Die betekenis van die doop word uit die instelling van die besnydenis afgelei: die beloftes daarin is dieselfde. Daarom moet die kinderdoop ook bedien word om die verbond van God te bevestig en te versterk. Christus het nie die verbondsbeloftes in duisterheid gehul nie en sowel Jode as heidene word in die Nuwe Testament as kinders van Abraham gereken.

Die Wederdopers se siening asook ander onbybelse redenasies en besware word weerlê.

1984. 42 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 16 Die Kinderdoop stem uiters goed ooreen met die instelling van Christus; die aard van hierdie teken

1. Die noodsaaklikheid om die kinderdoop te behandel.🔗

Omdat sekere waansinnige geeste egter in ons tyd vanweë die kinderdoop ernstige oproer in die kerk verwek het, en hulle selfs nou nog nie opgehou het om beroering te veroorsaak nie, kan ek nie anders as om hierdie aanhangsel hier by te voeg1 om hulle waansinnigheid aan bande te lê nie. As dit miskien vir iemand lyk asof hierdie byvoeging te lank is, vra ek hom om asseblief na te dink van hoe 'n groot belang die suiwerheid van die leer oor 'n onderwerp van die grootste belang, en vrede in die kerk vir ons behoort te wees, sodat ons niks uit afkeur daaruit weg moet laat wat kan bydra om beide hierdie dinge in ere te herstel nie.

Hierby kom ook die feit dat ek my sal inspan om hierdie bespreking so saam te stel dat dit vir 'n duideliker verklaring van die sakrament van die doop van groot betekenis sal wees.

Hulle beveg die kinderdoop met 'n redenasie wat skynbaar in hulle guns is deur daarop te roem dat dit op geen instelling van God gegrond is nie, maar dat dit vanweë mense se vermetelheid en verwronge nuuskierigheid ingevoer, en uiteindelik uit dwase liggelowigheid onbesonne in gebruik geneem is.2 Want as 'n sakrament nie op die vaste fundament van God se Woord steun nie, hang dit aan 'n garingdraadjie. Maar wat daarvan as ons die onderwerp behoorlik ondersoek en dit blyk dat die instelling van die Here valslik en onbillik met so 'n ongegronde aanklag gebrandmerk word? Laat ons derhalwe na die eerste oorsprong van die kinderdoop soek. En as dit weliswaar vasstaan dat dit slegs deur die onbesonnenheid van mense uitgedink is, moet ons dit laat vaar en die ware handhawing van die doop slegs aan die wil van God meet. Maar as ons kan bewys dat die kinderdoop glad nie sonder besliste gesag van God is nie, moet ons waak dat ons nie 'n heilige instelling van God verskeur en Hom ook as die Insteller daarvan beledig nie.

2. Die ware betekenis van die doop moet afgelei word uit die seremonie, die beloftes en die geestelike verborgenhede daarin.🔗

Ten eerste is dit 'n bekende, en onder alle godvrugtiges 'n algemeen aanvaarde leerstelling dat die regte beskouing oor die sakramente is dat hulle nie slegs in uiterlike seremonies geleë is nie, maar dat hulle eerder van 'n belofte afhanklik is en van geestelike verborgenhede en dat die Here juis die seremonies beskik om hierdie verborgenhede uit te beeld.

As iemand dus ten volle wil leer wat die krag van die doop is, waarop dit gemik is, en wat dit nou eintlik is, moet hy sy gedagtes nie by die element en die liggaamlike gestalte daarvan laat vassteek nie. Hy moet egter sy gedagtes eerder op die beloftes van God wat ons daarin aangebied word, en op die dieper geheimenisse wat daarin afgebeeld word, rig. Iemand wat dit onthou, het die vaste waarheid en die volle wese, om dit so te stel, van die doop verstaan. Daaruit sal hy ook leer wat die rede vir en die gebruik van die uitwendige besprinkeling is.

Iemand wat aan die ander kant hierdie aspekte met minagting verbygaan, en sy gedagtes heeltemal op die sigbare seremonie vasnael en vasbind, sal nòg die krag, nòg die aard van die doop begryp, en weliswaar ook nie wat die water of die gebruik daarvan beteken nie. Hierdie opvatting is deur vele en baie duidelike Skrifgetuienis bewys sodat dit nie nodig is om dit vir die huidige langer te bespreek nie. Daar bly dus oor dat ons na aanleiding van die beloftes wat in die doop gegee word, ondersoek moet instel na die krag en die aard daarvan.

Die Skrif toon ten eerste aan dat die reiniging van sondes wat ons deur die bloed van Christus bekom, in die doop aan ons getoon word. Daarna ook die afsterwe van die vlees wat op deelname in sy dood berus, en waardeur gelowiges weergebore word tot 'n nuwe lewe en daarom ook tot die gemeenskap in Christus. Alles wat in die Skrif oor die doop geleer is, kan op hierdie samevatting betrek word, behalwe dat dit daarbenewens ook dien as teken3 om ons godsdiens voor die mense te betuig.

3. Die betekenis van die water in die doop kan die beste uit die instelling van die besnydenis afgelei word.🔗

Omdat God se volk egter voor die instelling van die doop in die plek daarvan die besnydenis4 gehad het, moet ons ondersoek instel na wat die verskil tussen hulle is en waarin hierdie twee tekens met mekaar ooreenstem sodat daaruit duidelik kan word wat ons van die een op die ander mag toepas.

Toe die Here Abraham beveel het om die besnydenis te onderhou, sê Hy vooraf dat Hy sy God en sy saad se God sal wees.5 Hy voeg by dat die oorvloed en genoegsaamheid van alle dinge by Hom is6 sodat Abraham daaruit kon aflei dat sy hand vir hom die bron van alle goed sal wees. In hierdie woorde word die belofte van die ewige lewe saamgevat, soos Christus dit vertolk wanneer Hy 'n redenasie hieruit put om die onsterflikheid en die weeropstanding van die gelowiges te bewys. Hy sê: "Want Hy is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes".7

En wanneer Paulus aan die Efesiërs toon van watter verderf die Here hulle verlos het, lei hy uit die feit dat hulle nie tot die verbond van die besnydenis toegelaat was nie, af dat hulle sonder Christus, sonder God, sonder hoop, en vreemdelinge aan die verbond van die belofte was.8 En al hierdie aspekte vat hy onder die verbond saam. Sondevergiffenis is egter die eerste nadering tot God, die eerste toetrede tot die onsterflike lewe. Hieruit volg dat hierdie belofte (van die besnydenis) met die belofte van die doop in verband met ons reinigmaking ooreenstem. Daarna vereis die Here van Abraham dat hy in opregtheid en onskuld van hart voor Hom moet wandel.9 Dit het betrekking op afsterwe of wedergeboorte.

En om te voorkom dat enigiemand sou twyfel dat die besnydenis 'n teken van afsterwing is, verklaar Moses dit elders baie duidelik wanneer hy die Israeliete aanspoor om die voorhuid van hulle hart vir die Here te besny10 omdat hulle uit al die nasies van die aarde as die volk van God uitverkies is.11 Wanneer God die nageslag van Abraham as sy volk aanneem, beveel Hy dat hulle besny moet word. Net so verklaar Moses dat hulle in hulle harte besny moet word wanneer hy vertel wat die ware betekenis van daardie vleeslike besnydenis is.12 Om te voorkom dat iemand met die oog hierop (d.i. die geestelike besnydenis van die hart) op sy eie kragte sou staatmaak, leer hy dat dit die werk van God se genade is. Al hierdie aspekte word so dikwels deur die profete op ons ingeprent dat dit nie nodig is om die baie getuienissse hieroor wat vanself oral voorkom, bymekaar te skraap nie.13 Ons lei dus af dat die geestelike belofte wat in die besnydenis aan die aartsvaders gegee is, dieselfde is as die belofte wat in die doop aan ons gegee word omdat die besnydenis vir hulle sondevergiffenis en die afsterwe van die vlees uitgebeeld het. Soos ons hierbenewens geleer het dat Christus die fondament van die doop is omdat beide die voorgaande aspekte in Hom gevestig is, so is dit duidelik dat Hy ook die fondament van die besnydenis is. Hy word trouens aan Abraham beloof en in hom tot seën van alle volke.14 En om hierdie genade te beseël word die teken van die besnydenis daaraan geheg.

4. Met uitsondering van die sigbare seremonie is die beloftes in die besnydenis en die doop dieselfde.🔗

Nou kan ons sonder enige moeite sien watter ooreenkoms of verskil tussen hierdie twee tekens bestaan. Die belofte waarin, soos ons verduidelik het, die krag van beide hierdie tekens bestaan, is in beide een en dieselfde, naamlik die belofte van God se vaderlike guns, van sondevergiffenis en van die ewige lewe. Voorts is ook die saak wat in beide uitgebeeld is, een en dieselfde, naamlik die wedergeboorte. Ook die fondament waarop die vervulling van hierdie aspekte steun, is in beide een en dieselfde.15 Daar is daarom geen onderskeid in die inwendige geheimenis na aanleiding waarvan die hele krag en eie aard van die sakramente beoordeel moet word nie. Die verskil tussen hulle is geleë in die uiterlike seremonie en dit is die geringste deel daarvan. Die belangrikste deel berus op die belofte en die betekende saak. Ons kan derhalwe vasstel dat alles wat by die besnydenis pas, ook op die doop betrekking het met uitsondering van die verskil in die sigbare seremonie. Die reël van die apostel waarvolgens ons beveel word om alle Skrifuitleg te meet na die maat van die geloof, lei ons tot hierdie toepassing en vergelyking.16 En in hierdie opsig bied die waarheid in elk geval die geleentheid om amper aangeraak te word. Soos die besnydenis trouens die eerste stap tot die kerk vir die Jode was omdat dit 'n bepaalde teken17 was wat hulle verseker het dat hulle in die volk en huisgesin van God opgeneem word, en hulle op hulle beurt bely het dat hulle hulle aan God gewy het, so word ons nou ook deur die doop aan God gewy om as sy volk gereken te word en op ons beurt trou aan Hom te sweer. Ongetwyfeld is dit hieruit duidelik dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het om by ons dieselfde funksie te vervul (as die besnydenis onder die Jode) .

5. Soos in die geval van die besnydenis moet die doop daarom ook aan jong kinders bedien word.🔗

As ons dan nou ondersoek wil instel daarna of die doop met reg aan kindertjies bedien word, salons dan nie beslis sê dat iemand uitermatig onredelik, ja, selfs van sy verstand af is, as hy slegs aan die element van water en die uiterlike onderhouding van die seremonie bly kleef nie, en sy verstand nie toelaat om op die geestelike geheimenis daarvan te let nie? As redelikheid enigsins in aanmerking geneem word, sal dit ongetwyfeld duidelik wees dat die doop met reg as iets wat hulle toekom, aan kinders bedien word. Die Here sou hulle immers nie eertyds die besnydenis waardig geag het sonder om hulle deelgenote van al die dinge te maak wat destyds deur die besnydenis uitgebeeld is nie. Andersins sou Hy met louter onsinnighede die spot met sy volk gedryf het as Hy hulle met bedrieglike tekens sou mislei het - en net om dit te hoor is verskriklik! Hy verklaar trouens uitdruklik dat die besnydenis van 'n kindjie as 'n teken sal dien om die belofte van die verbond te beseël. Maar as die verbond vas en onwrikbaar bly, pas dit Christenkinders ewe veel as wat dit in die geval van die Ou verbond op die kinders van die Jode gesien het. En as hulle tog deel het aan die betekende saak, waarom sal hulle dan van die teken weerhou word? As hulle wel die waarheid (en werklikheid daarvan) bekom, waarom sal hulle van die teken verdryf word?

In die sakrament hang die uitwendige teken tog so nou met die Woord saam, dat dit nie daarvan losgeskeur kan word nie. As dit dan nog daarvan geskei sou word, vra ek jou, watter een van die twee sal ons dan as van meer waarde beskou? Aangesien ons bemerk dat die teken die Woord dien, sal ons sê dat dit daaraan ondergeskik is en ons sal die Woord 'n onbelangriker plek laat inneem? Aangesien die woord van die doop derhalwe vir kindertjies bestem is, waarom sal die teken, dit is die byvoegsel by die Woord, van hulle weggehou word? As geen ander redes dus voorhande is nie, sal hierdie een enkele rede voldoende genoeg wees om almal wat hulle stemme hierteen wou verhef, te weerlê.

Die beswaar wat hulle opper, naamlik dat 'n bepaalde dag vir die besnydenis vasgestel is,18 is duidelik 'n uitvlug. Ons gee toe dat ons nie soos die Jode aan bepaalde dae gebonde is nie. Die Here verklaar trouens dat, al sou Hy nie 'n bepaalde dag voorskryf nie, dit Hom nogtans behaag dat kindertjies met 'n plegtige seremonie in sy verbond opgeneem moet word. Wat soek ons nog meer?

6. Verdere Skrifgetuienis uit die Ou Testament om dit bewys; Christus het nie gekom om die verbondsbeloftes in groter duisterheid te hul nie.🔗

Die Skrif open egter vir ons nog sekerder kennis van die waarheid. Dit is immers baie duidelik dat die verbond wat die Here eertyds met Abraham gesluit het, vandag nie minder vir Christene bestaan as eertyds vir die Jode nie.19 En so is dit ook baie duidelik dat die Woord nie minder op Christene sien as wat dit destyds op die Jadegesien het nie. Behalwe as ons miskien dink dat Christus deur sy koms die genade van die Vader verminder of ingekort het - 'n stelling wat nie sonder gruwelike belastering (van God) is nie. Daarom is die Jode se kinders ook 'n heilige geslag20 genoem omdat hulle erfgename van die verbond geword het en van die kinders van goddelose mense onderskei is. En om dieselfde rede word kinders van Christene nou ook heilig geag, selfs al is hulle uit ouers gebore waarvan slegs een 'n gelowige is. Volgens die getuienis van die apostel verskil hulle van die onrein saad van afgodedienaars.21 Aangesien die Here dadelik nadat Hy die verbond met Abraham gesluit het, beveel het dat dit in kindertjies met 'n uiterlike seremonie beseël moet word,22  watter rede sou Christene dan aanvoer om nie vandag dieselfde verbond aan hulle kinders te betuig en te beseël nie?

Niemand moet ook nou die beswaar teen my opper dat die Here bevel het dat sy verbond deur geen teken anders as deur die teken van die besnydenis bekragtig moet word, en dat dit reeds lankal afgeskaf is niet Dit is trouens maklik om te antwoord dat Hy die besnydenis vir die tyd van die Ou Testament ter bekragtiging van sy verbond ingestel het. Dit is inderdaad afgeskaf maar die rede waarom sy verbond bekragtig moet word, wat ons met die Jode deel, bly nog steeds bestaan. Daarom moet ons voortdurend noukeurig let op dit wat die Jode en Christene gemeenskaplik het, en waarin hulle van ons verskil. Die verbond is gemeenskaplik, en die rede om dit te bevestig is gemeenskapllk.23 Die wyse van bekragtiging is egter verskillend daarin dat hulle die besnydenis gehad het in die plek waarvan die doop vir ons gekom het. As andersins die getuienis waardeur die Jode van die saligheid van hulle saad bekragtig is, van ons weggeneem word, sou dit deur Christus se koms gebeur het dat die genade van God vir ons duisterder en minder betuig sou wees as wat dit tevore vir die Jode was. Dit kan egter nie sonder uiterste belediging teenoor Christus gesê word deur wie die eindelose goedertierenheid van die Vader duideliker en milddadiger op die aarde uitgestort en aan mense geopenbaar is nie. Daarom moet ons noodwendig toegee dat sy goedheid ten minste nie met groter kwaadwilligheid onderdruk en met minder getuienis geopenbaar behoort te word as onder die duister skadu's van die wet nie!

7. Christus het die kindertjies na Hom toe laat kom, hulle omhels en hulle geseën.🔗

Toe die Here Jesus daarom 'n voorbeeld wou stel sodat die wêreld kon begryp dat Hy gekom het om sy Vader se barmhartigheid uit te brei eerder as om dit in te perk, het Hy die kindertjies wat na Hom gebring is, vriendelik omhels en sy dissipels tereggewys omdat hulle probeer verhinder het dat hulle na Hom toe kom.24 Want so sou hulle diegene aan wie die koninkryk van die hemel behoort het, van Hom af wegneem terwyl Hy die enigste toegang tot die hemel is.

"Maar watter ooreenkoms is daar tussen die doop en hierdie omhelsing van Christus?" sou iemand vra. "Daar word immers nie vertel dat Hy hulle gedoop het nie, maar wel dat Hy hulle ontvang, omhels en geseën het. As ons sy voorbeeld dus wil volg, moet ons ons kinders help deur vir hulle te bid, maar ons moet hulle nie doop nie!"25 Maar laat ons 'n bietjie noulettender as sulke soort mense oor Christus se optrede nadink. Ons moet die feit dat Christus beveel dat die kindertjies na Hom gebring moes word, nie oppervlakkig verby laat gaan nie omdat Hy die rede byvoeg, naamlik dat die koninkryk van die hemel aan sulkes behoort.26 En daarna betuig Hy sy goedgunstigheid deur die daad wanneer Hy hulle omhels en met gebed en seën aan die Vader opdra. As dit dan reg is dat die kindertjies na Christus gebring word, waarom is dit dan nie ook reg dat hulle na die doop gebring word wat die teken van ons gemeenskap en deelname aan Christus is nie? As die koninkryk van die hemel aan hulle behoort, waarom sal hulle die teken ontsê word waardeur as't ware 'n toegang tot die kerk vir hulle oopgemaak word om daarin opgeneem en saam met die erfgename van die hemelse koninkryk opgeskryf te word?27 Hoe onbillik sal ons nie wees as ons diegene wegdryf wat Christus na Hom toe nooi nie: as ons hulle beroof van die gawes waarmee Hy hulle versier; as ons diegene uitsluit wat Hy spontaan toelaat!

Maar as ons ondersoek wil instel na hoeveel dit wat Christus daar gedoen het, van die doop verskil, sal ons dan die doop waardeur ons getuig dat ons kinders in die verbond van God ingesluit word, van soveel groter waarde ag as daardie opname, omhelsing, handoplegging en gebed waarmee Christus, toe Hy self teenwoordig was, verklaar het dat hulle aan Hom behoort en deur Hom geheilig word?

Met die ander uirvlugte waarmee hulle hierdie Skrifverwysing probeer ontwyk, openbaar hulle niks anders as hulle eie onkunde nie. Uit die feit dat Christus gesê het: "Laat die kindertjies na My toe kom",28 redeneer hulle dat hierdie kinders redelik oud was omdat hulle reeds in staat was om nader na Hom toe te loop.29 Maar hulle word deur die Evangeliste (in Grieks) brepbê en patdia30 genoem - woorde waarmee die Grieke kindertjies wat nog aan hulle moederbortse hang, aandui. Die word kom beteken daar doodeenvoudig naderloop.

Kyk net watter bedrog diegene wat hulle teen die waarheid verhard het, gedwing word om saam te flans! Die feit dat hulle sê dat die koninkryk van die hemel nie daar aan kindertjies toegewys is nie, maar aan mense soos hulle omdat daar gesê word dat dit aan sulkes behoort en nie aan die kindertjies self nie,31 staan ook nie op vaster grond nie. As dit immers so opgeneem word, wat sou dan Christus se rede daarvoor wees terwyl Hy tog daarmee wil aantoon dat kindertjies vanweë hulle ouderdom nie vir Hom vreemdelinge is nie? Wanneer Hy gelas dat kindertjies toegelaat moet word om tot Hom te nader, is niks duideliker as dat die ware kinderjare daarmee aangedui word nie. En om te voorkom dat dit ongerymd lyk, voeg Hy by: "Die koninkryk van die hemel behoort aan sulkes".32 As kindertjies dan noodwendig daaronder ingesluit word, sal dit glad nie duister wees dat kindertjies en mense soos hulle met die woord sulkes aangedui word nie.

8. 'n Weerlegging van die beswaar dat die apostels nie kindertjies gedoop het nie.🔗

Nou kan almal sien dat die kinderdoop hoegenaamd nie 'n versinsel van mense was nie omdat dit deur so 'n belangrike Skrifbewys gesteun word. Diegene wat die beswaar opper dat ons nêrens kan vind dat selfs een kindjie deur die hand van die apostels gedoop is nie, praat onsin wat nie indrukwekkend genoeg is nie. Hoewel dit immers nie uitdruklik deur die evangeliste weergegee word nie, word hulle nogtans nie van die doop uitgesluit so dikwels as wat melding gemaak word van 'n huisgesin wat gedoop is nie.33 Wie anders as 'n waansinnige sal na aanleiding daarvan redeneer dat hulle nie gedoop is nie? As hierdie soort redenasies geldig was, sou ons vrouens eweneens ook die nagmaal van die Here moes verbied omdat ons nie lees dat hulle in die tyd van die apostels tot die nagmaal toegelaat is nie.34 Ons is hier egter tevrede met die geloofsreël.

Wanneer ons immers nadink oor wat die instelling van die nagmaal teweegbring, is dit na aanleiding daarvan ook maklik om te oordeel met wie die gebruik daarvan gedeel moet word. Dit handhaaf ons ook in die doop. Want as ons agslaan op die doel waarvoor dit ingestel is, merk ons duidelik dat dit by kindertjies net soveel as by ouer mense pas. Hulle kan dus nie daarvan uitgesluit word sonder om die wil van God wat dit ingestel het, openlik te verloën nie. Hulle vertel egter 'n afstootlike leuen wanneer hulle die storie onder eenvoudige mense versprei dat 'n lang reeks jare na Christus se opstanding verloop het waarin die kinderdoop onbekend was.35 Daar is immers geen skrywer van ouds wat nie met sekerheid die oorsprong daarvan na die tyd van die apostels terugvoer nie.36

9. Die vrug van die kinderdoop vir sowel die ouers as die dopeling.🔗

Nou bly daar oor dat ons kortliks moet aandui watter vrug uit die onderhouding (van die kinderdoop) voortspruit, sowel vir gelowiges wat hulle kinders voor die kerk bring om gedoop te word, as vir die kinders self wat met die heilige water gedoop word. En niemand mag die instelling as nutteloos en ydel minag nie. As iemand egter van voorneme is om onder hierdie dekmantel die spot met die kinderdoop te dryf, bespot hy ook die bevel van die Here oor die besnydenis. Want wat sou hulle kon aanvoer om die kinderdoop te bestry wat nie ook teen die besnydenis ingebring kan word nie? So wreek die Here Hom op die vermetelheid van diegene wat iets wat hulle nie met hulle liggaamlike sintule kan begryp nie, dadelik verdoem.

Maar God rus ons met ander wapens toe om hulle stompsinnigheid te bedwing. Hierdie heilige instelling van God waardeur ons ervaar dat ons geloof met uitsonderlike vertroosting37 onderskraag word, verdien immers nie om oorbodig genoem te word nie. Want die teken van God wat aan 'n kind bedien en as't ware soos 'n seël op hom afgedruk word, bekragtig die belofte wat aan sy godvrugtige ouer gegee is en verklaar dat dit vas en seker is dat die Here nie alleen vir hom nie, maar ook vir sy saad 'n God sal wees, en dat Hy hom nie alleen met goedertierenheid en genade wil seën nie, maar ook sy nageslag tot in die duisendste geslag.38 Aangesien die ontsaglike goedertierenheid van God hierin aan die lig kom, voorsien dit ons in die eerste plek van die rykste stof om sy heerlikheid te verkondig, en dit oorvloei godvrugtige harte met sonderlinge blymoedigheid waardeur hulle tegelykertyd heftiger aangepor word om so 'n liefdevolle Vader weer lief te kry omdat hulle bemerk dat Hy ook oor hulle nageslag besorg is.

Ek is ook nie so bekommer daaroor as iemand die beswaar sou opper dat die belofte van God voldoende behoort te wees om die saligheid van ons kinders te bekragtig nie.39 God wat immers maar te goed bekend is met ons swakheid, het dit anders goedgevind om ons swakheid ook in hierdie opsig tegemoet te kom. Diegene wat daarom die belofte omhels dat God se barmhartigheid ook oor hulle kinders uitgebrei sal word, moet daaroor nadink dat dit hulle plig is om hulle kinders voor die kerk te bring sodat die teken van sy barmhartigheid op hulle afgestempel kan word, en hulle hulleself daardeur met 'n vaster vertroue kan besiel omdat hulle sien dat die verbond van die Here voor hulle oë op die liggame van hulle kinders afgedruk word.

Aan die ander kant pluk kinders ook in 'n mate vrugte uit hulle doop, omdat hulle in die liggaam van die kerk ingelyf is en hulle in 'n sekere sin vir ander lidmate meer aantreklik is. Wanneer hulle daarna groot geword het, word hulle verder deur die doop sterk aangespoor tot die ernstige begeerte om God te dien omdat hulle met 'n plegtige teken deur Hom as sy kinders aangeneem is nog voordat hulle Hom vanweë hulle ouderdom as hulle Vader kon erken. Ten laaste behoort daardie vloek ons grootliks te verskrik, naamlik dat God iemand sal straf as hy nalaat om sy kind met die teken van die verbond te merk omdat hy deur dit te verag die genade wat hom aangebied is, verwerp en as't ware afsweer.40

10. Die dwaling van die Wederdopers.🔗

Maar laat ons nou ook die redenasies ondersoek waarmee sommige waansinnige gediertes nie ophou om hierdie heilige instelling van God aan te val nie. Omdat hulle in die eerste plek agterkom dat hulle uitermatig gedruk en geknel word deur die ooreenkoms tussen die doop en die besnydenis, span hulle hulle in om hierdie twee tekens van mekaar los te skeur asof hulle totaal van mekaar verskil sodat daar skynbaar niks gemeenskaplik tussen hulle is nie. Hulle beweer immers dat verskillende sake geteken word, dat die verbond heeltemal verskillend is en dat die benaming "kinders" nie dieselfde is nie.

Wanneer hulle begin om die eerste hiervan te bewys, hou hulle aan ons voor dat die besnydenis 'n beeld was van die afsterwe (van die vlees) en nie van die doop niet Dit staan ons hulle weliswaar met die grootste graagte toe want dit ondersteun ons opvatting ten beste. Ons gebruik ook nie 'n ander bewys vir ons opvatting as dat die doop en besnydenis tekens van die afsterwe (van die vlees) is niet Na aanleiding hiervan stel ons vas dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het om dieselfde vir ons uit te beeld as wat die besnydenis eertyds vir die Jode uitgebeeld het.41

Maar met hoe 'n barbaarse vermetelheid vernietig en bederf hulle nie die Skrif wanneer hulle die verskille tussen die verbonde wil bewys nie! - en dit nie net in die geval van een Skrifverwysing nie, maar so dat hulle niks heel en ongeskonde laat nie. Hulle teken die Jode trouens vir ons vleeslik dat hulle meer soos diere as mense lyk, naamlik dat 'n verbond met hulle gesluit is wat niks verder gaan as die tydelike lewe nie en dat die beloftes wat aan hulle gegee is, slegs in teenwoordige en liggaamlike goed geleë is.42 As hierdie leerstelling die oorhand kry, wat bly anders oor as dat die Jode tydelik deur die weldaad van God versadig is soos mense 'n trop varke in 'n varkhok vetmaak, om uiteindelik in die ewige verderf verlore te gaan? Want sodra ons die besnydenis en die beloftes wat daaraan verbonde is, aanhaal, antwoord hulle dat die besnydenis 'n letterlike teken was en dat die beloftes daarvan vleeslik was.

11. Hierdie besware bring nog geen werklike verskille tussen die besnydenis en die doop aan die lig nie.🔗

As die besnydenis in elk geval 'n letterlike teken was, moet ons oordeel oor die doop niks anders wees nie. Die apostel maak immers in Kolossense twee die een nie meer geestelik as die ander een nie. Hy sê trouens dat ons in Christus met 'n besnydenis wat nie met die hand gedoen is nie, besny is nadat ons die liggaam van die sonde wat in ons gewoon het, afgelê het. Hy noem dit die besnydenis van Christus.43 Daarna voeg hy 'n verklaring van hierdie uitspraak by, naamlik dat ons deur die doop saam met Christus begrawe is.44 Wat bedoel hy met hierdie woorde anders as dat die vervulling en die waarheid van die doop tegelyk die vervulling en die waarheid van die besnydenis is omdat hulle albei een saak afbeeld? Hy lê hom trouens daarop toe om te bewys dat die doop vir Christene dieselfde beteken as die besnydenis vroeër vir die Jode. Aangesien ons egter reeds duidelik aangetoon het dat die beloftes van beide tekens en die verborgenhede wat daarin weergegee word, met mekaar ooreenstem, sal ons vir die huidige nie langer daarby vertoef nie. Ek vermaan gelowiges egter om, al swyg ek daaroor, na te dink of 'n teken wat niks anders as die geestelike en hemelse bevat nie, as 'n aardse en letterlike teken beskou moet word. Om egter te voorkom dat hulle hulle rookdampe aan die eenvoudiges verkwansel,45 sal ons slegs een beswaar waarmee hulle hierdie uiters skaamtelose leuen verdoesel, in die verbygaan weerlê. Dit is baie beslis seker dat die eerste beloftes wat in die verbond vervat is, wat God in die Ou Testament met die Israeliete gemaak het, geestelik was en op die ewige lewe gesien het. Aan die ander kant is dit ook seker dat dit vanselfsprekend deur die aartsvaders op hulle beurt geestelik ontvang is om daaruit vertroue op 'n toekomstige lewe te put en heelhartig daarna te streef. Intussen ontken ons hoegenaamd nie dat Hy sy goedgunstigheid jeens hulle met aardse en vleeslike weldade betuig het nie, ons sê egter ook dat hulle hoop op die geestelike beloftes deur hierdie weldade versterk is. Toe Hy die ewige geluksaligheid aan sy dienskneg Abraham beloof het, voeg Hy 'n tweede belofte oor sy inbesitneming van Kanaän by om hom 'n duidelike aanduiding van sy goedgunstigheid jeens hom voor oë te stel.46 Dit betaam ons om al die aardse beloftes wat aan die Joodse volk gegee is, so op te neem dat die geestelike belofte, wat die hoofsaak is, altyd die belangrikste belofte moet bly waarop die ander beloftes gerig moet word. En omdat ek hierdie dinge uitvoeriger in die onderskeid tussen die Nuwe en die Ou Testament behandel het,47 roer ek dit nou maar oppervlakkig aan.

12. Die klem wat die Wederdopers op die woord 'kinders' lê getuig van oppervlakkige ondersoek.🔗

In die benaming kinders vind hulle hierdie verskil dat in die Ou Testament diegene kinders van Abraham genoem word wat uit sy saad ontspring het, maar dat diegene wat Abraham se geloof navolg, tans so genoem word. Verder: die vleeslike kindskap wat deur die besnydenis in die gemeenskap van die verbond ingeplant is, het die geestelike kinders van die Nuwe Testament afgebeeld wat deur die Woord van God tot die onsterflike lewe wedergebore is.48

In hierdie woorde merk ons wel 'n vonkie van die waarheid. Hierdie ligsinnige geeste sondig egter swaar wanneer hulle die eerste die beste ding wat ter hand kom, aangryp, en hardnekkig op een woord bly vassteek terwyl hulle verder moes gaan en baie aspekte met mekaar moes vergelyk. Die gevolg is dat hulle herhaaldelik hulle sinne kwytraak omdat hulle hulle nie met grondige ondersoek op enige onderwerp toelê nie. Ons erken sekerlik dat Abraham se vleeslike saad vir 'n tydperk die plek van sy geestelike saad wat deur die geloof op hom ingeënt word, beset het. Ons word immers sy kinders genoem hoewel ons geen natuurlike verwantskap met hom het nie.49 As hulle egter daaronder verstaan - en hulle gee duidelik daarvan blyke -, dat God se geestelike seën nooit aan Abraham se saad beloof is nie, misgis hulle hulle inderdaad terdeë. Daarom moet ons na 'n beter doel mik en ons  word deur die uiters sekere leiding van die Skrif daarop gerig. Die Here beloof Abraham dus dat hy saad sal hê in wie al die nasies van die aarde geseën sal word,50 en terselfdertyd beloof Hy dat Hy vir hom en vir sy nageslag 'n God sal wees.51 Almal wat Christus deur die geloof as Oorsprong van hierdie seën aanneem, is erfgename van hierdie belofte en word daarom kinders van Abraham genoem.

13. Die Nuwe Testament toon duidelik aan dat heidene sowel as Jode kinders van Abraham is.🔗

Na Christus se opstanding is die grense van die koninkryk van God sonder onderskeid wyd en syd na alle nasies uitgebrei sodat gelowiges van alle kante af volgens die uitspraak van Christus bymekaargemaak kon word om saam met Abraham, Isak en Jakob in die hemelse heerlikheid aan te sit.52 Die Here het die Jode egter baie eeue tevore al met so 'n groot barmhartigheid omhels. En omdat Hy alle ander volke verbygegaan het, en hierdie een volk uitgekies het om in hierdie volk sy genade 'n tyd lank in te sluit, het Hy hulle sy eiendom53 en die volk wat Hy vir Hom verwerf het,54 genoem. Die besnydenis is aan hulle gegee om te getuig van so 'n groot weldaad sodat die Jode deur die teken daarvan geleer kon word dat God hulle saligheid beheer. Deur hierdie kennis is hulle gemoedere tot die hoop op die ewige lewe opgehef. Wat sal iemand ooit immers ontbreek wat God een maal in sy trou aangeneem het?

Wanneer die apostel daarom wil bewys dat die heidene saam met die Jode kinders van Abraham is, praat hy soos volg: "Abraham is deur die geloof geregverdig toe hy nog onbesnede was. Daarna het hy die teken van die besnydenis ontvang. Dit is 'n seël van die geregtigheid van die geloof, om vader van al die gelowiges, die onbesnedenes sowel as die besnedenes, te wees en nie slegs van die wat net op die besnydenis roem nie, maar van die wat die geloof volg wat ons vader Abraham gehad het toe hy nog onbesnede was".55 Sien ons dan nie dat hy die heidene en die Jode in aansien gelykstel nie? Want Abraham was vir die tyd wat volgens die besluit van God bestem is, die vader van die besnydenis. Maar, soos die apostel elders skryf,56 toe die skeidsmuur waardeur die heldene van die Jode geskei is, afgebreek is, is die toegang tot die koninkryk van God ook vir die heidene oopgemaak, en het Abraham ook hulle vader geword - en dit sonder die teken van die besnydenis omdat hulle die doop in die plek van die besnydenis gehad het. Dat hy egter uitdruklik verklaar dat Abraham nie slegs die vader was van diegene wat uit die besnydenis gekom het nie, poneer hy daar om die hooghartigheid van sommige Jode wat alle besorgdhheid vir hulle godsvrug laat vaar het, en slegs op hulle seremonies geroem het, te weerlê. So sou die ydelheid van diegene wat in die doop niks anders as water soek nie, ook vandag weerlê kon word.

14. Die Doperse redenasie dat slegs kinders van die belofte as Abraham se nageslag gereken word (Rom. 9:8), is nie hiermee strydig nie.🔗

Maar 'n verdere aanhaling uit die apostel se brief aan die Romeine hoofstuk nege vers sewe word hierteen aangevoer.57 Daar leer hy dat diegene wat uit die vlees is, nie kinders van Abraham is nie, maar dat slegs die kinders van die belofte onder sy saad gereken word. Dit lyk immers asof hy te kenne gee dat die vleeslike verwantskap van Abraham van geen betekenis is nie terwyl ons dit nogtans op 'n bepaalde vlak stel. Maar ons moet immers noukeuriger let op die onderwerp wat die apostel daar behandel. Wanneer hy wil aantoon hoe weinig die goedheid van God aan die saad van Abraham verbind is, ja, hoe so 'n verwantskap niks aan hulle verleen nie, haal hy die voorbeelde van Ismael en Esau as bewys daarvoor aan.58 Hulle is verwerp asof hulle vreemdelinge was hoewel hulle na die vlees egte afstammelinge van Abraham was terwyl die seën op Isak en Jakob gebly het. Daaruit volg wat hy daarna bevestig, naamlik dat die saligheid van God se barmhartigheid afhanklik is wat Hy gee aan wie Hy wil59 en dat die Jode daarom geen rede het om selftevrede te wees met die verbond of om daarop te roem nie tensy hulle die wet van die verbond bewaar, dit is, tensy hulle die Woord gehoorsaam.

Wanneer hy hulle weer eens hulle ydel vertroue op hulle afkoms ontneem het, en omdat hy tog gesien het dat die verbond wat God destyds met Abraham se nageslag gesluit het, geensins tot niet gemaak kon word nie, verklaar hy in hoofstuk elf dat Abraham se vleeslike verwantskap nie van sy waarde beroof mag word nie. Hy leer dat die Jode deur die seën van hierdie verwantskap die eerste en natuurlike erfgename van die evangelie is behalwe in soverre hulle deur hulle ondankbaarheid as mense wat dit onwaardig is, verstoot is - maar dan só dat die hemelse seën nie volstrek van hulle geslag gewyk het nie. Daarom noem hy hulle heilig60 al was hulle ook hardnekkige verbondsverbrekers – so vereer hy die heilige nageslag omdat God hulle sy heilige verbond waardig geag het. Hy beskou ons inderdaad as nageborenes, of as ontydig gebore kinders van Abraham as ons met hulle vergelyk word – en dit deur aanneming en nie van nature nie - soos 'n laat wat van sy eie boom afgebreek is en op 'n vreemde stam ingeënt word.61 Om dus nie hulle voorreg ontneem te word nie, moes die evangelie in die eerste plek aan hulle verkondig word want hulle is in God se gesin soos eersgeborenes. Hierdie eer moes daarom aan hulle betoon word totdat hulle dit wat hulle aangebied is, verwerp het, en vanweë hulle ondankbaarheid veroorsaak het dat hierdie eer op die heidene oorgedra is. En met hoe 'n groot halsstarrigheid hulle hulle ook al teen die evangelie verset, mag ons hulle daarom nie verag as ons daaroor nadink dat die seën van God as belofte van sy genade nog onder hulle bly nie. En soos die apostel getuig, sal dit nooit van hulle wyk nie omdat die gawes en die roeping van God Hom nooit kan berou nie.62

15. Die Doperse allegoriese verklaring dat die besnydenis net op die geestelike kindskap sien, is strydig met die Skrif.🔗

Kyk hoe kragtig die belofte is wat aan Abraham se nageslag gegee is, en op watter skaal ons dit moet weeg! Hoewel ons daarom nie twyfel dat God se uitverkiesing alleen die oppergesag het om die erfgename van sy koninkryk van onegtes en vreemdelinge te onderskei nie, merk ons nogtans meteen dat dit Hom behaag het om die saad van Abraham besonderlik met sy barmhartigheid te omhels en dit met die besnydenis te beseël om dit vaster te betuig. Presies dieselfde toedrag van sake geld die Christelike kerk. Want soos Paulus daar redeneer dat die Jode deur hulle ouers geheilig word, so leer hy elders dat Christene se kinders dieselfde heiligmaking deur hulle ouers bekom.63 Daaruit volg dat hulle tereg afgesonder word van diegene wat aan die ander kant van onreinheid beskuldig is.64

Wie is daar wat nou nog kan twyfel dat die opvatting wat hulle daarna byvoeg, heeltemal vals is? Dit is naamlik dat die kinders wat eertyds besny is, slegs 'n geestelike kindskap uitgebeeld het wat uit die wedergeboorte van die Woord van God ontstaan het. Die apostel redeneer trouens nie so duidelik wanneer hy skryf dat Christus 'n dienaar van die besnydenis geword het om die beloftes wat aan die aartsvaders gegee is,65 te volbring nie. Dit is asof hy in die volgende trant gepraat het: "Omdat die verbond wat met Abraham gesluit is, op sy saad gesien het, het Christus tot saligheid vir die Jode gekom om die belofte wat eertyds deur die Vader gegee is, gestand te doen en na te kom". Sien jy hoe hy meen dat ook na Christus se opstanding die belofte van die verbond nie slegs allegories nie, maar, soos die waarde lui, vir die vleeslike saad van Abraham volbring moes word?

Petrus se verklaring aan die Jode in Handelinge twee vers nege en dertig het dieselfde strekking.66 Hy sê naamlik dat die weldaad van die evangelie hulle en hulle saad kragtens die verbond toekom en in die volgende hoofstuk noem hy hulle kinders, dit is erfgename, van die verbond.67 'n Ander verwysing van die apostel wat reeds hierbo aangehaal is, verskil nie veel hiervan nie. Daarin beskou en poneer hy die besnydenis wat op kinders afgestempel is, as getuienis van die gemeenskap wat hulle met Christus het.68 En as ons inderdaad aan hulle treurmares gehoor gee, wat sal dan word van die belofte waarvolgens die Here in die tweede gebod van sywet aan sy diensknegte onderneem dat Hy hulle saad genadig sal wees tot in die duisendste geslag?69 Sal ons ook in hierdie geval ons toevlug tot allegorieë neem? Dit sou darem 'n te flou uitvlug wees. Of sal ons sê dat dit afgeskaf is? So sou die wet inderdaad tot niet gemaak word en Christus het eerder gekom om dit te bevestig70 in soverre dit ten goede vir ons lewe geld. Laat daar derhalwe geen geskil daaroor bestaan nie dat God vir die wat aan Hom behoort, so goed en milddadig is dat Hy ook hulle kinders wat hulle voortbring, om hulle ontwil as sy volk gereken wil hê.

16. Die Doperse redenasie dat die tydsverskil tussen besnydenis en doop groot is dat daar geen ooreenkoms tussen hulle kan wees nie, is belaglik.🔗

Die verskille wat hulle daarbenewens tussen die doop en die besnydenis probeer indruk, is nie alleen belaglik en van alle redelike skyn ontbloot nie, maar ook onderling botsend. Wanneer hulle immers verklaar het dat die doop op die eerste dag van die geestelike stryd sien, maar die besnydenis op die agste dag daarvan nadat die afsterwe (van die vlees) reeds voltooi is,71 vergeet hulle dadelik daarvan en sing 'n ander deuntjie. Dan noem hulle die besnydenis 'n beeld van die vlees wat afgesterwe moet word en die doop die begrawing waaraan geeneen behalwe mense wat reeds dood is, oorgelewer moet word nie.

Watter waansinnighede van kranksinnige mense kan nog in sa 'n groot ligsinnigheid uitbars? Volgens hulle eerste stelling moet die doop aan die besnydenis voorafgaan. Volgens die tweede word dit daarna gestel. En tog is dit geen nuwe voorbeeld van hoe die mens se verstand op en af sweef wanneer hulle alles wat hulle gedroom het, as die baie besliste Woord van God aanbid nie. Ons sê dus dat die eerste verskil louter dromery is. As hulle 'n allegorie72 op die agste dag wou toepas, moes hulle dit nogtans nie so gedoen het nie. Dit sou beter gewees het om soos die skrywers van ouds die getal agt op die wederopstanding te betrek wat op die agste dag plaasgevind het en waarvan ons weet dat die vernuwing van ons lewe afhang; of op die hele lewensloop waarin afsterwe altyd moet voortgaan totdat die lewensloop voltooi en die afsterwe ook volvoer is.73 Klaarblyklik wou God die broosheid van hierdie ouderdom in ag neem deur die besnydenis tot die agste dag uit te stel omdat 'n wond baie gevaarlik sou wees vir kindertjies wat so pas gebore is en nog maar so pas van hulle moeders gekom het.74

Hoeveel kragtiger is hulle tweede stelling75 dat ons deur die doop begrawe word nadat ons reeds vroeër gesterf het? Die Skrif roep uitdruklik daarteen uit dat ons op hierdie voorwaarde in die dood  begrawe word om te sterf, en die afsterwe na aanleiding daarvan moet oordink.76 Dit is ook 'n kenmerk van dieselfde ontwykingstrategie dat hulle die drogredenasie aanvoer dat vrouens nie gedoop moet word as die doop dieselfde vorm as die besnydenis moet aanneem nie.77 Want as dit baie beslis seker is dat die heiligmaking van die saad van Israel deur die teken van die besnydenis betuig is, kan daar geen twyfel daaroor bestaan dat dit gegee is om mans sowel as vrouens saam te heilig nie. "Maar slegs liggame van mans is deur hierdie teken gemerk omdat hulle van nature daartoe in staat was". Dit was nogtans so dat vrouens in 'n sekere sin déür hulle gesellinne van en deelgenote aan die besnydenis was. Weg dus met sulke onsinnighede, en laat ons die ooreenkoms tussen die doop en die besnydenis bly vashou terwyl ons sien dat hulle in die innerlike verborgenheid, in die beloftes, in gebruik en in werking die volkome met mekaar ooreenstem.

17. 'n Weerlegging van die redenasie dat kindertjies nog nie in staat is om die inhoud van die doop te begryp nie, en dat hulle daarom nie gedoop behoort te word nie.🔗

Dit lyk vir hulle asof hulle die stewigste rede voorhou waarom kinders van die doop weggehou moet word wanneer hulle aanvoer dat kinders vanweë hulle ouderdom nog nie bekwaam is om die verborgenheid wat daarin geteken word, te begryp nie, naamlik die geestelike wedergeboorte wat nie in die geval van die eerste jong jare kan voorkom nie. HulIe maak derhalwe die afleiding dat kinders slegs as die kinders van Adam beskou moet word totdat hulle opgegroei het tot 'n ouderdom wat geskik is vir 'n tweede geboorte.78

Die waarheid van God verset hom egter oral teen al hierdie redenasies. As hulle trouens onder die kinders van Adam gelaat moet word, word hulle aan die dood oorgelaat omdat ons in Adam niks anders kan as om te sterf nie.79 Christus beveel daarenteen dat hulle na Hom gebring moet word.80 Wat beteken dit? Dat Hy die Lewe is. Hy maak hulle derhalwe deelgenote in Hom sodat Hy hulle lewend kan maak.

Die (Wederdopers) dryf hulle intussen egter ver van Hom af weg en veroordeel hulle tot die dood. Want as hulle 'n omspring en sê dat kinders nie verlore gaan as hulle as Adam se kinders gereken word nie, word hulle dwaling meer as genoeg deur die getuienis van die Skrif aan die kaak gestel. Aangesien die Skrif immers verklaar dat ons almal in Adam sterf, volg daaruit dat daar geen hoop op die lewe anders as in Christus is nie.81 Om dus erfgename van die lewe te word, moet ons aan Hom deel hê.

Wanneer daar aan die ander kant elders geskryf is dat ons almal van nature aan die toorn van God onderworpe is,82 dat ons almal in sonde ontvang is83 waaraan die verdoemenis ewig kleef, moet ons uit ons natuur verhuis voordat ons 'n toegang tot die koninkryk van God het. En wat duideliker kan gesê word as dat vlees en bloed nie die koninkryk van God kan besit nie.84 Alles wat ons eie is, moet dus vernietig word – iets wat sonder die wedergeboorte nie kan plaasvind nie -, dan sal ons hierdie besitting van die koninkryk sien. Kortom: as Christus die waarheid praat wanneer Hy Hom die Lewe noem,85 moet ons noodwendig op Hom ingeplant word deur wie ons uit die slawerny van die dood gered word.

"Maar hoe," vra hulle, "word kinders weer gebore terwyl hulle nog geen kennis van goed en van kwaad het nie?"86 Ons antwoord hierop is dat God se werk bly bestaan, selfs al het ons geen begrip daarvan nie. Voorts is dit baie duidelik dat kinders wat gered moet word, soos sommige van daardie ouderdom beslis gered word, vooraf deur die Here weergebore word. Want as hulle die aangebore bedorwenheid uit die moederskoot met hulle saambring, moet hulle weer daarvan gereinig word voordat hulle tot die koninkryk van God toegelaat word omdat niemand wat onrein of besmet is, dit binnegaan nie.87 As hulle as sondaars gebare word, soos Dawid en Paulus verklaar.88 bly hulle of sonder die genade van God en deur Hom gehaat, of hulle moet noodwendig geregverdig word. Maar waarna soek ons verder wanneer die Regter self verklaar dat daar vir niemand behalwe wedergeborenes 'n toegang tot die hemelse lewe is nie?89 En om hierdie soort teensprekers te bedwing, het Hy in die geval van Johannes die Doper wat Hy in sy moederskoot heilig gemaak het, 'n bewys gelewer waartoe Hy in ander gevalle ook in staat is.90

Met die uitvlug waarmee hulle hiermee spot, bereik hulle niks nie. Hulle sê naamlik dat dit net een keer gebeur het en dat daaruit nie dadelik volg dat die Here die gewoonte gehad het om oral so met kindertjies te handel nie. Ons redeneer trouens ook nie sa nie. Ons bedoeling is slegs om aan te toon dat die krag van God onregmatig en kwaadwillig binne hierdie beperkings ingeperk word waardeur dit hom nie laat inperk nie.

Hulle ander uitvlug dra net soveel gewig. Hulle voer aan dat die waarde van moederskoot af volgens Skrifgebruik net soveelkrag het asof gesê word uit die kinderjare. Maar ons kan duidelik sien dat die engel iets anders bedoel het toe hy dit vir Sagaria aangekondig het, naamlik dat die kindjie wat nog nie gebare was nie, deur die Heilige Gees vervul sou word.91 Ons moet dus nie probeer om God 'n wet op te lê nie, naamlik dat Hy, soos Hy hom geheilig het, Hy ook diegene wat Hy goedvind, nie moet heilig nie. Dit het immers geen afbreuk op sy mag gemaak nie.

18. Christus is van die begin van sy jeug af geheilig om ons in Hom te heilig.🔗

Christus is in elk geval van die begin van sy kinderjare af geheilig om sy uitverkorenes van watter ouderdom ook al sonder onderskeid in Homself te heilig. Want om die skuld vir die ongehoorsaamheid wat in ons vlees begaan is, uit te wis, het Hy Hom juis met hierdie vlees beklee om daarin volmaakte gehoorsaamheid om ons ontwil en in ons plek te betoon. Net so is Hy uit die Heilige Gees ontvang om deur sy heiligheid in die vlees wat Hy aangeneem het, ten volle oorgiet te word en hierdie heiligheid ook aan ons oor te dra.92 As ons in Christus die volmaakste voorbeeld het van al die genadegawes wat God aan sy kinders skenk, sal Hy natuurlik ook in hierdie opsig vir ons 'n bewys wees dat die suigelingsjare nie so vreemd staan teenoor die heiligmaking nie. Ons stel dit in elk geval bo alle twyfel dat geeneen van die uitverkorenes uit die huidige lewe geroep word voordat hy nie deur die Gees van God geheilig en wederbaar is nie.

Wat betref hulle beswaar dat die Gees in die Skrifte geen wedergeboorte anders as uit onverderflike saad, dit is uit die Woord van God, ken nie,93 vertolk hulle Petrus se stelling verkeerd. Daarin vat hy slegs die gelowiges saam wat deur die verkondiging van die evangelie onderwys is. Ons erken wel dat die Woord van God vir sulke mense die enigste saad van 'n geestelike wedergeboorte is, maar ons ontken dat daaruit afgelei kan word dat kindertjies nie deur die krag van God wederbaar kan word nie. Vir God is dit net so maklik en gereed as wat dit vir ons onbegryplik en wonderbaarlik is. Ten slotte sou dit onbedagsaam wees om die Here die vermoë te ontsê om Hom op die een of ander wyse aan hulIe kenbaar te maak.

19. 'n Weerlegging van die beswaar dat kindertjies nog nie die geloof het nie en daarom nie gedoop behoort te word nie.🔗

"Maar", sê hulle, "die geloof kom deur die gehoor,94 en hulle het nog nie die gebruik daarvan gekry nie, en hulle is nie in staat en opgewasse om God te ken nie omdat hulle, soos Moses leer, van die kennis van goed en van kwaad verstoke is".95 Hulle merk egter nie op dat die apostel wanneer hy die gehoor die beginsel van die geloof maak, slegs die gewone beleid en uitdeling van die Here beskryf waaraan Hy gewoonlik in die roeping van die wat aan Hom behoort, hou nie.

Hulle let ook nie op dat hy nie vir Hom 'n ewige reël neerlê sodat Hy van geen ander reël gebruik kan maak nie. So het Hy beslis verskillende maniere gebruik in die roeping van baie mense aan wie Hy innerlik deur die verligting van die Gees en sonder die tussenkoms van die prediking ware kennis oor Hom geskenk het. Omdat hulle egter meen dat dit baie ongerymd is as enige kennis van God aan kindertjies gegun word omdat Moses hulle die kennis van goed en van kwaad ontsê, moet hulle my asseblief antwoord watter gevaar daarin bestaan as daar gesê word dat kinders nou 'n gedeelte van daardie genade ontvang waarvan hulle die volle oorvloed 'n rukkie later sal geniet. Want as die volheid van die lewe in die volmaakte kennis van God bestaan, en aangesien sommige van hulle wat die dood in die begin van hulle suigelingsjare wegruk, na die ewige lewe oorgaan, word hulle beslis ontvang om die aangesig van God van baie naby te aanskou.

Waarom sou die Here diegene wat Hy met die volle glans van sy lig sal verlig, nie nou ook, as dit sy wil is, met 'n geringe vonkie daarvan bestraal nie - veral as Hy hulle nie hulle onkunde ontneem voordat Hy hulle uit die gevangenis van die vlees verlos nie? Ek sou nie graag roekeloos wou beweer dat hulle dieselfde geloof het wat ons in ons ervaar nie, of dat hulle hoegenaamd 'n soortgelyke kennis van die geloof as ons het nie. Ek verkies immers om dit onbeslis te laat. My bedoeling is egter om die dwase verwaandheid van die Wederdopers effens aan bande te lê omdat hulle alles waarvan hulle die mond van vol het, onbesorg ontken of bevestig.

20. Die redenasie dat die doop 'n sakrament van bekering en geloof is en dat kindertjies daarom daarvan uitgesluit moet word, is vals.🔗

Maar om nog sterker op hierdie aspek aan te dring, voeg hulle by dat die doop 'n sakrament van berou en van geloof is; en aangesien geeneen van die twee in 'n tere suigeling voorkom nie, moet daarom gewaak word dat die betekenis van die doop nie niksseggend en nutteloos gemaak word as hulle tot deelname daaraan toegelaat word nie.96 Hierdie wapens word trouens teen God eerder as teen ons gerig. Na aanleiding van vele Skrifgetuienisse is dit baie beslis seker dat ook die besnydenis 'n teken van berou was.97 Dit word kortom deur Paulus 'n teken van die regverdiging van die geloof genoem.98

Laat hulle dan van God self die rede eis waarom Hy beveel het dat die liggame van kindertjies daarmee gegraveer moes word. Omdat die doop en die besnydenis hulle op gelyke vlak bevind, kan hulle nie aan die een iets gee wat hulle nie tegelyk aan die ander een moet toestaan nie. As hulle hulle oë op die uitvlug waaraan hulle gewoond is, vestig, naamlik dat geestelike kinders destyds deur die suigelingsjare uitgebeeld is, is daar reeds 'n hindernis op hulle pad. Ons sê derhalwe dat, aangesien God die besnydenis as 'n sakrament van berou en van die geloof aan suigelinge toebedeel het, dit nie ongerymd kan lyk as hulle nou deelgenote aan die doop word nie tensy hulle openlik teen hierdie instelling van God wil raas. Maar soos in al God se werke, skitter ook in hierdie werk genoeg wysheid en geregtigheid om die beledigings van goddelose mense teen te gaan. Want hoewel kindertjies op die stadium waarop hulle besny is, nie met hulle verstand kon verstaan wat die teken vir hulle beteken nie, is hulle nogtans waarlik tot die afsterwe van hulle bedorwe en besmette natuur besny, terwyl hulle eers later, toe hulle groot geword het, daaroor kon nadink.

Hierdie beswaar kan sonder moeite kortom soos volg weerlê word: kindertjies word gedoop tot berou en geloof in die toekoms; hoewel dit nog nie in hulle gestalte aangeneem het nie, is die saad van beide hierdie gawes deur die verborge werking van die Gees in hulle verskuil. Met hierdie antwoord is tegelyk alles wat hulle uit die betekenis van die doop aflei en teen ons verdraai, omvergewerp. So byvoorbeeld die lofbetuiging waarmee Paulus die doop vereer wanneer hy dit die bad van die wedergeboorte en die vernuwing noem.99 Na aanleiding daarvan redeneer hulle dat die doop aan niemand behalwe aan een wat die dinge verstaan, verleen moet word nie.100 Ons kan egter hierteen die beswaar opper dat die besnydenis slegs aan mense wat wederbaar is, verleen moes word omdat dit die wedergeboorte aangedui het. En so sal hierdie instelling van God deur ons veroordeel word.

Soos ons dit dus reeds etlike male aangeraak het, het al die redenasies wat hulle verdraai om die besnydenis aan die wankel te bring, geen krag om die doop te beveg nie. Hulle sal ook nie daarmee wegkom as hulle sê dat hulle alles vir ons as vas en seker beskou wat beslis op God se gesag berus, selfs al sou die redes daarvoor nie bekend wees nie. Hierdie eerbied is ons nie aan die kinderdoop verskuldig nie, nòg aan ander dergelike dinge wat nie uitdruklik deur die Woord van God ons opgedra is nie.101 Hulle sal nie hiermee wegkom nie omdat hulle deur hierdie probleem oorval is en altyd daardeur vasgehou word: die bevel van God om die kindertjies te besny was inderdaad öf wettig en nie blootgestel aan enige belastering nie, öf dit het teregwysing verdien. As daar geen wanklank of ongerymdheid daarin was nie, sal daar ook in die handhawing van die kinderdoop geen ongerymdheid bemerk kan word nie.

21. Die kinderdoop dien om die verbond van God te bevestig en te versterk.🔗

Die vlek van ongerymdheid waarmee hulle hierdie onderwerp probeer brandmerk,102 wis ons soos volg uit: diegene wat die Here sy uitverkiesing waardig geag het, die teken van die wedergeboorte ontvang het en uit die huidige lewe verhuis voordat hulle volwasse geword het, vernuwe Hy deur die krag van sy Gees wat vir ons onbegryplik is, soos Hy alleen voorsien dat dit voordelig is. As dit hulle te beurt val om tot die leeftyd waarin hulle die waarheid van die doop geleer kan word, te groei en groot te word, sal hulle na aanleiding hiervan des te meer tot ywer vir hierdie vernuwing aangespoor word. Hulle sal dan leer dat die teken (van vernuwing) van die begin van hulle suigelingsjare aan hulle gegee is om hulle hele lewensloop daaroor na te dink.

Dat Paulus op twee plekke leer dat ons saam met Christus deur die doop begrawe word,103 het dieselfde strekking. Daaronder verstaan hy trouens nie dat iemand wat gedoop moet word, alreeds vooraf met Christus begrawe moes wees nie, maar hy verklaar doodeenvoudig watter leer aan die doop onderliggend is - en dit vir mense wat reeds gedoop is. Gevolglik sal selfs nie eens waansinniges na aanleiding van hierdie aanhaling beweer dat die afsterwe aan die doop voorafgaan nie. So het Moses104 en die profete105 die volk vermaan oor wat die betekenis van die besnydenis is hoewel hulle as kindertjies daardeur beseël is. Wat hy aan die Galasiërs skryf, het ook net soveel krag. Hy sê dat hulle hulle met Christus beklee het toe hulle gedoop is.106 Wat is sy bedoeling daarmee? Dit naamlik dat hulle in die toekoms vir Christus moet leef omdat hulle tevore nie vir Hom geleef het nie. En hoewel die ontvangs van die teken in die geval van ouer mense op kennis van die verborgenheid daarvan behoort te volg, sal ons weldra verduidelik dat kindertjies nogtans andersoortig beskou moet word.

Ons benadering oor die verwysing uit Petrus waarop hulle saak sterk steun,107 moet net so wees. Petrus sê naamlik dat die doop nie 'n afwassing is om die vuilheid van ons liggaam af te vee nie, maar die getuienis van 'n goeie gewete voor God deur die opstanding van Christus.108 Hulle beweer wel dat na aanleiding hiervan niks van die kinderdoop anders as 'n leë rookwolk oorbly nie omdat dit ver van hierdie waarheid verwyder is. Maar hulle sondig keer op keer met hierdie sinsbedrog dat hulle die saak in tydsverloop altyd aan die teken vooraf wil laat gaan. Die waarheid van die besnydenis het trouens op dieselfde getuienis van 'n goeie gewete berus. Maar as hierdie getuienis noodwendig vooraf moes gaan, sou kindertjies nooit volgens God se bevel besny gewees het nie. Maar wanneer Hy self aantoon dat die getuienis van 'n goeie gewete aan die waarheid van die besnydenis onderliggend is, en Hy nogtans tegelyk beveel dat die kindertjies besny moet word, dui Hy genoegsaam aan dat die besnydenis in hierdie opsig met die oog op die toekoms gegee word. Daarom moet ons in die kinderdoop vir die huidige niks meer krag vereis as dat dit die verbond wat deur die Here met hulle gesluit is, moet bevestig en bekragtig nie. Die oorblywende betekenis van die sakrament sal op die tyd wat God voorsien, later volg.

22. 'n Weerlegging van die redenasie dat kinders nie gedoop moet word nie omdat hulle nog nie gesondig het nie en die doop gegee is tot vergiffenis van sondes.🔗

Ek meen dat daar nou niemand meer is wat nie duidelik kan sien dat al hierdie redenasies louter verdraaiings van die Skrif is nie. Die oorblywende redenasies wat hieraan verwant is, sal ons kortliks deurgaan. Hulle opper die beswaar dat die doop tot vergiffenis van sondes gegee word.109 Wanneer dit hulle toegegee word, sal dit ons opvatting nogtans oorvloedig ondersteun. Aangesien ons immers as sondaars gebore word, het ons reeds van moederskoot af vergiffenis en genade nodig. Aangesien God verder nie die hoop op sy barmhartigheid van mense van hierdie leeftyd afsny nie, maar hulle eerder daarvan verseker, waarom sou ons hulle dan die teken daarvan wat baie onbelangriker is, ontneem? Die wapen wat hulle daarom teen ons probeer afslinger, salons soos volg na hulle teruggooi: vergiffenis van sondes word aan kindertjies geskenk; hulle mag derhalwe nie die teken ontneem word nie.

Tegelyk voer hulle uit die brief aan die Efesiërs aan dat die kerk deur die Here met die waterbad in die Woord van die lewe gereinig is.110 Niks pasliker as dit kon aangehaal word om hulle dwaling te weerlê nie want hieruit kom 'n maklike bewys vir ons. As Christus deur die doop die afwassing wil betuig waardeur Hy sy kerk reinig, lyk dit nie reg dat sy getuienis in die geval van kindertjies ontbreek nie. Hulle word immers met reg as deel van die kerk gereken aangesien hulle erfgename van die koninkryk van die hemel genoem is.111 Paulus sluit immers die hele kerk in wanneer hy sê dat dit deur die waterbad gereinig is. Uit dit wat hy elders sê, naamlik dat ons deur die doop in die liggaam van Christus ingeënt is,112 kom ons tot dieselfde gevolgtrekking, naamlik dat kindertjies wat Hy onder sy lidmate tel, gedoop moet word om te voorkom dat hulle van sy liggaam afgeskeur word. Kyk net met watter geweld en met watter krygstuig hulle die vesting van ons geloof aanval!

23. Die Doperse opvatting dat niemand in die apostels se tyd gedoop is voordat hy nie sy geloof en bekering bely het nie, weerlê.🔗

Nou kom hulle by die praktyk en gewoonte in die tyd van die apostels waarin niemand gevind kan word wat tot die doop toegelaat is nie tensy hy vooraf sy geloof en berou bely het.113 Want wanneer Petrus deur diegene wat hulle wou bekeer, gevra word wat hulle moes doen, raai hy hulle aan om eers berou te toon en om hulle daarna tot vergiffenis van hulle sondes te laat doop.114 Toe die hofdienaar Filippus gevra het om gedoop te word, het hy hom net so geantwoord dat dit hom geoorloof is mits hy met sy hele harte glo.115 Na aanleiding hiervan lyk dit vir hulle asof hulle dit reggekry het dat die doop glad nie aan iemand bedien mag word tensy sy geloof en berou daaraan voorafgaan nie.

As ons inderdaad aan hierdie redenasie toegee, sal die eerste aanhaling waarin geen vermelding van geloof voorkom nie, bewys dat berou alleen al genoeg is; en die volgende verwysing waarin geen berou vereis word nie, sal bewys dat die geloof alleen voldoende is. Ek dink hulle sal die beswaar opper dat die een verwysing deur die ander verwysing gesteun word en dat hulle daarom met mekaar verbind moet word.

Op my beurt sê ek dat daar ook ander verwysings is wat met hierdie aanhalings vergelyk moet word en 'n bydrae kan lewer om hierdie probleem op te klaar. Daar kom trouens baie stellings in die Skrif voor waarvan die betekenis van die plek (waar dit voorkom) afhang.116 So 'n voorbeeld kom in die huidige geskil voor, want diegene aan wie hierdie woorde deur Petrus en Filippus gesê word, het 'n geskikte ouderdom om oor berou na te dink en die geloof te ontvang. Ons ontken egter heftig dat sulke mense gedoop moet word, tensy hulle bekering en geloof gesien kan word - ten minste in soverre dit volgens die oordeel van mense ondersoek kan word.117

Maar dit is meer as genoeg duidelik dat kinders in 'n ander kategorie geplaas moet word. As iemand hom trouens destyds by Israel aangesluit het om aan hulle godsdiens deel te neem, moes hy vooraf die verbond van die Here geleer en in die wet onderrig word voordat hy met die besnydenis gemerk is omdat hy uit 'n ander nasie was, dit is, 'n vreemdeling vir die Israeliete met wie die verbond wat die besnydenis bevestig het, gemaak is.

24. Die verbond met en besnydenis van Abraham en Isak.🔗

Toe die Here Abraham vir Hom aangeneem het, het Hy nie met die besnydenis begin en intussen verswyg wat sy bedoeling met hierdie teken was nie, maar Hy onderwys Abraham eers oor die verbond wat Hy met hom wou sluit.118 Toe hy die belofte deur die geloof aangeneem het, laat Hy hom daarna deel in die sakrament.119 Waarom volg die sakrament in Abraham se geval na die geloof, en kom dit in sy seun Isak se geval vóór hy dit kan verstaan? Omdat Abraham eers toe hy oud geword het, in die gemeenskap van die verbond opgeneem is en dit reg was dat hy, terwyl hy tot op daardie tydstip nog vreemd daaraan was, vooraf die voorwaardes daarvan moes leer ken. Maar in die geval van die kind wat uit hom gebore is, was dit nie so nie. Hy is volgens erfreg en die inhoud van die belofte reeds van moederskoot af in die verbond ingesluit. Of, om die onderwerp duideliker en bondiger aan te toon, as die kinders van gelowiges sonder dat hulle dit weet, aan die verbond deel het,120 is daar geen rede waarom hulle van die teken weggehou moet word omdat hulle nog nie in staat is om om hulle verpligtinge onder die verbond na te kom nie. Dit is beslis die rede waarom God sa dikwels verklaar dat kinders vir Hom gebore is wanneer hulle uit die Israeliete gebare word.121 Want Hy beskou die kinders van diegene aan wie se saad Hy beloof het dat Hy hulle Vader sal wees, ongetwyfeld as sy kinders.122

Iemand wat egter ongelowig is en uit goddelose ouers gebore word, word as 'n vreemdeling in die gemeenskap van die verbond beskou totdat hy deur die geloof met God verenig word. Gevolglik is dit nie snaaks as Hy die teken nie aan hulle meedeel nie omdat die betekenis daarvan in sa 'n mens bedrieglik en niksseggend sou wees. In die sin skryf Paulus ook dat die heidene buite die verbond was so lank hulle in hulle afgodediens versonke was.123

Tensy ek my misgis, kan die hele onderwerp baie duidelik met die volgende samevatting afgehandel word: diegene wat die geloof in Christus eers op gevorderde ouderdom omhels, mag nie met die doop gemerk word nie tensy geloof en berou voorafgaan omdat hulle tot dusver nog vreemdelinge aan die verbond was. Want geloof en berou alleen kan vir hulle die toetrede tot die gemeenskap in die verbond open. Maar kindertjies wat uit Christelike ouers gebore word, moet so in die doop ontvang word soos hulle dadelik wanneer hulle gebore word, deur God as erfgename van die verbond aangeneem word. Dit wat die evangelieskrywer vertel, sien ook hierop, naamlik dat diegene wat hulle sondes bely het, deur Johannes gedoop is.124 Na ons mening moet hierdie voorbeeld vandag nog gehandhaaf word. Want as 'n Turk hom aanbied om gedoop word, sal hy nie ondeurdag deur ons gedoop word nie tensy hy 'n belydenis aflê waardeur hy die kerk tevrede stel.

25. 'n Verklaring van Christus se woorde aan Nikodemus dat niemand die koninkryk van God kan ingaan tensy hy deur water en Gees wederbaar is nie.🔗

Hierbenewens voer hulle Christus se woorde aan wat in Johannes drie aangehaal word. Daarvolgens meen hulle dat die wedergeboorte onmiddellik by die doop vereis word. Christus se woorde lui: "As iemand nie uit water en Gees weer gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie".125

"Kyk net," sê hulle, "hoe die doop deur die Here se mond die wedergeboorte genoem word." Onder watter dekmantel gee ons die doop aan kinders van wie dit meer as genoeg bekend is dat hulle hoegenaamd nie tot wedergeboorte in staat is nie, terwyl die doop nie sonder die wedergeboorte kan bestaan nie?126

Hulle misgis hulle ten eerste daarin dat hulle meen dat die doop hier vermeld word omdat hulle die woord water hoor. Want nadat Christus die bedorwenheid van die natuur aan Nikodemus verduidelik het en hom geleer het dat hy weer gebore moet word, en omdat hy hom 'n liggaamlik wedergeboorte ingebeeld het, wys Hy hier vir hom die manier aan waarop God ons wederbaar, naamlik deur water en Gees. Dit is asof Hy gesê het: "Ons word deur die Gees wederbaar wat in die plek van water die taak verrig om gelowige siele te reinig en te besprinkel." Ek verstaan dus onder water en Gees doodeenvoudig die Gees wat water is. En dit is nie 'n nuwe uitdrukkingswyse nie! Dit kom trouens heeltemal ooreen met dit wat in Matteus 3 staan, naamlik: "Hy wat na my kom, dit is Hy wat in die Heilige Gees en vuur doop".127 Om met die Heilige Gees en vuur te doop beteken om die Heilige Gees te gee wat in die wedergeboorte die werk en aard van vuur verrig. So beteken om deur water en Gees wederbaar te word niks anders as om daardie krag van die Gees te ontvang wat in die siel doen wat die water in die geval van die liggaam doen nie.

Ek is bewus daarvan dat sommige mense dit anders vertolk,128 maar ek twyfel nie dat hierdie die egte betekenis daarvan is nie. Christus se bedoeling daar was trouens net om te leer dat almal wat na die hemelse koninkryk streef, met hulle eie verstand moet wegdoen. As ek egter soos van stinkende uitvlugte gebruik sou maak, en ons hulle toegee wat hulle wil, sou dit maklik wees om teen hulle aan te voer dat die doop voor die geloof en berou kom want in Christus se woorde kom water voor die Gees. Dit moet kennelik van die geestelike gawes verstaan word, en as hulle na die doop kom, het ek bereik wat ek wou.

Maar sulke drogredenasies daar gelaat: laat ons hou by die eenvoudige vertolking wat ek gegee het, naamlik dat niemand die koninkryk van God kan ingaan voordat hy nie deur die lewende water, dit is die Gees, vernuwe is nie.

26. Volgens die Wederdopers word almal wat nie gedoop is nie, uitgesluit uit die koninkryk van God.🔗

Nou is dit ook duidelik dat hulle verdigsel na aanleiding van die voorgaande verwerp moet word omdat hulle almal wat nie gedoop is nie, tot die ewige dood verdoem.129 Laat ons ons derhalwe maar volgens hulle eis verbeel dat die doop slegs aan volwassenes bedien moet word: wat sal hulle dan sê gebeur met 'n kind wat reg en behoorlik in die beginsels van godsvrug onderwys word, as dit gebeur dat hy skielik wanneer die doopdag reeds aanbreek, bo verwagting deur die dood weggeruk word? Die belofte van die Here is duidelik dat elkeen wat in die Seun glo, die dood nie sal sien nie, en ook nie in die oordeel sal kom nie maar van die dood na die lewe sal oorgaan.130 Ons vind nêrens dat Hy iemand verdoem het omdat hy nog nie gedoop is nie.

Ek wil egter nie hê dat dit so opgeneem moet word asof ek daarmee te kenne gee dat die doop maar geminag kan word nie. Ek bevestig trouens dat God se verbond geskend word as die doop geminag word. Verre sy dit dus daarvan dat ek dit sou verontskuldig! Dit is egter voldoende slegs om te bewys dat die doop nie so noodsaaklik is dat ons moet dink dat iemand wat die geleentheid om die doop te ontvang, ontneem is, dadelik verlore gegaan het nie. As ons egter wel met hulle versinsel saamstem, sal ons sonder uitsondering almal verdoem wat deur die een of ander gebeurtenis van die doop weerhou word, al sou hulle ook met watter gelooftoegerus wees - selfs 'n geloofwaardeur Christus in besit geneem kan word! Hierbenewens maak hulle alle kinders skuldig aan die ewige dood omdat hulle hulle die doop ontsê wat volgens hulle eie belydenis noodsaaklik vir die saligheid is.

Laat hulle nou maar toesien hoe pragtig hulle ooreenstem met Christus se woorde waardeur die koninkryk van die hemel aan die kinderleeftyd toegesê word.131 En al sou ons hulle alles toegee in soverre dit die begrip van hierdie verwysing aangaan, sal hulle nogtans geen afleiding daaruit kan maak voordat hulle nie die leerstuk oor die wedergeboorte van kindertjies wat deur ons vasgestel is, omvergewerp het nie.132

27. Die ware vertolking van Christus se woorde: 'Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word'.🔗

Maar hulle roem dat hulle juis na aanleiding van die instelling van die doop die veiligste vesting van almal het, en hulle put dit uit die laaste hoofstuk van Matteus waar Christus sy apostels na alle volke uitstuur en aan hulle twee opdragte gee, naamlik ten eerste om hulle te onderrig, en ten tweede om hulle te doop.133 Hierby voeg hulle ook 'n aanhaling uit die laaste hoofstuk van Markus: "Hy wat glo en gedoop word, sal gered word".134 Hulle vra: "Wat wil ons nog meer soek wanneer die woorde van die Here duidelik lui dat hulle eers onderrig en dan gedoop moet word, en Hy aan die doop die tweede plek na die geloof toeskryf? Die Here het self ook 'n voorbeeld van hierdie volgorde gegee omdat Hy self eers op dertigjarige ouderdom gedoop wou word".135

Goeie God, op hoeveel maniere verstrengel hulle hulleself nie hier, en op hoeveel maniere bring hulle hulle onkunde nie aan die lig nie? Hulle struikel trouens reeds meer as kinderagtig daarin dat hulle die eerste instelling van die doop hieruit aflei, terwyl Christus reeds van die begin van sy verkondiging af die bediening van die doop aan sy apostels opgedra het. Hulle het derhalwe geen grond om aan te voer dat ons uit hierdie twee verwysings 'n wet en reël vir die doop moet put asof hulle die eerste instelling an die doop saamvat nie.

Maar om hulle ook hierdie dwaling toe te gee: hoe kragtig is hierdie redenasie dan? As ek wel uitvlugkans gesoek het, gaan hier nie net 'n skuilplek oop nie maar 'n hele vlakte om in te vlug. Aangesien hulle trouens met soveel bitsigheid op die volgorde van die woorde aandring, naamlik dat 'n mens eers die woord moet verkondig voordat hy die doop bedien omdat daar geskryf is: "Gaan, verkondig en doop",136 en net so: "Hy wat glo, en gedoop is",137 en hulle ook redeneer dat mense moet glo alvorens hulle hulle laat doop, waarom sou ons dan nie op ons beurt die beswaar kan opper dat mense gedoop moet word alvorens hulle in die dinge onderrig word wat Christus hulle beveel het om te gehoorsaam nie? Daar word naamlik gesê: "Doop hulle en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".138 Ons het dieselfde opmerkimg aangehaal in Christus se uitspraak hierbo in verband met die wedergeboorte deur die water en die Gees.139 As ons trouens hierdie uitspraak verstaan soos hulle vereis, sal die doop beslis voor die geestelike wedergeboorte wees omdat dit eerste genoem word. Christus leer immers nie dat ons wederbaar moet word uit Gees en water nie, maar uit water en Gees.

28. Die plek van Woordverkondiging en die plek van doopbediening.🔗

Hierdie onaantasbare rede waarop hulle soveel vertrou, is skynbaar reeds effens geskud maar omdat die waarheid genoeg beskerming in eenvoud het, verkies ek om nie met sulke ligsinnighede te probeer wegkom nie. Laat hulle dus die volgende grondige antwoord kry. Hier word eerder 'n bevel deur Christus gegee oor die verkondiging van die evangelie en Hy voeg die bediening van die doop as 'n aanhangsel by. Verder word hier van die doop gepraat slegs in soverre die bediening daarvan aan die verrigting van die onderrigwerk ondergeskik is. Christus stuur trouens sy apostels om die evangelie aan al die nasies van die wêreld te verkondig om mense wat vroeër verlore was, deur die onderrig van die saligheid in sy koninkryk te versamel. Wie is hulle egter en watter soort mense is hulle? Daar is sekerlik geen vermelding anders as van diegene wat opgewasse is om die onderrig van die evangelie te ontvang nie. Daarna voeg Hy by dat sulke mense, wanneer hulle onderrig is, gedoop moet word, en Hy voeg die belofte by dat diegene wat glo en hulle laat doop, gered sal word.140 Maar is daar in hierdie hele uitspraak een enkele lettergreep in verband met kindertjies?

Wat is dus die basis van die redenasie waarmee hulle ons aanval? Volwassenes moet vooraf onderrig word sodat hulle kan glo voordat hulle gedoop word. Dit is dus nie reg om kindertjies ook in hierdie doop te laat deel nie. Selfs as hulle bars, kan hulle uit hierdie aanhaling niks anders bewys as dat die evangelie eers aan diegene wat bevoeg is om daarna te luister, verkondig moet word, alvorens hulle gedoop word nie. Hier word trouens slegs oor hulle gehandel. Laat hulle nou hieruit 'n hindernis opstel as hulle kan, om kindertjies van die doop af weg te hou!

29. Die reël vir volwasse doop kan nie sonder onderskeid op die kinderdoop toegepas word nie.🔗

Maar ek sal hulle bedrog met 'n nog duideliker vergelyking aantoon sodat selfs blindes dit kan aanvoel. As iemand die redenasie aanvoer dat kindertjies van voedsel weggehou moet word onder die dekmantel dat die apostel mense wat nie werk nie, nie toelaat om te eet nie,141 verdien hy dan nie om deur almal verwerp te word nie? Waarom dan so? Omdat hy iets wat oor 'n bepaalde soort mens en 'n bepaalde leeftyd gesê is, sonder onderskeid op alle mense toepas. Die Wederdopers se vaardigheid om dit in die onderhawige geskil te doen is niks minder nie. Hulle trek trouens iets wat, soos almal kan sien, slegs op volwassenheid betrekking het, deur na kindertjies sodat hierdie ouderdom ook aan die reël wat slegs vir volwassenes daargestel is, onderworpe is.

So ver dit Christus se voorbeeld aangaan, hou dit vir hulle saak hoegenaamd geen ondersteuning in nie.142 "Christus is nie voor sy dertigste jaar gedoop nie."143 Dit is wel waar, maar die rede daarvoor is bekend, naamlik omdat Hy die vaste fondament van die doop deur sy verkondiging wou lê, of eerder, omdat Hy die fondament wat 'n rukkie tevore reeds deur Johannes gelê is, wou versterk. Toe Hy dus die doop deur sy onderrig wou instel en om groter gesag aan sy instelling te verleen, het Hy dit met sy eie liggaam geheilig en dit op die betaamlikste tydstip, naamlik toe Hy 'n aanvang gemaak het met die verkondiging van die evangelie.144

Kortom: hulle sal daarmee niks anders bereik as dat die doop ontstaan het uit en begin het met die verkondiging van die evangelie nie. As hulle die doop dan tot die dertigste jaar wil uitstel, waarom hou hulle dan nie by hierdie jaar nie? Waarom ontvang hulle iemand ten doop wat na hulle oordeel voldoende vordering gemaak het? Ja, selfs Servet, een van hulle leermeesters, het hom reeds op een en twintigjarige leeftyd as 'n profeet begin voordoen hoewel hy hardnekkig op die ouderdom van dertig jaar (vir die amp) aangedring het145 - net asof ons iemand moet verdra wat vir hom 'n posisie as leraar in die kerk toe-eien nog voordat hy 'n lidmaat van die kerk is!

30. 'n Weerlegging van die redenasie dat kinders nie gedoop moet word nie omdat bulle nog nie aan die nagmaal deelneem nie.🔗

Ten slotte opper hulle die beswaar dat daar nie 'n belangriker rede is waarom die doop nie aan kindertjies bedien moet word nie as juis die nagmaal van die Here.146 Daaraan kan ons egter hoegenaamd nie toegee nie - net asof die Skrif nie op die groot verskil in alle opsigte tussen hierdie twee wys nie. In die kerk van ouds het dit weliswaar herhaaldelik gebeur (dat kindertjies ook in die nagmaal gedeel het) soos uit Cyprianus en Augustinus se werke blyk, maar hierdie gebruik het tereg in onbruik verval.147

Want as ons oor die aard en die kenmerke van die doop nadink, is dit beslis vir ons 'n soort toetrede tot die kerk en as't ware 'n inhuldiging waardeur ons onder die volk van God gereken word; dit is 'n teken van ons geestelike wedergeboorte waardeur ons as kinders van God wederbaar word. Aangesien die nagmaal aan die ander kant bestem is vir volwassenes wat die brose suigelingsjare ontgroei het, is hulle reeds in staat om vaste voedsel te neem. Hierdie onderskeid word baie duidelik in die Skrif aangetoon. So ver dit die doop aangaan, maak die Here daarin trouens geen ouderdomsonderskeid nie. Maar Hy bied nie die nagmaal aan sodat almal daaraan deel moet hê nie, maar sodat slegs diegene wat bekwaam is om die liggaam en die bloed van die Here te onderskei, in staat is om hulle gewetens te ondersoek, die dood van die Here te verkondig en oor die krag daarvan na te dink. Wil ons iets duideliker hê as wat die apostel leer wanneer hy ons vermaan dat elkeen homself moet ondersoek en moet beproef, en dat hy dan van die brood moet eet en uit die beker moet drink?148 Die ondersoek behoort dus daaraan vooraf te gaan, en dit is iets wat tevergeefs van kinders verwag word. Net so: "Wie op onwaardige wyse eet, eet en drink tot sy veroordeling omdat hy nie die liggaam van die Here onderskei nie".149 As slegs diegene wat weet hoe om die heiligheid van die liggaam van Christus na behore te onderskei, in staat is om op waardige wyse daarvan te eet, waarom sou ons dan vir ons teer kindertjies gif aanbied as lewendmakende voedsel? Wat word van die gebod van die Here: "Julle moet dit tot my gedagtenis doen"?150 Wat van die verdere bevel wat die apostel daaruit aflei: "So dikwels julle hierdie brood eet, moet julle die dood van die Here verkondig totdat Hy kom"?151 Nou vra ek jou: hoe sal ons van kindertjies herinnering vereis van iets wat hulle nog nooit met insig verstaan het nie? Hoe sal ons die verkondiging van die kruis van Christus waarvan hulle nog nie die krag en die weldaad begryp het nie, van hulle kan eis? Maar in die doop word niks hiervan voorgeskryf nie.

Daarom is daar 'n uiters groot verskil tussen hierdie twee tekens waarop ons ook die aandag by die behandeling van die Ou Testament in die geval van soortgelyke tekens gevestig het.152 Die besnydenis waarvan bekend is dat dit met ons doop ooreenstem, was vir kindertjies bedoel.153 Die pasga, in die plek waarvan die nagmaal nou gekom het, het nie somaar enigiemand sonder onderskeid as gaste toegelaat nie. Dit is egter na behore geëet deur diegene wat op grond van hulle ouderdom oor die betekenis daarvan navraag kon doen.154 As hulle nog 'n bietjie gesonde verstand oor het, sou hulle blind wees vir 'n onderwerp wat so duidelik en voor die handliggend is?

31. 'n Weerlegging van Servet se redenasies in verband met die kinderdoop.🔗

Hoewel ek jammer is om my lesers met 'n hoop onsin te belas, sal dit tog die moeite loon om kortliks die indrukwekkende redenasies te weerlê wat Servet, 'n belangrike figuur onder die Wederdopers, ja, 'n groot sieraad van hierdie bende, goedgevind het om aan te voer toe hy hom vir die stryd teen ons gereedgemaak het. Hy voer aan dat die sakramente van Christus ook volmaakte mense vereis, of mense wat tot volmaaktheid in staat is aangesien hierdie tekens volmaak is.155 Die oplossing is egter voor die handliggend, naamlik dat die volmaaktheid van die doop wat tot die dood toe strek, verkeerdelik tot een tydstip beperk word. Ek voeg hierby ook dat dit dwaas is om 'n volmaaktheid waartoe die doop ons ons hele lewe met voortdurende trappe nooi, reeds op die eerste dag in 'n mens gesoek moet word.156

Hy werp ook teë dat die sakramente van Christus tot sy gedagtenis ingestel is sodat elkeen daaraan gedagtig moet wees dat hy saam met Christus begrawe is. My antwoord daarop is dat iets wat hy uit sy verstand versin het, geen weerlegging nodig het nie: inteendeel, dit wat hy op die doop betrek, bewys Paulus se woorde, behoort eintlik tot die nagmaal, naamlik dat elkeen homself moet ondersoek.157 So iets word nêrens oor die doop gesê nie. Daaruit lei ons af dat diegene wat nog nie vanweë hulle ouderdom in staat is tot selfondersoek nie, na behore gedoop word.

Ten derde voer hy aan dat almal wat nie in die Seun van God glo nie, in die dood bly, en dat God se toorn oor hulle bly.158 Hy sê dat kindertjies wat nog nie kan glo nie, daarom in die verdoemenis bly. Ek antwoord hierop dat Christus daar nie van die algemene skuld praat waarin Adam se hele nageslag verstrik is nie, maar dat Hy slegs die veragters van die evangelie dreig omdat hulle die genade wat hulle aangebied is, hooghartig en minagtend verwerp. Dit het inderdaad niks met kinders te doen nie. Tegelyk stel ek 'n teenargument teen hom, naamlik dat elkeen wat Christus seën, vrygestel word van die vloek van Adam en die toorn van God. Aangesien dit nou bekend is dat die kindertjies deur Hom geseën is,159 volg daaruit dat hulle van die dood verlos is.

Voorts maak hy valslik 'n aanhaling wat nêrens te lees is nie, naamlik dat elkeen wat uit die Gees gebore is, die stem van die Gees hoor.160 Selfs al sou ons toegee dat dit wel geskryf is, sal hy daaruit tog niks anders kan aflei as dat gelowiges tot gehoorsaamheid gevorm word namate die Gees in hulle werk nie. En dit is verkeerd om iets watvan sekere mense gesê is, sonder onderskeid op almal toe te pas.

Ten vierde voer hy aan dat die tyd wat ryp is vir die doop, wat geestelik is, afgewag moet word omdat dit wat natuurlik is, voorafgaan.161 Hoewel ek erken dat Adam se hele nageslag uit vlees gebore is en hulle eie verdoemenis van die moederskoot af met hulle meebring, sê ek nogtans dat dit nie verhinder dat God dadelik (na geboorte) 'n geneesmiddel daarvoor kan verskaf nie. Servet sal trouens nie kan bewys dat verskeie jare deur God voorgeskryf is voordat 'n nuwe geestelike lewe begin nie. Al sou diegene wat uit gelowige ouers gebore word, van nature heeltemal verlore wees, is hulle nogtans volgens Paulus se getuienis heilig deur die bonatuurlike genade.162

Daarna bring hy 'n allegorie te voorskyn, naamlik dat Dawid, toe hy teen die vesting van Sion opgeklim het, nie blindes of kreupeles met hom saamgeneem het nie, maar slegs geharde soldate.163 Wat daarvan as ek 'n gelykenis teenoor syne stel waarin God blindes en kreupeles tot 'n hemelse feesmaal uitnooi?164 Hoe sal Servet hom loswikkel uit hierdie knoop? Ek vra ook of kreupeles en verminktes nie tevore saam met Dawid geveg het nie. Dit is egter oorbodig om te lank by hierdie redenasie stil te staan; my lesers sal uit die heilsgeskiedenis kan agterkom dat dit uit louter valsheid saamgeflans is.

Hierop volg daar ook 'n tweede allegorie, naamlik dat die apostels vissers van mense was165 en nie van kindertjies nie. My vraag is nou wat Christus bedoel het toe Hy gesê het dat elke soort vis in die net van die evangelie gevang word.166 Omdat ek egter nie lus het om met allegorieë te speel nie, is my antwoord dat, toe die onderrigamp op die apostels gelê is, hulle nogtans nie verbied is om kindertjies te doop nie. Ek sou nogtans graag wou weet waarom hy ontken dat kindertjies mense is aangesien die evangelieskrywer hulle mense noem167 - 'n woord waaronder sonder uitsondering die mensdom vervat word.

Ten sewende voer hy aan dat, aangesien geestelike dinge met geestelikes ooreenstem,168 kinders wat nie geestelik is nie, ook nie geskik is om gedoop te word nie. Maar dit is ten eerste al duidelik hoe verwronge hy Paulus se stelling verdraai. Dit handel daar oor die leer. Aangesien die Korintiërs uitermatig ingenome was met hulle ydel skerpsinnigheid, stel Paulus hulle geestelike swakheid aan die kaak omdat hulle nog in die eerste beginsels van die hemelse leer onderrig moes word. Wie sal daaruit aflei dat die doop kinders geweier moet word terwyl God hulle deur sy genadige aanneming vir Hom geheilig het hoewel hulle uit vlees gebore is?

Sy beswaar dat, as hulle nuwe mense is, hulle met geestelike spyse gevoed moet word, kan maklik opgelos word, naamlik dat hulle deur die doop tot Christus se kudde toegelaat word en dat die teken van hulle aanneming vir hulle genoegsaam is totdat hulle volwasse is en by magte om vaste spyse te verdra. Ons moet dus wag op die tyd van selfondersoek wat God uitdruklik vir die heilige nagmaal vereis.

Daarna opper hy die beswaar dat Christus almal wat aan Hom behoort, na die heilige nagmaal roep. En tog is dit bekend genoeg dat Hy niemand daartoe toelaat nie behalwe diegene wat voorberei is om die herinnering aan sy dood te verkondig. Daaruit volg dat kindertjies wat Hy waardig geag het om te omhels, op 'n onderskeie trap van hulle eie staan totdat hulle volwasse is, en dat hulle nogtans nie vreemdelinge (in die kerk) is nie.

Op sy beswaar dat dit afstootlik is dat 'n mens na sy geboorte nie saam mag eet nie, antwoord ek dat hulle siele anders gevoed word as deur die uitwendige ete van die nagmaal en dat Christus nietemin vir kindertjies voedsel is al sou hulle hulle van die sakrament weerhou. Verder sê ek dat die grondslag van die doop anders is omdat die deur tot die kerk daardeur vir hulle oopgemaak word.

Dan kom hy weer met die beswaar dat 'n goeie huiseienaar op sy tyd voedsel aan sy gesin gee.169 Hoewel ek dit met graagte erken: volgens watter reg sal hy aan ons 'n tyd vir die doop voorskryf om te bewys dat dit nie op die regte tyd aan kindertjies gegee word nie? Hierbenewens voer hy ook Christus se opdrag aan die apostels aan dat hulle hulle moes has om te oes terwyl die lande wit staan.170 Christus bedoel naamlik slegs dat die apostels hulle met groter ywer vir die leeramp moes gereed moes maak omdat hulle kon bemerk dat daar vrug op hulle arbeid is. Wie sou daaruit kon aflei dat slegs die oestyd die regte tyd vir die doop is?

Sy elfde redenasie is dat Christene en dissipels in die eerste kerk dieselfde mense was.171 Ons het egter reeds gesien dat hy onverstandig redeneer deur iets wat op 'n deel betrekking het, op die geheel toe te pas. Mense van die regte ouderdom word dissipels genoem – diegene wat reeds onderrig is en hulle aan Christus oorgegee het. Die Jode moes byvoorbeeld onder die wet van Moses dissipels wees. Tog sal niemand met reg daaruit die afleiding kan maak dat kindertjies vreemdelinge was nie omdat God getuig het dat hulle sy huisgenote is.

Hierbenewens voer hy aan dat alle Christene broers is en so lank ons kinders van die nagmaal afweghou, is hulle vir ons nie broers nie. So ver dit my aangaan, keer ek terug tot die beginsel dat slegs diegene erfgename van die koninkryk van die hemel is wat lede van Christus is; dat die omhelsing van Christus172 'n waaragtige waarborg van hulle aanneming was173 waardeur kindertjies met volwassenes verenig word en dat die tydelike weerhouding van die nagmaal hulle nie verhinder om deel te hê aan die liggaam van die kerk nie. Na sy bekering aan die kruis.174 het die rower nie opgehou om 'n broer van die godvrugtiges te wees nie hoewel hy nooit tot die nagmaal toegetree het nie. Daarna voeg Servet by dat niemand ons medebroeder word behalwe deur die Gees van aanneming nie175 en hierdie Gees word slegs deur die verkondiging van die geloof verleen.176 Hierop antwoord ek dat hy altyd in dieselfde slaggat177 val omdat hy iets wat slegs van volwassenes gesê is, verkeerdelik op kinders betrek. Paulus leer daar178 dat dit die gewone manier is waarop God roep om sy uitverkorenes tot die geloof te bring deur vir hulle getroue leraars te verwek deur wie se bediening en werk Hy hulle sy hand reik. Wie sou waag om na aanleiding hiervan 'n wet Hom op te lê dat Hy kindertjies met geen ander verborge middel in Christus mag inplant nie?

Hy maak verder beswaar dat Kornelius gedoop is nadat hy die Heilige Gees ontvang het.179 Hoe verkeerdelik hy 'n algemene reël uit een enkele voorbeeld aflei, blyk uit die geval van die ontmande kneg en die Samaritane,180 by wie God 'n ander orde gehandhaaf het sodat die doop aan die gawes van die Gees voorafgegaan het.

Sy vyftiende redenasie is meer as onverstandig. Hy beweer dat ons deur die wedergeboorte gode word en dat diegene gode is tot wie die Woord van God gerig is.181 Dit, sê hy, is iets wat nie by kindertjies pas nie. Dat hy gelowiges Goddelikheid toedig, is een van sy hersenskimme, maar dit is nie nou geleë om dit te weerlê nie. Dit is egter 'n kenmerk van sy verderflike skaamteloosheid dat hy 'n aanhaling uit die psalm tot so 'n vreemde betekenis verdraai.182 Christus sê dat konings en owerhede deur die profeet gode genoem word omdat hulle 'n taak wat van Godsweë op hulle gelê is, verrig. Maar hierdie behendige vertolker pas iets wat in verband met 'n besondere regeringsopdrag aan sekere mense gerig is, op die leer van die evangelie toe om kindertjies uit die kerk uit te dryf. Dan werp hy ons weer eens die beswaar teë dat kindertjies nie as nuwe mense bskou kan word nie omdat hulle nie deur die Woord weergebore word nie.

Soos ek trouens al dikwels gesê het, herhaal ek nou weer, naamlik dat die leer onverderflike saad is183 om ons te wederbaar as ons maar net geskik is om hierdie leer te begryp. Wanneer ons egter vanweë ons ouderdom nog nie leerbaar is nie, sê ek dat God nogtans trappe het waarmee Hy diegene wat aan Hom behoort, wederbaar.

Hierna keer hy weer terug tot sy allegorieë, naamlik dat 'n skaap en 'n bok nie volgens die wet dadelik na hulle geboorte as offerandes geoffer is nie. As hy dan lus het om beelde hierop toe te pas, is ek reg om daarteen aan te voer dat al die eersgeborenes vir God heilig was sodra hulle uit die moederskoot gekom het184 en dat 'n eenjarige lam geoffer moes word.185 Daaruit volg dat ons glad nie op die manlike krag moet wag nie maar dat eerder nuutgebore en broos kleintjies deur God as offers verkies word.

Hierbenewens voer hy aan dat slegs diegene wat vooraf deur Johannes voorberei is, na Christus kan kom. Net asof Johannes se amp nie tydelik was nie. Maar om dit daar te laat: Johannes se voorbereiding was beslis nie in die geval van die kinders wat Christus omhels en geseën het nie.186 Laat hy dus vaar met sy valse beginsel!

Ten slotte haal hy Trismegistus Hermes Trismegistus187 en die Sybille188 verdediging van sy standpunt aan om te bewys dat heilige afwassings slegs by volwassenes pas. Kyk hoe eerlik is sy gevoel oor die doop van Christus wanneer hy dit meet aan die hand van die onheilige ritusse van die heidene sodat dit slegs bedien moet word soos dit Trismegistus behaag het! Maar vir ons weeg die gesag van God swaarder. Hy het dit trouens goedgevind om die kindertjies vir Hom te heilig en deur sy heilige sakrament in te huldig hoewel hulle die krag daarvan vanweë hulle ouderdom nog nie verstaan het nie. Ons ag dit ook as ongeoorloof dat iets uit die heidene se versoeningsoffers ontleen word om in ons doop die ewige en onskendbare wet van God wat Hy oor die besnydenis gemaak het, te verander. Ten slotte redeneer hy dat as ons kindertjies mag doop sonder dat hulle dit begryp, die doop deur kindertjies in hulle spel nageboots, bespot en bedien kan word. En tog stry hy hieroor met God volgens wie se bevel die besnydenis onder kindertjies algemeen was voordat hulle begrip daarvan verwerf het. Was die besnydenis daarom 'n klug of blootgestel aan die onsinnighede van kinders sodat dit God se heilige instelling tot niet kon maak? Maar dit is geen wonder dat hierdie verworpe geeste, asof hulle deur waansinnigheid gedryf word, die grofste ongerymdhede ter verdediging van hulle dwalings aanvoer nie omdat God hulle hooghartigheid en hardnekkigheid regverdig met sulke duiseligheid straf.

Ek vertrou beslis dat ek duidelik gemaak het met watter gebrekkige hulpmiddels Servet sy broertjies, die Wederdopers, te hulp gekom het.

32. Die Satan bestry die kinderdoop om ondankbaarheid teen God aan te wakker en kinders van die onderwysing in godvrugtigheid te weerhou.🔗

Ek meen dat niemand met gesonde verstand sal twyfel oor hoe onbesonne diegene wat twis en tweedrag oor die kinderdoop verwek, die kerk van Christus in beroering bring nie. Dit loon egter die moeite om te let op die rede waarom die Satan dit met sulke groot listigheid aanpak. Dit is naamlik om ons die sonderlinge vrug van vertroue en geestelike blymoedigheid wat ons hieruit kan bekom, te ontneem en die heerlikheid van die goedertierenheid van God in dieselfde mate weg te neem. Want hoe soet is dit vir godvrugtige siele om nie alleen deur die Woord nie maar ook deur die aanskouing van hulle oë verseker te word dat hulle soveel genade by die hemelse Vader bekom dat Hy Hom ook oor hulle nageslag bekommer? Ons kan trouens hier sien dat Hy die rol van 'n uiters voorsienige Vader jeens ons vervul omdat Hy selfs nie eens na ons dood sorgsaamheid jeens ons laat vaar nie, maar ons kinders se belange ter harte neem en vir hulle voorsorg tref!

Moet ons dan nie hier volgens Dawid se voorbeeld189 van ganser harte in dankbetuig uitbars sodat sy Naam deur so 'n bewys van sy goedheid geheilig kan word nie? Dit, ja, dit is beslis waarop die Satan afstuur deur die kinderdoop met sulke groot geweld aan te val, naamlik om die dankbetuiging aan God uit ons midde weg te ruim om juis die belofte wat ons daardeur voor oë gestel word, uiteindelik geleidelik te laat verdwyn. Daaruit sou nie alleen 'n goddelose ondankbaarheid teenoor die barmhartigheid van God ontstaan nie, maar ook 'n sekere traagheid om ons kinders met die oog op godvrugtigheid op te voed. Ons word trouens nie weinig deur die prikkel daartoe opgewek om hulle in ernstige Godsvrees en die onderhouding van die wet te onderrig wanneer ons daaroor nadink dat hulle dadelik na hulle geboorte deur God self as sy kinders beskou en erken word nie. As ons die milddadigheid van God daarom nie kwaadwillig wil verduister nie, moet ons ons kinders na Hom bring omdat Hy aan hulle 'n plek onder sy vriende en huisgenote, dit is onder die lidmate van die kerk, gegee het.

Endnotes🔗

  1. ^ Reeds in die eerste ultgawe van die Institusie het Calvyn hom teen die Doperse opvattings verset. Dit was egter in beperkte sin. Eers tydens sy verblyf in Straatsburg het hy die Wederdopers skynbaar werklik leer ken. Hy het Jean Stordeur en sy eggenoot Idelette van Buren immers hier oortuig om hulle by die Reformasie aan te sluit en na Jean se dood in 1540 het Calvyn in Augustus van dieselfde jaar met Idelette getrou. Dit is daarom nie vreemd om in die 1539-uitgawe 'n breedvoeriger uiteensetting van die Doperse opvatting in verband met die doop te vind nie. Die aanhangsel hier dateer trouens uit hierdie tydperk en is hoofsaaklik op die Doperse teenstand teen die kinderdoop gemik. Met uitsondering van afdeling 31 (teen Servet se opvattings) wat in die 1559-uitgawe bygevoeg is, is hierdie aanhangsel 'n byna letterlike weergawe van sy uiteensetting oor die kinderdoop in hoofstuk 17 van die 1539-uitgawe (1539: fo. 419 - 429). In 1544 verskyn Calvyn se Briève Instruction pour armer tous bons ftdeles contre les erreurs de la secte commune des Anabaptistes (OC 7:56 e.v.). Calvyn het die werk op versoek van Farel geskryf uit reaksie op 'n Franse vertaling van Pierre Chambrier van die sogenaamde Confessic Sehlattensis (1527) van Michaël Sattler. Van hierdie werk is 1500 Franse eksemplare deur die Doper Pierre Pelot in frans Switserland versprei en kopieë daarvan is ook aan Calvyn besorg. 'n Breedvoerige dogmatiese verantwoording van die Doperse standpunte is egter seldsaam. Walpot se Das grosse Artikelbucb (1577) bevat wel so 'n verantwoording op 5 punte waarvan die eerste oor die doop handel. Dit word in 125 artikels uiteengesit waarvan die eerste 33 teties is. Vanaf art. 34 word die standpunt van voorstanders van die kinderdoop weerlê - en Inst. 4.16 uitdruklik vermeld! Hierdie weerlegging is hoofsaaklik geneem uit Balthasar Hubmaier se Von dem cbristlicben tauff derglaubigen (1525). Die teks van die Artikelbucb kom voor in QueUen zur Gescbicbte der Taufer 12:59·317. Balke, W.se Calvijn en de Doperse Radikalen (1977) is steeds 'n waardevolle bron van Inligting.
  2. ^ Calvyn verwys na die eerste artikel van die Doperse geloofsbelydenis van Sehleitheim (1527) hierbo wat reeds in 1527 deur Zwingli in sy In Catabaptistarum stropbas elenchus (uitgawe Schuler en Schulthess 3:361 e.v., veraI388) weerlë is. Vgl.ook sy Vom dem Touff, oom Widertouff und oom Kindertouff(1525) (Hauptscbriften, Der Theologe 3:5 - 155); An Franz Lambert und die andern Brüder in Strassburg (1524) (Samtliche Werke 8:261 - 278); Antwort über Baltbasar Hubmaiers Taufbücblein (1525) (Sämt, Werke 4:577 - 647) asook Bucer, Getrewe Warnung gegenjacob Kautz (Deutsche Werke 2:241 . 245); Handlung gegen Hoffman (O.W. 5:95 - 107); Enar. in ev. Iobannis (Opera latina 2:60 - 97). Terloops kan daarop gewys word dat daar groot afwykings tussen die Franse en Latynse tekste van die Institusie in hierdie hoofstuk voorkom.
  3. ^ Calvyn gebruik die woord symbolum wat hy andersins selde gebruik om die sakramente te beskryf. In die 1539-1554-uitgawes het hy tessera gebruik.
  4. ^ Vgl.Augustinus, De civitate Dei 16.27 (MPL41:506 e.v.; CCSL48:531e.v.), Thomas, Summa Theol. 3.70.1.3 (Marieui 4:456 e.v.), Zwingli, Von dem Touff(3:17, 18, 103 e.v.): Pannier, Institution 3.321.
  5. ^ Marg. Gene. 17.b.l0. Vgl. ook Gen. 17:7 . 9 en OC 23:237 . 239.
  6. ^ Vgl. Gen. 17:1,6, 8.
  7. ^ Marg. Matt. 22.c.32; Luc. 20.f38. Vgl. Bucer, Quid de baptismate sentiendum (1533) fo. 6a; Metaphrases ad Rom. in ep. Pauli (1536) fo. 154.
  8. ^ Marg. Epbes. 2.c.12. Vgl. OC 51:169 - 170.
  9. ^ Vgl. Gen. 17:1.
  10. ^ Marg. Deut. 10.d.16.
  11. ^ Vgl. Deut. 10.15 en ealvyn se preek hieroor Sermon 72 (OC27:44 - 59).
  12. ^ Marg. Deut. 30.b.6. Vgl. ook Calvyn se preek Sermon 169 (Oe 28:558 - 571).
  13. ^ Vgl.Jer. 4:4; 31:33; Eseg. 11:19; 18:31; 36:26 - 27.
  14. ^ Vgl. Gen. 12:2 . 3 en OC 23:177 - 17
  15. ^ Fr. 1560: + qui est Christ (Benoit 4:342).
  16. ^ Marg. Rom. 12.a.3, & b.6. Vgl. OC 49:236 - 239 en Inst. 4.13.3.
  17. ^ Hier gebruik Calvyn die woord tessera.
  18. ^ Zwinglî het reeds hierdie Doperse redenasies in soortgelyke trant in sy Elenchus weerlë (CRZ 4:330).
  19. ^ Vgl. Gen. 17:7 - 11; Rom. 4:9 - 12 en Zwinglî se redenasie vir die kinderdoop met 'n beroep op die besnydenis in Vom den Tauff a.w. 3:102 - 107.
  20. ^ Vgl. Esra 9:2; Jes. 6:13 (OC 36:142)
  21. ^ Marg. 1. Cor. 7.c.14. Vgl. OC 50:93 - 94 waar belangrike gegewens in sy kommentaar in verband hiermee voorkom.
  22. ^ Marg. Gen. 17b.12.
  23. ^ Vgl.NGBart. 34: "Daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers... Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort te doop en met die teken van die verbond te beseël, net soos die kindertjies in Israel kragrens dieselfde beloftes besny is as wat aan ons kinders gemaak is... Buitendien doen die doop aan ons kindertlies dieselfde as wat die besnydenis aan die Joodse volk gedoen het; dit is die rede waarom die heilige Paulus die doop die besnydenis deur Christus noem."
  24. ^ Marg. Matt. 9.b.13. Vgl. ook verse 14 en 15 asook OC 45:535 - 536.
  25. ^ Vg1. Zwingli se briefaan Francis Lambert van 16 Des. 1524 (CRZ8:271) waarin hynaaanleidingvan Joh. 4':2 aanvoer dat Christus niemand gedoop het nie. Vgl. ook Walpot, Artikelbuch, Von der Taufe, art. 40 (Quellen zur Gescbicbte der Täufer 12:78).
  26. ^ Vgl. Matt. 19:14
  27. ^ Calvyn ontleen hierdie redenasie waarskynlik aan Bucer wat reeds Christus se verlossing na aanleiding van 'n communicatie redemptionis quam bumano generi perficiebat ook na kindertjies uitgebrei het. Vgl. sy Quid de baptismate sentiendum fo. 10a.
  28. ^ Vgl. ook Mark. 10:13 . 16; Luk. 18:15 . 17.
  29. ^ Vgl. Tertullianus, De baptisme 18 (MPL 1:1330; CSEL 20:216).
  30. ^ Vgl. Matt. 19:14; Mark. 10:13; Luk. 18:15, 16.
  31. ^ Vgl. Zwingli,.CRZ4:300; 8:272.
  32. ^ Matt. 19:14 figureer in beide die doopformulier: "Daarom het God vroeër beveel dat hulle besny moetword,wat 'n seël vandie verbonden vandie geregtigheidvandie geloofwas; so het Christus hulle ook omhels, die hande opgelë en geseën'', en in die sin dat kinders net so goed as volwassenes aan die verbond deel het in antwoord 74 van die .HK: "Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes nie deur die bloed van Christus die verlossing van sondes belowe".
  33. ^ Vgl. Hand. 16:15; 32 - 33; asook Hand. 10:2,7; 11:14.
  34. ^ Marg. Act. 16. c.15, &f32. Vgl. OC 48:378 - 379; 388 - 389.
  35. ^ Vgl. afdeling 1 hierbo.
  36. ^ Vgl. o.a. Irenaeus, Contra baer. 2.22.4 (MPG 7,1:784); Origenes, Com. in ep. ad Rom. 5.9 (MPG 14:1047); Augustinus, Ep. (classis 3) 166.7.21 (Ad Hieronymum - MPL 33:730; CSEL 44:576); De Genes. ad lit. 10.23 MPL 34:426; CSEL 28,1:327); Cyprianus, Ep. 64.2 (MPL (Ep. 59) 3:1050 e.v.; CSEL 3,2:718); Ambrosius, De Abraham 2.11.84 (MPL 14:497; CSEL 32,1:635).
  37. ^ Vgl. Pannier. Institution 4:323, n. 1 wat na vraag 1 van die HK verwys. Die troos hier dui egter anders as wat Pannier aanvoer, daarop dat Hy ook die God van ons kinders sal wees.
  38. ^ Vgl. Eks. 20:6. Kyk ook Inst. 2.8.21 (Afr. vert. 2:251).
  39. ^ Vgl. Zwingli, CRZ 4:325.
  40. ^ Marg. Gene. 17.c.14. Vgl. OC 23:243 - 244
  41. ^ Vgl. afdeling 6 hierbo
  42. ^ Vgl. Inst. 2.10.1;2.11.3 (Afr. vert. 2:570 e.v.; 599 . 600).
  43. ^ Marg. coloss. 2.b.11. Vgl. OC 52:105.
  44. ^ Kyk Kol. 2:12.
  45. ^ Vgl. Inst. 4.7.11.
  46. ^ Marg. Gene. 15.a.1, & d.18. Vgl. OC 23:221
  47. ^ Vgl. Inst. 2.10,11 (Afr. vert. 2:570 - 612) en Calvyn se kommentaar oor Gen. 48:1 - 4 (OC 23:579 581).
  48. ^ Dit was volgensNiesel die opvatting van Melchior Hoffmann (Bibl. reform. Neerlandica 5:294).
  49. ^ Marg. Galat. 4.d.28. Rom. 4.b.12. Vgl. OC 50:240; 49:75 - 76.
  50. ^ Vgl. Gen. 12:2, 3; 18:18; 22:18; Gal. 3:8.
  51. ^ Vgl.Gen. 17:7. Dit is bekend dat die Sinode van Dordt Macoviusse phrases duriores (bv, destinare ad peccatum . bestem om te sondig) verwerp het. 'n Duideliker verklaring van tot onreinheid verdoem kom voor in ealvyn se kommentaar oor Rom.4:11:Oor die teken van die besnydenis moet besonderlik gesë word dat 'n tweevoudige genade daardeur weergegee is. God het aan Abraham geseënde saad beloof waaruit die hele wereld verlossing moes verwag. Die belofte: 'Ek sal vir jou 'n God wees', het hierop berus (OC 49:74 . 75).
  52. ^ Marg. Matth. 8.b.1l. Vgl. OC 45:237 - 238.
  53. ^ Marg. Exod. 19.a.5. Vgl.OC 24:195 - 196.
  54. ^ Vgl. Eks. 15:16.
  55. ^ Marg. Rom. 4.b.10. Vgl. ook Rom. 4:11 - 12.
  56. ^ Marg. Ephes. 2.c.l4. Vgl. OC 51:170 - 171.
  57. ^ Vgl. Rom. 9:7, 8.
  58. ^ Kyk Rom. 9:6 . 13.
  59. ^ Kyk Rom. 9:15 - 16
  60. ^ Kyk Rom. 9:16 en Calvyn se Brieve Instruction (aC 7:62).
  61. ^ Vgl. Rom. 11:17.
  62. ^ Marg. Rom. 11.d.29. Vgl. OC 49:228 - 229.
  63. ^ Marg. 1. Cor. 7.c.14. Vgl. OC 49:411 . 413
  64. ^ Vgl. 1 Kor. 7:15. In sy kommentaar oor 1 Kor. 7:14 lig ealvyn dit soos volg toe: 'Die natuurlike toestand van almal is dus gelyk sodat hulle sowel die sonde as die ewige dood skuldlg is. Die feit dat die apostel hier 'n besonderevoorregaan kindersvan gelowiges verleen, vloei voort uit die seën van die verbond deur die tussenkoms waarvan die vloek van die natuur uitgewis word; en diegene wat van nature onheilig was, word deur die genade vir God geheilig' (OC 49:412).
  65. ^ Marg. Rom. 15.b.8. Vgl. OC 49:272 . 273.
  66. ^ Vgl. Calvyn se kommentaar oor Hand. 2:39 (OC 48:54 -55).
  67. ^ Marg. Act. 3.d25. Vgl. OC 48:76 - 78.
  68. ^ Marg. Epbes. 2.c.12 (OC 51:169). Vgl. ook Ef. 2:11, 13 en afdeling 3 hierbo.
  69. ^ Kyk Eks. 20:6. Vgl. ook afdeling 9 hierbo.
  70. ^ Vgl. Matt. 5:17 (OC 45:170 - 172).
  71. ^ Niesel verwys na die Acta des Gespräcbs ztoiscben predieanten und Teuffbruderen inn der Stadt Bern (1538) 80: fo. 132.
  72. ^ Vir die kontras tussen allegorie en letterlike Interpretaste vgl. ealvyn se kommentaar oor Gen. 17:12.
  73. ^ Augustinus, Ep. (classis 3) 157.14 (MPL 33:680; CSEL 44:462); Serm. 169.2 MPL37:916); Contra Faustum Manich. 16.29 (MPL 42:335; CSEL 25:475).
  74. ^ Vgl. Gen. 17:12 (OC 23:241 - 242).
  75. ^ Vgl. Fr. 1560: La seconde diffërence n 'est pas plus certaine ne solide. Car de dtre que par le Baptesme nous soyons enseueliz après la mortification, c 'est une moquerie. Plustost nous sommes enseueliz pour estre mortifiez... (Benoit 4:353).
  76. ^ Marg. Rom. 6.a.4. Vgl. OC 49:105 - 106.
  77. ^ Zwingli het reeds in sy Acta des Gespräcbs.: hierdie Doperse redenasie met 'n soortgelyke argument as Calvyn weerlê. Vgl. a.w. fo. 137.
  78. ^ Calvyn weerlë hierdie en dergelike Doperse redenasies in afdelings 17 - 23. Dit is hoofsaaklik in antwoord op Hubmaier se opvattings in sy Von dem Christlicben Tauffder Gläubigen (CRZ 4:594; 611 - 615; 624 n. 9). Die Doperse begrip van 'n tweede geboorte verskil heeltemal van Calvyn se siening van die wedergeboorte. Vgl. Inst. 1.15.4; 3.3; 4.15.6e.v. (Afr. vert. 1:292; 3:768e.v.), Vgl. ook Calvyn se kommentaar oor Joh. 3:3 . 7 (OC 47:51 - 59).
  79. ^ Kyk Rom. 5:12.
  80. ^ Vgl. Matt. 19:13 - 14.
  81. ^ Marg. 1. Cor. 15.c.22. Vgl. OC 49:545.
  82. ^ Marg. Ephes. 2.a.3. Vgl. OC 51:162 . 163.
  83. ^ Marg. Psal. 51.b. 7.
  84. ^ Marg. 1. Cor. 15.f50. Vgl. OC 49:560.
  85. ^ Marg. Iohan. 11.c.25, & 14.a.6. Vgl. OC 47:262; 306.
  86. ^ Vgl. Hubmaier, Von dem Christlichen Tauff CRZ 4:612 n. 2.
  87. ^ Marg. Apoc. 21.8.27 (Openb. 21:27).
  88. ^ Marg. Epbes. 2.a.3. Psal. 51.b.7.Vgl. ook Ps. 51:5.
  89. ^ Marg. Ioban. 3.a.3. Vgl. OC 47:53 . 54
  90. ^ Marg. Luc. l.b.15. Vgl. OC 45:14.
  91. ^ Ibidem.
  92. ^ Vgl. Calvyn se Geneefse Kategismus (Calvyn se Kategismus, vert. Simpson p. 13) en die Heidelbergse Kategismus vr. en antw. 36.
  93. ^ Marg. 1. Pet 1.d.23. Vgl. OC 55:228 - 229 en Hubmaier, a.w. CRZ 4:594, n. 19
  94. ^ Vgl. Rom. 10: 17 en Walpot, Artikelbucb art. 96: Der glaub komt aus dem geh(jr der predig und die predig aus dem wort Gottes.: Wie kanne.n dan die kinder glauben, so sie die predig nit versteen (Quellen 12:109)
  95. ^ Marg. Deut. 1.f39.
  96. ^ Vgl. Hubmaier, a.w. CRZ 4:612.
  97. ^ Vgl. bv. Jer. 4:4; 9:25; Deut. 10:16; 30:6.
  98. ^ Marg. Rom. 14.b.ll (recte: Rom. 4:11). Vgl. OC 49:254 - 255.
  99. ^ Marg. Tit. 3.b.5. Vgl. OC 52:429 - 431.
  100. ^ Vgl. Melchior Hoffmann, Bibl. Reform. Neerlandica 5:294
  101. ^ Vgl. Hubmaier, a.w. CRZ 4:611 en Walpot, Arttkelbuch art. 31 (Quellen 12:72).
  102. ^ Vgl. Hubmaier, a.w. CRZ 4:611 en afdeling 1 hierbo.
  103. ^ Marg. Rom. 6.a.4. Coloss. 2.c.12.
  104. ^ Vgl. Deut. 10.
  105. ^ Vgl. o.a. Jer. 4:4; 9:25.
  106. ^ Marg. Galat. 3.d.27. Vgl. OC 50:222.
  107. ^ Vgl. Hubmaier, a.w. CRZ 4:611
  108. ^ Marg. 1. Pet. 3.d.21. Vgl. OC 55:267 - 269. Die versorger van Walpot se Arttëelbucb noem hierdie uitspraak van Petrus die klassiscbe Stelle in Täuferscbrtften binsicbtlicb der Taufe (Quellen 12:88, n.5).
  109. ^ Vgl. Mark. 1:4; Hand. 2:38 en Walpot, Artiltelbucb arts. 5 en 9 (Quellen 12:63; 64 - 65).
  110. ^ Marg. Epbes. 5.f26. Vgl. OC 51:223 - 224.
  111. ^ Vgl. Matt. 19:14.
  112. ^ Marg. 1. Cor. 12.b.13. Vgl. OC 50:501 -502.
  113. ^ Vgl. die eerste art. van die Schleitheim konfessie (CRZ 3:388); Melchior Hoffmann, Bibl. Reform. Neerlandica 5:294); Hubmaier, a.w. 4:614 e.v.
  114. ^ Marg. Act. 2.f37. Vgl. ook vers 38 en OC 48:50 - 54.
  115. ^ Marg. Act. 8.g.37. Vgl. ook Hand. 8:38 e.v. en OC 48:196 - 197.
  116. ^ Vir die eksegetiese implikasies van hierdie stelling vgl. ook Inst. 4.15.18.
  117. ^ Oënskynlik bedoel ealvyn dat mense alleen na betoning van berou en geloof tot die doop toegelaat moet word. Dan sou daar geen verskil tussen hom en die Doperse standpunt wees nie, maar Calvyn vereis meer. Hy stel duidelik 'n voorwaarde vir volwasse doop, naamlik bekering en geloof. Hylig sy standpunt veral in sy kommentaar oor Hand. 2:37 duideliker toe. Vgl.oe 48:50 e.v.
  118. ^ Marg. Genes. 15.a.l. Kyk ook die daaropvolgende verse
  119. ^ Marg. Genes. 17.b.11. Vgl. OC 23:241.
  120. ^ Vgl. die formulier vir die bediening van die kinderdoop: 'En hoewel ons kinders hierdie dinge nie verstaan nle, mag hulle nograns nie daarom van die doop uitgesluit word nie, aangesien hulle sonder dat hulle dit weet, aan die verdoemenis in Adam deel het en ook sonder dat hulle dit weet, weer in Christus tot genade aangeneem word'
  121. ^ Marg. Eze. 16.c.20, & 23.f.37 (Eseg. 16:20; 23:37).
  122. ^ Vgl. Gen. 17:7 en OC 23:237 . 239.
  123. ^ Marg. Epbes. 2.c.12.
  124. ^ Marg. Matth. 3.b.6. Vgl. OC 45:115.
  125. ^ Marg. Iohan. 3.a.5. Vgl. ook vers 3en  47:55 - 56.
  126. ^ Vgl. Hubmaier, Von dem chrislichen Tauff CRZ 4:594, n. 19
  127. ^ Marg. Matth. 3.c.ll. Vgl. ook Luk. 3:16; Joh. 1:26,27,33 en OC 45:123
  128. ^ In die 1539-uitgawe het ealvyn hierverwys na 'valse interpretasies' van Joh. 3:5. Inhierdie uitgawe het hy trouens verklaar: 'Die Here Jesus Christus maak hier geen melding van die doop nie'. Vgl. OC 1:986;OSs 5:330. In sy kommentaar oor Joh. 3:5 wys hy egter daarop dat daar twee gedagtestromings indie Interpretaste hiervan is, naamlik diegene wat meen dat die verloënlng vandie oue mens deur die water aangedui word endiegene wat meen dat dit 'n nuwe lewe deur die Gees aandui. Hy verwerp Chrysostomos sestelling dat die water op die doop sien. Sy slotsom is: Ergo aqua nihil aliud est quam intertor spiritus sanctipurgatto et uegetatio. die water isdus niks anders as dip, innerlike reiniging enkoestering van die Heilige Gees nie (OC 47:55 - 56).
  129. ^ Fr. 1560: qui n 'auroyent esté baptizez seroyent exclus du royaume de Dieu (Benoit 4:363). Vgl. Inst. 4.15.20 hierbo waar Calvyn aantoon dat enkele kerkvaders die opvatting huldig dat 'n kind wat nie gedoop is nie, verdoem is. Battles (1349 n. 46) wys daarop dat talle verwysings uit werke van Wederdopers die teendeel bewys. Vgl. ook art. 1 van die Parysse Fakulteit se beslissings oor die godsdiens (1544) waarvolgens die doop noodsaaklik is vir die verkryging van die saligheid en Calvyn se antwoord (antidotum) daarop in OC 7:7 e.v. Ook die konsilie van Trente het tydens sy sewende sessie hom uitgespreek daarvoor dat die doop noodsaaklik is vir die saligheid. Vgl. Schaff, Creeds 2:123. Servet se opvatting in sy Restitutie Christianismi (1553) dat ongedoopte kinders en alle mense verdoem is wat nie in Christus glo nie, lê op 'n verskillende vlak. Calvyn verwerp hierdie opvatting in afdeling 31 hieronder.
  130. ^ Marg. Ioban. 5.d.24. Vgl. OC 47:115 - 116.
  131. ^ Marg. Matt. 19. b.14.
  132. ^ Vgl. afdelings 18 en 19 hierbo.
  133. ^ Marg. Matt. 28.d.19. Vgl. OC 45:821 - 824.
  134. ^ Marg. Marc. 16.c.16.
  135. ^ Marg. Matt. 3.c.13. Luc. 3.e.23. Kyk ook Luk. 3:21 - 22 en OC 45:124 - 125. Vgl. ook Calvynse Brieve instruction contre les anabaptistes (OC 7:57 - 59) en Walpot, Artikelbuch art. 6 (Quellen 12:63-64)
  136. ^ Vgl. Matt. 28:19.
  137. ^ Marg. Marc. 16.c.15. Vgl. ook vers 16.
  138. ^ Vgl. Matt. 28:19
  139. ^ Vgl. Joh. 3:5.
  140. ^ Vgl. Mark. 16:16. Dieselfde argument kom ook voor in ealvyn se Brieve insruction (OC 7:57 - 58).
  141. ^ Marg.2. Thes. 3.e.10. Vgl. OC 52:213.
  142. ^ Vgl. afdeling 27 hierbo
  143. ^ Marg. Luc. 3.e.23. Vgl. ook Matt. 3:13.
  144. ^ Vgl. Inst. 4.15.18 hierbo. In die Fr. uitgawe van 1541 kom hier 'n lang uiteensetting in verband met die eksegese van Hand. 19:3 - 5 voor. Dit is egter in daaropvolgende uitgawes wegge laat. Die gedeelte kom voor in Benoit 4:366 en os 5:334. Vgl. Pannier, Institution 3:279.
  145. ^ Dit is Servet se opvatting in sy De trinitaris erroribus (1531) toe hy 20 jaar oud was. In sy Restitutio Christianismi (1553) dring hy sterk daarop aan dat die doop tot op dertigjarige ouderdom uitgestel moet word. Vgl. De regeneratione 1:372; 2:412.
  146. ^ Zwingli het reeds hierdie Doperse redenasie weerlê. Vgl. CRZ 3:342.
  147. ^ Cyprianus, De lapsis 9.25 (CSEL 3,1:243, 255); Augustinus, De pecc. mer. 1.20.27 (MPL 44:124; CSEL 60,1:26 - 27); Contra duas ep. Pelag. 1.22.40 (MPL 44:570; CSEL 60,1:457); Serm. 174.6.7 (MPL 38:944); Ep. (classis 3) 217.5.16 (MPL 33:984 e.v.; CSEL 57:414 e.v.).
  148. ^ Marg. 1. Cor. 11.f28. Vgl. OC 49:492 . 493.
  149. ^ Marg. Ibidem, g.29 (1 Kor. 11:29).
  150. ^ Vgl. Luk. 22:19 en 1 Kor. 11:24.
  151. ^ Vgl. 1 Kor. 11:26.
  152. ^ Vgl. Inst. 2.11.3 (Afr. vert. 2:599 e.v.) en Inst. 4.16.5, 6 hierbo.
  153. ^ Vgl. Gen. 17:12.
  154. ^ Vgl. Eks. 12:26, 43 - 45; 13:8, 14. Dieselfde redenasie kom ook voor in OC 24:290 - 291.
  155. ^ Calvyn weerlê hoofsaaklik Servet se argumente in sy Restitutio Cbristianismi (1553) p. 564 e.v. Hoewel Calvyn Servet hier onder die Dopers groepeer, het Servet slegs in sy teenstand teen die kinderdoop met hulle ooreengestem. In ander dogmatiese aspekte het hy selfs radikaal van hulle verskil
  156. ^ Vgl. Inst. 3.17.15 (Afr. vert. 3:1041 - 1043).
  157. ^ Vgl. 1 Kor. 11:28.
  158. ^ Marg. Ioban. 3.d.36.Vgl. OC 49
  159. ^ Vgl. Matt. 19:14, 15; Mark. 10:16 en OC 45:535 e.v
  160. ^ Vgl. Joh. 3:5 - 8.
  161. ^ Marg. 1. Cor. 15.f46. Vgl. OC 49:559.
  162. ^ Marg. 1. Cor. 7.c.14.
  163. ^ Marg.2. Sam. 5.b.8
  164. ^ Marg. Luc. 14.c.21.
  165. ^ Marg. Matth. 4.c.19. Vgl. OC 45:150 - 151.
  166. ^ Marg. Matt. 13.147. Vgl. OC 45:376
  167. ^ VgI. Matt. 4:19: 'Ek sal julle vissers van mense maak'.
  168. ^ Marg. 1. Cor. 2.d.13. Vgl. ook 1 Kor. 2:14 en OC 49:343.
  169. ^ Marg. Matt. 24.d.45, Vgl. OC 45:679 - 680.
  170. ^ Marg. Ioban. 4.e.35. Vgl. OC 47:94.
  171. ^ Marg. Act. 11.d.26. Vgl. OC 48:262 - 263.
  172. ^ Vgl. Matt. 19:13 - 15; Mark. 10:13 - 16; Luk. 18:15 - 17.
  173. ^ tesseram adoptienis. Vgl. afdeling 32 hieronder.
  174. ^ Vgl. Luk. 23:40 - 43.
  175. ^ Vgl. Rom. 8:15.
  176. ^ Vgl. Gal. 3:2.
  177. ^ parategismum. Vir hierdie betekenis vgl. Liddell & scon, Greek Lexicon (unabrldged 9th ed.) p. 1317
  178. ^ Vgl. Rom. 10:17 en Gal. 3:5.
  179. ^ Marg. Act. 10.g.44. Vgl. ook Hand. 10:45 - 48 en OC 48:250 e.v.
  180. ^ Marg. Ibidem, 8.e.27 (Hand. 8:27). Vgl. ook Hand. 8:28 - 38; 8:12 en oe 48:189 - 191.
  181. ^ Marg. Ioban. 10.f35. Vgl. ook Joh. 10:34; Ps. 82:6 en oe 49:252 - 253.
  182. ^ Die verwysing is na Ps. 82:6.
  183. ^ Vgl. 1 Pet. 1:23.
  184. ^ Marg. Exod. 13.a.2. Vgl. ook Eks. 13:12, 15; 22:29; 34:19 en OC 24:299 - 301.
  185. ^ Marg. Exod. 12.a.5.
  186. ^ Vgl. Matt. 19:13 . 15; Mark. 10:13 . 16 en Luk. 18:15 - 17.
  187. ^ (driemaal grootste Hermes) is die Griekse naam vir die Egiptiese god van wysheid, Thoth. Die 42 boeke van wysheid waarvan Clemens van Alexandrië skryf, is aan Trismegistus toegeskryf. Hierdie boeke het verlore gegaan, maar in die Middeleeue is Neoplatoniese vervalsings daarvan gemaak. servet verwvs in sy Restitutio p. 567 na Trismegistus. Vgl. REW8,1:1792 . 1823.
  188. ^ Die sybille was heidense profetesse van Cumae en elders in Italtë en Griekeland wat dikwels geraadpleeg is vir hulle voorspellings en advies. Vroeg in die Christelike era is ook OraculaSybillina geskryf wat voorgee om op hierdie Sybille se voorspeIlings gegrond te wees. Vgl. REW 2A,2:2073 - 2183.
  189. ^ Marg. Psal. 48.a.l. Vgl. OC 31:478 - 479.