Die Heilige Doop in die Nuwe Testament

Hierdie boek bespreek verskillende aspekte van die doop, soos byvoorbeeld die agtergronde van die Christelike doop, die koninkryk van God en die doop, doop in die boek Handelinge, huisdoop, doop in die briewe van Paulus, die leer van die doop in die Hebreers en in Petrus se briewe, en Jesus en die kinders

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 16 Die Kinderdoop stem uiters goed ooreen met die instelling van Christus; die aard van hierdie teken

Die betekenis van die doop word uit die instelling van die besnydenis afgelei: die beloftes daarin is dieselfde. Daarom moet die kinderdoop ook bedien word om die verbond van God te bevestig en te versterk. Christus het nie die verbondsbeloftes in duisterheid gehul nie en sowel Jode as heidene word in die Nuwe Testament as kinders van Abraham gereken.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 15 Die Doop

Die doop is die sakrament waardeur ons in die volk van God opgeneem word. Die water beeld die afwassing van sondes uit en simboliseer die afsterwe van die ou mens en ‘n nuwe lewe in Christus. Christus het die opdrag om te doop aan ampsdraers gegee. Die handeling kom dus as’t ware uit die hand van God uit en herdoop of evaluasie na aanleiding van diegene wat dit bedien het, is dus nie van pas nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 11 Dit is nie geoorloof om aan God ‘n sigbare gedaante te gee nie en oor die algemeen wyk almal wat vir hulleself afgode oprig, van die ware God af

Enige afbeelding van God onteer sy majesteit en word deur Hom verbied. Hoewel God hom self wel partykeer openbaar (bv. in wolke, rook en vlamme, in menslike gestalte of as ‘n duif), gee dit nie die mens die reg om ‘n beeld van God te maak nie. Énige gelykenis van Hom deur énige kunstenaar, word in die Skrif verbied.