Ons lê baie klem daarop dat ons ‘n groot geloof moet hê. Maar as ek nie so ‘n groot geloof het nie? Hoe kry ek ‘n groot geloof? Is dit maar net ‘n besluit wat ek moet neem, ’n keuse wat ek moet maak, om weer ‘n groot geloof te hê? Ek kry die idee dat dit is hoe baie mense daaroor dink. Geloof is iets wat hier binne-in my gereguleer word. Ek word oor en oor en oor opgeroep om ‘n groot geloof te hê, en eintlik is dit net iets wat ek moet “doen”. So hoor ons baie preke en toesprake waarin 80% van die tyd spandeer word om op te roep tot ‘n groot geloof. Maar help dit my regtig in my kleingeloof...
Dit bly maar altyd ’n moeilike ding om antwoorde uit te Skrif te kry oor sake waarin die Skrif nie duidelike voorskrifte gee nie. Ek het onlangs op ’n paar mooi riglyne afgekom wat ons hierin kan help. Die skrywer (B Gritters) het eers oor die gelowige se vryheid in Christus gepraat. Christus het ons vrygekoop, en dit beteken dat ons nie onder mense se juk leef nie. Menslike voorskrifte en idees het geen gesag oor ons nie. Maar hoe moet ons nou met hierdie vryheid omgaan wat Christus vir ons aan die kruis verwerf het? Gritters gee vir ons hierdie riglyne. Bykans op elke punt waar die Skrif...
Moet ons as Christene vaste gebedstye oorweeg? Sou dit goed wees as Christene vir hulself vaste tye in die dag eenkant sit om te bid? Dat ons te midde van oorvol agendas en 'n dag wat met ons weghardloop, die vaste omgang met die Here veilig stel? Sou dit goed wees om sulke vaste gebedstye deel te maak van ons lewenstyl? Spontaniteit en vaste reëlmaat staan nie teenoor mekaar nie. Die eerste gemeente was vervul met die Heilige Gees en het God van harte gedien. Tog lees ons dat hulle dag vir dag eendragtig in die tempel volhard het (Handelinge 2:46). Die oorspronklike Grieks van hierdie vers...
Bid ek omdat ek iets by God nodig het of bid ek omdat ek graag by God wil wees? Waardeur word my gebed gekenmerk: deurdat ek vir God vertel hoe ek graag wil hê dat my lewe moet lyk, of geniet ek eenvoudig om God te prys en my hart vol dank voor Hom uit te stort? Natuurlik staan hierdie dinge nie teenoor mekaar nie. Maar deur die vrae so te stel moet ek myself ondersoek: Gaan my gebede nog werklik oor God? Ek wat voor sy troon staan en nie uitgepraat kan raak oor wie Hy is, nie? Ek wat Hom innig liefhet en graag by Hom wil wees? Of het ek God net nodig, en gaan dit alles in werklikheid oor my...
Wanneer u glo en tot Christus kom, dan moet u al u eie-geregtigheid agterlaat, en niks anders saambring as u sonde nie. So moeilik is dit! Wanneer u tot Christus kom, moet u al u vroomheid, heiligheid en goeie werke laat vaar, en slegs u swakhede en ellende saambring. Anders pas Chistus nie by u nie, en u ook nie by Christus nie. Christus wil 'n Verlosser wees en niks anders nie, en daarom moet u niks anders as 'n verlore sondaar wees nie. Anders sal Christus en u mekaar nooit vind nie.  Thomas Wilcock, 1948.

Bladsye