Slegs ‘n ware geloof in Jesus Christus maak die mens regverdig. Uit onverdiende genade word hy deur God aangeneem. Hierdie wedergeboorte maak van hom ‘n nuwe skepsel wat hom goeie werke laat doen om God te behaag. Hy kan egter nie op sy goeie werke roem nie. Die leer van die pousgesindes hieromtrent word weerlê. Jakobus, Paulus en ander uitsprake in die Skrif rakende regverdigmaking word bespreek.

1984. 23 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 17 Die ooreenstemming tussen die beloftes van die Wet en die beloftes van die Evangelie

1. 'n Weerlegging van die Skolastici se redenasies🔗

Laat ons nou ook die ander redenasies ondersoek waarmee die Satan oe 590 deur sy trawante probeer om die regverdigmaking deur die geloof of af te takel of te verswak. Ek meen dat dit reeds uit my aanklaers uitgemoker is dat hulle met ons moet handel asof ons vyande van goeie werke is.
Want regverdigmaking word van die werke weggeneem, nie dat goeie werke nie gedoen mag word of dat ontken word dat die werke wat gedoen word, goeie werke is nie, maar dat ons nie op hulle mag vertrou, daarop mag roem en ons saligheid daaraan mag toeskryf nie. Want dit is ons vertroue, dit is ons roem, dit is die enigste anker van ons saligheid dat Christus, die Seun van God, ook aan ons behoort en dat ons op ons beurt in Hom kinders van God en erfgename van die koninkryk van die hemel is omdat ons deur die goedertierenheid van God, en nie deur ons eie aansien nie, tot die hoop op die ewige geluksaligheid geroep is.

Maar omdat hulle ons, soos gesê is, ook met ander wapens aanval, kom dan, laat ons voortgaan om hulle ook van ons af te weer. Ten eerste kom hulle weer terug op die beloftes van die wet wat die Here aan diegene wat sy wet gehoorsaam, gemaak het. Dan vra hulle of ons opvatting is dat hierdie beloftes heeltemal kragteloos of nog effektief is.1Omdat dit onvanpas en belaglik sou wees om te sê dat hulle kragteloos is, aanvaar hulle as vanselfsprekend dat hulle nog 'n sekere mate van krag het. Na aanleiding hiervan redeneer hulle dan dat ons nie slegs deur die geloof regverdig gemaak word nie2

Die Here praat trouens soos volg: "En dit sal so wees dat as jy hierdie gebooie en oordele gehoorsaam, as jy dit onderhou en doen, sal die Here sy verbond met jou en sy barmhartigheid wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, bewaar; Hy sal jou liefhê, Hy sal jou vermenigvuldig en jou seën" ensovoorts.3Net so: "As julle julle weë en julle handelinge goed doen,as julle nie agter vreemde gode aanloop nie, as julle onder mekaar reg laat geskied en nie in kwaad verval nie, sal Ek onder julle wees".4Ek wil nie duisend voorbeelde met dieselfde inhoud aanhaal wat met die vertolking van hierdie twee verduidelik sal word omdat hulle nie in betekenis van hierdie uitsprake verskil nie. Om dit saam te vat: Moses getuig dat seën en vloek5 en dood en lewe6in die wet aan ons voorgehou word. Hulle (die Skolastici) redeneer dus soos volg: öf dat hierdie seën oneffektief en cnvrugbaar word, öf dat die regverdigmaking nie deur die geloof alleen geskied nie.7Ons het tevore reeds aangetoon8 hoedat ons van alle seën verstoke is as ons die wet bly aanhang en dat slegs die vloek daarvan ons bedreig wat oor al die oortreders daarvan uitgespreek is.9 Want die Here maak die beloftes slegs vir die mense wat sy wet volmaak gehoorsaam - en sulkes is nêrens te vinde nie.

Dit bly dus 'n feit dat deur die wet bewys word dat die hele mensdom aan die vloek en die toorn van God skuldig is. Om daarvan gevrywaar te word moet die mens noodwendig onder die mag van die wet uitgaan en as 't ware uit die slawerny daarvan in vryheid gestel word. Dit is inderdaad nie 'n vleeslike vryheid wat ons van die gehoorsaamheid aan die wet wegrokkel, ons tot ongebreideldheid in alle dinge uitlok en ons begeerte toelaat om die loop te neem asof al die slotte daarvan gebreek is en dit vrye teuels het nie. Dit is egter 'n geestelike vryheid wat die verslae en terneergeslae gewete vertroos en ophef en aandui dat dit vry is van die vloek en verdoeming waarmee die wet die gewete gebind, vasgeknel en terneergedruk het. Wanneer ons die barmhartigheid van God deur die geloof in Christus aangryp, behaal ons hierdie bevryding van die onderworpenheid aan die wet en, om dit so stel, vrylating  daarvan. Deur die geloof word ons tewens gerus en seker van die vergiffenis van sondes deur die bewussyn waarvan die wet ons gesteek en aan ons geknaag het.

2. Die mens word regverdig gemaak alleen deur die geloof in Jesus Christus en nie deur die werke van die wet nie🔗

Om hierdie rede sal ook al die beloftes wat in die wet vir ons aangebied word, kragteloos en waardeloos word tensy God se goedertierenheid ons deur die evangelie tegemoet kom. Want dat ons die wet moet volbring waarvan die beloftes afhang en waardeur hulle uiteindelik in vervulling sal gaan, is 'n voorwaarde waaraan nooit voldoen kan word nie. Die Here kom ons egter te hulp, nie (soos die Skolastici sê) deur 'n deel van sy geregtigheid in ons werke vir ons te laat en 'n deel daarvan uit sy goedertierenheid aan te vul nie maar wanneer Hy Christus alleen as die vervulling daarvan aanwys, Want nadat die apostel tevore reeds gesê het dat hy en ander Jode in Jesus Christus geglo het omdat hulle geweet het dat die mens nie uit die werke van die wet regverdig gemaak word nie, voeg hy die rede daarvoor by, naamlik dat hulle nie uit die geloof in Christus tot volmaakte geregtigheid gehelp word nie maar dat  hulle deur die geloof en nie deur die werke van die wet nie regverdig gemaak word.10

As gelowiges dan van die wet na die geloof oorgaan om geregtigheid hierin te vind terwyl hulle merk dat dit nie in die wet is nie, sien hulle beslis af van die geregtigheid van die wet. Laat iemand dus maar gerus die belonings van die wet waarvan mense sê dat dit op onderhouers van die wet wag, meer maak, mits hy maar terselfdertyd daarop let dat ons bedorwenheid veroorsaak dat ons geen vrug daarvan ervaar totdat ons 'n ander geregtigheid deur die geloof bekom nie.

Wanneer Dawid byvoorbeeld die belonings in herinnering roep wat die Here vir sy diensknegte gereed hou, kom hy dadelik neer op sondeerkentenis, waardeur die beloning tot niet gemaak word. In Psalm 19 vers 1211verkondig hyop grootse wyse die weldade van die wet, maar hy roep dadelik uit: "Wie sal sy eie dwalinge raaksien? Reinig my, o Here, van my verborge sondes" .12Hierdie uitroep stem heeltemal ooreen met een wat daaraan voorafgaan. Want nadat hy gesê het: "Al die weë van die Here is goedheid en waarheid vir die wat Hom vrees",13 voeg hy by: "Ter wille van u Naam, o Here, vergewe my my boosheid, want dit is groot" .14
So moet ook ons erken dat God se goedgesindheid inderdaad in die wet vir ons voorgehou word as ons dit met ons werke kon verdien, maar dat dit nooit deur ons werke tot ons kom nie.

3. Drie redes waarom ons werke God wel behaag🔗

Wat dan nou? Is die beloftes aan ons gegee om vrugteloos te verdwyn? Ek het reeds kort gelede hierbo getuig dat dit nie my opvatting is nie.15
Ek verklaar inderdaad dat hulle nie hulle werking op ons oordra solank die verdienstes van ons werke in aanmerking kom nie en dat hulle daarom as hulle op sigself opgeweeg word, in 'n sekere sin tot niet gaan.
So is byvoorbeeld die pragtige belofte: "Ek het aan julle goeie gebooie gegee en hy wat dit doen, sal daarin lewe" .16Die apostel leer dat hierdie belofte van nul en gener waarde is17as ons hierin bly vassteek nie en dat dit vir ons geen haarbreedte meer voordeel sou inhou as wanneer dit ons nie gegee is nie. Dit kom trouens selfs nie eens die heiligste diensknegte van God toe nie, omdat ons almal nog ver daarvandaan is om die wet te vervul en ons inderdaad nog deur baie oortredings omring is. Maar wanneer die beloftes van die evangelie in die plek gestel word van wat onverdiende sondevergiffenis verkondig, veroorsaak dit nie alleen dat ons self vir God behaaglik is nie maar dat ook ons werke sy guns geniet; en nie slegs dit dat die Here dit gunstig bejeën nie maar ook dat Hy dit met die seëninge beloon wat die onderhouding van sy wet kragtens sy verbond18toekom. Ek erken dus dat die werke van gelowiges beloon word met die loon wat die Here in sy wet aan diegene beloof het wat geregtigheid en heiligheid beoefen.

In hierdie beloning moet ons egter altyd let op die oorsaak wat sy guns vir ons werke teweegbring. Nou sien ons dat dit drievoudig is. Die eerste  hiervan is dat God sy oë weggekeer het van die werke van sy diensknegte wat altyd skande eerder as lof verdien, hulle in Christus omhels en hulle slegs deur die tussenkoms van die geloof sonder die bystand van hulle werke met Hom versoen. Die tweede oorsaak is dat Hy ons werke nie na hulle werklike waarde skat nie maar hulle met vaderlike goedertierenheid en toegeeflikheid tot so 'n vlak verhef dat hulle nogtans 'n mate van waarde het. Die derde is dat Hy ons werke uit genade aanneem en hulle onvolmaaktheid nie in aanmerking neem nie hoewel dit andersins alles bevlek en eerder onder ons sondes as onder ons deugde gereken moet word.

Hier word dit nou duidelik hoe die Sofiste19hulleself aan die neus lei. Hulle reken dat hulle al die onsin pragtig ontwyk het wanneer hulle verklaar dat ons werke nie intrinsieke waarde het om die saligheid te verdien nie maar dat hulle dit wel vanweë die verbond het.20Intussen merk hulle egter nie op hoe ver die werke wat hulle as verdienstelik beskou, verwyder is van die voorwaarde van die beloftes as die regver-  digmaking wat op die geloof alleen steun, en sondevergiffenis waardeur ook goeie werke noodwendig van hulle vlekke gereinig moet word, nie daaraan voorafgaan nie. Hulle het derhalwe van die drie oorsake van God se milddadigheid waardeur dit gebeur dat gelowiges se werke vir God aanvaarbaar is, slegs op een gelet en die orige twee, wat inderdaad die belangrikste is, onderdruk.

4. Die tweevoudige aanneming van die mens voor God: die mens kan homself nie deur sy ywer vir goeie werke voorberei om God se genade te ontvang nie maar ontvang God se barmhartigheid onverdiend🔗

Hulle haal Petrus se stelling wat Lukas in Handelinge weergee, aan: "In waarheid vind ek dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar in elke volk is elkeen wat geregtigheid doen, vir Hom welgevallig".21 En uit hierdie verwysing wat op die oog af glad nie twyfelagtig lyk nie, lei hulle af dat dit nie net aan God se weldaad toegeskryf kan word dat die mens saligheid bekom as hy met sy opregte ywer God se guns wen nie, inteendeel, God kom deur sy barmhartigheid 'n sondaar so te hulp dat Hy deur goeie werke tot barmhartigheid beweeg word.22

Jy kan hierdie Skrifgedeeltes trouens glad nie ooreen laat stem nie tensy jy 'n tweevoudige aanneming van die mens voor God erken. Met uitsondering van die mens se ellende vind God immers niks in die mens se natuur om Hom tot barmhartigheid te beweeg nie. As dit dan duidelik is dat die mens van alle goed ontbloot en daaraan 'n behoefte het en aan die ander kant vol van en oorlaai is met elke soort kwaad wanneer hy die eerste keer deur God aangeneem word, vanweë watter gawe, vra ek jou, salons dan nog kan sê dat hy sy hemelse roeping waardig is?23 Laat vaar dus die leë verbeeldingsvlugte van verdienstes wanneer God sy vrye sagmoedigheid so uitdruklik aan ons bekend maak! Want dit wat daar deur die engel se stem aan Kornelius gesê word, naamlik dat sy gebede en sy aalmoese onder God se aandag gekom het,24.verdraai hulle uiters sleg, naamlik dat die mens deur sy ywer om goeie werke te doen voorberei word om God se genade te ontvang.25 Kornelius moes trouens alreeds deur die Gees van wysheid verlig gewees het, omdat hy toe reeds ware wysheid, dit is die vrees van God, gehad het; hy was toe reeds deur dieselfde Gees geheilig omdat hy geregtigheid beoefen het waarvan die apostel leer dat dit die Gees se sekerste vrug is26Hy het dus al die deugde waarvan daar gesê word dat dit God behaag het, deur God se genade gehad; so ver is dit daarvan dat hy hom uit eie beweging daarmee voorberei het om God se genade te ontvang.

Geen enkele lettergreep van die Skrif kan te voorskyn gehaal word wat nie met hierdie leer ooreenstem nie, naamlik dat God geen ander rede het om die mens tot Hom te neem nie as net omdat Hy sien dat die mens heeltemal verlore is as hy aan homself oorgelaat word, maar omdat Hy die mens nie verlore wil laat gaan nie, wend Hy sy barmhartigheid aan om hom te verlos. Nou sien ons dat daardie aanneming nie op die mens se geregtigheid sien nie maar dat dit 'n suiwere bewys van God se goedertierenheid [eens ellendige sondaars is wat so 'n groot weldaad glad nie verdien nie.

5. Na hierdie wedergeboorte en nuwe lewe neem God die mens ten tweede as nuwe skepsel aan🔗

Nadat die Here die mens uit die afgrond van die verderf gered het, sonder Hy hom deur die genade van sy aanneming vir Homself af. Hy het die mens trouens wederbaar en tot 'n nuwe lewe gevorm en omhels hom as 'n nuwe skepsel met die gawes van sy Gees. Dit is die aanneming waarvan Petrus melding maak27waardeur gelowiges na hulle roeping ook ten opsigte van hulle werke God behaag. Want die Here kan nie anders as om die goeie werke wat Hy deur sy Gees in hulle tot stand bring, lief te hê en te omhels nie. Maar ons moet altyd en gedurig onthou dat gelowiges slegs vanweë hulle werke vir God aanneemlik is omdat Hy die oorsaak daarvan is en deurdat Hy al die goeie werke wat Hy aan hulle gegee het, deur sy milddadigheid laat toeneem, ag Hy hulle ook waardig om in genade deur Hom aangeneem te word. Want waaruit spruit hulle goeie werke anders as daaruit dat die Here hulle in ware reinheid wil uitdos soos Hy hulle as voorwerpe van eer uitverkies het? Waarom word dit as goeie werke gereken net asof daarmee niks skort nie anders as net omdat hulle goedertieren Vader die smette en vlekke wat hulle nog aankleef, vergewe? Kortom: in hierdie aanhaling bedoel hy (Petrus) niks anders as net dat God se kinders in wie Hy die tekens en merke van sy eie gelaat raaksien, vir Hom aangenaam en behaaglik moet wees nie.
Ons het trouens elders reeds geleer dat die wedergeboorte die herstel van God se beeld in ons is.28 Omdat God dus oral waar Hy sy beeld bemerk, dit met reg liefhet en dit in ere hou, word daar met goeie rede gesë dat die lewe van gelowiges vir Hom welgevallig is omdat dit op heiligheid en geregtigheid gerig is.

Omdat vroom mense egter nog in sterflike vlees geklee is, terwyl hulle nog sondaars is, hulle goeie werke maar net begin is en na die gebreke van hulle vlees ruik, kan Hy nög vir eersgenoemdes nög vir laasgenoemdes genadig wees tensy Hy hulle in Christus eerder as in hulleself omhels. So moet ons die verwysings verstaan wat getuig dat God sagmoedig en barmhartig is teenoor diegene wat geregtigheid beoefen.
Moses het vir die Israeliete gesê: "Die Here jou God sal sy verbond nakom en sy barmhartigheid hou vir die wat Hom liefbet en sy gebooie gehoorsaam tot in duisende geslagte" .29Hierdie verklaring is later algemeen as uitdrukking deur die Israeliete gebruik. Salomo bid byvoorbeeld eerbiedig soos volg: "U, o Here God van Israel, U wat u verbond nakom en u barmhartigheid hou vir u diensknegte wat van ganser harte voor u aangesig wandel" .30Nehemia herhaal dieselfde woorde.31
God stel trouens in al sy barmhartigheidsverbonde opregtheid en lewensheiligheid van hulle kant as voorwaarde vir al sy diensknegte om te verhoed dat sy goedertierenheid 'n voorwerp van bespotting word of dat iemand as gevolg van grondelose uitbundigheid daaroor opgeblase sou word en sy siel seën maar intussen in die bedorwenheid van sy hart volhard.32 Net so wil God diegene wat hy toegelaat het om in sy verbond te deel, so aan hulle plig hou. Die verbond is egter nietemin van meet af aan uit genade en bly altyd so. Hoewel Dawid om hierdie rede verkondig dat sy hande se reinheid beloon is,33 laat hy nogtans nie die bron wat ek vermeld het, agterweë nie, naamlik dat hy uit sy moederskoot getrek is omdat God hom liefgehad het.34Daar loof hy die opregtheid van sy eie saak op so 'n wyse dat hy niks van God se genadige barmhartigheid wat aan alle gawes voorafgaan en daarvan die bron is, afrokkel nie.

6. Die onderskeid tussen die beloftes van barmhartigheid en die beloftes van die wet in die ou verbond🔗

En hier sal dit die moeite loon om terloops te let op die verskil tussen die bogenoemde uitdrukkingswyses en die beloftes van die wet. Onder beloftes van die wet verstaan ek nie die beloftes wat oral in die boeke van Moses verspreid voorkom nie - daarin kom tewens ook baie beloftes van die evangelie voor - maar daardie beloftes wat spesifiek op die bediening35van die wet betrekking het. Met watter naam jy ook al sulke beloftes wil beskryf, hulle kom altyd voor met 'n voorwaarde: hulle verklaar dat 'n beloning op jou wag "as jydoen wat jybeveel word". Maar wanneer daar gesê word dat die Here sy verbond van barmhartigheid36 bewaar vir diegene wat hom liefhet, word daarmee eerder aangetoon wat die aard is van sy diensknegte wat sy verbond te goeder trou aanvaar het, eerder as dat die rede waarom die Here aan hulle goed doen, daarmee uitgedruk word. Verder is die rede waarom dit aangetoon word, die volgende: Soos God ons sy genade van die ewige lewe waardig geag het met die doel dat ons Hom moer liefhê, Hom moet vrees en Hom moet dien, so word al die beloftes van sy barmhartigheid wat in die Skrif voorkom, tereg afgestem op die doel dat ons die Gewer van hierdie weldade moet vrees en Hom moet dien. Elke keer wanneer ons dus hoor dat Hy goed doen aan diegene wat sy wet gehoorsaam, moet ons onthou dat die kinders van God deur die plig beskryf word waarmee hulle voortdurend besig moet wees, naamlik dat ons om hierdie rede as sy kinders aangeneem is om Hom as ons Vader te eerbiedig. Om dus nie van ons reg van aanneming afstand te doen nie, moet ons altyd na die doel van ons roeping strewe. Maar aan die ander kant moet ons nograns onthou dat die vervulling van die Here se (beloftes van) barmhartigheid nie van die goeie werke van gelowiges afhanklik is nie maar dat Hy self die belofte van saligheid volbring in diegene wat deur opreg te lewe aan sy roeping beantwoord, want in diegene wat deur sy Gees na die goeie gestuur word, erken Hy per slot van rekening die egte merktekens van sy kinders.

Dit wat in Psalm 15 vers 1 in verband met die burgers van die kerk gesê word, moet ons hierop betrek: "Here, wie sal woon in u tent en wie sal op u heilige berg rus?37Hy wat rein van hande en suiwer van hart is", ensovoorts.38Net so by Jesaja: "Wie sal woon saam met 'n verterende vuur?"39Hy wat reg doen, en dit wat reg is, praat, ensovoorts.40 Want hier word nie die basis waarop gelowiges voor God staande bly, beskryf nie maar die manier waarop hulle uiters goedertieren Vader hulle in sy gemeenskap inlei en hulle daarin beskerm en versterk. Hy het immers 'n afkeer in die sonde en Hy het geregtigheid lief. Daarom reinig Hy die wat Hy deur sy Gees met Hom verenig het om hulle aan Hom en sy koninkryk gelykvormig te maak.

As ons dus na die eerste oorsaak vra waardeur God se koninkryk vir die heiliges geopen word en waarom hulle gronde het om daar staande te bly en te volhard, is die antwoord voor die hand liggend: dit is omdat die Here hulle eenmaal uit barmhartigheid aangeneem het en hulle voortdurend beskerm. As egter gevra word hoe dit gebeur, moet ons by die wedergeboorte kom en by die vrug daarvan wat in die bogenoemde psalm weergegee word.41

7. 'n Verklaring uan Skrifgedeeltes wat goeie werke as geregtigheid beskryf en sê dat die mens daardeur geregverdig word🔗

Maar op die oog af is daar baie groter probleme in hierdie Skrifverwysings wat enersyds goeie werke as geregtigheid betitel en andersyds verklaar dat die mens daardeur regverdig gemaak word. Daar is baie voorbeelde van die eerste groep waar gehoorsaamheid aan die wet regverdigmakings of geregtighede genoem word. 'n Voorbeeld van die tweede groep kan ons by Moses vind waar hy sê: "Dit salons geregtigheid wees as ons al hierdie gebooie gehoorsaam" .42Maar as jy die beswaar sou opper dat dit 'n belofte van die wet is wat niks bewys nie omdat daaraan 'n onmoontlike voorwaarde verbind is, is daar ook ander voorbeelde waarop jy nie dieselfde antwoord kan gee nie, byvoorbeeld die volgende: "Om aan 'n arme sy pand terug te gee, sal vir jou tot geregtigheid voor God wees", ensovoorts.43 Wat die profeet sê, is dieselfde, naamlik dat dit Pinehas tot geregtigheid gereken is dat hy hom beywer het om hom op Israel se skande te wreek.44

Die Fariseërs van ons eie tyd dink dat hulle hier meer as genoeg stof het om ons aan te val. Want wanneer ons sê dat die regverdigmaking van die werke moet wyk sodra geregtigheid van die geloof tot stand kom, redeneer hulle met dieselfde reg: "As geregtigheid uit ons werke kom, is dit dus vals dat ons deur die geloof alleen regverdig gemaak word".
Laat ons maar toegee dat die gebooie van die wet geregtighede genome word - iets wat nie snaaks is nie, want dit is in werklikheid so. Tog moet ons ons lesers vermaan dat die Grieke die Hebreeuse woord HUCIM heeltemal onvanpas as dikaiomata45 of edikte weergegee het.

Ek laat 'n rusie oor die woord maklik agterweë. Ons ontken inderdaad ook nie dat die wet van God die volmaakte geregtigheid insluit nie.
Want selfs al sou ons dit ook volkome gehoorsaam het, bly ons nogtans nuttelose slawe omdat ons skuldig is aan alles wat dit ons gebied. Omdat die Here dit die eer van geregtigheid waardig geag het, neem ons nie iets daaruit weg wat Hy gegee het nie. Ons erken dus geredelik dat volmaakte gehoorsaamheid aan die wet geregtigheid is en dat die onderhouding van elke gebod 'n deel van hierdie geregtigheid is wanneer die eindtotaal van geregtigheid ten minste in die orige dele behoue bly. Ons sê egter dat so 'n vorm van geregtigheid nêrens bestaan nie. Daarom skakei ons die geregtigheid van die wet uit - nie omdat dit op sigself gebrekkig en geskonde is nie maar omdat dit vanweë die swakheid van ons vlees nêrens te vinde is nie.

En tog noem die Skrif die Here se gebooie nie maar doodeenvoudig net geregtighede nie, maar dit gee hierdie beskrywing ook aan die werke van die heiliges. So vertel die Skrifbyvoorbeeld dat Sagaria en syvrou in die geregtighede van die Here gewandel het.46Wanneer die Skrif in elk geval so praat, takseer dit die werke eerder na aanleiding van die aard van die wet as na aanleiding van hulle eie omstandighede. En tog moet ons, soos ek so pas gesê het, nie as gevolg van die onverskilligheid van die vertaler van die Grieks 'n wet neerlê nie. Omdat Lukas egter geen verandering aan die weergawe wat hy ontvang het, wou aanbring nie, sal ek dit ook nie 'n geskilpunt maak nie. God het immers die dinge wat in die wet saamgevat word, tot geregtigheid in die vorm van gebooie aan die mense opgedra, maar ons bekom hierdie geregtigheid slegs as ons die wet ten volle gehoorsaam, en dit word deur elke oortreding verbreek. As ons net die wet self in aanmerking neem, is al die gebooie daarvan geregtigheid aangesien dit niks anders as geregtigheid voorskryf nie. As ons dan die mense in aanmerking neem deur wie hierdie gebooie uitgevoer word, behaal hulle glad nie uit een enkele werk – en dit 'n werk wat altyd in 'n sekere opsig vanweë onvolmaaktheid gebrekkig is - die lofvir hierdie geregtigheid nie omdat hulle in baie ander oortree.47

8. Verdere verklaring van Skrifgedeeltes wat goeie werke en regverdigmaking aan mekaar verbind🔗

Maar nou kom ek by die tweede groep, waarin daar besonderse probleme is. Hulle beweer dat Paulus nie 'n kragtiger bewys van geregtigheid deur die geloof gee as dit wat deur Moses48van Abraham geskryf is nie, naamlik dat sy geloof hom tot geregtigheid toegereken is.49Aangesien daar gesê word dat Pinehas se handelwyse hom tot geregtigheid gereken is,50laat Paulus se verklaring in verband met die geloof ons toe om ook so oor goeie werke te redeneer. Daarom bepaal ons teenstanders net asof hulle klaar met die louere weggestap het, dat ons weliswaar nie sonder die geloof regverdig gemaak word nie maar dat ons ook nie deur die geloof alleen regverdig gemaak word nie en dat dit ons goeie werke is wat ons geregtigheid vervul.51 Hier smeek ek vroom lesers om eerbiedig en ernstig saam met my te oorweeg hoe die Skrif sonder 'n gekibbel na behore in ooreenstemming met homself gebring kan word as hullebekend is daarmee dat ons die ware reël vir geregtigheid uit die Skrif alleen moet put.
Aangesien Paulus daarvan bewus was dat regverdigmaking deur die geloof 'n toevlug gebied het vir mense wat in eie geregtigheid te kort skiet, maak hy onverskrokke die afleiding dat almal wat deur die geloof regverdig gemaak word, van geregtigheid van die werke uitgesluit is.
Omdat dit tewens vasstaan dat alle gelowiges regverdigmaking deur die geloof deel, lei hy met ewe veel vertroue daaruit af dat niemand deur sy werke regverdig gemaak word nie, inteendeel, hy word sonder enige bystand van sy werke regverdig gemaak. Maar dit is een ding om te redeneer oor die waarde wat ons werke op sigself het, maar iets heeltemal anders om die plek te bepaal wat dit moet inneem nadat eregtigheid deur die geloof gevestig is.

As ons na aanleiding van hulle aansien 'n prys vir ons werke moet vasstel, verklaar ons dat hulle nie werd is om ,voor God se aangesig te verskyn nie: dat die mens derhalwe geen werk het waarop hy voor God kan roem nie, en dat hy daarom deur die geloof alleen regverdig gemaak word nadat alle bystand van sy werke hom ontneem is. Verder is ons definisie van geregtigheid dat die sondaar wat in die gemeenskap met Christus opgeneem is, deur sy genade met God versoen word. Wanneer hy deur sy bloed gereinig is, verkry hy sondevergiffenis en, geklee in 'n geregtigheid soos sy eie, staan hy onbesorg voor die hemelse regbank.

As sondevergiffenis daaraan voorafgaan, word die goeie werke wat daarna volg, op 'n ander manier gewaardeer. Alles wat in ons werke onvolmaak is, word immers deur Christus se volmaaktheid bedek; alles wat daarin afstootlik of vuil is, word deur sy reinheid afgewas sodat dit nie voor God se regbank bevraagteken word nie. Wanneer die skuld vir  al hulle oortredings waardeur mense verhinder word om iets wat God os  behaag, voort te bring, derhalwe uitgewis is, en wanneer hulle gebrek aan volmaaktheid wat gewoonlik ook hulle goeie werke besoedel, begrawe is, word die goeie werke wat gelowiges doen, as regverdige werke beskou, of - en dit is dieselfde - hulle goeie werke word hulle tot geregtigheid gereken.

9. Die pousgesindes se leer van regverdigmaking deur die werke is daarop gemik om die leer van regverdigmaking deur die geloof te vernietig🔗

As iemand nou hierdie beswaar teen my sou inbring met die oog daarop om die geregtigheid van die geloof te bestry, sal ek hom ten eerste vra of 'n mens vanweë een of twee heilige werke regverdig geag word terwyl hy in die res van sy lewenswerke die wet oortree. Dit is inderdaad meer as onredelik. Ten tweede sal ek vra of die mens ook vanweë baie goeie werke regverdig geag word terwyl hy in enige opsig aan oortreding van die wet skuldig is. Niemand sal waag om so 'n bewering te maak nie aangesien die bepaling van die wet daarteen uitroep en verkondig dat almal vervloek is wat nie al die gebooie van die wet ten volle nagekom het nie.52Hierbenewens sal ek nog verder gaan en vra of daar enige werk is wat nie verdien om van onreinheid of onvolmaaktheid aangekla te word nie, en hoe so 'n werk voor daardie oë sou kon bestaan waarvoor selfs nie die sterre rein genoeg53en die engele regverdig genoeg is nie.54 So sal hy gedwing word om toe te gee dat daar nie een enkele goeie werk bestaan wat nie deur die oortredings wat hom aankleef en deur syeie onvolmaaktheid onrein gemaak is sodat hy nie vir sy regverdigheid geëer kan word nie. Maar as dit dat voor die hand liggend is dat dit van die regverdigmaking deur die geloof kom dat werke wat andersins onrein, besmet, halfklaar gedoen en God se aangesig -om nie eens van sy liefde te praat nie - nie werd is nie, hulle tot geregtigheid toegereken word, waarom span hulle hulle dan in om deur te roem op die regverdigmaking van die werke die regverdigmaking deur die geloof af te breek, terwyl hulle niks sou gehad het om op te roem as regverdigmaking deur die geloof nie bestaan het nie? Wil hulle 'n addergeslag skep (wat die kinders van hulle moeder doodmaak) ?55 Dit is immers die strekking van ons goddelose teenstanders56se woorde. Hulle kan nie ontken dat regverdigmaking deur die geloof die beginsel, die fondament, die oorsaak en die wese van die geregtigheid van goeie werke is nie.

Nogtans kom hulle tot die gevolgtrekking dat die mens nie deur die geloof regverdig gemaak word nie, omdat ook sy goeie werke hom tot geregtigheid gereken word.

Laat ons derhalwe daardie onsin laat vaar en laat ons erken wat die werklike toedrag van sake is: as die geregtigheid van ons werke, hoedanig dit ook al geag word, van die regverdigmaking deur die geloof afhanklik is, word dit nie alleen nie deur die regverdigmaking van die geloof verminder nie maar eerder daardeur bekragtig, omdat die krag daarvan des te sterker skyn. Ons moet ook nie die opvatting huldig dat ons goeie werke na die vrye regverdigmaking soveel lof verdien dat hulle daarna kan intree om die mens regverdig te maak of dat hulle so 'n taak met die geloof sou kon deel nie. As die regverdigmaking deur die geloof trouens nie vir altyd bly bestaan nie, sal die onreinheid van ons werke oopgevlek word.57Daar is egter niks ongerymds daarin dat die mens so deur die geloof regverdig gemaak word dat hy nie alleen regverdig is nie maar dat ook sy werke meer as wat hulle verdien, regverdig geag word.

10. Deur die geloof alleen word ons sowel as ons werke regverdig gemaak🔗

Om hierdie rede salons nie alleen toegee dat daar 'n gedeeltelike regverdigmaking in ons werke is nie - soos ons teenstanders se opvatting is - maar ook dat hulle God se goedkeuring wegdra asof hulle volmaak en reg is. As ons egter die fondament waardeur dit gesteun word, in gedagte hou, sal die hele probleem opgelos wees. 'n Goeie werk begin trouens eers aangenaam te wees wanneer dit met vergiffenis aangeneem word. Waaruit ontstaan (hierdie) vergiffenis anders as dat God ons en alles wat ons het, in Christus aansien. Wanneer ons in Christus ingelyf is, verskyn ons daarom as regverdiges voor God se aangesig omdat ons ongeregttghede deur sy onskuld bedek word. Net so word ons werke regverdig geag omdat al die gebreke wat andersins daarin aanwesig is, deur Christus se reinheid begrawe is en ons nie toegereken word nie. So kan ons tereg verklaar dat nie alleen ons nie maar ook ons werke deur die geloof alleen regverdig gemaak word. As daardie geregtigheid van ons werke - wat die aard daarvan ook al is - van die geloof en onverdiende regverdigmaking afhang en daardeur tot stand gebring word, moet dit onder die geloof ingesluit word en, om dit so te stel, as 'n gevolg aan die oorsaak ondergeskik gestel word. So ver is dit daarvan dat dit ingespan kan word om die geloof af te breek of te verduister.

Om te bewys dat ons geluksaligheid op God se barmhartigheid en nie op ons 9Tab)A 293 werke berus nie, dring Paulus byvoorbeeld heftig met die volgende woorde van Dawid by ons aan: "Geseënd is diegene wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Geseënd is hy vir wie die Here sy sonde nie toegereken het nie" .58Daarteenoor kan iemand ontelbare uitsprake waardeur geluksaligheid skynbaar vanweë ons werke aan ons gegee word, aan ons opdring. So is daar byvoorbeeld: "Geluksalig is die man wat die Here vrees" ,59"wat die arme jammer kry" ,60 "wat nie wandel in die raad van goddelose mense nie" ,61"wat versoeking verdra";62"geluksalig is hulle wat die reg bewaar",63"die wat onbevlek is" ,64 "die wat arm van gees is", "die sagmoediges", "die barmhartiges".65Al hierdie uitsprake sal nogtans nie veroorsaak dat Paulus se stelling nie waar is niet Al die eienskappe wat hierin verkondig word, is trouens nooit so volledig in die mens aanwesig dat God hom op grond daarvan sou goedkeur nie. Daaruit volg dat die mens altyd ellendig is tensy hy deur vergiffenis van sy ellende vrygestel word.

Aangesien al die soorte saligheid wat in die Skrif opgehemel word, waardeloos in duie stort sodat die mens geen vrug daarvan pluk totdat hy deur sondevergiffenis geluksaligheid verkry en dit ten slotte vir hierdie eienskappe plek inruim nie, volg daaruit dat dit nie alleen die hoogste en belangrikste nie maar die enigste saligheid is - behalwe as jy miskien dink dat hierdie saligheid deur daardie vorms van saligheid wat alleen daarop berus, kragteloos gemaak word.

Nou is daar baie minder rede waarom ons deur die benaming regverdiges, wat gewoonlik aan gelowiges toegeken word, verwar hoef te word.

Ek erken sekerlik dat hulle vanweë hulle lewensheiligheid regverdig genoem word. Aangesien hulle hulle egter vir geregtigheid beywer en hulle daarop toelê eerder as om geregtigheid self te vervul, is dit billik dat hierdie vorm van geregtigheid plek maak vir die regverdigmaking deur die geloof waaruit dit verkry wat dit is.

11. Dit is verkeerd om jakobus se uitsprake in verband met die regverdigmaking teen Paulus se uitsprake daaroor af te speel🔗

Maar hulle beweer dat ons nog groter probleme het met jakobus, omdat hy ons dan lynreg sou weerspreek66 Want hy leer enersyds dat Abraham deur sy werke regverdig gemaak is67en andersyds dat ons almal ook deur ons werke en nie deur die geloof alleen nie regverdig gemaak word68
Hoe nou? Of wil hulle Paulus in 'n geveg met Jakobus betrek? As hulle Jakobus as 'n dienskneg van God beskou, moet hulle sy uitspraak so opneem dat hy nie van Christus verskil wanneer Hy deur Paulus se mond praat nie. Die Gees verklaar deur Paulus se mond dat Abraham deur die  geloof en nie deur sy werke nie geregtigheid verkry het.69Ons leer ook dat almal deur die geloof sonder die werke van die wet regverdig gemaak word. Dieselfde Gees leer deur Jakobus dat Abraham sowel as ons geregtigheid op goeie werke en nie op die geloof alleen berus nie.

Dit is seker dat die Gees nie met Homself in konflik is nie. Hoe kan hierdie uitsprake dan ooreenstem? Vir ons teenstanders is dit genoeg as hulle geregtigheid deur die geloof wat ons met die diepste wortels wil vestig, uitmekaar kan skeur. Hulle bekommer hulle egter weinig om aan ons gewete rus te gee. Daaruit kan jy inderdaad sien dat hulle aan die regverdigmaking deur die geloof knaag, maar intussen stel hulle geen reël vir geregtigheid waarop ons gewetens vastrapplek het nie. Laat hulle dus maar na hartelus triomfeer mits hulle op geen ander oorwinning roem as net dat hulle al die sekerheid van geregtigheid weggeneem het nie. Maar dit sal wel 'n jammerlike oorwinning wees wat hulle behaal wanneer die lig van die waarheid uitgedoof is en die Here hulle toelaat om alles met die duisternis van hulle leuens te bedek.70Waar God se waarheid ook al nog staanplek het, sal hulle egter geen vordering maak nie.

Ek ontken derhalwe dat Jakobus se verklaring wat hulle so knaend as 'n soort Achillesskild71voor ons hou, hulle in die geringste behulpsaam is.
Om dit duidelik te maak moet ons ten eerste die apostel se doel onder oë neem, en dan moet ons let op die aspekte waarin hulle hulle misgis.
Destyds was daar baie mense wat hulle ongeloof openlik aan die lig gebring het deur besonderse werke van gelowiges gering te skat of in die wind te slaan - gewoonlik 'n voortdurende euwel in die kerk.
Diesulkes het nogtans nie daarvan afgesien om hulle vals op die titel geloof te beroem nie. Jakobus dryf hier met sulke mense se dwase selfvertroue die spot. Hy het dus nie die bedoeling gehad om die krag van die ware geloof in enige opsig af te takel nie maar eerder om aan te toon hoe dwaas daardie niksnutte soveel vir 'n leë beeld daarvan opgeëis het - in so 'n mate dat hulle hiermee tevrede was en sonder bekommernis in volle losbandigheid van alle euwels gelewe het.

As ons hierdie toedrag van sake verstaan, sal dit maklik wees om op te merk waar ons teenstanders sondig. Hulle verval immers in 'n dubbele flater: 72 aan die een kant ten opsigte van die woord geloofen aan die ander kant ten opsigte van die woord regverdigmaking. Wanneer die apostel die sinlose opvatting wat ver van die waarheid van die geloof verwyder is, geloofnoem, doen hy dit by wyse van 'n toegewing wat geen afbreuk aan die saak doen nie. Hy toon dit trouens van meet af aan met die volgende woorde: "Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het maar hy het nie die werke nie?"73Hy sê nie: "As iemand die geloof sonder die werke het" nie, maar "As hy hom daarop beroem".
'n Rukkie later maak hy dit selfs nog duideliker wanneer hy die spot daarmee dryf as iets wat slegter as die kennis van duiwels is, en hy die geloof ten slotte dood noem.74 Maar uit sy omskrywing kan jyvoldoende verstaan wat sy bedoeling is. Hy sê: "Jy glo dat daar 'n God is". As die soort geloof in elk geval niks anders inhou as net dat mense glo dat daar 'n God is nie, is dit geen wonder as dit nie regverdig maak nie. En wanneer dit daardie soort geloof ontneem word, moet ons nie die indruk hê dat die Christelike geloof enigsins daardeur geskaad word nie omdat die geaardheid daarvan heeltemal anders is. Want hoe kan die ware geloof regverdig maak anders as wanneer dit ons met Christus verenig sodat, wanneer ons een met Hom geword het, ons die deelname in sy geregtigheid kan geniet? Die geloof regverdig dus nie omdat dit kennis opdoen van God se Wese nie maar omdat dit op die sekerheid van God se barmhartigheid berus.

12. Jakobus gebruik die woord 'regverdigmaking' in 'n ander sin as Paulus🔗

Ons het egter nog nie die doel van die apostel aangeroer as ons nie ook hulle tweede dwaling ondersoek nie.75 Jakobus plaas tewens volgens hulle 'n deel van die regverdigmaking in goeie werke. As jyJakobus op een lyn wil bring met die res van die Skrifte en ook met homself, moet jy die woord regverdigmaking noodwendig in 'n ander sin opneem as waarin Paulus dit gebruik. Paulus sê trouens dat ons regverdig gemaak word as die herinnering aan ons ongeregtigheid uitgewis is en ons as regverdiges gereken word. AsJakobus dit in gedagte gehad het, sou dit voorbarig van hom gewees het om die volgende aanhaling uit Moses se boek te maak: "Abraham het God geglo", ensovoorts.76Die verband is trouens soos volg: Abraham het deur sy werke geregtigheid verkry omdat hy nie geaarsel het om sy seun op God se bevel te offer nie.  is die Skrif vervul wat verklaar dat hy in God geglo het en dat dit hom tot geregtigheid gereken is.77As dit dan dwaas is dat 'n gevolg voor sy oorsaak kom, getuig Moses in daardie aanhaling verkeerdelik of dat sy geloof Abraham tot geregtigheid gereken is of dat hy nie geregtigheid verdien het deur daardie gehoorsaamheid wat hy betoon het deur Isak te offer nie. Ismael was nog nie eens verwek nie en hywas alreeds volwasse  nog voordat Isak gebore is; toe was Abraham reeds deur sy geloof regverdig gemaak. Hoe salons dan sê dat hy vir homself geregtigheid deur sy gehoorsaamheid, wat lank daarna eers gevolg het, verwerf het?
Daarom het Jakobus of die volgorde verkeerdelik omgekeer - iets wat ons nie geoorloof is om te dink nie - of hy het nie bedoel om hom regverdig gemaak te noem asof hy verdien het om regverdig geag te word nie.
Hoe dan nou? Dit is beslis duidelik dat hy van die verklaring van regverdigheid78 en nie van die toerekening79 daarvan praat nie. Dit is asof hy gesê het: "Diegene wat deur ware geloof regverdig is, bewys hulle geregtigheid deur gehoorsaamheld en goeie werke en nie deur 'n kaal en denkbeeldige masker van geloof nie". Kortom: hy redeneer nie oor die wyse waarop ons regverdig gemaak word nie, maar hy eis van gelowiges 'n geregtigheid wat goeie werke doen. En soos Paulus verklaar dat ons sonder bystand van ons werke regverdig gemaak word, so laat Jakobus ook nie mense as regverdiges toe wat sonder goeie werke is nie.

As ons hierdie doelstelling in gedagte hou, sal dit ons van elke probleem vrywaar. Ons teenstanders vergis hulle tewens besonderlik hierin dat hulle reken dat Jakobus die manier van ons regverdigmaking beskryf, terwyl hy niks anders bedoel nie as om die bedorwe onbekommerdheid van die mense te vernietig wat sinloos hulle geloof as verskoning vir hulle minagting van goeie werke voorgehou het. Hoe hulle dus ook al Jakobus se woorde verwring, sal hulle slegs twee gedagtes tot uitdrukking bring. 'n sinlose vertoon van geloof maak ons nie regverdig nie, en 'n gelowige wat nie met so 'n skyn tevrede is nie, verklaar sy geregtigheid deur sy goeie werke.

13. Die korrekte verklaring van Rom. 2:13🔗

Die feit dat hulle Paulus in dieselfde sin aanhaal, bied hulle egter weinig bystand: "Daders van die wet en nie hoorders daarvan nie, word regverdig gemaak.''80 Ek wil nie die vraagstuk ontwyk met Ambrosius se oplossing nie, naamlik dat dit gesê is omdat die vervulling van die wet die geloof in Christus is.81
Ek sien daarin trouens niks anders as 'n uitvlug waaraan ons'geen behoefte het nie, omdat die pad hier oop en bloot voor ons lê. Die apostel vee daardie domastrante selfvertroue van die jode plat wat daarmee te koop geloop het dat hulle die enigste mense was wat die wet geken het. Hulle was immers intussen die grootste minagters daarvan! Om dus te verhoed dat blote wetsbedrewenheid hulle soveel genot verskaf, vermaan hy hulle dat nie die kennis van die wet nie maar die onderhouding daarvan vereis word as geregtigheid uit die wet gesoek word. So ver dit ons aangaan, trek ons dit gewis nie in twyfel dat geregtigheid van die wet in goeie werke geleë is nie en selfs ook nie eens dat geregtigheid in die aansien en verdienstes van goeie werke berus nie. Maar dan is nog nie bewys dat ons deur ons goeie werke regverdig gemaak word nie - behalwe as hulle een enkele mens aan ons kan voorhou wat die wet volvoer het.

Die samehang van sy betoog sal tewens genoegsaam bewys lewer dat Paulus juis dit bedoel het. Nadat hy die heidene en die Jode saam weens hulle ongeregtigheid veroordeel het, verdeel hy hulle onderling en met betrekking tot die heidene sê hy dat diegene wat sonder die wet gesondig het, sonder die wet verlore gaan, en met betrekking tot die Jode dat diegene wat onder die wet gesondig het, onder die wet geoordeel (sal) word.82Aangesien hulle verder hulle oë vir hulle pligsversuim gesluit het en hulle hulle op die wet alleen beroem het, voeg hy iets baie pasliks hierby, naamlik dat die wet nie gegee is om mense regverdig te stel deur bloot na sy stern te luister nie maar eers wanneer hulle dit gehoorsaam. Dit is asof hy gesê het: "Soek jy geregtigheid in die wet? Moet dan nie voorhou dat jy dit gehoor het nie, want dit is iets wat van geringe belang is, maar bring jou werke om aan te toon dat die wet nie tevergeefs vir jou opgestel is nie!" Omdat hulle almal hierin 'n gebrek gehad het, het daaruit gevolg dat hulle ook van hulle roem op die wet gestroop is. Ons moet dus eerder die teendeel uit Paulus se opvatting aflei, naamlik dat geregtigheid van die wet in die volmaaktheid van die werke geleë is. Nniemand kan egter daarop roem dat hy deur sy werke aan die wet voldoen het nie, gevolglik is daar geen geregtigheid wat uit die wet kom nie.

14. Die betekenis van gelowiges se beroep op hulle goeie werke voor God🔗

Nou stry hulle ook na aanleiding van daardie verwysings waarin gelowiges onverskrokke hulle regverdigheid aan God se oordeel ter ondersoeking voorlë en waarin hulle die begeerte uitspreek dat daarvolgens oor hulle geoordeel moet word. Sulke verwysings is byvoorbeeld.83"Oordeel my, o Here, volgens my geregtigheid en volgens my onskuld wat in my is" .84Net so: "Verhoor my geregtigheid, o God".85"U het my hart ondersoek en my in die nag besoek en daar is geen ongeregtigheid in my gevind nie" .86Net so: "Die Here sal my vergeld volgens my geregtigheid, en volgens die reinheid van my hande sal Hy my vergeld omdat ek die weë van die Here bewaar het en nie goddeloos van my God afgewyk het nie. En ek sal sonder vlekke wees en my van myongeregtigheid weerhou."87 Net so: "Oordeel my, o Here, omdat ek in my onskuld gewandel het";88"Ek het nie saam met valse mense gesit nie en ek sal nie met onregdoeners omgaan nie";89"Laat my siel nie saam met die goddelose vergaan nie en my lewe met bloedddorstige manne nie";90 "In wie se hande ongeregtighede is, wie se regterhand vol omkopery is. Maar ek het in onskuld gewandel."91

Hierbo het ek gepraat oor die vertroue wat die heiliges skynbaar eenvoudig uithulle goeie werke put.92 Die getuienis wat ons hier aangehaal het, salons egter nie erg belemmer as hulle in hulle samehang verstaan word, of, soos dit algemeen gestel word, in hulle omstandighede nie. Dit is voorts tweevoudig: hulle bedoeling is immers nie dat hulle volledig ondersoek moet word om volgens hulle hele lewenswandel verdoem of vrygeskeld te word nie. Hulle lê egter 'n besonderse saak vir beslegting voor. Ten tweede eien hulle vir hulle nie geregtigheid ten opsigte van God se volmaaktheid toe nie maar vergelyk hulle eie met die van goddelose mense.

Ten eerste: Wanneer dit oor die regverdigmaking van die mens handel, word daar nie soseer in die eerste plek gevra dat hy in die een of ander besondere opsig 'n goeie saak moet hê nie maar 'n sekere ewematigheid93van geregtigheid oor sy hele lewe. Wanneer die heiliges God se oordeel aanroep om hulle onskuld goed te keur, dien hulle hulle tog nie aan as mense wat van alle skuld bevry en in alle opsigte blaamloos is nie.

Aangesien hulle egter hulle vertroue op saligheid in sy goedertierenheid alleen gevestig het en op Hom vertrou as die Wreker van die armes wat onregmatig en onbillik getreiter is, dra hulle inderdaad 'n saak waarin onskuldiges onderdruk word, aan Hom voor. Wanneer hulle  trouens hulle teenparty saam met hulle voor God se regbank daag, roem hulle nie op 'n onskuld wat met God se reinheid ooreen sou stem as dit streng ondersoek sou word nie. Omdat hulle egter weet dat hulle opregtheid, geregtigheid, eenvoud en reinheid in vergelyking met hulle teenstanders se verkeerdheid, onopregtheid, slinksheid en goddeloosheid aan God bekend en vir Hom aangenaam is, vrees hulle nie om Hom as Regter tussen hulle en hulle teenparty aan te roep nie. Toe Dawid byvoorbeeld vir Saul gesë het: "Mag die Here elkeen volgens sy geregtigheiden sy waaragtigheid vergeld",94het hy nie bedoel dat die Here elkeen moet ondersoek en volgens sy verdienste moes beloon nie, maar hy het vir die Here betuig hoe groot sy onskuld was as dit met Saul se ongeregtigheid vergelyk sou word. En wanneer Paulus met hierdie roem spog dat hy goeie getuienis van sy gewete het, dat hy in eenvoud en opregtheid in die kerk van God besig was,95 bedoel hy ook nie dat hyop so 'n soort roem voor God steun nie, maargedryf deur die valse aanklagte van goddelose mense verklaar hy sy geloof en opregtheid waarvan hy bewus was dat dit vir God aangenaam was, teen enige kwaadstokery van mense. Ons sien trouens wat hy elders së, naamlik dat hy van geen kwaad in hom bewus is nie maar dat hy nie hierdeur regverdig gemaak word nie.96Hy was natuurlik daarvan bewus dat God se oordeel die mens God as getuie en regter verdedig, roep hulle nogtans almal eenstemmig uit wanneer hulle met God alleen te doen het: "As U, o Here die ongeregtigheid in aanmerking neem, Here, wie sal bestaan?"97Net so: "Tree tog nie in gerig met u diensknegte nie, want niemand wat lewe, sal voor u aangesig regverdig wees nie" .98en die wat nie op hulle werke vertrou nie, sing vrymoedig "U goedertierenheid is beter as die lewe".99

15. Die betekenis waarin geregtigheid elders in die Skrifgebruik word, en die geregtigheid van die heiliges🔗

Daar is ook ander tekste wat nie van die hierbo verskil nie en waarop iemand selfs nou nog vastrapplek kan probeer kry. Salomo sê dat iemand wat in sy eie opregtheid wandel, regverdig is.100 Net so: "Op die pad van geregtigheid is lewe en daarin is geen dood nie" .101Daarom verklaar Esegiël dat iemand wat oordeel en geregtigheid beoefen, sal lewe.102
Ons ontken of verdoesel geeneen hiervan nie. Maar laat net een van Adam se kinders wat so 'n opregtheid het, na vore tree! As daar dan nie so een is nie,103 moet hulle weg van God se aangesig vergaan of hulle toevlug tot die skuiling van sy barmhartigheid neem.

Intussen ontken ons egter nie dat elke gelowige se opregtheid, al is dit maar net halfklaar en onvolmaak, vir hom 'n stap na die onsterflikheid is nie. Maar waaruit ontstaan dit anders as dat die Here nie die werke van diegene wat Hy in sy genadeverbond opgeneem het, volgens hulle  verdienstes ondersoek nie maar dat Hy hulle met vaderlike goedheid omhels? Hieronder verstaan ons egter nie slegs dit wat die Skolastici leer nie, naamlik dat goeie werke uit ontvangende genade104waarde het nie.

Hulle opvatting is immers dat werke wat andersins nie die krag het om uit die verbond van die wet saligheid te bekom nie, nogtans deur God se aanvaarding van sulke werke verhef word tot 'n waarde wat wel daaraan gelyk is.105 Sover dit my aangaan, verklaar ek dat sulke werke, wat sowel met ander oortredings as met hulle eie vlekke besoedel is, geen ander waarde het nie as net dat die Here beide begenadig - dit is om aan die mens onverdiende geregtigheid te skenk.

Hier word heeltemal onvanpas daardie bekende gebede van die apostel waarin hy so 'n groot volmaaktheid vir die gelowiges vra dat hulle op die dag van die Here sonder skuld en onberispelik kan wees,106 aan ons opgedring. In die ou tyd het die aanhangers van Caelestius107 trouens hierdie woorde graag te berde gebring om die volmaaktheid van geregtigheid in hierdie lewe te bewys.108 Omdat ons egter meen dat dit voldoende is, antwoord ons bondig na aanleiding van Augustinus soos volg: Alle godvrugtiges behoort inderdaad na hierdie doel te strewe, naamlik om eendag onbevlek en onberispelik voor God se aangesig te verskyn.109. Maar omdat die beste en uitnemendste lewenswyse hier niks anders is as vordering daarnatoe nie, salons hierdie doel eers bereik wanneer ons hierdie vlees van ons sonde ontneem is en die Here ten volle aanhang.110En tog sal ek nie hardkoppig stry met iemand wat aan die heiliges die titel volmaaktes wil toeken nie, mits hy dit maar in Augustinus se woorde omskryf. Hy sê: "Wanneer ons die heiliges se deug as volmaak beskryf, hoort die kennis van hulle onvolmaaktheid sowel in die waarheid as in nederigheid juis by hulle volmaaktheid" .111

Endnotes🔗

  1. ^ Pighius behandel die onderwerp met kritiek teen Calvyn se uiteensetting hiervan in die 1539uitgawe van die Inst. in sy Controversiarum ... explicatie (1542) in Controversia 2: De fide et iustificatione fo. 36b - 86b.
  2. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1223, 1241);]ac. Latomus, De fide et operibus (1550) fo. 141ab.
  3. ^ Marg. Deut. 7.b.12. Vgl. ook vers 13 e.v.
  4. ^ Marg. Iere. 7..a.3 & e.23 (recte: Jer. 7:5 . 7). Vgl. OC 37:673 - 676.
  5. ^ Marg. Deut. 11.d.26. Vgl. ook verse 27 . 28.
  6. ^ Vgl. Deut. 30:15.
  7. ^ Vgl. Pighius, a.w. fo. 86b.
  8. ^ Vgl. Inst. 2.7.3 (ACr. vert. 2:480).
  9. ^ Vgl. Deut. 27:26.
  10. ^ Marg. Galat. 2.c.16. Vgl. ook OC 50:196.
  11. ^ Psalmo 19.a.12 (opgeneem in die teks en nie marginaal nie), vgl. OC 31:204 - 206
  12. ^ Vgl. Ps. 19:2, 13; Fr. + en ce il dénote l'empeschement quifait que la iouissance n'en uientpoint iusques à nous (Benoit 3:282)
  13. ^ Marg. Psal. 25.b.l0. Vgl. OC 31:255 - 256.
  14. ^ Vgl. Ps. 25:11.
  15. ^ Vgl. Inst. 3.17.2 (Afr. vert. 3:1022).
  16. ^ Marg. Levit. 18.a.5; Ezec. 20.b.ll. Vgl. OC 40:481 - 483.
  17. ^ Marg. Rom. 10.a.5; 1541 - 1554: + Marg. Galat. 3. Vgl. Gal. 3:12 en OC 49:197 - 198; 50:209.
  18. ^ Fr.: par la convenance (Benoit 3:282, n. 4: par l'Alliance).
  19. ^ Fr.: 1541 e.v.: de Sorbonne (Benoit 3:283).
  20. ^ Vgl. Bonaventura, In sent. 2.27.2.3.2 (OOB 2:668).
  21. ^ Marg. Act. 10.e.34. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 48:241 e.v. en Inst. 3.23.10 (Afr. vert. 3:1204).
  22. ^ Vgl. Coehlaeus, Philip. 3.13
  23. ^ Vgl. Hebr. 3:1 (OC 55:35 e.v.).
  24. ^ Vgl. Hebr. 10:31 (OC 55:137 e.v.)
  25. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 1,2.109.6; (Marietti 2:551 e.v.): Eck, Ench. 5 (1532) fo. 48r e.v. (Battles 1978:53 e.v.).
  26. ^ .Marg. Galat. 5.a.5. Vgl. ook OC 50:245 - 246.
  27. ^ Vgl. Hand. 10:34; 1 Pet. 1:17 (OC 55:223 e.v.).
  28. ^ Vgl. Inst. 1.15.4; 3.6.1 (Afr. vert. 1:292; 3:876).
  29. ^ Marg. Deut. 7.b.9. Vgl. ook Calvyn se preek hieroor op Sondag 3 Augustus 1555 (OC 26:520 e.v.).
  30. ^ Marg. 1. Reg. 8.c.23 (1 Kon. 8:23).
  31. ^ Marg. Nehe. 1. b.5.
  32. ^ Marg. Deut. 29.c.18. Vgl. OC 28:522 e.v.; en Calvyn se preek op 9 Apri11556 - OC 28:522 e.v..
  33. ^ Marg. 2. Sam. 22.b.2 (recte: 2 Sam. 22:21).
  34. ^ Vgl. 2 Sam. 22:20.
  35. ^  Fr.: 1541 e.v.: doctrine (Benoit 3:285, n.1).
  36. ^ Vgl. Inst. 3.14.6; 3.21.5 - 7 (Afr. vert. 3:985; 1164 - 1171).
  37. ^ Ps. 15:1 (OC 31:142 - 144).
  38. ^ Ps. 24:3 - 4 (OC 31:245 - 246).
  39. ^ Marg. Iesa. 33.b.14. Vgl. oe 36:567 - 569.
  40. ^ Vgl. Jes. 33:15.
  41. ^ Vgl. Ps. 15:2 - 5 (OC 31:144 - 148).
  42. ^ Marg. Deut. 6.d.25.
  43. ^ Marg. Deut. 24.c.13. Vgl. ook verse 12, 14 - 15.
  44. ^ Marg. Psal. 106.e.30. Vgl. ook vers 31.
  45. ^  Vgl. die Septuagint; Fr. 1560: d'Edits ou statuts (Benoit 3:287).
  46. ^ Marg. Luc. 1.a.6. Vgl. ook vers 5 en OC 45:8 - 11. OAV: regte, NAV: voorskrifte: A: in iustitiis. geregtighede.
  47. ^ Fr. 1541 e.v.: + Nostre response donc est, que quand les oeuvres des Saincts sont nommées Iustice, cela ne uientpoint de leurs mérites; mats entant qu 'ellestendent à la iustice que Dieu nous a com-mandée, laquelle est nulle si elle n 'estpa rfaite. Or elle nese trouve parfatte en nulhomme du mono de;pourtantfaut conclurre qu 'une bonne oeuvre de soy ne mërite pas Ie nom de iustice (Benoit 3:288).
  48. ^ Fr. 1541 e.v.: de Moyse (Benoit 3:288).
  49. ^ Marg. Gal. 4.a.4 (recte: Gal. 3:6). Vgl. ook Rom. 4:3.
  50. ^ Marg. Psal. 106.d.31. Vgl. ook vers 30 en OC 32:128.
  51. ^ Vgl. die sesde sessie van die Konsilie van Trent, Kanon 24 (De iustif) (Mansi 33:32 e.v.).
  52. ^ Marg. Deut. 27.d.26.
  53. ^ Vgl. Job 25:4 . 5.
  54. ^ Marg. Iob. 4.d.18. Vgl. ook vers 17.
  55. ^ Die vertaling is aangevul na aanleiding van die Franse uitgawe van 1541 e.v.: voudrions-nousfatre une lignëe serpentine, que les enfans meurtrlssent leur mëre (Benoit 3:289).
  56. ^ Fr. 1541 e.v.: de noz adversaires (Benoit 3:289).
  57. ^ Fr. 1560: qu'elles ne mëriteront que condemnation (Benoit 3:290).
  58. ^ Marg. Rom. 4.a.7; Psal. 32.a.l. Vg!. ook Rom. 4:8 en OC 31:314 - 317.
  59. ^ Marg. Psal. 112.a.l. Vgl. OC 32:171 e.v
  60. ^ Marg. Prov. 14.c.21 (Spr. 14:21).
  61. ^ Marg. Psal. 1.a.l. Vgl. OC 31:37 . 39.
  62. ^ Marg. Jacob. 1.b.12. Vgl. OC 55:389.
  63. ^ Marg. Psal. 106.a.3.
  64. ^ Marg. & 119.1 (Ps, 119:1). Vgl. OC 32:215 - 216.
  65. ^ Marg. Matth. 5.a.3. vgl. ook verse 5 en 7 en OC 45:161 . 163.
  66. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 2,2.4.4 (Marietti 2:11); Eek, Ench. 5:49r e.v.: Pighius, Controversia 2:68b - 84a.
  67. ^ Marg. Iacob. 1.b. 12 (recte: 1539 - 1554: Jac. 2.d.21).
  68. ^ .Vgl. Jak. 2:24, 25.
  69. ^ Vgl. Rom. 4:3; Gal. 3:6.
  70. ^ Fr. 1541 e.v.. ils auront aueuglë Ie monde de leurs ténèbres (Benoit 3:292).
  71. ^ Daar bestaan verskeie legendes in verband met Aehilles in die Griekse mitologie maar die bekendste daarvan is die van Homeros. Hierdie welbekende legende verhaal die indompeling van Achilles deur sy moeder Thetis om hom immuun te maak teen aanvalle maar die enkel waaraan sy hom in die water ingedoop het, het steeds sy swakplek gebly. Vir sy gevegte in die Trojaanse oorloë is 'n skild deur die Griekse vuurgod Vulkanos vir hom gesmee. (REW 1,1:221 e.v., OCD 4, 5).
  72. ^ Fr.: Car ils faillent doublement (Benoit 3:292).
  73. ^ Vgl. Jak. 2:14 (OC SS:403).
  74. ^ Vgl. Jak. 2:19,20 (OC 5S:405).
  75. ^ Vgl. Eck, Ench. 5:5lv (Battles 1978:60).
  76. ^ Vgl. Jak. 2:23; Gen. 15:6. Calvyn lig hierdie toerekening tot geregtigheid nader toe in 'n preek oor Gen. 15. Hierin maak hy die volgende opmerking oor die regverdigmaktng van die persoon en die regverdigmaking van sy werke: ... quand Dieu nous iustifie du commencement, c 'est à dire, qu'il nous reoit à merci, nous retirant de la damnation en laquelle nous avons estë, que la il use d'un pardon general: et puts quand il nous iustifie apres, ce n 'estpas qu 'tl ne recognoisse les biens qu 'il a mis en nous, qu 'il ne les auouë et les approuue, car il ne se peutpas renoncer: et quand il nous gouverne par son sainct Esprit, encores que Ie pecbé babite en nous, il n y regne pas toutesfois comme il est dit au sixieme cbap. des Rom. qu 'encores que nous ne facions Ie bien que nous voulons, si est-ce que nous y tascbons. Dieu donc approuue cela, d'autant qu 'il est de luy: mats notons qu 'it nous iustifie en nous personnes et nous iustifie mesmes en nous oeuvres par la pure foy (OC 23:718 - 719). Vgl. ook sy com. in ep. Pauli ad Romanos 8:29 - 30 (Parker, 1981:182 . 184).
  77. ^ Vgl. Jak. 2:21 asook Pighius a.w.
  78. ^ Fr.: + devant les hommes (Benoit 3:293).
  79. ^ Fr.: + de iustice quant à Dieu (Benoit 3:293).
  80. ^ Marg. Rom. 2.b.13. vgl. OC 49:37; Eek, Ench. 5:C7b; De Castro, Adv. Haer. fo. 128b; 10. Roffensis, Conf art. 1:67,79; Coehlaeus, Phil. 3:13; Faber, Cur noluerit ... 14; De fide et op. 11.
  81. ^ Vgl. Ambrosiaster, Com. in ep. ad Rom. 2:13 (MPL 17:67). Eck (a.w, 5:47r) haal Rom. 2:6,10 en 13 aan om dieselfde stelling as hierdie skrywer te staaf.
  82. ^ Vgl. Rom. 2:12 (OC 49:36 - 37).
  83. ^ Fr. 1541 e.v.: + Comme quand David dit (Benoit 3:294).
  84. ^ Marg. Psal. 7.c.9. Vgl. OC 31:83.
  85. ^ Marg. Psal. 17.a.l. Vgl. OC 31:158 - 159.
  86. ^ Vgl. Ps. 17:3.
  87. ^ Marg. Psal. 18.d.21. Vgl. ook verse 22, 24 en OC 31:179 - 180.
  88. ^ Marg. Psal. 26.a.l. Vgl. OC 31:263 - 264
  89. ^ Vgl Ps. 26:4.
  90. ^ Marg. Ibidem, c.9. Ps. 26:9.
  91. ^ Vgl. Ps. 26:10 - 11.
  92. ^ Vgl.Inst. 3.14.18 - 20 (Afr. ven. 3:998 . 1001).
  93. ^ Fr. 1541 e.v.: + ce que nul n'a iamais eu et n 'aura (Benoit 3:295).
  94. ^ Marg. 1. Sam. 26..d.23.
  95. ^ Marg. 2. Cor. 1.c.12. Vgl. OC 50:16 . 18.
  96. ^ Marg. 1. Cor. 4.a.4. Vgl. OC 49:365.
  97. ^ Marg. Psal. 130.a.3. vgl. OC 32:334.
  98. ^ Marg. & 143.a.2. Ps. 142:2. Vgl. OC 32:400.
  99. ^ Marg. Psal. 36.a.4 (recte: Ps. 63:4). Vgl. OC 31:595 - 596. 
  100. ^ Marg. Prov. 20.a. 7.
  101. ^ Marg. & 12.d.28 (Spr. 12:28).
  102. ^ Marg. Ezech. 18.b.9, e.21, & 33.d.15. Vgl. OC 40:425 - 433.
  103. ^ Fr. 1541 e.v.. S'tl ne se trouue nul bomme mortel, qut le puisse faire (Benoit 3:296).
  104. ^ Die Roomse genadeleer word deur Marietti (2:564) na aanleiding van Thomas se onderverdeling daarvan (Thomas, Summa Theol. 2,1:111) soos volg gestel: ten eerste is daar gratia increata et aeterna (ongeskape en ewige genade); daarteenoor staan gratta creata et temporalis (geskape en tydelike genade). Ten tweede is daar gratia Dei et gratia Chrlsti (die genade van God en die genade van Christus - onderskeie). Derdens is daar gratta interna en gratia externa {innerlike genade en uiterlike genade). Onder innerlike genade val gratia eleuans, sanans, mooens, sanctiftcans seu iustificans, adiuvans seu auxtlians (verheffende genade, helende, bewegende, heiligmakende of regverdigmakende genade en helpende of onderskragende genade. Onder uitwendige genade val prediking en wonders. Geskape genade word verder verdeel in gratia gratum facientem en gratta gratis data (genade wat iemand welbehaaglik maak en genade wat aan diegene wat welbehaaglik is,gegee is). Eersgenoemde (behaaglik makende genade) word verder verdeel in gratia habitualisen gratia actualis (inwonende genade, soos sedelike deugde, en teologiese gawes, en handelende genade). Laasgenoemde word verder onderverdeel in gratia operans et cooperantem (werkende en meewerkende genade); gratia praeueniens en subsequens (voorafkomende en opvolgende genade); gratia excitans, adiuuans, elevans et medicinalis (opwekkende, helepende, verheffende en helende genade) en in gratia sufficiens en gratia efficax (voldoenende genade en kragdadige of doeltreffende genade). Hierin dui genade op 'n donum supernaturale quod liberaltter et gratuite datur - 'n bonatuurlike gawe wat vrygewig en verniet gegee word. Hierby voeg Duns Seotus 'n reeks van sy eie: gratia cogita tionis, gratia illustrationis, gratia particularis, gratia baptismaiis, gratia finalis, gratia poenitentialis, gratia specialis. gratia antecedens, gratia uocationts, gratia confirmationts, gratia acceptans, gratia sacramentalis en gratia oirginalis. (Vgl. die Indices rerum van Duns Seotus se Opera omnia vir sy bespreking hiervan.) Die leer van gratia acceptans aannemende genade - is deur die Fransiskaanse Skolastici, Duns Seotus en Oeeam verder ontwikkel en sterk verdedig deur Eek in sy Ench. Vgl. hiermee Calvyn se verdeling in gratia Dei generalis en gratta Dei specialis - God se algemene genade en sy besondere genade, Inst. 2.2.17 (Afr. vert. 2:390 n. 108, 110).
  105. ^ Vgl. Duns Scotus, In sent. 1.17.3.25,26 (000 5,2:964 - 965); Oeeam, In sent. 1.17.1; Eck, Ench. 5:C6b.
  106. ^ Marg. Ephes. 1.a.4; 1. Thessal. 3.d.13, & alibi. Fr. 1560: + Marg. Phil. 2:15. Vgl. o.a. 1 Tess. 5:23; 1 Kor. 1:8 (OC 51:147 - 148; 52:34 - 35,159 - 160, 178 - 180; 49:311 - 312).
  107. ^ Fr.: anciens bërëtiques. Volgens Benoit was dit 'n sekte wat deur Piero del monte Murone, hermiet van Abruzzes, bekend as Coelestinus die Vyfde en voorganger van Pous Bonifaeius, tot stand gebring is. (Vgl. RPTK 2:770 e.v.) Dit is kennelik verkeerd. Hierdie Caelestius was naam lik saam met Iulianus Ec1anenses verbete dissipels van Pelagius. Die geweldige verspreiding van die Pelagianisme vanaf 405 kan hoofsaaklik aan Caelestius se reise eers na Carthago en daarna na Efese toegeskryf word. Vgl. Vita 1551 (Afr. vert. 1:176); Augustinus, De Perf. iust. hominis 1 (MPL44:293; CSEL42:3).
  108. ^ Vgl. Augustinus, De perfectione iustitiae bominis 9.20 (MPL 44:301; CSEL 42:19).
  109. ^ Vgl. Kol. 1:22 (OC 52:90 - 91)
  110. ^ Vgl. Augustinus, De perf. iust. hom. l.c. (MPL 44:302; CSEL 42:20).
  111. ^ Marg. Li. ad Bonif. 3. cap. 7.Augustinus, Contra duas ep. Pelag. 3.7.19 (MPL44:602; CSEL60,1:S08).