Hierdie hoofstuk behandel die vyf valse sakramente van die Roomse kerk: vormsel (voorstelling), boetedoening, oliesel (laaste salwing), kerklike ordes en die huwelik.

1984. 43 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 19 Die vyf valse sogenoemde sakramente; ‘n verklaring dat die vyf ander sakramente wat tot dusver as sakramente beskou is, nie sakramente is nie, asook ‘n aanduiding van wat hulle werklik is

1. Inleidende opmerkings: die noodsaaklikheid van 'n behandeling van die Roomse valse sakramente🔗

Die voorgaande betoog oor die sakramente kon dit by leergierige en nugter mense bereik dat hulle nie uit nuuskierige drang verder hoef te gaan en benewens die twee sakramente wat hulle weet deur die Here ingestel is, ander sakramente sonder die Woord van God hoef aan te neem nie. Die opvatting dat daar sewe sakramente is, is oor die algemeen in die gesprekke van alle mense holrug gery en in al die skole en in preke oorbekend, en dit het ook reeds deur die oudheid daarvan wortelgeskiet, en is nou nog in die verstand van mense gevestig.1Daarom het dit vir my die moeite werd gelyk as ek die ander vyf sakramente wat oor die algemeen as ware en egte sakramente van die Here gereken word, afsonderlik en nader sou ondersoek, alle rookskerms daarvan sou wegvee en hulle aan eenvoudiges sou voorhou om te sien wat die aard daarvan is en hoe vals hulle tot dusver as sakramente beskou is.

Ten eerste wil ek hier teenoor alle godvrugtige mense betuig dat ek hierdie stryd oor die woord sakrament nie uit 'n begeerte om te twis opneem nie, maar dat ek om gewigtige redes beweeg word om die misbruik daarvan te beveg. Ek weet wel dat Christene ook van woorde, soos van alle dinge, heersers is; en dat hulle daarom in staat is om na goeddunke woorde by sake aan te pas mits die vroom betekenis daarvan gehandhaaf word - al sou daar in die uitdrukking die een of ander onpaslikheid voorkom. Dit gee ek ten volle toe. Dit sou nogtans beter gewees het dat woorde aan sake ondergeskik moet wees liewer as dat sake aan woorde ondergeskik gestel word.

Maar in die geval van die woord sakrament is daar 'n ander rede.
Diegene wat sewe sakramente vasstel, ken tegelyk aan almal hierdie omskrywing toe dat hulle sienlike vergestalting is van die onsienlike genade. Hulle stel almal voor as vase of instrumente van die Heilige Gees, instrumente ter verkryging van geregtigheid, en oorsake ter verkryging van die genade. So het die meester van die werk Opvattings verklaar dat die sakramente van die Mosaïese wet nie eintlik sakramente genoem word nie omdat hulle nie getoon het wat hulle voorgestel het nie.2Nou vra ek jou: is dit nie ondraaglik om tekens wat die Here self met sy eie mond geheilig en met voortreflike beloftes gekenmerk het, nie as sakramente te reken nie, maar intussen hierdie eer oor te dra op daardie seremonies wat mense öf uit hulleself uitgedink het öf ten minste sonder die uitdruklike gebod van God onderhou? Hulle moet  derhalwe öf hulle omskrywing verander öf hulle van misbruik van hierdie woord weerhou omdat dit later vals en dwaas opvattings voortbring.

Hulle sê: "Die laaste salwing is 'n beeld en oorsaak van die onsienlike genade omdat dit 'n sakrament is". As ons dan geensins mag toegee aan dit wat hulle aanvoer nie, moet ons beslis juis die inhoud van die woord  sakrament teenstaan om te voorkom dat ons dit teen 'n prys aanvaar wat van so 'n aard is dat dit geleentheid vir so 'n dwaling bied. Wanneer hulIe aan die ander kant bewys dat die laaste salwing 'n sakrament is, verbind hulle die volgende rede daaraan, naamlik dat dit uit 'n uitwendige teken en uit die woord bestaan3As ons egter nög gebod nög belofte hiervan aantref, wat kan ons doen anders as om ons stemme daarteen te verhef?

2. Sakramente en seremonies moet van mekaar onderskei word om te voorkom dat seremonies sakramente word🔗

Dit is nou duidelik dat ons nie oor 'n woordjie rusie maak nie maar dat ons 'n gewigtige geskil oor die saak self voer. Daarom moet ons hier kragtigbehou wat ons vroeër reeds op onoorwinlike gronde bevestig het, naamlik dat die oordeel om 'n sakrament in te stel slegs by God alleen berust Want 'n sakrament moet die gewetens van gelowiges met 'n bepaalde belofte van God ophef en troos en dit sou hierdie sekerheid nooit van 'n mens kon ontvang niet 'n Sakrament behoort vir ons getuienis te wees van God se goeie wil jeens ons en geen mens of engel  kan so 'n getuie wees nie want niemand was God se raadgewer nie.4
Derhalwe is dit Hy alleen wat deur sy Woord met wettige gesag van Homself kan getuig. 'n Sakrament is 'n teken waardeur God se verbond of belofte besëel word. Dit sou inderdaad nie deur liggaamlike dinge en die elemente van hierdie wëreld beseël kon word nie tensy dit deur die krag van God hiervoor gevorm en hiervoor bestem is. Die mens kan dus nie 'n sakrament instel nie want die mens is inderdaad nie by magte om sulke groot geheimenisse van God onder sulke veragtelike dinge te verberg niet God se Woord moet voorafgaan om te maak dat 'n sakrament 'n sakrament is soos Augustinus baie goed leer.5

Hierbenewens is dit nuttig om 'n sekere onderskeid tussen die sakramente en ander seremonies te be hou as ons nie in baie onsinnighede wil verval niet Die apostels het met gebuigde knieë gebid.6Moet ons dan van kniebuiging 'n sakrament maak? Daar word vertel dat die dissipels hulle gesigte na die Ooste gedraai het wanneer hulle gebid het.7 Moet die gesig na die Ooste dan 'n sakrament wees? Paulus wil hê dat mans op elke plek rein hande na bo moet ophef8en daar word vertel dat die heiliges baie dikwels met opgehefde hande gebid het.9Moet die opheffing van hande dan ook 'n sakrament word? Kortom: al die gebare van die heiliges sou dan in sakramente verander. Ek sou my nograns nie eens hieroor te veel bekommer nie mits dit nie met groter skade gepaard gaan niet

3. Die kerklike skrywers van ouds het nie sewe sakramente geken nie🔗

As hulle ons met die gesag van die kerk van ouds in 'n hoek probeer druk,10 sê ek dat hulle stofwolke opjaag. Want hierdie getal van sewe sakramente word nêrens by die kerklike skrywers aangetref nie en dit is ook nie duidelik genoeg sedert watter tyd ditvir die eerste keer ingesluip het nie.11Ek erken wel dat hulle soms in hulle gebruik van die woord sakrament te vrypostig is maar wat bedoel hulle daarmee? Dit naamlik dat al die seremonies en uiterlike ritusse en al die oefeninge van godsvrug daaronder ingesluit word. Wanneer hulle egter praat van die tekens wat van God se genade teenoor ons moet getuig, is hulle tevrede met hierdie twee, naamlik die doop en die nagmaal.

Om te voorkom dat iemand sou dink dat ek dit valslik oprakel, sal ek 'n aantal getuienisse uit Augustinus aanhaal. In sy brief aan Januarius sê hy: "Ten eerste wil ek hê dat jy moet onthou wat die hoofpunt van hierdie bespreking is, naamlik dat ons Here Christus, soos Hy self in die evangelie sê, 'n sagte juk en 'n ligte las op ons gelê het.12Daarom het Hy die gemeenskap van sy nuwe volk met sakramente wat min in getal is, baie maklik om te onderhou en uiters voortrefIik in betekenis, saamgebind. So is die doop geheilig in die Naam van die Drie-eenheid en die gemeenskap met die liggaam en die bloed van die Here, en elke ander ding wat in die kanonieke Skrifte aanbeveel word".13 Net so sê hy in sy boek Die Christelike leer: "Sedert die opstanding van die Here het die Here self en ook die apostels in hulle leer 'n paar tekens in plaas van baie ander, en dit uiters maklik om te doen, baie uitnemend in betekenis en uiters suiwer om te onderhou, aan ons oorgedra, soos die doop en die bediening van die liggaam en bloed van die Here".14Waarom vermeld hy hierdie heilige getal sewe nie hier nie? Of is dit waarskynlik dat hy dit agterweë sou gelaat het as dit toe in die kerk ingestel is - veral aangesien hy andersins nuuskieriger is as wat nodig is, om op getalle te let?15 Ja, wanneer hy die doop en die nagmaal uitdruklik noem, maar die ander verswyg, gee hy dan nie daarmee genoeg te kenne dat hierdie twee sakramente in uitsonderlike aansien uitgemunt het maar dat die ander seremonies 'n laer rang as hulle beklee nie?

Daarom sê ek dat leraars van die sewe sakramente nie slegs sonder die Woord van die Here is nie, maar ook sonder ooreenstemming met die kerk van ouds, hoewel hulle besonderlik op hierdie voorwendsel roem.
Maar laat ons nou oorgaan tot 'n bespreking van elkeen van hulle sakramente afsonderlik.

4. Die ontstaan en ontwikkeling van die vormsel🔗

Eertyds was dit die gebruik om kinders van Christene voor die biskop te bring wanneer hulle groot geword het om die plig te verrig wat van volwassenes vereis is wat hulleself vir die doop aangebied het. Want sulke volwassenes het gewoonlik tussen die leerlinge gesit totdat hulle behoorlik in die geheimenisse van die geloof onderrig is en belydenis van hulle geloof voor die biskop en die kerkvolk kon aflê, Omdat kindertjies wat wel deur die doop ingewy is, maar nog nie belydenis van hulle geloof voor die kerk afgelê het nie, gewoonlik aan die einde van hulle kinderjare en by die begin van hulle adolossensie weer deur hulle ouers voorgestel is, is hulle volgens die inhoud van die kategismus, wat toe reeds vasgestel en algemeen bekend was, deur die biskop ondervra.
Met die oog daarop dat hierdie handeling wat andersins met reg ernstig en heilig moes wees, nog meer eerbied en aansien kon geniet, is die seremonie van handoplegging ook gebruik. Wanneer die kind sy geloof bewys het, is hy so met 'n plegtige seën weggestuur.

Die skrywers van ouds maak dikwels melding van hierdie gewoonte.
Pous Leo het gesê: "As iemand van ketters af na die kerk terugkeer, moet hy nie weer gedoop word nie, maar dit wat hom daar ontbreek het, naamlik die krag van die Heilige Gees, moet deur die handoplegging  van die biskop aan hom verleen word."16 Nou skreeu ons teenstanders dat dit met reg 'n sakrament genoem word waarin die Heilige Gees aan iemand verleen word. Dieselfde Leo het egter elders verduidelik wat hy met hierdie woorde bedoel het. Hy sê: "As iemand onder ketters gedoop is, moet hy nie weer gedoop word nie, maar hy moet met aanroeping van die Heilige Gees deur handoplegging versterk word omdat hy slegs die vorm van die doop sonder die heiligmaking daarvan ontvang het".17

Hieronymus roep dit ook in herinnering teen die Luciferiane.18 Hoewel ek nie ontken dat Hieronymus tot 'n mate gefouteer het omdat hy beweer het dat dit 'n instelling van die apostels was nie, is hy nogtans ver weg van hulle onsinnighede. Hy versag hierdie stelling ook wanneer hy byvoeg dat hierdie seën slegs aan biskoppe gegee is - eerder as verering vir die priesteramp as uit dwang van 'n wet.19Ek prys derhalwe so 'n sort handoplegging aan wat doodeenvoudig as 'n seën plaasvind, en ek sou graag wou hê dat dit vandag in die suiwer gebruik daarvan herstel moes word.

5. Die handoplegging het geleidelik ontwikkel en oorgegaan in 'n valse sakrament🔗

Die tyd wat daarna gevolg het, het hierdie optrede byna heeltemal uitgewis en die een of ander soort bevestiging (vormsel) as 'n sakrament van God in die plek daarvan gestel.20Hulle het hulle ingebeeld dat die krag van die vormsel daarin geleë is om die Heilige Gees wat in die doop tot onskuld verleen is, te verleen om die genade te vermeerder en dat hulle diegene wat in die doop tot die lewe wederbaar is,21in die vormsel tot die stryd bekragtig.

Hierdie vormsel word verrig deur salwing en die volgende formulier: "Ek beseël jou met die teken van die heilige kruis, en versterk jou met die salwing van saligheid in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees".22Alles pragtig en mooi! Maarwaar is die Woord van God wat die teenwoordigheid van die Heilige Gees hier beloof? Hulle kan selfs nie eens 'n enkele puntjie daarvan aanvoer nie. Hoe sal hulle ons derhalwe kan verseker dat hulle salwing 'n instrument van die Heilige Gees is? Ons sien wel olie, en dit 'n dik en vetterige vloeistof, maar behalwe dit niks nie. Augustinus sê: "Die Woord moet by die element kom en dan sal dit 'n sakrament word".Augustinus, 23Ek herhaal: laat hulle hierdie Woord te voorskyn bring as hulle wil hê dat ons in die olie iets anders as net olie moet sien.

Maar as hulle hulle as bedienaars van die sakramente sou erken soos dit billik is, hoef ons nie langer met hulle te stry nie.Die eerste reël van 'n bedienaar is immers dat hy niks sonder 'n gebod moet aanpak nie. Kom dan, laat hulle die een of ander gebod van die aard te voorskyn bring, en ek sal nie 'n woord verder rep nier As hulle sonder so 'n gebod is, kan hulle hulle heiligskennige vermetelheid nie verontskuldig nie. Om hierdie rede het die Here die Fariseërs gevra of die doop van Johannes uit die hemel of uit die mense is. Ashulle sou antwoord dat dit uit die mense was, kon Christus aflei dat dit waardeloos en nutteloos sou wees; maar as hulle sou sê dat dit uit die hemel is, is hulle gedwing om die leer van Johannes te erken. Om dus nie uitermatig beledigend teenoor Johannes te wees nie, het hulle nie gewaag om te sê dat dit uit mense was nie. 24 As hulle vormsel derhalwe uit die mense is, word hierdeur bewys dat dit waardeloos en ydel is; en as hulle ons wiloortuig dat dit uit die hemel is, moet hulle dit bewys.

6. 'n Weerlegging van die redenasies waarmee die pousdom bulle vormsel verdedig🔗

Hulle verdedig hulle weliswaar met die voorbeeld van die apostels wat  na hulle mening niks onbesonne gedoen het nie.25 Dit is inderdaad ook Hulle moet trouens ook nie deur ons bestrafword as hulle kan bewys dat hulle nabootsers van die apostels is nie. Maar wat het die apostels gedoen? Lukas vertel in Handelinge dat, toe die apostels wat in Jerusalem was, gehoor het dat Samaria die Woord van God aangeneem het, hulle  Petrus en Johannes daarheen gestuur het. Hy vertel verder dat hulle vir die Samaritane gebid het dat hulle die Heilige Gees moes ontvang omdat die Heilige Gees nog nie in elkeen van hulle gekomhet nie, maar hulle slegs gedoop was in die Naam van jesus. Dan sê hy dat hulle hulle hande op hulle gelê het nadat hulle gebid het. Deur die handoplegging het die Samaritane die Heilige Gees ontvang.26 En hy roep hierdie handoplegging ook telkemale in hertnnering.27

Ek hoor wat die apostels gedoen het. Hulle het naamlik hulle diens getrou uitgevoer. Dit was die Here se wil dat daardie sienlike en wonderlike gawes van die Heilige Gees wat Hy toe oor sy volk uitgestort het, deur sy apostels deur middel van handoplegging aan hulle bedien en uitgedeel moes word. Ek dink nie dat daar in hierdie handoplegging 'n hoër geheimenis aanwesig is nte, maar volgens my vertolking daarvan het hulle hierdie soort seremonie gebruik om juis deur hierdie gebaar hulleself by God aan te beveel en die een op wie hulle hulle hande gelê het, as 'r ware aan Hom te offer.

As hierdie diens wat die apostels toe verrig het, tans nog in die kerk sou geld, moet die handoplegging ook behou word. Maar terwyl die verlening van hierdie gawe tot 'n einde gekom het, waartoe dien handoplegging dan nog? Die Heilige Gees is beslis nou nog die volk van God naby en sonder sy leiding en bestuur kan die kerk van God nie bestaan nie. Ons het trouens die ewige belofte wat ook vir ewig sal bestaan, waarvolgens Christus diegene wat dors het, na Hom toe nooi om die lewende waters te drink.28 Maar sulke wonderlike kragte en onmiskenbare werke wat deur handoplegging uitgedeel is, het tot 'n einde gekom, en moes slegs vir 'n tyd lank geld. Die nuwe verkondiging van die evangelie en die nuwe koninkryk van Christus moes trouens met wonderwerke waarvan daar nog nie gehoor is nie en wat ongewoon was, toegelig en verheerlik word. Toe die Here 'n einde daaraan gemaak het, het Hy sy kerk nogtans nie verlaat nie, maar Hy het daarmee geleer dat die grootsheid van sy koninkryk en die aansien van sy Woord voortreflik genoeg geopenbaar is.

In watter opsig sal hierdie narre dan sê dat hulle die apostels naboots? Deur hulle handoplegging moes hulle dit bereik dat die krag van die Heilige Gees homself dadelik sienlik moes openbaar. Hulle kry dit egter nie reg nie. Waarom roem hulle dan op hulle handoplegging waarvan ons wel lees dat die apostels dit gebruik het, maar vir 'n heeltemal ander doel?

7. Diegene wat die olie 'olie van saligbeid' noem, verwerp die saligheid wat in Christus is, verloën God, en het geen deel in sy koninkryk nie🔗

Hierdie rede is net so ongegrond as wanneer iemand sou leer dat die blasing waarmee die Here op sy dissipels geblaas het, 'n sakrament is  waardeur die Heilige Gees gegee word. En terwyl die Here dit eenmaal gedoen het, was dit nie sy wil dat dit ook deur ons gedoen moet word nie. So het die apostels ook hulle hande opgelê toe dit die Here behaag  het om vir daardie tyd die sienlike gawes van die Heilige Gees op hulle gebede aan hulle beskikbaar te stel.29Sy doel daarmee was nie dat die nageslag 'n leë niksseggende teken slegs met handgebare soos hierdie ape doen, en sonder die werklike inhoud moes versin nie.

Maar as hulle wel kan bewys dat hulle die apostels in die handopleggingnavolg – iets waarin hulle niks soortgelyks aan die apostels het nie behalwe een of ander soort vermetel nabootsing, waarvandaan kom dan die olie wat hulle olie van die saligheid 30noem? Wie het hulle geleer om hulle saligheid in olie te soek? Wie het hulle geleer om aan olie die krag om die siel te versterk toe te skryf?31 Was dit Paulus? Maar hy het ons ver van die elemente van hierdie wêreld af weggetrek32en niks meer verdoem as om aan sulke onderhoudinkies verknog te bly nie. 33
Nie uit myself nie, maar uit die Here, verklaar ek met moedigheid: Diegene wat hulle olie olie van die saligbeid noem, sweer die saligheid wat in Christus is, af; hulle verloën Christus en het geen deel in die koninkryk van God nie. Olie is vir die maag en die maag vir olie; die Here sal albei tot niet maak.34Al hierdie swak elemente wat juis deur gebruik tot niet gaan, het niks met die koninkryk van God te doen nie omdat sy koninkryk geestelik is en nooit tot niet sal gaan nie.

"Hoe dan nou?" sal iemand vra, "Meet jy die water waarmee ons gedoop word, met dieselfde maat en die brood en die wyn waaronder die nagmaal van die Here aan ons gegee word?" Ek antwoord dat daar in die sakramente wat deur God ingestel is, op twee aspekte gelet moet word, naamlik die wese van die liggaamlike ding wat aan ons voorgehou word en die vorm wat deur die Woord van God op hierdie substansie afgedruk word - en daarin is die hele krag daarvan geleë. In soverre die brood, die wyn en die water wat in die sakramente sigbaar aan ons voorgehou word, hulle wesenlike eienskap behou, geld Paulus se stelling altyd: "Kos is vir die maag en die maag vir die kos, God sal albei tot niet maak".35Hulle gaan trouens verby en verdwyn saam met die gestalte van hierdie wêreld.36 In soverre hulle egter deur die Woord van God geheilig word om sakramente te wees, behou hulle ons nie in die vlees nie maar hulle leer ons waarlik en geestelik.

8. 'n Weerlegging van die Roomse opvatting dat die doop nie na behore sonder die vormsel bedien kan word nie🔗

Maar laat ons nog nader ondersoek instel na hoeveel gedrogte hierdie salwing koester en voed. Hierdie salfsmeerders beweer dat die Heilige Gees in die doop tot onskuld gegee word; in die vormsel tot vermeerdering van die genade; dat ons in die doop wederbaar word tot die lewe en dat ons in die vormsel toegerus word vir die stryd.37 En hulle is so onbeskaamd dat hulle sê dat die doop nie na behore sonder die vormsel bedien kan word nie!38Wat 'n goddeloosheid! Is ons dan nie in die doop saam met Christus begrawe, en het ons nie sy dood deelagtig geword om ook deelgenote in sy opstanding te wees nie?39 Paulus vertolk hierdie gemeenskap met die dood en die lewe van Christus as die afsterwe ons vlees en die lewendmaking van die Gees omdat ons ou mens gekruisig is40sodat ons in 'n nuwe lewe kan wandel.41Wat beteken om toegerus te word vir die stryd anders as dit?

Maar as hulle dit van geen belang ag om die Woord van God te vertrap nie, waarom het hulle die kerk dan nie ten minste geëerbiedig nie aangesien hulle so graag as mense wat die kerk gehoorsaam, aangesien wil word. Watter swaarder klag kan teen hierdie leer van hulle ingebring word as die besluit van die Konsilie van Mileve: "Wie ook al sê dat die doop slegs tot vergiffenis van sondes gegee word en nie as hulpmiddel vir die toekomstige genade nie, moet vervloek word". Wat betref die feit dat Lukas in die verwysing wat ons reeds aangehaal het, sê dat (die Samaritane) in die Naam van jesus Christus gedoop was hoewel hulle nog nie die Heilige Gees ontvang het nie,42 së hy nie daarmee doodeenvoudig dat hulle geen gawe van die Gees ontvang het ten spyte daarvan dat hulle van harte in Christus geglo en Hom ook met die mond bely het nie.43 Hy verstaan daaronder egter die ontvangs van die Gees waardeur die openlike kragte en die sienlike genadegawes ontvang word. Daar word byvoorbeeld gesê dat die apostels die Gees op Pinksterdag44ontvang het hoewellank tevore reeds deur Christus aan hulle gesê is: "Dit is nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle praat".45

Julle almal wat uit God is, kyk net die kwaadwillige en dodelike bedrog van die Satan! Dit wat waarlik in die doop gegee is, word volgens sy leuen in hulle vormsel gegee met die doel om onversigtige mense skelm van die doop af te verlei. Wie sou daaroor kon twyfel dat dit die leer van die Satan is omdat dit die beloftes wat eie aan die doop is, van die doop losskeur en na iets anders aflei en daarop oordra? Ek herhaal: hier word aan die kaak gestel op watter soort fondament daardie voortreflike salwing gebou is.

Die Woord van God sê dat almal wat in Christus gedoop is, hulle met Christus en al sy gawes beklee het.46Die woord van hierdie salfsmeerders is dat gelowiges geen belofte in die doop ontvang het waarmee hulle vir die stryd toegerus kan word nie. Die waarde van die Skrif is waar. Daarom moet laasgenoemde waarde leuens wees.47Ek kan hierdie vormsel dus met groter waarheid teken as waarmee hulle dit tot dusver beskryf het, naamlik dat dit 'n uitsonderlike belediging vir die doop is omdat dit die gebruik daarvan verduister, of liewer, vernietig. Ek sê ookdat dit 'n vals belofte van die duiwel is wat ons van die waarheid van God af wegtrek. Of, as jy dit verkies, dat dit olie van die duiwel is wat met leuens bevlek is en die verstand van eenvoudiges bedrieg asof 'n skadu daaroor getrek is.

9. Die Roomse opvatting dat ons sonder die vormsel nie volmaakte Christene kan wees nie, is eweneens vals🔗

Daarbenewens voeg hulle by dat al die gelowiges die Heilige Gees na die doop deur handoplegging moet ontvang om as volle Christene bevind te word48 want niemand sal ooit 'n Christen wees nie tensy hy deur die vormsel van die biskop gesalf is.49Dit gee hulle opvatting woordeliks weer.

En tog het ek gedink dat alles wat op die Christendom betrekking het, in die Skrif opgeteken en daarin vervat is! Soos ek nou sien, moet ons die ware vorm van die godsdiens elders as uit die Skrifte soek en leer. Die wysheid van God, die hemelse waarheid en die hele leer van Christus dui dus slegs die begin vir Christene aan, maar die olie vervolmaak hulle! Volgens hierdie stelling word al die apostels en soveel martelare verdoem omdat dit baie beslis en seker is dat hulle nooit gesalf was nie omdat daar toe nog nie heilige50 olie was waarmee almal wat nog nie Christene was nie, besmeer kon word om hulle Christenskap ten volle te vervul, of liewer Christene te word oie! Hulle weerlê hulleself trouens oorvloedig al sou ek daaroor swyg.

Hoe 'n klein deeltjie van hulle kerkvolk salf hulle na die doop? Waarom duld hulle sulke halwe Christene in hulle kudde terwyl hulle hulle onvolmaaktheid maklik kon genees? Waarom laat hulle hulle met so 'n  onbekommerde nalatigheid toe om iets agterweë te laat wat nie sonder ernstige straf agterweë gelaat mag word nie? Waarom dring hulle nie baie streng aan op 'n saak wat so noodsaaklik is en waarsonder die saligheid nie bekom kan word nie - behalwe miskien as iemand deur 'n onverwagte dood verhinder word om dit te doen? Maar natuurlik!

Wanneer hulle toelaat dat hulle vormsel so vrylik geminag word, erken hulle stilswyend dat dit nie soveel waarde het as waarvoor hulle dit verkwansel niet

10. Dat 'n biskop die vormsel, en 'n priester die doop bedien, verleen nie aan die vormsel aansten om tot 'n sakrament verhef te word nie🔗

Ten slotte kom hulle tot die slotsom dat hierdie heilige salwing groter eerbied verdien as die doop omdat die vormsel in besonder deur die hande van die Hoëpriesters (biskoppe) bedien word, maar dat die doop oor die algemeen deur al die priesters bedien word.51Wat sou jy hiervan kon sê behalwe dat hulle duidelik van hulle sinne beroof is omdat hulle hulle eie uitvindings so vlei dat hulle in vergelyking daarmee die heilige instellings van God onbekommerd verag? Heiligskennige mond! Waag jy om jou olie wat slegs deur die stank van jou asem besoedel en deur die gemompel van jou woorde betower is, te stel teenoor die sakrament van Christus en dit te vergelyk met die water wat deur die Woord van God geheilig is? Maar selfs dit was te min vir jou goddeloosheid en jy moes dit selfs hoër as die doop stel! Dit is die antwoorde van die heilige (Roomse) setel; dit die orakels van die apostoliese driepoot!52

Maar party van hulle het ook die indruk gehad dat hierdie leer van hulle onbeteuelde waansinnigheid was en hulle het begin om dit effens te matig. Hulle sê: "Die vormsel moet met groter eerbied bejeën word - miskien nie vanweë die groter krag en voordeel wat dit meebring nie, maar omdat dit deur waardiger dienaars gegee word en op 'n waardiger deel van die liggaam, dit is op die voorkop; of omdat dit 'n groter toename in deugde meebring hoewel die doop meer krag het om sondes te vergewe".53Maar bring hulle nie met hulle eerste rede aan die lig dat hulle Donatiste is omdat hulle die krag van die sakrament na aanleiding van die aansien van die bedienaar daarvan waardeer nie?54Laat dit nogtans so wees; laat die vormsel na aanleiding van die aansien van die biskop se hand waardiger geag word. Maar as iemand hulle souvra waarvandaan so 'n groot voorreg aan biskoppe oorgedra is, watter rede sal hulle dan behalwe hulle eie goeddunke aanvoer? "Die apostels alleen het hierdie reg gebruik omdat hulle alleen die Heilige Gees uitgedeel het." Is die biskoppe alleen dan apostels? Ja, is hulle hoegenaamd apostels?

Laat ons hulle dit ook toegee. Waarom stry hulle dan nie met dieselfde redenasie dat biskoppe alleen die sakrament van die bloed van die Here in die nagmaal mag aanraak nie? Hulle weier leke dit omdat dit deur die Here slegs aan die apostels gegee is. As dit alleen aan die apostels gegee is, waarom lei hulle nie ook daaruit af dat dit derhalwe ook aan die biskoppe alleen gegee is nie? Maar hulle stel die apostels in hietdie verwysing eenvoudig as ouderlinge voor. Nou sleur die duiseligheid van hulle koppe hulle elders heen sodat hulle skielik biskoppe (van die priesters) moet maak.

Ten slotte: Ananias was nie 'n apostel nie en Paulus is nogtans na hom gestuur sodat hy sy gesig weer kon ontvang, gedoop kon word, en met die Heilige Gees vervul kon word55By hierdie hoop redenasies sal ek ook die volgende voeg: As dit volgens Goddelike reg 'n besondere amp van die biskoppe was, waarom het hulle gewaag om dit op gewone priesters56 oor te dra soos ons in 'n sekere briefvan Gregorius kan lees?57

11. Die vormsel kan ook nie hoër aangeslaan word as die doop omdat dit op die voorkop bedien word en 'n vermeerdering in deugde meebring nie. Maar hoe ligsinnig, dwaas en stompsinnig is hulle tweede rede nie?🔗

Hulle noem hulle vormsel waardiger as die doop van God omdat die voorkop in die vormsel met olie besmeer word, maar 'n mens se kop in die doop.58 Net asof die doop met olie bedien word, en nie met water nie! Ek roep trouens alle godvrugtige mense as getuies aan of hierdie deugniete hulle nie op hierdie een enkele aspek toelê, naamlik om die suiwerheid van die sakramente met hulle suurdeeg te bederf nie?

Ek het reeds elders gesê59 dat dit wat in die sakramente aan God behoort, beswaarlik tussen die massa menslike uitvindings deur nou skrefies kan flikker. Asiemand my nie as geloofwaardig hieroor beskou het nie, moet hy nou ten minste sy eie leermeesters as geloofwaardig beskou. Kyk, hulle laat die water60 in die doop agterweë en beskou dit as van geen waarde nie, maar hulle verhef hulle olie wel in die doop! Ons sê daarenteen dat die voorkop ook in die doop met water bestryk word. In vergelyking hiermee, ag ons julle olie, of dit in die doop of in die vormsel voorkom, nie gelyk aan die waarde van 'n stuk mis nie. Maar as iemand sou aanvoer dat die olie teen 'n groter prys aangekoop word, verklaar ek dat, as daar andersins iets goed in hierdie olie is, dit juis deur die prys wat daarby kom, bedorwe word; verre sy dit daarvan dat ons met so 'n uiters skandelike bedrog vanweë diefstal te koop sou loop!

In hulle derde rede stel hulle hulle eie goddeloosheid aan die kaak wanneer hulle babbel dat 'n groter vermeerdering van deugde in hulle vormsel as in die doop meegebring word.61 Deur die handoplegging het die apostels die sienlike gawes van die Gees bedien. In watter opsig toon die vet van hierdie mense sy vrugbaarheid? Weg met sulke gematigdes wat een lasterlike opvatting met baie ander vorms van laster bedek! Dit is 'n Gordiaanse knoop en beter om dit af te breek as om dit met soveel moeite te ontrafel.

12. 'n Weerlegging van die Roomse opvatting dat die vormsel reeds 'n ou instelling is en daarom gerespekteer moet word🔗

Maar wanneer hulle nou sien dat hulle sonder die Woord van God en 'n aanvaarbare bewys daarvoor is, hou hulle, soos gewoonlik, aan ons voor dat dit 'n baie ou instelling is wat ook deur die eenstemmigheid van baie eeue bekragtig is.62Selfs al was dit die waarheid, bereik hulle nogtans niks daarmee nie. 'n Sakrament ontstaan nie uit die aarde nie, maar uit die hemel; nie uit mense nie maar uit God alleen. Hulle moet bewys dat hulle vormsel God as Insteller het as hulle wil hê dat dit as 'n sakrament beskou moet word. Maar waarom werp hulle ons die oudheid daarvan teë terwyl die skrywers van ouds nêrens meer sakramente as twee vermeld wanneer hulle in eintlike sin daarvan wil praat nie. 63As ons dan hulp vir ons geloof by mense moet soek, het ons hier 'n onoorwinlike vesting, naamlik dat dit waarmee hulle ons belieg dat dit sakramente is, nooit deur die skrywers van ouds as sakramente erken is nie. Hierdie skrywers praat wel van handoplegging, maar noem hulle dit 'n sakrament? Augustinus verklaar openlik dat dit niks anders as 'n gebed is nie.64

Hier moet hulle my ook nie met hulle stinkende onderskeidings toeblaf nie, naamlik dat Augustinus hier nie na die handoplegging van die vormsel verwys nie, maar na die handoplegging ter genesing versoening. Sy boek is beskikbaar en terhand. As ek die betekenis verdraai van die sin waarin Augustinus geskryf het, gee ek bes en kan hulle my maar nie alleen met beledigings, soos gewoonlik nie, maar ook onder hulle spoeg begrawe. Hy praat immers van die mense wat uit die skeuring na die eenheid van die kerk teruggekeer het. Hy sê dat hulle nie nodig het om weer gedoop te word nie en dat handoplegging voldoende is dat die Here deur die band van vrede die Heilige Gees aan : hulle kan skenk. Omdat dit egter die indruk van ongerymdheid kon wek  dat die handoplegging eerder as die doop herhaal word, toon hy die onderskeid aan. Hysê: "Wat is handoplegging anders as 'n gebed oor die mens?"65En dat dit ook die betekenis is, blyk uit 'n ander verwysing waar hy sê: "Ons lê ketters wat hulle bekeer het, hande op ter wille van die band van liefde wat die belangrikste gawe van die Heilige Gees is en waarsonder alle ander heilige dinge wat in die mens is, geen mag het om die saligheid te verkry nie".66

13. Handoplegging behoort egter behoue te bly veral by geleentbeid van aflegging van belydenis van geloof🔗

Mag ons die gewoonte behou wat, soos ek geleer het, onder die kerk van ouds in swang was voordat hierdie ontydige masker van 'n sakrament ontstaan het - nie dat die vormsel moes wees soos hulle hulle inbeeld en wat nie sonder veronregting van die doop vermeld kan word nie, maar as kategese (Christelike onderwys) waardeur kinders en jongelinge rekenskap van hulle geloof voor die kerk kan gee. Die beste metode vanonderwys sou wees as 'n handleiding vir hierdie doel geskryf is,67wat die hoofpunte (van die Christelike leer) saamvat en op 'n vriendelike trant oor die algemeen die belangrikste hoofpunte van ons godsdiens verduidelik. Hieroor moet die hele kerk van gelowiges eendragtig saamstem.

'n Kind van tien jaar moes voor die kerk verskyn om belydenis van sy geloof af te lê.68Hy moes oor elke hoofpunt van die godsdiens ondervra word en op elke hoofpunt antwoord. As hy iets nie geweet of verstaan het nie, moes hy verder daarin onderrig·word. So moes hy met die kerk as getuie en ten aanskoue van die kerk die enige, ware en opregte geloof bely waarmee die kerkvolk van gelowiges die enige God eendragtig dien.

As hierdie dissipline vandag gegeld het, sou die luiheid van sommige ouers inderdaad opgeskerp word omdat hulle die onderwysing van hulle kinders onbekommerd verwaarloos as iets wat niks met hulle te doen het nie, terwyl hulle dit dan nie sonder openbare skande agterweë sou kon laat nie. Daar sou dan ook 'n groter eensgesindheid onder die kerkvolk van Christene gewees het en ook nie so 'n groot onkunde en onbeholpenheid van baie mense nie. Sommige van hulle sou dan nie so ondeurdag deur nuwe vreemde leerstellings weggeruk word nie. Kortom: almal sou dan 'n metode van. die Christelike leer gehad het.

14. Die pousdom praat met verwarring en onsekerheid oor die boetedoening🔗

Vervolgens stel hulle boetedoening.69Hieroor praat hulle so verward en deurmekaar dat gewetens geen sekerheid en vastigheid uit hulle leer kan haal nie. Ons het reeds elders breedvoerig vertel wat ons in verband met boetedoening uit die Skrifte geleer het70 en daarna ook wat hulle daaroor leer. Nou moet ons slegs die aspek aanroer in verband met die rede wat diegene aanvoer wat die opvatting laat posvat het wat reeds lank tevore in hulle kerke en skole in swang is, naamlik dat boetedoening 'n sakrament is. Ek sal nogtans eers kortliks iets sê oor die gebruik daarvan in die kerk van ouds omdat hulle hierdie dekmantel misbruik het om hulle verdigsel te bekragtig.

Hulle het die volgende orde in die openbare boetedoening gehandhaaf, naamlik dat diegene wat die voldoening wat hulle opgelê is, voltooi het, met plegtige handoplegging versoen word. Dit was die teken van kwytskelding waarvolgens die sondaar self tot vertroue in die vergiffenis van sy sondes voor God opgewek is en die kerk tegelyk vermaan is om hom vriendelik in genade te ontvang en die herinnering aan sy oortredinge tot niet te maak. Cyprianus noem dit telkens om vrede te gee.71 Met die oog daarop dat hierdie handeling nog ernstiger sou wees en groter aansien onder die kerkvolk sou geniet, is bepaal dat die gesag van 'n biskop altyd tussenbei moes tree. Hieruit het die besluit van die tweede Konsilie van Karthago ontstaan, naamlik dat dit 'n priester nie geoorloof is om iemand wat in die openbaar boete doen, in die Mis te versoen nie.72 En 'n verdere besluit van die Konsilie van Orange was dat diegene wat tydens boetedoening sterf, sonder die handoplegging van versoening tot die gemeenskap van die kerk toegelaat moet word; as hulle egter weer hulle kragte na die siekte herwin, moet hulle onder die groep van boetedoeners bly, en wanneer die tyd van hulle boetedoening voltooi is, moet hulle van 'n biskop die handoplegging van versoening ontvang.73Die besluit van die derde Konsilie van Karthago lui net so: '''n Priester mag nie aan iemand wat boete doen, sonder die gesag van 'n biskop versoening verleen nie".74

Dit was alles daarop gemik om te voorkom dat die strengheid wat hulle daarin wou handhaaf, deur 'n alte groot toegeeflikheid heeltemal in duie sou stort. Hulle bedoeling was dus dat die biskop daarvan kennis moes neem omdat hywaarskynlik in die ondersoek versigtiger sou wees. Cyprianus leer nogtans iewers dat nie alleen die biskop nie maar selfs die hele geestelikheid die handoplegging kon waarneem. Hy sê trouens: "Hulle doen 'n grondige tyd lank boete; dan kom hulle voor die gemeente en deur handoplegging van die biskop en die geestelikheid ontvang hulle die reg van gemeenskap".75Met verloop van tyd het dit so vervalle geraak dat hulle hierdie seremonie buiten in openbare boetedoening ook in private kwytskeldings gebruik het. Hieruit het die  onderskeid tussen openbare en private versoening by Gratianus ontstaan.76

So ver dit my aangaan, is ek van mening dat die ou onderhouding waarvan Cyprianus vertel, heilig en heilsaam vir die kerk was en ek wens dat dit vandag weer in ere herstel kon word. Hoewel ek nie waag om die onlangser vorm daarvan af te keur, of dit ten minste nie baie heftig wil aanval nie, meen ek nogtans nie dat dit so noodsaaklik is nie. Hoe dit ook al sy, ons sien nogtans dat handoplegging in boetedoening 'n seremonie is wat deur mense en nie deur God nie, ingestel is hoewel ons dit onder die middelmatige en uiterlike oefeninge moet stel. Ons moet dit wel nie verag nie maar dit behoort 'n minder belangrike plek te beklee as die sakramente wat in die Woord van God aan ons opgedra is. 

15. Daar is eweneens nie eenstemmigheid onder pouslike leraars oor die redes waarom boetedoening 'n sakrament genoem word nie🔗

Die Roomsgesindes en die Skolastici wat gewoonlik alles deur 'n verkeerde vertolking bederf, swoeg en sweet om hierin 'n sakrament te vind; en dit moet ons nie verbaas nie omdat hulle 'n knoop in 'n biesiebos soek.77En wanneer hulle hulle bes gedoen het, laat hulle die onderwerp ingewikkeld, twyfelagtig, onseker en vanweë wyduiteenlopende opvattings verward en deurmekaar. Hulle beweer dus dat boetedoening öf 'n uitwendige sakrament is en, as dit so is, dat dit geag moet word as 'n teken van inwendige boetedoening, dit is, 'n teken van verbryseling van die hart wat die werklike inhoud van die sakrament sal wees; öf dat altwee saam tegelyk 'n sakrament is - nie twee sakramente nie, maar een volmaakte sakrament. Hulle beweer dat slegs uiterlike boetedoening 'n sakrament is, en dat die inwendige saak 'n sakrament is. Hulle sê verder dat sondevergiffenis slegs die werklike inhoud is, en nie 'n sakrament nie.78

Diegene wat die beskrywing van 'n sakrament wat ek hierbo gestel het,79onthou, moet hierdie beskrywing wat die pousdom 'n sakrament noem, daaraan toets, en hulle sal bevind dat dit nie 'n uiterlike seremonie is wat deur die Here ingestel is om ons geloof te versterk nie. Maar as hulle my daarvan beskuldig dat my beskrywing geen reël is waaraan hulle noodwendig gehoorsaam moet wees nie, moet hulle na Augustinus luister wat hulle hulle verbeel hulle as heilig beskou. Hy sê: "Die sienlike sakramente is ter wille van vleeslike mense ingestel om deur die trappe van die sakramente van die dinge wat met die oë waargeneem word, opgevoer te word na dinge wat met die verstand begryp kan word".80
Wat van hierdie aard kan hulle self sien, of aan ander mense  toon in dit wat hulle die sakrament van boetedoening noem? Elders sê Augustinus: '''n Sakrament word 'n sakrament genoem omdat daarin iets anders gesien en iets anders verstaan word. Wat daarin gesien word, het 'n liggaamlike gestalte; en wat daarin verstaan word, geestelike vrug".81
Hierdie beskrywings pas geensins op die sakrament van boetedoening soos hulle hulle verbeel nie. Daarin is geen liggaamlike gestalte wat die geestelike vrug weergee nie.

16. Die pousdom sou volgens hulle redenasie ewe goed kon beweer dat die kwytskelding van sondes deur die priester 'n sakrament is🔗

En om nou met hierdie ongediertes in hulle eie arena klaar te speel, as iemand hier na 'n sakrament soek, sou hy dan nie met groter indrukwekkendheid daarop kon aanspraak maak dat die kwytskelding van die priester 'n sakrament is liewer as innerlike of uiterlike boetedoening nie? Dit sou immers voor die handliggend wees om te sê dat dit 'n seremonie is om ons geloof in die vergiffenis van sondes te versterk en dat hulle die belofte van die sleutels het soos hulle dit noem: "Alles wat julle op die aarde bind of losmaak, sal in die hemel losgemaak en gebind wees".82.
Miskien sou iemand hierteen die beswaar opper dat die meeste mense deur die priesters kwytgeskeld word hoewel niks soortgelyks met so 'n kwytskelding met hulle gebeur nie terwyl die sakramente van die nuwe wet volgens hulle leerstelling tot stand moet bring wat dit uitbeeld.

Belaglik! Soos hulle bepaal dat daar in die nagmaal 'n tweevoudige ete is, naamlik 'n sakramentele ete waaraan goeie sowel as slegte mense deel het, en 'n geestelike ete wat slegs vir goeie mense beskore is,83waarom het hulle dan nie die versinsel geskep dat ons ook 'n tweevoudige kwytskelding kan ontvang nie? En tog kon ek tot nou toe nog nie begryp wat hulle met daardie leerstelling bedoel nie. Ons het trouens reeds geleer hoe ver dit van die waarheid van God verwyder is toe ons hierdie redenasie in alle erns behandel het.84Hier wil ek slegs aandui dat hierdie probleem hulle nie behoort te verhinder om die kwytskelding van die priester 'n sakrament te noem nie. Hulle mag trouens deur Augustinus se mond antwoord dat die heiligmaking sonder die sienlike sakrament is en die sienlike sakrament sonder die innerlike heiligmaking.85Net so sê hy dat die sakramente slegs in die uitverkorenes verrig wat hulle uitbeeld.86 Net so ook dat sommiges hulle met Christus beklee slegs tot deelname aan die sakrament, en ander tot heiligmaking; en dat goeie en slegte mense gelyk eersgenoemde doen, maar slegs goeie mense laasgenoemde.87Hulle is in elk geval meer as kinderagtig in 'n beswyming en hulle was blind in die sonlig aangesien hulle met baie probleme gekook het en 'n saak wat so duidelik en in elkeen se pad staan, nie raakgesien het niet.

17. Om al hierdie redes is daar geen regverdiging om boetedoening as 'n sakrament te beskou nie🔗

Om nograns te voorkom dat hulle moed skep, verklaar ek dat, in watter opsig hulle ook al die sakrament stel, (d.i. in boetedoening of in kwytskelding), dit nie met reg as 'n sakrament beskou kan word niet Ten eerste omdat geen besondere belofte van God met die oog op hierdie aspek bestaan nie - en dit is tog die enigste wese van 'n sakrament. Ten tweede, omdat, watter seremonie nou ook al hier aangebied word, dit 'n louter ontwerp van die mens is aangesien seremonies van die sakramente slegs deur God ingestel kan word soos ons reeds beskryf het. Wat hulle derhalwe in verband met die sakrament van boetedoening versin het, was 'n leuen en bedrog. Hierdie valslik versonne sakrament het hulle getooi in 'n loflied wat daarby gepas het en dit 'n tweede plank na die skipbreuk genoem.88As iemand immers die kleed van onskuld wat hy in die doop ontvang het, bederf het deur te sondig, kon hy dit deur boetedoening weer herstel.89

"Maar dit is Hieronymus se woorde".90Wie s'n dit ook al is, dit is duidelik goddeloos en kan nie verontskuldig word as dit in die sin waarin hulle dit verstaan, verklaar word niet Net asof die doop deur die sonde tot niet gemaak word, en dit nie eerder in die herinnering van 'n sondaar opgeroep moet word so dikwels as wat hyaan die vergiffenis van sy sondes dink nie. Hy moet aan sy doop dink om daaruit tot inkeer te kom, moed te skep, en sy geloof te versterk dat hy die vergiffenis van sy sondes wat in die doop aan hom beloof is, sal verkry. Die feit dat Hieronymus hard en onvanpas beweer het dat die doop waarvan diegene wat verdien het om uit die kerk uitgeban te word, afvallig geword het, deur boetedoening herstel word, trek daardie goeie uitleggers deur na hulle goddeloosheid. Jvsou dus uiters paslik praat as jy die doop 'n sakrament van boetedoening noem aangesien die doop aan mense wat oor boetedoening nadink, gegee is as 'n versterking van die genade en 'n seël van vertroue. Maar om te voorkom dat jy sou dink dat dit ons verdigsel is, is dit benewens die feit dat dit met die woorde van die Skrifooreenkom, ook duidelik dat dit in die kerk van ouds algemeen aanvaar is as 'n baie vaste grondwaarheid. In die boekie Oor die geloof aan Petrus wat aan Augustinus toegeskryf word, word die doop 'n sakrament van die geloof en bekering genoem.91En waarom neem ons  ons toevlug tot onseker getuienis? Net asof iets duideliker vereis kan word as wat die evangelieskrywer vertel, naamlik dat Johannes die doop van bekering tot vergiffenis van sondes verkondig het. 92

18. 'n Beskrywing van die sogenaamde laaste salwing of oliesel🔗

Hulle derde versonne sakrament is die laaste salwing93wat slegs deur 'n priester verrig mag word, en dit in 'n mens se laaste oomblikke, soos hulIe praat. Dit moet gedoen word met olie wat deur 'n biskop gewy is en met die volgende formulier: "Deur hierdie heilige salwing en deur sy uiters genadige barmhartigheid, vergeef God jou alles wat jy gesondig het in gesig, gehoor, reuk, aanraking en smaak".94

Hulle verbeel hulle dat hierdie salwing twee funksies het, naamlik die vergiffenis van sondes en 'n verligting van liggaamlike siekte, as dit so tot voordeel strek, of as dit nie die geval is nie, dan met die oog op die saligheid van die siel.95Hulle beweer dat die instelling daarvan deur Jakobus beskryf is. Sy woorde lui: "Is daar iemand siek onder Julie? Laat hy die ouderlinge van die kerk na hom laat bring, en laat hulle oor hom bid en hom met olie salf in die Naam van die Here.96En die gebed van die geloof sal hom van sy swaarkry verlos en hom tot die Here oprig. En as hy gesondig het, sal dit hom vergewe word".97

Die rede vir hierdie salwing is dieselfde as wat ek vroeër aangedui het,98 in die geval van handoplegging geld, naamlik 'n huigelagtige geveins waarmee hulle die apostels sonder rede en sonder vrug wil weergee.
Markus vertel dat die apostels tydens hulle eerste sending volgens die bevel wat hulle van die Here gekry het, dooies opgewek, duiwels uitgedryf, melaatses gereinig, en siekes genees het, en dat hulle vir die versorging van siekes van olie gebruik gemaak het. Hy sê: "Hulle het baie siekes met olie gesalf en hulle is genees".99 Jakobus het dit in die oog gehad toe hy beveel het dat die ouderlinge ontbied moes word om die siek man te salf. Diegene wat opmerk met hoeveel vryheid die Here sowel as sy apostels hulle met sulke uiterlike dinge besig gehou het, sal maki ik kan oordeel dat daar nie 'n dieper geheimenis in sulke seremonies aanwesig is nie. Toe die Here sy gesig aan 'n blinde wou teruggee, het Hyklei uit stof en spoeg gemaak.100Sommiges het hy gesond gemaak deur hulle aan te raak,101 en ander deur sy woord.102So het die apostels sommige siekes slegs met woorde.103sommiges deur aanraking104en ander deur salwing gesond gemaak.105Maar waarskynlik is hierdie salwing soos alle ander dinge nie ligtelik deur hulle toegepas nie. Ek erken dit ook; hulle het dit egter nie gebruik as middel ter genesing nie maar slegs as 'n teken om die onkunde van onervare mense te leer uit watter bron so 'n groot krag gekom het. Dit was natuurlik gemik daarop om te voorkom dat hulle die apostels daarvoor sou prys.

Dit is trouens 'n algemene en gebruiklike stelling van die Skrif om die Heilige Gees en sy gawes olie te noem.106Verder het hierdie gawe van genesing tot 'n einde gekom soos ook ander wonderwerke wat die Here 'n tyd lank wou voortbring om die nuwe verkondiging van die evangelie tot in ewigheid wonderbaarlik te maak. Al sou ons dus besonderlik toegee dat die salwing 'n sakrament van daardie kragte was wat destyds deur die hand van die apostels bedien is, het dit nou niks met ons te doen nie omdat die bediening van hierdie kragte nie aan ons opgedra is nie.

19. Net so min as wat elke teken in die Skrif as 'n sakrament beskou moet word, kan die salwing ook 'n sakrament wees🔗

En om watter belangriker rede maak hulle van hierdie salwing 'n sakrament eerder as van ander tekens wat in die Skrif vir ons weergegee word? Waarom bestem hulle 'n bad van Siloam107nie as 'n sakrament waarin siekes hulle op bepaalde rye kan indompel nie? "Dit sou tevergeefs gebeur," sê hulle. Beslis nie meer tevergeefs as hulle salwing nie. Waarom gaan lê hulle nie op dooies nie want Paulus het 'n dooie jongman opgewek deur op hom te gaan lê.108 Waarom is klei van spoeg en stof nie 'n sakrament nie?
"Maar al die ander was besondere voorbeelde; hierdie een word egter deur Jakobus aan ons opgedra". Maar Jakobus het volgens die tydsgewrig gepraat waarin die kerk nog so 'n seën van God geniet het. Hulle verklaar weliswaar dat hulle salwing tans nog dieselfde krag het,109 maar ons ervaring daarvan is anders. Niemand moet nou verbaas staan oor hoe hulle siele met so 'n groot brutaliteit bespot het nie. Hulle skaam hulle trouens nie om die sintuie van 'n liggaam wat lewe en gevoel het, te wil bedrieg nie. Hulle het immers geweet het dat hulle van die Woord van God, dit is van die lewe en sy lig, beroof is, en dat hulle daarom sonder gevoel en blind is. Hulle maak hulleself dus belaglik wanneer hulle roem dat hulle die gawe van genesing het. Die Here staan die wat aan Hom behoort, beslis te alle tye by, en Hy genees hulle siektes so dikwels dit nodig is nie minder as eertyds nie. Nogtans toon Hy nie sulke openbare kragte nie en Hy lewer ook nie wonderwerke deur die hande van apostels nie omdat dit 'n tydelike gawe was wat ook in 'n sekere opsig deur die ondankbaarheid van die mens verval het.

20. Wanneer die pousgesindes sê dat hulle stinkende olie die Heilige Gees se krag is, beledig hulle Hom🔗

Aangesien die apostels daarom nie sonder rede openlik deur die teken van olie getuig het dat die gawe van genesing wat aan hulle opgedra is, nie hulle eie krag was nie maar die krag van die Heilige Gees, veronreg diegene wat hulle kragtelose olie die krag van die Heilige Gees maak, Hom. Dit is asof iemand sê dat alle olie die krag van die Heilige Gees is omdat olie in die Skrif met die Naam genoem word. Die afleiding kan ook wees dat elke duif die Heilige Gees is omdat Hy in die gestalte van 'n duif verskyn het.110Maar laat hulle dit maar ondersoek. Vir ons is dit vir die huidige voldoende dat ons sekerder as seker opmerk dat hulle salwing nie 'n sakrament is nie omdat dit nie 'n seremonie is wat deur God ingestel is nie en dit ook geen belofte (van God) bevat nie. Want wanneer ons hierdie twee vereistes aan 'n sakrament stel; naamlik dat dit 'n seremonie moet wees wat deur God ingestel is en dat dit 'n belofte van God moet insluit, vereis ons tegelyk dat daardie seremonie aan ons oorgelewer moet wees en dat die belofte ook op ons betrekking moet hê.

Niemand sou immers aanvoer dat die besnydenis 'n sakrament van die Christelike kerk is nie hoewel dit 'n instelling van God is en dit ook 'n belofte het wat daaraan verbind is. Dit is immers nie aan ons opgedra nie en die belofte wat daaraan verbind is, is ook nie onder dieselfde voorwaarde aan ons gegee nie.

Ons het reeds duidelik bewys dat die belofte waarop hulle met soveel heftigheid in hulle salwing roem, nie aan ons gegee is nie, en hulle bewys dit self ook deur hulle ervaring. Die seremonie moes nie gebruik word behalwe deur diegene wat met die gawe van genesing bedeeld was nie, maar beslis nie deur hierdie slagters wat meer vermag deur te slag en dood te maak as deur te genees!

21. 'n Weerlegging van die Roomse opvatting dat hulle bediening van die salwing ooreenstem met dié van die apostel🔗

Al sou hulle dit kon regkry om te bewys dat dit wat ]akobus in verband met die salwing beveel, by die huidige tyd pas, - en hulle is uiters ver daarvan weg -, sou hulle nogtans nie daarmee soveel vordering gemaak het om hulle salwing waarmee hulle ons tot dusver nog besmeer, te bewys nie.]akobus bedoel dat alle siek mense gesalf moet word.111Hulle besmeer nie siek mense nie, maar halfdooie lyke met hulle vet wanneer die siel reeds op die laaste drumpel swoeg, of soos hulle sê, in die laaste oomblikke.112 As hulle kragtige medisyne in hulle sakrament het waarmee hulle die bitterheid van die siekte kan verlig, of ten minste die een of ander traas vir die siel kan bring, is hulle wreed omdat hulle hierdie medisyne nooit betyds toedien nie.

Jakobus wil dat 'n sieke deur die ouderlinge van die kerk gesalf moet word; hulle laat geen salwer toe behalwe 'n offerpriestertjie nie. Dat hulle die woord presbiters by Jakobus as priesters vertolk,113en hulle die onsin kwytraak dat dit in die meervoud gestel is om hulle te eer, is alte ligsinnig. Net asofkerke in daardie tyd 'n swerm offerpriesters gehad het om in 'n lang optog te gaan om die draagbaar114 met heilige olie rond te dra!

WanneerJakobus beveel dat siekes eenvoudig gesalf moet word, dui hy nie vir my 'n ander salwing as met gewone olie aan nie, en dit is ook nie 'n ander soort olie as wat in Markus se weergawe voorkom nie.115Hulle ag die olie nie waardig tensy dit deur 'n biskop geheilig is nie, dit beteken olie wat deur baie asemhaling verwarm is, deur baie gemompel betower, en met ne ge kniebuigings begroet; driemaal word gesê: "Wees gegroet, heilige olie"; en driemaal: "Wees gegroet, heilige salf", driemaal: "Wees gegroet heilige balsem".116Van wie het hulle sulke beswerings gekry? Jakobus sê dat wanneer 'n sieke met olie gesalf, en 'n gebed oor hom gedoen is, as hy gesondig het, sy sondes vergewe sal word.117 Dit beteken natuurlik dat hy verligting van sy straf sal verkry omdat sy skuld hom kwytgeskeld is. Daaronder verstaan hy nie dat sondes deur vet uitgewis word nie, maar dat die gebede van gelowiges waarmee hulle 'n broeder wat geslaan is, aan God opdra, nie tevergeefs sal wees nie. Maar die pousgesindes lieg goddeloos dat sondes deur hulle heilige, dit is afstootlike salwing, vergewe word.118 Kyk net hoe mooi hullevordering sal maak as hulle toegelaatword omJakobus se getuienis na willekeur breedvoerig te misbruik!

Maar om nie langer moeite te doen om dit te bewys nie, vrywaar hulle geskiedenisse ons ook van hierdie probleem. Hulle vertel trouens dat pous Innocentius wat in Augustinus se tyd aan die hoof van die Roomse kerk gestaan het, bepaal het dat nie alleen ouderlinge nie, maar ook alle Christene olie moes gebruik om hulleself of hulle mense te salf indien nodig. Die skrywer hiervan is Sigbertus in sy Kroniek119

22. Die Roomse aanprysing van hulle kerklike ordes is afstootlik🔗

Die sakrament van die ordes120 beklee in hulle lys die vierde plek, maar dit is so vrugbaar dat dit sewe klein sakramentjies voortbring! Dit is inderdaad baie belaglik dat hulle dertien sakramente opnoem wanneer hulle die sakramente wil opsom, hoewel hulle verklaar dat daar sewe is. Hulle kan hulleself inderdaad nie verontskuldig dat dit net een sakrament is nie omdat hulle almal saam op een priesterskap sien en as 't ware trappe is om daar uit te kom. Terwyl dit immers bekend is datdie ordes verskillende seremonies het en hulle ook sê dat die ordes verskillende gawes het, sou niemand kon twyfel dat dit sewe sakramente genome moet word as hulle besluite aanvaar word nie. En waarom in 'n geskil daaroor betrokke raak asof dit 'n twyfelagtige onderwerp is omdat hulle self openlik en duidelik verklaar dat daar wel sewe sakramente is?

Ten eerste salons terloops aanroer hoeveel en watter dwase ongerymdhede hulle teen ons aanvoer wanneer hulle hulle ordes as sakramente by ons wil aanprys. Ten tweede salons ondersoek of die seremonie wat kerke in die bevestiging van hulle bedienaars gebruik, hoegenaamd 'n sakrament genoem kan word.

Hulle maak dus sewe ordes of kerklike trappe wat hulle met die titel sakrament teken. Die ordes is naamlik deurwagters, voorlesers, besuieerders, altaaratenaars. onderdiaeens. diakens en priesters.121 En hulle beweer dat daar sewe ordes is vanweë die sewevormige genade van die Heilige Gees waarmee diegene begaafd moet wees wat tot hierdie ordes bevorder word.122Hierdie gawes word vir hulle vermeerder en rykliker in hulle vordering aan hulle geskenk. Maar nou is juis die getal sewe op grond van 'n verkeerde vertolking van die Skrif vir hulle heilig. Hulle indruk is dat hulle by Jesaja gelees het dat die Heilige Gees sewe kragte het hoewel in der waarheid slegs ses deur Jesaja weergegee word.123en die profeet ook nie die bedoeling gehad het om al die kragte van die Heilige Gees daar in te sluit nie. Hy word trouens elders die Gees van die lewe, 124van heiligmaking, en die Gees van aanneming tot kinders 125 genoem. En by Jesaja staan Hy bekend as die Gees van toysbeid, van verstand, van raad, van sterkte, van uietenskap, en van vrees van die Here.

Sommige skerpsinniger skrywers maak nie sewe ordes126nie, maar nege127in ooreenstemming met, soos hulle sê, die triomferende kerk.
En onder hulle is daar ook konflik omdat party die opvatting huldig dat die klerikale tonsuur die belangrikste van al die ordes is en die biskopamp die laagste. Party sluit die tonsuur uit en tel die amp van die aartsbiskop by die ordes. Isidorus maak 'n ander onderskeid want hy maak verskil tussen psalmiste en voorlesers wanneer hy die psalmist oor die kerksang aanstel en die voorlesers om die Skrifte te lees om die kerkvolk te onderrig.128En hierdie onderskeid word ook in hulle kanons gehandhaaf.

Wat wil hulle hê moet ons in so 'n groot verskeidenheid volg of vermy? Moet ons sê dat daar wel sewe ordes is? So leer die Meester129ons maar die verligste leraars besluit anders. Aan die ander kant verskil die leraars self van mekaar. Daarbenewens roep hulle kanons ons in 'n ander rigting.130So stem mense natuurlik met mekaar ooreen wanneer hulle sonder God se Woord oor Goddelike sake redeneer!

23. Die toppunt van Roomse verwaandheid is dat hulle Christus by hulle ordes insluit🔗

Maar dit gaan alle dwaasheid te bowe dat hulle Christus in elkeen van die ordes afsonderlik hulle kollega maak! "Hy het", sê hulie, "ten eerste die taak van deurwagter verrig toe Hy die kopers en verkopers met 'n sweep wat Hy van biesies gemaak het, uit die tempel uitgedryf het.131Hy gee ook te kenne dat Hy 'n deurwagter is wanneer Hy sê: 'Ek is die deur'.132Hy het die taak van voorleser verrig toe Hy in die tempel uit Jesaja voorgelees het. 133Verder het hy die werk van besweerder gedoen toe Hy die stomme en dowe se tong en ore met spuug aangeraak en sy gehoor aan hom teruggegee het. 134Hy het getuig dat hy 'n altaardienaar was toe Hy gesê het: 'Wie My volg, sal nie in die duisternis wandel nie'.135Hy het die werk van 'n onderdiaken verrig toe Hy met 'n linnekleed omgord die voete van die dissipels gewas het.136Hy het die taak van 'n diaken op Hom geneem toe Hy sy liggaam en sy bloed in die nagmaal uitgedeel het.137 Hy het die rol van 'n priester gevul toe Hy Hom aan die kruis as offer vir die Vader gebring het138

Al hierdie dinge kan nie sonder om daaroor te lag aangehoor word nie - in so 'n mate dat ek verbaas is dat dit sonder om daaroor te lag neergeskryf is, as dit dan mense was wat dit geskryf het! Maar die spitsvondigheid waarmee hulle oor die woord akulothos (altaardienaar) redeneer, is besonderlik opvallend. Hulle noem hom 'n kersdraer, 139wat na my mening 'n towerwoord is en beslis ongehoord in alle tale en onder alle volke aangesien die woord akoluthos in Grieks eenvoudig 'n dienaar (of lakei) beteken. As ek egter aanhou om hierdie redenasies in alle erns te weerlê, sal ek ook met reg bespot word omdat hulle so ligsirmig en belaglik is.

24. Die meeste van hierdie sogenaamde ordes is in elk geval geen kerklike amp volgens die Skrif nie🔗

Om egter te voorkom dat hulle nog vroutjies met hulle bedrog mislei, moet ek hulle ligsinnigheid terloops behandel. Hulle maak met uitsonderlike praal en statigheid van die mense voorlesers, psalmiste, deurwagte en altaardienaars om die take te verrig waaroor hulle kinders, of in elk gevalleke, soos hulle hulle noem, aanstel. Want wie steek veral die kerse aan die brand; wie gooi die wyn en die water uit 'n kruikie anders as 'n kind of die een of ander slordige mens uit die leke wat daaruit 'n lewe maak? Is dit nie dieselfde kinders wat sing nie? Is dit nie dieselfde kinders wat die deure sluit en oopmaak nie? Wie het trouens al ooit in hulle tempels 'n altaardienaar of 'n deurwag gesien wat sy werk doen? Ja, wanneer 'n kind die werk van 'n altaardienaar verrig het, hou hy op om te wees wat hy genoem word wanneer hy in die orde van die altaardienaars opgeneem word sodat dit Iyk asof hulle doelbewus die taak self wil verwerp wanneer hulle die titel bekom. Kyk net waarom hulle vir die sakramente geheilig word en noodwendig die Heilige Gees ontvang, naamlik om niks te doen nie!

As hulle die voorwendsel voorhou dat die verwrongenheld van ons tyd die oorsaak is dat hulle hulle ampsdiens verlaat en verwaarloos.140moet hulle noodwendig erken dat hulle heilige ordes wat hulle so wonderlik verkondig, geen gebruik in die kerk het nie en geen vrug dra nie en dat hulle hele kerk vol vervloeking is. Hierdie kerk laat trouens toe dat die kerse en die kruike deur kinders en onheilige mense hanteer word en niemand is waardig om daaraan te raak nie behalwe diegene wat as altaardienaars gewy is! Hulle dra die gesange ook oor na kinders terwyl dit nie anders as uit 'n gewyde mond gehoor moes word nie.

Maar met watter doel wy hulle nou eintlik besweerders? Ek verneem dat die jode wel besweerders gehad het maar ek sien dat hulle na aanleiding van die beswerings wat hulle beoefen het, so genoem is.141Wie het al ooit gehoor dat van hierdie leuenagtige besweerders gesê word dat hulle een enkele voorbeeld van hulle nering gelewer het? Die versinsel word geskep dat hulle die mag verleen is om waansinniges, ongelcwtges en duiwelbesetenes die hande op te lê142maar hulle kan die duiwels nie oortuig dat hulle so 'n mag het nie, nie alleen omdat die duiwels nie voor hulle swig nie, maar ook omdat die duiwels oor hulle heers! Jy sou immers beswaarlik een uit elke tien vind wat nie deur 'n bose gees gedryf word nie. Alles wat hulle van hulle klein ordetjies babbel, is derhalwe saamgeflans uit onverstandige dwase leuens.

Ons het reeds elders oor die altaardienaars, die deurwagte en voorlesers van ouds gepraat toe ons die kerklike orde verduidelik het.143 Ons doel hier is slegs om ons te verset teen die nuwigheid en uitvinding van sewevoudige sakramente in hulle kerklike ordes. Hiervan word daar nêrens anders as by daardie dwase boewe, die aanhangers van die Sorbonne en die Kanoniste, iets gelees nie.

25. Die seremonies wat in die Roomse kerk gebruik is ter bevestiging van hulIe kerklike ordes🔗

Maar laat ons nou die seremonies wat hulle gebruik, ondersoek. Ten eerste wy hulle almal wat hulle vir hulle diensplig werf, met 'n algemene teken in die geestelike orde in. Hulle skeer immers hulle hare op die kruin van hulle koppe af om daarmee soosmet 'n kroon hulle koninklike waardigheid aan te dui omdat die geestelikes konings moet wees om oor hulleself en oor ander te regeer!144 Petrus sê immers van hulle: "Iulle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n verkrygde volk".145Maar dit was heiligskennis om iets wat aan die hele kerk verleen is, slegs vir hulle toe te eien en hooghartig te roem op 'n titel wat hulle van die gelowiges gesteel het! Petrus praat met die hele kerk. Hulle verdraai sywoorde om 'n paar geskeerde mense te pas asof aan hulle alleen gesë is: "Wees heilig";146asof hulle alleen deur die bloed van Christus verkry is;147 asof hulle alleen deur Christus vir God 'n koninkryk en priesterdom gemaak is!148

Daarna skryf hulle ook ander redes daaraan toe, naamlik dat die kruin van hulle koppe kaal geskeer word om hulle gedagtes ongehinderd vir die Here te wys en sodat hulle gedagtes kaalkop God se heerlikheid kan oordink.149 of dat hulle daardeur geleer kan word dat hulle die gebreke van hulle mond en oë moet besnoei; of dat die afskeer van hulle hare daarop dui dat hulle die tydelike dinge laat vaar150en dat die ring hare wat rondom hulle koppe bly, die oorblyfsels van die goed aandui wat behou word om hulle te onderhou. Allesword weergegee in beelde – natuurlik omdat die voorhangsel van die tempel nog nie geskeur is nie!151
Wanneer hulle hulle oortuig het dat hulle hulle pragtig van hulle taak gekwyt het omdat hulle sulke pligte deur hulle kroon uitgebeeld het, doen hulle in werklikheid niks meer nie.

Hoe lank sal hulle nog met sulke leuens en bedrog die spot met ons dryf? Die geestelikes dui met enkele hare wat hulle afgeskeer het, aan dat hulle die oorvloed van die tydelike dinge verwerp het, dat hulle die heerlikheid van God oorpeins, dat hulle die begeerte van hulle ore en oë afgesterf het, maar daar is nie 'n groep mense wat gieriger, onnoseler en wellustiger is as hulle niet Waarom toon hulle nie waarlik heiligheid nie eerder as om met valse en leuenagtige tekens 'n beeld daarvan voor te gee?

26. Die Roomse redenasie dat hulle tonsuur oorgeneem is van die Nasareners, Priscilla, Aquila en Paulus is onsin🔗

Wanneer hulle verder beweer dat hulle geestelike kroon uit die Nasareners ontstaan het152en dat dit die rede daarvoor is, wat bring hulle anders aan die lig as dat hulle geheime uitjoodse seremonies ontstaan het, of liewer, dat dit louter Jodendom is? Met hulle byvoeging dat Priscilla, Aquila en Paulus 'n gelofte afgelê het en hulle koppe laat skeer het om gereinig te word.153.bring hulle hulle onkunde aan die lig. Ons lees nêrens so iets van Priscilla nie, en selfs oor Aquila is daar onsekerheid want die afskeer van die hare kan net so wel na Paulus as na Aquilla verwys.

Maar om nie vir hulle te laat wat hulle vra nie, naamlik dat hulle die voorbeeld van Paulus gekry het, moet eenvoudiger mense daarop agslaan dat Paulus nooit sy kop laat skeer het met die oog op die een of ander heiligmaking nie, maar om slegs sy medebroeders se swakheid te dien.
Ek noem sulke geloftes gewoonlik geloftes van liefde en nie van godvresendheid nie. Dit beteken dat dit nie afgelê is met die oog op die een of ander diens aan God nie maar om die onverstandigheid van swakkes te te verdra, soos wanneer hy byvoorbeeld sê dat hy vir die Jode 'n jood geword het,154ensovoorts. Hy het dit dus gedoen, en weliswaar net eenmaal, en dit vir 'n kort tydjie, om hom so lank by die jode aan te pas. Wanneer hulle die reinigingsoffers van die Nasareners sonder enige voordeel wil naboots.155 wat doen hulle anders as om 'n tweede Jodedom tot stand te bring terwyl hulle verkeerdelik trag om die mense van ouds na te boots?

Daardie bekende dekretale brief is met dieselfde eerbied saamgestel.
Dit verbied geestelikes volgens die apostel om lang hare te dra, maar gebied hulle om hulle koppe soos 'n bal te skeer.156 Net asof die apostel hom bekommer het oor die bolvormige haarkapsel van die geestelikes toe hy geleer het wat vir alle mans betaamlik is.157Na aanleiding hiervan moet my lesers nadink hoedanig die krag en aansien is van die ander verborgenhede wat hierna volg aangesien die aanloop daarheen sodanig is!

27. 'n Bespreking van die werklike ontstaan en ontwikkeling van die tonsuur🔗

Uit Augustinus alleen blyk duidelik genoeg waaruit die tonsuur van die geestelikes ontstaan het. Aangesien slegs verwyfde mans in sy tyd lang hare gedra het, en hulle glans en elegansie nagejaag het wat nie manlike genoeg was nie, het dit gelyk asof dit nie as 'n goeie voorbeeld sou dien as dit geestelikes toegelaat sou word nie. Geestelikes is dus beveel om öf hulle koppe te skeer, of te krap om te voorkom dat hulle die indruk van 'n verwyfde kultus sou verwek. Kort hare was egter so algemeen dat sommige monikke hulle hare los laat hang het om hulle heiligheid met 'n opvallende en van ander mense verskillende drag te toon.158Toe die mode daarna weer na lang hare teruggekeer het en sekere volke by die Christendom gekom het wat altyd lang hare gehad het, soos die Franse, die Duitsers en die Engelse, is dit waarskynlik dat geestelikes oral hulle koppe geskeer het om te voorkom dat dit sou lyk asof hulle versiering van hulle hare voorstaan.

Toe die tyd uiteindelik meer bedorwe geraak het, en al die ou instellings omgekeer is of in bygeloof ontaard het, en omdat hulle geen rede vir die geestelikes se skeer van hulle hare kon sien nie - hulle het trouens niks daarvan geweet nie hoewel hulle dit dwaas nagevolg het -, het hulle hulle toevlug tot hierdie verborgenheid geneem wat hulle nou bygelowig aan ons opdring ter aanvaarding van hulle sakrament.

Deurwagters ontvang by hulle inwyding die sleutels van die kerk sodat hulle kan besef dat die bewaking van die kerk aan hulle opgedra is.159
Voorlesers ontvang heilige Bybels. 160 Die besweerders kry die formules van beswering wat hulle oor waansinniges en ongelowiges gebrutk.161.
Altaardienaars ontvang kerse en kruikies.162Kyk, dit is nou die seremonies wat, as dit God behaag, soveel verborge krag bevat dat hulle nie alleen tekens en borge van die onsienlike genade kan wees nie, maar ook die oorsake daarvan! Dit is trouens die vereiste wat hulle volgens hulle beskrywing stel wanneer hulle dit onder die sakramente gereken wil hê. 163 Maar om dit met 'n paar woorde afte handel, sê ek dat dit dwaas is dat hulle in hulle skole en kanons van hierdie onbelangriker ordes sakramente maak. Selfs volgens die erkenning van diegene wat dit leer,  was dit immers onbekend aan die eerste kerk en is dit eers baie jare later uttgedink.164Sakramente behoort trouens nog deur engeie, nog deur mense ingestel te word maar slegs deur God aangesien hulle 'n belofte van God bevat en dit sy reg alleen is om so 'n belofte te gee.

28. Die Roomse priesterordes🔗

Nou bly daar drie ordes oor wat hulle meerdere ordes noem. Hiervan is die onderdiaken, soos hulle beweer, na die getal hiervan oorgedra sedert die tyd waarop 'n menigte van die mindere ordes begin kop uitsteek het. Omdat dit egter vir hulle lyk asof hulle vir hierdie ordes getuienis van God se Woord het, noem hulle dit ter wille van die eer heilige ordes. 165Maar ons moet sien hoe skeef hulle die instellings van die Here as dekmantel daarvoor misbruik. Ons sal begin met die orde van die presbiter of priester. Met hierdie twee benamings dui hulle trouens een saak aan en hulle noem diegene so wie se plig dit is om, soos hulle sê, die offer van die liggaam en die bloed van Christus op die altaar te verrig, gebede te doen en die gawes van God te seën.166Gevolglik ontvang hulle by hulle inhuldiging 'n skottel met offers as 'n teken dat die bevoegdheid om soenoffers aan God te bring, aan hulle verleen is.167Hulle hande word ook gesalf as 'n teken dat die mag om te heilig aan hulle gegee is.168

Oor die seremonies sal ek later praat.169Ek praat nou net oor die saak self. Hulle voorwendsel het nie een enkele lettertjie uit die Woord van God nie - in sa 'n mate dat hulle die orde wat deur God ingestel is, nie met groter onregmatigheid kan vervals nie. Ten eerste behoort dit 'n uitgemaakte saak te wees, soos ons reeds in ons behandeling van die pouslike Mis aangevoer het,170dat almal Christus veronreg wat hulleself priesters noem om offers van versoening te bring. Hy is deur die Vader met 'n eed as priester bestem en geheilig volgens die orde van Melgisedek, sonder einde en sonder opvolger.171Hy het eenmaal 'n soenoffer en offer van ewige versoening gebring. nou het Hy die heiligdom van die hemel betree en Hy tree vir ons in. In Hom is ons almal priesters.172 maar met die oog op lof en danksegging, en kortom, met die oog daarop om onsself en alles wat aan ons behoort, aan God te bring. Dit was uniek aan Hom alleen dat Hy deur sy offer God versoen en die sondes uitgewis het. Wanneer hulle dit vir hulleself toe-eien, wat bly daar anders oor as dat hulle priesterskap goddeloos en heiligskennig is?

Hulle is beslis uitermatig goddeloos wanneer hulle waag om dit met die titel sakrament te beskryf.

So ver dit die ware amp van presbiter aangaan, beskou ek dit wat deur Christus se mond by ons aanbeveel is, met graagte as 'n sakrament. Dit het trouens ten eerste 'n seremonie wat aan die Skrif ontleen is, en ten tweede getuig Paulus dat dit nie sinloos en oorbodig is nie, maar 'n betroubare teken van die geestelike genade.173Dat ek dit nie as 'n derde sakrament onder die ander twee gestel het nie, is daaraan te wyte dat dit nie 'n gewone en gemeenskaplike sakramentonder alle gelowiges is nie, maar gerig is op die verrigting van 'n besondere seremonie. Maar wanneer hierdie eer aan 'n Christelike dienaar verleen word, is daar geen rede waarom die pousgesinde priesters daarom hooghartig hoef te wees nie. Christus het trouens beveel dat hulle as uitdelers van sy evangelie en sy verborgenhede bestem is, maar nie dat hulle as offeraars ingehuldig moet word nie. Hy het hulle beveel om die evangelie te verkondig en sy kudde te laat wei,174en nie dat hulle offers moet bring nie. Hy het hulle die genade van die Heilige Gees beloof, nie om versoening vir ons sondes te doen nie, maar om die regering van die kerk na behore waar te neem en te onderhou. 175

29. Die seremonie wat die Roomse kerk gebruik, naamlik om by hulle inwyding op die priesters te blaas, het geen grond in Christus se optrede nie🔗

Hulle seremonies stem uiters goed met die saak ooreen. Toe ons Here die apostels beveel het om die evangelie te verkondig, het Hy op hulle geblaas.176Met hierdie teken het Hy die krag van die Heilige Gees wat Hy aan hulle geskenk het, weergegee. Hierdie goeie mense het hierdie blasing be hou en asof hulle die Heilige Gees uit hulle kele kon uitblaas, mompel hulle die volgende woorde oor diegene wat hulle as offerpriesters aanstel: "Ontvang die Heilige Gees".177So laat hulle niks verbygaan sonder om dit verkeerdelik na te boots nie. Nou praat ek nie van die gewoonte van toneelspelers wat hulle gebare nie sonder kunstigheid en betekenis doen nie, maar soos ape wat alles losbandig en sonder onderskeid naboots.
"Ons behou die voorbeeld van die Here," sê hulle. Maar die Here het baie dinge gedoen wat Hy nie as voorbeelde vir ons wou stel nie. Die Here het vir die dissipels gesê: "Ontvang die Heilige Gees".178Vir Lasarus het Hy ook gesë: "Lasarus, kom uit".179Vir die verlamde man het Hy gesê: "Staan op en loop".180

Waarom sê hulle dit nie ook vir al die dooie en gebreklike mense nie? Hy het 'n voorbeeld van sy Goddelike krag gegee toe Hy die apostels met die genade van die Heilige Gees vervul het deur op hulle te blaas. As hulle poog om dieselfde resultaat te bereik, is hulle naywerig op God en hulle daag Hom byna tot die stryd uit. Maar hulle is uiters ver weg daarvan om dit te bereik en met hulle dwaas gebaar doen hulle niks anders as om met Christus die spot te dryf nie. Hulle is weliswaar so verwaand dat hulle waag om te verklaar dat die Heilige Gees deur hulle verleen word. Ons ervaring leer ons egter hoe waar dit is omdat dit uitskreeu dat hulle in die geval van almal wat hulle as priesters wy, van perde esels maak en van onnosel mense malIes.

Ek bestry hulle nograns nie hier nie. Ek veroordeel slegs die seremonie self wat hulle nie as voorbeeld behoort te gebruik nie aangesien dit weliswaar as 'n sonderlinge teken van 'n wonderwerk deur Christus gebruik is. Verre sy dit daarvan dat hulle verontskuldiging dat hulle Christus naboots hulle saak verdedig!

30. Redes uir die Roomse salwing is ewe onaanvaarbaar🔗

Maar waarvandaan het hulle nou eintlik hulle salwing gekry? Hulle antwoord dat hulle dit van die kinders van Aaron gekry het van wie hulle orde ook sy oorsprong het. 181 Hulle verkies dus liewer om hulle altyd met verwronge voorbeelde te verdedig as om te erken dat dit wat hulle so ondeurdag gebruik, deur hulleself uitgedink is. Intussen merk hulle egter nie op dat hulle Christus se priesterskap veronreg wanneer hulle hulleself as opvolgers van Aaron se kinders voorhou nie omdat die een priesterskap van Christus deur al die priesterskappe van ouds afgeskadu en uitgebeeld is. Al hierdie priesterskappe is dus in die priesterskap van Christus ingesluit, daarin vervul en beëindig soos nou reeds telkemale deur ons herhaal is, en soos die brief aan die Hebreërs sonder die hulp van kantaantekeninge getuig.

Maar as die Mosaïese seremonies hulle soveel piesier verskaf, waarom gryp hulle nie beeste, kalwers en lammers as offers nie? Hulle het weliswaar 'n groot deel van die tabernakel van ouds en die hele Joodse  godsdiens! In hulle godsdiens is daar nogtans die gebrek dat hulle nie kalwers en beeste offer nie. Wie kan nie sien dat hierdie handhawing van die salwing baie verderfliker is as die besnydenis nie -veral wanneer bygeloof en 'n fariseïese opvatting in verband met die waarde van  (goeie) werke daar bykom? Dle jode het hulle vertroue op regverdiging in die besnydenis gestel. Hierdie mense stel die geestelike gawes in hulle salwing! Terwyl hulle dus daarna streef om navolgers van die Leviete te wees, word hulle afvallig van Christus en doen hulle afstand van hulle amp as herders.

31. Die gebruik van olie om hulle priesters te salf is eweneens onsin🔗

Dit is (volgens hulle), as dit God behaag, heilige olie wat 'n onuitwisbare stempel (op hulle priesters) afdruk.182Net asof hierdie olie nie met stof en sout afgewas kan word, of as dit vaster aan hulle kleef, met seep nie! "Maar daardie stempel is geestelik". Wat het olie dan met die siel te doen? Of het hulle vergeet wat hulle uit Augustinus se werk geskreeu het, naamlik as die Woord van die water weggeneem word, sal daar niks anders as water wees nie, dit ontleen dit egter aan die Woord dat dit 'n sakrament is.183Watter woord sal hulle in hulle olie aandui? Of is dit die woord waarvolgens Moses gebied is'om die kinders van Aaron te salf184Maar daar word ook aan hom bevele gegee oor die rok, die efod, die hoed en die kroon van heiligheid waarmee Aäron versier moes word en die rokke, die gordels en musse waarmee sy seuns geklee moes word.

Daar word ook bevele gegee oor die slag van 'n kalf, oor die verbranding van sy vet, oor die aan stukke kap en verbranding van ramme, oor die heiliging van die oorbedekkings en klere van die priesters met die bloed van 'n ander ram,185 en ontelbare ander onderhoudings. Aangesien hulle dit alles agterweë laat, is ek verbaas dat slegs die salwing met olie alleen hulle geval. Maar as dit vir hulle lekker is om besprinkel te word, waarom word hulle met olie en nie liewer met bloed besprinkel nie?

Natuurlik probeer hulle iets vernuftig, naamlik om uit die Christendom, die jodedom en die heidendom een godsdiens saam te flans asof dit uit honderd lappies aanmekaar gewerk is! Hulle salwing stink dus omdat dit nie sout, dit is die Woord van God, het nie.

Nou bly daar nog die handoplegging oor; en hoewel ek toegee dat dit in ware en wettige bevestigings 'n sakrament is, ontken ek dat dit 'n plek het in hierdie fabel wanneer hulle Christus se bevel nie gehoorsaam nie, en hulle ook nie die doel in aanmerking neem waarheen die belofte ons behoort te lei nie. As hulle nie wil hê dat die teken hulle geweier moet word nie, moet hulle dit aanpas by die saak waaraan dit gewy is.

32. Ook in die geval van die diakenamp het die Roomse kerk geen Skriftuurlike grond vir hulle inhuldigingseremonies nie🔗

Ek sou ook geen stryd oor die orde van die diakenamp gevoer het as hierdie amp maar net in die ongeskonde toestand herstel word wat dit onder die apostels en in 'n suiwerder kerk gehad het nie. 186 Watter ooreenkoms het die diakens wat hulle maak, trouens met die diakens van daardie tyd? Ek praat nou nie van die mense nie -om te voorkom dat hulle sou kla dat dit 'n onbillike beoordeling van hulle leer is as dit na aanleiding van mense se gebreke gedoen word -, maar ek voer aan dat hulle onvanpas getuienis vir die diakens wat hulle volgens hulle leer aan ons oordra, uit die voorbeeld van die diakens put wat die apostoliese kerk as diakens ingestel het. Hulle sê dat dit hulle diakens se plig is om die priesters te help, om diens te lewer in alles wat in die sakramente gedoen word, naamlik in die doop, in die salwing, in die skottel, in die beker; om die offers te bring en op die altaar te plaas, om die tafel van die Here voor te berei en te dek; die kruis te dra en die evangelie en die brief aan die volk voor te dra en te sing.187 Maar is hierin een enkele woord oor die ware diens van die diakens?

Maar laat ons nou na hulle inhuldiging luister. Slegs 'n biskop lê 'n diaken wat ingewyword, hande Op.188 Hy plaas 'n doek en serp oor sy Iinkerskouer sodat hy kan begryp dat hy 'n Iigte juk van die Here ontvang het sodat hy daardeur alles wat op sy linkerkant betrekking het, aan die vrees vir God kan onderwerp. Hy gee die teks van die evangelie aan hom om te erken dat hy 'n verkondiger daarvan iS. 189Maar wat het dit alles met diakens te doen? Hulle tree op asof iemand sou sê dat hulle apostels inwy terwyl hulle pligte slegs behels dat hulle die wierook aan die brand moet steek, die beelde moet blink vryf, die kerk moet vee, muise vang en honde wegjaag. Wie sou kon duld dat sulke mense apostels genome word en dat hulle met die apostels van Christus vergelyk word? Hulle moet derhalwe nie hierna die leuen vertel dat hulle diakens is nie terwyl hulle hulle inwy vir niks anders as hulle toneelspel niet Ja, selfs met hulle benaming verklaar hulle genoeg wat die aard van die diakenamp is. Hulle noem hulle immers Leviete en hulle wil dat die rede en ontstaan van hulle amp van die kinders van Levi afgelei moet word.190Ek sou dit weliswaar kon toegee mits hulle hulle voortaan nie meer met vreemde vere beklee nie!

33. Dieselfde geld onderdiakens; omdat die Heilige Gees nêrens hierin  voorkom nie, is die Roomse inhuldigingseremonies nie sakramente nie🔗

Van watter belang is dit om oor die onderdiakens te praat? Hoewel hulle taak eertyds in werklikheid die versorging van die armes behels het, ken hulle nou die een of ander onbenullige funksie aan hulle toe, naamlik om die beker en die skottel, die kruikie met water en die tafelkleed na die altaar te bring, die water uit te giet om hulle hande te was, ensovoorts.191Wat hulle in verband met die ontvangs en inbring van die offers sê, verstaan hulle as offergawes wat hulle self moet verorber asof dit as vloekoffers bestem is. Die inhuldigingseremonie (van die onderdiakens) stem uiters goed met hierdie diens ooreen aangesien hulle die skottel en die beker van 'n biskop, en die kruikie met die water, asook die tafelkleed en dergelike rommel van 'n aartsdiaken ontvang.192Hulle versoek is dat ons moet erken dat die Heilige Gees in hierdie onsinnighede ingesluit is. Watter godvrugtige mens kan hulle dit toegee?

Maar om nou vir eens en altyd hieraan 'n einde te maak: ons kan hieroor tot dieselfde slotsom as oor al die ander kom, en 'n langdradige herhaling van wat tevore verduidelik is,193 is nie nodig nie. Dit sal vir beskeie en leergierige mense wat ek onderneem het om te onderrig, voldoende kan wees dat daar geen sakrament van God bestaan tensy bewys kan word dat die seremonie aan 'n belofte verbind is nie, of liewer, tensy daar beslis 'n belofte in die seremonie gesien kan word.

Hier kom nie eens 'n lettergreep van 'n bepaalde belofte voor nie, ons sou dus tevergeefs daarin soek na 'n seremonie om die belofte te bekragtig. Aan die ander kant lees ons nie dat enige van die seremonies wat hulle gebruik, deur God ingestel is nie. Gevolglik kan dit ook geen sakrament wees nie.

34. 'n Weerlegging van die redenasies wat aangevoer word om te bewys dat die huwelik 'n sakrament is🔗

Die Iaaste sakrament is die huwelik.194Hoewel almal erken dat dit deur God ingestel is,195het niemand tot in die tyd van Gregorius gesien dat dit as 'n sakrament gegee is nie.196En watter nugter mens sou dit ooit kon dink? Die huwelik is 'n goeie en heilige instelling van God. Die landbou, die boukuns, skoenmakery en barbierswerk is wettige instellings van God, maar nogtans nie sakramente nier In 'n sakrament word trouens nie alleen vereis dat dit God se werk moet wees nie, maar ook dat daar 'n uiterlike seremonie moet wees wat deur God daargestel is om 'n belofte te bekragtig. Ook kinders sal oordeel dat daar niks van die aard in die huwelik voorkom nie.

"Maar", sê hulie, "dit is 'n teken van 'n heilige saak, dit is van die geestelike verbintenis van Christus met sy kerk."197As hulle onder die woord teken 'n simbool verstaan wat deur God in die huwelik vir ons daargestel is om die sekerheid van ons geloof aan te wakker, dwaal hulle ver van die doel van die huwelik af weg. As hulle iets doodeenvoudig as 'n teken opneem wat as 'n vergelyking aangevoer is, sal ek aandui hoe spitsvondig hulle redeneer. Paulus sê: "Soos een ster in helderheid van 'n ander ster verskil, sa sal dit ook wees in die opstanding van die dooies".198Kyk, hier is een sakrament! Christus sê: "Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaad".199Hier is 'n tweede sakrament! En dan weer: "Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg".200Kyk, dit is 'n derde sakrament! Jesaja së. "Kyk, die Here sal sy kudde soos 'n herder laat wei".201Dit is 'n vierde sakrament! Elders së hy: "Die Here sal soos 'n reus optrek".202 Dit is 'n vyfde sakrament. Watter maat en perk is daar nou eintlik hieraan?

Volgens hierdie redenasie sal daar niks wees wat nie 'n sakrament is nie.
Soveel gelykenisse en vergelykings as wat in die Skrif voorkom, soveel sakramente sal daar wees! Ja, selfs diefstal sal 'n sakrament wees want daar is geskryf: "Die dag van die Here sal kom soos 'n dief'.203Wie sou daardie Sofiste wat so onverstandig babbel, kon duld? Ek erken wel dat, so dikwels ons 'n wynstok sien, dit uiters goed is om te onthou wat Christus gesë het, naamlik: "Ek is die wynstok, en julle die late; my Vader is die Landbouer''204 Ek erken dat dit goed is om, sa dikwels as wat 'n herder met sy kudde ons teenkom, Christus se woorde te onthou : "Ek is die goeie Herder; my skape luister na my stem".205 As iemand sulke vergelykings inderdaad as sakramente sou reken, moet hy na 'n gestig gestuur word!206

35. 'n Weerlegging van die Rooomse redenaste dat sekere Skrifverwysings aandui dat die huwelik wel 'n sakrament is🔗

Hulle dring nogtans Paulus se woorde aan ons op waarvolgens hulle beweer dat die benaming sakrament aan die huwelik toegskryf word. "Wie sy vrou liefhet, het homself lief. Niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit netsoos Christus die kerk want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom sal die mens sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees. Hierdie sakrament is groot, maar ek së dit met die oog op Christus en die kerk".207

Maar om so met die Skrif te handel, beteken om hemel en aarde deurmekaar te maak. Met die oog daarop om vir mans aan te dui met watter sonderlinge liefde hulle hulle vrouens behoort te omhels, hou Paulus Christus as 'n voorbeeld aan hulle voor. Soos Hy immers die innerlike van sy vroomheid vir die kerk uitgestort het, so wil Hy hê dat elkeen gesind moet wees teenoor sy eie vrou. Daarop volg daar: "Wie sy vrou liefhet, het homself lief soos Christus die kerk liefgehad hef'.208
Om verder te leer hoe lief Christus die kerk soos Homself liefgehad het, ja, hoe Hy die kerk, sy bruid, een met Hom gemaak het, dra hy dit wat Moses vertel dat Adam gesê het, op Hom oor. Want toe Eva, wat hy geweet het uit sy ribbebeen gemaak is, voor sy oë gebring is, het hy gesê: "Dit is been van my bene, en vlees van my vlees".209Paulus getuig dat dit volledig geestelik in Christus en in ons vervul is wanneer hy sê dat ons  lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene is - tot so 'n mate dat ons een vlees met Hom is. Hieraan verbind hy ten slotte 'n uitroep, naamlik dat hierdie verborgenheid groot is. En om te voorkom dat iemand deur die dubbelsinnigheid mislei word, verklaar hy uitdruklik dat hy nie van die vleeslike verbintenis tussen 'n man en 'n vrou praat nie, maar van die geestelike verbintenis tussen Christus en die kerk. En dit is beslis 'n groot verborgenheid dat Christus 'n ribbebeen uit Hom laat neem het sodat ons daaruit gevorm kon word. Dit beteken dat Hy swak wou wees  hoewel Hy sterk was sodat ons deur sy sterkte versterk kon word, sodat ons nou nie meer leef nie, maar dat Hy in ons kan leef.210

36. Die Roomse kerk het misgetas oor die inhoud van die word 'sakrament'🔗

Die woord sakrament het hulle mislei. Maar was dit reg en billik dat die hele kerk vir hulle onkunde moes boet? Paulus het dit 'n misterie genoem. En hoewel die vertaler (van die Vulgaat) die woord so kon laat omdat dit nie vir 'n Latynse gehoor vreemd is nie, of dit ook met die woord verborgenheid kon weergee, het hy verkies om die word sakrament daar te gebruik.211Dit verskil egter nie in betekenis van dit wat Paulus in Grieks 'n misterie genoem het nie. Laat hulle nou gaan en taalvaardigheid luidrugtig aanval terwyl hulle so lank deur hulle onkunde oor 'n onderwerp wat so maklik en vir elkeen so in die ooglopend is, mislei is. Maar waarom dring hulle in hierdie een enkele verwysing so sterk op die woordjie sakrament aan terwyl hulle dit so dikwels andersins verwaarloos en verbygaan? Dit is immers ook in die eerste brief aan Timoteus deur die vertaler van die Vulgaat so gebruik212en ook in dieselfde betekenis in die brief aan die Efesiërs word dit oral as 'n misterie gebruik.213Ons moet hulle hierdie glips egter vergewe maar leuenaars moet ten minste 'n goeie geheue hê!

Maar hoe 'n duiselingwekkende ligsinnigheid is dit nie om die huwelik eers te versier en met die titel sakramentop te hemel, en dit dan later 'n onreinheid, 'n besmetting en vleeslike vuilheid te noem nie?214Hoe  ongerymd is dit nie om priesters die sakrament van die huwelik te verbied nie? As hulle sou sê dat hulle priesters nie die sakrament verbied nie, maar slegs die wellustigheid van gemeenskap,215 sal hulle nie so van my af wegkom nie! Want hulle verklaar self ook dat gemeenskap deel is van die sakrament en dat daarmee eintlik die eenheid wat ons met Christus het, uitgebeeld word in die gelykvormigheid van ons natuur omdat' 'n man en 'n vrou slegs deur vleeslike gemeenskap een vlees word.

Sommige van hulle het egter twee sakramente hierin gevind, naamlik die eerste van God en die siel in die bruidegom en die bruid; en 'n tweede van Christus en die kerk, in die man en die vrou. Hoe dit ook al sy, gemeenskap is (volgens hulle) nograns 'n sakrament en dit is verkeerd om enige Christen dit te verbied - behalwe miskien as Christene se sakramente so sleg by hulle pas dat hulle nie saam kan bestaan nie! Daar is ook 'n verdere onsinnigheid in hulle leerstellings in verband hiermee. Hulle verklaar dat die genade van die Heilige Gees in die sakrament verleen word; hulle leer ook dat gemeenskap (tussen man en vrou) 'n sakrament is; maar dan ontken hulle dat die Heilige Gees ooit by so 'n gemeenskap aanwesig is!216

37. Die Roomse leer in verband met die huwelik het stringe dwalings te weeggebring🔗

Maar om nie maar doodeenvoudig die kerk te bespot nie, hoe 'n lang rits dwalings, leuens, bedrog en misleiding het hulle nie aan hierdie een dwaling verbind nie? Jvsou kon sê dat hulle niks anders as skuilplekke vir afstootlikhede gesoek het toe hulle van die huwelik 'n sakrament gemaak het nie! Toe hulle dit trouens eenmaal reggekry het, het hulle hulle ook die ondersoek na huweliksake toegeëeien omdat dit dan 'n geestelike aangeleentheid was wat nie deur wêreldlike regters hanteer mag word nie!

Daarna het hulle wette ingestel waarmee hulle hulle dwingelandy bekragtig het, maar hierdie wette was gedeeltelik oop en bloot goddeloos teenoor God en gedeeltelik uiters onbillik teenoor die mense.

Voorbeelde hiervan is dat huwelike wat sonder toestemming van hulle ouers tussen jong kinders gesluit is, vas en wettig moet bly.217Dat huwelike tussen bloedverwante tot die sewende geslag onwettig is en dat huwelike wat so gesluit is, ontbind moet word.218 Hulle skep sulke trappe strydig met die wette van alle volke en ook strydig met die beleid van Moses.219

Verder bepaal hulle dat 'n man wat sy owerspellige vrou verwerp het, nie met 'n ander vrou mag trou nie;220 dat geesverwante nie in die huwelik verbind mag word nie;221dat vanaf die sewende week voor paasfees tot die agste dag daarna, en drie weke voor die geboortedag van Johannes, van Advent tot Driekoningdag, geen huwelik gevier mag word nie 222en ontelbare dergelike wette maar dit sal te lank neem om dit hier op te noem. Buitendien moet ons nou uit hulle gemors uitkom terwyl my betoog reeds langer daaraan gekleef het as wat ek bedoel het. My indruk is nograns dat ek 'n mate van vordering gemaak het omdat ek die leeuvel in 'n mate van hierdie esels afgetrek het!

Endnotes🔗

  1. ^ Oor die aantal en aard van die sakramente in die Roomse kerk is daar eeue lank soms heftig gedebateer. Verskeie konsilies van die kerk het die vraagstuk aangespreek, soos die tweede Lateraanse konsilie (1139), kanon 23; die vierde Lateraanse konsilie (1215); die tweede konsilie van Lyons (1274) waar uitdruklik gestel word: septem esse ecclesiastica sacramenta. unum scilicet baptisma, aliud est sacramentum confirmationis, quod per manuum impositionem episcopi conferunt, cbrismando renatos, aliud est poeniten ua, aliud eucbaristia, aliud sacramentum ordinis, aliud est matrimonium, aliud extrema unctie, quae secundum doetrinam beati Iacobi infirmantibus adbtbetur - "dat daar sewe kerklike sakramente is, naamlik ten eerste die doop; verder is daar die sakrament van konfirmasie (die vormsel) wat biskoppe deur handoplegging aan mense wat deur salwing wederbaar is, verleen; dan is daar boetedoening; verder is daar die eucharistie; 'n verdere sakrament is die van die orde; die huwelik is 'n. sakrament; en dan. is daar die laaste salwing wat volgens die leer van die geluksalige jakobus aan siekes bedien word." Dit is ten slotte in die sewende sessie van die konsilie van Trente bekragtig (kanon 1),0.1. die doop, confirmatie, eucbaristia, poenitentia, extrema unctio, ordo en matrimonium. Volgens Marietti het Luther aanvanklik drie sakramente voorgestaan, 0.1. doop, nagmaal en boetedoening, maar later met boetedoening weggedoen. Die aanhangers van Novatianus het konfirmasie (die vormsel) verwerp; die Manicheërs weer die huwelik en Wicliff die laaste oliesel. Lombardus het in sy Sent. 4.2.1 (MPL192:841) die aantal sakramente in die Roomse kerk op sewe vasgestel. Dit is ook gevolg deur Thomas in sy Summa Tbeol. 3.65.1 (Marietti 4:402 e.v.).
  2. ^ 'Die meester' is 'n verwysing na Lombardus, Sent. 4.1.1,2 (MPL 192:839 e.v.). Vgl. ook Hugo van St. Victor,' Summa sent. 4.1; De sacramentis 1.9.3 (MPL 176:117, 320); Bonaventura, Sent. 4.1.1.3 (OOB 4:17); Thomas, Summa Theol. 3.62.1, 3,4; 3.66.1 (Marietti 4:378; 408 e.v.).
  3. ^ .Kyk Thomas, Summa Theol. 3.60.7 (Marietti 4:372).
  4. ^ Marg.Iesa. 40.c.13. Rom. 11.d.34.
  5. ^ Marg. Homil. in Ioannem 80. Augustinus, In Ioan. ev. tract. 80.3 (MPL 35:1840).
  6. ^ Marg. Act. 9.8.40, &20.8.36. 1536 - 1539: + Actor. 7(:59); 21 (:5); 26(:14): Hand. 9:40; 20:36; 7:59; 21:5; 26:14
  7. ^ Vgl. Eck, Ench.fo. 4C5b.
  8. ^ Marg. 1. Tim. 2.c.8.
  9. ^ Vgl. (1536 - 1539): + Ps. 63:4; 88:9; 141:2; 143:6.
  10. ^ Vgl. De Castro, Adv. omnes baer. 13, fo. 1960, E, F.
  11. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.2.1 (MPL192:841 e.v.): Thomas, Summa Theol.3.65.1 (Marietti 4:402 e.v.).
  12. ^ Kyk Matt. 11:29 - 30.
  13. ^ Marg. Epist. 118. Vgl. Augustinus, Augustinus, Ep. 54.1 (MPL33:200) en sy In Ioan. ev. tract. 80.3 (MPL 35:1840).
  14. ^ Marg. Lib. 3. cap. 9. Augustinus, De doctr. christ. 3.9.13 (MPL 34:71).
  15. ^ Calvyn verwys waarskynlik na Augustinus se bygelowige vertroue in getalle in sy De genesi ad litteram 5.7.20 (MPL34:328). Let veral op die waarde wat hyaan die getal sewe heg in 2.13.26 en 4.7.13 - 14 (MPL 34:273,301).
  16. ^ Marg. Epist. 39. Leo I, Ep. 166.2 (ad Neonem) (MPL 54:1194).
  17. ^ Marg. Epist. 77. Leo I, Ep. 159.7 (ad Nicetam) (MPL 54:1138).
  18. ^ Kyk Hieronymus, Contra Luciferianos8 e.v. (MPL23:163 e.v.). Benoit (4:472, n. 4) wys daarop dat beide Leo en Hieronymus se uiteensettings oor die heropname van ketters in die kerk handel en nie oor handoplegging nie. Die Luciferiane was 'n klein sekte wat in Sardinië deur Lucifer van cagliari (sterf teen omstreeks 371) uit protes teen die heropname van vroeëre aanhangers van Arianus tot stand gebring is.
  19. ^ Vgl. Hieronymus, Contra Lucifer. 9 (MPL 23:164).
  20. ^ Vir die ontwikkeling hiervan vgl. Hugo van St. Victoc, De sacr. 2.7.4 (MPL 176:461); Deer. Graf. 3.5.1 - 9 (MPL 187:1855. 1858; Friedberg 1:1413 e.v.), Lombardus, Sent. 4.7 (MPL 192:855 e.v.), Innocentius 111, Regist. Epist. 7, ep. 3 (ad Basiltum) (MPL215:285; 1511) opgeneem in die Decr. Grat. 9.1.15.1.7 (Friedberg 2:133 = Denzinger, Eneb. nr. 419); Regist. Epist.7 ep. 196 (ad episc. Terracon.) (MPL 215:1511 = Denzinger, Encb. 424); Thomas, Summa Tbeol. 3.72.1 (Marietti, 4:462 e.v.), Eugenius IV, Bulla exuitate Deo (1439) (Mansi 31:1055 e.v. =Denzlnger, Eneh. nr. 697).
  21. ^ Vgl. die Decr. Grat. (De consecrat.) 3.5.2 (Friedberg 1:1413).
  22. ^ Vgl. Eugenius IV, Exultate Deo (1439) Mansi 31:1055; Denzinger, Encb. nr. 697).
  23. ^ In Ioan. ev. tract. 80.3 (MPL 35:1840).
  24. ^ Marg. Mat. 21.c.25. Vgl. ook Matt. 21:26 - 27.
  25. ^ Vgl. Innocentius 111 in die Decr. Greg. 9.1.15.1.7 (De sacra unctione) (Friedberg 2:133); Eugenius IV, Exultate Deo (Mansi 31:1055; Denzinger, nr. 697). Kykook Chrysostomos, In act. apost. hom. 18.3 (MPG 60:144).
  26. ^ Marg. Act. 8.c.15. Vgl. ook Hand. 8:16 - 17.
  27. ^ Kyk Hand. 6:6; 8:17; 13:3; 19:6.
  28. ^ Marg. Iohan. 7.f37. Kyk ook Jes. 55:1; Joh. 4:10; 7:38.
  29. ^ Marg. Iohan. 20.e.22.
  30. ^ In sy Bul Exultate Deo gebruik Eugenius IV die woorde: Confirmo te chrismate salutis – ek bekragtig jou met die olie van saligheid.
  31. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.7.1 (MPL 192:855).
  32. ^ Marg. Galat. 4.b.9.
  33. ^ Marg. colos. 2. b.20.
  34. ^ Marg. 1. Cor. 6.c.13.
  35. ^ Ibid.
  36. ^ Kyk 1 Kor. 7:31.
  37. ^ Vgl. die Decr. Grat. 3 (De consecrat.) 5.2 (Friedberg 1:1413).
  38. ^ Kyk die Decr. Grat. 3 (De consecrat.) 5.3 (Friedberg 1:1413).
  39. ^ Marg. Rom. 6.a.4. Kyk ook Rom. 6:5.
  40. ^ Rom. 6:6.
  41. ^ Kyk Rom. 6:5.
  42. ^ Marg. Act. 8. e.l6.
  43. ^ Vgl. Rom. 10:10.
  44. ^ Marg. Act. 2.a.4.
  45. ^ Marg. Matt l0.b.20.
  46. ^ Marg. Galat. 3.d.27.
  47. ^ Marg. De consec. dist. 5. cap. Spiritus Sanct. Vgl. die Decr. Grat. 2.5.2, 3; 3.4.154 (MPL187:1855, 1857; Friedberg 1:1412, 1413) oorgeneem uit die Konsilie van Mileve (416) kanon 3.
  48. ^ Marg. Verba cap. 1. De consec. dist. 5. Vgl. die Decr. Grat. 3.5.1, 6 (MPL 187:1855, 1857 e.v., Friedberg 1:1413 e.v.).
  49. ^ Marg. Con. aurel. cap. Ut ielunii. De consee. dist. 5. Kykdie Decr. Grat. 3.5.6 (MPL187:1857 e.v., Friedberg 1:1414). Gratianus haal hier 'n kanon van 'n konsilie van Orleans aan wat nie in resente versamelings van kerklike konsilies soos Mansi s'n voorkom nie. Benoit (4:476 n. 6) wys daarop dat ditwelopgeneem is in Burchard vanWorms se Deer. 4.60 (MPL140:738) en Yves van Chartres se Decr. 1.254 (MPL 161:120) en sy Panormia seu Decretum 1.119 (MPL 161:1071).
  50. ^ Ahet hier factum i.p.v. sanctum (1536 - 1539). 'n Tikfout in die 1543-uitgawe het sactum gehad wat in daaropvolgende uitgawes factum geword het.
  51. ^ Marg. De his uero eadem disttnct. Vgl. die Decr. Grat. 3.5.3 (MPL 187:1856; Friedberg 1:1413
  52. ^ 'n Bedekte verwysing na die heidense orakel van Delphi in phocis aan die voet van die Parnassus.
    Die priesteres van Apollo het hier haar voorspellings in versvorm bekendgemaak wat groot invloed op alle terreine van die klassieke Griekse beskawing uitgeoefen het.
  53. ^ Marg. Lib. 4. Sent. dtstinct. 7. cap. 2. Lombardus, Sent. 4.7.2 (MPL 152:855).
  54. ^ Vir hierdie leer van die Donatiste vgl. Augustinus, Ep. 185.9.37 (MPL 33:809); Serm. 266.3 (MPL 38:1225-1226); In Ioan. ev. tract. 4.1.11 (MPL 35:1410, 1416); Enar. In Ps. 10.5 (MPL 36:134).
  55. ^ .Marg. Act. 9.c.17. Kyk ook Hand. 9:18 - 19
  56. ^ A: presbyteros. Fr. 1561: Prestres (Benoit 4:478).
  57. ^ Marg. Distin. 95. ca. Pervenit. Vgl. die Regist. Epist.4 Ep. 26 (MPL77:696) aangehaal in die Decr. Grat. 1.95.1 (MPL 187:447; Friedberg 1:331).
  58. ^ Vgl. die Decr. Grat. 3.5.5 (MPL 187:1857; Friedberg 1:1414).
  59. ^ Kyk Inst: 4.18.20 hierbo.
  60. ^ Fr.: + qui est le signe de Dieu (Benoit 4:478).
  61. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.7.2 (MPL 192:855).
  62. ^ Vgl. OC Castro, Adv. omnes baer. 4 (Confirmatio) fo. 830 e.v,
  63. ^ Vgl. Augustinus, De doctrina Christ. 3.9.13 MPL34:71); Ep. 54.1 (Ad Januarlum) (MPL 33:200; CSEL34,2:159).
  64. ^ Marg. Lib. 3. de Baptisme, contra Donatist. cap. 16. Augustinus, De baptisme contra Donatistas 3.16.21; 5.23.33 (MPL 43:149, 193; CSEL 51:213).
  65. ^ Augustinus, Ibidem (MPL 43:149; CSEL 51:213
  66. ^ Marg. Lib. 5. cap. 23. Augustlnus, De baptismo contra Donatistas 5.23.33 (MPL 43:193; CSEL 51:290 e.v.)
  67. ^ Calvyn het inderdaad reeds kort na syaankoms in Genève in 1537 'n Kategismus geskryf wat grootliks 'n samevatting van sy eersteling Institusie was, naamlik Instructien et Confession de foy dont on use en l'Eglise de Genève (OC 22:24 e.v.). Bysy terugkeer uit Straatsburg het hy dit vervang met 'n uitgebreide Kategismus wat ook in vraag en antwoord verdeel is, naamlik Le Catëcbisme de I'Eglise de Genève, c'est à dtre Ie Formulaire a'instrutre  es enfans en la çbresttentë, faicte en manière de dialogue, oa Je ministre tnterrogue, et l'enfont respond (1545) (OC 6:1 e.v.).
  68. ^ Die Ordonnances Eeelésiastiques (1541) bepaal dat 'n kind nie tot die nagmaal toegelaat mag word nie tensy devant que aootr fatt professton de sa foy, se/on qu't! sera exposé au Catéchisme (OC 10,1:26). Hierdie vereiste is ook in die Ordonnanees (1561) gehandhaaf (OC 10,1:104).
  69. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.14.20 (MPL 192:868 - 899); die Deer. Grat. 2.33.3 (MPL 187:1519 - 1644; Friedberg 1:1159 - 1247); Thomas, Summa Theol. 3.84 - 89; Suppl. 1 - 33 (Marietti 4:585 e.v.; 633 e.v.). Eugenius IV se Bul Exuitate Deo (1439) in die Konsilie van Florence (Mansi 31:1057; Denzinger nr. 699
  70. ^ Kyk Inst. 3.3 - 5 (Afr. vert. 3:769 - 875).
  71. ^  Marg. Lib. epist: 1. epist. 2. Cyprianus, Ep. 57.1, 3 (CSEL 3,2:650 ·652; MPL (Ep. 54) 3:882; 884).
  72. ^ Vgl. die tweede Konsilie van Carthago (390) canon 4 (Mansi 3:693); ook opgeneem in die Collect. Pseudo-Isidor. (MPL 84:185 - 186).
  73. ^ Kyk die eerste Konsilie van Orange (441) canon 3 (Mansi 6:437).
  74. ^ Marg. cap. 31. Kyk die derde Konsilie van Carthago (397) canon 32 (Mansi 3:885).
  75. ^ Marg. Lib. epist.3. epist 14. Cyprlanus, Ep. 16.2 (CSEL 3,2:518 e.v., MPL (Ep. 9) 4:957 - 958).
  76. ^ Marg. In Decret. 26. quaest. 6. Kyk die Decr. Grat. 2.26.6.3 (MPL 187:1556; Friedberg 1:1037).
  77. ^ Hierdie uitdrukking kom reeds voor in Terentius, Andria5.4.38.941 (LCL 1:101 e.v.) en by Plautus, Menaecbmi 2.1.247 (LCL 2:390).
  78. ^ Marg. Lib. 4. Sent. dist.22. cap. 2. Kyk Lombardus, Sent. 4.22.3 (MPL 192:899).
  79. ^ Vgl. Inst. 4.14.1 hierbo.
  80. ^ Marg. Lib. 3. quaest. Vet. testam. Kyk Augustinus, De diversis ( quaest. 43 (MPL 40:28).
  81. ^ Marg. In sermone quodam de Baptis. infant. Kyk Augustinus, Sermo 272 (MPL 38:1247).
  82. ^ Kyk Matt. 18:18; 16:19
  83. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.9.1 (MPL 192:858).
  84. ^ Vgl. Inst. 4.17.41 hierbo.
  85. ^ Marg. Lib. 3. quaest. Vet. testam. Augustlnus, Quaest. in Heptateuch. 3.84 (MPL 34:712 e.v.; CSEL 28,2:306 e.v.).
  86. ^ Marg. De Baptis. parvulorum. Vgl. Inst. 4.14.15 hierbo en Benoit 4:303, n. 7. Kyk Augustinus, De mer. et rem. pec. 1.21.30; 2.27.44 (MPL 44:125 e.v.; 177); In Psal. 77.2 (MPL 43:193).
  87. ^ Marg. Lib. 5. De Baptism. contra Donatist. Kyk Augustinus, De bapt. contra Donatistas 5.24.34 (MPL 43:193; CSEL 51:291 e.v.),
  88. ^ Vgl. Cicero, De off. 3.23.89 (LCL 364 e.v.), Hieronymus, Ep. 84.6 (MPL 22:748; CSEL 55:128).
  89. ^ Marg. Lib. 4. Sent. dist. 14. cap. 1. De poeniten. dtst. cap. 2. Vgl. Lombardus. Sent. 4.14.1 (MPL 192:868); Decr. Grat. 2.33.3.72 (MPL 187:1548; Friedberg 1:1179).
  90. ^ Hieronymus se woorde is: Secunda post naufragtum tabula est, culpam simpliciter confiteri: eenvoudige skuldbelydenis is 'n tweede plank na skipbreuk (a.w. MPL 22:748; CSEL 55:128).
  91. ^ Marg. Citatur Decret. 15. quaest. 1. cap. Firmissime. Vgl. die Decr. Grat. 2.15.1.3 (MPL 187:971; Friedberg 1:746). Dit is ook opgeneem onder Augustinus se werke MPL 40 (append):775 uit Fulgentius se werk De fide ad Petrum 30 (MPL 65:702).
  92. ^ Marg. Marc. 1. a. 4. Luc. 3.a.3.
  93. ^ Virdie laaste salwingvgl. Lombardus, Sent. 4.23 (MPL192:899 e.v.): Thomas, Summa Theol. Suppl. 29 - 33 (Marietti 4:734 - 750); Eugenius IV se Bul Exultate Deo opgeneem in die Konsilie van Florence (1439), kanon 14 (Mansi 31:1058; Denzinger, Ench. nr. 700).
  94. ^ Vgl. Eugenius IV se Bul hierbo.
  95. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.23.2 (MPL192:899) en die veertiende sessie van die Konsilie van Trente hoofstuk 2.
  96. ^ Marg. Jacob. 5.d.14. Kykook Lombardus, a.w.; Thomas, Summa Theol. suppl. 29.3 (Marietti 737); Innocentius I, Ep. 25.8 (Ad Decentium) (MPL 20:559 e.v.; Denzinger, Ench. nr. 99); ConcTicinense (Pavia 850) kanon 8 (Mansi 14:932; Denzinger, Ench. nr. 315); die Konsilie van Trente, sessie 14, hoofstuk 1 (De institutione Sacrament; Extremae Unctionis).
  97. ^ Kyk Jak. 5:15.
  98. ^ Vgl. Inst. 4.19.6 hierbo.
  99. ^ Marg. Marc. 6. b.13.
  100. ^ Marg. Iohan. 9.a. 6.
  101. ^ Marg. Matth. 9.d29.
  102. ^ Marg. Luc. 18.g.42.
  103. ^ Marg. Act. 3.a.6, & 5.c.16, & 19. c.12. Vgl. ook Hand. 14:9 - 10 en OC 48:64, 104,445,321
  104. ^ Hand. 5:12, 16
  105. ^ Hand. 19:12.
  106. ^ Marg. Psal. 45.b.8. Kyk ook Ps. 45:7.
  107. ^ Marg. Ioban. 9.b.7.
  108. ^  Marg. Act. 20.b.l0.
  109. ^ Vgl. die Bul van Eugenius IV hierbo; Innocentius I, (Ad Decntium) 8 a.w.; en die Konsilie van Trente sessie 14, hst. 1, art. 3, kanon 3.
  110. ^ Marg. Matth. 3.d.16. Ioban. 1.d.32.
  111. ^ Marg. Iacob. 5.c.14.
  112. ^ In extremis. Vgl. Lombardus, Sent. 4.23.1 (MPL 192:899).
  113. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. Suppl. 31.3 (Marietti 4:745).
  114. ^ Ferculum - ook 'n skinkbord of hou er waarin iets geplaas word vir bediening.
  115. ^ Vgl. Mark. 6:13.
  116. ^ Vgl.Thomas se bespreking van die verskillende formuliere vir die bediening van die laaste salwing Summa Tbeol. Suppl. 29.8 (Marietti 4:741).
  117. ^ Vgl. Jak. 5:14 - 15.
  118. ^ Vgl. Innocentius I, Ep. 25.8 (Ad Decentium) (MPL 20:559).
  119. ^ Vgl. Sigebert, Chronica (Monumenta Germaniae Historica Scriptorum 6:305); Innocentius I, Ep. 25.8 (MPL20:560).
  120. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.3 - 12 (De ordintbus ecclestasticis) (MPL 192:900 - 905); Thomas, Summa Tbeol. Suppl. 34 - 40 (Marietti 4:750 - 785); Eugenius IV, Exultate Deo (Mansi 31:1058; Denzinger, Encb. 701).
  121. ^ Vgl. die vierde Konsilie van Carthago in die Collect. pseudo-Isidor. (MPL 84:200 - 201).
  122. ^ Marg. Lib. 4. Sent. Distin. 34. c.9. Lombardus, Sent. 4.24.1 (MPL 192:900).
  123. ^ Marg. Iesa. 11.a.2.
  124. ^ Marg. Ezech. 1.e.20.
  125. ^ Marg. Rom. 1.a.4, & 8.c.15.
  126. ^ Marg. Opinio haec est Hugonis: altera Guil. Paristen - dit is Hugo se opvatting; die tweede is Willem van Parys s'n. Vgl. Hugo van St. Victor, De sacramentis 2.3, 5 (MPL 176:423).
  127. ^ Guillaume van Auvergne, biskop van Parys, Tractatus de sacramentis fo. 87a wat self sewe ordes vermeld sonder om dit op te noem, maar na sommige skrywers verwys wat nege sakramente verdedig - van tonsuur tot biskop.
  128. ^ Marg. Isid. lib. 7. etimol. allegatur ca. Cleros distinct. 21 - Isidorus beweer in Boek 7 van sy Etimologie dat daar omtrent 21 verskillende geestelike (ampte) is. Vgl. Isidorus van Seville, Etymol. 7.12 (MPL 82:290) opgeneem in die Deer. Grat. 1.21.1 (MPL 187:116; Friedberg 1:67).
  129. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24 (MPL 192:1900).
  130. ^ Marg. et Distinct. 23. cap. Lector, et cap. Ostiarius. Vgl. die Decr. Grat. 1.23.18, 19 (MPL 187;121; Friedberg 1:84 e.v.).
  131. ^ Marg. Iohan. 2.c.15 - saamgelees met Man. 21:12.
  132. ^ Marg. Iohan. 10.b.7. Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.3 (MPL 192:901).
  133. ^ Marg. Luc. 4.c.17. Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.4 (MPL 192:902).
  134. ^ Marg. Marc. 16.d.33 (recte: Mark. 7:33). Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.5 (MPL 192:902).
  135. ^ Marg. Iohan. 8.b.12. Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.6 (MPL 19~903).
  136. ^  Marg. Iohan. 3.a.4 (recte: Joh. 13:4). Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.7 (MPL 192:903).
  137. ^ Marg. Matth. 26.c.26. Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.8 (MPL 192:903).
  138. ^ Marg. Matth. 26.c.26. Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.8 (MPL 192:903). 139 Marg. Matt. 27.f50. Ephes. 5.a.2. Vgl. Lombardus. Sent. 4.24.9 (MPL 192:904).
  139. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.6 (MPL 192:902).
  140. ^ Vgl. De Castro, Adv. omnes baer. 1.13 fo. 240 - E.
  141. ^ Marg. Act. 19.c.13.
  142. ^ Vgl. die Decr. Graf. 1.21.1 (MPL 187:116; Friedberg 1:69) en Bellarminus, Controv. 233.
  143. ^ Vgl. Inst. 4.4.9 hierbo.
  144. ^ Marg. Cap. Dup. 12. quaest. 1. Vgl. die Decr. Graf. 2.12.1.7 (MPL 187:884; Friedberg 1:678); Lombardus, Sent. 4.24.2 (MPL 192:901).
  145. ^ Marg. 1. Pet. 2.b.9.
  146. ^ Vgl. 1 Pet. 1:15 - 16; Lev. 19:2; 20:7.
  147. ^ Vgl. 1 Pet. 1:18 - 19.
  148. ^ Vgl. 1 Pet. 2:5 - 9.
  149. ^ Marg. Lib. 4. Senten. distinct. 24. Lombardus, Sent. 4.24.2 (MPL 192:901). Vgl. ook 2 Kor. 3:18.
  150. ^ Marg. cap. Duo sunt. Vgl. die Decr. Grat. 2.12.1.7 (MPL 187:884; Friedberg 1:678).
  151. ^ Vgl. Matt. 27:51.
  152. ^ Marg. Lib. 4. Senten. distinct. 24. cap. 1. Lombardus, Sent. 4.24.2 (MPL 192:901).
  153. ^ Marg. Act. 18.c.18. Vgl. Lombardus, ibidem haal ook Eseg. 5:1 en Num. 6:5,18 aan
  154. ^ Marg. 1. Cor. 9.c.20.
  155. ^ Marg. Nume. 6.c.18.
  156. ^ Marg. Cap. Probibe dist. 25 (23). Vgl. die Decr. Grat. 1.23.21 (MPL 187:137; Friedberg 1:85).
  157. ^ Marg. 1. Cor. 11.a.4.
  158. ^ Marg. August. De opere monach. in fine. Item in Retract. Augustinus, De opere monacb. 33 (MPL 40:580 e.v.), Retract. 2.21 (MPL 32:639). Vgl. Bellarminus, Controv. p. 261,441 e.v
  159. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.3 (MPL 192:901); Bellarminus, Controv. 232 e.v.
  160. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.4 ibid.
  161. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.5 ibid
  162. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.6 ibid
  163. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.1.2 (MPL 192:839).
  164. ^ Marg. Lib. 4. Sent. dist.24. cap. 9. Lombardus, Sent. 4.24.9 (MPL 192:904). vgl. ook Bellarminus, a.w, wat Calvyn hier woordeliks aanhaal, p. 231 e.v.
  165. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.9 (MPL 192:904).
  166. ^ Vgl. die Decr. Grat. 1.25.1 (Friedberg 1:90).
  167. ^ Vgl. Lev. 5:8
  168. ^ Vgl. Lombardus ibid.
  169. ^ Vgl. Inst. 4.19.29 - 31 hieronder.
  170. ^ Vgl. Inst. 4.18.14 e.v. hierbo.
  171. ^ Marg. Psal. 110.b.4; Hebr. 5.a.6, & 7.a.3.
  172. ^ 1536 - 1539: + marg. 1. Pet. 2 (9); Apocal. 1 (6) (Openb. 1:6).
  173. ^ Marg. 1. Tim. 4.d.14.
  174. ^ Marg. Matt. 28.d.19; Marc. 16.c.15; Ioban. 21.c.15.
  175. ^ Vgl. Matt. 28:20.
  176. ^ Marg. Iohan. 20.c.22.
  177. ^ Vgl. Joh. 20:22 Vg.
  178. ^ Marg. Ioban. 20.e.22 (Vg.).
  179. ^ Marg. Ioban. 11. e.43.
  180. ^ Marg. Matth. 9.a.5; Ioban. 5. b.8.
  181. ^ Marg. Lib. 4. Sent. dtstinct. 24. cap. 8 et in Canon. dist. 21. cap. 1. Lombardus, Sent. 4.24.9 (MPL 192:904); Decr. Grat. 1.21 (in Gratianus se voorwoord) (MPL 187:116; Friedberg 1:67).
  182. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.10 (MPL 192:904); Thomas, Summa Theol. 3.63.5, 6; Suppl. 35.2 (Marietti 4:389,390; 756); Eugenius IV, Exultate Deo (Mansi 31:1054; Denzinger, Eneh. nr. 695).
  183. ^ Vgl. Augustinus, In Ioan. tract. 80.3 (MPL 35:1840) aangehaal in die Decr. Grat. 2.1.1.54 (Friedberg 1:379).
  184. ^ Marg. Exo. 30. d.30 (Eks. 30:30; vgl. ook Eks. 28:41; 29:7).
  185. ^ Vgl. Lev. 8.
  186. ^ Vgl. Inst. 4.3.9; 4.4.5.
  187. ^ Vgl. Lombardus. Sent. 4.24.8 (MPL 192:903).
  188. ^ Vgl. die vierde Konsilie van Carthago (398) canon 4 in die Statuta eccl. antiqua (Mansi 3:951) en in die Collect. pseudo-isidor. (MPL84:200); Decr. Grat. 1.23.11 (Friedberg 1:83; Denzinger, Ench. nr. 152).
  189. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.8 (MPL 192:903); Eugenius IV, Exultate Deo (Mansi 31:1058); Denzlnger, Ench. nr. 701).
  190. ^ Vgl. Lombardus, ibid; Decr. Grat. 1.21.1; 1.23.2; 1.25.1,3 (MPL 187:116, 134, 143; Friedberg 1:67, 83,90).
  191. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.24.7 (MPL 192:902); Statuta eccl. antiqua 5 (Mansi 3:951); Col/eet. pseudo-tsidor. (MPL 84:200).
  192. ^ Vgl. Lombardus, ibid.; Statuta eccl. antiqua 5 (Mansi 3:951); Denzinger, Ench. nr. 153.
  193. ^ VgI. Inst. 4.19.32 hierbo asook Inst. 4.5.15 - 17
  194. ^ VgI. Lombardus, Sent. 4.26 - 42 (MPL192:908 e.v.), Thomas, Summa Theol.suppl. 41 - 68 (Marietti 4:785 - 907); Eugenius IV, Exultate Deo (Mansi 31:1058 e.v.), Denzinger, Ench. nr. 702.
  195. ^ Vgl. Gen. 2:21 - 24; Mat. 19:4 e.v.
  196. ^ Calvyn verwys na Gregorius VII wat tussen 1073 en 1085 pous was. Vgl. sy tydgenote Petrus Damiani, Sermo 69 (MPL 144:902 e.v.) en Ivo van Chartres (sterf in 1116), Decretum 8.9 (MPL 161:568).
  197. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.26.6 (MPL 192:909).
  198. ^ Marg. 1. Cor. 51. e.41. Kyk ook vers 42.
  199. ^ Marg. Matth. 13.d.31.
  200. ^ Marg. (Matth. 13) et e.33.
  201. ^ Marg. Iesa. 40.c.ll.
  202. ^ Marg. Iesa. 42.b.13.
  203. ^ Marg. 1. Thess. 5.a.2.
  204. ^ Marg. Iohan. 15.a.1.5.
  205. ^ Marg. Iohan. 10.b.ll. Kyk ook verse 12 en 27.
  206. ^ Vgl. Horatius, Satir. 2.3.83 (LCL 160 e.v.).
  207. ^ Marg. Ephes. 5.f29. Kyk Ef. 5:28 - 32.
  208. ^ Vgl. Ef. 5:28.
  209. ^ Marg. Gen. 2.d.23.
  210. ^ Marg. Galat. 2.d.20.
  211. ^ Vgl. die Vulgaat se vertaling van Ef. 5:32.
  212. ^ Marg. 1. Tim. 3.e.9 (Vg.).
  213. ^ Marg. Ephes. 1.b.9 (Vg.). Vgl. ook Ef. 3:3 en 9.
  214. ^ Vgl. die Decr, Grat. 1.28.2; 1.82.3 - 4 (MPL 187:145, 597 e.v., Friedberg 1:101, 291 e.v.).
  215. ^ Marg. Lib. 4. Senten. dist. 17(27) ca. 4 et in Decr. 27. quaest. 2. cap. Quum societas, Gloss. ca. Lex divina. Ibidem Decr. Lombardus, Sent. 4.26.6 (MPL 192:909 e.v.): Decr. Grat. 2.27.2.17 (MPL 187:1397; Friedberg 1:1066).
  216. ^ Marg. Lib. 4. Senten. Dist. 33. cap. 2, et in Decr. 32. quaest. 2. cap. Quidquid. Lombardus, Sent. 4.26.6 (MPL 192:909 e.v.): Decr. Graf. 2.32.2.4 (MPL 187:1413 e.v.; Friedberg 1:1120 e.v.): Vgl. Augustinus, De bono conjug. 6.5 - 6 (MPL 40:377 - 378).
  217. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.36.4 (MPL 192:931) waarvolgens huwelike van seuns onder 14 en dogters onder 12 jarige ouderdom onwettig is.
  218. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.40 e.v. (MPL 192:937 e.v.), Decr. Grat. 2.35.2, 3. 16,17,19 (MPL 187:1671 e.v.; Friedberg 1:1267 e.v.).
  219. ^ Marg. Deut. 18.a.6. Vgl. Lombardus, Sent. 4.41.1, 2 (MPL 192:938 e.v.), Decr. Grat. 2.35 (MPL 187:1163 e.v.; Friedberg 1:1261 e.v.).
  220. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.31.2; 34.5 (MPL 192:918 e.v.; 928).
  221. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 4.42 (MPL 192:940 - 942); Decr. Grat. 2.30.3 (MPL 187:1519 e.v.; Friedberg 1:1100 e.v.).
  222. ^ Vgl. Lombardus. Sent. 4.32.5 (MPL 192:924 e.v.), Decr. Grat. 2.33.4.10 (MPL 187:1647 e.v.; Friedberg 1:1249).