Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 24 Die uitverkiesing word deur God se roeping bekragtig. Die goddeloses haal hulle egter die regverdige verderf waarvoor hulle bestem is, op die hals

Die uitverkorenes word onverdiend op grond van God se barmhartigheid geroep, en nie op grond van hul goeie werke, geloof of die sogenaamde ‘saad van die uitverkiesing’ nie. Die saligheid, die lewe, onsterflikheid en uitverkiesing moet in Christus alleen gesoek word. Hy self het meermale gesê dat geen uitverkorene verlore sal gaan nie. Hul name is immers in die boek van die lewe opgeskryf. Daarom sal hul volhard ten spyte van aanslae en vertwyfeling.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 18 Geregtigheid van werke word verkeerdelik uit die loën afgelei

Die verband tussen beloning en goeie werke word bespreek. Die volgende kom ter sprake: lewensheiliging, die bymekaarmaak van skatte in die hemel, verdrukkings, regverdigmaking deur liefde (volgens die Fariseërs), onderhouding van die gebooie en geloof as goeie werke.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 17 Die ooreenstemming tussen die beloftes van die Wet en die beloftes van die Evangelie

Slegs ‘n ware geloof in Jesus Christus maak die mens regverdig. Uit onverdiende genade word hy deur God aangeneem. Hierdie wedergeboorte maak van hom ‘n nuwe skepsel wat hom goeie werke laat doen om God te behaag. Hy kan egter nie op sy goeie werke roem nie. Die leer van die pousgesindes hieromtrent word weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 16 ‘n Weerlegging van die valse beskuldigings waarmee die pousgesindes poog om hierdie leer gehaat te maak

Die Roomse Kerk beskuldig die Protestante dat hul goeie werke tot niet maak (omdat niks daarmee verdien kan word nie) en gelowiges so aanspoor om te sondig (omdat hulle onverdiende sondevergiffenis verkondig). Hierdie valse aantygings word in die hoofstuk weerlê.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 15 Roem op die verdienste van werke vernietig nie alleen die lof aan God dat Hy aan ons geregtigheid gegee het nie, maar ook die sekerheid oor ons saligheid

Die mens word nie regverdig gemaak deur goeie werke nie. Slegs Christus se verdienste, en nie die mens s’n nie, is genoegsaam vir ons verlossing. Calvyn weerlê die Roomse kerk, Sofiste en Skolastici se verkeerde leer hieromtrent.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 11 Regverdigmaking deur die Geloof: Vooraf 'n beskrywing van die woord en onderwerp

Hierdie hoofstuk bespreek die geloof en die verhouding daarvan tot regverdigmaking en wedergeboorte. Die volgende word ook aangespreek:
• Osiander se leer van 'wesenlike geregtigheid'
• sondevergifnis
• Christus as ons soenoffer
• goeie werke
• genade
• die wet

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 4 Alles wat die Sofiste in verband met berou kwytraak, is ver van die suiwerheid van die Evangelie af. ‘n Behandeling van belydenis en voldoening

Die Roomse Kerk se leer in verband met die bieg en boetedoening berus op ‘n verkeerde vertolking van die Skrif. Volgens die Skrif is daar net een manier waarop sondes bely en kwytgeskeld kan word, naamlik by die Here. Dit kan in die openbaar of in privaat vir algemene of persoonlike sondes wees.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 5 ‘n Weerlegging van die besware wat gewoonlik ter verdediging van oordeelsvryheid aangevoer word

In hierdie hoofstuk weerlê Calvyn die besware wat teen oordeelsvryheid aangevoer word. Hy bespreek die volgende besware: 1) dat sonde vermy kan word, 2) dat straf en loon hul betekenis verloor as die mens nie self kan kies nie, 3) dat alle mense dieselfde natuur sou hê indien hul nie ‘n keuse tussen goed en kwaad gehad het nie, 4) dat vermanings tevergeefs is as ‘n sondaar nie self daarop kan reageer nie en 5) dat die mens self alles kan volbring wat in die wet en die Skrif geëis word.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 3 Uit die mens se bedorwe natuur kan niks anders as doemwaardigheid voortkom nie

Die mense moet totaal nuut gemaak word, want sy verstand en wil – sy hele vleeslike natuur – is só verdorwe dat hy onvermydelik sondig. Dit word slegs deur God se genade in toom gehou. Hý begin en volbring alle goeie werke in ons, Hý vernuwe ons en Hý gee ons volharding. Die mens is nie ‘n medewerker aan al hierdie dinge nie, maar ontvang alles uit onverdiende genade.