persoon en taak van Middelaar op Hom geneem het om ons met God te verenig. En omdat hulle die Seun so roekeloos van die eer van God uitsluit, sou ek graag wil weet of Christus Homself goedheid ontneem wanneer Hy verklaar dat niemand goed is nie, behalwe Een, naamlik God.216 Nou praat ek nie van sy menslike natuur nie, sodat hulle nie miskien die beswaar daarteen sou opper dat al die goeie wat in sy natuur was, uit 'n genadegawe voortgevloei het nie.

My vraag aan hulle is of die ewige Woord van God goed is of nie. As hulle sou beweer dat die Woord nie goed is nie, word hulle goddeloosheid genoegsaam aan die kaak gestel. Deur dit te erken draai hulle hulle self nek om. Die feit dat Christus Homself egter met die eerste oogopslag skynbaar die woord goed ontneem, bevestig eerder ons opvatting: aangesien dit 'n besondere lofprysing van die enige God is en omdat Christus op die gebruiklike wyse as goed begroet is, verwerp Hy die valse eer en Hy leer dat die goedheid wat Hy het, goddelik is.

My vraag aan hulle is ook: Wanneer Paulus verklaar dat God alleen onsterflik, wys en waaragtig is,217 word Christus dan met hierdie woorde uitgelewer aan die rang van sterflikes, dwase en bedrieërs? Sal Hy wat van die begin af die lewe was om aan engele onsterflikheid te besorg, dan nie self onsterflik wees nie? Sal Hy wat die ewige wysheid van God is, dan nie self wys wees nie? Sal Hy wat self die waarheid is, nie ook waaragtig wees nie? Verder is my vraag aan hulle of hulle meen dat ons Christus moet aanbid. Want as Hy dit met reg vir Homself opeis dat elke knie voor Hom moet buig.218 volg daaruit tog dat Hy God is, omdat Hy ons in sy wet verbied het om enigiemand anders as Homself te aanbid.219

As hulle opvatting is dat Jesaja se verklaring: "Ek is God en buiten My is daar geen ander God nie" van die Vader alleen aanvaar moet word,220 draai ek hierdie getuienis juis na hulle self toe terug, omdat ons sien dat al die eienskappe van God ook aan Christus toegeskrywe word. Hulle het ook geen geleentheid tot ontvlugting daarmee dat Christus in die vlees waarin Hy ontledig was, verhoog is en dat al die heerskappy in die hemel en op aarde ten opsigte van die vlees aan Hom gegee is nie.221 Want hoewel die majesteit van Koning en Regter ten volle tot sy Persoon as Middelaar uitgebrei word, kon Hy nie tot so 'n hoogte verhef word tensy Hy as God geopenbaar is nie - anders sou God met Homself in stryd gewees het.

En tog ruim Paulus die geskil die heel beste uit die weg wanneer hy leer dat Christus God se gelyke was voordat Hy Homself in die gestalte van 'n dienskneg ontledig het.222 Hoe sou so 'n gelykheid verder kon bestaan as Hy nie God was wie se Naam Jah en Jehova is, wat op gerubs ry en Koning van die hele aarde en Koning van die ewigheid is nie?223 En al sou hulle ook hoe 'n rumoer daarteen maak, kan dit wat Jesaja elders sê, nie van Christus weggeruk word nie, naamlik: "Hy, Hy is ons God; op Hom het ons gewag",224 want met hierdie woorde beskrywe hy die koms van God, die Verlosser wat nie alleen sy volk uit hulle Babiloniese ballingskap sou terugbring nie maar ook sy kerk in alle opsigte ten volle sou herstel.

Die tweede drogredenasie dat Christus God was in sy Vader,225 baat hulle ook niks nie. Want hoewel ons erken dat die begin van die Godheid omrede die rangorde in die Vader gesetel is, verklaar ons rog dat dit 'n afstootlike versinsel is dat die Wese van die Vader alleen die besondere Goddelike Wese226 is, net asof die Wese die Seun tot 'n God gemaak het. So sou sy Wese immers of menigvuldig gewees het of hulle noem Christus slegs in naam en in hulle verbeelding God. As hulle sou toegee dat die Seun God is maar ondergeskik aan die Vader,227 sal die Wese in Hom gebore en gemaak wees terwyl dit nie in die Vader gebore en gemaak is nie.

Ek weet dat baie wysneuse daaroor spot dat ons die onderskeid tussen Persone aflei uit Moses se woorde waar hy God soos volg laat praat: "Laat ons 'n mens maak na ons beeld".228 Tog sien godvrugtige lesers hoe koud en sonder sin Moses dit as 'n samespreking sou voorgestel het as daar nie meer Persone in die een God aanwesig was nie. Dit staan ook vas dat die Persone vir wie die Vader aanspreek, toe nog nie geskape was nie. Met uitsondering van God self en van Hom alleen, was trouens nog niks geskep nie. As hulle dus nou nie sou toegee dat die mag om te skep en die gesag om te beveel 'n gemeenskaplike eienskap van die Vader, die Seun en die Gees was nie, volg daaruit dat God nie so met Homself sou gepraat het nie maar dat Hy sy woorde tot ander skeppers buite Hom gerig het.

Ten slotte sal net een enkele verwysing albei hulle besware maklik uit die weg ruim. Want Christus se eie verklaring dat God Gees is,229 sou nie paslik tot die Vader alleen beperk kon word nie net asof die Woord nie self ook 'n geestelike natuur gehad het nie. Maar as die woord Gees die Seun net so veel as die Vader pas, lei ek daaruit af dat die Seun ook onder die onbepaalde Naam God inbegryp word.

Tog voeg Hy onmiddellik daarna by230 dat die Vader geen behae in aanbidders het nie behalwe in dié wat Hom in gees en in waarheid aanbid. Daaruit volg 'n tweede afleiding, naamlik dat Christus die Naam 'God' aan die Vader toeskryf, omdat Hy sy amp as Leraar onder die Vader as sy hoof vervul - nie om sy eie Godheid tot niet te maak nie maar om ons trapsgewys daarheen op te voer.

25. As 'God' net die 'Vader' sou wees, soos die dwaalgeeste beweer, sou die Drie-eenheid 'n Vereniging van die Enige God met Twee Geskape dinge wees🔗

Maar hulle verbeelding speel hulle klaarblyklik daarin parte dat hulle van individuele231 voorwerpe droom waarvan elkeen afsonderlik 'n deel van die Wese het.232 En tog leer ons uit die Skrif dat daar wesenlik net een God is en dat die Wese van die Seun sowel as van die Gees daarom nie gebore is nie. Maar in soverre as wat die Vader in rangorde eerste is en uit Homself sy Wysheid voortgebring het, word Hy tereg as die begin en oorsprong van die volle Goddelikheid beskou, soos so pas gesê is.233 So is God sonder nadere bepaling nie gebore nie, en ook die Vader is ten opsigte van sy Persoon nie gebore nie.

Dit is ook dwaas dat hulle dink dat hulle uit ons opvatting kan aflei dat daar 'n vier-eenheid is omdat hulle valslik en lasterlik 'n verdigsel van hulle brein aan ons toeskrywe net asof ons die versinsel skep dat die drie Persone by wyse van afleiding uit een Wese voortkom.234 Want uit ons geskrifte is dit duidelik dat ons nie 'n abstraksie van die Persone uit die Wese maak nie maar dat ons 'n onderskeid tussen hulle maak235 hoewel hulle almal in die een Wese aanwesig is. As die Persone van die Wese geskei sou wees, sou hulle redenasie miskien nog aanneemlik gewees het, maar so sou daar 'n drie-eenheid van Gode en nie van Persone nie, wat die enige God in Homself bevat, gewees het.

 So word hulle futiele vraag of hulle Wese nie saamkom om die Drie-eenheid tot stand te bring nie, opgelos - net asof ons ons verbeel dat drie Gode uit die Wese afkomstig is! Hulle beswaar dat dit dan 'n Drie-eenheid sonder God sal wees, spruit uit dieselfde sotheid, want hoewel dit nie soos 'n deel of lid by die onderskeiding tussen hulle bykom nie, is die Persone tog nie sonder of buite die Wese nie. Want as Hy nie God was nie, sou ook die Vader nie die Vader kon wees nie. En die Seun is ook die Seun om geen ander rede as dat Hy God is nie.

Ons verklaar dus dat hulle goddelikheid volstrek uit Homself is. Op grond daarvan bely ons ook dat die Seun uit Homself is in soverre as wat Hy God is en sonder inagnerning van sy Persoon. Maar in soverre as wat Hy Seun is, verklaar ons dat Hy uit die Vader is. So is sy Wese sonder begin, maar God is self die begin van sy Persoon. En al die regsinnige skrywers wat vroeër oor die Drie-eenheid geskryf het, het hierdie Naam slegs op die Persone van toepassing gemaak, want om die Wese juis in hierdie onderskeid te betrek sou nie alleen onsinnige dwaling wees nie maar ook uitermate growwe goddeloosheid. Want die mense wat die Drie, naamlik Wese, Seun en Gees wil laat saamgaan, maak duidelik die Wese van die Seun en die Gees tot niet - anders sou die dele onderling met mekaar vermeng word en tot niet gaan.236 Dit is iets wat in elke onderskeiding 'n gebrek is.

Kortom: as 'Vader' en 'God' dieselfde betekenis sou gehad het, sou die Vader so 'n Skepper van die Godheid gewees het dat daar in die Seun niks anders as net 'n skadu daarvan oorgebly het nie, en die Drie-eenheid sou niks anders as 'n vereniging van die enige God met twee geskape voorwerpe wees nie.

26. Ons mag nie die Woord 'God' uitsluitlik tot die Vader beperk en die Seun in Sy vernedering as Middelaar daarvan ontneem nie🔗

Op hulle beswaar dat Christus, as Hy waarlik God is, verkeerdelik die Seun van God genoem word,237 is reeds geantwoord238 dat die Naam van God hier nie sonder nadere bepaling aangehaal word nie. Hierin word trouens 'n vergelyking tussen die een Persoon en 'n ander Persoon getref, maar die Naam word tot die Vader beperk in soverre as wat Hy die begin van hulle Goddelikheid is, nie deur aan hulle hulle Wese te gee soos sommige waansinniges die onsin kwytraak nie, maar op grond van hulle rangorde. In hierdie betekenis word die bekende woorde van Christus aan die Vader vertolk, naamlik: "Dit is die ewige lewe dat hulle in U as die enige ware God glo en in Jesus Christus wat U gestuur het.''239 Want Hy praat in die Persoon van Middelaar en hou 'n middeweg tussen God en die mens. En nograns word sy majesteit nie daarom ingekort nie. Want hoewel Hy Homself ontledig het, het Hy tog nie sy heerlikheid, wat vir die wêreld verborge was, by die Vader prysgegee nie.

Hoewel die apostel in sy brief aan die Hebreërs in hoofstuk 2 erken dat Christus vir 'n klein rukkie minder geword het as die engeie, aarsel hy nogtans nie om terselfdertyd te verklaar dat Hy die ewige God is wat die aarde gegrondves het nie.240

Ons moet dus onthou dat, so dikwels as wat Christus in sy Persoon as Middelaar die Vader aanspreek, die Godheid onder die woord God  saamgevat word, en dit kom Hom ook toe. Toe Hy dus vir sy apostels gesê het: "Dit is vir julle voordelig dat Ek na my Vader gaan, want my Vader is groter as Ek,''241 het Hy nie soseer aan Homself 'n tweede godheid toegeskrywe sodat Hy, in soverre dit sy ewige Wese aangaan, geringer as die Vader is nie, maar omdat Hy die hemelse heerlikheid verkry het en gelowiges tot deelname daarin versamel.

Hy stel sy Vader op 'n hoër trap vir sover die sigbare volmaaktheid van sy glans wat in die hemel geopenbaar is, verskil van die maat van sy heerlikheid wat in Hom gesien kon word toe Hy met vlees beklee is. Om dieselfde rede sê Paulus elders dat Christus die heerskappy aan God en die Vader sal teruggee sodat God alles in almal kan wees.242

Niks is meer absurd as om die Godheid van Christus van sy ewigheid te beroof nie. Maar as Hy nooit ophou om die Seun van God te wees nie, maar altyd dieselfde bly as wat Hy van die begin af was, dan volg daaruit dat die enige Wese van God wat aan albei van hulle gemeenskaplik is, onder die naam 'Vader' saamgevat word. En Christus het beslis na ons toe neergedaal om ons terselfdertyd tot Hom te verhef deur ons tot die Vader te verhef in soverre Hy een met die Vader is.

Dit is ons dus nie geoorloof en dit is ook nie reg om die woord God uitsluitlik tot die Vader te beperk sodat dit die Seun ontneem word nie. Want Johannes verklaar ook om hierdie rede dat Hywaarlik God is sodat niemand die gedagte moet koester dat Hy 'n tweede trap van goddelikheid onder die Vader beklee nie. 243

Maar ek staan verbaas oor die bedoeling van die smede van nuwe gode wanneer hulle bely dat Christus waaragtig God is, maar Hom tog onmiddellik uitsluit van die Godheid van die Vader - net asof Hy waaragtig God kon wees sonder om tegelyk die enige God te wees en net asof 'n oorgedraagde godheid nie 'n nuwe versinsel is nie.

27. Die Antitrinitariërs se beroep op Irenaeus baat hulle niks🔗

Die feit dat hulle baie aanhalings uit Irenaeus opstapel waar hy verklaar dat die Vader van Christus die enige en ewige God van Israel is,244 is of skandelike onkunde of die toppunt van skaamteloosheid. Want hulle moes opgemerk het dat hierdie heilige man te doen gehad het en in 'n stryd gewikkel was met waansinniges245 wat verklaar dat die God wat eenmaal deur Moses en die profete gespreek het, nie die Vader van Christus was nie maar die een of ander skim wat uit die bedorwenheid van die wêreld voortgebring is. Gevolglik lê hy hom volkome daarop toe om te verduidelik dat daar in die Skrif geen ander God as die Vader van Christus verkondig word nie en dat hulle verkeerdelik 'n ander God bedink. Daarom is dit nie vreemd as hy dikwels tot die gevolgtrekking  geraak dat daar geen ander God van Israel was as die God wat deur Christus en sy apostels gehuldig is nie.

So sal ons ook nou wanneer ons 'n dwaling wat hiervan verskil, moet weerlê, met alle waarheid kan verklaar dat die God wat eenmaal aan die aartsvaders verskyn het, niemand anders as Christus was nie. As iemand verder die beswaar sou opper dat hierdie God die Vader was, is ons antwoord daarop gereed, naamlik dat ons die Vader hoegenaamd nie uitsluit wanneer ons vir die Goddelikheid van die Seun veg nie.

As my lesers op die voorneme van Irenaeus sou let, sal die hele geskil tot 'n einde kom. Ja, die hele geskil word maklik in die sesde hoofstuk van sy derde boek246 uit die weg geruim waar hierdie vroom man daarop aandring dat Hy waarlik die enige God is wat absoluut en sonder verdure bepaling in die Skrif 'God' genoem word - en dat Christus in der waarheid absoluut 'God' genoem word. Laat ons dan daaraan gedagtig wees dat die kern van die geskil soos dit uit die hele verloop daarvan en in besonder in hoofstuk 46 van sy tweede boek247 duidelik is, daarom gegaan het dat Hy nie met behulp van raaisels en gelykenisse 'Vader'genoem word nie, terwyl Hy nie waarlik God is nie.248 Voeg hierby dat hy elders volhou dat die Seun sowel as die Vader gesamentlik deur die profete en die apostels verkondig is.249

Daarna beskrywe hy inderdaad hoe Christus, wat Here, Koning, God en Regter van almal is, van die God van alle dinge die mag ontvang het, naamlik ten opsigte van sy onderwerping omdat Hy tot die kruisdood verneder is.250 Intussen verklaar hy 'n rukkie later dat die Seun die Skepper van die hemel en die aarde is wat die wet deur die hand van Moses gegee en aan die aartsvaders verskyn het.251

As iemand nou sou babbel dat die Vader alleen vir Irenaeus die God van Israel was, sal ek daarteen aanvoer wat dieselfde skrywer duidelik leer, naamlik dat Christus een en dieselfde God is. So pas hy ook die profesie van Habakuk op Christus toe: "God sal uit die Suide kom.252 Dit wat ons in hoofstuk 9 van boek 4 kan lees, het dieselfde strekking, naamlik: "Christus is dus self saam met die Vader die God van die lewendes.''253 En in hoofstuk 12 van dieselfde boek verklaar hy dat Abraham in God geglo het omdat Christus die Skepper van die hemel en die aarde is en die enigste God is.254

28. Ook hulle Beroep op Tertullianus is vrugteloos🔗

Sonder groter waarheid neem hulle Tertullianus as pleitbesorger aan.255 Want hoewel hy soms grof tendoringrig in sy stylvorm is, dra hy die kern van die leer wat ons verdedig, ondubbelsinnig oor, naamlik dat hoewel daar maar net een God is, die Woord volgens 'n bepaalde ordening of huishouding ook aan Hom behoort; dat daar op grond van die eenheid van Wese 'n enige God is en dat die eenheid desnieteenstaande deur 'n verborge verdeling in 'n Drie-eenheid georden word. Hy sê verder dat daar drie Wesens is - nie na aanleiding van status nie maar van graad; nie na aanleiding van hulle Wese nie maar van vorm, en nie na aanleiding van hulle bevoegdheid nie maar van volgorde.256 Hy sê wel dat hy die standpunt handhaaf dat die Seun tweede is na die Vader,257 maar hy verstaan daaronder nie dat die Seun iets anders is behalwe om Hom te onderskei nie.258 Elders sê hy dat die Seun sigbaar is, maar nadat hy die vraag na albei kante beredeneer het, kom hy tot die gevolgtrekking dat die Seun onsigbaar is in soverre as wat Hy die Woord is.259 Uiteindelik verklaar hy dat die Vader volgens sy Persoon bepaal word,260 en hy bewys dat hy geheel en al vreemd staan teenoor die versinsel wat ons hier weerlê. En hoewel hy geen ander God as die Vader erken nie, verklaar hy homself tog uit die samehang wat daarop volg, en hy toon aan dat hy nie met die uitsluiting van die Seun praat nie, omdat hy dan verklaar dat die Seun nie 'n ander God as die Vader is nie en dat sy alleenheerskappy nie deur die persoonsonderskeid geskaad word nie.261

Dit is maklik om uit die daaropvolgende bedoeling van sy woorde sy betekenis af te lei. Want teen Praxeas voer hy aan dat, hoewel God in drie Persone onderskei is, dit tog nie meer gode tot stand bring nie en dat die eenheid ook nie daardeur verskeur word nie.262 Omdat Christus volgens Praxeas se versinsel nie God kon wees sonder om ook die Vader te wees nie,263 doen hy daarom soveel moeite met die onderskeid.264 Vir die feit dat hy die Woord en die Gees 'n deel van die geheel noem,265 kan hy tog verskoon word, hoewel dit 'n gevaarlike uitspraak is, omdat dit nie na die Wese verwys nie maar slegs die ordening en 'n sekere huishouding aandui266 wat alleen by die Persone pas, soos Tertullianus self getuig.

Hiervan is ook die volgende bekende woorde afhanklik: "O bedorwe Praxeas, hoeveel Persone dink jy is daar dan - is daar nie soveel as wat daar Name is nie?" 'n Bietjie later stel hy dit ook soos volg: "Sodat hulle in die Vader en die Seun kan glo - elkeen in sy Name en in sy Persone.''267

Hiermee kan na my mening die skaamteloosheid van mense wat op gesag van Tertullianus eenvoudiges probeer bedrieg, genoegsaam weerlê word.

29. Getuienis uit die ander Kerkvaders bewys die Teendeel. 'n Samevatting van die Inhoud van hierdie hoofstuk🔗

En almal wat die geskrifte van die skrywers van ouds versigtig met mekaar vergelyk, sal nie by Irenaeus iets anders vind as die opvatting wat deur ander skrywers wat hom later gevolg het, oorgedra is nie268 Justinus is een van die oudstes, en hy stem in alles met ons ooreen.269 Laat hulle maar die beswaar opper dat die Vader van Christus deur hom sowel as deur ander skrywers die enige God genoem word. Hilarius het dieselfde leer - ja, hy praat selfs nog harder daaroor, naamlik dat die ewigheid in die Vader is.270 Maar doen hy dit om die Seun van die Wese van God te beroof? En tog lê hy hom volkome daarop toe om die geloof wat ons volg, te verdedig. En nograns skaam hulle hulle nie om van sekere verminkte uitdrukkings in sy werke uittreksels te maak om ons te oortuig dat Hilarius 'n advokaat vir hulle dwaling is nie!

As hulle wil hê dat Ignatius, wat hulle aan ons voorhou, van enige belang moet wees, moet hulle eers bewys dat die apostels 'n wet gemaak het in verband met die lentse veertigdaagse vas271 en ander soortgelyke bedrog. Daar is niks weersinwekkender as die onsin wat in die naam van Ignatius uitgegee is nie.272 Die skaamteloosheid van mense wat hulle agter sulke maskers verberg om ander te bedrieg, is nog minder draaglik. Voorts is die eenstemmigheid van die skrywers van ouds duidelik sigbaar daarin dat Arius nie gewaag het om in die Konsilie van Nicea sy bedrog op die gesag van enigeen van die beproefde skrywers te vestig nie, en geeneen van die Griekse of Larynse afgevaardigdes het hulle daar verontskuldig dat hulle van hulle voorgangers verskil nie.273 Dit is nie van belang om nou te vertel hoe naarstiglik Augustinus teenoor wie die deugniete uiters vyandig gesind is, die geskrifte van hulle almal ondersoek en hoe eerbiedig hy hulle almal behandel het nie. Selfs in die geringste vraagstukke dui hy gewoonlik aan waarom hy gedwing word om van hulle af te wyk. Ook as hy oor hierdie onderwerp iets dubbelsinnigs of vaags by ander skrywers gelees het, verberg hy dit nie. Tog aanvaar hy die leer waarteen hulle hulle nou verset, as die bekende leer wat vanaf die verste verlede sonder teenspraak aangeneem  is. Wanneer hy in die eerste boek van sy Christelike leer verklaar dat die eenheid in die Vader is,274 blyk uit die een enkele woord dat die leer wat ander voor hom verkondig het, nie vir hom verborge was nie. Of sal hulle dan klets dat hy toe sy eie woorde vergeet het? En tog vrywaar hy homself elders van hierdie valse klag wanneer hy die Vader die begin van die Godheid in sy volheid noem omdat Hy uit niemand ontstaan het nie.275 Klaarblyklik oorweeg hy versigtig in besonder die stelling dat die Naam van God aan die Vader toegeskrywe word omdat die eenheid van God in sy eenvoud nie begryp kan word as 'n mens nie by die Vader begin nie.

'n Godvresende leser sal, soos ek hoop, nou uiteindelik met hierdie verduidelikings kan agterkom dat al die valse aanklagte waarmee die Satan tot dusver gepoog het om die suiwere geloofsleer te vernietig of te verduister, neergevel is. Nou uiteindelik vertrou ek dat die kern van hierdie leer ten volle verduidelik is, as my lesers maar net 'n perk vir hulle nuuskierigheid stel en hulle nie met meer drif as wat betaamlik is, ergerlike en lastige twisgeskille op die hals haal nie. Want ek onderneem hoegenaamd nie dat ek mense vir wie 'n gebrek aan selfbeheersing in hulle spekulasies lekker is, tot bedaring sal bring nie. Ek het in elk geval niks skelm agterweë gelaat omdat ek gedink het dat dit my teengaan nie. Terwyl ek my egter op die stigting van die kerk toelê, het dit vir my raadsaam gelyk om doelbewus baie vraagstukke nie aan te roer nie, aangesien dit weinig voordeel sou inhou en oorbodige ergernisse my lesers net sou beswaar. Want van watter belang is dit tog om te redeneer daaroor of die Vader nog altyd goddelike persone voortbring? Dit is immers dwaas om 'n aaneenlopende proses van so 'n generering te versin, aangesien dit duidelik is dat daar van ewigheid af drie Persone in God bestaan het.276

Endnotes🔗

  1. ^ Seneca, Nat. quaestiones, prol. 1.13.
  2. ^ Vir die radikale dualisme van die Manicheërs kyk Kelly, Early Christian Doctrines, 13-14 en ook Augustinus, De Genesi ad litteram 11.13.17 (MPL 34:436); ibid., De baeresibus 1.46 e.v. (MPL 42:34); ibid., Corura fuitanum opus imperfectum 1.115-123 (MPL 45:1124-1127).
  3. ^ Alii vocant Anthropomorphitas, quoniam Deum sibi ftngunt cogitatione carnali in similitudinem hominis corruptihilis. Die Antropomorfiete staan na aanleiding van hulle stigter Audius (oorlede 372) ook as Audiane bekend. Op grond van die feit dat die mens na die beeld van God geskep is, het hulle geleer dat God 'n menslike gestalte het (vgl. Augustinus, De haeresibus 1.39.50 - MPL42:39).
  4. ^ Calvyn verwys hier en in Inst. 1.13.3 na die antitrinitariërs van sy tyd, soos Michel Servet, Matthaeus Gribaldi, George Blandrata, Valentinus Gentilis en Gianpaulo 00. Paul) Alciati (OS 3:109). Vgl. Gribaldi, Fratribus Italis, Sept. 1554 (Ep. 201~ - oe 15:246-247) Hierin së hy o.m.: ... Ma pigliandolo in abstracto et in commune a tutte Ie bypostasi in sieme, aico il Padre etfigltuoto esser una medema divinitá et una aioina essentia (OC 15:247). Vgl. ook Gribaldi se geloofsbelydenisse (Ep. 2341 - OC 15:856-857); Blandrata se brief aan ealvyn (Ep. 2871 - oe 17:169-171); Calvyn oor Blandrata (Ep. 3561 - Oc 19:37) en Calvyn se Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:361-420), waar Gentilis se siening van 'n viereenheid Lp.v. 'n triniteit bespreek (Oe 9:390-391) en sy beroep op Irenaeus, Tertullianus en Augustinus weerlê word (OC 9:394 e.v.), Kyk ook Calvyn se briewe aan Sarnicius (Ep. 3559), aan Wolfius (Ep. 3560), aan Cruciger (Ep. 3561), en aan die predikante van Vilna (Ep. 3562). Die briewe is afgedruk in OC 19:35-39.
  5. ^ Dit was Servet se kritiek. Vgl. onder andere sy Christianismi restitutio (1553), De Trinitatis erroribus (1531) en De Trinitate (1532), en ook Calvyn se weerlegging van Servet se leer: Defensio orthodoxae fidei de sacra trinitate (OC 8:453-644)
  6. ^ Servet, De Trin. error. 1.35b; Blandrata se brief aan Calvyn Ep. 2871 (OC 17:169-171), en Gentilis se belydenis en briewe (OC 9:389-394).
  7. ^ Hebr. 1:3 Vg. Vg.: splendor gloritle et figura substantiae eius. Afrikaans: "Die afskynsel van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese." Die Afrikaans kom eerder met die Vulgaat as met die Grieks ooreen.
  8. ^ Die woord is in Latyn vertaal met subststentia en substantia. Aan eersgenoemde is sedert die 6de eeu deur skrywers soos Boëthius en Cassiodorus voorkeur gegee. (Thomas, Summa Theol. 1, 1.29.1, 2); vgl. in verband hiermee die eerste Niceense Konsilie (Mansi 2:665-668).
  9. ^ (Hebr 1:3 Vg.).
  10. ^ Augustinus, De Trinitate 5.8.9 (MPL 42:916).
  11. ^ Vgl. Augustinus, De Trinitate 5.8.9-10: sed unam essentiam et unam magnitudinem. Essentiam dico, quae oóoCa graece dicitur, quam usitatius substantiam vocamus. Dicunt quidem et ilU bypostasim, sed nescio quid volunt interesse inter usiam et bypostasim. ita ut plerique nostri qui haec graeco tractant eloquio, dieere consueverint, quod est latine, unam essentiam, tres substantias (MPL 42:917). Kyk ook op. cito 7.4.7 (MPL 42:939). Substantia is ekwivalent aan essentia (wese), terwyl subsistentia ekwivalent is aan hypostasis (selfstandigheid).
  12. ^ fip6a<.lna •
  13. ^ Vgl. Inst. 1.13.2, n. 5 en 6 hierbo
  14. ^ Vel quidam nimis morosi obstrepant. Hierdie uitdrukking .ontbreek in alle vonge ultgawes, Volgens die samesteller van OS verwys ealvyn hiermee na Bullinger en andere, wat gereserveerd gestaan het teenoor die terme van die Triniteitsleer (OS 3:111, n. 5). Kyk vir Bullinger se terughoudendheid in hierdie verband na sy brief aan Myconius van 23 julie 1537 (Herminjard 4:264; oe 10,2:116).
  15. ^ Vgl. Luther, Von den Konzilüs und Kircben, 1539 (WA 50:570 e.v.).
  16. ^ Servet, De Trin. error. 1:30 b.
  17. ^ Die verwysing is na Servet, Blandrata, Gribaldi en Gentilis.
  18. ^ Vgl. o.a. Tertullianus, Adv. Praxean (MPL 2:177-220), en Augustinus, De Trlnitate 1.5.8 (MPL 42:824-825); 5.14.15 (MPL 42:920-921); 6.7 (MPL 42:929); 9.5.8 (MPL 42:965); 11.4.7 (MPL 42:989-990); 7.4.7 (MPL 42:939); 9.4.4 (MPL 42:963).
  19. ^ Vgl. Sermo Arianorurn (MPL 42:677-683) en Augustinus, Contra sermonem Arianorum (MPL 42:683-710).
  20. ^ Die chronologie is omgekeer. Sabellius leef in die eerste helfte van die 3de eeu en was omstreeks 220 aktief (NCE 12:783); Arius leef van 250 tot 336 (NCE 1:814); vgl. Bettenson, Documents, 38.
  21. ^ Vgl. die Fr. vert.: ... "affermoyent qu'il y a trois personnes résidentes en un Dieu, ou bien, qui vaut autant, qu'en une seule essence divine, il y a Trinité de personnes" (Benoit 1:149). Calvyn gebruik hier subsistere, wat suggestiewer is as wat ons met 'bestaan' uitdruk. Dit is parallel rner die naamwoordelike vorm subsistentia, wat met 'selfstandlgheid' vertaal word. In teenstelling met substo én essewat 'bestaan' beteken, bevat subsisto 'n bykomende kleur van 'selfstandlg of in homself bestaan'. Die feit dat Calvyn dit in Frans (soos ons hierbo kursief aangedui het) met 'inwoon' weergee, dui ook daarop dat hy meer betekenis aan die woord subsistere heg as bloot 'bestaan'
  22. ^ Hilarius, De synodis 12 (MPL 10:489 e.v.).
  23. ^ Augustinus, Soliioquii 1.1.4 (MPL 32:871); ibid., Retractationes 1.4.3 (MPL 32:590; CSEL 36:23); ibid., De Trinitate 7.6.11 (MPL 42:945).
  24. ^ vgl. Bucer, DS 3:231-232.
  25. ^ OlJ,oo(ioI. OC; •
  26. ^ 'Substansie' en 'essensie' word albei vir 'wese' gebruik.
  27. ^ Hieronymus, Ep. 15.3,4 (MPL 22:357; CSEL 54:64 e.v.).
  28. ^ Hilarius, De synodis 27.67-71 (MPL 10:525 e.v.).
  29. ^ OooCa (wese).
  30. ^ Hieronymus, Ep. 15.3,4 (MPL 22:357 e.v., CSEL 54:64 e.v.).
  31. ^ Augustinus, De Trinitate 5.8-10 (MPL 42:916 e.v.).
  32. ^ Calvyn verwys hier nie na die bekende filosoof Sokrates nie maar na die kerkhistorikus, Socrates Scholasticus (gebore ca. 380 te Konstantinopel). In sy Historia ecclesiastica (3.5) behandel hy die onderskeid tussen substantia en subsistentia. Cassiodorus (ca. 380-450) neem hierdie gedeelte op in sy Hist. Trip. 6.21 (MPL 69:1042).
  33. ^ Hilarius, De Trinitate 2.2,3 (MPL 10:51-52).
  34. ^ Hilarius, De synodis 27.63 (MPL 10:522 e.v.)
  35. ^ Augustinus, De Trinitate 7.4.7-9 (MPL 42:939 e.v.).
  36. ^ Vgl. OS 3:115. Skynbaar het Calvyn hier die geskil wat Petrus Caroli teen hom gevoer het, in gedagte.
  37. ^ Volgens Barth en Niesel (OS 3:115, n. 5) is die verwysing nie net na Arius en Sabellius nie maar skynbaar ook na Servet. Kyk sy De Trin. error. 1:21 a, b; 22 b; 23 b; 3:80 a, b.
  38. ^ Sc. Servet.
  39. ^ Relata
  40. ^ Inst. 1.13.2.
  41. ^ Joh. 1:1.
  42. ^ Tertullianus, Adversus Praxean 2,9 (CCSL 2:1160; 1168, e.v., MPL 2: 179-180; 187-188).
  43. ^ Oeconomiam!
  44. ^ Fuerunt, sc.fuisse. Calvyn weerlê in seksies 7 en 8 die opvattinge van Servet. Vgl. Servet, De Trin. error. 2:47a.
  45. ^ 2 Petr.1:11 (1 Petr. 1:11).
  46. ^ Vgl. Calvyn, Adversus Libertinos, hfst, 9: Scriptura enim et praedicantta, rera Spiritus Dei instrumenta sunt (Tra ct. omnes 3:511).
  47. ^ Hebr. 1:2.
  48. ^ Ecclesiasticus 24:14 (Vg.). Die apokriewe boek Jesus Sirach was ook as Ecclesiasticus bekend en by Jade en Christene in hoë aansien.
  49. ^ Joh. 5:17. Calvyn: Pater meus et ego usque ad hunc diem operamur. Vgl. Vg.: Pater meus usaue modo operatur et ego operor.
  50. ^ Joh. 1:3; vgl. Calvyn, Comment. in Evang. Ioann. 1:1: In principio erat Sermo. Hoc exordio aeternam Cbrisfi diuinitatem praedicat. ut sciamus aeternum esse Deum, qui manifestatus est in carne (OC 47:1)
  51. ^ Servet, De Trin, error. 2.47a,b; Servet, Dialogorum de Trinitate (1532), 1 A 3 a, b; 2 B 4 b e.v.
  52. ^ Jak. 1:17.
  53. ^ Gen. 1:3.
  54. ^ Joh. 17:5; vgl. Calvyn, Comment. in Evang. Ioann. (OC 47:378).
  55. ^ (Joh. 1:3); Nunc ab openbus dioinitatem eius probat (OC 47:4).
  56. ^ (Joh. 1:1); vgl. Calvyn in loco (OC 47:1).
  57. ^ VgI. Inst. 2.12-17.
  58. ^ (Ps. 45:7).
  59. ^ OS 3:119, n. 5. Die kommentaar van die jode (Radhi, Ezra en Kimchi) is geïnkorporeer in die Munsteriana.
  60. ^ Ex. 7:1.
  61. ^ Vgl. Munsteriana, 124, n. a
  62. ^ Jes. 9:5 (9:6 Vg.).
  63. ^ Vgl. Munsteriana, 768: Verstpelles ... Iudaei . . . deblaterans. Dit is duidelik dat Calvyn vir sy kommentaar van hierdie Bybel gebruik gemaak het. Dit blyk ook uit die kommentaar op Ex. 3:15 (kyk n. 68).
  64. ^ Jer. 23:6.
  65. ^ (Ex. 3:15): Munsteriana, 116: Sum qui sumo Kyk ook Munsteriana, 117, n.f,
  66. ^ Vgl. Munsteriana, 122-123: lehovah.
  67. ^ Jes. 42:8.
  68. ^ (Eseg. 48:35; Ter. 23:6); Munsteriana, 1059 (aant, 900, b).
  69. ^ Ex. 17:15 Vg.; Munsteriana, 147, n.f,
  70. ^ Jer. 33:16
  71. ^ Rigt. 6 en 7.
  72. ^ Rigt. 13:16.
  73. ^ (Rigt. 13:20).
  74. ^ Rigt. 13:22, 23.
  75. ^ Rigt. 13:18.
  76. ^ Servet se naam word hier vir die eerste keer eksplisiet genoem.
  77. ^ Justinus, Diatogus cum Trypbone Judaeo 56,58, 127 (MPG 6:595 e.v.; 606 e.v.; 771 e.v.), Tertullianus, Adversus Marcionem 3.9 (MPL3:333; eest 1:519-521; CSEL 47:391).
  78. ^ Hosea 12:5 (12:6).
  79. ^ Gen. 32:29.
  80. ^ Gen. 32:30.
  81. ^ 1 Kor. 10:4. Vgl. Inst. 1.14.9 en Calvyn, Commentarii in Acta Apostolorum, 7:30 (OC 48:143-145).
  82. ^ (Sag, 2:3-5).
  83. ^ Jes. 25:9.
  84. ^ Mal. 3:1.
  85. ^ Jes. 8:14.
  86. ^ Rom. 9:23 (9:32, 33).
  87. ^ Rom. 14:10.
  88. ^ Jes. 45:23.
  89. ^ Ef. 4:8; Ps. 67:19 (Afr. 68:19).
  90. ^ Joh. 1:14; Jes. 6:1.
  91. ^ Hebr. 1:10,6 (Ps. 102:26 en 97:7).
  92. ^ (Ps. 102:14).
  93. ^ (Ps. 97:1).
  94. ^ Joh. 1:1, 14.
  95. ^ 2 Kor. 5:10.
  96. ^ Rom. 9:5.
  97. ^ 1 Tim. 3:16.
  98. ^ 1 Tim. 1:17.
  99. ^ Fil. 2:6.
  100. ^ 1 Joh. 5:20
  101. ^ 1 Kor. 8:5 (8:6).
  102. ^ 1 Tim. 3:16.
  103. ^ Hand. 20:28.
  104. ^ Joh. 20:28.
  105. ^ Joh. 5:17 (5:18).
  106. ^ Joh. 5:18.
  107. ^ Hebr. 1:3.
  108. ^ Jes. 43:25.
  109. ^ Matt. 9:6.
  110. ^ Matt. 9:4 (9:2-6).
  111. ^ Man. 10:8; Mark. 3:15 en 6:7.
  112. ^ Hand. 3:6.
  113. ^ Joh. 5:36; 10:37; 14:11
  114. ^ Servet, De Trin. error. 3:77 e.v.
  115. ^ Matt. 19:17.
  116. ^ Joh. 1:4.
  117. ^ Joh. 14:1.
  118. ^ Rom. 10:11 (Jes. 28:16).
  119. ^ Rom. 15:12; Jes. 11:10: 26:16 (11:1; verkeerdelik 26:16)
  120. ^ (Joh. 6:47).
  121. ^ Joël 2:32.
  122. ^ Spr. 18:10.
  123. ^ Hand. 7:59.
  124. ^ Hand. 9:13.
  125. ^ (Kol. 2:9).
  126. ^ 1 Kor. 2:2.
  127. ^ Jer. 9:24.
  128. ^ (Rom, 1:7; 1 Kor. 1:3; 2 Kor. 1:2; Gal. 1:3, ens.)
  129. ^ Inst. 1.2.1; Calvyn, Adversus Caroli columntas (OC 7:312 e.v.): Melanchthon, Loci communes: Mysteria diuinitatis rectius adorauerimus quam uestigauerimus (CR 21:84).
  130. ^ Gen. 1:2.
  131. ^ Jes. 48:16.
  132. ^ 1 Kor. 2:10, 16.
  133. ^ 1 Kor. 12:10.
  134. ^ Ex. 4:11.
  135. ^ (1 Kor. 12:4).
  136. ^ 1 Kor. 12:11.
  137. ^ Hypostatice.
  138. ^ 1 Kor. 3:17; 6:19; 2 Kor. 6:16.
  139. ^ Augustinus, Ep. 170.2 (ad Maximum medicum), verkeerdelik marginaal as ep. 66 aangedui (MPL 33:749).
  140. ^ Hand. 5:3,4.
  141. ^ Jes. 6:9.
  142. ^ Hand. 28:25, 26.
  143. ^ Jes. 63:10.
  144. ^ Matt. 12:31; Mark. 3:29; Luk. 12:10.
  145. ^ Ps. 33:6.
  146. ^ Jes. 11:4.
  147. ^ Ef. 4:5.
  148. ^ Matt. 28:19.
  149. ^ Augustinus, De haeresibus 49 (MPL 42:39).
  150. ^ Ibid., De haer. 52 (MPL 42:39). Die Macedoniane is so genoem na hulle leier, Macedonius, wat in 341 tot biskop van Konstantinopel verkies is. Hulle kon hulle nie met die belydenis van Nicea verenig nie en het die Godheid van die Gees ontken. Hierdie half-Artane is heftig deur die Kappadosiërs bestry, en hulle leer is op die Konsilie van Konstantinopel (381) veroordeel. Kort daarna 'het hierdie groep verdwyn (RPTK 12:41-48; CE 4:50; ML8:297).
  151. ^ 1 Kor. 12:11.
  152. ^ Gregorius Theologus, Oratio 41: In sanctum baptistnam (MPG 36:417-418).
  153. ^ Servet, De Trin. error. 1.6 a, 29 a, b; 4.85 h.; Dial. de Trin. 1. A 4 a, e.v.
  154. ^ Joh. 5:32; 8:16 (8:18) en elders.
  155. ^ (Hebr. 11:3).
  156. ^ Servet. De Trin. error. 1:7 a, b.
  157. ^ Joh. 1:18.
  158. ^ Joh. 14:6; 14:16; 15:26.
  159. ^ Augustinus, De fide et symbolo 9.17 (MPL 40:189-190); ibid., De Trinitate 6.1 (MPL 42:923-924); Tertullianus; Adv. Praxean 8.5, 6 (CCSL 2:1168); Cyrillus Alexandrinus, De sancta et consubstantiali Trinitate diatogus 3 (MGP 75:806,810).
  160. ^ Vgl. Inst. 1.13.25.
  161. ^ (Rom. 8:9, 11).
  162. ^ 2 Petr. 1:21 (1 Petr. 1:11).
  163. ^ Joh. 14:10.
  164. ^ Marg. Augustinus, Homil. de temp. 38. De Trinit & col. ad Pascentium, Epist. 174. Cyril. lib. 7 de Trinit. Idem lib. 3. Dialog. Aug. in Psalmum 109, et Tract. in lohan. 39 Aug. In Psalmum 68. 'n Deel van Alcuinus se werk oor die Triniteit, getitel De fide sanctae Trinitatis, is vroeër onder die naam en die werke van Augustinus opgeneem en was bekend as Homilia de tempore 38 de Trinitate et columba, waarna Calvyn hier in die 1559-uitgawe marginaal verwys (vgl. OS 3:133, n. 1). Vir Alcuinus se werk kykMPL 101:9-64. Cyrillus Alexandrinus, De sancta et consubstantiali Trinitate diatogus 3, 7 (MPL 75:787 e.v.; 1075 e.v.). Augustinus, Enarr. in Ps. 109:3 (MPL 37:1457); ibid., Enarr. in Ps. 68:3 (Sermo 1.5 - MPL36:895; CCSL39:905-907); aangedui volgens Vg. Afr.: Ps. 69:3 en Ps. 110:3 respektiewelik. Augustinus, In foa nnis Buangelium tractatus39 (MPL35:1682 e.v.; CCSL36:345); ibid., De Trinitate 4.21.32 (MPL 42:911).
  165. ^ Calvyn trek hier teen die anti-Trinitariërs en in besonder teen Georgio Blandrata te velde. Dit blyk ook uit die ooreenkoms tussen hierdie onderafdeling en die antwoorde wat hy so vroeg as 1557 op 'n reeks vrae aan Blandrata verstrek het. Kyk Calvyn, Ad quaestiones Georgii Blandratae responsum (OC 9:321 - 332); Ep. 2871: Blandrata Calvino (OC 17:169-171).
  166. ^ Ep. 2871 (OC 17:169 - 171).
  167. ^ Ibid. (OC 17:170).
  168. ^ 2 Kor. 12:9 (12:8).
  169. ^ (2 Kor. 12:9).
  170. ^ Ep. 2871 (OC 17:170).
  171. ^ KUPLOÇ.
  172. ^ Hand. 2:16 - 21; Joël 2:28 (2:28 - 32).
  173. ^ Joh. 4:24. Vgl. Servet se interpretasie dat God Gees is in sy De Trin. Error. 2:67 a.
  174. ^ Hilarius, De Trinitate 1.18 (MPL 10:38).
  175. ^ Chrysostomos, Homiliae de incomprehensibili Dei natura contra Anomoeos (MPG 48:701 e.v.). In 4.4 (MPG 48:732 e.v.) gee hy 'n uiteensetting van die leer van hierdie Anomiane (of Anorneërs), die konsekwenste groep Ariane (onder die leiding van Aëtius). wat beweer het dat die Vader en die Seun nie dieselfde is nie.
  176. ^ Kyk bv. Augustinus, De haer. 36,41,44, 54 (Resp. MPL 42:32, 34,40).
  177. ^ vgl. Vita, supra p. 8, n.44; p.42, n.190; p.43, n.191; p.47, n.207; Vgl. Calvyn se verdediging teen die dwaling van Servet, Defensio orthodoxae fidei de sacra Trinitate contra prodigiosos errores Michaelis Serveti (OC 8:453-644); Servet se briewe aan Calvyn (OC 8:645-720) en die verloop van die verhoor van Servet (OC 8:721-872).
  178. ^ Servet, Christianismi restitutie. De Trin. 1.31: Athei vere sunt trinitarii omnes.
  179. ^ Ibid., De Trin. error. 1.22 b.
  180. ^ Servet, De Trin. error. 1:21 b, e.v.
  181. ^ Vgl. ibid., De Trin. error. 4:92 b.
  182. ^ AÓYo~. 'Vgl. ook Servet, De Trin. error. 7:111 a.
  183. ^ Joh. 1:1.
  184. ^ • IÖÉa.
  185. ^ Joh. 17:5.
  186. ^ Servet, De Trin. error. 4.88 a, 7:113 b.
  187. ^ Gen. 1:2.
  188. ^ Accidentia, wat van proprietates onderskei moet word; vgl. Servet, De Trin. error. 6:106 b.
  189. ^ Servet, De Trin. error. 4:92 b.
  190. ^ Calvyn gebruik die woorde coaeternus en consubstaritialisom Servet se standpunt weer te gee. Servet het "inderdaad hierdie terminologie van die Konsilie van Nicea (Mansi 2:66e.v.), van Konstantinopel (Mansi 3:566 e.v.) asook van die Athanasium (art. 6., vgl. Creeds, 1:66 e.v.) gebruik.
  191. ^ Die verwysing is na Gentilis, Blandrata, Alciati en Gribaldi. Vgl. Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta et palam traducta (Oe 9:365 - 384). Kyk ook Calvyn, Ad quaestiones Georgii Blandratae responsum (Oe 9:321 - 332); OS 3:139, n. 5 en Fazy, Procès de Valentin Gentilis, 64 e.v.
  192. ^ Confessic Valentini Gentilis (oe 9:389); Altera confessio eiusdem (OC 9:389 - 390).
  193. ^ Calvyn, Impietas Valentint Gentilis detecta (OC 9:392).
  194. ^ Essentiator.
  195. ^ Calvyn, loc. cit. (OC 9:390).
  196. ^ Ka", t~oxftv.
  197. ^ Calvyn, Impietas Vatentini Gentilis detecta (OC 9:392).
  198. ^ Jes. 6:1.
  199. ^ Joh. 12:41.
  200. ^ Jes. 8:14.
  201. ^ Rom. 9:33.
  202. ^ Jes. 45:23.
  203. ^ Rom. 14:11 (14:10).
  204. ^ Hebr. 1:10, 6; Ps. 102:26.
  205. ^ Ps. 97:7.
  206. ^ Gentilis, Altera confessio (OC 9:390).
  207. ^ Jes. 44:6.
  208. ^ Jer. 10:11.
  209. ^ Gentilis, loc. cit. (OC 9:390).
  210. ^ Ibid. (OC 9:390-391).
  211. ^ Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:382, Prothesis 36, 37).
  212. ^ Ibid. (OC 9:396). Calvyn volg hier die redenasie van Tertullianus; kyk Tertullianus, Adv. Prax. (CCSL2:1159 - 1205), veral hfst. 9 en 13 (MPL2:187 -188; 192 -194; eest 2:11681169; 1175).
  213. ^ Ex. 3:14.
  214. ^ Ep. 2871: Blandrata Calvino (OC 17:169-171).
  215. ^ Inst. 1.13.26; 2.12 e.v.
  216. ^ Matt. 19:17.
  217. ^ 1 Tim. 1:17 (Rom. 3:4; 16:27)
  218. ^ Fil. 2:10.
  219. ^ (Ex. 20:3).
  220. ^ Jes. 44:6.
  221. ^ Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:382, 383, Prothesis 39,40).
  222. ^ Fil. 2:6, 7.
  223. ^ (Ps. 17:11 Vg. -Afr.: 18:11; 79:2 Vg. -Afr.: 80:2; 98:1 Vg. -Afr.: 99:1; 46:8Vg. Diapsalma Afr - 47:8).
  224. ^ Jes. 25:9.
  225. ^ Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (Oe 9:376, Prothesis 16).
  226. ^ Gentilis, Confessio fidei in Italica ecclesia (OC 9:387, 388); ibid., A/tera Confessio (OC 9:389-391).
  227. ^ Ep. 2018: Gribaldus Fratribus Italis (OC15:246-248); Ep. 2871: Blandrata Caluino (OC 17:169-171).
  228. ^ Gen. 1:26. Calvyn dink hier aan die Jade se verklaring van die woord beeld (kyk Munsteriana, p. 2; p. 4, noot m: faciemus hominem).
  229. ^ Joh. 4:24.
  230. ^ Eintlik gaan dit vooraf: Joh. 4:23.
  231. ^ Individua (ondeelbaar). Calvyn wil waarskynlik hier die onhoudbaarheid van hulle standpunt aandut dat 'ondeelbare voorwerpe' tog in die Wese deel.
  232. ^ Gentilis, Altera confessio (OC 9:390).
  233. ^ Inst. 1.13.18.
  234. ^ Die beskuldiging van 'n vier-eenheidsleer is reeds deur Vincentius van Lerins teen Nestorius gerig. Kyk sy Commonitorium primum 15: Anathema Nestorio neganti ex Virgine Deum natum, ... et explosa Trinitatis fide, quaternitatem nobis introducenti (MPL 50:659). Die res van die argument van Calvyn is op hierdie stelling van Gentilis gebou. Vgl. Gentilis, op. cit.: Sequitur ergo quaternitas, non Trinitas (OC 9:390)
  235. ^ Vgl. dieselfde terme abstrahere, abstractum, deriuatio en deriuatioe in Inst. 1.13.23.
  236. ^ Die Franse teks lui soos volg: Car Ie Pils a quelque estre, ou il n 'en a point. S'il en a, voilà deux essences pour iouster I 'une contre I 'autre, s'il n 'en a point, ce ne seroit qu 'une ombre (Benoit 1:178)
  237. ^ Gentilis, Altera Confessio. Hierdie en verskeie ander argumente uit hierdie onderafdelling kan in die belydenisse van Gentilis teruggevind word (Oe 9:389 e.v.). Vgl. ook Fazy, Procès de Vatentin Gentilis, 64 e.v.
  238. ^ Inst. 1.13.20, 23.
  239. ^ Joh. 17:3.
  240. ^ (Hebr. 2:9; 1: 10).
  241. ^ Joh. 16:7 (14:28).
  242. ^ 1 Kor. 15:24 (15:28).
  243. ^ Joh. 1:1. Vgl. Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:382, Prothesis, 39).
  244. ^ Calvyn verwys hier in besonder na Gentilis. Vir Gentilis se aanhalings uit Irenaeus, kyk Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:394-396). Gentilis siteer uit Irenaeu se Contra haereses libri quinque, waarvan die volledige teks in MPG 7,1:433 - 7,2:1226 opgeneem is. Gentilis se verwysings is waarskynIik uit 'n konternporêre uitgawe geneem. So is sy eerste verwysing na boek 1.22.1 van Irenaeus se werk volgens 'n uitgawe van daardie tyd op fol. 47 a, wat ooreenstem met MPG 7,1:669. Syverwysing na boek 3.6.4 (fol. 145) stem behoudens enkele teksvariasies met MPG 7,1:863 ooreen.
  245. ^ Phrenetici verwys na die aanhangers van Valentinus, 'n invloedryke groep gnostici van die 2de eeu (RPTK 20:395-417; CE 6:448). Irenaeus is een van die belangrikste bronne van kennis in verband met hierdie dwaalleer. Vgl. ook Augustinus, De haeresibus 11-13 reest 46:295-296).
  246. ^ Irenaeus, Contra baer 3.6.1. e.v. (MpG 7, 1:860).
  247. ^ Tans 2.27.2 (MPG 7,1:803); vgl. ook Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:408).
  248. ^ Irenaeus, Contra haer. 2.27.2 (MPG 7,1:803). Calvyn siteer volgens die uitgawe van Erasmus (Basel, 1526) waar hierdie gedeelte as boek 2.46 aangegee word. Calvyn se weerlegging van Gentilis se dwaling in sy Impietas Valentini Gentilis detecta kom grootliks ooreen met hierdie gedeelte van die Institusie.
  249. ^ Marg. Lib. 3 cap. 9. Irenaeus, Contra haer 3.9.1. e.v. (MPG 7, 1:868).
  250. ^ Ibid. 3.16.5 (MPG 7,1:924B,C) - ibid. 3.12.13 (MPG 7,1:907).
  251. ^ Ibid. 3.15.3 (MPG 7,1:919).
  252. ^ (Hab. 3:3); Irenaeus, ibid. 3.16.7 (MPG 7,1:926); en 3.20.4 (MPG 7,1:945). Dit verskil van wat marginaal as hoofstukke 18 en 23 aangedui word.
  253. ^ Ibid. 4.5.2. (MPG 7,1:984). Let weer op die verskil in die aanduidins van die hoofstuk.
  254. ^ Ibid. 4.5.3 (MPG 7,1:985).
  255. ^ Calvyn, Impietas Valentini Gentilis detecta (OC 9:396-398).
  256. ^ Tertullianus, Adv. Prax. 2: ... Patrem et Filium et Spirttum, tres autem non statu sed gradu, nee substantia sedforma, nec po testate sed specie . . . (MPL 2:180; CCSL 2:1161). Calvyn gebruik hier serie in plaas van specie.
  257. ^ Tertullianus, Adv. Prax. 7 (CCSL, 2:1165-1167; MPL 2:184-186).
  258. ^ Ibid. 9 (CCSL 2:1168-1169; MPL 2:187-188).
  259. ^ Ibid. 14,15 (CeSL 2:1176-1180; MPL 2:194-198).
  260. ^ Ibid. 18 (CCSL 2:1183-1184; MPL 2:200-201).
  261. ^ Ibid. 20 (CCSL 2:1186; MPL 2:202-203).
  262. ^ Ibid. 3 (CCSL 2:1161-1162; MPL 2:180-182).
  263. ^ Ibid. 1.2 et passim (CCSL 2:1159-1160; MPL 2:177-180).
  264. ^ Ibid. 11 (CCSL 2:1170-1172; MPL 2:189-191).
  265. ^ Ibid. 9,26 (CCSL 2:1168··1169; 1196-1198; MPL 2:187-188; 212-213).
  266. ^ Ibid. 3 (CCSL 2:1161-1162; MPL 2:180-182).
  267. ^ Ibid. 23 (CCSL 2:1192; MPL 2:208-209).
  268. ^ .Benewens die getuienis van Irenaeus en Tertullianus het die Antitrinitariërs ook van die geskrifte van ander Kerkvaders gebruik maak. Vgl. Bp. 2871 (OC 17:171).
  269. ^ Justinus Martyr, Apologia 1.6, 13, 23 et passim. Servet verwys ook na Justinus se werk in Christianismi Restitutio: De Trin. 1.33.
  270. ^ Hilarius van Poitiers, De Trin. 1.5 (MPL 10:28); ibid. 2.6 (MPL 10:55). Die hele argument gaan teen die Ariane (kyk MPL 10:11).
  271. ^ Quadragesima of ieiunium quadragesimale. Dit sien op die veertigdaagse vas voor Paasryd (Lent). Hierdie woord is uit die Oud-Germaanse Langiz, Lenz. Dit is na Lents herlei om dit van ander Roomse vasrye te onderskei. Vgl. MPL Supplementum 2:1190 vir 'n preek van Pseudo-Augustinus in verband hiermee
  272. ^ Calvyn verwys hier na twee uitgawes van die briewe van Ignatius wat in sy tyd in omloop was, nl. 'n uitgawe van Faber Stapuiensis in 1498, en 'n tweede van Symphorinus Champerius van Lyon in 1536, wat albei verskillende valse briewe bevat het. Hieronder was 'n onegte uitgawe van die brief aan die Filippense met die vermaning: "Verag nie die tydperk van 40 dae nie."
  273. ^ Vgl. Mansi 2:635 e.v.
  274. ^ Augustinus, De doctrina christiana 1.5 (MPL 34:21): In Patre unitas, in Pilio aequalitas, in Spiritu sancto unitatts aequalitatisque concordia (In die Vader is die eenheid, in die Seun gelykheid en in die Heilige Gees die harmonie van eenheid en gelykheid).
  275. ^ Augustinus, De Trin. 4.20.29 (MPL 42:908).
  276. ^ Petrus Lombardus, Sententiarum libri quatuor 1.9.10-15 (MPL 192:547-549)~ Lombardus bespreek hier die vraag of die Seun alryd gegenereer word en verwys na Gregorius, Origenes en Hilarius. Calvyn het hier 'n interessante en lang bespreking in verband met die voortdurende generering van die Seun deur die Vader, wat hy sedert 1541 tot 1557 in die Institusie opgeneem het, weggelaat.