Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 15 Die Doop

Die doop is die sakrament waardeur ons in die volk van God opgeneem word. Die water beeld die afwassing van sondes uit en simboliseer die afsterwe van die ou mens en ‘n nuwe lewe in Christus. Christus het die opdrag om te doop aan ampsdraers gegee. Die handeling kom dus as’t ware uit die hand van God uit en herdoop of evaluasie na aanleiding van diegene wat dit bedien het, is dus nie van pas nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 1 Die uiterlike hulp- en ondersteuningsmiddels waardeur God ons tot die gemeenskap met Christus uitnooi en ons daarin hou

Die kerk word beskryf as die gemeenskap van die heiliges en die moeder van alle gelowiges. Hoewel die sigbare kerk gebreke vertoon, is dít die plek waar Woordverkondiging, Christelike onderwysing en bediening van die sakramente deur middel van die ampte gebring word.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 4 Alles wat die Sofiste in verband met berou kwytraak, is ver van die suiwerheid van die Evangelie af. ‘n Behandeling van belydenis en voldoening

Die Roomse Kerk se leer in verband met die bieg en boetedoening berus op ‘n verkeerde vertolking van die Skrif. Volgens die Skrif is daar net een manier waarop sondes bely en kwytgeskeld kan word, naamlik by die Here. Dit kan in die openbaar of in privaat vir algemene of persoonlike sondes wees.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 3 Deur die geloof word ons weergebore: ‘n Behandeling van berou

Gelowiges beleef wel hulle heiligmaking, maar is nogtans nie sondeloos nie. As vrug van die geloof toon die godvrugtiges gedurig tekens van berou oor hul sondes en bely dit voor God. Dit beteken ‘n diep verandering in die mens, vrees vir God, afsterwe van die vlees en wedergeboorte in Christus. Berou en vergewing hou met mekaar verband.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 2 Die mens is nou van oordeelsvryheid beroof en aan jammerlike slawerny uitgelewer

Sedert die sondeval is die mens onder die heerskappy van die sonde en is die mens se wil onbekwaam om enigiets goeds te doen. Is die mens dan van alle vryheid beroof? Die filosowe en sommige vroeë kerkvaders het nie so gemeen nie. Hul het die woord oordeelsvryheid gebruik: die vermoë om tussen goed en kwaad te kan kies. Maar die mens kan slegs sy ware self in die spieël van God se Skrif sien.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 1 Deur Adam se val en opstand is die hele mensdom aan die vloek onderworpe en het hulle van hulle eerste oorsprong ontaard. Oorspronklike sonde.

Na die sondeval het die hele mensdom ontaard. Deur Adam se ongehoorsaamheid is almal onderworpe aan die erfsonde. Erfsonde is nie net ‘n nabootsing van Adam se sonde nie (aldus Pelagius), maar elkeen word daarmee gebore. Sonde het die héle mens besmet en daarom moet alle kwaad aan die mens self toegeskryf  word. Die skuld kan nie op God of die natuur gepak word nie.