Die sedewet met sy beloftes en dreigemente leer ons wat die ware diens aan God behels en wys ons ons sondigheid aan. Daardeur leer ons volmaakte geregtigheid. Die wet van God reël nie net die uitwendige lewe nie, maar lê beslag op die héle lewe. Christus, as die beste Uitlegger van die wet, het die Fariseërs se verdraaide vertolking daarvan weerlê.

God het die wet in twee tafels verdeel. Verskeie oortedings word onder een gebod groepeer – daar is altyd meer wat gebied en verbied word as wat die woorde weergee. Vervolgens bespreek Calvyn elke gebod van die tien gebooie afsonderlik. Die wet, ja meer nog, die hele Heilige Skrif toon ons sondes aan.

Barmhartigheid, reg en geloof is die belangrikste werke van die wet. Liefde vir God en liefde vir die naaste is die vervulling van die wet.

1984. 64 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 8 ‘n Verduideliking van die Sedewet

1. 'n Inleiding tot die bespreking van die Wet en 'n bepaling van die plek wat dit inneem om God en onsself te ken.🔗

Na my mening sal dit nie onvanpas wees om hier die tien gebooie van die wet met 'n kort verklaring daarvan in te voeg nie. Daaruit sal immers duideliker blyk wat ek reeds aangeroer het,1 naamlik dat die diens van God wat Hy eenmaal voorgeskryf het, nou nog geld. Voorts sal daarby ook 'n bevestiging van die tweede onderafdeling kom, naamlik dat die Jode nie alleen daaruit geleer het wat die basis van ware godsvrug is nie, maar aangesien hulle bemerk het dat hulle nie opgewasse is om dit te onderhou nie, deur die vrees vir sy oordeel onderwerp is om teen wil en dank na die Middelaar getrek te word. Voorts het ons in die verklaring van 'n samevatting van die dinge wat vereis word om God waarlik te ken, geleer dat Hy nie deur ons na sy grootheid begryp kan word sonder dat sy majesteit, wat ons dwing om Hom te dien, ons dadelik teëkom nie.2 Sover dit die kennis van onsself aangaan, het ons as die belangrikste punt gestel dat ons van die indruk van eie krag beroof en van die vertroue op ons eie geregtigheid ontbloot moet word. Daarenteen moet ons deur die besefvan ons eie behoeftigheid verbreek en verbrysel word en ware ootmoed en selfverloëning leer.3

Die Here voer albei hiervan in sy wet uit wanneer Hy ten eerste vir Homself die regmatige bevoegdheid opgeëis het om ons te gebied, ons roep om sy Goddelike mag te eerbiedig en aan ons voorskryf waarin dit geleë en gesetel is. Daarin kondig Hy ten tweede die reël van sy geregtigheid af. Nogtans weerstrewe ons verstand wat boos en verwronge is, die opregtheid daarvan gedurig, en ons verrnoë om die volmaaktheid daarvan te bereik is ver buite ons mag, omdat ons verrnoë swak en kragteloos is om die goeie te doen. Daarom kla die reël ons aan van magteloosheid en ongeregtigheid.

Verder sê die inwendige wet,4 waarvan ons tevore gesê het5 dat dit op die harte van alle mense ingegraveer en afgedruk is, juis die dinge wat ons uit die twee tafels van die wet moet leer, op die een of ander wyse aan ons voor. Want ons gewete laat ons nie toe om 'n ewige slaap sonder gevoel te slaap sonder dat dit vir ons 'n getuie en vermaner is van die dinge wat ons aan God verskuldig is, en die onderskeid tussen goed en kwaad aan ons voorhou en ons sodoende aankla wanneer ons van ons plig afwyk nie. Omdat die mens deur 'n wolk van dwalinge omhul is, proe hy deur die natuurwet skaars effens aan die diens wat God behaag. Hy is trouens ver weg van die ware wyse waarop hy God moet dien. Bowendien is hy as geyolg van sy verwaandheid en hoogmoed so opgeswel en deur sy liefde vir homself so verblind dat hy homself nog nie kan ondersoek of in homself kan neerdaal om te leer dat hy hom moet onderwerp en verneder en sy eie ellende moet erken nie. Daarom het die Here 'n geskrewe wet aan ons voorgelê, omdat dit vir ons  stompsinnigheid en weerspannigheid noodsaaklik was om met groter sekerheid te getuig oor dit wat in die natuurwet effens vaag was, en om ons verstand en geheue lewendiger te tref wanneer dit ons ongevoeligheid van ons afgeskud het.

2. Die Wet leer ons wat die Ware Diens van God behels: om Hom in Liefde, Eerbied en Vrees te gehoorsaam.🔗

Nou is dit maklik om te begryp wat ons uit die wet moet leer, naamlik dat God, soos Hy ons Skepper is, so ook met reg die plek van 'n vader en eienaar teenoor ons beklee en dat heerlikheid, eerbied, liefde en vrees daarom deur ons aan Hom verskuldig is. Ja, dat ons nie die reg het om alles waartoe die begeerte van ons gemoed ons aanpor, te doen nie, maar dat ons van sy wil afhanklik is en slegs moet bly in dit wat Hom behaag; en verder dat Hy geregtigheid en reg ter harte neem maar ongeregtigheid verafsku. As ons dus nie uit goddelose ondankbaarheid van ons Skepper afvallig wil word nie, moet ons ons hele lewe lank noodwendig geregtigheid beoefen. Want as ons eers dan aan Hom die eerbied betoon wat ons betaam, wanneer ons sy wil bo ons eie stel, dan volg daaruit dat die diens wat Hom toekom, net daarin bestaan om geregtigheid, heiligheid en reinheid te beoefen. Ons mag ook nie die verskoning voorhou dat ons nie die vermoë daarvoor het nie en dat ons soos uitgemergelde skuldenaars nie kan betaal nie. Want dit betaam ons nie om die heerlikheid van God aan ons eie vermoë te meet nie. Want hoedanig ons ook al mag wees, Hy bly altyd dieselfde - 'n vriend van geregtigheid en 'n vyand van ongeregtigheid. As gevolg van die verpltgting van ons natuur bly dit noodsaaklik dat ons Hom in alles wat Hy van ons eis, moet gehoorsaam, omdat Hy niks anders as dit wat reg is, van ons kan eis nie. Dit is ons eie gebrek dat ons dit nie kan doen nie. Want as ons deur ons eie begeerte, waarin die sonde heers,6 gevange gehou word sodat ons nie vry is om ons Vader te gehoorsaam nie, is daar geen rede waarom ons noodsaaklikheid, as verdediging vir ons sondes waarvan die kwaad binne-in ons is en aan ons toegeskryf moet word, sou aanvoer nie.

3. Die Wet leer ons om onsself te ken as onregverdige en kragtelose sondaars wat hulle hulp alleen in God se Barmhartigheid moet soek.🔗

Wanneer ons deur die onderwysing van die wet so ver gevorder het, moet ons met dieselfde wet as leermeester na onsselfkeer. Daaruit moet ons twee aspekte onder die aandag bring: Ten eerste, wanneer ons die geregtigheid van die wet met ons lewe vergelyk, is dit ver daarvan dat ons aan die wil van God beantwoord. Daarom is ons nie waardig om ons plek onder sy skepsels te behou nie - nog minder om as sy kinders gereken te word. Wanneer ons in die tweede plek ons kragte bereken, vind ons dat dit nie alleen onopgewasse is om die wet te volbring nie maar dat ons hoegenaamd geen kragte daarvoor het nie. Hieruit volg  noodwendig wantroue in ons eie krag sowel as angs en vrees in ons gemoed. Want ons gewete is nie in staat om die las van ons ongeregtigheid te dra sonder dat die oordeel van God weldra voor ons opdoem nie. Ons gewete kan die oordeel van God trouens nie aanvoel sonder dat dit die skrik vir die dood by ons inboesem nie. Wanneer ons gewete net so deur die bewyse van eie magteloosheid gedwing word, kan dit nie anders as om dadelik aan eie kragte te wanhoop nie. Albei die geestesgesteldhede skep ootmoed en verslaenheid. Die gevolg daarvan is uiteindelik dat die mens deur die gevoel van die ewige dood, wat, soos hy sien, vanweë die verdienste van sy ongeregtigheid dreigend oor hom hang, skrikbevange word en hom tot die barmhartigheid van God alleen wend soos na die enigste hawe van sy saligheid, sodat wanneer hy verder voel dat hy nie die verrnoë het om te vereffen wat hy aan die wet verskuldig is nie, en hyalle hoop in homself laat vaar, hyweer asem skep om hulp van elders te vra en af te wag.

4. Die Wet het beloftes sowel as dreigemente.🔗

Maar die Here is nie daarmee tevrede om net eerbied vir sy geregtigheid te wen nie. Om ons harte met liefde vir Hom en tegelyk met haat teenoor die ongeregtigheid te deurdrenk, het Hy ook beloftes en dreigemente bygevoeg. Omdat ons begripsverrnoë te kortsigtig is om deur die aantreklikheid van die goeie beïnvloed te word, was dit die genadige Vader se wil om ons na sy sagmoedigheid met die aanloklikheid van belonings te lok om Hom lief te hê en Hom te soek. Hy verklaar daarom dat daar belonings vir deug by Hom weggebêre is en dat die moeite van die mens wat sy gebooie gehoorsaam, nie tevergeefs sal wees nie. Aan die ander kant verorden Hy dat ongeregtigheid nie alleen vir Hom vervloek is nie maar dat dit nie ongestraf sal bly nie, omdat Hy self die minagting van sy majesteit sal wreek. Om ons met allerlei middele daartoe aan te spoor belowe Hy seëninge vir die huidige lewe sowel as die ewige geluksaligheid aan die mense wat sy gebooie gehoorsaam het. Maar nie minder nie dreig Hy oortreders daarvan met teenspoed in hulle lewens en met die straf van die ewige dood. Want die belofte: "Hy wat hierdie insettinge doen, sal daardeur lewe."7 en die dreigement wat daarmee ooreenstem: "Die siel wat sondig, sal sterf",8 is ongetwyfeld gerig of op die toekomstige onsterflikheid of op die dood wat nooit tot 'n einde sal kom nie. Oral waar die goedgunstigheid of die toorn van God vermeld word, word die ewige lewe trouens onder eersgenoemde en die ewige verderf onder laasgenoemde ingesluit. In die wet word immers 'n lang lys seëninge en vervloekinge in die huidige lewe opgenoern.9

In die strafbepalings van die wet kom die hoogste reinheid van God, wat  geen ongeregtigheid kan verdra nie, na vore; in sy beloftes weer word sy wonderlike goedheid benewens sy uiterste liefde vir geregtigheid, wat Hy nie onbeloon laat nie, bewys. Aangesien ons met alles wat ons het, diep skuldig is teenoor sy majesteit, eis Hy met die hoogste reg daar toe alles wat Hy van ons verlang, net asof Hy dit wat aan Hom verskuldig is, opeis. Die betaling van ons skuld verdien egter geen beloning nie. Hy doen dus afstand van sy reg wanneer Hy 'n beloning voorhou vir ons gehoorsaamheid wat ons nie vanself as iets wat ons nie verskuldig is nie, aan Hom betoon. Ons het alreeds ten dele gesê watter voordele sy beloftes op sigself vir ons inhou,10 en dit sal gedeeltelik nog duideliker word op die regte plek daarvoor.11 Vir die huidige is dit genoeg as ons onthou en daaroor nadink dat daar in die beloftes van die wet nie maar 'n alledaagse aanprysing van geregtigheid is nie. Die doel daarvan is dat dit duideliker kan word hoeveel behae God in die onderhouding daarvan het. Ons moet verder in gedagte hou dat die strafbepalings van die wet tot 'n groter vervloeking van ongeregtigheid ingestel is, sodat 'n sondaar nie deur die aantreklikheid van sy ondeugde beskonke word en die oordeel van die Wetgewer wat op hom wag, vergeet nie.

5. God het die Wet aan ons gegee om ons volmaakte geregtigheid te leer.🔗

Toe die Here die reël van volmaakte geregtigheid aan ons wou oorlewer, het Hy dit in alle opsigte na sy wil geskik. Daardeur word aangedui dat niks vir Hom behaagliker is as gehoorsaamheid nie. Ons moet dit daarom met groter sorgvuldigheid onderhou, omdat die losbandigheid van die mens se verstand baie geneig is om altyd weer verskillende godsdienste uit te dink om beloning van Hom te verdien.12 Want hierdie  oneerbiedige gekunsteldheid van godsdiens het homself in alle eeue geopenbaar en openbaar hom selfs nou nog, omdat gekunstelde godsdiens van nature in die mens se verstand gevestig is. Die mens begeer immers nog steeds om 'n metode uit te dink om geregtigheid sonder die Woord van God te verkry. Dit is waarom die voorskrifte van die wet 'nbaie beperkte ruimte inneem onder die werke wat algemeen as goeie werke beskou word, terwyl die ontelbare menigte voorskrifte van die mens feitlik die hele gebied beset. Waarvoor het Moses hom trouens beywer anders as om 'n begeerte van hierdie aard aan bande te lê toe hy na die afkondiging van die wet soos volg by die volk aangedring het: "Onderhou en luister na al die dinge wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders na jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en behaaglik is voor jou God. Alles wat ek jou beveel, dit alleen moet jy doen: jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie"?13 En nadat hy tevore betuig het dat dit die wysheid en verstand van die volk voor die oë van ander volkere is dat hulle oordele, geregtigheid en seremonies van die Here ontvang het, voeg hy by. "Neem jouselfen jou siel dus sorgvuldig in ag dat jy die dinge wat jou oë gesien het, nie vergeet nie en dat hulle uit jou hart nie wyk nie."14 Omdat God natuurlik kon voorsien dat die Israeliete nie sou rus sonder om, nadat hulle die wet ontvang het, daarbenewens nuwe geregtighede voort te bring as hulle nie streng beteuel sou word nie, verklaar Hy dat die volmaaktheid van die geregtigheid hierin saamgevat is. Dit moes vir hulle die kragtigste teuel gewees het, en tog het hulle nie afgesien van die vermetelheid wat so streng verbied is nie.

Wat het dit nou met ons te doen? Ons word gewis deur dieselfde woorde gebind, want daar kan geen twyfel daaroor bestaan dat dit vir ewig geld dat die Here vir sy wet die volkome leer van geregtigheid opgeëis het nie. Tog is ons nie daarmee tevrede nie en ons swoeg ewe braaf om die een goeie werk na die ander te versin en te smee. Die beste middel om die gebrek te genees sal wees as hierdie gedagte pal by ons gevestig is dat die wet deur God aan ons gegee is om ons die volmaakte geregtigheid te leer en dat daar in die wet geen ander geregtighejd geleer word nie as die geregtigheid wat na die voorskrif van God se wil geëis word.

Ons moet weet dat ons verniet nuwe vorms van werke aanpak om iets by God te verdien, omdat sy regmatige diens slegs in gehoorsaamheid bestaan; ja, dat die ywer vir goeie werke wat buite die wet van God afdwaal, eerder 'n ontheiliging van die Goddelike en ware geregtigheid is, wat nie verdra moet word nie. Baie waar noem Augustinus die gehoorsaamheid wat aan God betoon word, soms die moeder en bewaker van al die deugde en dan weer die oorsprong daarvan.15

6. Die Wet van God is nie net daarop gemik om die Uitwendige Lewe te reël nie maar lê beslag op die mens se Hele Lewe.🔗

Wanneer ons die wet van die Here verduidelik het, sal dit wat ek voorheen in verband met die funksie en toepassing daarvan gesê het,16 eers pasliker en met groter vrug bevestig word. Maar voordat ons begin om elke hoofpunt daarvan afsonderlik te behandel, is dit die moeite werd om vooraf die dinge te begryp wat tot die algemene kennis daarvan bydra. Aanvanklik moet ons vasstel dat die lewe van die mens in die wet gevorm word nie alleen met die oog op uitwendige eerbaarheid nie maar ook met die oog op innerlike en geestelike geregtigheid.17 Hoewel niemand dit kan ontken nie, is daar egter baie weinig mense wat na behore hierop let. Dit gebeur omdat hulle nie hulle oë op die Wetgewer rig nie. Die aard van die wet moet trouens ook na die natuur van God gewaardeer word. As 'n koning kragtens edik hoerery, moord en diefstal verbied, erken ek wel dat niemand skuldig sal wees as hy slegs begeer om te hoereer, te moor ofte steel sonder dat hy een van die oortredings begaan het nie. Omdat 'n sterflike wetgewer se voorsorg niks verder as uitwendige burgerskap strek nie, word sy interdikte nie geskend tensy oortredings daarvan gepleeg word nie.

Niks ontgaan God se oë egter nie, en Hy is nie soseer besorg oor die uiterlike skyn as oor die reinheid van 'n mens se hart nie. Met die verbod op hoerery, moord en diefstal verbied God dus ook sondige luste, toorn, haat, die begeerte na iemand anders se goed, bedrog en dergelike oortredings. Aangesien God egter 'n geestelike Wetgewer is, spreek Hy tot die siel sowel as tot die liggaam. Die moord wat die siel dus pleeg, is toorn en haat, die diefstal wat dit pleeg, is sondige begeerte en gierigheid, die hoerery wat dit begaan, is die sondige luste daarvan.

Iemand sal sê dat die wette van die mens ook die bedoeling en wil van 'n oortreder in ag neem en nie alleen op die toevallige resultaat van sy optrede let nie.18 Dit erken ek wel, maar dit is slegs die bedoeling en wil wat in die daad na vore kom. Hulle oorweeg met watter gesindheid elke oortreding begaan is, maar hulle ondersoek nie die geheime gedagtes van die oortreder nie. Daarom voldoen iemand aan hulle verordeninge wanneer hy hom slegs van die daadwerklike oortreding daarvan weerhou. Omdat die hemelse wet daarenteen aan ons siele gegee is, is dit in besonder nodig om ons siele in bedwang te hou om dit regmatig te eerbiedig. Terwyl die grootste gros mense heldhaftig voorgee dat hulle die wet nie verag nie, skik hulle hulle oë, voete, hande en al hulle ledemate om 'n mate van eerbiediging aan die wet te betoon, maar hulle harte is intussen van alle gehoorsaamheid daaraan vervreemd. Die mens dink dan dat hy sy plig nagekom het as hy vir mense iets deeglik verberg het wat hy voor die aangesig van God bedryf. Hulle hoor: "Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie". Hulle trek nie hulle swaarde om dood te maak nie, hulle besmet nie hulle liggame met straatvroue nie en hulle slaan hulle hande nie aan die eiendom van iemand anders nie. Alles goed en wel - maar hulle hele gemoed is vol moord; hulle brand van wellus. hulle loer met skelm oë na die goed van almal en verslind dit met hulle begeerte. Hulle het dus steeds 'n gebrek aan die belangrikste eienskap van die wet. Waaruit, vra ek jou, kom so 'n growwe stompsinnigheid anders as uit die feit dat hulle die Wetgewer buite rekening laat en geregtigheid eerder by hulle eie vernuf aanpas? Wanneer Paulus verklaar dat die wet geestelik is, weerlê hy hulle kragtig. Daarmee gee hy te kenne dat die wet nie alleen gehoorsaamheid van siel, verstand en wil vorder nie maar dat dit ook engeIe se reinheid vereis, wat van al die vuilheid van die vlees gewas is en niks anders as 'n geur van die gees het nie.19

7. Christus het die Fariseërs se verdraaide vertolking van die Wet weerlê.🔗

Wanneer ons sê dat dit die betekenis van die wet is, voer ons nie 'n nuwe eie interpretasie in nie, maar ons volg Christus, wat die beste Uitlegger van die wet is. Want toe die Fariseërs die volk se gemoed met die verwronge opvatting deursuur het dat iemand die wet volbring wat met sy uiterlike werk geen oortreding daarteen begaan nie, het Hy dit as 'n hoogs gevaarlike dwaling ontmasker.20 Hy verklaar dat dit hoerery is as 'n mens onkuis na 'n vrou kyk; Hy getuig dat elkeen wat sy broer haat, 'n moordenaar is.21 Want Hy vind die mense skuldig voor die gereg wat selfs net toorn bedink. Hy vind hulle skuldig voor die raad as hulle deur te murmureer en te sug slegs die geringste aanduiding van 'n vertoornde gemoed gee. Hy vind hulle die helse vuur skuldig as hulle met skeldwoorde en kwaadwillige gesprekke openlik in toorn uitbars.

Die mense wat hierdie dinge nie kon sien nie, het van Christus 'n tweede Moses gemaak, 'n insteller van die evangeliese wet om die gebrek in die Mosaiese wet aan te vul. Hieruit het die algemene grondstelling in verband met die volmaaktheid van die evangeliese wet ontstaan wat die wet van ouds ver te bowe sou gaan.22 Dit is om baie redes 'n hoogs verderflike opvatting. Want wanneer ons hierna die gebooie kortliks saamvat, sal dit juis uit Moses se boeke duidelik word hoe 'n onwaardige belastering dit op die wet van God inbrand. Dit gee in elk geval te kenne dat die heiligheid van die vaders aan geveinsdheid gegrens het, en dit lei ons weg van die enige en ewige reël van geregtigheid. Dit is egter baie maklik om die dwaling te weerlê. Hulle  meen trouens dat Christus iets by die wet gevoeg het toe Hy slegs die wet in sy ongeskonde toestand herstel het, toe Hy verklaar het dat dit deur die leuens van die Fariseërs verduister en deur hulle suurdeeg besoedel is en Hy dit daarvan gesuiwer het.23

8. Die manier waarop die Wet geinterpreteer moet word.🔗

Ten tweede moet ons daarop let dat daar altyd meer is in dit wat die wet gebied en dit wat dit verbied as wat die woorde weergee. Tog moet ons daarmee behoorlik omgaan sodat dit nie vir ons 'n buigsame reël word,24 waarop ons steun om die Skrif na willekeur te verdraai en daarvan te maak wat ons ook al wil nie. Met so 'n onbeheerste vrysinnigheid om die perke te oorskry, veroorsaak sommige mense dat die gesag van die wet by ander mense goedkoop gemaak word,25 en by nog ander dat die hoop om dit enigsins te verstaan in duie stort. As dit enigsins moontlik is, moet ons 'n weg betree wat ons met reguit en ferm treë na die wil van God kan lei. Ek beklemtoon: ons moet vra hoe ver ons vertolking van die wet die perke van die woorde daarvan moet oorskry, sodat dit duidelik kan wees dat geen aanhangsel uit die kommentaar van die mens aan die wet van God toegevoeg is nie maar dat die suiwer en onvervalste bedoeling van die Wetgewer getrou weergegee word. In feitlik al die gebooie is daar in elk geval soveel duidelike sinekdogeë26 dat iemand wat die betekenis van die wet tot die grense van die woorde daarvan sou wil beperk, bespot sou word.

Dit is duidelik dat 'n nugter interpretasie van die wet verder as die blote woorde daarvan gaan, maar presies hoe ver bly duister tensy bepaalde perke gestel word. Na my mening sal dit die beste perk wees as dit op die rede vir die gebod gerig is, naamlik dat ons in elke gebod afsonderlik moet oorweeg waarom dit aan ons gegee is. Byvoorbeeld: Elke gebod is gebiedend ofverbiedend. As ons op die rede en doel van elke gebod let, kom die ware sin van elkeen ons teë. Die doel van die vyfde gebod is by voorbeeld dat ons die mense moet eer aan wie God eer toegeken het. Hierdie samevatting van die gebod is dus dat dit reg is en God behaag dat ons die mense moet eer aan wie Hy die een of ander hoogheid geskenk, het en dat dit vir Hom 'n gruwel is as ons hulle minag of smaad. Die doel van die eerste gebod is dat net God gedien moet word.27 'n Samevatting van die gebod is dus dat God 'n welgevalle het in ware godsvrug - dit is, in die diens aan sy Goddelike mag - en dat Hy goddeloosheid vervloek. So moet ons in elke gebod afsonderlik ondersoek instel oor die saak waaroor dit handel. Dan moet ons vra na die doel daarvan, totdat ons vind wat dit regtig is waarvan daar getuig word dat dit Hom as Wetgewer behaag of mishaag. Ten laaste moet ons redenasie juis daaruit tot die teendeel lei, soos volg: As dit God behaag, dan mishaag die teendeel Hom. As dit Hom mishaag, dan behaag die teendeel Hom. As Hy dit gebied, dan verbied Hy die teendeel; as Hy dit verbied, gebied Hy die teendeel.

9. Die Doel van 'n gebod toon wat gebied en verbied word.🔗

Dit wat ons nou nog oppervlakkig aanraak, sal by die uiteensetting van die gebooie deur beoefening self baie duidelik word. Daarom is dit genoeg om dit hier oppervlakkig aan te roer, behalwe dat die laaste deel met 'n selfstandige bewys bekragtig moet word, omdat dit andersins nie begryp sou word nie of, as dit dan nog begryp word, miskien eers vreemd sou kon voorkom.

Dit het geen bewys nodig dat, wanneer die goeie gebied word, die kwaad wat daarmee in stryd is, verbied word nie. Almal sou dit immers toegee. Almal sal ook oordeel en aanvaar dat teenoorgestelde pligte gebied word wanneer die slegte verbied word. Dit is ook 'n algemene opvatting dat wanneer deugde aangeprys word, die ondeugde wat daarmee in stryd is, verdoem word. Maar ons eis iets meer as wat sulke formulerings oor die algemeen te kenne gee. Want oor die algemeen interpreteer mense die deug wat met ondeug in stryd is, as 'n weerhouding juis van die ondeug. Ons verklaar dat dit nog verder gaan, naamlik ook tot die teenoorgestelde pligte en dade. Gevolglik sal mense oor die algemeen voel en dink dat daar in die gebod: "Jy mag nie doodslaan nie" niks anders is as net dat hulle hulle van enige wandaad of begeerte om kwaad te doen moet weerhou nie. Sover dit my aangaan, verklaar ek dat daarbenewens ook ingesluit word dat ons die lewe van ons naaste met elke hulpmiddel tot ons beskikking moet ondersteun. En om nie sonder gronde te praat nie bevestig ek my verklaring soos volg: God verbied ons om ons broer skade te berokken of geweld aan te doen, omdat dit sy wil is dat ons broer se lewe vir ons duur en kosbaar moet wees. Hy eis dus terselfdertyd van ons liefdespligte wat tot sy bewaring kan bydra. So kan ons sien hoe die doel van die gebod altyd aan ons voorhou wat ons daar gebied of verbied word om te doen.

10. In Sy Wet groepeer God verskeie oortredings onder een gebod.🔗

Nou ontstaan die vraag waarom God dan so as't ware met halwe gebooie en met sinekdogeë sy wil eerder aandui as om dit uitdruklik te stel. Hoewel ander redes ook gewoonlik hiervoor aangevoer word, geval die volgende my in besonder, naamlik dat die vlees hom altyd inspan om die vuilheid van die sonde te verontskuldig en met indrukwekkende dekmantels te bedek, behalwe waar die vuilheid tasbaar is. Daarom het God dit wat in elke soort oortreding die slegste en skandelikste was, as 'n voorbeeld voorgehou om ons gevoelens by die aanhoor daarvan ook te verskrik om daardeur 'n groter afsku in elke sonde op ons gemoedere af te druk. Dit mislei ons trouens baie dikwels wanneer ons ons ondeugde beoordeel sodat ons dit verklein as dit meer bedek is. Die Here vernietig hierdie drogredenasie wanneer Hy by ons die gewoonte kweek om die hele menigte ondeugde onder hierdie hoofsondes te groepeer wat uitstekend weergee hoeveel afstootlikheid daar in elke soort sonde is. Toorn en haat word byvoorbeeld nie as euwels beskou wat so verfoeilik is wanneer hulle op hulle naam genoem word nie. Maar wanneer dit onder die woord moord vir ons verbied word,28 begryp ons beter hoe 'n groot afsku God daarin het omdat dit volgens sy uitspraak onder so 'n verskriklike oortreding gegroepeerword. Onder invloed van sy oordeel word ons daaraan gewoond om oor die erns van die sondes, wat tevore vir ons maar lig gelyk het, na te dink.

11. Die Betekenis van die verdeling van die Wet in twee tafels🔗

In die derde plek moet ons oorweeg wat die betekenis van die verdeling van die wet van God in twee tafels is.29 Almal wat gesonde verstand het, sal oordeel dat dit nie sonder rede en ondeurdag so dikwels en so plegtig vermeld word nie. Die rede hiervoor is so voor die hand liggend dat dit geen twyfel hieroor by ons toelaat nie. God het sy wet trouens so in twee verdeel. Daarin word die volle geregtigheid ingesluit. Hy het die eerste tafel vir die pligté van eerbiedsbetoon wat in besonder op die diens aan sy Goddelike mag gerig is, bestem en die tweede tafel vir die liefdespligte wat op die medemens gerig is. Diens aan God is trouens die eerste hoeksteen van geregtigheid. As dit vernietig word, word al die ander dele van geregtigheid verskeur en verwoes net soos dele van 'n gebou wat uitrnekaar geskeur word en intuimel. Watter soort geregtigheid is dit in elk geval, sou jy sê, as jy jou medemens nie met diefstal en roof kwel nie maar intussen die majesteit van God deur jou goddelose heiligskennis van sy heerlikheid beroof? As jy jou liggaam nie met hoerery besoedel nie maar intussen die heilige Naam van God met jou laster ontheilig? As jy jou medemens nie verrnoor nie maar jou intussen inspan om die gedagte aan God dood te maak en uit te blus? Daarom loop mense tevergeefs met 'n geregtigheid te koop wat sonder eerbetoon aan God is. Dit bevat niks minder skyn as wanneer hulle met 'n liggaam sonder 'n kop loop en pronk nie.

Godsdiens is nie alleen die belangrikste deel van geregtigheid nie maar ook die siel daarvan waardeur dit ten volle asemhaal en lewe. Want sonder die vrees vir God bewaar mense ook onderling nie billikheid en liefde nie. Diens aan God noem ons dus die bron en fondament van geregtigheid. As dit uit die weg geruim word, is alle billikheid, kuisheid en selfbeheersing wat mense onderling beoefen, leeg en niksseggend voor die aangesig van God. Ons sê dat dit die bron en gees van geregtigheid is, omdat die mens daaruit leer om met selfbeheersing en sonder kwaadwilligheid saam te lewe as hulle God as Regter van reg en onreg eerbiedig. Daarom onderrig Hyons in die eerste tafel tot godsvrug en die pligte wat eie aan eerbiedsbetoon vir Hom is, waardeur sy majesteit gedien moet word.

In die tweede tafel skryf Hy aan ons voor hoe ons ons uit vrese vir sy Naam in die gemeenskap van mense moet gedra. Daarom het ons Here, soos die skrywers van die evangelie ook vertel, die hele wet bondig in twee hoofdeIe saamgevat, naamlik dat ons God van harte, met ons hele siel en met al ons kragte moet liefhê en dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself.30 Nou kan 'n mens sien hoe Hy uit die twee dele waarin Hy die hele wet saamvat, die een op God rig en die tweede vir die mens bestem.

12. Die feit dat die Tien Gebooie in die loop van die geskiedenis verskillend verdeel is, hoef geen geskilpunt te wees nie.🔗

Hoewel die hele wet inderdaad in twee hoofdele saamgevat is, was dit tog ons God se wil om elke dekmantel vir verontskuldiging weg te neem en uitvoeriger en duideliker in tien gebooie alles te verhaal wat tot sy eer, sy vrees en tot sy liefde dien, sowel as alles wat op die liefde betrekking het wat Hy ons beveel om ter wille van Hom aan ons medemens te betoon. In die ondersoek na die verdeling van die gebooie is daar geen bose bedoeling nie, mits 'n mens maar net onthou dat dit een van daardie sake is waarin elkeen se oordeel vry moet wees, sodat ons nie strydlustig met iemand wat anders as ons daaroor voel, daaroor moet baklei nie. Ons moet hierdie onderwerp noodwendig aanroer, sodat lesers die verdeling wat ons gaan stel, nie as iets nuuts of 'n leer wat onlangs uitgedink is, sou bespot of hulle daaroor moet verwonder nie.

Daar kan geen geskil wees daaroor dat die wet in tien gebooie verdeel is nie, omdat dit baie dikwels op gesag van God self bewys word. Daarom gaan die geskil nie oor die getal gebooie nie maar wel oor die wyse van verdeling. Die mense wat die wet so verdeel dat hulle drie gebooie aan die eerste tafel toesê en die oorblywende sewe aan die tweede tafel toeken, skrap die gebod in verband met beelde uit die getal van gebooie of hulle verberg dit in elk geval onder die eerste gebod, hoewel dit ongetwyfeld uitdruklik deur die Here as 'n gebod gestel is. Dan verdeel hulle die tiende gebod, in verband met die begeerte na die eiendom van die naaste, onverstandig in twee gebooie. Hierby kom die feit dat so 'n verdelingsmetode in 'n suiwerder tyd nie bekend was nie, soos weldra verstaan sal word.31

Ander skrywers groepeer wel die eerste vier hoofstukke van die wet soos ons onder die eerste tafel, maar in plaas van die eerste gebod stel hulle 'n belofte sonder 'n gebod.32 Omdat ek slegs deur klaarblyklike getuienis tot die teendeel oorreed sal word, aanvaar ek die tien woorde van Moses as tien gebooie, en my indruk is dat ek net soveel gebooie daarin sien, wat in die pragtigste orde uiteengesit is. Ek laat hulle dus hulle opvatting toe. Ek sal egter 'n uiteensetting volg wat my meer geval, naamlik om dit wat hulle die eerste gebod maak, as 'n voorwoord tot die hele wet te laat dien, en daarop die vier gebooie van die eerste tafel en die ses gebooie van die tweede tafel te laat volg in die volgorde waarin dit behandel sal word.

Origenes het hierdie verdeling geleer sonder dat iemand dit teengestaan het - asof dit in sy tyd algemeen aanvaar is.33 Hiermee stem  Augustinus in sy brief aan Bonifacius ooreen wanneer hy in die weergawe daarvan hierdie volgorde behou, naamlik dat die enige God in gehoorsame eerbiedsbetoon gedien moet word; dat afgode nie aanbid mag word nie, dat die Naam van die Here nie ydellik gebruik mag word nie, aangesien hy vooraf afsonderlik van die gebod in verband met die afskaduwing van die sabbat sou gepraat het.34 Elders staan die eersgenoemde verdeling hom wel aan, maar hy volg dit daar vanweë 'n oppervlakkige rede, naamlik dat in die getal "drie" die geheimenis van die Drie-eenheid duideliker skyn as die eerste tafel van die wet uit drie gebooie saamgestel word.35 Tog verbloem hy daar nie die feit dat ons verdeling hom origens meer geval nie. Behalwe hulle stem die skrywer van die onvoltooide werk oor Mattheüs ook met ons saam.36 Josephus skryf vyf gebooie aan elke tafel van die wet toe. Dit is ongetwyfeld in ooreenstemming met die algemene opvatting van sy tyd.37 Aan die een kant is dit strydig met die rede, omdat hy die onderskeid tussen eerbetoon aan God en liefde teenoor die naaste vermeng, en aan die ander kant word dit weerlê deur die gesag van die Here wanneer Hy volgens Mattheüs die gebod in verband met die eer aan ouers onder die lys van die gebooie in die tweede tafel van die wet stel.38 Maar laat ons nou luister wanneer God in sy eie woorde praat.

Ek is die Here jou God, wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis uitgelei het; jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.39🔗

13. Die Voorwoord tot die Wet🔗

Dit is vir my om't ewe of  'n mens die uitspraak wat aan die gebod voorafgaan, deel van die eerste gebod maak en of jy dit afsonderlik daarvan lees - mits jy maar toegee dat dit as 'n voorwoord vir die hele wet dien. By die indiening van 'n wet moet 'n mens in die eerste plek sorg dra dat dit nie weldra uit minagting afgeskaf word nie. God voorsien dus van die begin af dat die majesteit van die wet wat Hy gaan voorlê, nooit geminag word nie. Om dit te bekragtig maak Hy van drie bewyse gebruik. Hy eis vir Homself die bevoegdheid en die reg om te gebied en sy uitverkore volk te dwing om gehoorsaam te wees. Hy stel verder daarin die belofte van sy genade om sy volk met die aangenaamheid daarvan te 1ok om hulle vir heiligheid te beywer. Hy herinner hulle verder aan sy weldaad om die Jode van hulle ondankbaarheid aan te kla as hulle nie aan sy goedertierenheid sou beantwoord nie.

Met die woord "HERE"40 word sy gesag en wettige heerskappy aangedui. Maar as alle dinge uit Hom alles op Hom toegespits word, soos Paulus sê.41 So word ons slegs deur hierdie een woord oorvloedig onder die juk van sy Goddelike majesteit gebring, want dit sou onnatuurlik wees as ons ons sou wou onttrek aan die heerskappy van Hom sonder wie ons nie kan bestaan nie.

14. Die inleiding "Ek is die HERE, jou God" dui aan dat God die gelowiges as Sy volk uitverkies het.🔗

Nadat Hy dus aangetoon het dat dit Hy is wat die reg het om gebooie te gee en aan wie gehoorsaamheid verskuldig is, lok Hy hulle ook met soetheid deur te verklaar dat Hy die God van sy kerk is om te verhoed dat dit sou lyk asof Hy hulle slegs onder dwang meesleur. Want in die verklaring is daar 'n wedersydse verhouding aanwesig wat in die belofte vervat is: "Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle sal vir My 'n volk wees".42 Na aanleiding daarvan bewys Christus Abraham, lsak en Jakob se onsterflikheid omdat die Here getuig het dat Hy hulle God is.43 Daarom is dit net asof Hy gesê het: "Ek het julle vir My tot 'n volk uitverkies, om julle nie alleen in die huidige lewe te seën nie maar ook om aan julle die geluksaligheid van die toekomstige lewe te skenk".44 Die doel waarop dit gerig is, word in verskeie plekke in die wet aangetoon. Want wanneer die Here ons hierdie barmhartigheid waardig ag om ons in die gemeenskap van sy volk op te neem, verkies Hy ons, sê Moses, sodat ons tot sy eie volk, 'n heilige volk, vir Hom kan wees en sy gebooie kan bewaar.45 Hieruit kom die vermaning: "Wees heilig, want Ek is heilig".46 Die beswering wat in die profeet voorkom, word voorts uit die twee afgelei. Hy sê: "'n Seun eer sy vader en 'n slaaf sy eienaar. As ek dan 'n eienaar is, waar is die vrees vir My? En as ek 'n Vader is, waar is die liefde vir My?"47

15. Die woorde "wat jou uit Egipteland uit die slawehuis uitgelei het" hou aan ons 'n voorbeeld voor van ons geestelike gevangenis totdat Christus ons verlos.🔗

Hierop herinner hy ons aan sy weldaad. Dit behoort des te kragtiger te wees om ons te beinvloed, omdat die oortreding van ondankbaarheid selfs teenoor medernense baie verfoeilik is. Destyds het die Here Israel wel gewys op die weldaad wat Hy pas aan hulle bewys het. Omdat dit weens die wonderbare grootheid daarvan tot in ewigheid onthou moet word, was dit ook van krag onder hulle nageslag. Hierby is die weergawe van sy weldaad uiters paslik vir die huidige onderwerp. Want die Here gee daarmee te kenne dat hulle uit die ellende van hulle slawerny verlos is om die Skepper van hulle verlossing in gehoorsaamheid en bereidwillige onderdanigheid te dien. Om ons aan die ware diens vir Hom alleen te hou beskryf Hy Homself gewoonlik met bepaalde benaminge waardeur Hy sy heilige Goddelikheid van alle afgode en versinsels onderskei. Want soos ek reeds vantevore gesê het, is ons geneig tot ydelheid, waarmee onbesonnenheid ten nouste verbonde is.48

Sodra God se Naam genoem word, is ons verstand dus nie in staat om teen homself te waak sonder om in die een of ander ydele versinsel te verval nie. Terwyl God dus hierdie euwel wil genees, versier Hy sy Godheid met sekere benaminge, en Hy omring ons so met 'n traliewerk om te verhoed dat ons rond en bont dwaal en onbesonne die een of ander nuwe god vir ons versin as ons die lewende God verlaat en 'n afgod skep. So dikwels as wat die profete Hom eintlik wil beskrywe, klee hulle Hom in en begrens Hom as't ware met daardie tekens waaronder Hy Hom aan die Israeliete geopenbaar het. Want wanneer Hy God van Abraham, of God van Israel49 genoem word, wanneer Hy in die temple in Jerusalem onder die gerubs gestel word, verbind hierdie en soortgelyke spreekwyses Hom nie aan een plek of een volk nie.50 Sulke uitdrukkings dien slegs om die gedagtes van godvrugtige mense op God alleen te vestig omdat Hy Homself met die verbond wat Hy met Israel gesluit het, so afgebeeld het dat dit ons glad nie geoorloof is om van so 'n beeld af te wyk nie. Tog moet dit vas bly staan dat die verlossing hier vermeld word sodat die jode hulle met groter vurigheid aan God sou oorgee, wat hulle tereg vir Homself as sy eiendom opeis. Om te verhoed dat ons sou dink dat dit niks met ons te doen het nie, moet ons egter daaroor nadink dat die slawerny van Israel in Egipteland 'n voorbeeld is van die geestelike gevangenis waarin ons almal vasgebind gehou word totdat  die hemelse Verlosser ons met die krag van sy arm verlos en na sy ryk van vryheid oorbring. Aangesien dit God se wil was om die Israeliete, wat vroeër verstrooi was, weer te versamel om Hom te dien, het Hy hulle uit die ondraaglike oorheersing van Farao waardeur hulle onderdruk is, uitgeruk. Net so verlos Hy vandag nog al die mense van wie Hy getuig dat Hy hulle God is, uit die dodelike mag van die duiwel wat deur liggaamlike slawerny afgeskadu was. Daarom moet elkeen se gemoed aangevuur word om die wet te gehoorsaam wanneer hy hoor dat dit van die Allerhoogste Koning kom. Soos alle dinge hulle oorsprong in Hom het, so is dit ook reg dat hulle op hulle beurt hulle doel op Hom afstem en op Hom rig.

Ek herhaal: Elkeen moet meegesleur word om die Wetgewer te omhels, omdat hy geleer word dat hy in besonder uitverkore is om sy gebooie te onderhou en 'n oorvloed van goeie dinge sowel as die heerlikheid van 'n onsterflike lewe deur sy goedertierenheid kan verwag, want hy weet dat hy deur sy wonderbare krag en ontferming uit die kake van die dood verlos is.

16. Die Eerste Gebod🔗

Nadat Hy dus die gesag van sy wet gegrond en bevestig het, stel Hy die eerste gebod.

Ons mag geen ander gode voor sy aangesig hê nie.51

Die doel van die gebod is dat die Here alleen onder sy volk wil uitstaan en hulle regrens ten volle wil besit. Om dit te laat gebeur gebied Hy ons dat ons van alle goddeloosheid en bygeloof waardeur die heerlikheid van sy Goddelikheid verminder of verduister kan word, ontslae moet raak. Om dieselfde rede beveel Hy ons om Hom met 'n ware ywer vir godsvrug te dien en te aanbid. Die eenvoud van die woorde gee dit amper weer. Want ons kan God nie as ons God beskou sonder om dit wat aan Hom eie is, aan te gryp nie. Met sy verbod dat ons nie ander gode mag hê nie, gee Hy te kenne dat ons nie iets wat aan Hom behoort, op iemand anders mag oordra nie. Hoewel die pligte wat ons aan God verskuldig is, ontelbaar is, kan dit nogtans paslik in vier hoofpunte saamgevat word, naamlik aanbidding, waarby ook die geestelike gehoorsaamheid van die gewete bygevoeg is, vertroue, aanroeping en dankbetoon.

Onder aanbidding verstaan ek die eerbied en diens wat elkeen van ons aan God betoon wanneer hy hom aan sy almag onderwerp het. Daarom maak ek met reg die feit dat ons ons gewetens aan sywet onderwerp het, deel daarvan.52

Vertroue is die onbesorgdheid daaroor om in Hom berusting te vind omdat ons sy krag te ken; wanneer ons die wysheid, geregtigheid, mag, waarheid en alle goedheid in Hom stel en ons as geluksalig beskou slegs vanweë die feit dat ons gemeenskap met Hom het.

Aanroeping is die toevlug van ons verstand tot God se getrouheid en bystand as ons enigste Hulp wanneer die nood ons druk.

Dankbetoon is die dankbaarheid waardeur die lof vir alles wat goed is, aan Hom betoon word.

Soos die Here nie toelaat dat enigeen iets hiervan na iemand anders oordra nie, so gebied Hy ons om dit alles ten volle net aan Hom te betoon. Want dit sou nie genoeg wees om maar net van 'n ander god af te sien as 'n mens hom nie ook net aan God alleen hou nie. Sommige goddelose veragters van God het die gewoonte om dit te doen omdat hulle dit as 'n kort pad beskou om alle godsdienste te bespot.53 Tog moet die ware godsdiens waarin ons siele na die lewende God teruggebring word, voorrang hê. Ons siele moet daarna streef om, deurdrenk van die kennis in verband met God, sy majesteit te verhef, dit te vrees en te dien, om die deelname in sy seëninge aan te gryp, om sy hulp oral te soek, om die grootsheid van sy werke te loof en te belyen dit in al ons lewenshandelinge as ons enigste doel na te jaag. Verder moet ons waak teen verkeerde bygeloof waardeur ons siele van die ware God afgekeer word en nou hierheen en dan weer daarheen asof na verskeie gode weggelei word.

As ons daarom met die enige God tevrede is, moet ons gedagtig wees aan dit wat tevore reeds gesê is,54 naamlik dat ons al die versinde gode ver weg moet stoot en dat ons die diens wat die enige God vir Homself opeis, nie moet verskeur nie. Dit is ons immers nie geoorloof om selfs die geringste vermindering in sy heerlikheid teweeg te bring nie, maar alles wat Hom toekom, moet by Hom alleen bly.55

Die deeltjie wat hierop volg, naamlik voor my aangesig, maak ons onwaardigheid nog groter. Ons verwek naamlik God se jaloersheid telkens wanneer ons Hom met ons verdigsels vervang. Dit is soos wanneer 'n onkuise vrou haar owerspeler voor die oë van haar eie man bring om sy sielewroeging nog erger te laat brand.

God het dus met die teenwoordigheid van sy krag en genade getuig dat Hy omsien na die volk wat Hy uitverkies het. Om hulle nog meer van die oortreding van afvalligheid af te skrik vermaan Hy hulle daarom dat hulle nie nuwe gode kan aanneem sonder dat Hy daarvan getuie sou wees en hulle heiligskennis sou aanskou nie. Want die vermetelheid van die mens neem baie toe in goddeloosheid omdat hy oordeel dat hy met sy afwykinge God se oë kan bedrieg. Daarteenoor roep die Here uit dat Hy al die planne wat ons beraam, alles wat ons aanpak en verrig, kan sien.

Ons gewete moet dus rein wees van die mees verborge gedagtes van afvalligheid as ons ons godsdiens vir die Here aanvaarbaar wil maak, want Hy eis dat ons die heerlikheid van sy Goddelikheid ongeskonde en onbedorwe sal hou - nie alleen deur belydenis na buite nie maar ook in sv oë, wat in die mees verborge skuilplekke van ons hart sien.

17. Die Tweede Gebod (Afdeling 17-21)🔗

Jy mag vir jou geen beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel of onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer en jy mag hulle nie dien nie.56🔗

Soos God in die voorafgaande gebod verklaar het dat Hy die enige God is en dat ons geen ander gode mag bedink of hê as vir Hom nie, maak Hy nou nog duideliker bekend wie Hy is en met watter soort diens Hy geëer moet word om te verhoed dat ons sou waag om iets vleesliks vir Hom te versin. Sy doel met die gebod is dus dat Hy sy regmatige diens nie deur bygelowige ritusse wil laat ontheilig nie. Kortom, Hy roep ons geheel en al terug en sleep ons weg van die vleeslike vererinkies wat ons gewoonlik met ons dwase verstand in ons verbeelding skep wanneer ons vanweë ons stompsinnigheid God vir ons voorstel. Daarom vorm Hy ons vir die regmatige diens, dit is die geestelike diens wat deur Homself ingestel is. Hy dui ook aan wat die grofste sonde in hierdie oortreding is, naamlik uitwendige afgodediens.

Die gebod bestaan uit twee dele. Die eerste deel bedwing ons bandeloosheid sodat ons God, wat onbegryplik is, nie aan ons sintuie durf onderwerp of in enige vorm durf weergee nie. Die tweede deel verbied ons om beelde te aanbid en dit te eerbiedig. Voorts noem Hy al die vorms kortliks op waarin Hy gewoonlik deur onheilige en bygelowige mense afgebeeld word. Onder die dinge wat in die hemel is, verstaan Hy die son, die maan en die ander sterre en miskien ook voëls. Wanneer Hy byvoorbeeld in Deuteronomium 4 sy bedoeling uitdruklik vermeld, noem Hy voëls sowel as sterre.57 Ek sou dit nie hier vermeld het nie as dit nie was dat ek gesien het dat sekere mense die eerbied uit onkunde op die engele oordra nie.58 Gevolglik gaan ek by die onderdele hiervan verby, omdat dit op sigself reeds bekend is en ons alreeds in die eerste boek duidelik genoeg geleer het dat al die sigbare vorms van God wat die mens uitdink, lyn reg in stryd is met sy natuur.59 Sodra daar dus afgode te voorskyn kom, word die ware godsdiens bederwe en vervals.

18. "Die Here ons God is 'n jaloerse God".🔗

Die dreigement wat hier bygevoeg word, behoort te dien om ons onverskilligheid van ons af te skud:

Hy is die Here, ons God, 'n jaloerse God,60 wat die ongeregtigheid van die vaders aan die kinders besoek tot die derde en die vierde geslag van die wat sy Naam haat; maar Hy bewys barmhartigheid aan duisende wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou.61

Dit is net asof Hy gesê het dat dit Hy alleen is aan wie ons verkleef moet bly. Om ons so ver te bring verkondig Hy sy mag, wat die minagting of verkleinering daarvan nie ongestraf laat bly nie. Hier word wel die woord EL gestel, wat op God dui, maar omdat dit uit 'krag' afgelei word, het ek nie geaarsel om dit ook weer te gee of in die teks in te voeg om die betekenis beter uit te druk nie.

Verder noem Hy Homself jaloers, omdat Hy geen deelgenoot kan duld nie. Ten derde verklaar Hy dat Hy sy majesteit en heerlikheid sal beskerm as iemand dit op skepsels of beelde sou oordra -en dit nie met 'n kortstondige en eenvoudige straf nie maar met 'n straf wat strek tot by kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, wat hulle vader se goddeloosheid natuurlik sal naboots. Net so bewys Hy sy ewige barmhartigheid en goedertierenheid in 'n lang reeks nageslagte aan die wat Hom liefhet en sy wet gehoorsaam.

God maak baie algemeen as voorbeeld gebruik van die rol wat 'n man teenoor sy vrou inneem. Want die band waarmee Hy ons aan Hom bind wanneer Hyons in die skoot van die kerk opneem, is soos 'n heilige egverband, wat op wedersydse trou moet berus.62 Soos Hyal die pligte van 'n getroue en betroubare eggenoot nakom, so stipuleer63 Hy op sy beurt vir ons die liefde en reinheid van 'n huwelik. Dit beteken dat ons ons siele nie aan die Satan, aan ons bose luste of aan die skandelike begeertes van ons vlees in ontug sal ontheilig nie. Wanneer Hy die Jode se afvalligheid bestraf, kla Hy dat hulle hulle skaamte oorboord gegooi het en met owerspel besoedel is.64 As 'n eggenoot dus baie heilig en rein is, vertoorn hy hom des te heftiger as hy sien dat sy vrou se gevoel na 'n ander minnaar neig. So getuig die Here, wat in waarheid met ons getrou het,65 dat sy jaloersheid66 baie heftig is as ons die reinheid van hierdie heilige huwelik verwaarloos en ons met goddelose wellustigheid besmet maar veral dan wanneer ons die diens wat ons aan sy Goddelike mag moet bring, wat glad nie geskend behoort te word nie, op 'n ander oordra of met die een of ander bygeloof besmet. Want so skend ons nie alleen die huwelikstrou nie, maar ons besoedel die huweliksbed met owerspel.

19. "Hy sal die ongeregtigheid van die vaders besoek aan hulle kinders tot in die derde en vierde geslag. "🔗

In die dreigement moet ons let op sy bedoeling wanneer Hy verklaar dat Hy die ongeregtigheid van die vaders aan hulle kinders sal besoek tot in die derde en die vierde geslag. Want behalwe dat dit vreemd is aan die billikheid van God se geregtigheid om 'n onskuldige vir 'n ander se oortreding te straf, bevestig God ook self dat Hy nie sal toelaat dat 'n kind die ongeregtigheid van syvader dra nie.67 En tog word die uitspraak dikwels herhaal dat die strafvir die voorouers se oortredinge na geslagte in die toekoms uitgebrei sal word. Moses spreek Hom trouens dikwels soos volg aan: "Here, Here, U wat die ongeregtigheid van die vaders vergeld teenoor hulle kinders tot in die derde en vierde geslag".68 Jeremia sê iets soortgelyks: "U wat U oor duisende ontferm en die ongeregtigheid van die vaders in die skoot van hulle kinders na hulle vergeld".69 Terwyl sommige mense swoeg om die raaisel op te los, dink hulle dat dit slegs van tydelike strawwe verstaan moet word en dat dit nie ongerymd is as kinders die straf vir die oortredings van hulle ouers moet dra nie, omdat hulle dikwels tot hulle saligheid gegésel word. Dit is wel waar. Jesaja verkondig immers aan Hiskia dat die koningskap van sy kinders weggeneem sal word en dat hulle in ballingskap weggevoer sal word vanweë die sonde wat hy begaan het.70 Die huise van Farao en Abiméleg word as gevolg van die leed wat hulle Abraham aangedoen het, geteister.71 Vir die oplossing van die vraagstuk is dit eerder 'n uitvlug as 'n ware vertolking. Want Hy verkondig hier en in dergelike verwysings 'n wraak wat te swaar is om tot die grense van die huidige lewe beperk te word. Ons moet dit dus so opneem dat die regverdige vloek van die Here nie alleen op die hoof van die goddelose lê nie maar ook op sy hele huisgesin. Wat kan ons anders verwag wanneer die vloek van God op 'n huisgesin rus, as net dat die vader van die Gees van God beroof is en uiters skandelik lewe, dat sykind as gevolg van die boosheid van sy vader net so van God verlate is en dieselfde pad van die verderf volg; dat uiteindelik sy kleinkinders en agterkleinkinders as die vervloekte saad van verfoeilike mense, halsoorkop agter hulle aan storm?

20. God se wraak bots nie met Sy geregtigheid nie.🔗

Ten eerste moet ons ondersoek daarna instel of so 'n wraak by God se geregtigheid pas. As die mens se natuur ten volle doemwaardig is,weet ons dat die dood op die mense wag wat die Here nie waardig ag om in sy genade te deel nie. Hulle gaan nietemin vanweë hulle eie ongeregtigheid ten gronde en nie vanweë onregverdige haat van God nie. Hulle het ook geen gronde om te kla dat hulle nie soos ander deur die genade van God tot hulle saligheid bygestaan word nie. Aangesien hierdie straf dus weens hulle oortredings op goddelose sondaars gelê word, met die gevolg dat hulle huise tot in baie geslagte van die genade van God beroof word, wie sou God dan nog vanweë sy regverdige wraak kon aankla?

Maar aan die ander kant verklaar die Here dat die straf vir die sonde van die vader nie op sy seun sal oorgaan nie.72 Let goed op die onderwerp wat daar behandel word. Aangesien die Israeliete lank en onophoudelik deur baie teenspoed geteister is, het hulle begin om die spreuk te gebruik dat hulle vaders suur druiwe geëet het en dat die tande van die kinders daarom stomp geword het.73 Daarmee het hulle te kenne gegee dathulle vaders die sondes begaan het waarvoor hulle gestraf word hoewel hulle andersins regverdig is en dit nie verdien het nie - en dit eerder deur die onversoenlike toorn van God as met sy matige strengheid. Die profeet verkondig aan hulle dat dit nie so is nie. Hulle word immers vir hulle eie sondes gestraf. Hy sê dat dit nie met God se geregtigheid strook dat 'n regverdige kind vir die boosheid van sy goddelose vader gestraf moet word nie. Maar dit staan nie in hierdie dreigement nie. Want as die besoek, waarvan hier nou sprake is, in vervulling gaan wanneer die Here sy genade, die lig van sy waarheid en ander hulpmiddels tothulle saligheid van 'n gesin van goddelose mense wegneem, ly die kinders die vloek juis omdat hulle verblind en van Hom verlate is en in die voetspore van hulle ouers volg. Wanneer hulle trouens aan tydelike ellendes en uiteindelik aan die ewige verderf onderwerp word, word hulle volgens God se regverdige oordeel nie weens iemand anders se sondes nie maar vir hulle eie ongeregtigheid gestraf.

21. Die Belofte van die Tweede Gebod🔗

Aan die ander kant hou die gebod ook 'n belofte in, naamlik dat God sy  barmhartigheid oor duisende nageslagte sal uitbrei.74 Dit is 'n belofte wat baie dikwels in die Skrif voorkom,75 en dit is ook ingebed in sy plegtige verbond met die kerk: "Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag".76 Salomo se oë is hierop gerig wanneer hy skryf dat die kinders van die regverdiges na hulle dood geluksalig sal wees77 - en dit nie soseer omrede hulle heilige opvoeding wat op sigself al van groot belang is nie, maar vanweë die seën wat in die verbond belowe is, naamlik dat God se genade tot in ewigheid onder gesinne van vromes sal bly. Hieruit spruit vir gelowiges buitengewone troos en vir die goddelose verskriklike vrees. Want as God na hulle dood geregtigheid sowel as ongeregtigheid onthou, sodat 'n godvrugtige man se geregtigheid en 'n goddelose se ongeregtigheid na sy nageslag oorgaan, sal dit nog veel meer op die hoofde van die bewerkers daarvan rus. Dit kom verder nie daarop aan dat die nageslag van goddelose mense soms tot inkeer kom en die nageslag van gelowiges soms ontaard nie. Dit was immers nie die Wetgewer se bedoeling om hier 'n reël tot in ewigheid in te stel om sy uitverkiesing in te perk nie. Want dit is vir die vertroosting van die regverdige en vir die verskrikking van die sondaar genoeg dat die uitwerking daarvan nie werkloos of kragteloos is nie, al sou dit nie altyd plaasvind nie. Die tydelike strawwe waarmee enkele goddelose mense gekasty word, is getuienisse van God se toorn teen die sonde en van sy oordeel in die toekoms oor alle sondaars, hoewel baie van hulle tot aan die einde van hulle lewe ongestraf bly. Wanneer die Here dus net een voorbeeld van daardie seën gee om barmhartigheid en goedertierenheid uit genade teenoor sy vader aan die kind te bewys, lewer Hy so getuienis van sy bestendige en voortgesette genade teenoor die wat Hom dien. Maar wanneer Hy net een keer die ongeregtigheid van 'n vader in sy kind straf, leer Hy ons watter oordeel vanweë hulle eie sondes op al die verwerptes wag. Die belofte is in besonder op hierdie sekerheid gerig. Hy prys die grootheid van sy barmhartigheid ook terloops by ons aan, omdat Hy dit tot 'n duisend geslagte laat strek, terwyl Hy aandui dat Hy Hom slegs op vier geslagte sal wreek.78

Jy mag die naam van die Here jou God nie misbruik nie.79🔗

22. Die Doel van die Derde Gebod🔗

Die doel van die gebod is dat dit sy wil is dat ons die majesteit van sy Naam moet heilig. Bondig saamgevat is dit soos volg: dat ons sy majesteit nie deur minagting of oneerbiedigheid mag ontheilig nie. In volgorde hang hierdie verbod nou saam met die gebod dat ons ons moet beywer en inspan om die majesteit van sy Naam vroom te eerbiedig. Gevolglik moet ons met hart en tong so daarop ingestel wees dat ons niks in verband met God self en sy geheimenisse mag dink of sê sonder eerbied en grootnugterheid nie en dat ons niks mag bedink behalwe as dit strek om Hom te verheerlik wanneer ons sy werke oordink nie.

Ek herhaal: ons moet met groot versigtigheid op hierdie drie aspekte let: ten eerste dat alles wat ons verstand van Hom bedink, en alles wat ons tong van Hom sê, na sy uitnemendheid moet smaak en met die hoogheid van sy heilige Naam moet strook. Kortom: dat dit daarop gemik moet wees om sy grootheid te verhef. Ten tweede dat ons sy heilige Woord en geheimenisse wat ons moet eerbiedig, nie onbesonne en aanmatigend vir persoonlike gewin of gierigheid of vir ons eie speletjies mag misbruik nie. Soos die waardigheid van sy Naam trouens daarop afgedruk is, moet ons sy Woord en geheimenisse altyd eerbiedig en kosbaar ag. In die laaste plek: dat ons sywerke nie mag teenspreek ofverkleineer soos sommige arme drommels dit gewoonlik weerspannig teenstribbel nie. Ons moerelke werk wat deur Hom gedoen is, met lofprysinge van sy wysheid, sy geregtigheid en sy goedertierenheid verkondig.

Dit is die betekenis daarvan om God se Naam te heilig.

Waar dit nie gebeur nie, word sy Naam verontreinig wanneer dit ydellik en verkeerd gebruik word. Dit word immers dan van die regmatige gebruik daarvan weggeruk, terwyl dit alleen daaraan gewy moet wees.

En as dit niks anders tot gevolg het nie, lei dit daartoe dat dit tog van sy waardigheid gestroop en geleidelik geminag word. As daar dan soveel  kwaad hierin is om met onbesonne gemak die Naam van God ongeleë te gebruik, is dit 'n groter euwel as dit goddeloos gebruik word. Dit doen die mense byvoorbeeld wat die bygelowe van doodsbeswering dien asook gruwelike duiweluitdrywings, onwettige duiwelsbeswerings, en ander goddelose towerkunste bedryf.

Die eed word in besonder in die gebod opgeneem. Daarin is die misbruik van God se Naam uiters verfoeilik, sodat ons nog te beter heeltemal van alle ontheiliging van sy Naam in die algemeen heeltemal afgeskrik kan word.80  Dit gaan hier egter om die diens van God en om die eerbied vir sy Naam en nie om die geregtigheid wat ons onder ons medemens moet beoefen nie. Dit blyk duidelik daaruit dat Hy later in die tweede tafel meineed en valse getuienis verdoem, waardeur die gemeenskap van mense geskaad word. Dit sou dus 'n oorbodige herhaling van dieselfde saak wees as Hy ook in hierdie gebod die liefdesplig sou behandel. Die onderskeid tussen die twee gebooie vereis dit trouens omdat, soos ons gesê het, God nie sonder rede sy wet in twee tafels verdeel het nie. Daaruit kan ons aflei dat Hy met hierdie gebod eis wat Hom regtens toekom, en dat Hy die heiligheid van sy Naam beskerm maar dat Hy nog nie leer wat een mens aan 'n ander verskuldig is nie.

23. Die Behoorlike gebruik van 'n Eed🔗

Ten eerste moet ons weet wat 'n eed is. 'n Eed is die aanroeping van God as getuie om die waarheid van ons woorde te bevestig. Vervloekinge, wat immers openlike godslastering bevat, verdien nie om onder 'n eed gereken te word nie. Op verskeie plekke in die Skrif word bewys dat so 'n aanroeping van God as getuie 'n deel van die godsdiens is wanneer dit behoorlik gedoen word - so byvoorbeeld wanneer Jesaja profeteer dat die Assiriërs en die Egiptenare geroep sal word om met Israel 'n verbond te sluit. Hy sê: "Hulle sal die taal van Kanaän praat, en hulle sal by die Naam van die Here sweer".81 Dit beteken dat hulle deur 'n eed by die Naam van die Here af te lê belydenis doen van hulle eerbied. Net so wanneer hy praat van die uitbreiding van God se koninkryk: "Hy wat homself seën, sal homself in die God van die gelowiges seën, en hy wat sweer in die land, sal sweer in die ware God".82 Jeremia sê weer: "As hulIe my volk leer om by my Naam te sweer soos hulle my volk geleer het  om by Baäl te sweer, sal hulle in die midde van my huis gebou word".83

Daar word ook met reg gesê dat ons eerbied aan God betuig wanneer ons die Naam van die Here tot getuie aanroep. Want so bely ons dat Hy die ewige en onveranderlike waarheid is. Ons beroep ons  is nie maar ook die enige beskermer van wat die verborge dinge aan die lig kan bring: kortom: ons beroep ons op Hom as kenner van ons harte.84 Wanneer die getuienis van mense ontbreek, neem ons trouens ons toevlug tot God om vir ons te getuig - veral wanneer ons 'n verklaring moet aflê oor iets wat in ons gewete verborge is. Daarom vertoorn die Here Hom bitterlik vir die mense wat byvreemde gode sweer, en Hy vertolk so 'n soort eed as 'n openlike bewys van opstandigheid. Hy sê: "Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie".85 Met die dreigement van die strawwe daarvoor verklaar Hy ook hoe ernstig hierdie oortreding is. Hy sê: "Ek sal (uit hierdie plek) uitroei diegene wat by die Naam van die Here sweer en sweer by Milkom".86

24. As ons God as Getuie vir ons woorde aanroep, roep ons Hom ook aan om Hom op ons meineed te wreek.🔗

Wanneer ons dan begryp dat dit die Here se wil is dat ons met ons eedafleggings sy Naam moet dien, moet ons des te versigter daarop let  dat ons eedafleggings nie op 'n belediging, minagting of verkleinering in plaas van 'n verering van sy Naam neerkom nie. As ons by sy Naam vals sweer, is dit 'n ernstige belediging vir sy Naam. Daarom word dit in die wet "ontheiliging" genoem.87 Wat bly daar immers nog vir die Here oor wanneer Hy van sy waarheid beroof is? Hy is dan nie meer God nie. Hy word in elk geval van sy waarheid beroof as Hy voorgehou word om tot valsheid in te stem en sy goedkeuring daaraan te gee. Toe Josua Agas wou dwing om die waarheid te bely, sê hy daarom: "My seun, gee die eer aan die Here van Israel".88 Daarmee gee hy natuurlik te kenne dat die Here baie van sy eer ontneem word as iemand valslik by Hom sweer. Dit is ook nie verbasend nie, want ons is nie by magte om sy heilige Naam met die leuen te brandmerk nie. Uit 'n soortgelyke beswering wat die Fariseërs in die Evangelie van Johannes gebruik, is dit duidelik dat dit 'n algemene spreekwyse onder die Jode was wanneer iemand opgeroep word om 'n eed af te lê.89 Die volgende uitdrukkings wat in die Skrif  gebruik word, maan ons ook tot versigtigheid by die gebruik van 'n eed: "Die Here leef;90 Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen.91 Mag God 'n getuie wees oor my siel".92 Daarmee word te kenne gegee dat ons God nie as 'n getuie van ons woorde kan aanroep sonder dat ons Hom ook aanroep as wreker van ons meineed as ons vals is nie.

25. Die Ongeoorloofde gebruik van die Eed🔗

Die Naam van God word ook goedkoop en alledaags gemaak as dit gebruik word in eedafleggings wat wel waar maar tog oorbodig is. Ook in sulke gevalle word dit misbruik. Daarom sou dit nie genoeg wees as ons ons net van 'n valse eed weerhou nie, as ons nie terselfdertyd ook daaraan gedagtig is dat 'n eed nie willekeurig of ter wille van plesier nie maar uit nood veroorloof en ingestel is en dat die mense wat dit op onnodige sake toepas, die geoorloofde gebruik daarvan oortree. Verderkan nood ook nie as verskoning voorgehou word nie behalwe wanneer 'n eed die eerbetoon van God en die liefde dien.

Hierin word daar vandag te vryelik gesondig - en dit des te ondraagliker omdat dit uit gewoonte nie meer as 'n sonde gereken word nie.93 Voor die regbank van God word dit nogtans nie as 'n geringe sonde gereken nie. Want God se Naam word oral en sonder onderskeid in onbenullige gesprekke geskend, en mense reken dat dit nie kwaadwillig is nie, omdat hulle deur hulle langdurige en ongestrafte vermetelheid so 'n groot oneerbaarheid bereik het. Die gebod van die Here bly nogtans vas en seker; sy strafbepaling bly onwrikbaar en sal eenmaal in vervulling gaan. Daarvolgens word 'n besondere wraak uitgespreek teenoor die mense wat sy Naam ydellik gebruik.

Ook in 'n ander opsig sondig ons teen die gebod, naamlik wanneer ons uit openlike goddeloosheid God se heilige knegte in ons eedaflegging in God se plek stel.94 So dra ons die heerlikheid van God immers op ander oor.95 Want dit is nie sonder rede dat God in 'n spesiale gebod voorskrywe dat ons by sy Naam moet sweer nie.96 Hy verbied ons trouens in 'n afsonderlike gebod om by vreemde gode te sweer.97 Die apostel lewer duidelik dieselfde getuienis wanneer hy skryf dat die mense hulle meerdere in hulle eedafleggings aanroep, maar dat God by Homself gesweer het omdat sy heerlikheid niks groter gehad het nie.98

26. Kritiek op die Doperse opvatting dat 'n mens glad nie mag sweer nie.🔗

Die Wederdopers is nie met hierdie matigheid in die toepassing van die eed tevrede nie en vervloek alle eedafleggings sonder onderskeid.99 Hulle voer as rede aan dat die volgende verbod van Christus algemeen gegeld het: "Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie, maar laat julle woorde wees: Ja ja, nee nee. Wat meer is as dit, is uit die bose".100 Maar so val hulle Christus onbesonne aan wanneer hulle van Hom 'n teenstander van sy Vader maak, asof Hy na die wêreld gekom het om die besluite van sy Vader af te skaf. Want die ewige God laat 'n eed nie alleen as iets wettigs in sy wet toe nie - en dit sou al voldoende rede vir die gebruik daarvan wees -, maar Hy gebied ons ook om dit in nood te gebruik.101 Christus verklaar egter dat Hy een is met die Vader102 en dat Hy nie 'n ander leer te voorskyn bring as wat die Vader Hom beveel het nie,103 en dat sy leer nie uit Homself is nie, ensovoorts.104 Wat dink hulle dan? Sal hulle van God sy eie teenstander maak wat iets wat Hy eenmaal in sy gebod oor die goeie sedes goedgekeur het, later sou verbied en sou verdoem?

Maar omdat daar in Christus se woorde ietwat van 'n probleem is, moet ons dit 'n oomblik oorweeg. Ons sal die waarheid hier egter nooit snap nie, tensy ons ons oë op Christus se doel vestig en tensy ons let op dit wat Hy daar behandel. Sy voorneme is nie om die wet te verslap of te beperk nie maar om die ware en egte begrip daarvan weer terug te bring, omdat dit deur die valse versinsels van die Skrifgeleerdes en die Fariseërs erg bedorwe was. As ons dit onthou, sa lons nie dink dat Christus eedafleggings heeltemal verdoem het nie maar dat Hy slegs die eedafleggings verdoem het wat die reël van die wet oorskry. Dit blyk juis uit sy woorde dat die volk destyds die gewoonte gehad het om niks anders as vals ede te vermy nie, aangesien die wet nie alleen sulke ede nie maar ook alle ligsinnige en oorbodige ede verbied. Daarom leer die Here, die sekerste vertolker van die wet, dat dit nie alleen 'n euwel is om vals te sweer nie maar ook om te sweer.105 Om hoe te sweer? Natuurlik om ligsinnig te sweer! Die eedafleggings wat egter in die wet aanbeveel word, het Hy vry en veilig gelaat. Dit lyk vir hulle asof hulle baie kragtig daarteen stry wanneer hulle die woorde "hoegenaamd nie" knaend aangryp.106 Dit het egter nie betrekking op die woord "sweer" nie maar op die soorte ede wat Hy daarna bygevoeg het. Want dit was ook deel van hulle dwaling dat hulle gemeen het dat hulle God se Naam nie skend as hulle by die hemel en die aarde sweer nie. Nadat Hy hulle dus die hoofgrond van hulle verdediging ontneem het, sny Hy ook alle ander uitvlugte vir hulle af, sodat hulle nie die indruk mag hê dat hulle ontkom het as hulle God se Naam onderdruk en die aarde en die hemel as getuies aanroep nie.

Hier moet ons ook terloops daarop let dat mense tog met sydelingse spreekwyses by Hom sweer al word God se Naam nie uitdruklik vermeld nie. So doen hulle byvoorbeeld as hulle by die lig van die lewe, by die brood wat hulle eet, by die doop of by ander waarborge van God se milddadigheid teenoor hulle sweer. Wanneer Christus hulle daar verbied om by die hemel, by die aarde en by Jerusalem te sweer.107 stel Hy nie hulle bygelowigheid reg soos sommige mense valslik meen nie. Hy weerlê trouens eerder hulle leuenagtige spitsvondigheid, omdat hulle dit van geen belang geag het om ligsinnig sulke indirekte eedafleggings uit te basuin nie - net asof hulle dan die heilige Naam van God sou ontsien, wat tog op elkeen van sy weldade ingegrif is!

Dit is iets heeltemal anders as 'n sterflike mens of 'n gestorwene of 'n engel in God se plek gestel word, soos die kruipery van die onheilige heidene die stinkende vorm van die eed by die lewe of by die genius van hulle koning uitgevind het, want die valse verheffing van 'n mens verduister en verminder die heerlikheid van die enige God. Wanneer 'n mens trouens geen ander voorneme het as om met die heilige Naam van God bevestiging vir sy woorde te soek nie, word sy majesteit in sulke lukrake ede geskaad, al sou daar net 'n sydelingse verwysing na sy Naam wees. Christus neem die ligsinnige dekmantel van hierdie teuellose vryheid weg wanneer Hy sê dat 'n mens hoegenaamd nie moet sweer nie. Jakobus se woorde het dieselfde strekking wanneer hy dieselfde woorde van Christus wat ek aangehaal het, gebruik.108 Die onbesonnenheid wat nogtans 'n ontheiliging van God se Naam is, het trouens nog altyd op die wêreld gewoed. Want as 'n mens die woorde "hoegenaamd nie" na hulle wese terugvoer asof elke eed sonder uitsondering dan onwettig sou wees, wat is dan die bedoeling van die byvoeging. "Nie by die hemel nie en ook nie by die aarde nie, ensovoorts."? Daaruit is dit duidelik genoeg dat die jode se uitvlug na aanleiding waarvanhulle gedink het dat hulle hulle sonde verskoon, weggeneem word.

27. 'n Eed is 'n noodmaatreël, en dit moet die Heerlikheid van God verdedig en tot die stigting van medebroeders bydra.🔗

Mense met gesonde verstand kan gevolglik nie twyfel dat die Here daar slegs daardie eedafleggings afkeur wat deur die wet verbied is nie. Want Hy wat in sy lewe 'n toonbeeld was van die volmaaktheid wat Hy geleer het, het ook self nie daarvan terugdeins om 'n eed af te lê as omstandighede dit vereis het nie. Sy dissipels het ook sy voorbeeld gevolg, en ons twyfel nie dat hulle hulle Meester in alles gehoorsaam het nie. Wie sou dan waag om te sê dat Paulus sou gesweer het as dit heeltemal verbode was om te sweer? Maar wanneer omstandighede dit vereis het, het hy onbeswaard gesweer en soms selfs 'n vervloeking bygevoeg.109

Die vraag is egter hiermee nog nie afgehandel nie. Sommige mense dink trouens dat slegs openbare eedafleggings van die verbod vrygestel is.110 Sulke ede is byvoorbeeld dié wat ons aflê wanneer 'n amptenaar ons dit opdra en dit van ons vereis, en die wat vorste gewoonlik gebruik wanneer hulle verdrae sluit. So is die eed wat 'n volk aflê wanneer hy trou sweer aan sy vors, of 'n soldaat wanneer hy hom met 'n oorlogseed verbind, en ander soortgelyke ede. Hulle groepeer hieronder (en tereg ook) die ede wat in Paulus se briewe voorkom om die aansien van die evangelie te verdedig. In hulle bediening is die apostels immers nie maar bloot private mense nie maar openbare dienaars van God. Ek ontken in elk geval nie dat dit die veiligste vorm van eedaflegging is nie, omdat dit met baie vaste getuienis van die Skrif verdedig word. 'n Amptenaar word gelas om in iets waaroor hy twyfel, 'n eed van 'n getuie te eis en die getuie op sy beurt om onder eed te antwoord. Die apostel sê dat die geskille tussen mense met hierdie middel uit die weg geruim word.111 Hulle het albei in hierdie gebod volle goedkeuring van hulle plig. Ja, selfs onder die heidene van die ou tyd kan ons sien dat 'n openbare en plegtige eed met groot eerbied bejeën is, maar dat die gewone eed wat hulle sommer sito-sito afgelê het, van geen of nie van sulke groot belang beskou is nie, net asof hulle gedink het dat God se mag nie in sulke ede voorkom nie.

Maar om persoonlike ede wat met ingetoënheid, heiligheid en eerbied onder noodsaaklike omstandighede afgelê word en wat met redes en voorbeelde ondersteun word, te verdoem, sou alte gevaarlik wees. Want as mense in hulle persoonlike hoedanigheid om 'n gewigtige en ernstige aangeleentheid God as Regter tussen hulle kan aanroep,112 kan hulle Hom te meer nog as getuie aanroep. Gestel nou maar dat jou broer jou van verraad aankla. Volgens jou liefdesplig sal jy jou inspan om jou daarvan te verontskuldig jou broer weer sal hom deur geen rede tevrede laat stel nie. As jou aansien weens sy hardnekkige kwaadwilligheid gevaar loop, sal jy jou sonder aanstoot op die oordeel van God kan beroep om jou onskuld op sy tyd te openbaar. Dit is 'n saak wat minder probleme inhou om God as getuie in te roep as ons woorde opgeweeg word. Ek kan dus nie sien waarom sulke aanroepings van God as getuie hier ongeoorloof sou wees nie.

Hiervan het ons baie voorbeelde. As die eed wat Abraham en Isak teenoor Abiméleg afgelê het, deur 'n openbare eed gedek word,113 dan het Jakob en Laban in elk geval in hulle persoonlike hoedanigheid hulle verbond met 'n wedersydse eed bekragtig.114 Boas het in sy persoonlike hoedanigheid die beloofde huwelik met Rut op dieselfde wyse bevestig.115 Obadja, 'n regverdige en godvresende man, het dit waarvan hy Elia wou oortuig, met 'n eed bevestig.116 Ek kan gevolglik nie 'n beter reël aanbied as net dat ons ons ede so matig moet gebruik dat dit nie onbesonne, sonder onderskeid, willekeurig of sinloos mag wees nie. Hulle moet egter 'n grondige nood dien, byvoorbeeld wanneer die heerlikheid van die Here verdedig of die stigting van ons broer bevorder moet word.117 Dit is waarop die gebod gerig is.

Gedenk die Sabbat dat jy dit Heilig. ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, ensovoorts.118🔗

28. Die Doel van die Vierde Gebod🔗

Die doel van die gebod is dat ons ons eie strewe en werke moet afsterwe, moet nadink oor die koninkryk van God en die middels wat Hy self ingestel het sodat ons daaroor kan nadink, daarvoor moet inspan. Omdat die gebod besondere oorweging verdien, wat van dié van die ander gebooie verskil, vereis dit ook 'n volgorde van interpretasie wat 'n bietjie van die ander verskil. Die skrywers van die ou tyd noem die gebod gewoonlik 'n afskaduwing, omdat dit volgens hulle die uitwendige onderhouding van die dag insluit wat deur die koms van Christus tesame met al die ander atbeeldinge daarvan tot niet gemaak is.119 Hulle praat inderdaad ook die waarheid, maar hulle raak die saak maar net halfpad aan.

Daarom moet ons dieper na 'n verduideliking hiervan soek. Na my mening moet ons drie redes onderskei waarom hulle die gebod onderhou het. Dit was die wil van die hemelse Wetgewer om onder die rus van die sewende dag vir Israel die geestelike rus uit te beeld waarop die gelowiges van hulle eie werk moet rus om God in hulle te laat werk. Ten tweede was dit sy wil dat daar 'n vasgestelde dag moes wees waarop hulle bymekaar kon kom om na die wet te luister en die seremonies te verrig, of in elk geval 'n dag wat hulle in besonder daaraan sou bestee om oor hulle werke na te dink om deur die herinnering daaraan in godsvrug geoefen te word. In die derde plek het Hy dit goedgevind dat 'n rusdag aan knegte en aan die wat onder ander se gesag staan het, toegestaan moet word sodat hulle 'n ruskans van hulle arbeid kon hê.

29. Ons moet heeltemal tot rus kom, sodat God in ons kan werk.🔗

Tog word ons op baie plekke in die Skrif geleer dat die afskaduwing van die geestelike rus die belangrikste plek in die sabbatsviering ingeneem het.120 Want daar is byna geen ander gebod waarvan God strenger eis dat dit gehoorsaam moet word nie.121 Wanneer Hy in die profete wil aantoon dat die hele godsdiens bedorwe is, kla Hy dat sy sabbat verontreinig, geskend, nie onderhou en nie geheilig word nie. Dit is net asof daar niks meer oorgebly het waarin Hy geëer kon word as die gehoorsaamheid hieraan nagelaat word nie.122 Hy swaai die onderhouding daarvan trouens uitnemende lof toe. Daarom het gelowiges ook altyd die openbaring van die sabbat onder die ander profesieë wonderbaarlik hoog gewaardeer. In die profesie van Nehemia sê die Leviete in 'n plegtige vergadering byvoorbeeld: "U het aan ons vaders u heilige sabbat bekend gemaak; deur u hand het Moses u gebooie, seremonies en u wet aan hulle gegee".123 Hier kan 'n mens sien met watter buitengewone aansien hierdie gebod onder al die gebooie van die wet gehuldig is.124 Dit dra alles daartoe byom die aansien van die geheimenis te verhoog wat pragtig deur Moses en Esegiël uitgedruk word. In Eksodus vind 'n mens die volgende: "Onderhou my sabbat omdat dit tussen my en julle 'n teken is vir julle geslagte dat julle kan weet dat Ek die Here is wat julle vir My heilig".125 "Onderhou dan die sabbat, want dit is vir julle heilig. Die kinders van Israel moet die sabbat onderhou en die sabbat in hulle geslagte vier. Dit is 'n ewige verbond tussen My en die kinders van Israel en 'n teken vir ewig."126 Esegiël stel dit nog breedvoeriger. Samevattend kom dit hierop neer dat die sabbat 'n teken is waardeur Israel sou kon leer ken dat God hulle Heiligmaker is.127 As ons heiligmaking dan in die afsterwe van ons eie wil bestaan, dan is die analogie tussen die uiterlike teken en die inwendige saak baie paslik. Ons moet heelternal tot rus kom, sodat God in ons kan werk. Ons moet afstand doen van ons wil; ons moet ons harte oopmaak en al die begeertes van ons vlees laat vaar. Kortom: Ons moet rus van al die werke van ons verstand om God in ons te laat werk.128 Soos die apostel ons ook leer, moet ons juis in Hom rus.129

30. Die Sewende Dag🔗

Die onderhouding van een van die sewe dae het vir die jode die ewige rus uitgebeeld. Met sy eie voorbeeld het die Here die onderhouding daarvan aanbeveel, sodat dit met groter eerbied geag sou word. Dit dra baie daartoe by om die mens tot ywer op te wek om te weet dat hy sy Skepper naboots. As iemand in die getal sewe die een of ander verborge betekenis soek omdat dit in die Skrif 'n getal van volmaaktheid is,130 is my antwoord dat dit met goeie rede gekies is om die ewigheid aan te dui. Die feit dat Moses sy beskrywing van die opeenvolging van dae en nagte beëindig op die dag waarop hy vertel dat die Here van sy werke gerus het,131 stem ook hiermee ooreen. 'n Tweede waarskynlike betekenis van die getal kan ook aangevoer word, naamlik dat die Here daarmee te kenne gegee het dat die sabbat nooit volbring sal wees nie totdat die laaste dag gekom het. Want op die sabbat begin ons alreeds hier ons salige rus, en daarin maak ons elke dag nuwe vordering. Ons is egter voortdurend in stryd met ons vlees, en daarom sal ons rus nie volkome wees voordat Jesaja se verklaring dat die een maand op die ander en die een sabbat op die ander sal volg, volbring is nie.132 Dit sal gebeur wanneer God alles in almal is.133 Waarskynlik het die Here dus met die sewende dag die toekomstige volmaaktheid van die sabbat op die laaste dag vir sy volk omlyn om tevrede te wees om voortdurend die sabbat te oordink en hulle hele lewe lank na volmaaktheid te strewe.134

31. Christus is die Ware vervulling van die Sabbat.🔗

As iemand hierdie opmerking in verband met die getal sewe as te spitsvondig afkeur, staan ek nie in sy pad om 'n eenvoudiger verklaring aan te neem nie, naamlik dat die Here 'n bepaalde dag verorden het waarop sy volk onder leiding van die wet geoefen kon word om die ewigdurendheid van die geestelike rus te oordink. Verder dat Hy die sewende dag daarvoor bestem het omdat Hy voorsien het dat dit genoeg is, of omdat Hy sy volk beter kon opwek deur die ooreenkoms met sy voorbeeld aan hulle voor te hou of om hulle in elk geval te vermaan dat  die sabbat net daarop gerig is om die mens aan sy Skepper gelykvormig te maak. Die verklaring is van weinig belang mits die geheimenis wat in besonder daarin afgeteken word, maar net bly, naamlik dat ons gedurig van ons werke moet rus. Die profete het die Jode trouens altyd daaraan herinner om dit te oordink sodat hulle nie moes dink dat hulle met die rus van hulle vlees hulle plig gedoen het nie. Behalwe die aanhalings wat ons reeds aangevoer het, vind 'n mens ook die volgende in Jesaja: "As jy jou voet terughou van die sabbat - om nie jou wil op my heilige dag te doen nie, en jy die sabbat 'n verlustiging noem en die heilige dag van die eerwaardige Here hoog hou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie en nie geleentheid vir jou wil soek om jou eie taal te praat nie, dan sal jy jou verlustig in die Here, ensovoorts."135

Sover dit hierdie seremoniële raak, bestaan daar geen twyfel dat dit deur die koms van Christus afgeskaf is nie. Want Hy is self die waarheid, en met sy teenwoordigheid verdwyn alle afbeeldings; by die aanskouing van sy liggaam word die afskaduwings agterweë gelaat. Ek herhaal: Hy self is die ware vervulling van die sabbat. Toe ons deur die doop met Hom begrawe is, is ons in die gemeenskap met sy dood ingelyf, sodat ons as deelgenote in sy opstanding in 'n nuwe lewe kan wandel.136 Daarom skrywe die apostel elders dat die sabbat 'n skaduwee van die toekomstige dinge was en dat die liggaam in Christus is.137 Dit beteken dat die volle wese van die waarheid wat Hy daar goed verduidelik het, in Christus is. Hierdie waarheid is nie by 'n dag inbegrepe nie maar in die hele verloop van ons lewe totdat ons onsselfvolkome afgesterwe het en met die lewe van God vervul word. 'n Bygelowige onderhouding van sekere dae hoort dus nie by Christene nie.

32. Die Doel van die Sabbat.🔗

Die laaste twee redes moet nie onder die skaduwees van ouds gereken word nie. Dit pas alle tye trouens ewe veel. Al is die sabbat afgeskaf, het dit selfs nou nog 'n plek onder ons. Die doel daarvan is dat ons op vasgestelde dae bymekaar moet kom om na die Woord te luister, nagmaal te gebruik en in die openbaar te bid. Verder dien dit ook om aan ons bediendes en werkers rus van hulle arbeid te verleen. Daar kan geen twyfel daaroor bestaan dat die Here by die gebod van die sabbat in  albei die aspekte 'n belang gehad het nie. Die eerste aspek alleen lewer reeds in die gebruik van die jode oorvloedig getuienis daarvan. In Deuteronomium het Moses die tweede met die volgende woorde aangedui: "Sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.Dink daaraan dat jy self in Egipteland 'n slaaf was".138 Net so in Eksodus: "Dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin asem kan skep".139

Wie sou kon ontken dat albei hierdie aspekte ons net so veel as die Jode betaam? Die Woord van God beveel ons om kerklike byeenkomste te hou, en die noodsaaklikheid daarvan is uit ons lewenservaring bekend genoeg.140 Hoe kan sulke vergaderings gehou word as daar nie dae daarvoor vasgestel en bestem is nie? Volgens die uitspraak van die apostel moet alles onder ons behoorlik en ordelik gedoen word.141 As betaamlikheid en orde nie met 'n reëling van die staat142 onderhou kan word nie, skeel dit weinig of 'n baie gewisse versteuring en ook ondergang bedreig die kerk as die reëling tot niet gemaak sou word. Maar as dieselfde noodsaaklikheid op ons rus, ter onderskraging waarvan die Here die sabbat vir die Jode ingestel het, mag niemand voorgee dat dit niks met ons te doen het nie. Want ons voorsienige en goedertieren Vader wil in ons nood net soos in die Jode s'n voorsien.

Jy sal miskien sê: "Waarom kom ons dan nie liewer elke dag bymekaar om sodoende die onderskeid tussen die dae uit die weg te ruim nie?" Was dit ons tog maar gegun! Ons geestelike wysheid verdien in elk geval dat 'n deeltjie van elke dag daarvoor afgeknyp word. As ons dit as gevolg van die swakheid van baie mense nie kan regkry dat ons elke dag saamkom nie, en die liefdesreël ook nie toelaat dat ons meer van hulle eis nie, waarom sou ons dan nie die metode gehoorsaam waarvan ons sien dat dit deur die wil van God ons opgelê is nie?

33. Die verskil tussen die Joodse en die Christene se Sabbat.🔗

Ek word gedwing om 'n bietjie langer by hierdie aspek stil te staan, omdat sekere onrustige geeste vandag oor die dag van die Here oproer veroorsaak.143 Hulle kla dat die Christenvolk in die Jodedom gehou word omdat die Christendom hulle onderhouding van die dae behou. Sover dit my aangaan, is my antwoord dat ons die dae sonder die Jodedom onderhou omdat ons in hierdie opsig ver van die jode verskil. Ons huldig die dag immers nie met nougesette eerbiedsbetoon as 'n seremonie, asof ons sou reken dat daardeur 'n geestelike geheimenis afgebeeld word nie, maar ons neem dit aan as 'n noodsaaklike middle om die orde in die kerk te behou. Maar Paulus leer ons dan dat niemand die Christene moet veroordeel omdat hulle die sabbat onderhou nie, want dit is net 'n skaduwee van die toekomstige dinge.144 Hy vrees daarom dat hy tevergeefs onder die Galasiërs gearbei het, omdat hulle tot nog toe dae onderhou het.145 En hy verklaar in sy brief aan die Romeine dat dit bygelowig is as iemand die een dag bo die ander ag.146 Maar wie kan, met uitsondering van daardie waansinniges, nie sien watter onderhouding die apostel bedoel nie? Want hulle het nie die staatsregtelike doelstelling en die kerklike orde in aanmerking geneem nie.147 Aangesien hulle egter die dae as skaduwees van die geestelike dinge behou het, het hulle in elk geval die heerlikheid van Christus en die lig van die evangelie verduister. Hulle het nie van hulle handewerk gerus omdat dit 'n afleiding van hulle heilige oefeninge en oordenkinge sou wees nie maar as gevolg van 'n sekere gewetenswroeging omdat hulle hulle verbeel het dat hulle deur te rus die geheimenisse wat in vroeër tye aanbeveel is, in ere herstel. Ek herhaal: die apostel vererg hom oor hierdie voorbarige onderskeid tussen dae en nie oor die regmatige keuse van 'n dag om die vrede van die Christengemeenskap te dien nie. Want juis vir hierdie doel is die sabbat in die kerke wat deur hom ingestel is, behou. Hy bepaal trouens daardie dag vir die Korinthiërs148 om bydraes te versamei ter verligting van hulle broeders in Jerusalem. As 'n mens bygeloof vrees, was daar nog meer gevaar in die Joodse feesdae as in die Sondae wat die Christene tans het. Want die godsdienstige dag wat die Jode onderhou het, is afgeskaf omdat dit gedien het om die bygeloof te vernietig; maar omdat dit vir die welvoeglikheid, die orde en die vrede in die kerk nodig was dat dit behou moes word, is 'n ander dag vir die doel bestem.

34. Enige dag kan as Sabbat dien mits dit vry is van bygelowige aanhangsels.🔗

Die mense van,die ou tyd het egter nie die dag wat ons die dag van die Here noem, sonder oorleg in die plek van die sabbat gestel nie. Aangesien die doel en vervulling van daardie ware rus wat die sabbat van ouds afgeskadu het, in die opstanding van die Here is, word die Christene juis op die dag waarop die skaduwees geëindig het, vermaan om nie aan 'n afgeskadude seremonie verknog te bly nie. Tog lê ek nie soveel klem op die getal sewe dat ek die kerk sou verplig om dit te onderhou nie. Want ek sou nie graag die kerke wil veroordeel wat ander plegtige dae vir hulle samekomste het nie, so lank as wat hulle hulle van bygeloof onthou. Dit sal wel gebeur as die dae slegs aangewend word om die tug en goeie orde te behou. Samevattend dus: Soos die waarheid onder 'n afbeelding aan die jode oorgelewer is, so word dit sonder skaduwees by ons aanbeveel – ten eerste dat ons ons hele lewe lank 'n voortdurende sabbatsrus van ons werke moet bedink, sodat die Here deur sy Gees in ons mag werk. Ten tweede dat elkeen hom self noulettend kan oefen in die vrome kennis van die werke van God wanneer hy rus en dat ons almal saam die regmatige orde van die kerk moet onderhou wat ingestel is om na die Woord te luister, die sakramente te bedien en almal saam te bid. Ten derde dat ons ons ondergeskiktes nie gevoelloos moet onderdruk nie.149 So verdamp die beuselagtige redenasies van die valse profete wat die volk in vergange jare met 'n Joodse opvatting deurdrenk het, terwyl hulle aangevoer het dat slegs die seremoniële in hierdie gebod (hulle noem dit in hulle taal "die waardering" van die sewende dag) afgeskaf is maar dat die sedelike in die gebod nog van krag is, naamlik die onderhouding van een dag per week.150 Maar dit is mos niks anders as om die dag tot 'n belediging van die Jode te verander en tog dieselfde heiligheid daarvoor in ons gemoed te behou nie! Want dan bly daar vir ons in die dag dieselfde betekenis van verborgenheid as wat onder die Jode plaasgevind het. Ons sien ook inderdaad watter voordeel so 'n leer vir hulle ingehou het. Die mense wat nog aan hulle instellings bly kleef, oortref die jode drie maal in hulle growwe vleeslike bygelowigheid in verband met die rusdag. Die gevolg is dat die bestrawwinge waarvan ons in Jesaja lees, vandag net soveel op hulle van toepassing is as op die mense wat die profeet in sy tyd tereggewys het.151 Verder moet ons in besonder aan die algemene leer vashou, naamlik dat ons ons heilige byeenkomste naarstiglik moet onderhou en dat ons aan die uitwendige hulpmiddele wat bydra om die diens van God te bevorder, aandag moet  gee om te verhoed dat die godsdiens onder ons in duie stort of verslap.

Eer jou vader en jou moeder, sodat jy lank kan lewe in die land wat die here jou god aan jou gee.152🔗

35. Die Doel van die Vyfde Gebod.🔗

Die doel van die gebod is dat ons die rang van meerderes wat deur God self ingestel is, nie moet skend nie, omdat die Here God self sorg dat die rangorde153 behoue bly. Samevattend sal die gebod dus daarop neerkom dat ons moet opsien na die mense wat die Here oor ons gestel het, hulle hoog moet ag, hulle moet eer, gehoorsaam en dankbaarheid teenoor hulle moet betoon. Daaruit volg ook die verbod: ons mag nie aan hulle waardigheid afbreuk doen deur hulle te minag of te beledig of deur ondankbaarheid nie. So breed is die strekking van die woordjie "eer" immers in die Skrif. Wanneer die apostel byvoorbeeld sê dat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig is,154 bedoel hy nie alleen dat eerbied aan hulle verskuldig is nie, maar ook die vergoeding wat hulle amp verdien.

Hierdie gebod handel immers oor onderwerping. Terwyl dit egter hewig in stryd is met die bedorwenheid van die mens se verstand (omdat dit met moeite verdra om onderwerp te word, opgeblase van sy eie strewe na hoogheid soos dit is), is 'n posisie van aansien as voorbeeld in die gebod gestel wat van nature baie bemind en glad nie gehaat is nie. Dit kan ons gemoedere immers makliker versag en buig om daaraan gewoond te raak om ons te onderwerp. Die Here maak ons dus geleidelik gewoond aan elke vorm van wettige onderwerping, en Hy begin by die vorm van onderwerping wat die maklikste verdra kan word, want dit is ook die basis van alle vorms van onderwerping. Want Hy maak die mense aan wie Hy 'n posisie van aansien verleen het, deelgenote in sy Naam in soverre dit nodig is om hulle aansien te beskerm. Die Name "Vader'; "God' en "Here" pas só by Hom alleen dat ons gemoed deur die aanvoeling van sy majesteit getref moet word elke keer wanneer ons een van hierdie Name hoor. Hy versier die mense wat Hy deelgenote in sy Name maak, met 'n vonkie van sy eie glans, sodat elkeen volgens sy posisie aansien mag geniet. Dit betaam ons dus om in die mens wat ons vader is, iets goddeliks te erken want hy dra die goddelike titel nie sonder rede nie. 'n Vors en 'n werkgewer het dus ook saam met God 'n deel aan die eer.

36. Die woord 'Eer' sluit Eerbied, Gehoorsaamheid en Dankbaarheid in teenoor ons ouers en almal wat oor ons gestel is.🔗

Daarom behoort daar geen twyfel te bestaan dat die Here hier 'n universele reël instel nie, naamlik dat ons aan elkeen van wie ons weet dat hy volgens verordening van God oor ons aangestel is, eerbied, gehoorsaamheid, dankbaarheid en die pligsvervulling waartoe ons in staat is, moet betoon. Dit kom nie daarop aan of hulle waardig of onwaardig is dat so 'n eer aan hulle bewys word nie, want hoedanig hulle ook al is, hulle het hierdie posisie tog nie sonder die voorsienigheid van God verkry nie. Dit was trouens die Wetgewer se wil dat hulle geëer moet word. Tog het Hy ons uitdruklik gebied om ons ouers wat ons in hierdie lewe ingebring het, te eerbiedig. Die natuur self moet ons op die een of ander wyse onderrig om dit te doen. Want hulle wat die gesag van hulle vaders met belediging of koppigheid verbreek, is nie mense nie maar gedrogte. Daarom gelas die Here dat almal wat hulle ouers nie gehoorsaam nie, doodgemaak moet word as mense wat nie verdien om te lewe nie, omdat hulle dié deur wie se toedoen hulle in die lewe gekom het, nie erken nie.

Uit verskeie aanhangsels tot die wet blyk dit ook dat ons opmerkings hierbo waar is, naamlik dat die eer waarvan Hy hier praat, uit drie dele bestaan, te wete eerbied, gehoorsaamheid en dankbaarheid. Die eerste hiervan bekragtig die Here wanneer Hy gebied dat iemand wat sy vader  of sy moeder gevloek het, doodgemaak moet word.155 aangesien Hy hulle minagting en belediging straf.156 Die tweede hiervan bekragtig Hy wanneer Hy die doodstraf oor ongehoorsame en weerbarstige kinders uitspreek.157 Dit wat Christus in Matteus 15 sê, is van toepassing op die derde, naamlik dat dit volgens die gebod van God is dat ons aan ons ouers goed moet doen.158 Elke keer wanneer Paulus van die gebod melding maak, interpreteer hy dit so dat gehoorsaamheid geëis word.159

37. Die Belofte van die Vyfde Gebod.🔗

In plaas van 'n aanbeveling is 'n belofte by hierdie gebod gevoeg om ons beter te leer hoe behaaglik die onderwerping wat hier aan ons opgedra word, vir God is. Paulus gebruik hierdie prikkel om ons uit ons slaap op te wek wanneer hy sê dat dit die eerste gebod met 'n.belofte is.160 Want die belofte wat in die eerste tafel voorkom, was nie 'n besondere belofte wat aan een gebod alleen eie was nie, maar het vir die wet as geheel gegeld. Verder moet ons dit soos volg opneem: Die Here het in besonder met die Israeliete gepraat van die land wat Hy as erfdeel aan hulle belowe het. As die besitting van die land dus 'n waarborg van God se goedgesindheid was, moet ons ons nie verbaas as die Here sy genade wou betuig deur 'n lang lewe te skenk nie. Die gevolg daarvan sou wees dat die vrug van sy weldadigheid 'n lang tyd geniet kon word. Die betekenis is dus: "Eer jou vader en jou moeder, sodat jy deur 'n lang lewensverloop die besitting van die land wat vir jou 'n getuie van my genade sal wees, kan geniet".

Verder groepeer ons die huidige lewe met reg onder die seëninge van God, omdat die hele aarde vir die gelowiges geseënd is. Daarom is hierdie belofte net sa op ons van toepassing in soverre as wat 'n langdurige lewe vir ons 'n bewys van God se welwillendheid is. Want 'n lang lewe word ons nie belowe en is ook nie aan die Jode belowe asof dit op sigself die geluksaligheid insluit nie, maar omdat dit vir godvrugtige mense gewoonlik 'n teken van God se goedertierenheid is. As dit daarom sou gebeur dat 'n kind wat gehoorsaam is aan sy ouers, voor volwassenheid uit die lewe weggeruk word (soos ons dikwels sien), volhard die Here nogtans net so bestendig in die vervulling van sy belofte as wanneer Hy aan iemand honderd akkers grond sou skenk hoewel Hy net een akker aan hom belowe het.

Dit is volkome daarin geleë dat ons daaraan moet dink dat 'n lang lewe slegs in soverre aan ons belowe word as wat dit 'n seën van God is; dat dit inderdaad 'n seën is in soverre dit God se genade bewys. Deur die dood betuig Hy self sy genade vir sy diensknegte eindeloos oorvloediger en  sekerder, en Hy bewys dit met die daad.

38. Die Vloek van die Vyfde Gebod.🔗

Wanneer die Here die seën van 'n lewe hier op aarde belowe vir kinders wat hulle ouers met gepaste agting vereer, gee Hy terselfdertyd te kenne dat 'n gewisse vervloeking alle weerspannige en ongehoorsame kinders bedreig. Om daaraan uitvoering te gee verklaar Hy deur sy wet dat hulle almal aan die oordeel van die dood blootgestel is, en Hy gebied dat hulle met die dood gestraf moet word. As hulle aan die oordeel ontkom, wreek Hy Hom op verskillende wyses op hulle, want ons sien dat groot getalle van hulle in oorloë of in rusies omkom en dat ander op ongewone maniere geteister word. Byna al die gevalle bewys dat dit geen leë dreigement is nie. As sommige mense egter tot in hulle rype ouderdom aan sy wraak ontkom, is hulle in hierdie lewe van die seen van God verstoke, hulle kwyn in ellende weg en word vir groter strawwe tot later gehou. Hulle kan dus nie deelgenote word van die seën wat aan godvrugtige kinders belowe is nie.

Maar ons moet terloops ook daarop let dat ons gebied word om hulle slegs in die Here te gehoorsaam.161 Dit is ook duidelik uit die fondamente wat ons tevore gelê het.162 Want hulle is in 'n posisie van aansien oor ons gestel waartoe die Here hulle in sy eer laat deel. So moet die onderwerping wat ons aan hulle betoon, dus 'n trap wees om die allerhoogste Vader te eer. As hulle ons dus aanhits om die wet te oortree, moet ons hulle met reg nie as ons ouers beskou nie maar as vreemdelinge, omdat hulle probeer om ons van die gehoorsaamheid aan ons ware Vader weg te lei. So moet ons opvatting ook wees in die geval van vorste, werkgewers en owerhede in die algerneen.163 Want dit is onwaardig en ongehoord dat hulle hoogheid sou bydra om God se verhewenheid te onderdruk, terwyl hulle hoogheid ons na sy hoogheid behoort te lei aangesien dit daarvan afhanklik is.

Jy mag nie doodslaan nie.164🔗

39. Die Doel van die Sesde Gebod.🔗

Die doel van die gebod is dat die welsyn van alle mense aan elkeen van hulle opgedra behoort te wees, omdat die Here die mensdom in 'n bepaalde eenheid saamgesnoer het. Om dit saam te vat: elke vorm van geweld en onreg en enige vorm van leed waardeur die liggaam van ons naaste geskaad kan word, is dus heeltemal vir ons verbode. Ons word gebied om getrou alles in ons vermoë op te offer ter beskerming van die lewe van ons naaste en om die middele te voorsien wat tot hulle rus bydra, om daaroor te waak dat diedinge wat hulle kan skaad, van hulle afgeweer word en as hulle in enige gevaar verkeer, 'n helpende hand aan hulle te reik. As jy daaraan gedagtig is dat dit God, die Wetgewer, is wat so praat, moet jy terselfdertyd dink dat dit sy wil is om jou lewe volgens hierdie reël te rig. Want dit sou belaglik wees dat Hy wat die oordenkinge van ons harte ondersoek en in besonder daarop let, net ons liggame vir die ware geregtigheid sou onderrig. Volgens hierdie wet word dus ook moord van die hart verbied en die innerlike gesindheid voorgeskryf om die lewe van 'n medemens te bewaar. Die mens se hande pleeg wel die moord, maar dit is sy gemoed wat dit beplan wanneer dit met torn en haat besmet is. Kyk maar of jy jou vir jou broer kan vererg sonder om van begeerte te brand om hom skade aan te doen. As daar nie toorn is nie, is daar ook nie haat nie, want haat is niks anders as toorn wat oud geword het nie. Al sou jy dit nie wil weet nie en al sou jy probeer om jou met ydele uitweë daarvan los te ruk - waar daar toorn of haat is, is daar ook 'n kwaadwillige gesindheid.As jy volhou om uitvlugkans te soek - deur die mond van die Gees is die uitspraak reeds gelewer dat iemand wat sy broer in sy hart haat, 'n moordenaar is.165 Deur die mond van die Here Christus is reeds die uitspraak gelewer dat iemand wat vir sy broer kwaad is, die oordeel skuldig is en dat elkeen wat sê: "Raka", voor die Raad skuldig is en dat elkeen wat sê: "Jou dwaas", die helse vuur skuldig is.166

40. Die Sesde Gebod rus op die feit dat die mens Beeld van God is en dat sy medemens dieselfde vlees is.🔗

Die Skrif dui aan dat daar twee vorms van billikheid is waarop hierdie gebod steun, naamlik dat die mens ten eerste beeld van God en ten tweede ook ons vlees is. As ons die beeld van God dus nie wil skend nie, moet ons ons naaste as heilig beskou; en as ons onsself nie van alle menslikheid wil stroop nie, moet ons hom as ons eie vlees koester. Die vermaning wat ons uit die verlossing en genade van Christus moet aflei, sal elders behandel word.167 Dit was die Here se wil dat die mens op hierdie twee aspekte, wat van nature in hom is, bedag moet wees om ons tot die beskerming van ons medemens te lei, naamlik dat ons sy beeld wat op die mens afgedruk is, moet eerbiedig en dat ons hom soos ons vlees lief moet hê.

Iemand wat homself van bloedvergieting weerhou het, is dus nog nie aan moord onskuldig nie. As 'n mens iets met die daad bedryf, as jy in jou voorneme iets beplan, as jy in jou wense en planne iets bedink wat teen 'n ander se heil indruis, is jy skuldig aan moord. As jy nie trag om sy belange na jou verrnoë en geleentheid te beskerm nie, versaak jy ook die wet deur jou onmenslikheid. Maar as daar soveel moeite gedoen word om die liggaam van die mens ongeskonde te hou, kan ons hiervan aflei hoeveel inspanning en ywer aan die saligheid van die mens se siel verskuldig is, omdat dit sy liggaam voor God oneindig ver oortref.

Jy mag nie egbreek nie.168🔗

41. Die Doel van die Sewende Gebod.🔗

Die doel van hierdie gebod is dat ons alle onreinheid ver van ons moet afweer, omdat God kuisheid en reinheid liefhet. Samevattend kom dit dus daarop neer dat ons ons nie met morsigheid of met 'n wellustige gebrek aan selfbeheersing van ons vlees moet besmet nie. Die bevestigende inhoud van die gebod stem daarmee ooreen, naamlik dat ons ons lewe in alle opsigte rein en met selfbeheersing moet regeer. Dit verbied uitdruklik hoerery, waarop elke lus van die mens ingestel is, om ons deur die afstootlikheid daarvan, wat des te growwer en duideliker is namate dit sy skandvlek op die liggaam inbrand, so ver te bring om 'n weersin in enige vorm van wellustigheid te hê.

Volgens hierdie wet is die mens geskep om nie alleen te lewe nie maar om van die hulp wat aan hom toegevoeg is, gebruik te maak.169 Die vloek van die sonde het dit des te meer vir die mens noodsaaklik gemaak. Die Here het ons in hierdie opsig genoegsaam te hulp gekom toe Hy die hulwelik ingestel het en die eenwording wat onder sy gesag begin is, ook met sy seën geheilig het. Dit is dus duidelik dat enige ander verbintenis buite die huwelik deur Hom vervloek is. Die huweliksverbintenis is juis as 'n noodmiddel ingestel om te verhoed dat ons in teuellose wellustigheid sou uitbars. Laat ons onsself dus nie mislei wanneer ons hoor dat 'n man nie sonder die vloek van God buitehuwelikse gemeenskap met 'n vrou mag hê nie.

42. Die Gronde waarop die ongehude staat geregverdig kan word.170🔗

Aangesien ons vanweë die toestand van die natuur en as gevolg daarvan dat die bose luste in ons na die val ontbrand het, die samesyn met 'n vrou dubbel nodig het, behalwe die mense vir wie God met sonderlinge genade daarvan vrygestel het, moet elkeen let op dit wat aan hom gegee is. Ek erken dat maagdelikheid 'n deug is wat nie gering geskat moet word nie. Aangesien dit sommiges egter ontsê en aan andere net tydelik gegun is, moet die wat hulleself met moeite kan beheer en in die stryd nie daaroor kan seëvier nie, hulp soek in die huwelik om sodoende in die loop van hulle roeping kuisheid te beoefen. As mense wat nie kuisheid ontvang het nie, nie met die hulpmiddel wat hulle aangebied en toegestaan is, hulle eie gebrek aan seltbeheersing onderskraag nie, is hulle weerstrewig teen God en hulle verset hulle teen God se verordening. En niemand moet nou teen my mor - soos baie mense vandag doen dat hy tot alles in staat is omdat hy deur die bystand van God onderskraag word nie.171 God se hulp is trouens net beskikbaar vir die wat in sy weë wandel: dit beteken in sy roeping. Hiervan wyk almal af wat God se bystand verbygaan, probeer om hulle behoeftes self te bowe te kom en met ydele onbesonnenheid daarteen te stry. Die Here verklaar trouens dat selfbeheersing een van daardie sonderlinge gawes van God is wat nie sonder onderskeid en ook nie aan die hele liggaam van die kerk toegeken word nie maar slegs aan 'n handjievollidmate. Want Hy meld ten eerste 'n sekere groep mense wat hulleself ontman het ter wille van die koninkryk van diehemele, dit is om meer ongehinderd en ongebonde vry te wees vir die dinge van die koninkryk van die hemele. Om egter te verhoed dat iemand sou dink dat so 'n ontmanning in 'n mens se mag is, het Hy 'n rukkie vantevore aangetoon dat nie alle mense daartoe bekwaam is nie maar slegs dié aan wie dit besonderlik uit die hemel gegun is.172 Daaruit kom Hy tot die slotsom: "Wie dit kan verstaan, laat hom dit verstaan".173 Paulus verklaar dit nog duideliker wanneer hy skryf dat elke mens sy besondere gawe van God het, die een só en die anderweer anders.174

43. Dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.🔗

Ons word dus deur Christus se openlike verklaring vermaan dat dit nie in elkeen se verrnoë is om sy kuisheid in die ongehude staat te behou nie, selfs al sou hy hom met ywer en inspanning daarop toelê, maar dat dit sonderlinge genade van God is wat Hy net aan bepaalde mense gun, om hulle onbelemmerd vir sy werk te hou. Dan stry ons mos teen God en die natuur wat deur Hom ingestel is, as ons ons lewenswyse nie volgens die maat van ons verrnoë inrig nie, of hoe? Die Here verbied hoerery hier. Hy eis dus reinheid en ingetoënheid van ons. Daar is net een manier waarop ons dit kan bewaar, en dit is dat elkeen homself na sy eie geringe maat moet meet. Niemand mag die huwelik blindelings verag asof dit iets is wat vir hom nutteloos en oorbodig is nie. Niemand mag die ongehude staat verkies nie, tensy hy sonder 'n eggenote kan klaarkom. Daarin mag hy die rustigheid of die gerief van sy vlees nie in  ag neem nie, maar sy doel daarmee moet slegs wees om vaardiger en parater te wees vir die volle pligsvervulling van sy godsvrug wanneer hy van hierdie band vry is.175  En omdat hierdie weldaad net vir'n beperkte tyd aan baie mense gegun word, moet hy hom slegs so lank van die huwelik weerhou as wat hy bekwaam is om sy ongehude staat vol te hou. As sy kragte te kort skiet om sy luste te tem, moet hy besef dat die noodsaaklikheid om te trou deur die Here op hom gelê is.

Die apostel bewys dit trouens wanneer hy gelas dat elkeen sy eie eggenote moet hê om hoerery te ontwyk en dat elke vrou haar eie eggenoot moet hê. 176 Net so sê hy: "Maar as hy hom nie kan beheers nie, moet hy in die Here trou".177

In die eerste plek gee hy te kenne dat 'n groot klomp mense aan die gebrek van onbeheerstheid blootgestel is. Ten tweede sonder hy niemand van die wat so blootgestel is, uit nie, maar hy gebied hom om sy toevlug te neem tot die enigste middel waarmee hy sy onkuisheid kan weerstaan. As die mense wat hulleself dus nie kan beheers nie, nalaat om hulle swakheid so te genees, sondig hulle juis omdat hulle die bevel van  die apostel nie gehoorsaam nie. Niemand wat nog nie 'n vrou aangeraak het nie, mag homself daarmee vlei asof hy nie van onkuisheid aangekla kan word terwyl sy gemoed intussen innerlik van wellus brand nie. Paulus beskrywe ingetoënheid trouens as reinheid van die gees wat ten nouste aan die kuisheid van die liggaam verbonde is. Hy sê. "'n Ongehude vrou dink oor die dinge wat aan die Here behoort, hoe om na liggaam en gees heilig te wees".178 Wanneer hy dus die gebod hierbo met 'n rede bevestig, sê hy nie slegs dat dit beter is om te trou eerder as om jouself te verontreinig deur met 'n hoer om te gaan nie,179 maar hy sê dat dit beter is om te trou as om van begeerte te brand.180

44. Die Here eis kuisheid en verdoem alles wat daarmee in stryd is.🔗

As huweliksgenote verder weet dat hulle huweliksband deur die Here geseën is, word hulle daardeur vermaan dat hulle dit nie met onbeheerste en ongebonde wellus mag besmet nie. Want as die eerbaarheid van die huwelik die skande van onbeheerstheid bedek, behoort dit nie daarom dadelik 'n prikkel tot onkuisheid te wees nie. Daarom moet huweliksgenote nie dink dat alles vir hulle geoorloof is nie, maar elke eggenoot moet hom sober teenoor sy vrou gedra en die vrou teenoor haar man. Hulle moet so optree dat hulle hoegenaamd niks toelaat wat die eerbaarheid en selfbeheersing van die huwelik nie waardig is nie. Want so moet 'n huwelik wat in die Here gesluit is, tot matigheid en ingetoënheid gebring word dat dit nie in uiterste bandeloosheid ontaard nie. Ambrosius het hierdie bandeloosheid wel met 'n ernstige maar tog nie 'n onpaslike uitdrukking nie gebrandmerk toe hy iemand wat hom in sy huweliksomgang geensins oor skaamte of eerbaarheid bekommer nie, 'n owerspeler van sy eie eggenote genoem het.181

Laastens moet ons nadink oor wie hierdie Wetgewer is wat hoerery vervloek. Dit is Hy wat volgens sy eie reg ongeskondenheid van ons siel, ons gees en ons liggaam van ons eis, aangesien Hy ons volledig behoort te besit. Wanneer Hy hoerery dus verbied, verbied Hy terseldertyd dat ons met uitspattige versiering van ons liggaam, met onsedelike gebare en onrein taal vir iemand anders se kuisheid 'n strik stel. Want Archelaüs se opmerking teenoor 'n jong man wat verwyf en uitermatig uitspattig  geklee was, is nie ongegrond nie. Hy het naamlik gesê dat dit nie saak maak in watter opsig iemand onkuis is nie.182 Ons sien immers op na God, wat alle onreinheid verafsku, in watter deel van ons siel of ons liggaam dit ook al te voorskyn kom. En om geen twyfel daaroor te laat nie moet 'n mens daaraan gedagtig wees dat kuisheid hier deur God aan ons opgedra word. As die Here kuisheid van ons eis, verdoem Hy alles wat daarmee in stryd is. As 'n mens dus na gehoorsaamheid strewe, mag sy gees binne-in hom nie van verkeerde begeerte brand nie, sy oë mag nie in bedorwe emosies teuelloos wees nie, hy mag sy liggaam nie as 'n verleiding versier nie, met sy tong mag hy sy verstand nie met onkuise  taal verlei om dergelike begeertes te bedink nie, en hy mag sy keel nie met gulsigheid daartoe aanvuur nie. Want sulke ondeugde is soos vlekke waardeur die reinheid van kuisheid besmet word.

Jy mag nie steel nie.183🔗

45. Die Doel van die Agste Gebod🔗

Die doel van die gebod is dat ons aan elkeen moet gee wat hom toekom,(184 want ongeregtigheid is vir God 'n gruwel. Dit kan soos volg saamgevat word: Ons word verbied om begerig 'n ander se goed aan te gaap; en daarom word ons gebied om ons getrou daarop toe te lê om elkeen se eiendom vir hom te bewaar. Want ons moet só daaroor dink: dat elkeen die eiendom wat hy besit, nie bloot toevallig bekom het nie maar dat die Allerhoogste, die Here van alle dinge, dit aan ons uitgedeel het, en dat ons dus nie iemand se eiendom met bose streke kan bekom sonder om God se verdeling ter syde te stel nie.

Daar is egter verskeie soorte diefstal. Een daarvan is diefstal met geweld, wanneer iemand 'n ander se eiendom met geweld en plunderende losbandigheid roof. 'n Tweede bestaan in kwaadwillige bedrog wanneer 'n ander se eiendom bedrieglik van hom weggeneem word. 'n Ander vorm van diefstal bestaan in bedekter skelmagtigheid, wanneer iemand se eiendom onder die dekmantel van reg van hom afgerokkel word. Nog een is in vleitaal, wanneer iemand onder die dekmantel van 'n geskenk aan sy neus gelei word.

Maar om nou nie te lank by die opnoem van die verskillende soorte diefstal stil te staan nie, moet ons weet dat ons alle listige streke waardeur ons ons naaste se eiendom en geld na ons toe laat kom, wanneer dit van opregte liefde afwyk na die begeerte om hom te mislei of die een of ander vorm van skade aan te doen, as diefstal moet beskou. Al sou hulle 'n ander se eiendom in 'n wêreldse hof in die hande kry, word dit nogtans deur God net so geag. Want Hy sien die winsbejag waarmee 'n listige mens die gemoed van die eenvoudige begin verstrik totdat hy hom uiteindelik in sy nette insleep. Hy sien die ongenaakbare en onmenslike wette waarmee 'n maghebber iemand wat swakker as hy is, druk en omvergooi. Hy sien die lokaas waarmee 'n skelm iemand wat onverstandig is, soos met lokaas aan 'n hoek, verlei. Dit is alles skelmstreke wat vir die oordeel van die mens verborge bly en nooit bekend word nie.

Hierdie onreg vind nie net in die geval van geld, handel of landbou plaas nie maar in alles waarop iemand geregtig is. Want ons bedrieg ons naaste uit sy goed as ons hom die pligte weier waarmee ons aan hom verbind is. As 'n bestuurder of 'n lui opsigter sy werkgewer se eiendom verkwis en hy nie daarop toegespits is om sy finansies te versorg nie, as hy die middele wat aan hom toevertrou is, ten onregte verkwis of uitspattig verspil; as 'n werknemer sy werkgewer bespot, as hy sy geheime openbaar maak, as hy in enige opsig sy lewe of sy goed verraai; as 'n werkgewer aan die ander kant sy werknemers onmenslik teister, beskou God dit alles as diefstal. Want iemand wat nie sy plig wat hy volgens sy roeping aan ander verskuldig is, volbring nie, weerhou en ontneem 'n ander sy goed.

46. 'n Breë verklaring van die inhoud van die Agtste Gebod.🔗

Ons sal die gebod dus na behore gehoorsaam as ons heeltemal met ons eie besittings tevrede is en nie belangstel om iets anders as eerlike en wettige wins te maak nie, as ons nie daarna jaag om ons met onreg te verryk nie en ons nie inspan om ons naaste van sy eiendom weg te skeur om ons eie goed te laat aangroei nie, as ons ons nie inspan om rykdomme wat wreed uit 'n ander se bloed gepers is, op te stapel nie, as ons nie onbeheers van alle kante af met reg of onreg besittings bymekaarskraap om ons gierigheid te versadig of ons kwistigheid te bevredig nie.

Aan die ander kant moet ons doel voortdurend wees om almal getrou met raad en daad by te staan om te behou wat aan hulle behoort. As ons met onbejroubare en bedrieglike mense te doen het, moet ons bereid wees om eerder iets van ons eie af te staan as om met hulle te twis. En nie alleen dit nie, maar as ons sien dat ons naaste deur nooddruf gedruk word, moet ons hulle nood deel en hulle behoefte met ons eie oorvloed verlig. Ten slotte moet elkeen daarop let in hoeverre hy volgens sy amp teenoor andere verplig is, en wat hy aan hulle verskuldig is, moet hy te goeder trou vereffen.

Daarom moet 'n volk almal wat oor hulle gestel is, eer, hulle heerskappy gelate verdra, hulle wette en bevele gehoorsaam en niks weier wat hulle met God se goedkeuring kan doen nie.185 Aan die ander kant moet die owerhede sorg dra vir hulle onderdane; hulle moet die openbare vrede bewaar, die goeie mense beskerm en die slegtes aan bande lê; hulle moet alles so bestuur asof hulle aan God, die allerhoogste Regter, van hulle werk rekenskap sal gee.186

Dienaars van die kerk moet hulle getrou op die bediening van die Woord toelê en die leer van die saligheid nie vervals nie187 maar suiwer en opreg aan die volk van God oordra. En nie alleen in die leer nie maar ook met die voorbeeld van hulle eie lewe moet hulle hulle onderwys. Hulle moet hulle regeer soos goeie herders hulle skape.188 Op hulle beurt moet die volk hulle as boodskappers en apostels van God aanvaar en aan hulle die eer betoon wat die allerhoogste Meester hulle waardig geag het, en aan hulle die dinge voorsien wat vir hulle lewe nodig is.189 Ouers moet hulle kinders voed, regeer en onderrig as kinders wat deur God aan hulle toevertrou is. Hulle moet hulle gemoedere nie met wreedheid verbitter en hulle van hulle afkerig maak nie maar hulle met sagsinnigheid en verdraagsaamheid wat hulle rol as ouers pas, vertroetel  en omhels.190 Tevore is alreeds gesê hoe kinders hulle ouers moet eerbledig.191 Die jongeres moet die oues van dae hoogag, omdat dit die Here se wil is dat hulle ouderdom geëer moet word. Die oues moet ook die swakheid van die jeug met hulle wysheid en ervaring, waarin hulle kragtiger as die jeug is, lei en hulle nie met ergerlike en luidrugtige verwyte aanval nie maar hulle strengheid met vriendelikheid en tegemoetkomendheid temper.

Werknemers moet hulle werkgewers toegewyd en onderdanig gehoorsaam, en dit nie net op die oog af nie maar van harte asof hulle werknemers van God self is. Werkgewers moet nie bot en stuurs teenoor hulle werknemers optree nie, hulle nie met uitermatige hardvogtigheid  mishandel of hulle beledig nie. Hulle moet eerder erken dat hulle werknemers hulle broers is en hulle werknemers onder die Here van die hemele, wat hulle van hulle kant lief moet hê en menslik moet behandel.192

Ek herhaal: elkeen moet by homself nadink wat hyvanweë sy rang en posisie aan sy naastes verskuldig is, en hy moet sy skuld teenoor hulle vereffen. Verder moet elkeen altyd sy verstand na die Wetgewer wend, sodat ons kan weet dat hierdie reël vir sowel ons siel as ons hande ingestel is, sodat ons siel en hande ander se belange en voordele ywerig kan beskerm en bevorder.

Jy mag nie teen jou naaste vals getuig nie.193🔗

47. Die Doel van die Negende Gebod.🔗

Die doel van die gebod is dat ons die waarheid sonder bedrog onder ons moet hoogag, omdat God, wat self Waarheid is, die leuen vervloek. Samevattend kom dit dus hierop neer: Ons mag niemand se naam met valse beskuldigings en laster skend nie en sy waardigheid met leuentaal aantas nie. Kortom: Ons mag niemand uit 'n begeerte om hom sleg te sê of uit 'n begeerte van wreedheid skade berokken nie. Met die verbod hang ook die bevel saam dat ons, sover dit binne ons verrnoë is, aan elkeen getroue bystand moet verleen om die waarheid te handhaaf en om die ongeskondenheid van sy naam en sy goed te beskerm.

Klaarblyklik wou die Here die betekenis van sy gebod met die volgende woorde in Eksodus 23 verduidelik: "Jy mag nie 'n valse gerug rondstrooi nie, jy mag jou nie met 'n goddelose verbind om ter wille van hom valse getuienis af te lê nie".194 Net so: "Jy moet die leuen ontvlug".195 Elders roep Hy ons nie alleen van die leuen terug in soverre dat ons nie valse beskuldigers en skindertonge onder die volk mag wees nie196 maar ook dat niemand sy broer mag bedrieg nie.197 Hy waak trouens in afsonderlike gebooie teen albei hierdie vergrype. Daar kan tewens geen twyfel daaroor bestaan dat Hy soos Hy in die voorafgaande gebooie wreedheid, onkuisheid en gierigheid aan bande gelê het, hier valsheid net so bedwing nie. Soos ons tevore opgemerk het, bestaan dit uit twee dele. Want ons sondig teen die goeie naam van ons naaste uit kwaadwilligheid of goddelose afgunstigheid, of ons skaad die voordeel van onsnaastes deur te lieg en soms selfs deur hulle te versmaad. Dit maak nie saak of jy dink dat hier van plegtige getuienis voor 'n wêreldse hof melding gemaak word en of dit die gewone getuienis is wat in persoonlike gesprekke voorkom nie. Dit kom immers altyd op dieselfde neer, naamlik dat by wyse van voorbeeld uit elke soort sonde net een voorgehou word, waarop die res ook van toepassing is, maar dat die sort sonde in besonder voorkeur geniet waarin die skande van die sonde die meeste na vore kom. Tog moet ons die gebod oor die algemeen uitbrei tot laster en verkeerde afguns waarmee ons naaste ten onregte uitgekryt word, want valse getuienis in 'n wêreldse hof is nooit sonder 'n valse eed nie. In die derde gebod is meineed genoegsaam teengegaan in soverre dit God se Naam ontheilig en skend. Die opregte onderhouding van die gebod is dus daarin geleë dat ons tong in die verklaring van die waarheid die goeie naam sowel as die voordeel van ons naaste moet dien. Billikheid is bekend genoeg. Want as 'n goeie naam kosbaarder as al die skatte is,198 ly 'n mens nie minder skade as hy van die onkreukbaarheid van sy naam eerder as van sy besittings beroof word nie. 'n Mens slaag soms net so veel met valse getuienis as deur die berowing met sy hande om iemand se eiendom van hom los te skeur.

48. Ons oordeel, ons hoor en ons praat moet daarop gemik wees om die Eer van ons naaste te bevorder.🔗

Tog is dit verbasend met watter gemaklike onbesorgdheid mense oral in hierdie opsig sondig, sodat daar baie selde iemand gevind kan word wat nie ooglopend aan hierdie kwaal ly nie. As gevolg van die een of ander venynige onaangenaamheid skep ons soveel behae daaruit om iemand anders se sondes te ondersoek en te ontbloot. En ons moet nie dink dat dit 'n gepaste verskoning is as ons dikwels nie lieg nie. Want Hy wat jou verbied om die naam van jou broer te beklad, wil ook hê dat jy dit ongeskonde moet bewaar in soverre as wat jy dit in waarheid kan doen. Want hoewel Hy sy naam slegs teen die leuen beskerm, gee Hy tog juis daarmee te kenne dat Hy daaroor besorg is. En dat God Hom oor die naam van ons naaste bekommer behoort vir ons genoeg te wees om die naam van ons naaste ongeskonde te bewaar.

Kwaadsprekery word daarom sonder twyfel heeltemal verdoem. Onder kwaadsprekery verstaan ons nie 'n berisping wat uit ywer om te bestraf spruit nie, ook nie 'n aanklag ofbeskuldiging voor 'n hofwaardeur hulp teen die kwaad gesoek word nie, ook nie 'n openbare teregwysing wat daarop gemik is om ander sondaars skrik in te boesem nie, ook nie 'n bekendmaking van iets aan mense vir wie se welvaart dit van belang is dat hulle vooraf gewaarsku moet wees sodat hulle nie uit onkunde in gevaar beland nie, nee, ek bedoel die haatlike beskuldiging wat uit kwaadwilligheid en moedswillige vernedering spruit. Ja, hierdie gebod het ook die strekking dat ons nie 'n platvloerse poets mag bak wat in bitter beskimpings gedoop is, om ander se foute onder die skyn van 'n speletjie bitsig aan te roer nie. Dit doen sommige mense gewoonlik wat lofvir hulle spitsvondighede soek uit die verleentheid waarmee sommige bloedrooi word en selfs sug, want deur sulke wreedheid word hulle broers soms erg gekwets.

As ons dan nou ons oë na die Wetgewer sou wend, wat vanweë sy reg oor ons ore en ons gees sowel as oor ons tonge heers, sal dit sekerlik by ons opkom dat die begeerte om skinderstories te hoor en die onpaslike neiging om verkeerd te oordeel, nietemin hier verbied word. Want dit is belaglik as iemand sou meen dat God die kwaad van kwaadsprekery in 'n tong sou haat maar dat Hy die kwaadwilligheid van ons gemoed nie sou afkeur nie. As ons God dus waarlik vrees en liefhet, moet ons soveel ons kan en soveel dit moontlik is en so veel as wat die liefde toelaat, sorg dat ons nie ons tonge of ons ore vir vloekery en bitter bespotting leen nie, dat ons ook ons verstand nie toelaat om ondeurdag ongunstige verdenking te koester nie. Ons moet inteendeel regverdige vertolkers van die woorde en dade van alle mense wees en met ons oordeel, ons ore en ons tonge hulle eer in opregtheid ongeskonde bewaar.

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, ensovoorts.199🔗

49. Die Doel van die Tiende Gebod.🔗

Die doel van die gebod is dat ons elke begeerte wat teen die liefde indruis, uit ons gemoedere moet verban, omdat dit God se wil is dat ons hele gemoed met die gesindheid van liefde vervul moet wees. Samevattend kom dit dus hierop neer dat geen gedagte in ons mag insluip wat ons gemoedere deur 'n skadelike begeerte wat tot nadeel van 'n ander strek, kan beinvloed nie. Hiermee stem die gebod aan die ander kant ooreen dat alles wat ons bedink, besluit, wens of beplan, met die voordeel en welsyn van ons naaste verbind moet wees.200 Maar, soos dit lyk, kom ons hier 'n groot en ingewikkelde probleem teë. Want as dit wat ons hierbo gesê het, dan waar is, naamlik dat onder die woorde hoerery en diefstal ook die begeerte om te hoereer en ook die plan om skade te berokken en te bedrieg verbied word, kan dit oorbodig lyk dat ons daarna weer verbied word om die eiendom van iemand anders te  begeer.201 Maar ons sal hierdie knoop maklik deurhak as ons tussen plan en begeerte onderskei. Want soos ons in die bespreking van die voorgaande gebooie gesê het, is 'n plan die oorwoë instemming van die wil wanneer bose begeerte die gemoed onderwerp het. Begeerte kan sonder so 'n oorweging en instemming wees wanneer die gemoed deur ydele en verkeerde voorwerpe geprikkel en gestreel word. Soos die Here dus tot hier toe nog gebied het dat die liefdesreël oor die wil, oor ons strewes en ons werke heers, so gebied Hy nou dat ons ons oordenkinge volgens dieselfde reël moet rig dat hulle nie bedorwe en verwronge moet wees sodat dit ons gemoed nie prikkel om af te wyk nie. Soos Hy verbied dat ons gemoedere tot toorn, nyd, hoerery, roof en leuentaal beïnvloed en oorgehaal word, so verbied Hy nou dat ons gemoedere daartoe aangehits word.

50. Waar die Liefde heers, is geen plek vir bose begeerte nie.202🔗

Hy vereis inderdaad nie sonder rede so 'n groot opregtheid van ons nie.Want wie sou kon verklaar dat dit nie billik is dat al die vermoëns van die siel deur die liefde beheers word nie? As dit van die doel van die liefde afwyk, wie sou dan ontken dat dit gebrekkig is? Waaruit ontstaan dit dan dat begeertes wat vir jou broer skadelik is, jou gemoed kan inneem anders as net omdat jy hom versmaai en net jou eie belange alleen bevorder? Want as jou gemoed volkome van die liefde deurdronge is, sou geen deeltjie daarvan vir sulke verbeeldingsvlugte oopstaan nie. Dit moet dus sonder die liefde wees in soverre dit die begeerte toelaat.

Iemand sal die beswaar opper dat dit onpaslik is om fantasieë wat blindelings in die gedagte rondfladder en uiteindelik verdwyn, as begeertes wat in die hart gesetel is, te verdoem. My antwoord hierop is' dat ons hier te doen het met 'n vraag in verband met sulke fantasieë, wat, terwyl dit in die verstand ronddraai, terselfdertyd met begeerte aan die gemoed knaag en dit deurboor. Want dit kom nooit in ons gedagteop om iets te begeer nie of ons hart begin opgewonde bons. Die Here gebied dus dat ons heerlik van liefde brand, en Hy wil nie hê dat dit selfs deur die onbenulligste begeertes in die wiele gery moet word nie. Hy vereis 'n wonderbaarlik geordende gemoed, en Hy laat nie toe dat ons gemoedere selfs met ligte prikkels teen die liefdeswet in beroering gebring word nie.

Augustinus het eerste vir my die weg gebaan om dit te verstaan,203 om te verhoed dat jy miskien sou dink dat dit sonder gewigtige ondersteuning is. Hoewel dit die Here se doel was om elke bose begeerte te verbied, het Hy tog die begeerte na die dinge wat ons verbeelding met 'n valse skyn van genot die meeste aangryp, as 'n voorbeeld aan ons voorgehou. Sy doel was dus om niks aan begeerte oor te laat wanneer Hy begeerte  van daardie voorwerpe wegneem waaroor dit die meeste in verrukking en vervoering is nie.

Daar het jy nou die tweede tafel van die wet. Daarin word ons genoegsaam geleer wat ons van Godsweë aan ons medemens verskuldig is. Die hele grondslag van die naasteliefde is trouens van die nadenke oor God afhanklik. Daarom sal jy tevergeefs al die pligte wat in hierdie tafel geleer word, in iemand indril tensy jou onderwysing op die vrees en eerbied vir God soos op 'n fondament gegrond is.

Sonder dat ek daaroor praat, sal 'n verstandige leser kan oordeel dat die mense wat twee gebooie in die begeertegebod soek, verkeerdelik versnipper en uitrnekaar skeur wat net een gebod is.204 Die feit dat die woorde: "Jy mag nie begeer nie", twee keer herhaal word, doen geen afbreuk daaraan nie, want wanneer Hy die huis van ons naaste aan ons voorgehou het, noem Hy die dele daarvan op, beginnende by jou naaste se vrou. Daaruit is dit duidelik dat ons dit kontekstueel as 'n eenheid moet lees, soos die Jode tereg doen. Dit is ook duidelik dat God samevattend gebied dat alles wat iemand besit, veilig en ongedeerd moet bly en nie alleen sonder onreg ofbose lus om hom te bedrieg moet wees nie maar ook sonder die geringste begeerte wat ons gemoedere onrustig kan maak.

51. Die Doel van die Wet is die vervulling van geregtigheid.🔗

Nou kan ons maklik oordeel wat die doel van die wet in sy geheel is, naamlik die vervulling van geregtigheid sodat dit die mens se lewe in vergelyking met die voorbeeld van God se reinheid kan vorm. Want God het sy eie aard daar so afgeteken dat as iemand met sy dade alles sou uitbeeld wat daarin gebied word, hy in 'n sekere sin in sy lewe aan die beeld van God uitdrukking sou gee. Toe Moses die Israeliete aan die samevatting van die wet wou herinner, het hy daarom gesê: "En nou, Israel, wat eis die Here, jou God, van jou, as net dat jy die Here moet vrees, in al sy weë moet wandel, Hom moet liefhê, Hom met jou hele hart moet dien en met jou hele siel en dat jy sy gebooie moet bewaar?"205 Hy het ook nie daarvan afgesien om dieselfde dinge te profiteer wanneer hy die doel van die wet vir hulle moes aandui nie. Die onderwysing van die wet is dus daarop gerig om die mens deur 'n heilige lewe aan sy God te verbind en, soos Moses elders sê, te maak dat Hy Hom aanhang.206

Die volmaaktheid van sy heiligheid is verder geleë in die twee hoofaspekte wat ons reeds opgenoem het, naamlik dat ons die Here, ons God, uit ons hele hart, ons hele siel en met al ons kragte moet liefhê en ons naaste soos onsself.207 Die belangrikste hiervan is dat ons siel ten volle met die liefde vir God vervul moet word. Daaruit vloei onmiddellik die liefde teenoor die naaste voort. Dit bewys die apostel wanneer hy skryf dat die doel van die gebod liefde uit 'n rein gewete en uit 'n ongeveinsde geloof is.208 Dit beteken, om dit saam te vat, ware godsvrug, waaruit naasteliefde afgelei word.

Iemand mislei homself dus as hy meen dat ons net sekere grondbeginsels en die eerste beginsels van geregtigheid in die wet geleer word, waarmee mense soos rekrute 'n begin kan maak maar tog nie op die ware  oogmerk van goeie werke gerig kan word nie.209 Want vir die hoogste volmaaktheid kan 'n mens niks meer verlang as hierdie woorde van Moses en Paulus nie. Want, vra ek jou, waarheen wil iemand nou eintlik gaan wat nie met hierdie onderwysing tevrede is nie? Daarvolgens word die mens tog opgelei in die vrees van God, in die geestelike godsdiens, in die gehoorsaamheid aan sy gebooie, in die bewandeling van die weë van geregtigheid van die Here, kortom: in 'n rein gewete, 'n opregte geloof en liefde. Hieruit word die interpretasie van die wet bevestig wat  al die pligte van godsvrug en liefde in die gebooie daarvan naspeur en vind. Want die mense wat slegs dooie en uitgemergelde beginsels daarin soek, net asof dit God se wil maar net halfpad sou leer, hou glad nie rekening met die doel van die wet soos die apostel daarvan getuig nie.

52. Barmhartigheid, reg en geloof is die belangrikste werke van die Wet.🔗

Omdat Christus en die apostels soms die eerste tafel van die wet in die weergawe van die samevatting daarvan agterweë laat, speel baie mense se verbeelding hulle parte wanneer hulle hulle woorde op albei tafels van toepassing wil maak. In Mattheüs noem Christus barmhartigheid, reg en geloof die belangrikste werke van die wet.210 Ek het geen twyfel daaroor dat Hy met die woord geloofwaaragtigheid teenoor ons medemens aandui nie. Om sy woorde egter oor die hele wet uit te brei verstaan sommige mense daaronder eerbied teenoor God.211 Dit is sekerlik verkeerd, want Christus praat van die werke waarmee die mens moet bewys dat hy regverdig is.

As ons dit in aanmerking neem, sal ons ook ophou om verbaas te wees waarom Hy elders 'n jong man wat Hom gevra het wat die gebooie is wat ons moet onderhou om tot die lewe in te gaan, antwoord dat dit slegs die volgende is: "Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis lewer nie. Eer jou vader en jou moeder; jy moet jou naaste liefhê soos jouself.''212 Gehoorsaamheid aan die eerste tafel was immers oor die algemeen in 'n gesindheid van die hart of in seremonies geleë. Die gesindheid van 'n mens se hart kon.nie gesien word nie, en die geveinsdes het hulle dus veral op die serernonies toegelê, maar die werke van die liefde is van so 'n aard dat ons daardeur van ware geregtigheid getuig.

Ons kom dit trouens oral in die profete teë dat 'n leser wat maar net effens daarin geoefen is, daarmee vertroud behoort te wees. Want wanneer hulle die volk tot berou aanspoor, laat hulle oor die algemeen die eerste tafel weg en hulle dring aan op geloof, oordeel, barmhartigheid en regverdigheid. So gaan hulle die vrees vir God egter nie verby nie, maar hulle eis dat die volk met sigbare tekens ernstige bewys daarvan moet lewer. Dit is wel bekend dat hulle meestal op die tweede tafel aandring wanneer hulle oor die onderhouding van die wet praat, want daar kan die ywer vir geregtigheid en opregtheid veral waargeneem word. Dit is nie nodig dat ons verwysings daarvoor aanhaal nie, want elkeen kan self maklik opmerk wat ek sê.

53. Naasteliefde beteken vervulling van die Wet.🔗

Nou sal jy vra: "Dra dit dan meer gewig vir die vervulling van geregtigheid om in onskuld met jou medemens saam te lewe as om God met godvrugtigheid te eer?" Hoegenaamd nie! Maar omdat iemand die liefde met moeite in alle dinge bewaar as hy God nie opreg vrees nie, word 'n bewys van sy godsvrug ook uit sy naasteliefde geput. Hierby kom die feit dat die Here nie ons pligte net vir Homself opeis nie, aangesien Hy goed weet dat geen milddadigheid van ons kant af by Hom kan kom nie, soos Hy trouens deur sy profeet getuig. Hy oefen ons egter daarmee in goeie werke teenoor ons naaste.213 Die apostel stel die volkome volmaaktheid van die heiliges dus nie sonder rede in die liefde nie.214 Elders noem hy die liefde paslik die vervulling van die wet, en hy voeg by dat hy wat sy naaste liefhet, die wet volbring het.215 Op 'n ander plek sê hy dat die hele wet in een woord saamgevat kan word, naamlik: "Jy moet jou naaste Iiefhê soos jouself."216 Hy leer dieselfde as Christus wanneer Hy sê: "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen - net so moet  julle ook aan hulle doen. Want dit is die wet en die profete".217 Dit is seker dat die geloof en alles wat op die wettige godsdiens betrekking het, voorkeur geniet in die wet en die profete en dat die liefde 'n laer posisie by hulle beklee, maar die Here bedoel. daaronder dat daar in die wet slegs die onderhouding van reg en regverdigheid onder mense voorgeskryfword om daardeur geoefen te word om ons godvresendheid te betuig as ons iets daarvan het.

54. Nie die Liefde vir onsself nie maar liefde vir God en ons naaste beteken vervulling van die Wet.🔗

Ons moet dus hieraan vasklem dat ons lewe die beste na God se wil en na die voorskrif van die wet ingerig sal wees wanneer ons lewe in alle opsigte die meeste voordeel vir ons medemens inhou. In die hele wet kan ons nie een lettergreep lees wat vir die mens 'n reël bepaal oor die dinge wat hy tot voordeel van sy eie vlees moet doen of moet nalaat nie. En omdat die mens in elk geval so 'n geaardheid het dat hy geneig is tot groter liefde vir homself as wat hom betaam, en al sou hy van die waarheid afwyk dat hy sy liefde vir homself altyd behou, was daar in elk geval geen wet nodig om daardie liefde, wat vanself uitermatig is, nog meer vlam te laat vat nie.218 Daaruit is dit baie duidelik dat nie die liefde vir onsself nie maar die liefde vir God en ons naaste gehoorsaamheid aan die wet beteken. Dit is ook duidelik dat iemand wat so min moontlik vir homself lewe en werk, die beste en heiligste lewe, maar dat niemand slegter en onregverdiger lewe as iemand wat slegs vir homself lewe en werk, net aan sy eie belange dink en dit soek nie.219 Ja, om selfs beter te beskrywe met hoe 'n groot geneigdheid ons tot die liefde vir ons naaste aangedryf moet word, het die Here ons naasteliefde aan die maatstaf van ons liefde vir onsself gemeet, omdat daar nie 'n heftiger of kragtiger emosie as liefde vir onsself was nie. Die betekenis van sy woorde moet ook noukeurig oorweeg word. Want Hy stel eieliefde220 nie (soos sekere sofiste hulle hardnekkig verbeel) in die eerste plek en liefde teenoor ons naaste in die tweede plek nie, maar dra die gevoel van liefde wat ons van nature op onsselftoepas, na ander mense oor.221 Daarom verklaar die apostel dat die liefde nie sy eie belang soek nie.222 Hulle rede dat iets wat gereël word, altyd slegter is as die reël waarvolgens dit gereël word, moet nie soveel as 'n haar se waarde geag word nie. Want die Here het nie 'n reël vir ons liefde vir onsself neergelê, waaraan ons liefde vir ander ondergeskik is nie. Hy toon ons egter dat die gevoel van liefde wat vanweë ons natuurlike bedorwenheid gewoonlik in ons gebly het, nou ook na 'n ander moet oorgaan, sodat ons bereid kan wees oni ons naaste se welstand met nie minder vuur, hartstog en besorgdheid as ons eie ter harte te neem nie.

55. Wie is ons Naaste?🔗

Aangesien Christus in die gelykenis van die Samaritaan aangetoon het dat selfs die verste vreemdeling onder die woord naaste ingesluit word,223 is daar geen gronde waarom ons die liefdesgebod net tot bekendes moet beperk nie. Ek erken wel dat iemand wat ten nouste met ons verbonde is, met groter tegemoetkomendheid deur ons diens gehelp moet word. Want menslike redelikheid bring mee dat mense onderling aan mekaar soveel te meer diens bewys namate hulle met nouer bande van verwantskap of vriendskap of buurmanskap aan mekaar verbind is. Dit gebeur sonder enige aanstoot vir God, omdat ons deur sy voorsienigheid op die een of ander wyse hiertoe gedwing word. Maar ek verklaar dat ons die ganse mensdom sonder uitsondering met een gevoel van liefde moet omhels en dat hierin geen onderskeid tuss.en barbaar of Griek, tussen waardige of onwaardige, vriend ofvyand is nie, want ons moet nie ten opsigte van hulleself aan hulle dink nie maar ten opsigte van God.224 As ons van inagneming hiervan afwyk, is dit nie verbasend as ons in baie dwalinge verstrengel raak nie. As ons daarom die begeerte het om aan die ware beginsel van die liefde vas te hou, moet ons ons oë nie in die eerste plek op die mens rig nie, omdat so 'n aanskouing baie dikwels haat eerder as liefde oplewer; maar ons moet ons oë rig op God, wat ons gebied om die liefde wat ons aan Hom betoon, na alle mense uit te brei. Dit moet dus 'n ewige fondament wees dat ons ons naaste, hoe hy ook al is, lief moet hê, omdat ons God liefhet.

56. Die Skolastici se opvatting dat 'n mens vry is om die gebod in verband met naasteliefde te gehoorsaam of te verontagsaam, is die toppunt van onkunde.🔗

Dit was daarom die toppunt van afstootlike onkunde of kwaadwilligheid dat die Skolastici die gebooie in verband daarmee dat ons nie wraak mag soek nie en dat ons ons vyande moet liefhê, as raadgewings opgedis het waarvolgens dit 'n mens dan vry sou staan om dit te gehoorsaam of nie te gehoorsaam nie.225 Dit is gebooie wat die Jode vroëer geleer het en wat ook aan al die Christene saam geleer is. Hulle het egter die noodsaaklikheid om daaraan gehoorsaam te wees op die monnike afgeskuif, omdat hulIe, al was dit dan om hierdie een enkele rede, regverdiger sou wees as gewone Christene, omdat hulle hulle vrywillig verbind het om dié raadgewings te volg.226 Hulle voer ook 'n rede aan waarom hulle dit nie as wette kan aanvaar nie. Hulle sê naamlik dat dit darem alte lastig en swaar lyk, in besonder vir Christene, wat onder die wet van die genade is!227 Ja, waag hulle dan nie so om die ewige wet van God in verband met naasteliefde af te skaf nie? Of is daar êrens in die wet so 'n onderskeid? Kom daarin dan nie eerder oral gebooie voor wat ten strengste van ons vereis dat ons ons vyande moet liefhê nie? Want wat is die feit dat ons gebied word om ons vyand te voed as hy honger het, anders as 'n gebod;228 of as sy osse of sy esels verdwaal het, hulle op die regte pad te stuur of wanneer hulle onder hulle laste gaan lê, hulle op te tel?229 Moet ons dan aan sy diere goed doen sonder om welwillend teenoor hom te wees? Hoe dan nou? Is die woord van die Here dan nie ewig nie: "My kom die wraak toe; Ek sal vergeld".230 Elders word dit nog duideliker gestel: "Jy mag nie wraakgierig wees nie, en jy mag nie die onreg van jou medeburgers in gedagte hou nie".231 Hulle moet dit uit die wet skrap of erken dat die Here 'n Wetgewer was, en hulle moet nie 'n leuen vertel dat Hy 'n Raadgewer was nie.

57. Die Skolastici se interpretaste van die woord 'Wet' is verkeerd.🔗

En wat, vra ek jou, beteken die uitdrukking wat hulle waag om met hulle lawwe interpretasies te bespot? "Jv moet jou vyande liefhê; doen goed aan die wat julle haat; bid vir die wat julle vervolg; seën die wat julle vervloek, sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is."232 Wie sou nie saam met Chrysostomos redeneer dat uit so 'n noodsaaklike rede noodwendig blyk dat dit nie blote aansporings is nie  maar gebooie?233 Wat bly daar nog vir ons oor wanneer ons uit die getalle van die kinders van God uitgewis word? Maar volgens hulle sal net die monnike kinders van ons hemelse Vader wees en hulle alleen kan waag om God as Vader aan te roep! Wat word intussen van die kerk? Volgens dieselfde reg sal dit op die heidene en tollenaars afgeskuif word! Want Christus sê: "As julle goed doen aan julle vriende, waarom verwag julle dan genade daarvoor? Doen die heldene en tollenaars dan nie dieselfde nie".234 Dit sal inderdaad goed met ons gaan as mense ons die naam Christene laat hou maar die erfdeel van die koninkryk van die hemele van ons weggeneem word!

Augustinus se redenasie is ewe onomstootlik. Hy sê: "Wanneer die Here hoerery verbied, verbied Hy ons om die vrou van ons vyand sowel as die vrou van ons vriend aan te raak. Wanneer Hy diefstal verbied, laat Hyons glad nie toe om van vriend of van vyand te steel nie".235 Paulus groepeer hierdie twee, naamlik dat jy nie mag steel nie en nie mag hoereer nie, onder die liefdesreël. Ja, hy leer ook dat dit ingesluit word onder die gebod: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself".236 Paulus moes dit dus vals uitgelê het, of daaruit moet noodwendig afgelei word dat ons volgens die gebod ook ons vyande soos ons vriende lief moet hê.

Mense wat die gemeenskaplike juk van die kinders van God so willekeurig afskud, toon dus dat hulle waarlik kinders van die Satan is. 'n Mens kan wel twyfel of hulle hierdie leer met groter onnoselheid of met groter onbeskaamdheid die lig laat sien het. Want daar is niemand van die skrywers van die ou tyd wat nie in verband hiermee verklaar dat dit wesenlike voorskrifte is wat soos 'n paal bo water staan nie. Selfs nie eens in Gregorius se tyd was daar enige twyfel daaroor nie - soos uit sy selfversekerde verklaring blyk. Hy beskou dit immers ongetwyfeld as gebooie.237 Hoe stompsinnig redeneer hulle tog niet Hulle sê dat dit 'n las is wat te swaar is vir Christene! Net asof iets swaarder bedink kan word as om God uit jou hele hart, uit jou hele siel en met al jou kragte lief te hê! Asdit met die wet vergelyk word, moet alle dinge as maklik beskou word - of jy nou ook al jou vyande moet liefhê of elke begeerte om wraak te neem uit jou gemoed moet wegruim. Vir ons swakheid is alles in elk geval moeilik en swaar, selfs die geringste deeltjie van die wet. Dit is die Here in wie ons kragtig is. Mag Hy ons gee wat Hy gebied, en mag Hy gebied wat Hy wil.238 Die feit dat die Christene onder die wet van die genade is, beteken nie dat hulle onbeteueld sonder die wet mag rondploeter nie maar dat hulle in Christus ingelyf is, deur wie se genade hulle van die vloek van die wet verlos is en deur wie se Gees die wet op hulle harte geskrywe is.239 Paulus het hierdie genade in oneintlike sin 'n wet genoem, terwyl hy sinspelend na die wet van God verwys, wat hy by wyse van vergelyking daarteenoor gestel het.240 Maar onder die word wet filosofeer hulle oor niks nie.

58. Die Heilige Skrif is die weegskaal na aanleiding waarvan God ons sondes weeg.🔗

Die feit dat hulle beide die bedekte goddeloosheid wat strydig is met die eerste tafel en 'n oortreding wat regstreeks teen die laaste gebod begaan word, 'n vergeeflike sonde noem, berus op dieselfde redenasie.

Want hulle beskrywe dit soos volg: "Dit is 'n begeerte sonder voorbedagte instemming, wat nie lank in ons harte bly nie."241 Sover dit my aangaan, verklaar ek dat geen begeerte in ons hart kan opkom anders as weens 'n gebrek aan die dinge wat in die wet vereis word nie. Ons word verbied242 om vreemde gode te hê. Wanneer ons verstand deur die werking van ons wantroue verslae is en rondkyk na 'n ander god; wanneer dit deur 'n plotselinge begeerte om sy geluksaligheid op 'n ander god oor te dra aangedryf word, waaruit ontstaan die emosies wat toegegee makiik verdwyn, anders as uit die feit dat daar in ons siele 'n plek ontruim is om sulke versoekings daarin te verwelkom? Om nie die redenasie te lank uit te rek nie: die gebod eis dat ons God met ons hele hart, met ons hele verstand en met ons hele siel moet liefhê. As al die vermoëns van ons siel dus nie op die liefde vir God gerig is nie, het ons alreeds van die gehoorsaamheid aan die wet afgewyk. Want die vyande wat in ons stele teen sy koninkryk opstaan en sy gebooie weerstrewe, bewys alreeds dat die troon vir God nog nie in ons gewete goed gevestig is nie. Ons het inderdaad alreeds aangetoon dat die laaste gebod eintlik hiertoe dien.243 Het die een of ander begeerte ons gemoed geprikkel? Dan is ons reeds skuldig aan begeerte en word ons oortreders van die wet omdat die Here ons nie alleen verbied om iets wat vir iemand anders skadelik kan wees, te bedink of te beplan nie maar selfs om deur die begeerte daartoe geprikkel te word of daarvan te brand. En op die oortreding van die wet rus God se vloek altyd.

Daar is dus geen rede om selfs die ligste begeerte van die oordeel van die dood vry te stel nie. Augustinus sê dat ons in die evaluering van die sonde nie bedrieglike weegskale vorendag moet haal om daarop na ons goeddunke te weeg wat en hoe ons wil en te sê: "Hierdie sonde is swaar en daardie een lig" nie: maar ons moet die weegskaal van God uit die heilige Skrif neem soos uit die skatte van die Here en daarop moet ons weeg wat swaarder is - of liewer ons moet dit nie weeg nie maar die gewig erken van dit wat deur die Here geweeg is.244

Maar wat sê die Skrif? Wanneer Paulus die dood die loon van die sonde noem,245 toon hy dat hy nie hierdie verrotte onderskeid geken het nie. Aangesien ons meer as wat ons hoort, tot geveinsdheid ge neig is, moet 'n middel nie nog bygevoeg word om ons trae gewete nog verder te streel nie.

59. "Elkeen wat die minste van die gebooie oortree en die mense so leer ... "🔗

Het hulle tog maar nagedink oor die betekenis van hierdie woorde van Christus: "Elkeen wat een van die minste van die gebooie oortree en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele''246 Maar tel hulle nie onder sulke mense wanneer hulle waag om die oortreding van die wet so uit te brei asof dit die dood nie meer sou verdien nie? Hulle moes gelet het, nie doodeenvoudig op dit wat gebied word nie, maar op wie dit is wat dit gebied het, want in elke oortreding van die wet, hoe gering dit ook al is, word aan sy gesag afbreuk gedoen. Of is dit vir hulle van weinig belang dat God se majesteit in enige opsig geskend word? As God verder sy wil in die wet geopenbaar het, mishaag Hom alles alles wat strydig is met die wet. Verbeel hulle hulle dan dat die toorn van God so sonder wapens is dat die doodstraf nie onmiddellik daarop sou volg nie? God het self duidelik daaroor uitspraak gelewer - as hulle hulle maar net so ver bring om na sy stem te luister eerder as om sy helderklare waarheid met hulle onnosel spitsvondighede te vertroebel. Hy sê: "Die siel wat sondig, sal sterwe".247 Die verwysing wat ek 'n rukkie tevore aangehaal het,248 is net so: "Die loon van die sonde is die dood".249 Hulle hou egter vol dat dit waarvan hulle erken dat dit sonde is, omdat hulle dit nie kan ontken nie, nograns nie die dood verdien nie. Laat hulle tog nou eenmaal wysheid leer omdat hulle hulle tot nou toe meer as genoeg aan waansinnigheid oorgegee het! Maar as hulle in hulle kranksinnigheid volhard om die gebooie vaarwel toe te roep, moet die kinders van God weet dat elke sonde die dood verdien. Hulle opvatting kom immers in opstand teen die wil van God omdat dit sy toorn noodwendig uitdaag. Dit is tewens 'n oortreding van die wet waaroor die oordeel van God sonder uitsondering uitgespreek is: die sondes van die heiliges kan egter vergewe word, nie vanweë hulle eie natuur nie maar omdat hulle deur die barmhartigheid van God vergifnis verkry.

Endnotes🔗

  1. ^ Inst. 1.7.1-2 (Afr. vert. 1:154-156).
  2. ^ Inst. 1.1.2 (Afr. vert. 1:114-115).
  3. ^ Inst. 2.1-6 (Afr. vert. 2:349-475)
  4. ^ Die inwendige wet verwys hier na die natuurwet, soos dit in die gewete van elke mens ingeprent is. Calvyn beskou die tien gebooie as Godgeskrewe wet wat die natuurwet in die gewete van almal toelig. Vgl. i.v.m. die standpunt van die Roomse Kerk Thomas, Summa Theol. 1,2.98 (Marietti 2:456) asook n. 1 en 2 vir die ontwikkeling van die begrip. Let op die verskil tussen: ius en lex in Friedberg 1:1. Calvyn gee sy standpunt hieroor by verskeie geleenthede in sy kommentare en preke weer (bv.OC 27:568; 34:503; 24:209-260).
  5. ^ Inst. 2.2.22 (Afr. vert. 2:397, n. 153).
  6. ^ (Rom. 6:12.)
  7. ^ Marg. Levit. 18.a.5.
  8. ^ Marg. Ezech. 18.a.4 & c.20.
  9. ^ Marg. Levit. 26.a.4; Deut. 28.a.1
  10. ^ Vgl. Inst. 2.5.10; 2.7.4 (Afr. vert. 2:452, 481).
  11. ^ Inst. 3.17.1-3, 6, 7.
  12. ^ Vgl. Inst. 1.4.3 (Afr. vert. 1:127, 0.12).
  13. ^ Marg. Deut. 12.d.28. Vgl. ook Deut. 12:32.
  14. ^ Marg. Deut. 4.b.9.
  15. ^ Marg. Lib. 4. de ei. Dei cap. 12. de bono coniugali. Contra aduersarios Legis & Prophetarum. Augustinus, De civ. Dei 14.12 (MPL 41:420; CSEL 40,2:30; CCSL 48:434); De bono conjugali 23.30 (MPL 40:393; CSEL 41:225); Contra adversarium legis et prophetarum 1.14.19 (MPL 42:613).
  16. ^ Inst. 2.7.1-12 (Afr. vert. 2:476-492).
  17. ^ In dieselfde gees as die res van hierdie seksie het Luther reeds 'n skerp onderskeid gemaak tussen die "geregtlgheid van die mense" (d.i. geregtigheid wat voor die mense kan bestaan), wat uit ons en ons werke voortkom, en "die geregtlgheid van God". Vgl. sy opmerkings by Rom. 1:17 (WA57:133).
  18. ^ Vgl. Plato, Nomoi 11.862 (LCL, Plato, Laws, 2:228 e.v.).
  19. ^ Marg. Rom. 7.c.14. Vgl. Calvyn, Com. in ep. Pauli ad Rom. 7:14 roe 49:128-129).
  20. ^ Marg. Matth. 5.c.21, & d.24, & g.43. Vgl. ook Matt. 5:28.
  21. ^ (Vgl. ook 1 Joh. 3:15.)
  22. ^ Thomas, Summa Theol. 1,2.91.5 en 98.1 e.v. (Marietti 2:426 e.v.; 456 e.v.): Melanchthon, Loci. com. (CR 21:147).
  23. ^ (Matt. 16:6, 11-12.)
  24. ^ ... instar Lesbiae regulae. Fr.: ... les tournant çà et là à nostre platsir (Benoit 2:141). Die stylfiguur verwys na die inwoners van die eilandjie Lesbos, wat 'n valse maatstok van lood in hulle berekenings gebruik het. Vgl. Calvyn, De scandalis (OC 8:78) en Aristoteles, Eth. Nic. 5.10.7 uci, 216); REW 12,2:2107 e.v.
  25. ^ Fr. +: comme si elle estoit incertaine (Benoit 2:141).
  26. ^ 'n Sinekdogee is 'n stylfiguur waarby 'n geheel deur 'n deel aangedui word. Vgl. Augustinus, De doctr. Christ. 3.50.35 (MPl 34:86).
  27. ^ (Eks. 20:3; Deut. 5:7.)
  28. ^ (Eks. 20:13.)
  29. ^ (Eks. 24:12; 2 Kor. 3:3); Calvyn, Com. in ep. secundam ad Oorintmos 3:3 (OC 50:37-38).
  30. ^ Marg. Malt. 22.d.37. Luc. 10.c.27. Vgl. Calvyn, Com. in harmoniam evangelicam 22:37-40 (Oe 45:611-616)
  31. ^ Die Roomse en die Lutherse Kerk het hierdie verdeling van Petrus Lombardus gevolg. Vgl. Lombardus, Sent. 3.37.1-2 (MPL 192:830 e.v.). Vgl. ook Thomas, Summa Theol. 1,2.100.4 (Marietti 2:469); Luther, Betbüchlein (WA 10,2:377 e.v.).
  32. ^ Cyrillus Alexandrinus, Pro sancta Christianorum religione adversus Iulianum 5 (MPG 76:733); Hesychius, Com. in Leuit. 7.26 (MPG 93:1150).
  33. ^ Marg. Orig. in Exo. lib. 3. Origenes, In Exodum homil. 8.2, 3 (MPG 12:351 e.v.).
  34. ^ Augustinus, Contra duas ep. Pelag. ad Bonif 3.4.10 (MPL 44:594; CSE'L 60:496 e.v.). Hierdie deel is weggelaat uit die Fr. teks. Sans doute Ie fait d'une - inadvertance (Benoit 2:145).
  35. ^ Marg. Lib. 2. quaest. Vet. test. Augustinus, Quaestiones in Heptateuchum 2.71 (MPl 34:620-621).
  36. ^ Vgl. die anonieme Eruditi commentarii in Matthei Evangelium opus imperfectum, gepubliseer saam met die Homiliae van Chrysostomos, Hom. 49 (MPG 56:910).
  37. ^ Josephus, Antiquitates Iud. 3.5.8.101; 3.6.5.140 (LCL, Josephus 4:364 e.v.; 380 e.v.).
  38. ^ Marg. Matt. 19,c.19.
  39. ^ (Eks. 20:2-3). 1984 Afr. vert.: plek van slawerny .. jy mag naas My geen ander gode hê nie.
  40. ^ Iehovah.
  41. ^ Marg. Rom. 11.d.36.
  42. ^ Marg. Iere. 31.f33.
  43. ^ Marg, Matth. 22.d.32.
  44. ^ Kyk Inst. 2.10.10-18 (Afr. vert. 2:579-590).
  45. ^ Marg. Deut. 7.a.6 & 14.a.2, & 26.d.18.
  46. ^ Marg. Levit. 19,a.2.Vgl. ook Lev. 11:44; 1 Pet. 1:16.
  47. ^ Marg. Malach. l.b.6. Maleagi 1:6.
  48. ^ Vgl. Inst. 1.4.3 (Afr. vert. 1:127).
  49. ^ Marg. Exod. 3.b.6.
  50. ^ Marg. Amos. 1.a.2, Habac. 2.d.28; Psal. 80.a.2 & 99.a.l. Iesa. 37.e.16 (recte: Hab. 2:20).
  51. ^ (Eks. 20:3; Deut. 5:7.)
  52. ^ Fr. +: car c 'est un hommage spirituelle qui se rend à lui comme souuerain Roy, et ayant toute supëriorité sur noz ämes (Benoit 2:149).
  53. ^ Vgl. Calvyn, Com. in acta apost. 17:17 (OC 48:404).
  54. ^ Vgl. Inst. 1.10.3; 1.13.1 (Mr. vert. 1:184; 211-212).
  55. ^ Vgl. Inst. 1.12.3 (Mr. vert. 1:209,210).
  56. ^ (Eks. 20:4-5; Deut. 5:8-9.)
  57. ^ Marg. Deut. 4.c.15 (recte: Deut. 4:17, 19).
  58. ^ Augustinus wys op dieselfde dwaling in De ciu. Dei 19.23 (MPL41:654; eSEL40,2:417; CCSL48:691).
  59. ^ Inst. 1.11.2,12 (Mr. vert. 1:186-187; 199).
  60. ^ Marg. vel,fortem. nam hoc Dei nomen a fortitudine ductum est. (of 'magtig', want hierdie naam van God is van 'krag' afgelei.)
  61. ^ (Eks. 20:5-6; Deut. 5:9-10.)
  62. ^ (Ef. 5:28-32.)
  63. ^ Dit is 'n regstegniese term. Vgl. REW 3A2:2540 e.v.
  64. ^ (Jer. 3: Hos. 2:4 e.v., Jes. 62:4-5.)
  65. ^ (Hos. 2:19-20.)
  66. ^ Vgl. Caluyn se Kategismus, (Simpsonvert., vraag 153, p. 29); vir die Latynse teks kyk oe 6:58.
  67. ^ Marg. Ezec. 18.e.20.
  68. ^ Marg. Nume. 14.e.8 (recte: Num 14:18). Vgl. ook Eks. 34:6-7.
  69. ^ Marg.Iere. 22.C.18 (recte: Jer. 32:18).
  70. ^ Marg. Iesa. 39.d.7. Vgl. ook Jes. 39:6.
  71. ^ Marg. Gen. 12.d.l7, & 20. a.3. Vgl. ook Gen. 20:18.
  72. ^ Marg. Ezec. 18.c.20.
  73. ^ (Eseg. 18:2.) Die teks het uu(v)am.
  74. ^ (Eks. 20:6.)
  75. ^ (Deut. 5:10; Jer. 32:18.)
  76. ^ Marg. Gen. 17. a. 7. Vgl. ook Gen. 17:8.
  77. ^ Marg. Prove. 20.a.7. (Spreuke 20:7).
  78. ^ (Eks. 20:5; Deut. 5:9, 10.)
  79. ^ (Eks. 20:7; Deut. 5:11); Calvyn, Serm. 34 (Oe 26:283 e.v.)
  80. ^ (Deut. 5:11.)
  81. ^ Marg. Iesa. 19.c.18.
  82. ^ Marg. Iesa. 65. c.l6. Fr.: Quiconque, dit-il, demandera prosperitë, il la demandera en Dieu ... (Benoit 2:156).
  83. ^ Marg. Iere. 12.d.16.
  84. ^ (Luk. 16:15; 1 Kor. 4:5.)
  85. ^ Marg. Iere. 5.b. 7.
  86. ^ Marg. Sopho. 1.b.5. (Sefanja 1:5).
  87. ^ Marg. Levit. 19.c.12.
  88. ^ Marg. Iosue. 7.c.l9.
  89. ^ Marg. Iohan. 9.c.24.
  90. ^ Marg. 1 Reg. 14. 19.f39 (recte: 1 Sam. 14:39).
  91. ^ Marg. 1 Sam. 3.b.9 (recte: 2 Sam. 3:9). Vgl. ook 1 Sam. 14:44; 2 Kon. 6:31).
  92. ^ Marg. 2 Cor. 1.a.23. Vgl. ook Rom. 1:9.
  93. ^ Vgl. Calvyn se voorwoord aan die koning (Afr. vert. 1:102 e.v.).
  94. ^ Ibid. 1:99.
  95. ^ Marg. Exod. 23. c.l3. Kyk n. 98.
  96. ^ Marg. Deut. 6.c.l3 & l0.d.20.
  97. ^ (Eks. 23:13; Jos. 23:7.)
  98. ^ Marg. Hebr. 6.d.13.
  99. ^ Calvyn het reeds in 1534 in sy Psycbopannychia (Oe 5:169 e.v.) die dwaling van die Wederdopers aangeval, en sy hele lewe lank hulle dwaling bestry. In sy Brieve instr. contre la secte des Anabapttstes, 1544 (OC 7:49 e.v.) weerlë hy die opvatting van die Wederdopers na aanleiding van hulle' Confessio Schlattensis (1527) en voer in Maart 1537 in Genève 'n openbare debat met voorstanders van hierdie sekte. Die Dopers se opvatting LV.m. die eed is opgeneem in art. 7 van die Schlattensis, en Calvyn se weerlegging daarvan is in oe 7:93 te lese. Vir die invloed van hierdie polemiek op die Inst. vergelyk os 3:367; Balke, 192 e.v. Daar vergelyk Balke die Franse en die Duitse teks van die Schlattensisen bespreek later die Dopers se opvatting van die eed en Calvyn se weerlegging daarvan (p. 261 e.v.). Vgl. ook Beza se Vita (Mr. vert. 1:10, n. 56).
  100. ^ Marg. Matth. 5.f34. vgl. ook Man. 5:37; Jak. 5:12.
  101. ^ Marg. Exod. 22. b.11.
  102. ^ Marg. Iohan. 10.f30.
  103. ^ Marg. Ibidem, d.18 (recte: Joh. 10:37-38).
  104. ^ Marg. Iohan. 7.c.l6.
  105. ^ (Matt. 5:34.)
  106. ^ Calvyn, Brieve instr. contre la secte des Anabaptistes (OC 7:95).
  107. ^ (Mart. 5:34-35.)
  108. ^ Marg. Iacob. 5. c.12.
  109. ^ (Rorn. 1:9; 2 Kor. 1:23.)
  110. ^ Dit is nie duidelik na wie Calvyn hier verwys nie. Die Roomse opvatting i.v.m. die eed word uitvoerig uiteengesit in Thomas, Summa Theol. 2,2.89.1-10 (Marietti 3:458-467).,ygl. ook Melanchthon, Loc. com. (CR 21:1086). Dit mag wees dat Calvyn na Zwingli se In catabaptistas stropbas elenchos (1527), p. 408 e.v. verwys. Calvyn het self in die 1536-1nst. verklaar dat alle openbare ede van hierdie verbod vrygestel is (Afr. vert. 1536, p. 54). Vgl. Luther, Katechismus (WA 30,1:141).
  111. ^ Marg. Heb. 6.d.16.
  112. ^ (1 Sam. 24:16.)
  113. ^ Marg. Gene. 21.e.24 .26.g.32 (recte: Gen. 26:31).
  114. ^ Marg. Gene. 31.g.53.
  115. ^ Marg. Ruth. 3.e.13.
  116. ^ Marg. 1 Reg. 18.b.10.
  117. ^ Vgl. ook Bucer, De regno Cbristi 2.30 (Opera Latina 15:182 e.v.).
  118. ^ (Eks. 20:8-10; Deut. 5:12 e.v.)
  119. ^ Vgl. Augustinus, Contra duas ep. Pelag. 3.4.10 (MPL 44:594); Sermo 136.3 (MPL 38:751-752). Vgl. Inst. 2.7.16 (Afr. vert. 2:495)
  120. ^ (Hebr. 3:11; 4:1, 9-10). Vgl. Augustinus, Sermo 9.3.3; 23.3.3; 33.3 (MPL 38:77; 156; 208); Ep. 55.9.17 e.v. (MPL 33:212; CSEL 34,1:187 e.v.). Vgl. ook Cassiodorus, Hist. trip. 9.38 (MPL 69:1153).
  121. ^ Marg. Num. 13.d.22 (recte: Num. 15:32-36). Vgl. ook Eks. 31:13 e.v.; 35:2).
  122. ^ Marg. Ezech. 20.b.l2 & 22.b.8 & 23.f38. Iere. l7.c.21.22 & d.27.
  123. ^ Marg. Nehe. 9. c.14.
  124. ^ Marg. Iesaiae 56.a.2. Vgl. ook Jes. 56:4-6.
  125. ^ Marg. Exodi 31.c.l3, & 35.a.2.
  126. ^ Marg. Exod. 31.c.l3. Vgl. ook Eks. 31:14,16-17.
  127. ^ Marg. Ezech. 20. b.12.
  128. ^ Marg. Heb. 3.c.13, & 4.c.9 (recte. Hebr. 13:21).
  129. ^ Vgl. Hebr. 4:3-5 en 9-11.
  130. ^ Vgl. o.a. Lactantius, Div. Inst. 7.14 (CSEL 19,2:629 - ... numero expleto, septenarius numerus legitimus ac plenus est.
  131. ^ (Gen. 2:3.)
  132. ^ Marg. Iesa. 66.g.23.
  133. ^ Marg. 1 Cor. 15.d.28
  134. ^ Vgl. Bucer, De regno Christi 1.11 .(Opera Latina 15:80 e.v.): De sanctificandis cultui Dei certis temporibus, Gregorius Magnus, Moralia in Job 35.8.15 (MPL 76:757 e.v.).
  135. ^ Marg. Iesa. 58.d.13.
  136. ^ Marg. Rom. 6.a. 4. Vgl. ook Rom. 6:5.
  137. ^ Marg. Colos. 2.c.l6, & 17.
  138. ^ Marg. Deut. 5.b.14.Vgl. ook Deut. 5:15.
  139. ^ Marg. Exod. 23.c.12.
  140. ^ Vgl. oor die algemeen die Ordonnances Ecclesiastiques, 1537 en 1541 (OC 10,1:5-14; 15 e.v.) asook Christoph Fabri se brief aan die predikante van Genève, 31 julle 1537 (Herminjard 4:270 e.v.). Vgl. ook OS 3:374, n. 3.
  141. ^ Marg. 1 Cor. 14.g.40.
  142. ^ Lat.:politia; Fr.: police (Benoit 2:164); Blaise, Lexicon (CCSL), 700: republique, citë, administratieon (fig.) urbanitê politesse.
  143. ^ Calvyn verwys waarskynlik oor die algemeen na die Anabaptiste en, vanaf die 1539-uitgawe, in besonder na Jean Janin de Cologny, wat in 1537 in Genève gevang is a.g.v. dwaalleer LV.m. die doop en die sabbat (Oe 21:25).
  144. ^ Marg. Coloss. 2. c.l6. Vgl. ook Kol. 2:17.
  145. ^  Marg. Gal. 4.b.l0.11.
  146. ^ Marg. Rom. 14.a.5.
  147. ^ Fr.: ... d'observer la police et ordre en l'Eglise (Benoit 2:165).
  148. ^ Marg. 1 Cor. 16.a.2.
  149. ^ Marg. De bac libertate vide Socratem bist. tr. lib. 9. cap. 38.Vgl. Cassiodorus, Hist. trip. 9.37, 38 (MPL69:1152-1153), wat Socrates christianus, Hist. eccles. 5.23 aanhaal.
  150. ^ Thomas, Summa Theol. 1,2.100.3 (Marietti 2:469 e.v.): 2,2.122.4 (Marietti 3:591).
  151. ^ Marg. Iesa. l.c.13, &58.d.13. Vgl. ook Jes. 1:14-15.
  152. ^ (Eks. 20:12; Deut. 5:16.)
  153. ^ Vgl. Inst. 1.13.6 (Afr. vert. 1:220, n. 46).
  154. ^ Marg. 1. Tim. 5. c.17.
  155. ^ Marg. Exod. 21.c.l7. Levit. 20.b.9..
  156. ^ Marg. Prover. 20.c.20. (Spreuke 20:20). Vgl. Deut. 21:19-21.
  157. ^ Marg. Deut. 21.d.18. Vgl. Deut. 21:19-21.
  158. ^ Marg. Matth. 15.a. 4. VgI. ook Malt. 15:5-6.
  159. ^ Marg. Ephe. 6.a.l. Coloss. 3.d.20.
  160. ^ (Ef. 6:2.)
  161. ^ Marg. Ephe. 6.a.1.
  162. ^ Vgl. Inst. 2.8.35 (Afr. vert. 2:537).
  163. ^ Vgl. Inst. 4.20.32 (Battles 1977,2:1520). Vgl. NGB art. 36 (Bakhuizen van den Brink, 137).
  164. ^ (Eks. 20:13; Deut. 5:17.)
  165. ^ Marg. 1 Iohan. 3.c.l5.
  166. ^ Marg. Matth. 5.c.22. Fr.: het in middelste lid: est coulpable d'estre condamnë par tout le Consistoire (Benoit 2:170)
  167. ^ Inst. 3.7.2-7; 4.17.38.
  168. ^ (Eks. 20:14; Deut. 5:18.)
  169. ^ (Gen. 2:18.)
  170. ^ Calvyn het duidelik hier die Roomse selibaat in gedagte. Vgl. die 5de Konsilie van Karthago (438) art. 3 (Mansi 3:969). Gratianus, Deer. 1.33.1 e.v. (Friedberg 1:122); Gregorius IX, Decretal. 3.1.2.1 e.v. (Friedberg 2:454); Eck, Ench. hfst. 19 (Battles 1978: 142). Dit kan ook teen die Anabaptiste gerig wees.
  171. ^ Marg. Psal. 91.a.l, & d.14. Vgl. ook 1 Kor. 7:17, 20, 24.
  172. ^ Marg. Matt. 19.b.12.
  173. ^ (Matt. 19:11-12). 1957 Afr. vert.: Wie dit kan vat, laat hom dit vat; 1984: Wie dit kan doen, laat hy dit doen.
  174. ^ Marg. 1 Cor. 7.b.7.
  175. ^ Vgl. 1 Kor. 7:35. Fr. +: estant dëpesché de tout lien qui l'en puisse distraire (Benoit 2:172).
  176. ^ Marg. 1 Corin. 7.a.2.
  177. ^ Marg. (1 Cor. 7) & b.9.
  178. ^ Marg. 1. Cori. 7.f34.
  179. ^ (1 Kor. 6:15 e.v.)
  180. ^ (1 Kor. 7:9.)
  181. ^ Marg. Ambr. lib. de philosoph. quem citat Augustmus libro contra Iulianum. 2. Vgl. Augustinus, Contra Jul. 2.7.20 (MPL 44:687). Augustinus haal 'n interpretasie van 1 Kor. 7:29 aan uit 'n werk van Ambrosius wat nie meer bestaan nie.
  182. ^ Niesel verwys na Gellius 3.5.2 en Plutarchus, De sanit. tuenda 126A (OS 3:383). Dit is moontlik dat Calvyn Archilaus in plaas van archigallusgelees het. Die Scbolia in Iuvenalem 2,16 sê: Arcbigalti cinaedi quem magulum conspurcatam dicimus, quipublice inpudicitiam professus est (TLL1:461).
  183. ^ (Eks. 20:15; Deut. 5:19.)
  184. ^ Rom. 13:7). Let ook op die Romeinsregtelike beginsel t.o.v. geregtigheid: Iustitia est constans et perpetua voluntas ius suum cuique tribuensi geregtigheid is die bestendige en voortdurende wil om aan elkeen sy reg te verleen (Justinianus, Inst. 1.1.1).
  185. ^ (Rom. 13:1 e.v.; 1 Pet. 2:13 e.v.; Titus 3:1.)
  186. ^ (Deut. 1:17; 17:19; 2 Kron. 19:6-7.)
  187. ^ (2 Kor. 2:17.)
  188. ^ (1 Tim. 3; 2 Tim. 2, 4:1-5; Titus 1:6 e.v.; 1 Pet. 5:2 e.v.)
  189. ^ (Man. 10:10 e.v.; Rom 10:15, 15:15 e.v.; 1 Kor. 9; Gal. 6:6; 1 Tess. 5:12; 1 Tim. 5:17-18.)
  190. ^ (Ef. 6:4; Kol. 3:21.)
  191. ^ Vgl. Inst. 2.8.35-38 hierbo (Afr. vert. 2:537-540).
  192. ^ (Ef. 6:5-9; Kol. 3:22-25; Titus 2:9-10; 1 Pet. 2:18-20; Kol. 4:1; Filemon :16.)
  193. ^ (Eks. 20:16; Deut. 5:20.)
  194. ^ Marg. Exod. 23.a.l.
  195. ^ (Eks. 23:7.)
  196. ^ Marg. Levit. 19.c.16.
  197. ^ (Lev. 19:11.)
  198. ^ (Spr. 22:1.) Vgl. Calvyn, Catechismus, 1538 (Oe 5:330.)
  199. ^ (Eks. 20:17; Deut. 5:21.)
  200. ^ Volgens ealvyn hou die positiewe kant van die gebod die verpligting in om dwalende mense na God terug te bring. Hy verbind dit aan die opdrag in Deut. 22:1-4 dat 'n dwalende bees of donkie na sy eienaar teruggebring moet word. Vgl. sy preek oor Deut. 22:1-4 (Oe 28:8).
  201. ^ Vgl. Inst. 2.2.24 (Afr. vert. 2:399); 3.3.11-13; 4.15.11-12.
  202. ^ Vgl. Calvyn, Catechismus, 1538 (oe 5:331).
  203. ^ Vgl. Augustlnus, De spirit. et lit. 36.64-66 (MPL 44:242 e.v.).
  204. ^ Vgl. Inst. 2.8.12 (Afr. vert. 2:510).
  205. ^ Marg. Deut. 10.c.12. Vgl. ook Deut. 10:13
  206. ^ Marg. Deut. 6.a.5, & 11.b.13. Vgl. ook Deut. 11:22; 30:20.
  207. ^ (Matt. 22:37, 39; Lev. 19:18.)
  208. ^ Marg. 1 Tim. 1.a.5.
  209. ^ Thomas, Summa TheoJ. 1,2.91.5 (Marietti 2:426 e.v.).
  210. ^ Marg. Matt. 23. c.24. Vgl. ook Matt. 23:23.
  211. ^ Vgl. Melanchthon, Annot. et. conc. in Ev. Mattb. (CR 14:977).
  212. ^ Marg. Matt. 19.d.18. Vgl. ook Matt. 19:16-17, 19 en Eks. 20:12-16.
  213. ^ Marg. Psal. 16.a.2. Vgl. Calvyn, In lib. Ps. com. 16:2,3 (OC 31:149-151).
  214. ^ Marg. Ephe. 3.d.19. Vgl. ook Ef. 1:4-5; Kol. 3:14.
  215. ^ Marg. Rom. 13.b.8.
  216. ^ Marg. Galat. 5.c.14.
  217. ^ Marg. Matth. 7.b.12. Vgl. Melanchthon, Annot. et. conc. in Ev. Matth. 12 (CR 14:749-755).
  218. ^ Marg. Vide Augustmus de Doctr. Chrlst. lib. 1. cap. 23. & sequentibus. Augustinus, De doetr. Christ. 1.23-26 (MPL 34:27 e.v.).
  219. ^ Vgl. Luther, Eine kurze Form der zebn Gebote (1520 -WA 7:214) en Betbûcblein, eine kurze Form der zehn Gebote (1522 -WA 10,2;387-388). Vgl. ook Bucer se eerste preek, Das ym selbs (OS 1:4567).
  220. ^ 't12 CPl.MU'ttq..
  221. ^ Na aanleiding van Augustinus, De doctr. Christ. 1.27 (MPL 34:29) poneer Lombardus, Sent. 3.28.1; 29.1 e.v. (MPL192:814 e.v.) die volgorde waarvolgens ons liefde moet betoon as: (i) Quod supra nos est (d.i, teenoor God) (ii) Quod nos sumus (d.i . .teenoor onsself) (iii) Proximus (d.i. naaste liefde) (iv) Quod infra nos est (d.i. ons liggame). Vgl. ook Thomas, Summa Theol. 1,2.26 e.v. (Marietti 2:128 e.v.) vir sy opvatting oor die liefde. Amor en dilectio het oor die algemeen in die Patristiek mediale betekenis, d.i. in gunstige of ongunstige sin, terwyl caritas net 'n gunstige betekenis het. Vgl. in verband hiermee Pétré, H.: Caritas, 1948. Calvyn gebruik hierdie woorde sonder onderskeid in betekenis.
  222. ^ Marg. 1 Cor. 13.b.5.
  223. ^ Marg. Luc. 10.8.36.
  224. ^ Vgl. Inst. 3.7.6.
  225. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 1,2.108.4 (Marietti 2:538) en die belangrike n. 1 op hierdie bladsy: Quidam baeretici, tanquam praecepta, babuerunt consilta euangelica ... Isti errores a Luthero, et protestantibus renooata fuerunt (Sommige ketters beskou evangeliese raadgewings as gebooie ... Hierdie dwaling is deur Luther en die Protestante weer van nuuts af begin). Vgl. Luther, Von weltlicher Oberkeit, 1523 (WA 11:249); Melanchthon, Loc. com. 1543, hfst. 6 (CR 21:719 e.v.). Vir die onderskeid tussen raadgewings en voorskrifte kyk NCE 4:383-384; 11:704; RPTK 4:274·278.
  226. ^ Thomas, Summa Theol. 2,2.184, 186 (Marietti 3:853 e.v.).
  227. ^ Ibid. 1,2.108.4 (Marietti 2:538-540). Vgl. ook Melanchthon (ep. 110,15 April 1521): Determinatie theologorum Parisiensium super doctrina Lutheriana, (CR 1:381).
  228. ^ Marg. Provo 25.c.22. Vgl. ook Spr. 25:21.
  229. ^ Marg. Exod. 23.a. 4. Vgl. ook Eks. 23:5.
  230. ^ Marg. Deut. 32.c.35. Kyk ook Hebr. 10:30.
  231. ^ Marg. Levit. 19.d.18.
  232. ^ Marg. Matt. 5.g.44. Vgl. ook Mart. 5:45 en Luk. 6:28.
  233. ^ Marg. Libro de compunctione cordis. Chrysostornos, De compunctione cordis 1.4 (MPG 47:399 e.v.). vgl. ook Adversus oppugnatores vitae monasticae 3.14 (MPG 47:372 e.v.).
  234. ^ Marg. Matth. 5.g.46. Vgl. ook Matt. 5:47 en Luk. 6:32.
  235. ^ Marg. Lib. de Doctrina Chri. Augustinus, De doctr. Christ. 1.30.32 (MPL 34:31). Vgl. ook Calvyn, Com. in ep. Pauli ad Rom. 13:10 (OC 49:254).
  236. ^ Marg. Rom. 13.c.9.
  237. ^ Gregorius Magnus, Homil. in ev. 2.27.1 (MPL 76:1206).
  238. ^ Vgl. Augustinus, Confes. 10.29.40; 31.45 (MPL 32:796; 798); De grat. et lib. arb. 15.31 (MPL 44:899); De dono persev. 20.53 (MPL 45:1026); De spirit. et lito 13.22 (MPL 44:214). Vgl. ook Inst. 2.5.7 (Afr. vert. 2:449).
  239. ^ (Jer. 31:33.)
  240. ^ (Rom. 8:2.)
  241. ^ Thomas, Summa Theol. 1,2.74.3, 10 (Marietti 2:342, 349). Vgl. Inst. 3.4.28.
  242. ^ A.: vetamus, recte: vetamur.
  243. ^ Vgl. Inst. 2.8.49, 50 (Afr. vert. 2:551, 552).
  244. ^ Marg. Libro 2. de Baptis. contra Donatist. cap. 6. Augustinus, De bapt. contra donatist. 2.6.9 (MPL 43:132).
  245. ^ (Rom. 6:23.)
  246. ^ Marg. Matth. 5.c.19.
  247. ^ Marg. Ezec. 18.c.20. Vgl. ook Eseg. 18:4.
  248. ^ Inst. 2.8.58 (Afr. vert. 2:561, n. 246).
  249. ^ Marg. Rom. 6.d.23.