Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 25 Die Laaste Opstanding
Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 25 Die Laaste Opstanding
1. Nadenke oor die laaste opstanding is noodsaaklik⤒🔗
Christus, die Son van geregtigheid, het die dood oorwin. Deur die evangelie laat Hy sy lig skyn, en soos Paulus getuig, het Hy vir ons die lewe verlig. 1En daarom word daar gesê dat ons deur te glo van die dood na die lewe oorgegaan het,2en is ons nou nie meer vreemdelinge en bywoners nie maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God wat ons saam met sy eniggebore (Seun) in die hemel laat sit3sodat niks ons tot volkome geluksaligheid ontbreek nie. Om egter te voorkom dat dit vir ons lastig sou wees om nog onder harde krygsdiens geoefen te word asof die oorwinning wat Christus behaal het, geen vrugte afwerp nie, moet ons nogtans weet wat elders oor die aard van hoop geleer word. Ons hoop immers op dinge wat nie sigbaar is nie,4en, soos elders gesê word, die geloof is die bewys van die dinge wat nie gesien kan word nie.5Solank ons in die kerker van die vlees ingesluit is, woon ons van die Here uit.6Daarom sê dieselfde Paulus elders dat ons gesterf het en dat ons lewe met Christus in God verborge is, en wanneer Hy wat ons Lewe is, verskyn, salons ook saam met Hom in heerlikheid verskyn.7Ons toestand is dus so dat ons nugter en regverdig en vroom in hierdie wêreld moet leef en die geluksalige hoop en die koms van die heerlikheid van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, moet verwag.8 Hier het ons meer as gewone lydsaamheid nodig om nie vermoei te word of op ons koers agteruit te gaan of ons wagpos te verlaat nie.
Alles wat ons tot dusver oor ons saligheid verduidelik het, vereis dus dat ons ons gemoedere na die hemel verhef om Christus wat ons nie gesien het nie, lief te hê, in Hom te glo en ons met onbeskryflike en heerlike blymoedigheid in Hom te verbly totdat ons die doel van ons geloof bereik soos Petrus ons leer.9 Daarom sê Paulus dat die geloof en die liefde van godvrugtiges op die hoop sien wat in die hemel weggebëre is.10Wanneer ons oë derhalwe so op Christus gevestig en ons van die hemel afhanklik is en niks op die aarde ons oë verhinder om ons tot die beloofde geluksaligheid op te voer nie, sal hierdie uitspraak waarlik in vervulling gaan dat ons hart is waar ons skat is.11As gevolg hiervan is geloof so seldsaam op die wêreld dat niks vir ons traagheid moeiliker is as om ontelbare hindernisse oor te steek en na die prys van ons hoë roeping voort te skry nie.12 By die ontsaglike hoop ellendes waaronder ons gewoonlik begrawe word, kom die bespotting van onheiliges waardeur ons eenvoudigheid aangeval word wanneer ons die verlokkings van die dinge van hierdie wêreld vrywillig versaak en skynbaar 'n geluksaligheid wat vir ons verborge is, soos 'n vlugtende skaduwee agternajaag. Kortom: gewelddadige versoekings beleër ons van bo en van onder, van voor en van agter, en ons gemoedere sou nie opgewasse wees om dit te weerstaan nie tensy hulle losgernaak word van die dinge van die wêreld en hulle gebind word aan die hemelse lewe wat oënskynlik ver van ons verwyder is. Daarom maak iemand wat hom daaraan gewoond gemaak het om gedurig oor die geluksalige opstanding na te dink, dan uiteindelik grondige vordering in die evangelie.
2. 'n Reikhalsende verlange na God moet die basis van ons hoop op die opstanding wees←⤒🔗
Filosowe het eertyds sorgvuldig oor die doel van die hoogste goed gedebatteer en selfs met mekaar daaroor gestry. Met uitsondering van Plato het geeneen van hulle egter agtergekom dat die mens se hoogste goed sy verbondenheid aan God is nie.13 Hy kon egter nie eens met 'n vae smaak besef hoedanig hierdie band is nie. Geen wonder nie, aangesien hy niks in verband met hierdie heilige band geleer het nie.14
Die enigste en volmaakte geluksaligheid ook in hierdie aardse vreemdelingskap is wel aan ons bekend, maar deur die verlange daarna vuur dit ons harte daagliks meer en meer aan totdat die volle genieting daarvan ons sal versadig. Daarom het ek gesê dat slegs diegene wat hulle gemoedere na die weeropstanding ophef, die vrug van Christus se weldade ontvang.15 So stel Paulus hierdie doel vooraf vir die gelowiges vas16 en hy sê dat hy daarna jaag en alles vergeet totdat hy dit bereik.17
Ons behoort daarom ook met groter vuur daarna te strewe om nie, as die wêreld ons hier in beslag neem, die droewige straf vir ons traagheid te dra nie. Daarom skets hy die gelowiges elders met hierdie teken dat hulle burgerskap in die hemel is, waarvandaan hulle ook hulle Saligmaker verwag.18En om te verhoed dat hulle in hierdie wedloop moed verloor, sluit dieselfde Paulus al die skepsels as hulle metgeselle by hulle in. Omdat trouens oral misvormde bouvalle gesien kan word, sê hy dat alles in die hemel en op die aarde na vernuwing streef. 19Aangesien Adam immers deur sy val die ongeskonde orde van die natuur verwoes het, is die slawerny waaraan skepsels vanweë die sonde van die mens onderwerp is, vir hulle lastig en swaar - nie omdat hulle die een of ander sintuiglike ervaring daarvan het nie maar omdat hulle van nature na die ongeskonde staat waaruit hulle afvallig geraak het, verlang. Paulus het dus aan hulle versugting en geboorte pyn toegeskryf,20sodat ons aan wie die eerstelinge van die Gees geskenk is,21 ons moet skaam dat ons in ons bedorwenheid wegkwyn en nie ten minste die dooie elemente naboots wat die strafvir 'n ander se sonde dra nie. Om ons egter nog heftiger te prikkel noem hy die laaste koms van Christus ons oeriossing22Dit is wel waar dat al die aspekte van ons weeropstanding reeds vervul is, maar omdat Christus eenmaal vir ons sondes geoffer is,23sal Hy weer sonder sonde tot saligheid gesien word. Deur watter ellendes ons ook al verdruk word, kan hierdie verlossing ons tot die voltooiing daarvan staande hou.
3. Die Skrif voorsien twee hulpmiddels om die 'opstanding van die vlees' te begryp, naamlik die ooreenkoms met Christus se opstanding en God se almag←⤒🔗
Juis die gewigtigheid van die onderwerp salons belangstelling daarin opskerp. Paulus voer immers nie sonder rede aan dat die hele evangelie leeg en bedrieglik is as die wat dood is, nie weer opstaan nie,24 omdat ons toestand dan droewiger as die van alle ander sterflikes sou wees,25aangesien ons uur vir uur in gevaar verkeer omdat ons aan die haat en beledigings van baie blootgestel is. Ja, ons is soos skape wat bestem is om geslag te word.26 En daarom sou die evangelie se gesag in duie stortnie slegs in een opsig nie maar in die hele som waarin sowel ons aanneming as die gevolg van ons saligheid saamgevat word. En ons moet so aandagtig wees oor hierdie onderwerp wat die grootste erns van alles vereis, dat 'n lang bespreking daarvan ons nie moet vermoei nie. En ek het 'n bondige behandeling van hierdie onderwerp tot hiertoe uitgestel met die doel dat my lesers kan leer dat wanneer hulle Christus, die bron van volmaakte saligheid, aangeneem het, hulle hoër moet uitstyg en dat hulle kan weet dat Hy met die hemelse onsterflikheid en heerlikheid beklee is om die hele liggaam aan die Hoof gelykvormig te maak. Hou die Heilige Gees selfs in sy Persoon herhaaldelik aan ons 'n voorbeeld van die weeropstanding voor.
Dit is 'n saak wat moeilik is om te glo dat wanneer ons liggame deur verrotting verteer is, hulle uiteindelik op hulle ryd weer sal opstaan.27
Hoewel baie filosowe dus verklaar het dat ons siele onsterflik is,28is die opstanding van die liggaam slegs deur 'n paar aanvaar. En hoewel dit geen verontskuldiging was nie, word ons nogtans daardeur vermaan dat dit 'n te moeilike onderwerp vir mense se verstand is om te begryp. Die SkIif voorsien twee hulpmiddels met die oog daarop dat die geloof so 'n groot hindernis te bowe kan kom: die een in die ooreenkoms van Christus (se opstanding) en die ander in die almag van God.
So dikwels as wat dit dus oor die weeropstanding gaan, moet Christus se beeld ons te binne skiet. In die natuur wat Hy van ons aangeneem het, het Hy sy lewensloop as sterflike so gevoer dat Hy nou nadat Hy onsterflikheid verkry het, vir ons 'n pand van ons toekomstige weeropstanding is. Want in die ellendes waardeur ons beleër word, dra ons sy sterwe in ons vlees sodat sy lewe in ons geopenbaar word.29En ons mag Hom nie van ons losmaak nie - en dit is selfs nie eens moontlik sonder dat Hy verskeur word nie. Daaruit ontstaan Paulus se redenasie: "As die dooies nie weer opstaan nie, het Christus ook nie weer opgestaan nie" .30
Natuurlik neem hy dit as aanvaarde beginsel dat Christus nie vir Homself in sy persoonlike hoedanigheid aan die dood onderwerp is of dat Hy deur uit die dood uit op te staan, die oorwinning (vir Homself) behaal het nie, maar dat in die Hoofbegin is wat in al die lede elkeen volgens sy graad en rang volbring moet word. Want dit sou selfs nie reg wees om hulle in alles aan Hom gelyk te stel nie. In die psalm word gesê: "U sal nie toelaat dat u sagmoedige bedorwenheid sien nie".31Hoewel 'n deel van hierdie vertroue volgens die maat van dit wat aan ons geskenk is, ook op ons van toepassing is, het die volle gevolg daarvan egter slegs in Christus verskyn omdat Hy vry van alle verrotting sy liggaam ongeskonde terug ontvang het.
Om egter nou te voorkom dat die gemeenskap in die geluksalige opstanding met Christus vir ons twyfelagtig sou wees en dat ons met hierdie pand tevrede mag wees, verklaar Paulus daarom uitdruklik dat Hy in die hemel sit32 en dat Hy op die laaste dag as Regter sal kom om ons nederige en verwerpte liggaam in sy heerlike liggaam te verander.33
Elders leer hy selfs dat God nie sy Seun uit die dood opgewek het om een voorbeeld van sy krag te gee nie maar om dieselfde kragdadige werking van die Gees jeens ons as gelowiges te openbaar. Hy noem Hom daarom lewe34 wanneer Hy in ons woon omdat Hy met hierdie doel gegee is, naamlik om dit wat in ons sterflik is, lewend te maak.35
Ek beperk my tot 'n samevatting van stof wat ook breedvoeriger behandel sou kon word en sou verdien om skitterender versier te word.
En tog vertrou ek dat godvrugtige lesers in hierdie paar woorde genoeg stof sal vind om aan die opbou van hulle geloof te voldoen.
Christus het dus opgestaan om ons as deelgenote in die toekomstige lewe te hê. Hy is deur die Vader opgewek in soverre Hy Hoof van die kerk was, en Hy laat nie toe dat Hy enigsins daarvan losgeskeur word nie.
Hy is deur die krag van die Gees opgewek waarin ons ook met die oog op sy lewendmakende amp deel. Kortom: Hy is opgewek om self die opstanding en die lewe te wees. Soos ons egter gesê het dat 'n lewende beeld van die opstanding in hierdie spieël vir ons sigbaar is, so moet dit vir ons 'n vaste basis wees om ons gemoedere te onderskraag - mits die baie lang uitstel ons nie verveel of treurig maak nie. Dit is immers nie ons voorreg om die tydsgewrig na eie goeddunke af te meet nie, maar ons moet geduldig wag totdat God op sy eie gunstige tyd sy koninkryk herstel. Paulus se aansporing is ook hierop gerig: "As eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort, elkeen volgens sy orde" .36
Om verder te voorkom dat enige geskil sou ontstaan oor Christus se opstanding waarin ons almal se opstanding gegrond is, sien ons op hoeveel en watter uiteenlopende maniere Hy ons daarvan verseker het.
Wysneusige mense sal oor die geskiedenis wat deur die evangelieverkondigers verhaal word, lag asof dit 'n toneelstuk vir kinders is.37 Van watter belang sal 'n boodskap trouens wees wat vreesbevange vroutjies gebring het en die dissipels daarna byna met verdwasirrg ingestel het? Waarom het Christus nie liewer die voortreflike segetekens van sy oorwinning in die middel van die tempel en op die markplein ten toongestel nie? Waarom het Hy nie ontsagwekkend voor Pilatus verskyn nie? Waarom bewys Hy ook nie aan die priesters en die hele Jerusalem dat Hy weer lewend geword het nie? Onheilige mense sal toegee dat diegene wat Hy as getuies gekies het, beswaarlik geskik is.
Myantwoord is dat, hoewel die swakheid (van die boodskap) hier in die begin veragtelik kon wees, hierdie hele gebeurtenis deur die wonderbaarlike voorsienigheid varl God nograns so bestier is dat deels hulle liefde vir Christus en hulle ywer vir godsvrug en deels hulle ongeloof mense wat so pas nog deur vrees oorstelp was, na sy graf meegesleur het - nie slegs om met hulle eie oë die gebeurtenis te aanskou nie maar ook om van engele dieselfde te hoor as wat hulle met hulle oë gesien het.
Hoe kan ons die geloofwaardigheid van mense verdink wat gedink het dat dit 'n storie was wat hulle van die vrouens verneem het totdat hulle na die werklike gebeurtenis gebring is? Dit is nie verbasend dat die hele volk en die goewerneur self38 nadat hulle meer as genoeg oortuig is, sowel sonder die aanskoue van Christus as die ander tekens (van syopstanding) gebly het nie. Die graf word verseël; wagte bewaak dit, maar op die derde dag kan die liggaam nie gevind word nie.39 Die soldate is omgekoop en versprei die gerug dat die liggaam deur die dissipels gesteel is.40Net asof hulle inderdaad die verrnoë gehad het om 'n bende bymekaar te maak of om die wapens te bekom of self geoefen was om so 'n daad aan te durf! Maar as die soldate nie genoeg moed gehad het om hulle te verdryf nie, waarom het hulle hulle dan nie agtervolg om met die hulp van die volk sommige van hulle te vang nie?
Pilatus het dus waarlik met sy seëlring Christus se opstanding beseël, en die soldate wat by sy graf opgestel was, het deur daaroor te swyg of daaroor te lieg verkondigers van dieselfde opstanding geword.
Intussen het die stem van die engele weerklink: "Hy het opgestaan; Hy is nie hier nie" .41Die hemelse glans bewys duidelik dat hulle nie mense is nie maar engele. As daar nog twyfel bestaan het, het Christus self dit daarna uit die weg geruim.42want sy dissipels sien Hom nie net een keer nie, maar hulle voel selfs aan sy voete en sy hande43en hulle ongeloof het nie weinig tot versterking van ons geloof bygedra nie. Hy praat met hulle oor die geheimenisse van God se koninkryk, en terwyl hulle daarna kyk, vaar Hy eindelik na die hemel Op.44En nie net die elf apostels het hierdie skouspel aanskou nie, maar Hy is deur meer as vyfhonderd broeders gesten.45Nadat die Heilige Gees gestuur is, het Hy nie alleen van sy lewe nie maar ook van sy oppergesag vaste getuienis gelewer soos Hy vooraf gesê het: "Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan, anders sal die Heilige Gees nie kom nie" .46 Nou is Paulus inderdaad op sy reis ook nie deur die krag van 'n dooie platgeslaan nie, maar hy het agtergekom dat die Een teen wie hy hom verset het, die grootste krag het.47 Hy het met 'n ander doel aan Stefanus verskyn, naamlik om sy vrees vir die dood met die sekerheid van sy lewe te oorwin.48Om geloofwaardigheid aan soveel en sulke opregte getuienisse te ontsê is nie alleen 'n teken van ongeloof nie maar ook van verwronge en waansinnige hardnekkigheid.
4. 'n Bespreking van die tweede hulpmiddel, naamlik God se almag←⤒🔗
Wat ons gesê het om die weeropstanding te bewys, naamlik dat ons verstand op God se onmeetlike almag gerig moet word, leer Paulus bondig wanneer hy sê: "Om ons verwerpte liggaam aan sy verheerlikte liggaam gelykvormig te maak volgens die werking van sy krag waardeur Hy alles aan Hom kan onderwerp" .49 Daarom is niks minder paslik as om hier ondersoek in te stel na iets wat van nature kan gebeur wanneer 'n onskatbare wonder aan ons voorgehou word wat deur die grootsheid daarvan ons verstand oorstelp nie. Paulus het nogtans 'n voorbeeld uit die natuur aangevoer en om die benepe verstand van diegene wat die weeropstanding verloën het, aan die kaak te stel, gesê: "Dwase mens, wat jy gesaai het, word nie lewendig as dit nie eers gesterf het nie", ensovoorts.50Hy sê dat in die saad 'n beeld van die weeropstanding waargeneem kan word, omdat 'n gewas uit die verrotting ontstaan. En dit is nie iets wat so moeilik is om te glo nie as ons maar net na behore op die wonders sou let wat in alle wêreldstreke voor ons oë opdoem.
Verder moet ons onthou dat niemand waarlik van sy toekomstige weeropstanding oortuig is tensy hy in bewondering daaroor meegesleur word en die heerlikheid daarvoor aan God se krag gee nie.]esaja is deur hierdie vertroue opgebeur, en hy roep uit: "U dooies sal Iewe, my liggaam sal weer opstaan. 0, julle bewoners van die stof, ontwaak en loof!"51Dawid het alle hoop laat vaar en hom tot God, die Bron van die lewe, verhef, by wie die einde van die dood is soos in die psalm gesê word.52 Toe Job meer na 'n lyk as na 'n mens gelyk het, het hyop God se mag gesteun en nie geaarsel om, asof hy op daardie dag ongeskonde gaan opstaan, te sê nie: "Ek weet dat my Verlosser leef en op die laaste dag sal Hy oor die stof opstaan". Dit beteken om sy mag daar te openbaar. "En my vel sal weer om my wees, en in my vlees sal ek God sien. Ek self sal Hom sien en nie 'n vreemdeling nie" .53
Hoewel sommige mense hierdie aanhalings trouens baie subtiel verdraai asof dit nie in verband met die weeropstanding vertolk behoort te word nie.54bevestig hulle juis wat hulle omver wil werp, naamlik dat heiliges in hulle ellendes nie elders vertroosting soek as in die ooreenkoms met sy weeropstanding nie. Dit kan nog beter uit 'n aanhaling uit Esegiël te wete gekom word. Want toe die Jode die belofte van hulle terugkeer verwerp het, het hulle die beswaar gemaak dat dit niks waarskynliker is dat die pad terug vir hulle oopgemaak sal word as dat dooies uit hulle grafte uit sal gaan nie. Dan word 'n gesig aan die profeet gegee van 'n vlakte vol verdorde bene en God beveel dat hulle vleis en senings moet aanneem.55Hoewel hy met hierdie beeld die volk aanpor om op hulle terugkeer te hoop, put hy nogtans die stof vir hulle hoop uit die weeropstanding.56 soos dit ook vir ons die belangrikste voorbeeld is van al die verlossings wat die gelowiges in hierdie wêreld ervaar. Nadat Christus byvoorbeeld geleer het dat die stem van die evangelie lewend maak, voeg Hy dadelik die volgende by omdat die Jade dit nie aanvaar het nie: "Moenie julle hieroor verwonder nie, want daar kom 'n uur wanneer almal wat in grafte is, die stem van die Seun van God sal hoor en uit sal gaan" .57
Laat ons dus volgens Paulus se voorbeeld nou reeds midde in ons stryd gretig triomfeer omdat Hy wat die toekomstige lewe aan ons beloof het, die mag het om dit wat by Hom weggebëre is, te bewaar,58 en laat ons so ook roem dat die kroon van geregtigheid vir ons weggebêre is wat die regverdige Regter vir ons sal gee.59So sal dit gebeur dat al die ergernisse wat ons verduur, vir ons 'n bewys is van die toekomstige lewe omdat dit met God se natuur ooreenstem om die goddeloses vir die verdrukking waarmee hulle ons verdruk, te vergeld maar aan ons wat onregverdig verdruk word, rus te gee tot openbaring van die mag van Christus met sy engele in die vuurvlam.60 Maar ons moet ook onthou wat hy 'n rukkie later By voeg, naamlik dat Hy sal kom om in sy heiliges verheerlik te word en bewonder te word in almal wat geglo het omdat hulle in die evangelie geglo het.61
5. 'n Weerlegging van besware teen hierdie leer←⤒🔗
Hoewel rnense se gedagtes gedurig met hierdie studie in beslag geneem moes word, wou hulle nograns asof dit opsetlik was, alle herinnering aan die weeropstanding uitwis en het hulle die dood die einde van alle dinge en die ondergang van die mens genoern.62 Salomo praat trouens beslis oor die algemene en aanvaarde opvatting wanneer hy sê dat 'n lewendige hond beter is as 'n dooie leeu.63 En elders vra hy: "Wie weet of 'n mens se siel boontoe opstyg en of 'n trekdier se siel ondertoe neerdaal?''64Hierdie stomme waansin het deur al die eeue gewoed dermate dat dit selfs in die kerk deurgebreek het, want die Sadduseërs het gewaag om openlik te verklaar dat daar geen weeropstanding is nie,65ja, selfs dat ons siele sterflik is. Maar om te voorkom dat hierdie growwe onkunde vir iemand verligting sou bring, het ongelowiges op aanstigting van die natuur self altyd nog 'n beeld van die weeropstanding voor oë gehad. Want wat was die doel van die heilige en onskendbare gebruik om mense te begrawe anders as dat dit 'n pand van 'n nuwe lewe moes wees? En nou mag hulle nie beswaar maak dat dit uit dwaling ontstaan het nie, want eerbied vir begrafnis het altyd onder die heilige vaders gegeld, en dit was ook God se wil dat dieselfde gewoonte onder die heidene moet bly sodat die beeld van die weeropstanding hulle traagheid kon aanpor wanneer dit voor hulle opdoem. Hoewel hierdie seremonie egter sonder voordeel was, is dit nograns vir ons nuttig as ons verstandig na die doel daarvan kyk. Dit is immers 'n gewigtige weerlegging van (hulle) ongelowigheid dat hulle almal saam bely het wat niemand geglo het nie!
En tog het die Satan nie alleen die mens se sinne afgestomp om die herinnering aan die weeropstanding saam met die liggame te begrawe nie, maar hy het ook gepoog om hierdie deel van die leer met uiteenlopende verdigsels te verbreek om dit uiteindelik in duie te laat stort. Ek laat dit agterweë dat hy reeds in Paulus se tyd begin het om dit uitmekaar te skeur. 'n Bietjie later het die Chiliaste gevolg, wat Christus se koninkryk tot 'n duisend jaar beperk het.66Maar hulle verdigsel is te kinderagtig dat dit weerlegging nodig sou hê of dit verdien. Openbaring bied hulle ook geen steun nie, hoewel dit seker is dat hulle daaruit die dekmantel vir hulle dwaling aangevoer het. In die getal duiserid67 gaan dit trouens nie om die ewige geluksaligheid van die kerk nie maar slegs om die verskillende beroeringe wat daarop gewag het terwyl dit nog op die aarde swoeg. Verder roep die hele Skrif uit dat daar geen einde nog aan die geluksaligheid van die uitverkorenes nög aan die straf van die verworpenes sal wees.68
Voorts moet ons die geloof aan al die dinge wat ons oë ontgaan of ons verstandelike vermoë ver oortref of uit bepaalde uitsprake van God soek, öf ons moet die geloof heeltemal verwerp.69Diegene wat die kinders van God duisend jaar toeken om die erfdeel van die toekomstige lewe te geniet, merk nie met hoe 'n groot belediging hulle Christus en sy ryk brandmerk nie. As hulle immers nie met onsterflikheid beklee word nie, is Christus self, tot wie se heerlikheid hulle omgevorm sal word, dus nie in sterflike heerlikheid ontvang nie.70As hulle geluksaligheid 'n einde sal hê, is Christus se koninkryk, op die onwrikbaarheid waarvan dit steun, 'n tydelike koninkryk. Kortom: hulle is öf heeltemal onkundig in alle Goddelike sake öf hulle poog om met slinkse kwaadwilligheid God se genade en Christus se krag te laat wankel terwyl die vervulling daarvan slegs tot stand kan kom as die sonde uitgewis, die dood verslind en die ewige lewe ten volle herstel word. Dit is trouens selfs vir blindes duidelik watter dwase onsin diegene kwytraak wat vrees dat hulle te veel wreedheid aan God toeskryf as die verworpenes aan die ewige straf uitgelewer word.71
Natuurlik sal die Here baie onregverdig handel as Hy diegene wat hulle deur hulle ondankbaarheid sy koninkryk onwaardig gemaak het, daarvan ontneem! "Maar hulle sonde is dan net tydelik!" Ek erken dit, maar God se majesteit en ook sy geregtigheid wat hulle deur te sondig geskend het, is ewig. Tereg gaan die herinnering aan hulle engeregtigheid dus nie verlore nie. "Maar so sal hulle straf die maat van hulle ongeregtigheid verbysteek." Hierdie laster is ondraaglik wanneer God se majesteit van so 'n geringe waarde geskat word en wanneer minagting daarvan van nie meer waarde geskat word as die ondergang van een siel nie. Maar laat ons daardie onsinpraters daar laat sodat dit nie miskien lyk asof ons, strydig met wat ons vooraf gesê het, hulle waansinnighede weerlegging waardig ag nie.
6. Twee verdere dwalings weerlê←⤒🔗
Behalwe hierdie waansinighede het nuuskierige mense twee verderes ingevoer. Sommiges het gedink dat ons siele saam met ons liggame sal opstaan asof die mens ten volle tot 'n einde kom.72Ander mense weer het gedink dat ons siele met nuwe liggame beklee sal word, hoewel hulle toegee dat ons siele onsterflik is, waardeur hulle die opstanding van die liggaam verloën.73
Omdat ek die eerste dwaling in (die behandeling van) die skepping van die mens reeds effens aangeroer het, sal dit vir my genoeg wees om my lesers weer eens te waarsku hoe 'n monsteragtige dwaling dit is om van die Gees, wat na die beeld van God geformeer is, 'n verdwynende asemteug te maak wat in hierdie so verganklike lewe die liggaam laat groei. Dit beteken om die tempel van die Heilige Gees tot niet te maak kortom, om daardie deel van ons waarin die Goddelikheid sy glans die meeste laat skyn en tekens van onsterflikheid opsigtelik is, van hierdie gawe te beroof sodat die toestand van ons liggaam voortrefliker as die van ons siel is. Die Skrif leer ons heeltemal anders. Dit vergelyk ons liggaam met 'n hut waaruit dit sê dat ons verhuis as ons sterf omdat dit ons na die waarde van daardie deel skat wat ons van stom diere onderskei. So sê Petrus, toe hy naby die dood gekom het, dat die ryd gekom het dat hy sy tent moet aflê.74Wanneer Paulus trouens oor die gelowiges praat nadat hy gesê het dat ons 'n gebou in die hemel sal hê wanneer ons aardse woning afgebreek is,75 voeg hy by dat ons van die Here uitwoon solank ons in ons liggaam bly, maar dat ons in die afwesigheid van ons liggaam God se teenwoordigheid begeer.76
As ons siele nie ons liggame oorleef nie, wat is daar dan wat God se teenwoordigheid het wanneer dit van die liggaam geskei is? Die apostel ruim twyfel hieroor uit die weg wanneer hy leer dat ons by die geeste van die regverdiges versamei is.77 Onder hierdie woorde verstaan hy dat ons met die heilige vaders verenig word wat met ons dieselfde godsvrug dien, sodat ons nie ledemate van Christus kan wees tensy ons met hulle saamgroei nie. En as siele nie, wanneer hulle van die liggaam ontneem A 365 is, hulle wese behou en ontvanklik vir die geluksalige heerlikheid is nie, sou Christus nie vir die rower gesê het nie: "Vandag sal jy saam met My in die paradys wees" .78 Terwyl ons op sulke duidelike getuienisse steun, moet ons nie aarsel om volgens Christus se voorbeeld ons siele aan God oor te gee wanneer ons sterf79of volgens Stefanus se voorbeeld ter bewaring aan Christus oor te gee nie. 80 Hy word immers nie sonder rede hulle Herder en Bewaker genoem nie.81
Voorts is dit ons nie geoorloof om te nuuskierig ondersoek in te stel na die toestand waarin hulle in die tussentyd verkeer nie en dit hou ook geen voordeel in nie. Baie mense kwel hulle erg daaroor deur besprekings van die plek waar hulle hulle bevind, en of hulle reeds die hemelse heerlikheid geniet of nie.82En tog is dit dwaas en onbesonne om dieper ondersoek na onbekende dinge in te stel as wat God ons toelaat om te doen. Wanneer die Skrif gesê het dat Christus naby hulle is en dat hy hulle siele in die paradys opneern83om vertroosting te ontvang maar dat die siele van die verworpenes sulke folterings verduur het as wat hulle verdien, gaan dit nie verder nie. Watter leraar of onderwyser sal dan vir ons openbaar wat God verberg het?
'n Ondersoek na die plek is nie minder dwaas en vrugteloos nie, want ons weet dat die mate van die liggaam nie dieselfde is as die van die siel nie. Wat die feit betref dat die geluksalige vergadering van die siele van die heiliges die skoot van Abrabamn84 genoem word, is dit vir ons genoeg dat ons uit hierdie vreemdelingskap deur die gemeenskaplike vader van die gelowiges ontvang word om die vrug van sy geloof met ons te deel.
Aangesien die Skrif oral beveel dat ons in afwagting op die koms van Christus moet wag en die kroon van die heerlikheid tot dan uitstel, moet ons intussen tevrede wees met die perke wat van Godsweë aan ons voorgeskryf is, naamlik dat die siele van die godvrugtiges nadat hulle die inspanning van hulle stryd voltooi het, tot die geluksalige rus toetree, waar hulle met uitgelate blymoedigheid die genieting van die heerlikheid wat aan hulle beloof is, afwag. En so word alles in afwagting gehou totdat Christus as Verlosser verskyn. Maar daar is geen twyfel daaroor dat dieselfde lot op die verworpenes wag as wat Judas aan die duiwels toeskryf nie, naamlik dat hulle in kettings gebind en gehou word totdat hulle na die straf waaraan hulle oorgegee is, uitgesleep word.85
7.86Die weeropstanding sal in dieselfde liggaam wat ons nou het, plaasvind←⤒🔗
Ewe monsteragtig is die dwaling van die mense wat hulle verbeel dar ons siele nie die liggame waarin hulle nou geklee is, salontvang nie maar dat hulle nuwe en ander liggame sal hê.87En die Manicheërs het 'n heeltemal waardelose rede daarvoor aangevoer, naamlik dat dit glad nie paslik is dat die liggaam wat onrein is, weer opstaan nie. 88Net asof ons siele geen onreinheid het niet En nogtans weerhou dit hulle nie van die hoop op die lewe in die hemel nie. Dit was dus net asof hulle gesê het dat iets wat met die smet van die sonde besoedel is nie van Godsweë gereinig kan word nie. Ek laat trouens die waansinnigheid dat die vlees van nature onrein is omdat dit deur die duiwel geskep is,89 nou agterweë.90Ek toon slegs aan dat alles wat nou in ons die hemel onwaardig is, geen hindernis vir die weeropstanding is nie.91Ten eerste, aangesien Paulus beveel dat die gelowiges hulle van alle besmetting van die vlees en die gees moet reinig,92 volg daaruit tog die oordeel wat hy elders aankondig, dat elkeen deur sy liggaam hetsy goed hetsy kwaad sal wegneern.93 Wat hy aan die Korintiërs skryf, stem daarmee ooreen, naamlik dat Jesus Christus se lewe in ons sterflike vlees geopenbaar word.94Daarom bid hy elders nie minder daarvoor dat God ons liggame tot die dag van Christus ongeskonde moet bewaar nie as vir die behoud van ons siele en ons gees.95Geen wonder nie, want dit sou uiters ongerymd wees dat liggame wat God as tempels vir Hom gewy het,96sonder hoop op weeropstanding verrot. Wat daarvan dat hulle ook lede van Christus is?97Wat daarvan dat God beveel dat elke deel daarvan afsonderlik vir Hom geheilig moet word? Of dat dit sy wil is dat sy Naam deur hulle tonge geroem en dat rein hande na Hom opgehef98 en as offers aan Hom gebring moet word? Hoe waansirmig is dit nie dat 'n deel van die mens wat die hemelse Regter so 'n voortreflike eer waardig ag, deur 'n sterflike mens sonder enige hoop op herstel tot stof gemaak word nie? Net so laat Paulus wanneer hy ons aanspoor om die Here in ons liggaam sowel as in ons siel te dra omdat albei aan God behoort99, beslis nie toe dat iets wat hy as heilig vir God opeis, aan die ewige verderf toegewys word nie.
Die Skrif voorsien ook nie 'n duideliker beskrywing oor enige onderwerp as oor die opstanding van die liggaam wat ons nou het nie. Paulus sê: "Want hierdie verganklike moet met onbedorwenheid, en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee word" .100As God nuwe liggame sou vorm, waar vind die verandering van hierdie eienskap plaas? As daar gesë is dat ons nuut gemaak moet word, sou hierdie dubbelsinnige spreekwyse miskien nog geleentheid vir hulle laster gebied het. Wanneer hy nou met sy vinger na die liggame waarmee ons omgewe is, wys, beloof hy daaraan onbedorwenheid, en hy verklaar openlik genoeg dat dit nie nuwe liggame gemaak word nie. "Inteendeel," sê Tertullianus, "hy kon nie uitdrukliker gepraat het as hy sy eie vel in sy hande gehou het nie.''101 Hulle sal ook met geen spitsvondige redenasie daarmee ontkom dat hy elders sê dat Christus die Regter van die wêreld sal wees, en hy haal die getuienis daarvoor uit Jesaja aan:102 "Ek lewe, sê die Here;103elke knie sal voor My buig".104 Daarmee verklaar hy immers openlik dat diegene met wie hy praat, verplig sal wees om rekenskap van hulle lewe te gee. Dit sou nie rym as hulle met nuwe liggame voor die regbank sou staan nie. Voorts is daar geen onduidelikheid in Daniël se woorde nie wanneer hy sê: "En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, salontwaak, sommige tot die ewige lewe en ander tot smaad en ewige veragting" .105 Hy roep immers nie nuwe stof uit die vier elemente saam om die mens daaruit aanrnekaar te lap nie, maar hy roep dooies uit hulle grafte.106 En helder denke sê dit ook voor. Want as die dood wat uit die val van die mens ontstaan het, bykomstig is, is die herstel wat Christus gebring het, ook van toepassing op daardie selfde liggaam wat begin het deur sterflik te wees. En uit die feit dat die Ateners lag wanneer die weeropstanding deur Paulus verkondig word, mag ons in elk geval aflei wat die aard van sy prediking was, en hulle gelag dra baie by om ons geloof te versterk. Christus se verklaring verdien ook ons aandag wanneer Hy sê: "Moenie diegene vrees wat die liggaam doodmaak maar die siel nie kan dood nie. Maar vrees Hom wat die siel sowel as die liggaam in die hel se vuur kan verderf" .107Daar sou trouens geen rede wees om te vrees as die liggaam wat ons nou dra, nie aan die straf blootgestel was nie.
'n Tweede uitspraak van dieselfde Christus is ewe duidelik, naamlik: "Die uur het gekom waarop almal wat in grafte is, die stem van die Seun van God sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe maar die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die oordeel".108Of salons sê dat ons siele in hulle grafte rus om Christus daarvandaan te hoor? Of liewer dat ons liggame op sy bevel na die lewenskragtigheid sal terugkeer wat hulle verloor het?
Bowendien, as nuwe liggame aan ons geskenk moet word, wat word dan van die gelykvormigheid van die Hoof en lede? Christus het opgestaan: was dit deur vir Hom 'n nuwe liggaam te maak? Nee, soos Hyvooraf gesê het: "Breek hierdie tempel af en Ek sal dit in drie dae weer opbou'' .109
Hy het die sterflike liggaam wat Hy tevore gedra het, weer ontvang. Dit sou immers weinig voordeel vir ons ingehou het as die liggaam wat as 'n soenoffer gebring is, tot niet gemaak en 'n nuwe liggaam in die plek daarvan gestel is. Ons moet ook daardie gemeenskap wat die apostel verkondig, in gedagte hou, naamlik dat ons opstaan omdat Christus opgestaan het.110 Niks is trouens minder waarskynlik as dat ons vlees waarin ons die dood van Christus self dra, die opstanding van Christus ontneem word nie. 'n Besondere bewys daarvan het inderdaad aan die lig gekom toe baie liggame van heiliges uit hulle grafte uitgegaan het toe Christus opgestaan het.111 Want dit kan nie ontken word dat dit 'n voorspel of liewer 'n pand was tot die laaste opstanding waarop ons hoop gevestig is nie. So iets het tevore reeds in die geval van Henog en Elia gebeur, en Tertullianus noem hulle kandidate van die opstanding omdat hulle na liggaam en siel van bedorwenheid bevry en in God se bewaking opgeneem is.112
8. Die betekenis van begrafnisseremonies←⤒🔗
Ek skaam my om soveel woorde te gebruik oor 'n onderwerp wat so duidelik is, maar my lesers sal saam met my ook hierdie ergernis kalm uitstryk sodat daar geen skrefie oopbly vir verwronge en vermetel verstande om eenvoudiges te mislei nie. Die lighoofdige geeste met wie ek nou in gesprek is, voer 'n eie breinkind aan, naamlik dat daar in die weeropstanding nuwe liggame geskep sal word. On1 watter rede voel hulle hulle so gedryf anders as omdat dit vir hulle ongelooflik lyk dat 'n lyk wat deur so 'n lang verrotting verteer is, na sy oorspronklike staat kan terugkeer? Hulle ongeloof alleen is dus die moeder van hierdie opvatting. Oral in die Skrif spoor God se Gees ons daarenteen aan om op die weeropstanding van die liggaam te hoop. Om hierdie rede is die doop volgens Paulus se getuienis vir ons 'n seël van die toekomstige weeropstanding,113 en die heilige nagmaal nooi ons nie minder om dieselfde vertroue daarop te stel wanneer ons met die mond die tekens van die geestelike genade ontvang nie. Paulus se hele aansporing dat ons ons ledemate as wapens tot gehoorsaamheid van die geregtigheid moet stel, sou beslis geen betekenis gehad het as dit wat hy later byvoeg, nie hierby sou kom nie: "Hy wat Christus uit die dood opgewek het, sal ook julle sterflike liggame lewend maak" .114Want wat sou dit hulle help om hulle voete, hande, oë en tonge in te span om God te gehoorsaam sonder dat hulle ook in die vrugte en die loon daarvan deel? Paulus bevestig dit openlik in die volgende woorde: "Die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here, en die Here vir die liggaam. En Hy wat Christus waarlik opgewek het, salons ook deur sy krag opwek" .115 Wat daarop volg, is nog duideliker, naamlik dat ons liggame tempels van die Helige Gees en ledemate van Christus is.116
Intussen sien ons hoe hy die weeropstanding met kuisheid en heiligheid verbind soos hy 'n rukkie later die prys van die verlossing tot die liggaam uitbrei.117 Nou sou dit glad nie rym dat Paulus se liggaam waarin hy die littetekens van Christus gedra het118en waarin hy Christus grootliks verheerlik het, die beloning van die kroon ontneem word nie.
Vandaar daardie roem: "Ons verwag ons Verlosser uit die hemel wat ons vernederde liggaam aan sy verheerlikte liggaam gelykvormig sal maak" .119 En as dit waar is dat ons deur baie beproewings tot die koninkryk van God toetree.120steun geen rede (die opvatting) dat dit ons liggame wat God onder die vaandel van die kruis oefen en met die lof van oorwinning versier, kan verhinder om daartoe in te gaan nie.
Derhalwe het daar onder die heiliges geen twyfel oor hierdie onderwerp ontstaan nie; inteendeel, hulle het gehoop dat hulle metgeselle van Christus sou wees wat al die verdrukkings waardeur ons beproef word, op syeie Persoon oordra om ons te leer dat dit lewend maak. Ja, God het ook die heilige vaders onder die wet met 'n uitwendige seremonie geleer om hierin te glo. Waarop was begrafnisgebruike immers gerig anders as dat, soos ons tevore gesien het,121hulle daarvan bewus was dat 'n nuwe lewe op die liggame wat hulle begrawe het, wag? Hierop was ook die speserye en ander tekens van onsterflikheid gerig waardeur die vaagheid van die onderwysing onder die wet soos deur die offerandes, onderskraag is. En dit was ook nie bygeloof wat hierdie gewoonte voortgebring het nie, want ons sien dat die Gees nie minder noukeurig aan die weergawe van begrafnisse aandag gee as aan die belangrikste geheimenisse van die geloof nie. Christus dra hierdie plig ook as een wat nie maar alledaags is nie, aan ons op,122beslis om geen ander rede as dat dit deur die aanskouing van die graf, wat alles bederf en vernietig, ons oë ophef om die hernuwing te aanskou nie. Buitendien bewys so 'n nougesette onderhouding van die seremonies wat onder die aartsvaders aangeprys word, genoegsaam dat dit vir hulle 'n seldsame en kosbare hulpmiddel vir hulle geloof was. En Abraham sou ook nie so versigtig vir syvrou se graf gesorg het123as hy nie eerbied voor oë gehad het en 'n nut wat hoër as die wêreld is nie, naamlik om sy eie geloof en dié van sy huisgenote te versterk deur die dooie liggaam van syvrou met die tekens van haar weeropstanding te versier. In Jakob se voorbeeld kom 'n bewys wat nog duideliker is, voor. Om vir sy nageslag te betuig dat selfs nie eens die dood sy hoop op die beloofde land uit sy gedagte kon wegneem nie, beveel hy dat sy beendere daarheen teruggeneem moes word.124
Nou vra ek jou: As hy hom met 'n nuwe liggaam moes beklee, sou hy dan 'n belaglike bevel in verband met sy stof wat tot niet gemaak sou word, gegee het? As die Skrif se gesag dus enige krag onder ons het, kan geen duideliker of beslister bewys van enige leer verlang word nie.
Selfs vir kinders is dit duidelik wat die woorde weeropstanding en opwekking beteken, want ons sal nie sê dat iets wat nou vir die eerste keer geskep word, weer opstaan nie. En Christus se uitspraak sou ook nie staande kon bly nie: "Alles wat die Vader My gegee het, sal nie verlore gaan nie, maar Ek sal dit op die laaste dag opwek".125Die word slaap het dieselfde strekking, omdat dit slegs op liggame toegepas kan word. Daarom is die naam slaapplekke126 ook aan begraafplase gegee.127
Nou bly daar oor dat ek ook oor die manier van die weeropstanding iets moet sê. Ek gebruik die woord iets omdat Paulus, wanneer hy dit 'n geheimenisnoem, ons aanspoor om nugter te wees en maan om 'n te vrysinnige en spitsvondige vryheid om hieroor te filosofeer te beteuel.128
Ten eerste moet ons weet dat ons, soos ons gesê het, in dieselfde vlees as wat ons nou dra, weer sal opstaan - sover dit die stof daarvan aangaan, maar die eienskappe daarvan sal anders wees.129Hoewel dieselfde liggaam van Christus wat ten offer gebring is, byvoorbeeld opgewek is, het dit nogtans in ander gawes uitgemunt asof dit volkome anders was soos Paulus met bekende voorbeelde verduidelik.130 Want soos 'n mens en 'n dier se vleis dieselfde stof het maar nie dieselfde eienskappe nie, so het al die sterre dieselfde stof, maar hulle helderheid is verskillend.
Hoewel ons die stof van ons liggaam sal behou, leer hy so dat daarin 'n verandering sal plaasvind sodat die toestand daarvan dan ver voortrefliker sal wees. Om dus opgewek te word salons verderflike liggaam nie tot niet gaan nie en ook nie verdwyn nie, maar dit sal onbederflikheid aanneem wanneer dit sy bederflikheid laat vaar het. Aangesien God trouens al die elemente na sy goeddunke tot sy beskikking het, sal geen probleem Hom verhinder om grond, water en vuur bevel te gee om terug te besorg wat skynbaar deur hulle vernietig is nie. Jesaja getuig dit ook, al sou dit nie sonder figuurlike inhoud wees nie: "Kyk, die Here sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die aarde te besoek; en die aarde sal hulle bloed openbaar en die wat daarop doodgemaak is, nie langer bedek nie" .131
Maar ons moet daarop let dat daar onderskeid is tussen diegene wat lankal dood is, en diegene wat op daardie dag nog sal leef. Volgens Paulus se getuienis salons trouens ook nie almal slaap nie maar ons sal wel almal verander.132 Dit beteken dat daar nie noodwendig 'n tydsduur tussen afsterwe en die begin van die tweede lewe voorkom nie, want die geskal van die basuin sal in 'n oomblik en 'n oogwink deurdring om die wat dood is, onbederflik op te wek en die wat lewe, deur 'n plotselinge verandering terug te vorm tot dieselfde heerlikheld.133 Elders vertroos hy die gelowiges wat die dood tegemoet moet gaan daarmee dat diegene wat dan nog sal leef, nie die wat dood is, vooruit sal gaan nie maar liewer dat diegene wat in Christus slaap, eerste sal opstaan.134As iemand teen hierdie verklaring van die apostel beswaar maak dat dit nou eenmaal vir alle sterflikes vasgestel is om te sterf.135is die oplossing maklik, naamlik dat 'n skyndood daar bestaan waar die natuurlike staat verander en dat dit ook paslik so genoem word. Daarom stem die twee ook ooreen, naamlik dat almal deur die dood weer nuut gemaak word wanneer hulle hulle sterflike liggaam aflê, maar dat 'n skeiding van siel en liggaam tog nie nodig sal wees wanneer daar 'n plotselinge verandering is nie.
9. Die opstanding van die goddelose en vervloektes←⤒🔗
Maar hier ontstaan 'n moeiliker vraagstuk, naamlik met watter reg goddelose mense en die wat deur God vervloek is, in die weeropstanding wat 'n sonderlinge weldaad van Christus is, deel het. Ons weet dat almal in Adam aan die dood toegesê is136 maar dat Christus as die opstanding en die lewe gekom het.137Het Hy dan gekom om die hele mensdom sonder onderskeid lewend te maak? Maar wat is minder paslik as dat hulle in hulle hardnekkige blindheid iets verwerf wat godvrugtige dienaars van God deur die geloof alleen herwin? Dit staan nogtans vas dat daar een opstanding tot die oordeel en 'n ander opstanding tot die lewe sal wees en dat Christus sal kom om die skape van die bokke te skei.138
My antwoord is dat iets waarvan ons in die daaglikse lewe 'n gelykenis sien, nie vir ons so ongewoon moet lyk nie. Ons weet dat ons in Adam die erfenis van die hele wêreld ontneem is en dat ons met ewe veel rede139 van ons gebruiklike voedsel weggehou kan word as Adam om van die boom van die lewe te eet. Hoe gebeur dit dan dat God sy son nie alleen oor goeie mense en slegtes laat opgaan nie140maar ook dat sy onskatbare milddadigheid in milde oorvloed voortdurend vir hulle lewensbehoeftes hier hulle toevloei? Hieruit kan ons beslis te wete kom dat die seëninge wat aan Christus en sy lede behoort, ook na goddelose mense oorvloei. Die doel daarvan is egter dan nie dat hulle wettige besit daarvan moet hê nie maar om hulle nog meer sonder verontskuldiging te laat. So ervaar die goddelose dikwels dat God hulle met buitengewone bewyse weldadig is, maar dit is van so 'n aard dat dit soms die seëninge van die godvrugtiges verduister maar nogtans tot 'n groter verdoeming vir hulle verloop.
As iemand hierteen die beswaar sou opper dat die weeropstanding nie paslik met sulke verganklike en aardse weldade vergelyk kan word nie, antwoord ek ook hier dat, toe hulle eerste van God, die Bron van die lewe, vervreemd is, hulle die dood van die duiwel verdien het om heeltemal daardeur vernietig te word. Deur die wonderbaarlike raadsplan van God is daar egter 'n middestand gevind sodat hulle sonder dielewe in die dood kon leef. Dit behoort ook nie ongerymd te lyk as die weeropstanding van die goddeloses voorval om hulle, al is dit teen hulle sin, na die regbank van Christus te sleep, na wie hulle nou weier om as hulle Meester en Leraar te luister. Dit sou trouens maar 'n ligte straf wees om deur die dood weggeneem te word as hulle nie voor die Regter gedaag word om vir hulle hardnekkigheid gestraf te word omdat hulle sy wraak sonder perk of maat teen hulle uitgelok het nie.
Hoewel ons verder moet onthou wat ons reeds gesê het, en ook wat Paulus se beroemde belydenis voor Felix inhou, naamlik dat hy die toekomstige weeropstanding van die regverdiges en die goddeloses verwag,141hou die Skrif nogtans baie dikwels die weeropstanding met hemelse heerlikheid slegs aan die kinders van God voor, want Christus het nie eintlik vir die verderf van die wêreld gekom nie maar vir saligheid. Daarom word daar in die geloofsbelydenis net van die geluksalige lewe melding gemaak.
10. Ewige blydskap beskore vir die uitverkorenes←⤒🔗
Omdat die profesie dat die dood deur sy oorwinning verslind sal word142 egter eers dan vervul sal word, moet dit ons te binne skiet dat die doel van die weeropstanding die ewige geluksaligheid is. Maar as alles oor die uitnemendheid daarvan gesê is waartoe die tonge van alle mense in staat is, sou nogtans skaars die geringste deeltjie daarvan aangestip wees. Want hoewel ons hoor -en dit is waar - dat die koninkryk van God vol glans, blydskap, geluk en heerlikheid sal wees, is die beskrywings wat genoem word, baie ver verwyder van ons verstand, en hulle bly as 't ware toegewikkel in raaisels totdat daardie dag kom waarop Hy sy heerlikheid sal openbaar sodat ons dit van aangesig tot aangesig kan sien.143 Johannes sê: "Ons weet dat ons God se kinders is, maar dit is nog nie geopenbaar nie. Wanneer ons egter aan Hom gelyk is, salons Hom sien soos Hy is".144Omdat die profete daarom daardie geestelike geluksaligheid op sigself met geen woorde kon uitdruk nie, het hulle dit oor die algemeen met liggaamlike beskrywings weergegee.
Omdat dit egter weer eens deur 'n sekere voorsmakie van die aangenaamheid daarvan vuriger verlange in ons behoort aan te wakker, moet ons ons besonderlik met nadenke hieroor besig hou: As God, die onuitputlike Bron, die volheid van alle goeie dinge in Homself hou, moet diegene wat die hoogste goed en volmaakte geluk najaag, niks buite Hom soek nie. So word ons op baie plekke (in die Skrif) geleer.
"Abraham,Ek is jou baie groot loon" .145 Dawid sing met hierdie uit spraak saam wanneer hy sê: "Die Here is my deel; my lot het vir my pragtig geval" .146 Net so elders: "Ek sal versadig word met u aangesig" .147
En tog verklaar Petrus dat die gelowiges hiervoor geroep is om deelgenote van God se natuur te word.148Hoe is dit moontlik? Omdat Hy verheerlik sal word in al sy heiliges en wonderbaar sal word in die wat in Hom geglo het.149As die Here sy heerlikheid, sy krag en sy geregtigheid met die uitverkorenes deel, ja, as Hy Hom gee om deur hulle geniet te word - en wat' is voortrefliker as dit? - as Hy op die een of ander wyse met hulle een word, moet ons onthou dat in hierdie weldaad elke soortgeluk vervat is. En wanneer ons baie vordering in die nadenke hiervan gemaak het, moet ons nogtans erken dat ons net by die punte van die wortels is as ons begripsvermoë met die verhewenheid van hierdie geheimenis vergelyk word. Daarom moet ons nugterheid oor hierdie onderwerp aankweek sodat, sonder om oor geringe maat van ons verstand na te dink en daarom met groter vermetelheid die hoogte in te vlieg, die glans van die hemelse heerlikheid ons nie oorweldig nie. Ons weet ook dat 'n onbeheerste begeerte na kennis - meer as wat ons geoorloof is - ons aanpor, waaruit terstond ligsinnige en skadelike vrae uitspruit. Ek noem dit ligsinnige vrae waaruit geen gemeenskaplike voordeel geput kan word nie. Maar die tweede is nog slegter, omdat diegene wat hulle daarmee bemoei, hulle in verderflike bespiegelings verstrik. Daarom noem ek dit skadelik.
Wat die Skrif leer, behoort van alle twis onder ons gevrywaar te wees, naamlik soos God op hierdie wêreld sy gawes op verskeie wyses onder die heiliges uitdeel en hulle ongelyk bestraal, so sal die maat van heerlikheid in die hemel ook nie gelyk wees wanneer God sy gawes bekroon nie.150Want wat Paulus sê, is nie sonder onderskeid op almal van toepassing nie: "Iulle is my heerlikheid en my kroon op die dag van Christus" .151So ook Christus se verklaring aan die apostels: "julle sal sit om oor die twaalf stamme van Israel te oordeel" .152 Maar Paulus, wat geweet het dat God na gelang Hy die heiliges op die aarde met geestelike gawes verryk het, hulle so ook in die hemel met heerlikheid versier, twyfel nie dat 'n besonderse kroon vanweë sy arbeid vir hom weggebêre is nie. 153En om die waardigheid van die amp waarmee hulle toegerus was, by die apostels aan te prys, vermaan Christus hulle dat die vrug daarvan in die hemel weggebêre is.154 So ook Daniël: "Die verstandiges sal egter glinster soos die glans van die uitspansel en hulle wat baie regverdig maak, soos sterre vir ewig en altyd" .155En as elkeen die Skrifte aandagtig oorweeg, beloof hulle nie alleen die ewige lewe vir gelowiges nie maar ook 'n besondere loon vir elkeen. Daaruit ontstaan ook Paulus se verklaring: "Mag God hom op daardie dag vergeld" .156En Christus se belofte bekragtig dit ook: "Jy sal honderdvoudig in die ewige lewe ontvang".157Kortom: Soos Christus die heerlikheid van sy liggaam op aarde met 'n veelvuldige verskeidenheid gawes begin en dit trap vir trap laat toeneem, so sal Hy dit ook in die hemel voltooi.
11. 'n Weerlegging van onsinnige vrae en opvattings←⤒🔗
Soos al die godvrugtiges hierdie uiteensetting eenstemmig sal aanvaar omdat dit voldoende deur God se Woord betuig is, so sal hulle aan die ander kant netelige vraagstukke wat hulle as hindernisse herken, vaarwel toeroep en nie die perke wat vir hulle gestel is, oorskry nie.
Sover dit my aangaan, weerhou ek my nie alleen persoonlik van 'n oorbodige ondersoek na nuttelose onderwerpe nie, maar ek meen dat ek daarteen moet waak om nie ander mense se ligsinnigheid aan te stook deur hulle vrae te beantwoord nie. Mense wat honger na ydele kennis, stelondersoek in na die grootte van die afstand tussen die profete en die apostels en dan weer tussen die apostels en die martelare; hulle ondersoek hoeveel grade van verskil daar tussen maagde en getroude vrouens is. 158
Kortom: hulle laat geen hoekie van die hemel deur hulle ondersoek onaangeraak nie. Dan kom dit skielik by hulle op om te vra watter doel die herstel van die wêreld dien omdat God se kinders uit so 'n groot en onvergelyklike oorvloed aan niks gebrek sal hê nie159 maar soos die engele sal wees, en die feit dat hulle nie eet nie, is 'n simbool van die ewige geluksaligheid.160Ek antwoord egter dat juis in die aanskouing daarvan so 'n groot geluk en in die kennis alleen sonder die toepassing daarvan so 'n groot aangenaamheid sal wees dat hierdie geluksaligheid al die hulpmiddels waardeur ons tans gehelp word, ver te bowe gaan.
Kom ons veronderstel dat ons in die rykste wêreldstreek geplaas is waar geen genot ons ontbreek nie - wie word nie soms van die genieting van God se weldade deur sy eie siektes weerhou en verhinder nie? Wie se Iewensloop word nie dikwels deur eie onbeheerstheid onderbreek nie? Daaruit volg dat genieting wat rein en suiwer van elke gebrek is, die toppunt van geluk is al sou dit nie 'n verderflike leefwyse voer nie?
Sommige mense gaan nog verder en vra of metaalslakke en ander onsuiwerhede in metale nie ver van die herstel af is en nie daarby pas nie. En al sou ek hulle dit in 'n mate toegee, wag ek saam met Paulus op die herstel van die gebreke wat hulle begin in die sonde gehad het enwaarna hulle sug en in barensnood is. 161Weer gaan hulle nog verder en vra watter beter toestand nou eintlik vir die mens oorbly aangesien die seën van 'n nageslag dan tot 'n einde sal kom. Die oplossing van hierdie probleem is ook makiik. Dat die Skrif hierdie seën so pragtig aanprys, sien op die toename waarmee God voortdurend die natuurorde na sy eindpunt voer, maar dit is bekend dat die volmaaktheid daar anders is.
Maar omdat sulke verlokkinge onversigtige mense dadelik vang en 'n doolhof hulle daarna baie dieper insleep, is daar geen perk aan hulle twiste wanneer elkeen se eie opvatting hom geval nie. Laat dit vir ons 'n kortpad wees om tevrede te wees met die spieël en die raaisel totdat ons van aangesig tot aangesig sien. 162Want 'n klein handjievol mense uit die ontsaglike menigte bekommer hulle oor die pad waarmee hulle in die hemel moet kom. Almal begeer egter om vooraf te weet wat daar163aangaan. Oor die algemeen is almal lui en traag om die stryd aan te knoop, en hulle teken alreeds vir hulle denkbeeldige oorwinnings.
12. Hoe die Skrif die oordeel oor die verworpenes skets←⤒🔗
Omdat geen beskrywing voorts toereikend is om God se wraak teen die verworpenes voldoende te beskryf nie, word hulle foltering en pyniging met liggaamlike sake vir ons afgebeeld, naamlik met duisternis, gehuil en gekners van tande.164'n vuur wat nie geblus kan word nie,165 en 'n wurm wat sonder einde aan die hart knaag. 166 Dit is seker dat die Heilige Gees met sulke spreekwyses al ons sinne met afgryse wou ontroer soos wanneer gesê word dat daar van ewigheid af 'n diep poel gereed is, dat dit baie vuur en hout as voedsel het en dat die asem van die Here dit soos 'n stroom swael aan die brand steek.167 En soos ons daardeur gehelp behoort te word om 'n begrip te vorm van die droewige lot van die goddeloses, so moet dit ons gedagtes besonderlik daarop vestig hoe rampspoedig dit is om van alle gemeenskap met God vervreem te word. En nie alleen dit nie maar om te voel dat God se majesteit so teen jou is dat jy nie kan ontvlug sonder om daardeur verdruk te word nie. Want ten eerste is sy toorn soos 'n uiters geweldige vuur en as hulle daaraan raak, word alles verteer en verslind. Verder dien alle skepsels so om sy oordeel uit te oefen dat hulle sal voel dat die hemel, die aarde, die see, diere en alles wat daar is, as 'r ware met verskriklike toorn teen hulle ontvlam en tot hulle verderf gewapen is want die Here sal sy toorn so openbaar. Daarom het die apostel nie iets alledaags verkondig wanneer hy sê dat die ongelowiges ewig in die verderf gestraf sal word -weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy krag.168 En dikwels as die profete vrees met liggaamlike beelde inboesem, ofskoon hulle vanweë ons traagheid geen oordrywings aanvoer nie, vermeng hulle nogtans as voorspele vir die toekomstige oordeel die son, die maan en die hele skepping van die wêreld. Daarom vind ongelukkige gewetens geen rus nie maar word deur 'n verskriklike stormwind geteister en verstrooi; hulle voel dat hulle deur God in sy toorn verskeur en deur dodelike prikkels deurboor en vermink word. Hulle is vreesbevange by God se bliksem en word deur die gewig van sy hand verbrysel sodat dit ligter sou wees om in enige afgrond of diepte onder te gaan as om een oomblik in daardie verskrikkings te staan.
Hoedanig en hoe groot is dit om deur sy ewige en nooit eindigende beleëring gekwel te word? Daaroor bevat die negentigste psalm 'n merkwaardige uitspraak, naamlik dat God, al sou Hy slegs deur sy blik al die sterflinge verstrooi en tot niet maak, nogtans al sy dienaars verdruk om des te vreesagtiger op hierdie wêreld te wees om hulie, met hulle kruis belas, op te wek om hulle te haas 169 totdat Hyalles in almal is. 170