Ons is ellendige mense voor God. Nogtans het Hy ons eerste liefgehad en uit onverdiende genade ons deur die bloed van Sy seun met Homself versoen. Jesus Christus het hom in alles aan ons gelyk gestel. Deur Sy lyding, kruisiging, neerdaling na die hel (sien die Apostoliese Geloofsbelydenis), dood, begrafnis, opstanding en hemelvaart het Hy vir ons die geregtigheid verkry en die saligheid verwerf. So het ons ‘n dubbele weldaad ontvang: die verlossing van die dood en die afsterwe van ons ou mens. Christus het die koninkryk van die hemel vir ons toeganklik gemaak en ‘sit’ nou aan die regterhand van die Vader “vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel”.

1984. 29 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 16 Hoe Christus Sy amp as Verlosser volbring het om vir ons die Saligheid te verwerf: ‘n Behandeling van Sy dood, Sy opstanding en Sy Hemelvaart

1. Die betekenis van die woord "Jesus''.1🔗

Alles wat ons tot dusver oor Christus gesê het, het net hierdie een doelstelling, naamlik dat ons, wat in onsself vervloek, dood en verlore is, geregtigheid, verlossing, die lewe en saligheid in Hom moet soek. So  word ons deur Petrus se treffende uitspraak geleer dat daar onder die hemel geen ander Naam aan die mens gegee is waarin hy salig moet word nie.2 Hy het ook nie die Naam Jesus lukraak of toevallig of na die goeddunke van die mense gekry nie, maar dit is deur 'n engel uit die hemel as verkondiger van die raadsplan van die Allerhoogste aan Hom gegee. Die engel het ook die rede daarvoor gegee, naamlik dat Hy gestuur is om sy volk van hulle sondes te verlos.3 Ons moet daarop let dat daar in hierdie woorde 'n aspek is wat ons elders aangeroer het,4 naamlik dat die amp van Verlosser op Hom gelê is om ons Saligmaker te wees. Intussen sou ons verlossing tog mank gegaan het as Hy ons nie deur voortgesette vordering tot die eindpunt van ons saligheid gelei het nie. Sodra ons dus selfs in die geringste mate van Hom afwyk, verdwyn ons saligheid onmiddellik, omdat dit ten volle in Hom gevestig is. Dié mense wat nie in Hom berusting vind nie, beroof hulle dus selfvan alle genade. Bernardus se vermaning in verband hiermee verdien vermelding. Hy sê dat die woord Jesus nie alleen 'lig' nie maar ook 'spyse' beteken; dat dit ook 'olie' is waarsonder alle spyse van die siel droog is; dat dit ook 'soul' beteken, omdat voedsel sonder sout laf is; kortom: dat die woord heuning in die mond, 'n melodie in die ore, 'n jubeling en tegelyk 'n geneesmiddel in die hart is en dat elke debat dwaas is as die woord nie daarin weerklank vind nie.5

Hier moet ons noukeurig nadink hoe die saligheid deur Hom vir ons verkry is, sodat ons nie alleen oortuig moet wees dat Hy self die Bewerker daarvan is nie, maar ook dat ons al die dinge wat tot die bestendiging van ons geloof bydra, kan omhels en alles wat ons in onsekerheid kan laat ronddobber, kan verwerp. Aangesien niemand immers in staat is om tot homself te keer en ernstig na te dink wie en wat hy is, sonder om God se toorn en gramskap te voel nie en hy noodwendig beangs 'n manier en metode moet soek om Hom te versoen omdat Hy voldoening eis, het hy nie gewone sekerheid nodig nie.6 Want so lank as wat sondaars nie van hulle skuld vrygemaak is nie, rus die toorn en vloek van God altyd op hulle, Hoewel Hy 'n regverdige Regter is, laat Hy nie toe dat sy wet ongestraf oortree word nie, maar Hy is gereed om Hom daarop te wreek.

2. 'n Verduideliking daarvan dat God ons vyand was totdat Hy deur Christus met ons versoen is.🔗

Voordat ons egter verder gaan, moet ons terloops opmerk hoe dit rym dat God, wat ons met sy barmhartigheid vooruitloop, onsvyand was totdat Hy deur Christus met ons versoen is.7 Want hoe sou Hy in sy eniggebore Seun aan ons 'n sonderlinge pand van sy liefde kon gegee het, tensy Hy ons alreeds vantevore met vrye gunsbewyse omhels het? Omdat hier dus 'n skynbare teenstrydigheid na vore kom, sal ek eers hierdie probleem oplos.

Oor die algemeen praat die Heilige Gees soos volg in die Skrif: God was die mense se vyand totdat hulle deur die dood van Christus weer in genade herstel is;8 hulle was vervloek totdat hulle ongeregtigheid deur sy offer gereinig is;9 hulle is van God geskei totdat hulle deur sy liggaam weer met Hom verenig is.10 Sulke uitsprake is by ons begrip aangepas, sodat ons beter kan verstaan hoe ellendig en rampspoedig ons toestand sonder Christus is. Want as daar nie in duidelike woorde aan ons gesê sou word dat God se toorn en wraak en die ewige dood oor ons hang nie, sou ons glad nie besef het hoe ellendig ons sonder God se barmhartigheid is nie, en ons sou die weldaad van verlossing baie gering geskat het. As iemand byvoorbeeld sou hoor: "As God jou gehaat en jou verwerp het toe jy nog 'n sondaar was, soos jy verdien het, sou 'n verskriklike verderf op jou gewag het. Omdat Hy jou egter vanself en uit vrye goedertierenheid in sy genade behou het en jou nie van Hom laat vervreem het nie, het Hy jou van hierdie gevaar verlos", sal hy wel beïnvloed word en deels besef hoeveel hy aan die barmhartigheid van God verskuldig is. Gestel hy sou aan die ander kant hoor dat die Skrif leer dat hy deur die sonde van God vervreem is, dat hy 'n erfgenaam van sy toorn is en aan die vloek van die ewige dood onderworpe is; as hy sou hoor dat hy van alle hoop op saligheid uitgesluit en van alle seën van God vervreem is, 'n slaaf van die Satan, onder die juk van die sonde gevang; dat hy, kortom, vir die verskriklike verderf bestem is en alreeds daarin verstrik  is,11 as hy dan sou hoor dat Christus as sy Voorbidder tussenbei getree en dat Hy die straf op Hom geneem en dat Hy geboet het vir die straf wat na die regverdige oordeel van God oor al die sondaars ge hang het; dat Hy die kwaad as gevolg waarvan God hulle gehaat het, met sy bloed versoen het; dat God die Vader deur hierdie soenoffer tevrede gestel en ten volle versoen is; dat sy toorn deur hierdie Voorbidder gestil is; dat die vrede van God met die mense deur hierdie fondament gesteun is; dat sy goedgunstigheid jeens hulle met hierdie band gebind word12 - sal so 'n man dan nie meer beïnvloed word as lewendig vir hom uitgebeeld word uit hoe 'n groot ramp hy geruk is nie?

Kortom: omdat ons gemoed nóg 'n lewe in die barmhartigheid van God begerig genoeg kan aangryp nóg met gepaste dankbaarheid kan aanneem as dit nie eers uit vrees vir God se toorn en uit vrees vir die ewige dood verslae en neergewerp is nie, word ons deur die heilige leer so onderrig dat ons kan bemerk dat sonder Christus God Hom vir ons vertoorn en dat sy hand toegerus is om ons te vernietig as onssy guns en vaderlike liefde nie in Christus omhels nie.

3. Omdat God ons eerste liefgehad het, het Hy ons in Christus met Hom versoen.🔗

Hoewel hierdie stelling in ooreenstemming met die swakheid van ons begripsverrnoë gemaak word, is dit tog nie vals nie. Want God, wat self die hoogste geregtigheid is, kan die ongeregtigheid wat Hy in ons almal raaksien, nie liefhê nie. In ons het ons almal dus iets wat God se haat verdien. Daarom is ons almal vanweë ons bedorwe natuur en verder as gevolg van ons verkeerde lewe wat daarby kom, in God se toorn waar lik voor sy aangesig skuldig en vir die verdoemenis van die hel gebore. Maar omdat die Here dit wat in ons aan Hom behoort, nie verlore wil laat gaan nie, vind Hy nog iets wat Hy na sy goedertierenheid lief kan hê, Want hoewel ons deur ons eie skuld sondaars is, bly ons nogtans sy skepsels. Hoewel ons self vir ons die dood op die hals gehaal het, het Hy ons nogtans vir die lewe geskep. So word Hy uit louter onverdiende liefde vir ons opgewek om ons in sy genade op te neem. Maar as daar 'n ewige onversoenlike tweespalt tussen sy geregtigheid en ons ongeregtigheid bestaan, kan Hy ons nie ten volle aanneem solank ons nog sondaars bly nie. Sodra al die stof tot vyandskap dus uit die weg geruim is, sal Hy ons ten volle met Hom versoen. Sodra die soenoffer in die  dood van Christus aan Hom voorgelê word, sal Hy al die kwaad wat nog in ons is, tot niet maak, sodat ons regverdig en heilig voor Hom kan verskyn ten spyte daarvan dat ons tevore onrein en vuil was. Daarom gaan God die Vader met sy liefde aan ons versoening in Christus vooraf. Of, liewer, omdat Hy ons eerste liefgehad het, versoen Hy ons daarna met Hornself.13 Maar omdat die ongeregtigheid wat God se toorn verdien en voor sy aangesig vervloek en verdoem is, nog in ons bly totdat Christus ons met sy dood te hulp kom, het ons geen volle en vaste band met God voordat Christus ons nie met Hom verenig nie. As ons dus aan onsself die belofte wil maak dat God tevrede en genadig sal wees, moet ons ons oë en ons gemoedere op Christus alleen vestig soos ons dit waarlik deur sy toedoen alleen verkry dat die sondes wat die toorn van God meebring, ons nie toegereken word nie.

4. 'n Aanhaling uit Augustinus om hierdie Bybelse waarheid te bevestig.🔗

Daarom sê Paulus dat die liefde waarmee God ons voor die skepping van die wêreld omhels het, in Christus gevestig en gegrond was.14 Dit is duidelik en in ooreenstemming met die Skrif. Die aanhalings waar gesê word dat God sy liefde jeens ons daarin getoon het dat Hy sy eniggebore Seun in die dood oorgelewer het15 en dat Hy ons vyand was voordat Hy deur die dood van Christus versoen is,16 stem ook baie goed hiermee ooreen. Maar om dit verder te verstewig by mense wat getuienis van die kerk van die ou tyd verlang, sal ek uit Augustinus 'n aanhaling maak waar juis dit geleer word. Hy sê: "Die liefde van God is onbegryplik en onveranderlik. Want Hy het ons nie eers begin liefhê toe ons deur die bloed van sy Seun met Hom versoen is nie, maar Hy het ons alreeds voor die grondlegging van die wêreld liefgehad, sodat ons saam met sy Eniggeborene ook sy kinders kon wees nog voordat ons hoegenaamd iets was. Die feit dat ons deur die dood van Christus weer met Hom versoen is, moet egter nie so opgeneem word asof die Seun ons daarom met Hom versoen het sodat Hy begin het om ons, wat Hy tevore gehaat het, toe eers lief te hê nie. Ons is immers met Hom versoen toe Hy ons alreeds liefgehad het, hoewel ons vanweë die sonde in vyandskap met Hom gelewe het. Maar laat die apostel self getuig of ek die waarheid praat. Hy sê: 'God bewys sy liefde teenoor ons omdat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was'.17 Hy het ons dus liefgehad selfs toe ons in vyandskap met Hom gelewe en ongeregtigheid gedoen het. Hy het ons daarom wonderbaarlik en Goddelik liefgehad selfs toe Hy ons gehaat het. Want Hy het ons gehaat in soverre as wat ons anders was as wat Hy ons geskep het. Omdat ons ongeregtigheid sy werk nie heeltemal vernietig het nie, weet Hy tegelyk om in elkeen van ons dit te haat wat ons gedoen het en om dit lief te hê wat Hy geskep het." Tot sover Augustinus se woorde.18

5. Hoe Christus vir ons die geregtigheid verkry het.🔗

Wanneer die vraag nou gestel word hoe Christus ons sondes weggeneem, die tweespalt tussen ons en God uit die weg geruim en vir ons geregtigheid verkry het om Hom vir ons gunstig en goedgesind te maak, kan oor die algemeen geantwoord word dat Hy dit vir ons deur die hele verloop van sy gehoorsaamheid bewys het. Paulus se getuienis bewys dit: "Soos baie deur die oortreding van een tot sondaars gestel is, so word ons deur die gehoorsaamheid van Een regverdig gestel."19 Elders brei hy die vergewing wat ons van die vloek van die wet vrywaar, tot Christus se hele lewe uit: "Toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun gestuur, gebore uit 'n vrou, onderworpe aan die wet, om die wat onder die wet was, te verlos."20 het Hyverklaar dat 'n deel van die geregtigheid juis in die doop volbring word, omdat Hy uit gehoorsaamheid die gebod van sy Vader nagekom het.21 Kortom: vanaf die stadium waarop Hy die persoon van 'n dienskneg aangeneem het, het Hy begin om die losprys vir ons verlossing te betaal. Tog skryf die Skrif dit as 'n besondere en kenmerkende eienskap aan die dood van Christus toe om die manier van saligheid beter te verklaar. Christus verklaar self dat Hy sy lewe tot verlossing vir baie gee.22 Paulus leer dat Hy ter wille van ons sondes gesterf het.23 Johannes die Doper roep dit uit dat Hy gekom het om die sondes van die wêreld weg te neem, omdat Hy die Lam van God was.24 Elders leer Paulus dat ons verniet geregverdig word deur die verlossing wat in Christus is, omdat Hy as Versoener in sy bloed voorgestel is.25 Net so verklaar hy dat ons in sy bloed regverdig gemaak en deur sy dood versoen is.26 Verder sê hy: "Hy wat sonde nie geken het nie, het vir ons sonde geword sodat ons God se geregtigheid in Hom kon wees".27

Ek sal dit nie alles hier weergee nie, want dit sou 'n eindelose lys wees, en baie ander getuienisse sal op die regte plek aangehaal moet word. Daarom gaan die Apostoliese Geloofsbelydenis in die heel beste volgorde dadelik van Christus se geboorte oor na sy dood en opstanding. Daarin is 'n samevatting van die volmaakte saligheid vervat. Tog word die res van die gehoorsaamheid wat Hy in sy lewe betoon het, nie uitgesluit nie. Paulus vat dit byvoorbeeld volledig van begin tot end saam wanneer hy sê dat Hy Hom ontledig het toe Hy die gestalte van 'n dienskneg aangeneem het en aan sy Vader gehoorsaam was tot die dood toe, naamlik sy kruisdood.28 En juis hierin neem sy vrywillige onderwerping waarlik die eerste trap in omdat sy offer sy geregtigheid nie sou gebaat het tensy dit vrywillig gebring is nie. Wanneer die Here dus getuig dat Hy sy lewe vir sy skape neerlê,29 voeg Hy uitdruklik by: "Niemand neem dit van My af weg nie".30 In dieselfde sin sê Jesaja dat Hy stom geword het soos 'n lam voor sy skeerder.31 Die geskiedenis volgens die evangelie vertel ook dat Hy die soldate tegemoet gegaan het32 en dat Hy sonder verdediging voor Pilatus gestaan het om sy oordeel te ondergaan.33 Dit was egter nie sonder stryd nie. Hy het immers ons swakhede op Hom geneem, en só moes die gehoorsaamheid wat Hy aan sy Vader betoon het, bewys word. Dat Hy met die verskriklike vrees geworstel en in die wrede foltering sy eie belang laat vaar het om ons be lange te behartig, was nie maar 'n alledaagse voorbeeld van sy onvergelyklike liefde jeens ons nie.

Ons moet trouens aan die beginsel vashou dat God nie anders na behore versoen kon word nie as dat Christus sy eie begeerte moes laat vaar en Hom aan sy Vader se wil moes onderwerp en Hom geheel en al daaraan moes oorgee. Daarvoor haal Paulus paslik die getuienis van die Psalm soos volg aan: "In die boek van die wet is daar van my geskrywe dat Ek u wil sal doen, o God. Dit wil Ek en dit wil u wet binne-in my hart! Toe het ek gesê: 'Kyk, ek kom'".34 Omdat ons vreesagtige gewetes verder geen rus kan vind anders as in sy offer en afwassing waardeur ons sondes uitgewis word nie, word ons met reg daarheen gelei, en in Christus se dood word vir ons die stof tot die lewe neergelê.

Omdat die vloek vanweë ons skuld nog voor die hemelse regbank van  God op ons gewag het, word in die eerste plek vertel dat Hy voor Pontius Pilatus, die goewerneur van Judea, veroordeel is sodat ons kan weet dat Hy wat regverdig is, die straf waarin ons verstrik was, gedra het. Ons kon die verskriklike oordeel van God nie ontwyk nie. Om ons dus daarvan te verlos het Christus toegelaat dat Hy voor 'n sterflike mens, ja, voor 'n bose wêreldse mens, veroordeel word. Want die naam van die owerste word nie alleen gemeld om die geskiedenis geloofwaardig te maak nie maar ook met die doel dat ons kan leer wat Jesaja ons bied, naamlik dat die straf van ons vrede op Hom was en dat ons deur sy wonde genees is.35 Dit sou trouens nie genoegsaam wees om maar enige dood te sterwe om ons verdoemenis tot niet te maak nie. Maarom ons verlossing te volbring moes Hy die soort dood kies waarin Hy meteen ons verdoemenis op Hom kon oordra, die straf op Hom kon neem en ons van albei kon verlos. As Hy deur rowers vermoor of in 'n oproer van die volk doodgemaak sou gewees het, sou daar geen bewys van voldoening in so 'n dood gewees het nie. Maar wanneer Hy as beskuldigde voor die regterstoel gestel word, wanneer Hy deur getuies aangekla en benou word en uit die mond van die regter self die doodstraf opgelê word, kan ons aan die hand van hierdie bewyse verstaan dat Hy die rol van 'n skuldige en misdadiger op Hom geneem het.

Hier moet ons op twee aspekte let. Dit is ook in die profesieë van die profete voorspel en bring voortreflike geloofsvertroosting en versterking mee. Wanneer ons tewens hoor dat Christus van die regterstoel af na sy dood gestuur is en dat Hy onder rowers gehang is, het ons die vervulling, van die profesie wat die skrywer van die evangelie aanhaal, naamlik: "Hy is onder die goddeloses gereken",36 Waarom dan so? Om, naamlik, die plek van 'n sondaar en nie van 'n regverdige of onskuldige nie in te neem, omdat Hy nie vanweë onskuld nie maar vanweë die sonde die dood ondergaan het. Wanneer ons aan die ander kant hoor dat Hy deur dieselfde mond wat Hom veroordeel het, vrygespreek is (want Pilatus is gedwing om nie net een maal nie openlik sy onskuld te betuig),37 dan dink ons dadelik aan dit wat in 'n ander profeet voorkom, naamlik dat Hy betaal het vir wat Hy nie geroof het nie.38 So sal ons dus sowel die rol van sondaar en misdadiger in Christus weergegee sien. Wanneer sy onskuld na vore kom, sal dit onmiddellik duidelik word dat Hy eerder met 'n ander se oortreding as met sy eie belas is. Hy het dus onder Pontius Pilatus gely, en Hy is volgens die amptelike vonnis van die goewerneur onder. misdadigers gereken. Tog gebeur dit op so 'n wyse dat Hy terselfdertyd deur hom regverdig verklaar word wanneer hy sê dat hy geen skuld in Hom vind nie.39 Dit is ons vryskelding omdat die skuld wat ons aan die straf blootgestel het, op die hoof van die Seun van God oorgedra is.40 Want ons moet veral vanhierdie vereffening kennis neem om ons hele lewe lank nie bevrees of beangs te wees asof God se regverdige wraak ons bedreig nie, omdat die Seun van God dit op Homself oorgedra het.

6. Christus se kruisdood was nie sonder 'n merkwaardige misterie nie.🔗

Maar nou is hierdie soort dood ook nie sonder 'n merkwaardige misterie nie. Die kruis was vervloek nie alleen volgens die mens se opvatting nie maar ook volgens 'n bepaling van God se wet.41 Toe Christus dus aan die kruis gehang is, het Hy Homself aan die vloek onderwerp. En dit moes so gebeur sodat ons van elke vloek wat vanweë ons ongeregtighede nog by ons gebly het of eerder op ons gelê het, verlos kon word wanneer dit na Hom oorgedra word. Dit was ook in die wet afgeskadu. Want die slagen soenoffers wat vir die sondes geoffer is, is in Hebreeus, ashamôt genoem. Met hierdie woordjie word eintlik juis die sonde aangedui. Deur die woord in figuurlike sin te gebruik, wou die Heilige Gees te kenne gee dat hierdie offers soos soenoffers was. Sulke offers het die vloek wat vir oortredings verskuldig was, op hulle geneem en dit gedra. Dit wat egter in die Mosaiese offers figuurlik weergegee is, word in Christus in die egte betekenis van die afbeeldings weergegee. Om dus ware versoening te doen het Hy sy eie lewe as 'n soenoffer geoffer, dit is soos die profeet sê, as 'n voldoeningsoffer vir die sonde op wie die met en straf in 'n sekere sin gewerp is en ons nie meer toegereken word nie.42 Die apostel getuig nog duideliker hiervan wanneer Hy leer dat Hy wat die sonde nie geken het nie, deur die Vader vir ons sonde geword het, sodat ons in Hom God se geregtigheid sou word.43 Want die Seun van God, wat volkome rein en sonder gebrek is, het nogtans die smaad en skande van ons ongeregtighede op Hom geneem en ons op sy beurt met sy reinheid bedek. Klaarblyklik het dit dieselfde strekking wanneer hy van die sonde sê dat die sonde in sy vlees verdoem was.44 Want die Vader het die krag van die sonde vernietig toe die vloek daarvan op die vlees van Christus oorgedra is. Met die woorde hierbo word dus aangedui dat Christus in sy dood as 'n voldoeningsoffer vir sy Vader geoffer is, sodat ons die toorn van God nie langer sou vrees nie, omdat Hy deur sy offer die versoening volbring het. 

Nou is dit duidelik wat die bekende opmerking van die profeet beteken wanneer hy sê dat ons almal se ongeregtigheid op Hom gelê is.45 Dit beteken naamlik dat Hy by wyse van oorgedraagde toerekening met die vuilheid van ons ongeregtigheid bedek is om die vuilheid daarvan van ons weg te neem. Die kruis waaraan Hy vasgenael is, was 'n simbool hiervan, soos die apostel getuig. Hy sê: "Christus het ons verlos van die vloek van die wet toe Hy vir ons die vloek geword het. Want daar is geskrywe: 'Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang', sodat die seën van Abraham in Christus na die heidene kon kom".46 Petrus het dieselfde gedagte gehad toe hy geleer het dat Hy ons sondes aan die hout gedra het.47 Juis uit hierdie teken van vervloeking kan ons immers duideliker begryp dat die las waardeur ons neergedruk was, op Hom gelê is. En tog moet ons nie daaronder verstaan dat Hy so 'n vervloeking ondergaan het dat Hy daaronder beswyk het nie. Nee, deur dit te ondergaan het Hy eerder die krag daarvan ten volle onderdruk, verbreek en vernietig. Daarom sluit die geloof verlossing in die verdoemenis van Christus en seën in sy vervloeking in. Paulus verkondig daarom die triomf wat Christus aan die kruis behaal het, nie sonder rede met soveel grootsheid nie, net asof die kruis wat vol skande was, in 'n triomfwa verander is. Want hy sê dat die skuldbrief wat teen ons was, aan die kruis vasgespyker is en dat die owerstes beroof en in die openbaar uitgelewer is.48 Geen wonder nie, want volgens die getuienis van 'n ander apostel het Christus Homself deur die ewige Gees geoffer.49 Daarvandaan het die verandering in daardie natuur plaasgevind. Sy offer en sy afwassing moet ons altyd te binne skiet om dit stewig in ons harte te laat wortelskiet en dit diep daarin te vestig. Want ons sou nie vas en seker kon bely dat Christus ons verlossing, ons losprys en ons versoening is as Hy nie 'n soenoffer was nie.50 Daarom word daar in die Skrif so dikwels van bloed melding gemaak wanneer dit die wyse van ons verlossing aantoon. En tog het Christus se vergote bloed nie alleen as soenoffer gedien nie, maar dit het ook die plek ingeneem van 'n bad om ons vuilheid skoon te was.51

7. Die dood en begrafnis van Christus hou 'n dubbele weldaad in, naamlik die verlossing van die dood en die afsterwe van ons vlees.🔗

Dan volg daar in die geloofsbelydenis dat Hy gesterwe het en begrawe is. Hierin kan ons weer sien hoe Hy Homself in alle opsigte in ons plek gestel het om die prys van ons verlossing te betaal. Die dood het ons onder sy juk vasgeknel gehou, Christus het Homself in ons plek aan die mag van die dood oorgegee om ons daarvan te verlos. So verstaan die apostel dit wanneer hy skryf dat Hy die dood vir almal gesmaak het.52 Want deur te sterwe het Hy veroorsaak dat ons nie sal sterf nie, of - en dit is dieselfde - deur sy dood het Hy vir ons die lewe gekoop. Hy het egter 'n heeltemal ander dood as ons gesterwe, want Hy het Homself aan die dood oorgegee om as't ware daardeur opgeslurp te word, maar nie om in die dieptes daarvan verslind te word nie, maar eerder om die dood, waardeur ons uiteindelik verslind moes word, self te verslind; verder dat Hy Hom die dood laat ondergaan het, nie om deur die mag daarvan onderdruk te word nie maar eerder om die dood plat te vee wat ons bedreig het en ons alreeds onderdruk en vertrap het. Kortom: om hom wat oor die dood gesag gehad het (dit is die duiwel), deur die dood te vernietig en dié wat deur die vrees vir die dood hulle hele lewe lank aan die slawerny van die dood onderworpe was, daarvan te bevry.53 Sy dood het dit as eerste voordeel vir ons voortgebring. Die tweede voordeel daarvan is dat Hy ons in Homself laat deel en ons aardse ledemate dood, sodat dit in die toekoms geen uitwerking meer het nie, en dat Hy ons ou mens dood, sodat dit hierna geen krag of vrug meer het nie.

Watter doel dien sy begrafnis? Dit, naamlik, dat ons daarin sou deel en self in die sonde begrawe sou word. Want die apostel leer dat ons in dieselfde dood as Christus ingelyf is,54 dat ons met Hom in die dood van die sonde begrawe is en dat die wêreld deur sy kruis vir ons gekruisig is en ons vir die wêreld,55 en dat ons saam met Hom gesterf het.56 Dan vermaan hy ons nie alleen om die voorbeeld van sy dood uitdruklik te volg nie, maar hy verklaar ook dat daarin die krag is wat in alle Christene na vore behoort te kom, tensy hulle sy dood waardeloos en vrugteloos wil maak.

So word daar in die dood en begrafnis van Christus dus 'n dubbele weldaad vir ons genot aan ons voorgehou, naamlik die verlossing van die dood, waarvan ons slawe was, en die afsterwe van ons vlees.

8. Die manier waarop Christus se neerdaal na die hel verstaan moet word.57🔗

Ons moet egter nie sy neerdaal na die hel agterweë laat nie, want in sy verlossingswerk is dit van groot belang. Hoewel dit na aanleiding van die geskrifte van die ou skrywers trouens blyk dat die artikel in die geloofsbelydenis eertyds nie so algemeen in die kerk in gebruik was nie, moet in die behandeling van 'n samevatting van die leer tog daarvoor plek ingeruim word.58 Die artikel sluit trouens 'n geheimenis in van 'n belangrike saak wat nuttig is en glad nie in die wind geslaan moet word nie. Daar is wel party van die ou skrywers wat die artikel nie buite rekening laat nie.59 Hieruit kan ons aflei dat die artikel nie dadelik nie maar eers later ingevoeg is60 en dat dit geleidelik in die kerk veld gewen het. Dit staan in elk geval bo alle teenspraak dat die artikel aan die algemene gevoel van al die vroom mense ontleen is, want daar is nie een van die kerkvaders wat nie in sy geskrifte die neerdaal van Christus na die hel vermeld nie, hoewel elkeen daaraan 'n ander vertolking gee. Dit is egter vir die onderwerp van weinig belang deur wie of wanneer dit eerste ingevoeg is. Ons moet in die geloofsbelydenis eerder daarop let dat die som van ons geloof volledig en in alle opsigte vir ons volmaak daar voorkom waarin niks anders ingevoer mag word as net dit wat uit die volkome suiwere Woord van God geput is nie. As sommige mense se eiesinnigheid hulle verhinder om die artikel in die geloofsbelydenis op te neem,61 sal dit nogtans weldra duidelik word dat dit vir die geheel van ons verlossing van soveel waarde is dat as ons dit agterweë sou laat, baie van die vrug van Christus se sterwe vir ons verlore sou gaan. Aan die ander kant is daar mense wat meen dat hier nie iets nuuts gesê word nie maar dat net met ander woorde herhaal word wat tevore reeds in verband met sy begrafnis gesê is, omdat die woordjie hel baie dikwels in die Skrifte in plaas van graf gestel word.62 Ek gee toe dat hulle verklaring van die woord se betekenis reg is en dat ons onder die woord hel dikwels graf moet verstaan. Twee redes druis egter teen hulle opvatting in, waardeur ek maklik beïnvloed word om van hulle te verskil. Want 'n toonbeeld van hoe 'n groot onverskilligheid sou dit nie wees om 'n onderwerp wat glad nie moeilik is nie en met voor die hand liggende en duidelike woorde toegelig is, dan met 'n baie duisterder ineenstrengeling van woorde aan te dui eerder as om dit te verklaar nie? Want elke keer wanneer twee segswyses dieselfde onderwerp uitdruk en met mekaar verbind word, moet die laaste uitdrukking 'n verklaring van die eerste wees. Maar wat se soort verklaring sou dit nou wees as iemand sou sê: "Dat Christus begrawe is, gee te kenne dat Hy na die hel neergedaal het"? Verder is dit onwaarskynlik dat so 'n oortollige geklets in hierdie samevatting, waar puntsgewys sover moontlik met baie min woorde die hoofpunte van die geloof aangestip word, kon insluip. Ek twyfel ook nie dat almal wat die onderwerp 'n bietjie versigtiger oorweeg het, maklik met my sou saamstem nie.

9. 'n Weerlegging van die Roomse opvatting dat Christus neergedaal het na die siele van die aartsvaders om hulle uit die gevangenis te verlos.🔗

Sommige verklaarders het weer'n ander opvatting, naamlik dat Christus neergedaal het na die siele van die aartsvaders wat onder die wet gesterf het, om aan hulle te berig dat die verlossing volbring is en om hulle siele uit die kerker waarin hulle gevange was, te verlos.63 Verkeerdelik haal hulle die getuienis hiervoor uit die Psalm waar gesê word dat Hy koperdeure en ysterskarniere gebreek het.64 Net so uit Sagaria dat Hy die gevangenes verlos het uit die put waarin geen water was nie.65 Wanneer die psalmis die verlossing verkondig van die mense wat in verafgeleë landstreke gevangenes is wat in kettings geboei is, en Sagaria die ramp vergelyk met 'n bodemlose droë put of 'n afgrond waarin die volk versonke was, en terselfdertyd leer dat die verlossing van die hele kerk 'n uitgang uit die diepte van die hel is, weet ek nie hoe dit moontlik isdat die nageslag kon dink dat daar 'n plek onder die aarde is wat hulle die voorhel genoem het nie.66 Maar hoewel hierdie fabel belangrike segsmanne het67 en dit vandag nog ernstig deur baie skrywers as die waarheid verdedig word,68 is dit tog niks meer as 'n blote fabel nie. Want dit is 'n kinderagtige versinsel om die siele van dooies in 'n tronk toe te sluit. Waarom moes Christus se siel dan daarheen neerdaal om hulle vry te stel? Ek erken wel met graagte dat Christus hulle met die krag van sy Gees bestraal het, sodat hulle kon weet dat die genade waaraan hulle deur te hoop slegs geproe het, toe aan die wêreld geopenbaar is.69

'n Verwysing in Petrus kan op aanneemlike grond hierby aangepas word, waar hy sê dat Christus gekom het en dat Hy die Woord verkondig het vir die geeste wat in die wagtorings of, volgens die algemene vertalings, in die tronk was.70 Want die verband lei ons ook daarheen dat die gelowiges wat voor die tyd gesterwe het, in dieselfde genade as ons gedeel het. Hy vergroot immers die krag van sy dood in so 'n mate dat dit tot by die dooies deurgedring het, totdat vroom siele sy besoek, waarop hulle so sorgsaam gewag het, daadwerklik sien en verkry. Aan die ander kant was dit vir die verwerptes baie duidelik dat hulle van die saligheid uitgesluit word. Ons moet die feit dat Petrus dit egter nie so uitdruklik sê nie, nie so opneem asof hy vroom mense en goddeloses sonder onderskeid saamvoeg nie, maar hy wil slegs leer dat albei saam van die dood van Christus bewus was.

10. Christus het nie alleen liggaamlik gely nie maar ook in sy siel die foltering van 'n verdoemde mens gedra.🔗

Maar kom ons laat die verklaring van die geloofsbelydenis daar. Ons moet eers na 'n vaster verduideliking van die artikel in verband met Christus se neerdaling na die hel soek. Daarvoor het ons 'n verduideliking in die Woord van God wat nie alleen heilig en godvrugtig is nie maar ook vol voortreflike troos. Dit sou niks gebaat het as Christus slegs 'n liggaamlike dood sou gesterf het nie. Hy moes ook die strengheid van God se wraak ervaar om sy toorn af te wend en aan sy regverdige oordeel te voldoen. Daarom moes Hy ook met die magte van die hel en die verskrikking van die ewige dood hand teen hand worstel.71

Ons het onlangs na aanleiding van die profeet daarna verwys dat die straf vir ons vrede op Hom gelê was, dat Hy vanweë ons oortredinge deur sy Vader geslaan en vanweë ons ongeregtighede verbrysel is.72 Daarmee dui hy aan dat Hy as borg in die plek van sondaars, 'n borg wat soos 'n skuldige gestel was om al die strawwe wat van hulle geëis moes word, te betaal en te vergeld. Daarvan was slegs hierdie een faset uitgesonder, naamlik dat Hy nie deur die smarte van die dood gehou kon word nie.73 As daar dus gesê word dat Hy na die hel neergedaal het, is dit nie iets eienaardigs nie, aangesien Hy die dood verduur het wat God in sy toorn op sondaars lê. Die beswaar wat sommige mense hierteen inbring, is te onbeduidend en daarom ook belaglik.74 Hulle sê dat die orde so verdraai word, want dit sou dan nie rym dat die voorafgaande inhoud van sy begrafnis ondergeskik gestel word nie. Want wanneer die dinge wat Christus ten aanskoue van die mens gely het, uiteengesit is, word daar paslik die onsienlike en onbegryplike oordeel, wat Hy voor God gedra het, bygevoeg. Die doel daarvan is dat ons kan weet dat nie alleen Christus se liggaam as losprys vir ons oorgelewer is nie maar dat daar 'n groter en uitnemender prys was, naamlik dat Hy in sy siel die verskriklike foltering van 'n verdoemde en verlore mens gedra het.

11. Christus het uit die dood opgestaan omdat Hy nie daardeur gebind of oorwin kon word nie.🔗

In hierdie sin sê Petrus dat Christus opgestaan het nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou of oorwin sou word.75 Hy maak nie maar net doodeenvoudig van sy dood melding nie, maar hy meld uitdruklik dat die Seun van God deur die smarte gebind was wat God se vloek en toorn voortgebring het dit is die oorsprong van die dood. Want van hoe weinig waarde sou dit gewees het dat Hy hom onbesorg en speelsgewys sou aanbied om die dood te ondergaan? Dit was trouens 'n waaragtige bewys van sy eindelose barmhartigheid dat Hy die dood, wat Hy soveel gevrees het, nie ontwyk het nie. Ongetwyfeld is dit juis wat die apostel in die brief aan die Hebreërs wil leer wanneer hy skryf dat Christus uit sy angs verhoor is.76 Sommige verander dit na ontsag of godsvrug, maar die gebeurtenis self en juis ook die spreekwyse bewys hoe onvanpas dit is.77 So bid Christus dan met trane en 'n harde kreet, en Hy word uit sy vrees verhoor, nie om vry van die dood te wees nie maar om nie soos 'n sondaar daardeur verslind te word nie. Daar het hy immers ons eie persoon gehad. 'n Mens kan hom sekerlik nie 'n verskrikliker afgrond voorstel as om te voel dat hy deur God verlate en van Hom vervreem is nie en om nie verhoor te word wanneer hy Hom aanroep nie, net asof Hy self tot jou verderf saamgesweer het. Ons sien dat Christus so verslae was dat Hy onder druk van sy benoudheid gedwing was om uit te roep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?''78

Sommige mense huldig die opvatting dat Hy eerder na die mening van ander as uit eie gevoel so gepraat het.79 Dit is heeltemal onwaarskynlik, aangesien dit duidelik is dat die kreet diep uit die angs van sy siel gekom het. En tog gee ons nie te kenne dat God ooit sy vyand was of dat Hy Hom vir Hom vertoorn het nie. Want hoe sou Hy toornig kon wees op sy geliefde Seun in wie sy siel 'n welbehae gehad het?80 Of hoe sou Christus deur sy tussentrede sy Vader met ander kon versoen as Hy sy vyand was? Maar ons sê dat Hy die volle lading van God se strengheid gedra het. Hy is immers deur God se hand geslaan en geteister en Hy het al die tekens van God se toorn en straf ervaar.81 Daarom redeneer Hilarius dat ons deur sy neerdaling dit verkry het dat die dood vernietig is.82 Ook in ander opsigte verskil hy nie van ons opvatting nie, soos byvoorbeeld wanneer hy sê: "Die kruis, die dood en die hel is vir ons die lewe".83 Elders sê hy: "Die Seun van God is in die hel, maar die mens word na die hemel opgeneem".84

Maar waarom haal ek die getuienis van 'n gewone man aan as die apostel dieselfde sê wanneer hy hierdie vrug van Christus se oorwinning in herinnering roep, naamlik dat mense van hulle vrees vir die dood bevry is terwyl hulle hulle hele lewe lank slawe daarvan was.85 Hy moes dus die doodsvrees wat alle sterflike mense van nature en voortdurend beangs en benou, oorwin. Dit kon nie anders as deur stryd bereik word nie. Dit sal voorts weldra duideliker word dat Christus se smart nie maar alledaagse smart of smart was wat Hy ligtelik gedra het nie. Deur met die mag van die duiwel, met die vrees vir die dood en met die smarte van die hel handgemeen te raak het dit so gebeur dat Hy hulle oorwin en oor hulle getriomfeer het, sodat ons in die dood nie meer die dinge hoef te vrees wat ons Vors daarin ontbind het nie.

12. 86'n Weerlegging van die opvatting dat Christus nie vrees en wanhoop ervaar het nie omdat dit dan met sy geloof sou bots.🔗

Party deugniete verhef hulle stem hierteen al dra hulle geen kennis hiervan nie. Hulle is egter deur kwaadwilligheid eerder as onkunde aangedryf.87 Hulle beweer dat ek Christus 'n verskriklike onreg aandoen, omdat dit dan hoegenaamd nie sou pas dat Christus oor die saligheid van sy siel sou vrees nie. Verder dryf hulle die valse beskuldiging nog verder voort wanneer hulle sê dat ek aan die Seun van God wanhoop toeskryf, wat strydig is met geloof.

In die eerste plek stel hulle die vrees en bewing van Christus verkeerdelik in geskil, terwyl die skrywers van die evangelies dit openlik so verkondig. Want in die tyd voor sy dood was sy gees ontsteld en was Hy deur droefheid oorweldig.88 En juis in sy stryd het Hy begin om hewiger beangs te word.89 As hulle sou beweer dat Hy dit geveins het, is dit 'n afstootlike uitweg. As ons ons dus nie vir sy kruis skaam nie, moet ons Christus se droefheid gelowig bely, soos Ambrosius trouens leer.90 In elk geval, as sy siel nie in die straf gedeel het nie, sou Hy slegs maar 'n Verlosser vir ons liggame gewees het. Hy moes egter worstel om die wat terneergeslae was, op te hef. Die feit dat Hy nie geweier het om ons swakhede op Hom te neem nie, het geen afbreuk aan sy hemelse heerlikheid gedoen nie, sodat sy goedheid, wat nooit genoeg geprys kan word nie, hierin nog meerskitter. Hieruit spruit ook daardie vertroosting vir ons angs en smarte wat die apostel aan ons voorhou wanneer hy sê dat hierdie Middelaar ons swakhede ervaar het om ons in ons ellende geredeliker te kan help.91 Hulle opper die beswaar dat iets wat op sigself gebrekkig is, ten onregte aan Christus toegedig word. Net asof hulle wyser is as die Gees van God wat hierdie twee aspekte saamvoeg, naamlik dat Christus in alles net soos ons versoek is en dat Hy tog sonder die sonde was. Daar is dus geen rede waarom die swakheid van Christus ons hoef af te skrik nie. Hy is immers daartoe beweeg om Hom daaraan te onderwerp, nie onder dwang van geweld of noodsaaklikheid nie maar uit loutere liefde en barmhartigheid vir ons. Alles wat Hy egter vrywillig vir ons gely het, het geen vermindering in sy krag teweeggebring nie. Die lasteraars vergis hulle egter in een opsig, naamlik dat hulle nie erken dat die swakheid in Christus rein en vry van alle gebrek is nie, omdat Hy Hom binne die perke van gehoorsaamheid gehou het. Omdat selfbeheersing trouens nie in die bedorwenheid van ons natuur raakgesien kan word nie, waar al ons begeertes in 'n verwarde stormloop hulle perke oorskry, meet hulle die Seun van God verkeerdelik na aanleiding van hierdie maat. Maar toe Hy nog onverswak was, was sy beheer oor al sy emosies sterk genoeg om oorskryding van die perk te vehoed. Daarom kon Hy in smart, vrees en bewing soos ons wees92 maar dan op nog 'n wyse dat Hy nogtans in hierdie opsig van ons kon verskil.

Wanneer hulle so aan die kaak gestel word, spring hulle eindelik na 'n ander uitvlug oor, naamlik dat, hoewel Christus die dood gevrees het, Hy nie vir die vloek en toorn van God bevrees was nie, omdat Hy geweet het dat Hy daarvan vry was. Maar laat my godvrugtige lesers net oorweeg hoe eervol dit vir Christus is dat Hy sagter en banger was as baie gewone mense. Rowers en ander kwaaddoeners storm met minagting op die dood af. Baie mense sien hoogmoedig daarop neer, en party mense gaan dit bedaard tegemoet. Wat se standvastigheid of grootmoedigheid sou dan daarin geleë wees dat die Seun van God deur die skrik vir die dood platgeslaan en byna verbyster was? Want van Hom word daar vertel – en dit is iets wat vir 'n gewone man na 'n bonatuurlike verskynsel sou kon lyk - dat daar vanweë die hewigheid van sy foltering bloeddruppels van sy gesig af gevloei het.93 Dit is 'n gesig wat Hy inderdaad nie vir die oë van ander getoon het toe Hy in 'n afgesonderde plek sy versugtinge tot sy Vader gerig het nie. Die feit dat die engele uit die hemele moes neerdaal om Hom buitengewoon te troos, neem ook alle twyfel in verband daarmee weg.94 Hoe 'n skandelike swakheid sou dit nie gewees het nie, soos ek gesê het, om so vanweë vrees vir die gewone dood gemartel te word dat Hy 'n bloedsweet van Hom af laat vloei het en dat Hy nie daarvan kon herstel behalwe deur 'n gesig van die engele nie? Waarom dan is die gebed drie maal herhaal: "Vader, as dit moontlik is, laat die beker by My verbygaan''?95 Het dit nie uit 'n ongelooflike bitterheid van sy siel voortgekom nie? Dui dit nie aan dat Christus 'n harder en moeiliker stryd met die dood gevoer het as die dood waarin almal deel nie? Hieruit is dit duidelik dat die babbelaars met wie ek nou redeneer, onbedagsaam klets oor dinge waarvan hulle niks weet nie. Hulle het trouens nog nooit in alle erns oorweeg wat dit beteken en watter krag dit het dat ons van God se oordeel verlos is nie. Maar dit is ons wysheid dat ons terdeë besef hoe duur ons saligheid die Seun van God te staan gekom het.

As iemand nou sou vra of Christus in daardie stadium na die hel neergedaal het toe Hy gebid het dat die dood by Hom verby moet gaan, is my antwoord daarop dat dit die begin daarvan was. Daaruit kan afgelei word hoe wreed en verskriklik die foltering was wat Hy gely het toe Hy besef het dat Hy om ons ontwil voor die regbank van God gestaan het. Hoewel die Goddelike krag van sy Gees hom vir 'n oomblik verberg het om vir die swakheid van sy vlees plek te maak, moet ons nogtans weet dat die versoeking vanweë sy gevoel van smart en vrees van so 'n aard was dat dit nie met sy geloof gebots het nie. So is dit wat in Petrus se prediking voorkom, vervul, naamlik dat Hy nie deur die smarte van die dood gehou kon word nie;96 want hoewel Hy gevoel het dat Hy as't ware van God verlate was, het Hy nogtans nie eens 'n klein bietjie van die vertroue op sy goedheid afgewyk nie. Die bekende aanroeping waarin Hy as gevolg van die heftigheid van sy pyn uitgeroep het, "My God, my God, waarom het U Myverlaat?",97 leer dit ook. Want hoewel Hy buitengewoon benoud was, sien Hy nogtans nie daarvan af om Hom sy God te noem nie, hoewel Hy uitroep dat Hy deur Hom verlaat is.

Verder word Apolltnaris98 se dwaling sowel as die dwaling van die mense wat as Monotelete bekend gestaan het, weerlê, Apollinaris het hom verbeel dat Christus 'n ewige gees in plaas van 'n siel gehad het, sodat Hy net 'n halwe mens sou wees. Net asof Hy vir ons sondes kon boet sonder om sy Vader te gehoorsaam. Waar is die neiging of wil tot gehoorsaamheid dan anders as in die siel? Ons weet dat sy siel so onrustig was dat ons siele rus en vrede kon kry omdat Hy ons vrees verdryf het. Hierbenewens sien ons, strydig met die Monotelete,99 se opvatting, hoe Hy hier volgens sy menslike natuur nie wou doen wat Hy volgens sy Goddelike natuur wel wou doen nie. Dat Hy die vrees waarvan ons gepraat het, met 'n teenoorgestelde emosie onderdruk het, laat ek daar. Die teenstrydige aard kan duidelik gesien word in "Vader, verlos Myvan hierdie uur; maar waarom het Ek in hierdie uur gekom? Vader, verheerlik u Naam".100 Tog was daar in sy vertwyfeling geen gebrek aan selfbeheersing, soos wat in ons waargeneem kan word wanneer ons ons besonderlik inspan om ons te beheers nie.

13. Christus se opstanding uit die dood.🔗

Hierop volg daar sy opstanding uit die dood.101 Daarsonder sou alles wat ons tot dusver gesê het, gebrekkig gewees het. Omdat daar immers in die kruis, in die dood en begrafnis van Christus niks anders as net swakheid na vore kom nie, moet ons geloof bo-oor al die dinge spring om met volle krag toegerus te kan word. Hoewel ons in sy dood die volle vervulling van ons saligheid het, omdat ons daardeur met God versoen is, omdat daardeur ook aan sy regverdige oordeel voldoen is, en omdat  die vloek uit die weg geruim en die straf daardeur betaal is, word daar nogtans gesê dat ons nie deur sy dood nie maar deur sy opstanding tot 'n lewende hoop weer gebore is.102 Want soos Hy deur daaruit op te staan die dood oorwin het, so is ons geloof se oorwinning oor die dood in sy wederopstanding geleë.

Paulus se woorde druk die wyse waarop dit gebeur, beter uit. Hy sê dat Christus vanweë ons sondes gesterf het en dat Hy vanweë ons regverdigmaking opgewek is.103 Dit is net asof hy gesê het dat die sonde deur sy dood weggeneem en sy geregtigheid deur sy opstanding hernieu en herstel is. Want hoe kon Hy deur te sterwe ons van die dood verlos het as Hy self voor die dood geswig het? Hoe sou Hy vir ons die oorwinning kon verkry het as Hy in die stryd beswyk het? Ons verdeel daarom die stof tot ons saligheid tussen die dood en die opstanding van Christus, want deur sy dood is die sonde vernietig en die dood uitgewis, en deur sy opstanding in sy geregtigheid herstel en die lewe weer opgerig. Dit het egter op so 'n wyse gebeur dat sy dood die krag en werking daarvan deur sy weldaad vir ons teweegbring. Gevolglik verklaar Paulus dat Hy juis in sy opstanding as Seun van God verklaar is.104 Want toe het Hy uiteindelik sy hemelse krag geopenbaar wat enersyds 'n helder spieëlbeeld van sy Goddelikheid is en andersyds 'n vaste ondersteuning van ons geloof. So leer hy ook elders dat Hy na die swakheid van sy vlees gely het maar dat Hy uit die krag van die Gees weer opgestaan het.105 Wanneer hy elders in dieselfde betekenis van sy volmaaktheid praat, sê hy. "Sodat ek Hom kan ken en die mag van sy opstanding". Tog voeg hy onmiddellik daarna die gemeenskap met sy dood by.106 Petrus se verklaring stem ook baie paslik hiermee ooreen wanneer hy sê dat God Hom uit die doodopgewek en aan Hom heerlikheid gegee het sodat ons geloof en hoop in God kan wees."107 Dit beteken nie dat die geloof wat deur sy dood ondersteun is, in vertwyfeling sou hang nie, maar dat God se krag wat ons in die geloof bewaar, juis in sy opstanding die beste na vore kom. Ons moet daarom daaraan gedagtig wees dat elke keer wanneer sy dood alleen vermeld word, dit wat aan sy opstanding eie is, ook daarby ingesluit word. Ons moet verder weet dat 'n soortgelyke sinekdogee in die woord opstanding voorkom wanneer dit afsonderlik van sy dood gestel word, sodat dit dan ook die betekenis dra wat besonderlik by sy dood pas. Maar omdat Hy deur sy opstanding die oorwinning behaal het om self opstanding en lewe te word, hou Paulus tereg vol dat die geloof vernietig en die evangelie nutteloos en bedrieglik sou gewees het as Christus se opstanding nie in ons harte ingegrif sou wees nie.108 Nadat hy dus oor Christus se dood teen die verskrikkinge van die verdoemenis geroem het, voeg hy die volgende by om daarop uit te brei: "Meer nog, Hy wat gesterf het, het ook opgestaan en verskyn nou as Middelaar vir ons voor God se aangesig".109 Verder, soos die afsterwe van ons vlees van die deelname aan sy kruis afhanklik is, soos ons tevore verduidelik het,110 moet ons besef dat ons net so uit sy opstanding 'n ander voordeel verkry wat met die voordeel uit sy dood ooreenstem. Want ons is, soos die apostel sê, in die gelykenis van sy dood ingelyf, sodat ons as deelgenote van sy opstanding in 'n nuwe lewe kan wandel.111 Soos hy dus elders uit die feit dat ons saam met Christus gesterwe het,112 die bewys aflei dat ons ons ledemate op die aarde moet afsterwe,113 net so lei hy ook uit die feit dat ons saam met Christus opgestaan het, af dat ons die dinge wat daar bo en nie op die aarde is nie, moet soek.114 Uit die woorde word ons nie slegs uitgenooi om na die voorbeeld van Christus opgewek te word om 'n nuwe lewe na te strewe nie, maar ons word ook geleer dat dit deur sy krag gebeur dat ons in sy regverdigheid weergebore word. Maar daar is ook 'n derde voordeel wat ons daaruit behaal, naamlik dat  ons daaruit as 't ware 'n borg verkry en onbesorg gemaak word oor ons eie opstanding. Die sekerste bewys daarvan is sy eie opstanding en daaroor handel 1 Korintiërs 15 breedvoeriger.115 Ons moet egter terloops daarop let dat daar gesê word dat Hy uit die dood opgestaan het. Met hierdie woorde word die waarheid van sowel sy dood as sy opstanding uitgedruk, net asof daar gesê word dat Hy dieselfde dood gesterf het as wat ander mense natuurlik sterf, en dat Hy in dieselfde sterflike vlees wat Hy aangeneem het, onsterflikheid ontvang het.

14. Sy Hemelvaart.🔗

Sy hemelvaart word nie sonder rede aan sy opstanding verbind nie. Want hoewel Christus deur sy opstanding sy heerlikheid en krag voller begin openbaar het, omdat Hy alreeds die verwerplike en onaansienlike toestand van 'n sterflike lewe en die skande van die kruis laat vaar en afgelê het, het Hy tog eers met sy hemelvaart waarlik 'n begin met sy koninkryk gemaak. Die apostel toon dit aan wanneer hy leer dat Hy opgevaar het om alles te vervul.116 Ten spyte van die skynbare teenstrydigheid, leer hy ons dat dit pragtig strook. Hy het trouens van ons weggegaan sodat sy teenwoordigheid daar vir ons groter voordeel sou inhou as sy teenwoordigheid in die nederige tuiste van die vlees so lank as wat Hy Hom op die wêreld bevind het.117 Wanneer Johannes die voortreflike uitnodiging weergee: As iemand dors het, laat hy na My toe kom, ensovoorts",118 voeg hy derhalwe by dat die Gees toe nog nie aan die gelowiges gegee was nie, omdat jesus nog nie verheerlik was nie.119 Dit het die Here self ook aan sy dissipels betuig toe Hy gesê het: "Dit is vir julle voordelig dat ek weggaan, want as ek nie weggaan nie, sal die Heilige Gees nie na julle toe kom nie".120 As vertroosing vir die afwesigheid van sy liggaam hou Hy trouens aan hulle voor dat Hy hulle nie soos weeskinders verlaat nie maar dat Hy weer na hulle toe sal kom, al is dit onsigbaar maar dan tog op 'n begeerliker wyse.121 Dan is hulle immers deur 'n sekerder evaring geleer dat die ryk wat Hy besit, en die mag wat Hy uitoefen, nie alleen vir 'n salige lewe nie maar ook vir 'n gelukkige sterwe vir gelowiges genoeg is. Ons sien in elk geval hoeveel groter invloed van sy Gees Hy toe uitgestort het, hoeveel grootser Hy sy koninkryk gevestig het en hoeveel groter mag Hy uitgeoefen het daarin om enersyds die wat aan Hom behoort, te onderskraag en andersyds sy vyande neer te werp.

Toe Hy dus in die hemel opgeneem is, het Hy die teenwoordigheid van sy liggaam uit ons gesigsveld weggeneem.122 Sy doel hiermee was nie om op te hou om die gelowiges, wat nog as vreemdelinge op die aarde vertoef het, te help nie123 maar om die hemel sowel as die aarde met sy meer teenwoordige krag te regeer. Ja, met hierdie hemelvaart van Hom het Hy eerder sy belofte dat Hy met ons sal wees tot die voleinding van die tyd, gestand gedoen. Soos sy liggaam daardeur bo alle hemele verhef is, so is sy krag en werking ook bo al die eindes van die hemel en die aarde versprei en verbrei.

Ek wil dit eerder aan die hand van Augustinus se woorde as met my eie verduidelik. Hy sê: "Christus sou deur die dood na die regterhand van die Vader gaan, vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel".124 Volgens die regsinnige leer en die geloofsreël sal Hy eweneens met sy liggaamlike teenwoordigheid kom. Want na sy hemelvaart sou Hy met sy geestelike teenwoordigheid saam met hulle kom. Elders sê hy vollediger en duideliker: "Wat Hy gesê het, word na sy onuitspreeklike en onsigbare genade vervul: 'Kyk, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die tyd'.125 Maar na die vlees wat die Woord aangeneem het, na die vlees waarin Hy uit die maagd gebore is, na die vlees waarin Hy deur die Jode gevange geneem is, na die vlees waarin Hy aan die hout vasgespyker, van die kruis afgehaal en in doeke toegerol is, na die vlees waarin Hy begrawe en in sy opstanding geopenbaar is, word sy woorde vervul, naamlik: 'Julle sal My nie altyd by julle hê nie!'126 Waarom dan so? Die rede daarvoor is dat Hy na die teenwoordigheid van sy liggaam veertig dae lank saam met sy dissipels verkeer het. Terwyl hulle Hom rondneem, het Hy in die hemel opgevaar terwyl hulle Hom gesien maar nie gevolg het nie.127 Hier is Hy nie meer nie, want Hy sit daar aan die regterhand van die Vader.128 En tog is Hy hier, want die teenwoordigheid van sy majesteit het nie weggegaan nie. Na die teenwoordigheid van sy majesteit het ons Christus dus altyd by ons.129 Na die teenwoordigheid van sy vlees het Hy tereg aan sy dissipels gesê: 'Julle sal My nie altyd by Julle hê nie'.130 Want die kerk het Hom maar net 'n paar dae na die vlees gehad. Nou hou die kerk Hom met die geloof, al sien hy Hom nie met die oë nie".131

15. Christus se 'sit' aan die regterhand van die Vader.🔗

Daarom word daar onmiddellik bygevoeg dat Hy aan die regterhand van die Vader gaan sit het. Dit spruit natuurlik uit die ooreenkoms met vorste wat hulle eie assessore132 het aan wie hulle kan opdra om in hulle plek te regeer en te heers. So word gesê dat Christus, in wie die Vader verhef wil word en deur wie se hand die Vader wil regeer, aan sy regterhand opgeneem is, net asof bedoel word dat Hy ingehuldig is om oor die hemel en die aarde te heers en Hy plegtig toegetree het om besit te neem yan die beheer daaroor wat aan Hom toevertrou is. Hy het tog nie net een maal daartoe toegetree nie, maar Hy hou daarmee vol totdat Hy neerdaal vir sy gerig. So vertolk die apostel dit tewens wanneer hy sê: "Die Vader het Hom aan sy regterhand gestel, bo alle owerheid, mag, krag, heerskappy en elke naam wat nie alleen in hierdie tyd nie maar ook in die toekoms genoem word".133 Verder ook: "Hy het alles aan sy voete onderwerp"134 en "Homself as Hoof oor alle dinge aan die kerk gegee".135 Nou sten jy waarop sy sit betrekking het, naamlik dat die hemelse sowel as die aardse skepsels sy majesteit moet hoogag, deur sy hand geregeer moet word, sy wil moet eerbiedig en aan sy krag onderworpe moet wees. So dikwels as wat hulle ons daaraan herinner, bedoel die apostels ook nie iets anders as om te leer dat alles aan sy oordeel oorgelaat is nie.136 Daarom het die mense wat meen dat sy sit bloot sy geluksaligheid aandui, nie reg nie. Voorts baat dit hulle niks dat Stefanus in die boek Handelinge getuig dat hy Hom sien staan het nie,137 omdat dit hier nie oor die toestand van sy liggaam nie maar oor die majesteit van sy heerskappy handel. Die gevolg is dat sy sit niks anders beteken as om voorsitter van die hemelse regbank te wees nie.138

16. Deur Sy hemelvaart het Christus die koninkryk van die hemel vir ons toeganklik gemaak.🔗

Hieruit put ons geloof veelvuldige voordeel. Want dan verstaan ons daaronder dat die Here deur sy hemelvaart vir ons 'n toegang tot die koninkryk van die hemele wat deur Adam gesluit is, oopgemaak het.139 Omdat Hy immers in ons vlees, asof dit namens ons was, daartoe ingegaan het, volg daaruit, soos die apostel sê, dat ons alreeds in 'n sekere sin in Hom onder die hemelinge sit,140 aangesien ons die hemel nie uit blote hoop verwag nie maar alreeds in ons Hoof besit. Verder dra ons geloof daarvan kennis dat Hy tot groot seën vir ons by die Vader sit. Want Hy het toegetree tot 'n heiligdom wat nie met die hand gemaak is nie, en Hy verskyn voortdurend vir ons as Pleitbesorger en Tussenganger voor die aangesig van die Vader.141 Hy wend God se oë op so 'n wyse na sy geregtigheid dat Hy sy oë van ons sondes afkeer. Hy versoen God se gemoed op so 'n wyse met ons dat Hy deur sy tussenkoms vir ons 'n weg en toegang tot sy troon plavei, terwyl Hy Hom met genade en barmhartigheid vul, en Hy andersins vol verskrikking vir ons ellendige sondaars sou wees.

Ten derde maak ons geloof sy mag ons eie. Daarin is ons sterkte, ons krag, rykdom en ons roem teen die doderyk geleë, Want toe Hy in die hemel opgevaar het, het Hy ons gevangenskap gevang en met Hom saamgeneem.142 Hy het ons vyande geplunder en sy volk ryk gemaak, en elke dag oorlaai Hy sy volk met geestelike rykdom. Hy sit dus in die hoogtes om sy krag van daar af oor ons uit te stort en ons tot 'n geestelike lewe lewend te maak, om ons met sy Gees heilig te maak, om sy kerk met 'n verskeidenheid genadegawes toe te rus, om dit met sy beskerming teen alle skades veilig te bewaar, om die tierende vyande van sy kruis en ons saligheid deur die sterkte van sy hand in bedwang te hou, kortom: om al die mag in die hemel en op die aarde te hou, totdat Hy al sy vyande, wat ook ons vyande is, verpletter het143 en Hy die stigting van sy kerk volbring het.144 Dit is die ware staat van sy koninkryk, dit is die mag wat die Vader aan Hom oorgedra het, totdat Hy sy laaste werk volvoer wanneer Hy kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

17. "Vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel".🔗

Christus lewer inderdaad duidelike bewyse van sy alomteenwoordige krag aan die wat aan Hom behoort. Maar omdat sy ryk hier op aarde in 'n sekere sin onder die nederigheid van die vlees verskuil is, word ons geloof met baie goeie reg daartoe opgeroep om die sigbare teenwoordigheid te oordink wat Hy op die laaste dag aan ons sal openbaar. Want Hy sal in 'n sigbare gestalte uit die hemel neerdaal soos daar gesien is dat Hy daarheen opvaar.145 En Hy sal met die onuitspreeklike majesteit van sy koninkryk, met die glans van sy onsterflikheid, met die onmeetlike mag van sy Goddelikheid saam met die engele wat Hom dien aan almal verskyn. Ons word dus beveel om Hom as Verlosser te verwag op die dag waarop Hy die lammers van die bokke sal skei en die uitverkorenes van die verwerptes.146 Dan sal daar geen lewende of dooie wees wat sy oordeel kan ontvlug nie. Van die verste hoeke van die aarde af sal die geskal van sy trompet gehoor word. Daardeur sal ons almal voor sy regbank gedaag word - die wat dan nog lewe sowel as dié wat die dood reeds tevore van die lewendes weggeneem het. 147

Daar is sommige mense wat die woorde lewendes en dooies anders opneem. Ons sien in elk geval dat sommige van die skrywers van die ou tyd in die verleentheid was wanneer hulle hierdie artikel verduidelik.148 Maar net so duidelik en helder as wat die betekenis daarvan is, net so is dit vir die geloofsbelydenis baie pasliker omdat dit algemeen bekend is dat dit in alledaagse taal geskryf is. Dit is ook nie in stryd met die apostel se verklaring dat dit nou maar eenmaal vir alle mense bestem is om te sterf nie.149 Want al sou die mense wat by die laaste oordeel nog lewend is, nie natuurlik en volgens die natuurorde sterf nie, word die verandering wat hulle sal ondergaan, heeltemal tereg die dood genoem, omdat dit net soos die dood sal wees. Dit is in elk geval seker dat nie almal sal ontslaap nie, maar almal sal wel verander.150 Wat beteken dit dan? Hulle sterflike lewe sal in 'n oogwenk tot 'n einde kom en tot niet gaan, en dit sal in 'n volkome nuwe natuur verander word.151 Niemand sou sê dat die tot niet gaan van hulle vlees nie die dood is nie. Intussen bly dit egter waar dat die lewendes en die dooies voor sy oordeel gedaag sal word. Want die dooies wat in Christus is, sal eerste opstaan. Daarna sal die origes en die wat nog lewe, saam rnet hulle die lug in geneem word om die Here te ontmoet.152 Dit is waarskynlik dat hierdie artikel uit Petrus se redevoering waarvan Lukas vertel,153 en uit Paulus se plegtige beswering aan Timoteus ontleen is.154

18. 'n Behandeling van die vraag oor die skrywer van die Apostoliese Geloofsbelydenis.🔗

Hieruit ontstaan voortreflike vertroosting. Ons hoor trouens dat Hy in wie se hande die oordeel berus, ons tevore reeds bestem het as deelgenote in die eer van sy oordeel.155 Dit is glad nie so dat Hy op sy regterstoel sal sit om ons te verdoem nie. Want hoe sou die genadigste van alle vorste sy volk verlore laat gaan? Hoe sou die Hoof sy ledemate kon vernietig? Hoe sou ons Voorspraak sy kliënte kon verdoem? Want as die apostel waag om uit te roep dat niemand na vore kan kom om ons te verdoem as Christus vir ons intree nie,156 is dit nog baie meer waar dat Christus, wat self die Tussenganger is, nie die mense wat Hy in sy trou en beskerming geneem het, sal verdoem nie. Dit is sekerlik vir ons 'n geweldige gerusstelling dat ons slegs voor die regbank van ons Verlosser, van wie ons ons saligheid moet verwag, gestel sal word.157 Daarbenewens moet dit ons gerusstel dat Hy wat nou deur die evangelie vir ons die ewige geluksaligheid belowe, dan deur sy oordeel sy belofte gestand sal doen. Deur die oordeel ten volle aan sy Seun oor te dra,158 het die Vader sy Seun dus vereer om die gewete van dié wat aan Hom behoort, in ag te neem, omdat hulle vir sy oordeel bang is en dit vrees. Tot dusver het ek die volgorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis gevolg. Terwyl dit immers die hoofpunte van ons verlossing bondig saamvat, kan dit vir ons as 'n skildery dien waarin ons afsonderlik en in reliëf al die gebeure kan raaksien wat in Christus ons aandag verdien. Ek noem dit die Apostoliese Geloofsbelydenis sonder om my intussen hoegenaamd oor die skrywer daarvan te bekommer. Die ou skrywers stem in elk geval grootliks ooreen wanneer dit aan die apostels toegeskryf word - of hulle nou ook al gemeen het dat dit deur die apostels saam opgeteken en bekend gestel is en of hulle nou ook al gedink het dat die samevatting wat te goeder trou uit die leer wat deur die apostels oorgelewer is, versamel is, met so 'n titel versterk moes word. Daar bestaan by my trouens geen twyfel daaroor dat dit dadelik van die begin van die kerk af, en daarom juis van die tyd van die apostels af, 'n plek verwerf het soos 'n openbare belydenis wat volgens almal se opvatting aanvaar is nie - wat dan die oorsprong daarvan ook al in die begin was. Dit is onwaarskynlik dat net een mens dit saamgestel het, aangesien almal saamstem dat dit in die verste verskiet onder al die vroom mense onskendbare gesag gehad het.

Die aspek waaraan ons besonderlik aandag moes gee, het ons buite teenspraak gestel, naamlik dat daarin 'n volle beskrywing van ons geloof bondig en in duidelike volgorde behandel word en dat daarin niks opgeneem is wat nie met die vaste getuienis van die Skrif ooreenstem nie. As ons dit besef, is dit vir ons van geen belang om ons angstig te bekommer oor die skrywer of met iemand daaroor slaags te raak nie behalwe as dit miskien vir iemand nie genoeg is om die waarheid van die Heilige Gees as geloofwaardig te beskou nie, sonder om terselfdertyd te weet deur wie se mond dit verkondig of deur wie se hand dit geskrywe is nie.159

19. Elke soort skat van goeie dinge is in Christus, en ons moet tot versadiging toe uit hierdie bron drink.🔗

Omdat ons egter sien dat die som en selfs elke deeltjie van ons saligheid in Christus saamgevat is,160 moet ons daarteen waak dat ons selfs nie eens die geringste deeltjie daarvan uit 'n ander bron aflei nie. As ons saligheid soek, word ons juis deur die Naam Jesus geleer dat dit by Hom is.161 As ons al die ander gawes van die Gees soek, sa lons dit in sy salwing vind. As ons krag soek, salons dit in sy heerskappy aantref. As ons reinheid soek, sal ons dit in sy ontvangenis vind. As ons liefde soek, kom dit na vore in sy geboorte, waardeur Hy in alles aan ons gelyk geword het sodat Hy kon leer om medelye met ons te hê.162 As ons verlossing soek, vind ons dit in sy lyding, kwytskelding vind ons in sy veroordeling, verlossing van die vloek vind ons in sy kruis;163 voldoening in sy offer; reiniging in sy bloed; versoening in sy neerdaling na die doderyk; die afsterwe van ons vlees in sy graf; hernuwing van ons lewe in sy opstanding en onsterflikheid in dieselfde opstanding. As ons die beërwing van die koninkryk van die hemel soek, vind ons dit in sy hemelvaart. As ons hulp, onbesorgdheid, 'n oorvloed en menigte van alle goeie dinge soek, salons dit in sy koninkryk vind; as ons 'n onbesorgde verwagting op sy oordeel soek, salons dit vind in die oordeelsmag wat aan Hom oorgedra is.

Kortom: aangesien elke soort skat van goeie dinge in Hom is, moet ons tot versadiging toe uit hierdie bron en nie uit 'n ander bron drink nie. Want mense wat nie met Hom alleen tevrede is nie en heen en weer in verskillende vorms van hoop ronddobber, hou nie koers op die reguit pad nie, selfs al sou hulle besonderlik na Hom opsien, omdat hulle 'n deeltjie van hulle gedagtes na iets anders afwend. En tog kan die wantroue nie insluip waar die oorvloed van sy seëninge nou eenmaal na behore bekend geword het nie.

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 3.46-59 (Marietti 4:283-365).
  2. ^ Marg. Act. 4.b.12. Hand. 4:12.
  3. ^ Marg. Matth. 1.d.21. Luc. 1.c.31. Vgl. Calvyn, Com. in harm. ev. (Matt. 1:21, Luk. 1:31 - OC 45:26, 64); vgl. ook sy Catechismus, 1538 (OC 5:338), wat feitlik woordeliks hiermee ooreenstem.
  4. ^ Vg1. Inst. 2.6.1 (Afr. vert. 2:467).
  5. ^ Marg. Bern. In. Cant. Serm. 15. Bernard van Clairvaux, Serm. in cant. canticorum 15.6 (MPL 183:846-847)
  6. ^ Vgl. Inst. 1.1.2 (Afr. vert. 1:114-115).
  7. ^ Hoewel daar in hierdie onderafdeling 'n skynbare ooreenkoms is met Abaelardus se opvatting dat Christus se lyde oortuigende bewys van God se liefde lewer en dat dit by ons wederliefde wek op grond waarvan ons sondes vergewe word, stel Calvyn se kommentaar by Rom. 5:10 (OC 49:94; Parker (1981),108) dit in perspektief. Soos tevore aangedui (Inst. 2.12.3 -Afr.vert. 2:615, n. 15) stem Calvyn se versoeningsleer eerder met Anselmus s'n ooreen. Vgl. CE 1:40;RPTK 20:562.
  8. ^ Marg. Rom. 5.b.10.
  9. ^ Marg. Gal. 3.b.10.13.
  10. ^ Marg. Col. 1. c.21. 22.
  11. ^ Vgl. die Heidelbergse Kategismus, lste deel, Sondag 1-4 (Bakhuizen van den Brink, 149-153): Gal. 3:10, 13.
  12. ^ Vgl. Heidelbergse Kategismus, 2de deel, Sondag 5-19 (Bakhuizen van den Brink, 153-173).
  13. ^ Marg. 1. Iohan. 4.d.19
  14. ^ Marg. Ephes. 1.a.4. Vgl. ook Ef. 1:5.
  15. ^ Marg. Iohan. 3.b.16.
  16. ^ Marg. Rom. 5.b.l0.
  17. ^ Marg. Rom. 5.b.8.
  18. ^ Marg. Tract. in Evang. Iob. 110. Augustinus, In Joan. Ev. 110.6 (MPL 35:1923-1924
  19. ^ Marg. Rom. 5.d.19.
  20. ^ Marg. Galat. 4.a.4. Vgl. ook Gal. 4:5.
  21. ^ Marg. Matth. 3.d.15.
  22. ^ Marg. Matt. 20.d.28.
  23. ^ Marg. Rom. 4.d.25.
  24. ^ Marg. Iohan. l.d.29.
  25. ^ Marg. Rom. 3.e.15 (recte: Rom. 3:25).
  26. ^ Marg. Ro. (sic!) 5.b.9.10.
  27. ^ Marg. 2. Cor. 5.d.21.
  28. ^ Marg. Philip. 2. a. 7. Vgl. ook Fil. 2:8.
  29. ^ Marg. Iohan. 10. c.15.
  30. ^ (Joh. 10:18.)
  31. ^ Marg. Iesa. 53.b.7. Vgl. ook Hand. 8:32.
  32. ^ Marg. Iohan. I8.a.4.
  33. ^ Marg. Matt. 27.b.11. Vgl. ook Matt. 27:12-14
  34. ^ Marg. Hebr. 10.a.5. Psal. 40.b.9. Vgl. ook Hebr. 10:7, 9; Ps. 40:8.
  35. ^ Marg. Iesa. 53.b.5.
  36. ^ Marg. Iesa. 53.d.11. Marc. 15.c.18 (recte: Jes. 53:12; Mark. 15:28).
  37. ^ (Matt. 27:24.)
  38. ^ Marg. Psal. 69. a.5.
  39. ^ Marg. Iohan. 18.g.38.
  40. ^ (Vgl. Jes. 53:6, 8, 12.)
  41. ^ (Deut. 21:23 - Marg. 1539-1554.)
  42. ^ Marg. Iesa. 53.b.5. & d.11. Vgl. ook Jes. 53:10.
  43. ^ Marg. 2. Cor. 5.d.21.
  44. ^ Marg. Rom. 8.a.3.
  45. ^ Marg. Iesa. 53.b.6.
  46. ^ Marg. Galat. 3.b.13. Deut. 27.d.26. (recte. Deut. 21:23.) Vgl. ook Gal. 3:14.
  47. ^ Marg. 1. Pet. 2.d.24.
  48. ^ Marg. Coloss. 2.d.19 (recte: Kol. 2:14-15).
  49. ^ Marg. Heb. 9.d.17 (recte. Hebr. 9:14).
  50. ^ (Luk. 21:28; Rom. 3:24; Kol. 1:14; 1 Tim. 2:6; Hebr. 9:5; 11:35.)
  51. ^ (Ef. 5:26; Tit. 3:5.)
  52. ^ Marg. Heb. 2. c.9. Gewoonlik verstaan Calvyn onder die apostel Paulus. Dit is egter uit die inleiding tot sy Hebreër kommentaar duidelik dat hy Paulus nie as die skrywer van die Hebreërboek beskou het nie. Vgl. sy argumentum in Com. in ep. ad. Hebr. (OC 55:5) en sy kommentaar by Hebr. 13:23 (OC 55:198).
  53. ^ Marg. Ibidem, d.15. Hebr. 2:15. Vgl. ook Hebr. 2:15.
  54. ^ (Rom. 6:4-5.)
  55. ^ Marg. Galat. 2.d.19 & 9.d.14 (recte. Gal. 6:14).
  56. ^ Marg. Coloss. 3.a.3.
  57. ^ Vgl. Schaff, Creeds 2:46, n. 2 i.v.m. die verskillende variante van hierdie deel van die Apostoliese Geloofsbelydenis.
  58. ^ Vir 'n komtemporêre Roomse beskouing vgl. Erasmus, Dilucida et pia explanatio Symboli quod Apostalorum dicitur (EOO 5:1158 e.v.).
  59. ^ Augustinus laat dit byvoorbeeld weg in sy De symbolo sermo ad catechumenos (MPL 40:627·656).
  60. ^ Hierdie woorde kom die eerste keer voor in die Acta van die ekumeniese Sinode van Sirmium, 359 (Mansi 3:264) en die Konsilie van Nieea in Thracië, 359 (Mansi 3:311). 'n Rukkie later (ongeveer 400) het Rufinus van Aquilea (CE 5:684) dit in sy Expositie Symboli Apostolici opgeneem, en dit is daarna in die Apostoliese Geloofsbelydenis opgeneem. Vgl.CE 1:273-274en Bettenson, Documents, 61.
  61. ^ Hierdie opmerking het waarskynlik sy oorsprong by Walther de Loenus (Devlun of Delvin) , 'n predikant in die Duitse gemeente in Londen, wat die vraagstuk oor die egtheid van hierdie woorde oopgekrap het met die opmerking: Articulum de descensu Cbristi ad inferos plantationem non plantatam (a Deo) et proinde eradicandum esse (Die artikel in verband met die neerdaal van Christus na die doderyk is 'n plant wat nie (deur God) geplant is nle, en daarom moet dit geskrap word). Dit het waarskynlik na aanleiding van 'n brief van 10. à Laseo aan Bullinger, 7 junte 1553, onder Calvyn se aandag gekom. Vgl. os 3:517, n. by 3:492, n. 3.
  62. ^ So vertolk o.a. Bueer dit in sy Enar. in Ev. (1536), 511 e.v. en 792-794.
  63. ^ Vgl. o.a. Thomas, Summa Theol. 3.52.5: Per hoc autem sancti Patres detinebantur in inferno, quod eis ad uitam gloriae, propter peccatum primi Parentis, aditus non parebat. Et sic Christus, descendens ad inferos, sanctos Patres ab inferis ttberauit (Hierdeur is die heilige vaders egter in die doderyk gehou omdat die lewensheerlikheid vanweë die sonde van hulle eerste (voor-) vader nie vir hulle toeganklik was nie. So het Christus na die doderyk neergedaal en die heilige aartsvaders van die doderyk verlos - Marietti 4:327)
  64. ^ Marg. Psal. 10.b.16 (recte. Ps. 107:16).
  65. ^ Marg. Zach. 9. c.11. Vgl. Thomas, loc cit.
  66. ^ Limbus. Dit is 'n woord van Teutoonse oorsprong wat rand' of soom' van 'n kleed beteken en ook iets wat daaraan vasgewerk is. Die oorsprong van hierdie term in die kerklike Iewe is duister, maar dit is sedert Thomas algemeen gebruik (Thomas, Summa Theol. Suppl. ad. 3 quaestio 69 - Marietti 4:907 e.v.). Vgl. ook sy uiteensetting LV.m. die vaevuur: Appendix adsuppl. (Marietti 4:1093 e.v.). Volgens Roomse leer dui die woord op die toestand en plek van öf die siele wat nie diè hel en ewige straf verdien nie maar wat die hemel nie voor Christus se verlossing kon ingaan nie ( Limbus patrum) , öf van die siele wat ewig van die geluksalige aanskouing van God slegs vanweë die erfsonde uitgesluit is, wat dan sien op ongedoopte kinders (limbus infantum), Vgl. NCE 8:762-765; RPTK 5:788 e.v, CE 4:454
  67. ^ Vgl. o.a. Irenaeus, Contra baer. 5.31 (MPG 7,2:1208 e.v.), Tertullianus, De anima 7(MPL 2:697 e.v.; CSEL 20:308).
  68. ^ Vgl. Servet se 18de brief aan Calvyn (Christ. rest., 621 e.v.; OC 8:682-683), waar hy nie die voorhel noem nie maar dit wel suggereer. Camerarius raak die vraagstuk ook op verskeie plekke in sy De purgatorio igne dialog; duo (1557) aan, in besonder in hfst. 8:31r.
  69. ^ Waarskynlik 'n verwysing na Zwingli se Pidei Bxpositionem, soos vervat in sy Opera 4.49 (OS 3:494, n. 3 en Battles 1:514, n. 22).
  70. ^ Marg. 1 Pet. 3.a.19. Vgl. ook die Vg.
  71. ^ Calvyn het hierdie gedagte alreeds in 1534 in sy Psycbopannycbta (OC 5:225) na vore gebring. Dit is egter nie, soos Pannier dink (Inst. 2:383, n.a. by p. 107) 'n oorspronklike gedagte van Calvyn nie, want volgens Dietelmaler (vgl. Banles 1:515, n. 23) het Nicolaus van Cusa (Cusanus, • 1401, + 1464) en Pico della Mirandola (vgl. Inst. 1.16.3 - Afr. vert. 1:307, n. 21) reeds soortgelyke opvattings gehuldig. Vir die Roomse beskouing, nl. dat Christus in die doderyk neergedaal het om die OuTestamentlese gelowiges daaruit te bevry, kyk Thomas, Summa Tbeol. 3.52 (Marietti 4:323 e.v.). Vgl. ook RPTK 8: 199-206.
  72. ^ Marg. Iesa. 53.b.5.
  73. ^ Marg. Act. 2.d.24.
  74. ^ Castellio bespot Calvyn se verklaring van Christus se kruisdood en neerdaal na die hel. Dit blyk uit 'n brief van Calvyn aan Viret in Maart 1544, Ep. 537 (aC 11:688). Vgl. ook Ep. 531 (aC 11:675); Ep. 1328, 1336 (Herminjard, Correspondance 9:158, 185). Vir Castellio kyk Vita (Afr. vert. 1:24, n:107).
  75. ^ Marg. Act. 2.d.
  76. ^ Marg. Heb. 5.c.7
  77. ^ Vg. het: .., et exauditus pro sua reverentia. Die Latynse Bybelteks wat Calvyn kommentarieer het: et exauditus esset ex suo metu. Vgl. sy Com. in ep. ad Hebr., 5:7 (O'C 55:61-63) en ook n. 77 hierbo.
  78. ^ Marg. Psal. 22.a.2. Matt. 27.c.46. Vgl. Calvyn, Com. in harm. ev. (Man. 27:45 . oe 45:776 e.v.).
  79. ^ Marg. Vide Cy. 1. alter de re. ftde ad Regin. Cyrillus, Ad reginas de recta fide oratie altera 18 (MPû 76:1355 e.v.).
  80. ^ (Matt. 3:17.)
  81. ^ (Jes. 53:4-5.)
  82. ^ Marg. Lib. 4 de Trin. Hilarius, De Trinitate 4.42 (MPL 10:128).
  83. ^ Marg. Lib. 2Ibid. 2.24 (MPL 10:66).
  84. ^ Marg. Lib. 3Ibid. 3.15 (MPL 10:84).
  85. ^ (Hebr. 2:15.)
  86. ^ A: 13 (recte: 12).
  87. ^ Dit is nie seker wie hierdie deugniete is nie.
  88. ^ (Joh. 13:21.)
  89. ^ (Matt. 26:37-38; Mark. 14:33-34.)
  90. ^ Ambrosius, Expos. Ev. sec. Luc. 10.56-62. (MPL 15:1910-1912; CSEL 32,4:476 e.v.).
  91. ^ Marg. Heb. 4.d.15.
  92. ^ (Hebr. 2:17.)
  93. ^ (Luk. 22:44.)
  94. ^ (Luk. 22:43.)
  95. ^ Marg. Matt. 26.d.39.
  96. ^ Marg. Act. 2.d.24.
  97. ^ Marg. Matt. 27f47 (recte. Matt. 27:46).
  98. ^ Apollinaris, biskop van Laodicea (+ ca. 392), was eintlik die vader' van die Monofisiete. Om die eenheid van die Persoon van die Middelaar te beveilig neem hy die uitdrukking dat die Woord vlees geword het Ooh. 1:14), letterlik op: die Logoshet slegs 'n menslike liggaam uit Mariaaangeneem en neem self die plek van die menslike siel in. Later het hy sy leer gewysig: Christus het 'n menslike liggaam én siel gehad, maar Die Logos het in die plek van die gees of hoëre sielskragte (nous) gekom. Syleer is op die 3de en 4de Konsilie van Rome (373 en 378) veroordeel (Mansi 3:477 e.v.; 486). Die 2de Ekumeniese Konsilie van Konstantinopel (381) het sy veroordeling bekragtig (Mansi 3:558559). Vgl. CE 1:260-261; RAC 1:520-522; RPTK1:671-676; Harnack 2:324 e.v., Seeberg 2:174-180.
  99. ^ Die Monorelere het in die 7de eeu ontstaan uit 'n poging om die breuk met die Monofisiete te heel. Om 'n einde aan die onrus in Egipte, Sirtë en Palestina te probeer maak het Sergius, biskop van Konstantinopel, 'n kompromisformule opgestel om die Monofisiete terug te wen, waarvolgens die twee nature van Christus wel erken word (vgl. Chalcedon, 451) maar dat aaar in Hom net één Godmenslike energeia of werking teenwoordig is. Later së hy dat daar in Christus slegs een Godmenslike wil (tbelëma, vandaar Monotelete) aanwesig is. Hierdie leer is aanvanklik deur die Lateraanse Konsilie van 649 (Mansi 10:1151 e.v.) en finaal deur die 6de Ekumeniese Konsilie van Konstantinopel in 680 veroordeel (Mansi 11:619). Oor die Monofisiete kyk Inst. 2.14.4 (Afr. vert. 2:640, n. 47). Vg!. verder CE 5:72 e.v.; RPTK i3:401-413
  100. ^ Marg. Iohan. 12.d.27. Vgl. ook Joh. 12:28.
  101. ^ Vgl. Calvyn, Cathechisme, 1537 (OS 1:402).
  102. ^ Marg. 1 Pet. 1.a.3.
  103. ^ Marg. Rom. 4.d.25.
  104. ^ (Rom. 1:4.)
  105. ^ Marg. 2. Cor. 13.b.4.
  106. ^ Marg. Philip. 3.c.l0.
  107. ^ Marg. 1 Pet. 1.d.21.
  108. ^ Marg. 1. Cor. 15.c.17.
  109. ^ Marg. Rom. 8.f.34.
  110. ^ Vgl. Inst. 2.16.7 (Afr. vert. 2:667).
  111. ^ Marg. Rom. 6.a. 4.
  112. ^ (Kol. 3:3.)
  113. ^ Marg. Coloss. 3.a.5.
  114. ^ Marg. colos. 3.a.1. Vgl. ook Kol. 3
  115. ^ (1 Kor. 15:12-26.)
  116. ^ Marg. Ephes. 4.b.l0.
  117. ^ Fr. (1560, +): qu 'il nous est prësent d 'une façon plus utile que quand il a conversé en terre, estant logé comme en un domicile estroit (Benoit 2:296). Vgl. OC 2:381: Sic edd. autbenticae. Recc. bene corrigunt: ut eius discessus esset utilior ea praesensta caett.
  118. ^ Marg. Iohan. 7.f37.
  119. ^ (Joh, 7:39.)
  120. ^ Marg. Iohan. l6.a.7.
  121. ^ (Joh. 14:18-19.)
  122. ^ (Hand. 1:9.)
  123. ^ Luther, Bethüchlein, 1522 (WA 10,2:392-393).
  124. ^ Marg. Tract... in Evang. Johan. 109. Augustinus, Tract. in Joan. Ev. 78.1; 106.2 (MPL 35:1835, 1909). Vgl. ook ibid. 94.5; 107.6 (MPL35:1869, 1914).
  125. ^ Marg. Matt. 28.d.20. Vgl. n. 133 hier onder.
  126. ^ (Matt. 26:11.)
  127. ^ (Matt. 26:11.)
  128. ^ Marg. Marc. 16.d.19.
  129. ^ Marg. Hebr. 1.a.3.
  130. ^ (Matt. 26:11.)
  131. ^ Augustinus, Tract. In Joan. Ev. 50.13 (MPL 35:1763).
  132. ^ Calvyn gebruik die woord assessor hier regstegnies, soos dit o.a. yoorkom in Digesta 1.22.1: omne of ficium adsessoris, quo iuris studiosi partibus suis funguntur, in bis fere eausis constat. in cognttionibus, postulationibus libellis edictis decretis epistulis (Die plig van die assessor waarin regstudente hulle plig vervul, is oor die algemeen gelee in die volgende, naamlik regsverhore, eise, edikte, dekrete en adviese - TLL 2:873).
  133. ^ Marg. Ephes. l.d.20. Philip. 2.b.9. Vgl. opk Ef. 1:21.
  134. ^ Marg. 1 Cor. 15.d.27.
  135. ^ Marg. Ephes. 4. c.15. Vgl. ook Ef. 1:22.
  136. ^ Marg. Act. 2.e.30, & 3.d.21. Hebr. 1.a.7. Vgl. ook Hand. 2:31-36, en Hebr. 1:8.
  137. ^ Marg. Act. 7.g.56. Vgl ook Hand. 7:5
  138. ^ Marg. Aug. de fide & symb. ca. 8. Augustinus, De fide et symbolo 7.14 (MPL 40:188; eSEL 41:16). Vgl. ook Calvyn, Calvyn se Kategismus (Mr. vert. vraag 81 en 82, p. 18; oe 6:35, 36
  139. ^ (Jon, 14:3; Hand. 1:11.)
  140. ^ Marg. Ephes. 2.b.5. Vgl. ook Ef. 2:6
  141. ^ Marg. Hebr. 7.d.25 & 9.c.11. Rom. 8.f24. Vgl. ook Hebr. 9:12
  142. ^ Marg. Ephes. 4.b.6 (recte. Ef. 4:8).
  143. ^ Marg. Psal. 110.a.1. Vgl. ook 1 Kor. 15:25.
  144. ^ Vgl. Pannier: Pensëe caloinienne importante: l'Eglise de Jësus-Christ n'a pas, sur cette terre, un règne ëclatant. Elle n 'offrepas grand'chose qui rëjouisse la vue; Iefidèle se console en tendent au règne promis (Pannier, Inst. 2:384, n. a by 114).
  145. ^ Marg. Act. 1.b.11; Matt. 24. c.30.
  146. ^ Marg. Matth. 25. c.31. vgl. ook Matt. 25:32-33.
  147. ^ Marg. 1 Thes 4.d.16. Vgl. ook 1 Thess. 4:17.
  148. ^ Augustinus, Defide et symbolo 8.15 (MPL 40:188-189; CSEL 41:17); Ench. ad. Laurent. 55 (MPL 40:258)
  149. ^ Marg. Hebr. 9.g.27.
  150. ^ Marg. 1 Cor. 15.g.5 (recte. 1 Kor. 15:51).
  151. ^ Marg. Ibidem. g. 511 Kor. 15:51. Vgl. ook 1 Kor. 15:52.
  152. ^ Marg. 1. The. 4.d.16. Vgl. ook 1 Thess. 4:17.
  153. ^ Marg. Act. 10.g. 42.
  154. ^ Marg. 2. Tim. 4.a.1.
  155. ^ (Matt. 19:28); vgl. Calvyn, Catechismus, 1538 (OC 5:340).
  156. ^ Marg. Rom. 5.f33 (recte. Rom, 8:33-34).
  157. ^ Marg. Vide Ambr. lib. I de lac. cap. 6. Ambrosius, De Jacob et vita beata 1.6.26 (MPL 14:609).
  158. ^ Marg. Iohan. 5.d.22.
  159. ^ Voor die Renaissance is algemeen aanvaar dat die Apostoliese Geloofsbelydenis deur die apostels self opgestel is. In Calvyn se ryd is hierdie opvatting onder andere deur Laurentius Valla en Desiderius Erasmus bevraagteken en verwerp. Vgl. o.a. EOO 5:90.
  160. ^ Marg. Act. 4.b.I2.
  161. ^ Marg. 1. Cor. 1.d.30.
  162. ^ Marg. Hebr. 2.d.I7. Vgl. ook Hebr. 5:2.
  163. ^ Marg. Gal.3.b.I3.