Uitverkiesing en verwerping is albei die wil van God en kan nie sonder mekaar bestaan nie. In Sy predestinasie kom Sy genade en geregtigheid na vore – dit is ‘n billike oordeel oor sondige mense. Ons mag nie God se wil ondersoek of Hom van partydigheid beskuldig nie; Hy is regverdig – ook teenoor die verworpenes.

Die uitverkiesingsleer blus nie die ywer vir 'n opregte lewe nie. Ook neem dit nie die mens se verantwoordelikheidsin, skuldbesef en noodsaak vir vermaning weg nie. Die wyse waarop Augustinus hierdie leer verkondig het, is vir ons ‘n goeie voorbeeld.

1984. 21 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 23 ‘n Weerlegging van die valse beskuldigings waarmee hierdie leer van die uitverkiesing altyd ten onregte belas is

1. Uitverkiesing kan nie sonder verwerping bestaan nie🔗

Maar wanneer die mens se vernuf hierdie dinge te hore kom, kan sy skaamteloosheid nie beteuel word om op verskillende maniere en uitermatig oproerig te word asof dit by die aanhoor van 'n krygstrompet is nie.1En asof hulle die blaam daarvoor van God wil afwend, bely baie mense weliswaar die uitverkiesing op so 'n manier dat hulle nogtans ontken dat iemand verwerp word.2Dit is egter te onverstandig en kinderagtig want die uitverkiesing self sou nie staande kon bly as dit nie teenoor verwerping gestel is nie.3 Daar word gesê dat God diegene wat Hy tot hulle saligheid aanneem, afsonder. Dit sal dus meer as dwaas wees om te beweer dat ander dit wat die uitverkiesing aan min mense gee, toevallig verkry of deur hulle ywer verwerf. Die mense wat God dus verbygaan, verwerp Hy en dit om geen ander rede as dat Hy hulle van die erfenis wat Hy vir sy kinders bestem het, wil uitsluit nie. Die mens se voortvarendheid is trouens ondraaglik as dit nie verdra om deur God se Woord beteuel te word wanneer dit om sy onbegryplike raadsplan gaan wat selfs die engele self eerbiedig nie. En tog het ons nou verneem4dat verharding nie minder as barmhartigheid in God se hand en in sy oordeel is nie. Paulus swoeg trouens ook nie angsvallig om soos die mense van wie ek gepraat het,5God met behulp van 'n leuen te verontskuldig nie. Hy rig slegs die vermaning dat dit die maaksel nie geoorloof is om met sy Maker te twis nie.6

Maar hoe sal die mense wat nie toegee dat sommiges deur God verwerp word nie, hulle kan loswoel uit die volgende uitspraak van Christus: "Elke boom wat my Vader nie geplant het nie, sal uitgeroei word7Hulle hoor dat almal wat die hemelse Vader nie waardig geag het om as heilige borne in sy tuin te plant nie, oop en bloot aan die verderf toegesê en gewyword. As hulle ontken dat dit 'n teken van verwerping is, is niks so duidelik as dat dit vir hulle bewys kan word nie. Maar as hulle nie ophou lawaai nie, laat die nugterheid van die geloof dan met hierdie vermaning van Paulus tevrede wees: dat daar geen rede is om met God te twis as Hy aan die een kant sy toorn wil wys en sy mag bekend wil maak en die voorwerpe van sy toorn wat vir die verderf voorberei is, met groot geduld en lankmoedigheid verdra nie, en ook nie as Hy aan die ander kant die rykdom van sy heerlikheid jeens die voorwerpe van sy barmhartigheid wat Hy vir heerlikheid voorberei het, bekend maak nie.8

My lesers moet daarop let dat Paulus die geleentheid vir fluisterstories en geskinder afsny wanneer Hyaan God se toorn en mag die hoogste gesag9 gee, omdat dit onbillik is dat daardie diep oordele wat al ons sinne verbyster, aan ons oordeel onderwerp word. Ons teenstanders se antwoord is oppervlakkig, naamlik dat God diegene wat Hy met lankmoedigheid verdra, nie heeltemal verwerp nie maar dat sy gemoed in afwagting jeens hulle bly ingeval hulle miskien tot inkeer kom.10 Net asof Paulus 'n soort verdraagsaamheid aan God toeskryfwaarmee Hy die bekering van mense afwag wat, soos hy sê, vir die verderf bestem is.
Augustinus vertolk hierdie aanhaling reg wanneer hy God se mag aan sy verdraagsaamheid verbind en sê dat God met sy mag nie toelaat nie maar bestier.11Hulle voeg hierby ook dat daar nie sonder rede van voorwerpe van sy toorn wat vir die verderf voorberei is, gepraat word nie maar dat God voorwerpe van barmhartigheid voorberei het. So skryf hy trouens die lof vir die saligheid aan God toe en hy eis dit vir Hom op, maar die blaam vir  die verderf werp hy op diegene wat dit volgens hulle eie oordeel oor hulleself bring.12 Maar hoewel ek aan hulle toegee dat Paulus die hardheid van die eerste deel versag deur 'n segswyse te gebruik wat hiervan verskil, is dit nogtans heeltemal onvanpas om die voorbereiding tot die verderf op iets anders oor te dra as op die verborge raadsplan van God. Daar word trouens 'n rukkie tevore in die teks verklaar dat God die farao laat optree het13en dat Hy verhard wie Hy wil14Daaruit volg dat God se verborge raadsplan die oorsaak van die verharding is.

Ek hou my ten minste by wat Augustinus leer, naamlik dat wanneer God van wolwe skape maak, Hy hulle met 'n kragtiger genade hervorm sodat hulle verharding getem kan word. Daarom bekeer God die hardnekkiges nie, omdat Hy nie daardie kragtiger genade betoon wat Hom nie ontbreek as Hy dit wel aan die lig wou bring nie.15

2. God oordeel die mens wat met sonde bevlek is, volgens die billike maatstaf van sy geregtigbeid🔗

Vir godvrugtige en ingetoë mense asook vir diegene wat onthou dat hulle mense is, sou hierdie verduidelikings genoeg wees. Omdat daardie venynige honde egter nie net een soort laster teen God uitbraak nie, salons op elkeen afsonderlik antwoord namate die onderwerp dit vereis.. Dwase16stry op verskeie maniere met God net asof hulle Hom aan hulle aanklagte kan blootstel.

Ten eerste vra hulle dus met watter reg die Here Hom op sy skepsels mag vertoorn terwyl Hy nie vooraf met enige belediging deur hulle uitgedaag is nie. Hulle beweer dat dit immers by die willekeurigheid van 'n tiran eerder as by die wettige uitspraak van 'n regter pas om diegene wat Hom behaag, aan die verderf te wy.17 Hulle sê dat die mens derhalwe rede het om by God te kla as hulle bloot volgens sy goeddunke sonder hulle eie verdienste tot die ewige dood bestem is. 18

As sulke gedagtes soms by godvrugige mense opkom, sal hulle voldoende met die enkele redenasie gewapen wees om die aanslae van sulke gedagtes te verbreek, naamlik as hulle oorweeg hoe verwerplik dit is om slegs die oorsake van die Goddelike wil te ondersoek aangesien sy wil die oorsaak is van alles wat bestaan, en dit tereg ook moet wees. Assywil immers enige oorsaak het, moet iets daaraan voorafgaan waaraan Hy as 't  ware gebonde moet wees. Dit is hulle nie geoorloof om hulle dit te verbeel nie.

God se wil is trouens dermate die hoogste maatstaf van geregtigheid dat ons alles wat Hy wil, as regverdig moet beskou bloot omdat Hy dit wil.

Wanneer derhalwe gevra word waarom God dit doen, moet ons antwoord wees: "Omdat Hy dit wil" .19Maar as jydan nog" verder gaan en vrawaarom Hy dit so gewil het, soek jy na iets groter en hoer as God se wil wat nie te vinde is nie. Die mens se onbesonnenheid moet homself dus aan bande lê en nie soek na iets wat nie bestaan nie sodat dit nie miskien iets vind wat wel bestaan nie. Ek herhaal: elkeen wat met eerbied oor die verborgenhede van sy God wil filosofeer, sal hom met hierdie toom goed onder beheer hou.

Die Here self sal Hom met sy eie geregtigheid sonder ons hulp voldoende beskerm teen die waaghalsigheid van goddelose mense wat nie vrees om God openlik te vloek nie. Hy sal hulle gewete alle ontvlugting ontneem, hulle vasbind en hulle aankla.

En tog voer ons nie die verdigsel van absolute mag in nie.20Aangesien dit onheilig is, behoort ons dit tereg te verfoei. Ons verbeel ons nie dat God wetteloos is nie, omdat Hy self vir Homself die wet is. Soos Plato immers sê,21 het mense die wet nodig omdat hulle onder hulle begeertes gebuk gaan, maar God se wil is nie alleen rein van alle gebrek nie maar is die hoogste maatstaf van volmaaktheid en selfs die wet van alle wette. Ons ontken inderdaad dat Hy verplig is om rekenskap te gee en ons sê ook dat ons nie bevoegde regters is om volgens eie gevoel oor hierdie aangeleentheid uitspraak te lewer nie. As ons daarom meer aanpak as wat ons mag, mag daardie dreigement van die psalm dan vrees by ons inboesem, naamlik dat God elke keer sal oorwin wanneer Hy deur 'n sterflike mens beoordeel word.22

3. God is regverdig - ook teenoor die verworpenes🔗

So kan God stilswyend syvyande aan bande lê. Maar om te voorkom dat ons sou verduur dat hulle sy heilige Naam ongestraf bespot, stel Hyook uit sy Woord wapens teen hulle tot ons beskikking. As iemand ons daarom met woorde van die volgende aard aanval: "Waarom het God sommige mense van die begin af vir die dood voorbestem terwyl hulle nog nie die doodsvonnis kon verdien het nie omdat hulle nog nie bestaan het nie?",23moet ons, in plaas van hulle te antwoord, op ons beurt die vraag stel wat hulle reken dat God aan die mensverskuldig is as Hy hom na sy aard wou oordeel. Bedorwe soos ons almal deur die sonde is, kan ons nie anders as om deur God gehaat te word nie - en dit nie met 'n tirannieke wreedheid nie maar volgens die uiterste redelikheidvan sy geregtigheid.

Maar as almal wat die Here vir die dood voorbestem het, volgens hulle natuurlike toestand aan die oordeel van die dood onderworpe is, oor watter ongeregtigheid van Hom, vra ek jou, sou hulle kon kla? Laatal die kinders van Adam kom en met hulle Skepper stry en twis omdat hulle voor hulle geboorte deur sy ewige voorsienigheid aan ewigdurende rampsaligheid toegewys is. Watter lawaai sal hulle teen hierdie verdediging kan maak wanneer God hulle roep om rekenskap van hulleself te gee? As hulle almal uit 'n bedorwe massa geneem is, is dit geen wonder as hulle aan die verdoemenis onderhewig is nie.

Laat hulle God dus nie van onregverdigheid beskuldig as hulle volgens sy ewige oordeel vir die dood bestem is waarheen hulle voel dat hulle willens en wetens deur hulle eie natuur gelei word nie. Daaruit blyk hoe verwronge hulle neiging is om hulle te verset omdat hulle opsetlik die oorsaak van hulle verdoeming wat hulle gedwing word om in hulleself te erken, onderdruk om God as voorwendsel te gebruik om hulle daarvan te vrywaar. En al sou ek honderd maal erken dat God die Bewerker daarvan is - en dit is die grootste waarheid -, was hulle tog nie die skuld wat op hulle gewete ingegrif is en kort-kort voor hulle oë kom, dadelik van hulle af nie.

4. "Het die pottebaker nie mag oor die klei om een voorwerp te maak tot eer en die ander tot oneer nie?"🔗

Weer eens teken hulle beswaar aan: Was hulle dan nie vooraf volgens God se verordening voorbestem vir daardie bedorwenheid wat nou as die oorsaak van hulle verdoemenis voorgehou word nie? Wanneer hulle dus in hulle bedorwenheid te gronde gaan, dra hulle niks anders as die straf vir die rampsaligheid waarin Adam volgens God se voorbeskikking verval en sy hele nageslag blindelings met hom meegesleur het nie. Is Hy dan nie onregverdig omdat Hy sy skepsels so wreed bespot nie?24
Ek erken in elk geval dat al die kinders van Adam deur die wil van God in hierdie droewige toestand waarin hulle nou gebind is, verval het. En dit is ook wat ek in die begin gesê het,25 naamlik dat ons uiteindelik altyd na die oordeel van die Goddelike wil moet terugkeer, waarvan die oorsaak in Homself verborge is. Maar daaruit volg tog nie dadelik dat God aan hierdie verkleinering onderworpe is nie. Want saam met Paulus salons hulle soos volg beantwoord: "o mens! Wie is jy dat jy met God twis? Die skepsel sê tog nie vir sy skepper: 'Waarom het jy my so gemaak?' nie. Of het die pottebakker nie die mag om uit dieselfde klomp klei een voorwerp tot eer en 'n ander voorwerp tot skande te maak nie?"26Hulle sal sê dat God se geregtigheid nie waarlik so verdedig word nie maar dat ons probeer uitvlug soos mense gewoonlik doen wat nie gegronde verontskuldiging het nie. Want wat skyn hier anders gesê te word as dat God 'n mag het wat nie verhinder kan word om enigiets te doen wat Hy lus het om te doen nie? Maar dit is heeltemal anders. Want watter kragtiger rede kan aangevoer word as wanneer ons gebied word om na te dink wie God is? Want hoe sou Hy wat Regter van die wêreld is, enige onreg kon begaan27As die uitvoering van die reg besonderlik op God se natuur betrekking het, is Hyvan nature lief vir geregtigheid en het Hy 'n afkeer van ongeregtigheid. Daarom het die apostel nie vir skuiwergate rondgekyk asof hy op heterdaad betrap is nie, maar hy het aangedui dat die rede vir God se geregtigheid te hoog is om met 'n menslike maat gemeet te word of met die oppervlakkigheid van die mens se vernuf begryp te kan word. Die apostel erken selfs dat God se oordele so 'n diepte het dat alle verstand van mense daardeur verswelg sal word as hulle sou poog om dit binne te dring. Maar hy dui look aan hoe onwaardig dit is om God se werke aan hierdie 'n voorwaarde te onderwerp, naamlik dat ons sou waag om dit af te keur sodra die rede daarvoor nie vir ons duidelik is nie. Salomo se verklaring is bekend hoewel net 'n paar mense dit reg verstaan. Hy sê: "Die grote Skepper beloon die dwaas en gee loon aan die oortreder".28Hy bars immers in toejuiging uit oor God se grootheid. Na sy goeddunke kan Hy dwase en oortreders straf al sou Hy hulle sy Gees nie waardig ag niet En mense se waansinnigheid is wonderbaarlik wanneer hulle daarna streef om iets wat onmeetlik is, aan die maat van hulle verstand te onderwerp.

Paulus noem die engele wat in hulle opregtheid bly staan het, uituerhorenes.29As hulle standvastigheid in God se welbehae gegrond was, bewys die opstand van die ander engele dat hulle verlaat is.30En daarvoor kan geen ander oorsaak aangevoer word as die verwerping wat in God se verborge raadsplan verberg is niet

5. Ons mag nie die redes ondersoek waarom God iets wil of nie wil nie🔗

Maar kom nou, laat 'n Manicheër of 'n Coelestinus31 kom om God se voorsienigheid te belaster, dan sê ek saam met Paulus dat ons nie daarvan rekenskap hoef te gee nie omdat die grootte daarvan ons verstand ver te bowe gaan.32Wat is snaaks hierin of ongerymd? Sou hy bedoel dat God se mag so beperk is dat dit nie by magte is om meer te doen as wat sy verstand kan begryp nie? Saam met Augustinus sê ek dat hy ongetwyfeld vooraf geweet het dat mense deur die Here geskep is wat na die verderf sou gaan, en dat dit gebeur het omdat dit sy wil was. Maar ons het nie die reg om rekenskap te eis vir die rede waarom dit sywil was nie omdat ons nie in staat is om dit te begryp nie. 33En dit is ook nie paslik dat God se wil in 'n geskil onder ons beland nie, want so dikwels dit te berde kom, word onder die naam hiervan die hoogste maatstaf van geregtigheid vermeld. Waarom dan 'n geskil teweegbring oor onreg wanneer sy geregtigheid duidelik blyk?

Ons moet ons trouens nie skaam om volgens Paulus se voorbeeld die monde van goddelose mense te snoer en so dikwels as hulle waag om daarteen te blaf, telkens te herhaal: "Wie is julle, ellendige mense wat God durf beskuldig? En waag julle dit omdat Hy die grootte van sy werke nie by julle grofheid aanpas nie -net asof dit inderdaad daarom verkeerd is omdat dit vir die vlees verborge is? Die onmeetlikheid van die oordele van God is uit duidelike bewyse aan julle bekend. .Iulle weet dat dit 'n diep afgrond genoem word.34Raadpleeg nou die bekrompenheid van qui format omnia, remunerat stultum, & remunerat transgressores: Die grote Skepper van alle dinge beloon die dwase en vergeld oortreders. julIe verstand of dit kan begryp wat God by Homselfbesluit het. Wat baat dit julle om julle in julle waansinnige ondersoek in die afgrond in te dompel terwyl julle rede self vir julle voorsê dat dit julle ondergang sal wees? Waarom beteuel ten minste 'n mate van vrees julle nie omdat die geskiedenis van Job sowel as die boeke van die profete die onbegryplike wysheid van God en sy verskriklike mag verkondig? As jou verstand daarteen in opstand kom, moet dan nie skaam wees om Augustinus se raad aan te neem nie: 'Jy, mens, jyverwag 'n antwoord van my, ek is ook 'n mens. Laat ons dus albei luister na Hom wat sê: 'o mens, wie is jy?'.35
Gelowige onkunde is beter as onbesonne kennis.36 Soek verdienstes; jy sal niks anders as straf vind nie. o diepte! Petrus verloën, die rower glo, o diepte!37Soek jy na die rede? Ek sal die diepte vrees. Redeneer jy maar; ek sal my verwonder. Twis jy; ek sal glo. Ek sien die diepte, maar ek bereik nie die bodem nie. Paulus rus, want hy het die bewondering gevind.
Hy noem die oordele van God ondeurgrondelik. En jy, het jygekom om dit te deurgrond? Hy sê dat God se weë onnaspeurlik is; en jy, speur jy dit na?"38

Ons sal geen vordering maak deur verder te gaan nie want dit sal hulle moedswilligheid nie bevredig nie en die Here hetnie behoefte aan nog 'n verdediging by die een wat Hy deur sy Gees gebruik en wat Hy deur  Paulus se mond lewer nie. En ons leer af om goed te praat wanneer ons ophou om met God te praat.

6. 'n Weerlegging van die beswaar dat die uitverkiesingsleer mense hulle verantwoordelikheidsin en skuldbesef ontneem🔗

Uit hulle goddeloosheid kom 'n tweede beswaar. Dit is egter nie soseer reëlreg daarop gerig om God te beskuldig as om die sondaar te verontskuldig nie. En tog kan iemand wat deur God as sondaar verdoem is, uiteindelik nie sonder belediging vir die Regter geregverdig word nie. Derhalwe babbel hulle onheilige tonge soos volg: "Waarom sou God mense die dinge as sonde toereken, die noodwendigheid waarvan Hy deur sy predestinasie hulle opgelê het? Want wat staan hulle te doen?

Moet hulle hulle teen sy besluite verset? Maar hulle sal dit tevergeefs doen aangesien hulle hoegenaamd niks daarmee kan bereik nie. Hulle word dus ten onregte gestraf vir die dinge waarvan die belangrikste oorsaak in God se predestinasie geleë is" .39

Hier sal ek my weerhou van die verdediging waartoe kerkskrywers oor die algemeen hulle toevlug neem, naamlik dat God se voorkennis nie verhinder dat 'n mens as 'n sondaar gereken word nie omdat God die mens se kwaad en nie sy eie nie vooraf sien.40Die haarklowery sou trouens nie hier tot 'n einde kom nie, maar dit sou eerder daarop aandring dat God tog die kwaad wat Hy vooraf gesien het, kon teengaan as Hy wou. Aangesien Hy dit egter nie gedoen het nie, dat Hy die mens met voorbedagte rade geskep het met die doel dat hy hom so op aarde moes gedra. Maar as die mens deur God se voorsienigheid in so 'n toestand geskep is dat hy daarna moet doen wat hy ook al doen, moet hy nie beskuldig word van iets wat hy nie kan ontvlug nie en wat Hyvanweë God se wil onderneem.41Laat ons dus kyk hoe ons hierdie knop behoorlik kan deurhak.

Ten eerste moet dit wat Salomo sê, onder almal vas en seker wees, naamlik dat God alles ter wille van Homself geskep het, ook die goddelose vir die dag van onheil.42Kyk, aangesien die beskikking oor alle dinge in God se hand is, aangesien die oordeel oor saligheid en die dood by Hom berus, beskik Hy volgens sy raad en goeddunke dit so dat sommige mense gebore word wat van die moederskoot af aan die gewisse dood oorgegee is om deur hulle verderf God se Naam te verheerlik. As iemand sou aanvoer43 dat geen noodwendigheid deur God se voorsienigheid op hulle geplaas word nie maar dat hulle eerder deur Hom in so 'n toestand geskep is omdat Hy hulle toekomstige bedorwenheid vooraf gesien het, sê hy wel iets maar nie alles nie. Die skrywers van die ou tyd wend wel soms hierdie oplossing aan maar met aarseling.44Die Skolastici45berus inderdaad daarin net asof niks daarteen ingebring kan word nie.46Ek sou inderdaad met graagte toegee dat God se voorkennis alleen geen noodwendigheid op sy skepsels plaas nie, hoewel nie almal dit hieroor eens is nie. Daar is trouens sommiges wat meen dat dit ook die oorsaak van alle gebeure is. Vir my lyk dit asof Valla dit skerpsinniger en verstandiger as ander raakgesien het hoewel hy andersins in godsdienstige sake nie so bedrewe was nie.47 Hy het aangetoon dat dit oorbodig is om daaroor te twis omdat lewe sowel as dood eerder handelinge van God se wil as syvoorkennis is. As God slegs vooruit sou sien wat met die mens gaan gebeur, sonder om hierdie  gebeure na sy goeddunke te reël en te orden, sou die vraag nie sonder  rede te berde gebring kon word wat syvoorsienigheid nou eintlik tot die noodwendigheid van die gebeure bydra nie .48Maar aangesien Hy dit wat in die toekoms sou gebeur om geen ander rede voorsien as dat Hy besluit het dat dit so moet gebeur nie, twis hulle tevergeefs oor sy voorkennis wanneer dit duidelik is dat alles eerder volgens sy verordening en goeddunke gebeur.

7. Ook Adam se sondeval is deur God beskik🔗

Hulle verklaar dat daar nie uitdruklik staan dat dit 'n besluit van God was dat Adam deur sy val sou vergaan nie - net asof dieselfde God van wie die Skrif verkondig dat Hy doen wat Hy wil,49 die edelste van sy skepsels doelloos geskep het.50

Hulle beweer dat hy vrye oordeel gehad het om sy eie lot te skep en dat God inderdaad niks anders vir hom bestem het as net om hom volgens sy verdienste te behandel nie. As so 'n koue versinsel aanvaar word, waar sal daardie almag van God wees waardeur Hy alles volgens sy verborge raadsplan, wat nie van iets anders afhanklik is nie, beheer? En of hulle wil of nie, die predestinasie kom tog in die nageslag na vore. Dit was immers nie 'n natuurlike gebeurtenis dat almal as gevolg van een ouer se toedoen van hulle saligheid afgesny is nie. Wat verhinder hulle om dit wat hulle teen hulle sin in verband met die hele mensdom toegee, ten opsigte van een mens te erken? Waarom verspeel hulle hulle tyd deur uitvlugkanse te soek?

Die Skrif roep uit dat alle sterflike mense in die persoon van een mens aan die ewige dood oorgegee is. Aangesien dit nie aan die natuur  toegeskryf kan word nie, is dit glad nie duister dat dit uit God se wonderbaarlike raadsplan ontstaan het nie. Dit is uitermatig onsinnig dat daardie goeie verdedigers van God se geregtigheid in vertwyfeling voor 'n stokkie vassteek maar hoë balke oorsteek! Ek vra weer eens: Hoe het dit gebeur dat Adam se val soveel volke saam met hulle kindertjies onherstelbaar in die ewige dood begrawe het, behalwe omdat God dit so goedgevind het? Hier moet hulle tonge, wat andersins so bitsig is, stom word.

Ek erken wel dat dit 'n skrikwekkende besluit is.51 Tog kan niemand ontken dat God, voordat Hy die mens geskep het, vooraf geweet het wat sy uiteinde sal wees nie, en dat Hy dit daarom vooraf geweet het omdat Hy dit in sy besluit so verorden het. As iemand hier teen God se voorkennis uitvaar, loop hy hom onbesonne en roekeloos te pletter.

Want watter rede is daar, vra ek jou, dat die hemelse Regter daarvoor aangekla kan word dat Hy vooraf geweet het wat sou gebeur? As daar rede vir 'n gegronde en opvallende klag is, is dit op die predestinasie van toepassing. En wat ek sê behoort ook nie ongerymd te lyk nie, naamlik dat God die val van die eerste mens en in hom ook die verderf van sy nakomelinge voorsien het maar dat Hy dit ook na sy goeddunke gereël het. Soos dit tewens op sy wysheid slaan om alles wat gaan  gebeur, vooraf te weet, so slaan dit op sy mag om alles deur sy hand te regeer en te bestier.

Soos ander los Augustinus ook hierdie vraagstuk verstandig op. Hy sê: "Ons bely met die grootste heilsaamheid wat ons met die grootste opregtheid glo, naamlik dat God, die Here van alle dinge, wat alles baie goed geskep het en vooraf geweet het dat die slegte uit die goeie sal ontstaan, en geweet het dat dit by sy almagtige goedertierenheid pas om goeie dinge van slegtes te maak eerder as om toe te laat dat dit slegtes bly, dat Hy die lewe van engele en mense so verordineer het om daarin oe 705 eers te toon wat vrye oordeel wel vermag, en verder waartoe die weldaad van sy genade en die oordeel van sy geregtigheid in staat is" .52

8. Die Skolastiese onderskeid tussen God se wil en sy toelating is oëverblindery🔗

Hier neem hulle hulle toevlug tot die onderskeid tussen wil en toelating. Volgens hierdie onderskeid meen hulle dat goddelose mense na die verderf gaan slegs deur God se wil en nie deur sy toelating nie.53Maar waarom salons sê dat Hy dit toelaat anders as omdat Hy dit so wil?
Dit is trouens op sigself onwaarskynlik dat die mens sonder God se verordening slegs deur sy toelating alleen hom die verderf op die hals ge haal het. Net asof God inderdaad nie bepaal het in watter toestand die belangrikste van sy skepsels hom sou bevind nie! Ek sal dus nie aarsel om doodeenvoudig saam met Augustinus te bely dat die wilvan God die onafwendbaarheid van gebeure is nie 54en dat dit wat Hy gewil het, onvermydelik sal gebeur, soos dit wat Hy vooraf gesien het, waarlik sal gebeur.

As die Pelagiane of Manicheërs of Wederdopers of Epikureërs - dit is naamlik hierdie vier sektes waarmee ons in hierdie redenasie te doen het - die noodsaaklikheid waardeur hulle vanweë God se predestinasie gebind word,55 aan ons voorhou om hulleself te verontskuldig, voer hulle niks aan wat vir die saak van belang is nie. Want as die predestinasie niks anders is as die uitdeling van God se geregtigheid, wat inderdaad verborge maar wel sonder skuld is nie, en omdat dit seker is dat hulle nie onwaardig was om met die oog op hierdie toestandgepredestineer te word nie, is dit ewe seker dat die verderf wat hulle ten gevolge van die predestinasie ondergaan, ook uiters regverdig is.

Hierbenewens hang hulle verderf so van God se predestinasie af dat die oorsaak en rede daarvoor in hulleself gevind kan word. Die eerste mens het tewens geval omdat die Here van oordeel was dat dit so dienstig was; waarom Hy egter so gedink het, is vir ons verborge. Dit is nogtans seker dat Hy nie om 'n ander rede so geoordeel het as dat Hy gesien het dat die heerlikheid van sy Naam tereg daardeur geopenbaar word nie. Wanneer jy hoor dat die heerlikheid van God vermeld word, dink dan daar aan sy geregtigheid. Iets wat immers lof verdien, moet regverdig wees. Die mens val dus omdat God se voorsienigheid dit so verorden; maar hy val uit eie skuld.56

'n Rukkie tevore het die Here verkondig dat alles wat Hy gemaak het, baie goed is.57 Waaruit kom dan die mens se bedorwenheid om van sy God afvallig te word? Om te voorkom dat die indruk sou posvat dat dit uit die skepping kom, het God met sy eie uitspraak goedgekeur wat deur Hom ontstaan het. Deur sy eie boosheid het die mens dus die natuur wat hy rein van God ontvang het, bedorwe gemaak en deur sy val sy hele nageslag saam met hom die verderf ingesleep. Daarom moet ons liewer die duidelike oorsaak vir die verdoemenis in die bedorwe natuur van die mensdom waarneem omdat dit nader aan ons is, as om die verborge en heeltemal onbegryplike oorsaak daarvan in die predestinasie van God te soek. En ons moet nie skaam wees om ons verstand aan die onmeetlike wysheid van God ondergeskik te stel om voor die vele verborgenhede daarvan te swig nie. Want onkunde oor die dinge wat ons nie gegun of veroorloof is om te ken nie, is geleerdheid58 en sug na kennis 'n vorm van dwaasheid.

9. Samevatting🔗

Miskien sal iemand sê dat ek nog niks aangevoer het om daardie heiligskennende verontskuldiging aan bande te lê nie. Ek erken inderdaad dat selfs dit nie eens bereik kan word sonder dat goddeloosheid grom en brom nie. Dit lyk vir my nogtans asof ek genoeg gesê het nie alleen om die gronde vir teenspraak nie maar ook die voorwendsel om dit te doen uit die weg geruim het. Verworpenes wil in hulle sonde verontskuldig word omdat hulle nie die noodsaaklikheid om te sondig kan onrwyk nie veral aangesien 'n noodsaaklikheid van hierdie aard deur God se verordening op hulle gelê word. Ons verklaar egter dat hulle nie na behore verontskuldig word nie, omdat God se verordening waardeur hulle kla dat hulle vir die verderf bestem is, sy eie billikheid het hoewel dit vir ons onbekend is maar baie beslis bestaan. Hieruit stel ons vas dat hulle geen kwaad verduur wat hulle nie deur God se uiters regverdige oordeel aangedoen word nie. Verder leer ons dat diegene voorbarig optree wat hulle oë op die verborge heiligdomme van God se raadsplan rig om die bron van hulle verdoemenis daar te soek maar hulle oë sluit vir die bedorwenheid van hulle natuur, waaruit dit werklik borrel. Die feit dat God vir sy skepping getuig dat dit goed was verhinder hulle egter om hierdie bedorwenheid God toe te reken. Hoewel die mens tewens volgens God se voorsienigheid geskep is vir daardie rampsaligheid waaraan hy onderworpe is, het hy die rede daarvoor nogtans uit homself geput en nie uit God nie, omdat hy om geen ander rede so die verderf ingegaan het as dat hy van die rein skepping van God af in 'n sondige onrein bedorwenheidontaard het nie.

10. 'n Weerlegging van die beswaar dat God partydig is🔗

Nou belaster die teenstanders van God se predestinasie dit ook met 'n derde ongerymdheid. Aangesien ons die feit dat God diegene wat Hy as erfgenamè van sy koninkryk aanneem, van die algemene verderf vrywaar, aan niks anders as die goeddunke van die Goddelike wil toeskryf nie, lei hulle daaruit af dat daar by Hom derhalwe aanneming van persone is - iets wat die Skrif oral ontken. Hulle beweer dat die Skrif dus met homself in stryd is of dat daar in die uitverkiesing van God inagneming van verdienstes is59

Ten eerste ontken die Skrif dat God 'n aannemer van persone is, in 'n an der sin as waarin hulle oordeel. Met die woord persoon dui dit trouens nie 'n mens aan nie maar die dinge wat met die oë in die mens sigbaar is of gewoonlik guns, aansien en waardigheid verwek of haat, veragting of skande aanblaas. Sulke dinge is byvoorbeeld rykdom, invloed, mag, adellike afkoms, ampte, vaderlandsliefde, skoonheid van voorkoms en dergelike dinge. Net so armoede, gebrek, onedele afkoms, vuilheid, veragtelikheid en dergelike dinge. So leer Petrus en Paulus dat God nie 'n aannemer van persone is nie,60omdat Hy nie tussen Jood en Griek onderskei61om met inagneming van hulle volk alleen die een te verwerp en die ander te omhels nie. So gebruik Jakobus dieselfde woorde wanneer hy wil verklaar dat God in sy oordeel nie op rykdom ag slaan nie. 62En Paulus praat elders so oor God dat Hy in sy oordeel nie Vryheid of slawerny in berekening bring nie. 63Daarom sal daar geen teenstrydigheid daarin wees as ons sê dat God volgens die oordeel van sy welbehae diegene wat Hy goedvind, sonder verdienste as sy kinders uitverkies maar ander verstoot en verwerp nie.

Die onderwerp kan egter so verklaar word dat dit ons ten volle bevredig. Hulle vra hoe dit moontlik is dat God uit twee mense tussen wie geen verdienste onderskeid maak nie, die een in sy uitverkiesing verbygaan en die ander aanneem.64Op my beurt vra ek of hulle reken dat dat daar iets in die een is wat aangeneem word wat van so 'n aard is dat God sy hart tot hom kan neig. As hulle erken dat daar niks is nie - soos hulle noodwendig moet -, sal daaruit volg dat God die mens nie aansien nie maar dat Hy die rede waarom Hy aan hom goed doen, uit sy goedertierenheid haal. Dat Hy dus die een uitverkies en die ander verwerp ontstaan nie uit aansien van die persoon nie maar uit sy barmhartigheid alleen - en dit moet Hom vrystaan om dit aan die lig te bring en te openbaar waar en so dikwels dit Hom behaag.65 Ons het immers ook elders gesien dat min mense van die begin af geroep is as adellikes of as wyse manne of as voortreflike mense66 sodat God die hooghartigheid van die vlees kan verneder. Verre sy dit dus daarvan dat God se genade aan persone verbind is!

11. In God se predestinasie kom sy genade en geregtigheid na vore🔗

Daarom beskuldig sommige mense God vals en uiters goddeloos van onewewigtige regverdigheid omdat Hy in sy predestinasie nie dieselfde houding teenoor almal handhaaf nie. Hulle sê: "As Hy almal skuldig vind, laat Hy almal dan gelyk straf; as Hy hulle onskuldig vind, laat Hy dan die strengheid van sy oordeel van almal weerhou". En tog handel hulle so met Hom asof barmhartigheid vir Hom verbode is, of, wanneer Hy Hom wil ontferm, asof Hy gedwing word om volledig van sy oordeel afstand te doen. Wat is dit wat hulle eis? As almal skuldig is, dat almal tegelyk dieselfde straf moet ondergaan. Ons erken dat almal skuldig is, maar ons sê dat God se barmhartigheid sommiges te hulp kom. Hulle sê: "Dan moet dit almal te hulp kom".67Maar ons teken die beswaar aart dat dit billik is dat Hy deur sy straf ook toon dat Hy 'n billike Regter is. Wanneer hulle dit nie verdra nie, wat probeer hulle dan doen anders as om God öf sy mag om Hom te ontferm te ontneem, öf Hom ontferming toe te laat ten minste op voorwaarde dat Hy volledig van sy oordeel afstand doen?

Daarom stem dit baie mooi ooreen met Augustinus se uitsprake wanneer hy sê: "Aangesien die hele massa mense in die eerste mens in die verdoemenis verval het, is die voorwerpe wat daaruit tot eer gemaak word, nie voorwerpe van eie geregtigheid nie maar van God se barmhartigheid.

Dat daar ook ander voorwerpe tot oneer gemaak word, moet nie as ongeregtigheid nie maar aan sy oordeel toegereken word", ensovoorts.68Verder sê hy dat die feit dat God diegene wat Hy verwerp, met die straf wat hulle skuldig is, vergeld en aan diegene wat Hy roep, onverdiende genade skenk, Hom van alle skuld vrywaar na aanleiding van die gelykenis van die skuldeiser in wie se mag dit is om die een vry te skeld en van die ander een te eis. 69God kan dus ook genade skenk aan wie Hy wil, omdat Hy barmhartig is; dat Hy dit nie aan almal gee nie, is omdat Hy 'n regverdige Regter is. Deur dit aan sommiges te gee wat dit nie verdien nie, toon Hy sy onverdiende genade; deur dit nie aan almal te gee nie maak Hy duidelik wat almal verdien.Marg.70 Want wanneer Paulus skryf dat God alles onder die sonde ingesluit het om Hom oor almal te ontferm71, moet ons tegelyk byvoeg dat Hy niemand iets skuld nie, omdat niemand eerste aan Hom iets gegee het om vergelding daarvoor te eis nie.72

12. 'n Weerlegging van die beswaar dat die uitverkiesingsleer alle ywer uir 'n opregte lewe vernietig🔗

Om die predestinasie omver te werp voer hulle ook aan73dat, as dit geldig sou wees, alle bekommernis en ywer om goed te doen sou wegval. Hulle sê: "Want wie sou kon verneem dat sy lewe of sy dood volgens God se ewige en onveranderlike besluit vasgestel is, sonder dat dit hom dadelik te binne skiet dat dit nie saak maak hoe hy hom gedra nie, want God se predestinasie kan nie deur goeie werk verhinder of bevorder word nie? 50 sal almal hulleself afskeep en halsoorkop wanhopig gaan waarheen hulle lus hulle voer".74 Hulle lieg in elk geval nie heeltemal nie, want daar is baie varke wat die predestinasieleer met hulle onrein belasterings besoedel en alle vermanings en teregwysings met die volgende dekmantel ontwyk: "God weet wat Hy eenmaal besluit het om met ons te doen; as Hy op die saligheid besluit het, sal Hyons op sy tyd daarheen bring, as Hy op die dood besluit het, sou ons ons tevergeefs daarteen verset''.75

Wanneer die Skrif egter aan ons voorskryf met hoeveel groter eerbied en Godvresendheid ons oor so 'n groot geheimenis moet nadink, leer dit godvrugtiges enersyds om heeltemal anders daaroor te voel, en andersyds weerlê dit hulle misdadige onbeheerstheid soos dit hoort. Die Skrif vermeld immers nie die predestinasie met die doel om ons waaghalsig te maak sodat ons sou poog om God se ontoeganklike geheimenisse met goddelose onbesonnenheid te ondersoek nie maar eerder om ootmoedig en verslae te leer om by sy oordeel te beef en na sy barmhartigheid op te sien. Gelowiges sal hulle oë op hierdie doel rig. Maar daardie afstootlike gesnork van die varke word deeglik deur Paulus aan bande gelê. Hulle beweer dat hulle onbesorg in hulle gebreke volhard omdat hulle sondes geen hindernis sal wees daarvoor dat hulle uiteindelik na die lewe gevoer sal word as hulle uit die getalle van die uitverkorenes is nie. En tog vermaan Paulus ons dat ons uitverkies is met die doel om 'n heilige en onberispelike lewe te lei.76As heiligheid van lewe die doel van die uitverkiesing is, moet dit ons eerder opwek en aanpor om vurig daaroor na te dink as om as voorwendsel te dien om niks te doen nie.

Hoe groot is die verskil tussen hierdie twee nie: om af te sien daarvan om goed te doen omdat die uitverkiesing voldoende is vir die saligheid, en dat die doel wat vir die uitverkiesing gestel is, dit is dat ons ons moet inspan om ons vir die goeie te beywer? Weg dus met sulke heiligskennis wat die hele orde van die uitverkiesing goddeloos omverwerp!77Hulle laat hulle lasterlike aantygings nog verder strek wanneer hulle sê dat iemand wat deur God verwerp is, tevergeefs werk as hy hom beywer om hom met 'n onskuldige en opregte lewenswandel vir God aanvaarbaar te maak.78In hierdie stelling word hulle egter aan 'n uiters skaamtelose leuen skuldig gevind. Waaruit sou so 'n ywer immers kon ontstaan anders as uit die uitverkiesing? Want wie ook al uit die getal van die verworpenes is, aangesien hulle as voorwerpe tot oneer geskep is - hou nie op om met hulle gedurige oortredings God se toorn teen hulle gaande te maak en om met duidelike tekens te bevestig dat God se oordeel oor hulle alreeds gevel is nie. Verre sy dit dus daarvan dat hulle verniet met Hom kragte meet.

13. 'n Weerlegging van die beswaar dat vermanings deur die uitverkiesingsleer sinloos gemaak word🔗

Ander weer belaster hierdie leer kwaadwillig en ook skaamteloos asof dit alle aansporings om vroom te lewe omver sou werp.79Augustinus het eertyds groot nyd oor hierdie aangeleentheid verduur, en hy het dit met sy boek Teregwysing en genade aan Valentinus platgevee.80As vroom  en leergierlge81mense dit lees, sal dit hulle maklik tevrede stel. Tag sal ek hier enkele aspekte aanstip wat hopelik regskape mense en mense wat nie strydlustig is nie, tevrede sal stel.

Ons het vroeër al gesien82hoe 'n duidelike en uitgesprake verkondiger van die genadige uitverkiesing Paulus was. Maar was hy daarom kil in vermaning en aansporing? Laat daardie goeie heethoofde gerus sy heftigheid met hulle eie vergelyk. Hulle sal vind dat hulle eie ys is in vergelyking met sy ongelooflike vuur. En daardie beginsel ruim beslis al die probleme uit die weg wanneer hy sê dat ons nie tot onreinheid geroep is nie83.maar dat elkeen sy houer tot eer moet besit, ensovoorts.84Verder dat ons God se maaksel is, geskep tot goeie werke wat Hy vooraf berei het sodat ons daarin kan wandel.85

Kortom: mense wat maar net effens ervaring van Paulus het, sal sonder lang bewysvoering begryp hoe paslik hy die dinge waarvan hulle hulle verbeel dat dit met mekaar in stryd is, met mekaar versoen. Christus gebied ons om in Hom te glo, en tog is sy voorskrif nie vals of strydig met sy gebod wanneer Hy sê: "Niemand kan na My toe kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie".86 Laat die prediking dus sy koers vat om mense tot die geloof te lei en met voortdurende vordering in volharding daaraan te hou. Nogtans moet kennis van die predestinasie nie 'n struikelblok wees sodat diegene wat dit gehoorsaam, hoogmoedig moet wees asof dit hulle eie goed is nie, maar hulle moet in die Here roem.
Christus sê nie sonder rede nie: "Laat hywat ore het om te hoor, hoor".87
Wanneer ons dus aanspoor en preek, gehoorsaam diegene wat ore het, dit met graagte maar vir diegene wat sonder ore is, word vervul wat geskryf is: "Dat hulle horende nie hoor nie" 88

"Waarom," vra Augustinus, "het hulle dan ore en die ander nie? Wie het die gedagte van die Here geken?89 Moet ons daarom ontken wat ge openbaar is, omdat ons nie kan begryp wat verborge is nie?"90Ek het  hierdie aanhaling uit Augustinus getrou weergegee, maar omdat sy woorde miskien meer gesag het as myne, kom, laat ons dan aanhaal wat ons in sy werk kan lees. Hy sê: "As sommige mense dit hoor en hulle verander in slapheid en luiheid; as hulle weg neig van inspanning na hulle luste en agter hulle begeertes aangaan, moet ons dan reken dat dit wat oor God se voorkennis gesê is, vals is? As God vooraf geweet het dat hulIe goed sal wees, sal hulle dan goed wees in hoe 'n groot boosheid hulle hulle nou ook al bevind? En as Hy vooraf geweet het dat hulle sleg sal wees, sal hulle sleg wees al sou ons bemerk dat hulle nou ook al in hoe 'n groot goedheid is? Moet dit wat oor God se voorkennis gesê word, tot ander dwalings kom as ons nie daaroor praat nie?"91 Hy sê verder: "Die rede om die waarheid te verswyg, is heeltemal anders as die noodsaaklikheid om die waarheid te praat. Maar om al die redes vir die verswyging daarvan te ondersoek sou lank neem. Een daarvan is egter die volgende: dat diegene wat dit nie begryp nie, nie nog slegter word wanneer ons diegene wat dit wel begryp, geleerder wil maak nie.
Wanneer ons so iets sê, word hulle tog nie geleerder nie maar ook nie slegter nie. Maar wanneer dit met iets wat waar is, so gesteld is dat iemand wat dit nie kan begryp nie, slegterword as ons dit sê, en iemand wat dit wel kan verstaan as ons dit verswyg, slegter word, wat dink ons moet ons dan doen? Moet ons dan liewer die waarheid praat sodat iemand wat dit kan begryp, dit begryp eerder as om dit te verswyg sodat nie alleen beide dit nie begryp nie maar ook dat die een wat intelligenter is, slegter word? En as hy dit hoor en begryp, dat ook meer mense dit deur hom kan leer? En ons wil nie sê wat ons volgens die Skrifgetuie mag sê nie want ons vrees dat die een wat dit nie kan begryp wanneer ons dit sê, hom vir ons kan vererg nie. Ons vrees egter nie dat die een wat die waarheid kan begryp as ons dit verswyg, deur bedrog mislei word nie" .92

Hy vat hierdie uitspraak uiteindelik baie kortliks saam en bevestig dit selfs duideliker: "As die apostels en die leraars van die kerk wat hulle gevolg het, beide hierdie dinge gedoen het, naamlik om vroom oor die ewige uitverkiesing van God te praat en om die gelowiges onder die tug van 'n godvrugtige lewe te hou, wat is dan die rede waarom daardie geleerdes van ons tyd wat deur die onoorwinlike geweld van die waarheid ingesluit is, meen dat hulle met reg kan sê dat dit wat oor die predestinasie gesê word, al sou dit waar wees, nie aan die volk verkondig moet word nie? Inteendeel, dit moet juis ten volle verkondig word sodat hy wat ore het om te hoor, dit kan hoor.93Wie het egter ore as hy dit nie ontvang het van Hom wat belowe dat Hy dit sal gee nie? Laat hy wat dit nie aanneem nie, dit beslis verwerp, mits hy wat dit wel aanneem, dit mag neem en drink, mag drink en leef. Want soos godsvrug verkondig moet word sodat God na behore gedien kan word, sa ook die predestinasie sodat hy wat ore het om te hoor, oor die genade van God in God kan  roem en nie oor homself nie."94

14.95 Augustinus se preke as voorbeeld van die regte manier om die predestinasieleer te verkondig🔗

En soos hierdie heilige man hom besonder beywer het om te stig, het hy nograns sy metode om die waarheid te onderrig so getemper dat hy so ver hy kon, verstandig teen aanstoot gewaak het. Hy rig immers die vermaning dat dit wat met waarheid gesê word, tegelyk paslik gesë kan word.96As iemand die volk dus soos volg sou aanspreek: "As julle nie glo nie, gebeur dit omdat julle alreeds van Godsweë vir die verderf bestem is", begunstig hy nie alleen traagheid nie, maar hy gee vrye teuels aan boosheid. As iemand hierdie stelling ook na die toekoms sou uitbrei, naamlik dat diegene wat nie hoor nie, nie sal glo nie omdat hulle verwerp is, sal dit 'n vloek eerder as onderwysing wees. Gevolglik beveel Augustinus met reg dat sulke predikante uit die kerk moet padgee asof hulle dwase leraars is of verkeerde en onheilspellende profete.97 Elders voer hy met waarheid aan dat ons moet onthou dat 'n mens eers dan deur teregwyslng98 vordering maak wanneer Hy wat maak dat diegene wat Hy wil, selfs sonder teregwysing vordering maak, Hom oor hom ontferm en hom help. Maar waarom gebeur dit met een so en met 'n ander weer anders? Verre sy dit daarvan dat ons sou beweer dat die oordeel die klei toekom en nie die pottebakker nie!99 Net so sê hy daarna: "Wanneer mense deur teregwysing na die pad van geregtigheid kom of daarheen terugkeer, wie werk dan die saligheid in hulle harte anders as Hy wat die groei gee nadat enigiemand geplant en water gegee het'100- Hy teen wie geen vry oordeel van die mens hom kan verset as Hy wil salig maak nie?101 Daar moet dus geen twyfel daaroor bestaan dat die wil van mense hulle nie teen die wil van God, wat alles wat Hy wou, in die hemel en op die aarde en selfs dit wat in die toekoms lê, gemaak het, kan verset om nie te doen wat Hy wil nie aangesien Hy ook met die mens se wil doen wat Hy wil". 102

Net so së hy: "Wanneer Hy mense na Hom wil bring, bind Hy hulle dan met liggaamlike bande? Nee, Hy werk innerlik; Hy vat binne-in hulle harte; hy ontroer innerlik, en Hy trek hulle met hulle wil wat Hy in hulle gewerk het" .103Dit wat hy egter dadelik byvoeg, behoort glad nie weggelaat te word nie: "Omdat ons nie weet wie by die getal van voorbeskiktes hoort of nie daarby hoort nie, betaam dit ons om so ingestel te wees dat ons begeer dat almal salig moet word. So sal dit gebeur dat ons ons beywer om elkeen wat ons ontmoet, 'n deelgenoot in die vrede te maak. Maar ons vrede sal op die kinders van vrede rus.104 Sover dit ons dus aangaan, moet ons heilsame en streng teregwysing as medisyne vir almal aanwend sodat hulle nie te gronde gaan of ander te gronde laat gaan nie. Dit kom God egter toe om teregwysing nuttig te maak vir diegene wat Hy vooraf geken en vooraf bestem het" .105

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Pighius, Controversiae 7 fo. 115b.
  2. ^ Vgl. Melanehthon, Loci com. 1543 (CR 21:915) en Pighius, De lib. arb. 8.2 fo. 134a; 9.2 fo. 164a.
  3. ^ In navolging van Luther (vgl. sy De servo arb. (WA18:712 e.v.) en Bueer, Metapbrases in ep. Pauli 1536, p. 358, keer Calvyn hom hierin teen Augustinus, wat van die standpunt uitgaan dat die uitverkorenes deur 'n besondere besluit van die massa perditionis afgesonder word, terwyl die verworpenes doodeenvoudig aan die verderf oorgelewer word wat hulle sondes vir hulle verdien het.- vgl. sy De corrept. et grat. 7.12 (MPL 44:923 e.v.).
  4. ^ Vgl. Inst. 2.4.4 (Afr. vert. 2:433 - 435).
  5. ^ fr. 1560: Et de fait, nous auons aussi oeu que sainct Paul ne se tormente pas comme ces frois docteurs (Benoit 3:433).
  6. ^ Marg. Rom. 9.d.20. Vgl. OC 49:185 e.v.
  7. ^ Marg. Matth. 15.b.13. Vgl. OC 45:452 - 453.
  8. ^ Marg. Rom. 9.e.22. Vgl. ook vers 23
  9. ^ Fr. un empire souverain (Benoit 3:434).
  10. ^ Vgl. Augustinus, Contra Iul. 5.3.13 (MPL44:790 e.v.), Origenes, Deprinc. 3.1.13 e.v. (MPG 22:217 e.v.): Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1230); Pighius, De lib. arb. 9.2 fo. 165ab.
  11. ^ Marg. Lib. contra Iul. 5. cap. 5.
    Augustinus, Contra Iul. 5.3.13 (MPL 44:790 e.v.).
  12. ^ Fr. 1560:par leur franc arbitre, sans estre rëprouoez de luy (Benoit 3:434). Vgl. Pighius, De lib. arb. 9.2 fo. 162b e.v.
  13. ^ Vgl. Rom. 9:17. 
  14. ^ Vgl. Rom. 9:18.
  15. ^ Marg. Lib. 1. de praedest. Sanct. cap. 2. Calvyn vergis hom met hierdie verwysing. Dit kom nie in die aangehaalde werk voor nie - vgl. De praedest. sanct. 2.4 (MPL 44:962). Die uitdrukking 'God maak van wolwe skape 'kom wel in een van Augustinus se preke voor; vgl. Augustinus, Serm. 26.5 (MPL 38:173)
  16. ^ Fr. 1541 e.v.: les bommes charnels, comme tls sont pleins de fottie (Benoit 3:435).
  17. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 2.1 fo. 17b e.v.
  18. ^ Cochlaeus, De lib. arb. 1 C 8b e.v. (OS 4:395).
  19. ^ Marg. Hoc ex Augustino sumptum lib. 1. de Gen. contra Manich. cap. 3. Vgl. Augustinus, De genesi contra Manich. 1.2.4 (MPL 34:175).
  20. ^ Vgl. Calvyn se Brevem responsionem ad diluendas nebulonis cuiusdam calumnias 1557 (OC 9:259 e.v.): sy Responsionem alteram de occulta Dei prouidentia (OC 9:288 e.v.) art. 1: Itaque quod de absoluta potestate nugantur Scholastici non solum repudio, sed etiam detestor, quia iustitiam eius ah imperia separant - derhalwe verwerp ek nie alleen die beuselagtighede wat die Skolastici in verband met absolute mag kwytraak nie, maar ek verfoei dit ook want hulle skei sy geregtigheid van sy heerskappy. Fr. 1560: la resverie des Théologiens Papistes (Benoit 3:435); Inst. 2.17.2 (Afr. vert. 2:688 - 689); Wende!, a.w. p. 92 e.v. en Doumergue, 4:120 e.v.
  21. ^ Dit is nie bekend na watter werk van Plato Calvyn verwys nie. Soos sy gebruik is, haal hy uit sy geheue aan en dit stem naastenby ooreen met die oorspronklike. Hier stem die eerste deel van die aanhaling in breë trekke ooreen met Plato se Respublica 9.571 (LCL 2:334 - 336) en die tweede deel eweneens in breë trekke met sy Nomoi 644 - 645 (LCL 1:64 - 67).
  22. ^ Marg. Psal. 51.a.6. Vgl. OC 31:510 e.v. Vg. Ps. 50:6: et vin cas cum iudtearis: en U oorwin wanneer U beoordeel word. Calvyn lê veral in sy preke sterk klem daarop dat God sy eie wet is - nie los van die wet, bo die wet of arbitrêr nie, maar as deel van sy Goddelike natuur sodat dit net so onmoontlik is dat God die wet sal verdraai as wat dit is om sy wese te laat vaar. In 'n preek oorJob 8: sê hy: ., la nature de Dieu est iuste, et qu 'il n 'est non plus possible qu 'il se se destourne de droiture et equité, que de dire qu'il renonce son essence, et qu'it ne soit plus Dieu," Vgl. ook sy preke oor Job 20:16 - 19 (OC 34:165 e.v. veral175); Job 21:7 - 11 (OC 34:215 e.v. veral222) en oor Daniel (OC 41:367). Hyverskil hierin radikaal van die Skolastici en in besonder van Duns Scotus. Vir ealvyn is God se geregtigheid en goedertierenheid trouens die wesenskenmerke van sy Goddelike natuur 
  23. ^ Vgl. Augustinus, Contra Iul. op. imperf 1.48, 2.8 (MPL45:1069 e.v., 1145).
  24. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1222, 1224, 1231).
  25. ^ Vgl. Inst. 3.23.3 (Afr. ven. 3:1195) hierbo.
  26. ^ Marg. Rom. 9.b.20. Vgl. ook Rom. 9:21 en n.6 hierbo.
  27. ^ Vgl. Gen. 18:25.
  28. ^ Marg. Prov. 26.b.l0 (Spr. 26:10). Calvyn se teks stem nie met die Vg. ooreen nie. Battles verwys sonder bespreking na die Geneefse Bybel. Dit stem eerder met die Munsteriana ooreen: Magnus qui format omnia, remunerat stultum, & remunerat transgressores: Die grote Skepper van alle dinge beloon die dwase en vergeld oortreders.
  29. ^ Marg. 1. Tim. 5.d.21. Vgl. OC 52:318.
  30. ^ Fr. 1560: la rëvolte des diables monstre qu 'ils n 'ont pas esté retenus, mats plustost délaissez (Benoit 3:438).
  31. ^ Fr. 1541 e.v.: + ou Célestin, ou autre bérétique (Benoit 3:438).
  32. ^ Vgl. Rom. 9:19 - 23.
  33. ^ Vgl. Augustinus, Ep. 186.7.23 (Ad Paulinum) - MPL33:824; CSEL 57:63.
  34. ^ Marg. Psal. 36.a. 7. Vg. Ps. 35:7 en OC 32:361.
  35. ^ Vgl. Rom. 9:20 en Calvyn se reeds vermelde drie preke (OC 58:34).
  36. ^ Vgl. Augustinus, Serm. 28.3.4 (MPL 38:179).
  37. ^ Ibidem, 6.6 (MPL 38:181).
  38. ^ Marg. Aug. de ver. Apost. Ser. 20.
    Augustinus, Serm. 28.7.7 (MPL 38:182)
  39. ^ Vgl. Augustinus, Contra Iul. op. imperf 1.72 (MPL 45:1097); Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1224, 1228, 1231, 1241, 1242).
  40. ^ Vgl. Inst. 3.22.8 (Afr. vert. 3:1183 - 1185) hierbo vir die betrokke skrywers van die kerk.
  41. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1232, 1238).
  42. ^ Marg. Provo 16.a.4 (Spr. 16:4). Fr. 1541: ootre l'iniquitë (1560: l'inique au tour de sa perdition (Benoit 3:440). Die drukkersduiwel, die tikflater by l'inique en l'iniquitê, die verskil tusses byvoeglike naamwoord en substantief, het waarskynlik aanleiding gegee daartoe dat Bolsec Calvyn op 16 Oktober 1551 tydens 'n vergadering van die predikante van Genève beskuldig het dat hy die Skrif verdraai en van hom geëis het dat Hy sy leer in verband met die predestinasie moes verduidelik. Dit het uiteindelik gelei tot die proses teen Bolsec en sy verbanning op 23 Desember 1551 uit Genève. Vgl. die lewenskets van Calvyn deur Beza (Afr. vert. 1:38 n. 172).
  43. ^ Fr. 1560: pour excuser Dieu (Benoit 3:440).
  44. ^ Vgl.:Inst. 3.22.8 (Afr. vert. 3:1183 - 1185) hierbo.
  45. ^ Fr. 1541 e.v.: Les Sorboniques (Benoit 3:440).
  46. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 1.40.4 (MPL 192:632).
  47. ^ Lorenzo Valla is in 1415 in Rome gebore en het in 1457 daar gesterf. Hywas nog jonk toe hy 'n beweging teen die heersende skolastiese filosofie op tou gesit het en daarvoor as ketter in dieselfde sin as Wycliffe en Huss beskou en vervolg is. Hyvlugvan sy moederstad Rome na Napels, waar hyverskeie werke, o.a. oor die Triniteit en die vrye oordeel, skryf. Hy word ter dood veroordeel maar deur die tussenkoms van koning Alfons Vvrygespreek. Hierna keer hy na Rome terug maar gaan onversetlik voort om die skolastiese verbinding van godsdiens en filosofie aan te val omdat hy gemeen het dat Christelikheid op gesonde verstand berus en nie op filosofiese redenasies nie. Sy opvatting kom daarop neer dat die gelowige in die loop van sy geloofservaring met die openbaring kennis maak. Hy mag dit egter nie dieper ondersoek nie maar moet dit gelowig aanvaar. Sonder geloof bestaan daar vir hom trouens geen deug nie en is alles sonde. Erasmus (OOE9:1231) en Luther (WA18:640) het hom met Wycliffe verbind en as voorloper van die reformatoriese visie oor die predestinasie beskou.
  48. ^ Fr. 1541 e.v.: c'est folie de disputer et debatre que fait sa prescience (Benoit 3:441).
  49. ^ Vgl. Ps. 115:3 en OC 32:183 - 185.
  50. ^ Fr. 1560: sans ordonner à quellefin ne condition (Benoit 3:441).
  51. ^ Decretum horribile. Fr. 1560: Ie confesse que ce décret nous doit espooanter (Benoit 3:441). Calvyn bou hierdie tema breër uit in sy De aeterna Dei praedestinatione (OC 8:316 e.v.)
  52. ^ Marg. Ench. ad Laurent (recte: Augustinus, De cor. et grat. 10.27 (MPL 44:932). Vgl. Pannier, Institution 3:327. Vgl. Inst. 1.15.8 (Mr. vert. 1:299)
  53. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1232 - 1232).
  54. ^ Marg. Lib. 6. de Genes. ad literam. cap. 15. Augustinus, De Genest ad litteram 4.15.26 (MPL 34:350).
  55. ^ Vgl. Inst. 2.3.5; 2.5.1, 2 (Afr. vert. 2:413 - 415; 439 - 442
  56. ^ Vgl. in verband hiermee Augustinus, Ench. ad Laurent. 99 (MPL 40:278); De anima 4.11.16 (MPL 44:533); De dono perseu. 8.16 (MPL 45:1002); Luther, De serv. arb. (WA 18:785); Bucer, Metapbrasis in ep. Pauli (1536) 359.
  57. ^ Marg. Genes. 1.d.32.
  58. ^ Vgl. Augustinus, Ep. 130.15.18 (MPL 33:505; CSEL 44:72); en Inst. 3.21.2 (Afr. vert. 3:1160 - 1161) hierbo.
  59. ^ Oor die aanneming van persone vgl. Melanchthon, Loci com. 1535 (CR 21:452).
  60. ^ Marg. Act. 10.e.34; Rom. 2.b.l0. vgl. OC 48:241.
  61. ^ Marg. Galat. 3.d.28. vgl. OC 50:222.
  62. ^ Marg. Jacob. 2.a.5. Vgl. OC 55:398 - 399
  63. ^ Marg. colos. 3.d.25; Ephes. 6.b.9. Vgl. ook Ef. 6:8 en OC 52:126; 51:231.
  64. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1230 - 1231).
  65. ^ Marg. Vide August. lib. ad Bonif. 2. cap. 7.Augustinus, Contra duas ep. Pelag. ad Bonif 2.7.13· 16 (MPL 44:579 . 583; CSEL 60,1:473 . 478).
  66. ^ Marg. 1. Cor. l.d.26. Vgl. OC 49:329.
  67. ^ Vgl. Augustinus, Ep. 186.7.22 (MPL 33:824; CSEL 57,1:62 . 63).
  68. ^ Marg. Epist. 106. Augustinus, Ep. 186.6.18 (Ad Paulinum) (MPL 33:823; CSEL 57:60).
  69. ^ Marg. De praedest. &gratia. Pseudo-Augustinus, De praedesttnattone et gratia 3 (MPL 45:1667).
  70. ^ De bono persev. cap. 12. Augustinus, De dono perseoerantiae 12.28 (MPL 45:1009 e.v.).
  71. ^ Marg. Rom. 11.d.32. Vgl. OC 49:229.
  72. ^ Vgl. Rom. 11:35.
  73. ^ Fr. 1560: Les adversaires de la oëritë usent encore d'une autre calomnie (Benoit 3:445).
  74. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1245).
  75. ^ Calvyn verwys hier waarskynlik na die geestelike Libertyne en in besonder na hulle leier Quentin.
    Vgl. sy traktaat Contre la secte des Libertins (OC 7:247).
  76. ^ Marg. Ephes. 1.a.4. Vgl. OC 51:147.
  77. ^ Vgl. Inst.3.22.2 - 3 (Afr. vert. 3:1174 - 1176).
  78. ^ Vgl. 2 Tim. 2:15; OC 52:367.
  79. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 2.1 fo. 18; 7 fo. 120b; Calvyn, Congrëgation 1551 (OC 8:107); Calumniae cuiusdam nebulonis 1558 (OC 9:281).
  80. ^ Augustinus, De cor. et grat. ad Val. 1 (MPL 44:915 . 946).
  81. ^ Fr. 1560: toutes gens craignans Dieu (Benoit 3:446).
  82. ^ Vgl. Inst. 3.22.1 - 6 (Afr. vert. 3:1172 - 1181).
  83. ^ Marg. 1. Thes. 4.b.7. Vgl. OC 52:162
  84. ^ Vgl. Rom. 9:21. Calvyn se teks stem hier ooreen met die Vulgaat se teks van 1 Tes. 4:4: ut sciat unusquisque vestrum suum vas possidere in sanctificatione et bonore: sodat elkeen van julle mag weet dat hy sy eie houer (vat) besit tot heiligmaking en eer.
  85. ^ Marg. Epbes. 2.b.1o. Vgl. OC 51:166
  86. ^ Marg. Iohan. 6.g.61 (recte: Fr. 1560: Joh. 6:65). Vgl. OC 47:158.
  87. ^ Marg. Matth. 13.b.9. Vgl. OC 45:357.
  88. ^ Marg. Iesa. 6.c.9. Vgl. OC 36:135.
  89. ^ Vgl. Rom. 11:34. Vgl. OC 49:26
  90. ^ Augustinus, De dono persev. 14.37 (MPL 45:1016).
  91. ^ Marg. Lib. de bono persec. cap. 15. Ibidem 15.38 (MPL 45:1016 e.v.).
  92. ^ Marg, Cap. 16. Ibidem 16.40 (MPL 45:1017).
  93. ^ Vgl. Mark. 4:9; Matt. 11:15; Luk. 8:8 asook OC 45:305 en 357.
  94. ^ Marg. Eiusdem lib. cap. 20. Ibidem 20.51 (MPL 45:1025).
  95. ^ A: falso 12.
  96. ^ Ibidem 22.61 (MPL 44:1030. Fr. 1560: Car il remonstre que ce qui se dit vrayement, peut bien estre conforme l'utilité (Benoit 3:448).
  97. ^ Ibidem 20.51, 22.61 (MPL 44:1025, 1030).
  98. ^ Calvyn het hier verbetering. correctione, terwyl Augustinus teregwysing. correptione het.
  99. ^ Ibidem 5.8 (MPL 44:920).
  100. ^ Vgl. 1 Kor. 3:6 - 8. Vgl. OC 49:349.
  101. ^ Ibidem 14.43 (MPL 44:942).
  102. ^ Ibidem 14.45 (MPL 44:943).
  103. ^ Ibidem 14.45 (MPL 44:944).
  104. ^ Ibidem 15.46 (MPL 44:944).
  105. ^ Ibidem 16.49 (MPL 44:946).