Die mens is van nature in die sonde dood en moet lewend gemaak word. Hy kan geen bydrae tot sy geregtigheid lewer nie. Slegs ware geloof in die Seun van God, wat uit genade geskenk word, gee nuwe lewe.

Calvyn bespreek vier groepe mense: ongelowiges, slegs-in-naam-Christene, huigelaars en wedergeborenes. Onder al hierdie mense kom voortreflike gawes voor, maar ware deugsaamheid bestaan net waar daar ‘n ware geloof is. Die eerste drie groepe mense kan nie op die regverdigmaking van God hoop nie. Die wedergebore mens egter word deur Christus regverdig gemaak, maar slegs deur die geloof.

Voorts word goeie werke breedvoerig bespreek en die Roomse Kerk se wanopvatting van ‘oortollige goeie werke’ word weerlê.

1984. 23 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 14 Hoe regverdigmaking begin en gedurig vorder

1. Sover dit die regverdigmaking aangaan, is daar vier groepe mense.🔗

Om die onderwerp nog duideliker te maak moet ons ondersoek instel na die aard van die mens se geregtigheid deur sy hele lewensloop. Laat ons mense dan in vier groepe verdeel. Want daar is mense wat of geen kennis van God het nie en in afgodery versonke is öfwat wel in die sakramente ingelyf is maar met die onreinheid van hulle lewe God, wat hulle met die mond bely, met hulle dade verloën en slegs in naam aan Christus behoort; of hulle is huigelaars, wat die goddeloosheid van hulle harte met leë voorwendsels bedek, of hulle is deur die Gees van God wedergebore en beoefen ware heiligheid.

Veral wanneer mense volgens hulle natuurlike gawes beoordeel moet word, sal daar van hulle kroontjie tot hulle voetsole nie 'n vonkie goeds gevind kan word nie - behalwe miskien as ons die Skrif van valsheid wil aankla wanneer dit al die kinders van Adam met die volgende lofbetuigings loof: dat hulle 'n verkeerde en halsstarrige hart het,1 dat al die versinsels van hulle hart sleg is van hulle jeug af;2 dat hulle gedagtes ydel is; dat hulle die vrees van God nie voor hulle oë het nie;3 dat niemand van hulle God verstaan of na Hom vra nie4 - kortom: dat hulle vlees is.5 Onder die woord vlees word al die werke wat Paulus opnoem, verstaan, naamlik hoerery, onreinheid, onkuisheid, weeldesug, afgodery, venynigheid, vyandskap, twis, afguns, woede, rusies, tweedrag, sektes, haat, moord en al die vuilheid en afstootlikhede wat uitgedink kan word.6 Dit dan is die aansien waarop hulle trots moet wees!

As daar nog onder hulle mense is wat sulke eerbare sedes het dat dit onder hulle medemense 'n skyn van heiligheid het, moet ons nogtans deurdring tot die bron van hulle werke as ons wil hê dat dit enige bydrae tot geregtigheid moet lewer omdat ons tog weet dat God Hom nie aan uiterlike skoonheid steur nie. Ek herhaal: ons moet grondig ondersoek instel na die gesindheid waaruit hulle werke te voorskyn kom. Hoewel hier 'n uiters breë veld braak lê om oor te praat, sal ek dit vir sover 'n samevatting daarvan dit vir my onderwysing toelaat, bespreek omdat dit tog 'n onderwerp is wat met weinig woorde afgehandel kan word.

2. Onder ongelowiges kom wel voortreflike gawes voor.🔗

In die eerste plek ontken ek nie dat al die voortreflike gawes wat onder die ongelowiges voorkom, ook gawes van God is nie. Ek verskil inderdaad ook nie so van die algemene opvatting dat ek sou verklaar dat  daar geen verskil is tussen Titus en Trajanus se regverdigheid, seltbeheersing en billikheid en Caligula of Nero of Domitianus se raserny, onbeheerstheid en wreedheid nie, of tussen die onwelvoeglike welluste van Tiberius en in hierdie opsig die ingetoë lewenswyse van Vespasianus7 nie en - om ons nou nie met elke afsonderlike deug of ondeug op te hou nie - tussen gehoorsaamheid en minagting van die reg en van wette nie. Want daar is so 'n groot verskil tussen die regverdige en die onregverdige dat dit selfs in 'n dooie beeld daarvan te voorskyn kom. Watter orde sal daar immers in die wêreld oorbly as ons reg en onreg deurmekaarkrap? Gevolglik het die Here sodanige onderskeiding tussen eerbare en skandelike dade nie alleen in die verstand van elke mens afsonderlik ingeprent nie, maar deur die bediening van sy voorsienigheid bevestig Hy dit ook dikwels. Ons kan immers sien dat Hy diegene wat onder die mense deug beoefen, se lewe op aarde met baie seëninge seën - nie dat so 'n uiterlike indruk van deug die geringste van sy weldade verdien nie, maar dit behaag Hom om so te bewys hoe ware geregtigheid Hom ter harte gaan terwyl Hy nie toelaat dat ook uiterlike en geveinsde geregtigheid sonder tydelike vergelding is nie. Daaruit volg dat al daardie deugde of liewer, beelde van deugde, soos ons so pas bely het, gawes van God is, want niks is hoegenaamd lofwaardig as dit nie van Hom uitgaan nie.

3. Ware deugsaamheid kan net bestaan waar ware geloof is.🔗

En tog is dit wat Augustinus skryf, ewe waar. Hy sê dat almal wat van die godsdiens van die enige God vervreemd is nie alleen geen beloning nie maar veel meer straf verdien, al sou hulle ook vanweë die indruk van deugsaamheid hoog geag word. Hulle verontreinig trouens die suiwer seëninge van God met die besoedeling van hulle hart. Want hoewel hulle God se instrumente is om die gemeenskap van mense met geregtigheid, ingetoënheid, vriendskap, seltbeheersing, waagmoed en verstandigheid in stand te hou, voer hulle hierdie goeie werke van God tog baie sleg uit omdat hulle nie met opregte ywer vir die goeie stry nie maar omdat hulle slegs uit eersug of eieliefde of deur die een of ander verkeerde gesindheid daarvan weerhou word om kwaad te doen. Aangesien hulle werke dus juis deur die onreinheid van hulle hart, asof dit van hulle ontstaan af is, bedorwe is, moet ons dit net so min onder deugde reken as die ondeugde wat vanweë hulle verwantskap en gelykheid met deug mense gewoonlik mislei. Kortom: aangesien ons weet dat die ewige doel van dit wat reg is, daarin bestaan om God te dien, verloor alles wat 'n ander doelstelling nastreef, aanspraak op reg. Omdat hulle dus nie hulle oë op die doelstelling hou wat God se wysheid aan hulle voorskryf nie, is dit nogtans sonde, omdat hulle doelstelling verkeerd is al sou dit lyk asof dit wat hulle in hulle pligsvervulling doen, goed is.8

Augustinus bepaal dus dat al die Fabriciusse, al die Scipio's, al die Cato's9 in al hulle voortreflike dade die sonde begaan het het dat hulle hulle dade nie gerig het op die doel waarop hulle dit moes rig nie, omdat hulle sonder die lig van die geloof was. Hy kom dus tot die slotsom dat die ware geregtigheid nie in hulle was nie, omdat die mense se dade nie na hulle optrede nie maar na hulle doelstellings geweeg word.10

4. Wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.🔗

As dit bowendien waar is wat Johannes sê, naamlik dat daar geen lewe sonder die Seun van God is nie,11 storm diegene wat geen deel in Christus het nie, hoedanig hulle ook al is, wat hulle ook al doen of wat hulle ook al aanpak, pylreguit op die verderf en die oordeel van die ewige dood af. Dit is die rede waarom Augustinus gesê het: "Ons godsdiens maak nie na aanleiding van hulle werke nie maar na aanleiding van die geloof onderskeid tussen regverdiges en onregverdiges. Sonder geloof verander werke wat op die oog af goed is, in sonde".12 Daarom stel dieselfde Augustinus dit elders so mooi wanneer hy die toewyding van sulke mense met iemand wat verdwaal het, vergelyk. Want hoe harder iemand ver van die regte pad af hardloop, hoe verder dwaal hy van sy doelwit af weg en hoe ongelukkiger word hy. Daarom verklaar hy dat dit beter is om hink-en-pink op die regte pad te loop as om ver van die regte pad afte hardloop.13 Ten slotte staan dit vas dat hulIe slegte borne is want sonder deelname aan Christus, is daar geen heiligmaking nie. Hulle kan dus vrugte dra wat op die oog af mooi en pragtig is en ook soet smaak, maar dit is glad nie goeie vrugte nie. Hieruit kan ons maklik bemerk dat alles wat die mens bedink, beplan en voltooi voordat hy deur die geloof met God versoen is, nie alleen van geen waarde vir sy geregtigheid is nie maar dat dit ook die verdoemenis verdien. Maar waarom praat ons oor hierdie onderwerp asof dit iets is waaroor ons twyfel, terwyl dit alreeds met die getuienis van die apostel bewys is dat niemand sonder geloof God kan behaag nie?14

5. Geregtigheid voor God stam suiwer en alleen uit Sy genade.🔗

Maar die bewys hiervan sal selfs nog duideliker skyn as ons die genade van God lynreg teenoor die natuurlike toestand van die mens stel. Want die Skrif roep oral uit dat God niks in die mens kan vind om Hom aan te spoor om goed aan die mens te doen nie maar dat Hy met sy onverdiende goedertierenheid voor die mens uitgaan. Want wat kan 'n dooie doen om lewend te word? En tog sê die Skrif dat Hy ons uit die dood opwek en ons 'n nuwe skepsel maak wanneer Hy ons met die kennis oor Hom verlig.15 Ons sien tewens dat God se goedertierenheid jeens ons dikwels, en veral by die apostel, met hierdie woorde aangeprys word. Hy sê: "God wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, selfs toe ons dood was deur die sonde, in Christus lewend gemaak", ensovoorts.16 Wanneer hy elders na aanleiding van Abraham se voorbeeld die algemene roeping van die gelowiges behandel, sê hy: "Dit is God wat die dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle wel bestaan".17 As ons dan niks is nie, waartoe, vra ek jou, is ons in staat? Daarom slaan die Here so 'n aanmatigende houding kragtig die nek in in die geskiedenis van Job met die volgende woorde: "Wie het voor My gekom dat Ek hom sou vergeld? Want alles is myne".18 Paulus verklaar hierdie uitspraak en pas dit so toe dat ons nie moet dink dat ons met uitsondering van ons loutere skande en vanweë ons hulpeloosheid en gebrek iets na God toe kan bring nie. As hy daarom in die verwysing hierbo19 wil bewys dat ons slegs deur sy genade en nie deur ons werke nie tot die hoop op saligheid kom, verklaar hy daarby dat ons sy skepsels is omdat ons in Christus Jesus wedergebore is vir goeie werke wat Hy voorberei het sodat ons daarin kan wandel.20 Dit is asof hy gesê het: "Wie van ons sou daarop roem dat hy God met sy eie geregtigheid beweeg het aangesien ons eerste verrnoë om goed te doen, uit ons wedergeboorte voortvloei?" Ons is immers maar van nature so ingestel dat dit makliker is om olie uit 'n klip te druk as wat dit is om 'n goeie werk uit ons te pers. Dit is inderdaad verbasend dat die mens wat tot so 'n groot skande verdoem is, nog waag om iets vir homself toe te eien.

Laat ons derhalwe saam met hierdie uitnemende instrument van God bely dat ons deur die Here met 'n heilige roeping geroep is - nie volgens die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie maar na sy voorneme en sy genade,21 en dat die goedertierenheid en die liefde van God, ons Saligmaker, jeens ons verskyn het, want Hy het ons salig gemaak nie uit ons werke van geregtigheid nie maar na sy barmhartigheid sodat ons deur sy genade geregverdig, erfgename van die ewige22 lewe kan word.23 Met hierdie belydenis beroof ons die mens van alle geregtigheid, selfs tot die kleinste deeltjie toe, totdat hy deur barmhartigheid alleen tot die hoop op die ewige lewe wedergebore sal wees, want as die geregtigheid van ons werke hoegenaamd iets daartoe sal bydra om ons salig te maak is die verklaring dat ons deur die genade regverdig gemaak word, vals. Toe hy verklaar het dat die regverdigmaking uit die genade is, het die apostel in elk geval nie sy eie stelling vergeet wanneer hy elders redeneer dat genade nie meer genade is as die werke enige waarde het nie.24 En wat bedoel die Here anders wanneer Hy verklaar dat Hy nie gekom het om regverdiges te roep nie maar sondaars?25 As slegs sondaars toegelaat word, waarom sou ons dan met behulp van die geregtighede van ons verbeelding 'n toegang daartoe soek?

6. Die mens kan geen bydrae tot sy geregtigheid lewer nie.🔗

Dieselfde gedagte kom telkens by my op dat ek gevaar loop om God se barmhartigheid 'n onreg aan te doen omdat ek met soveel besorgdheid swoeg om dit te bewys, net asof dit iets is waaroor ons kan twyfel of wat vir ons duister26 is. Maar omdat ons kwaadwilligheid sodanig is dat dit nooit aan God gun wat aan Hom behoort nie behalwe as dit baie kragtig platgeslaan word, word ek gedwing om 'n bietjie langer hierby stil te staan. Omdat die Skrif egter duidelik genoeg is oor hierdie onderwerp, sal ek eerder met sy woorde as met myne die geveg aanknoop.

Toe Jesaja die algemene verderf van die mensdom beskryf het, het hy die orde van die herstel pragtig daarby aangesluit: "Die Here het dit gesien en dit was verkeerd in sy oë. En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hy was verbaas dat daar niemand is om tussenbeide te tree nie; en Hy het saligheid in sy arm gestel en Hom met sy geregtigheid versterk.''27 Waar is dan ons geregtighede as dit waar is wat die profeet sê, naamlik dat daar niemand is wat die Here in die verkryging van sy saligheid help nie? Wanneer 'n ander profeet die Here voorstel terwyl Hy besig is om sondaars met Hom te versoen, sê hy: "Ek sal My tot in ewigheid met jou in geregtigheid, oordeel, genade en barmhartigheid verloof. Ek sal vir die volk wat nie barmhartigheid verkry het nie, sê: 'Jy het barmhartigheid verkry'".28 As so 'n verbond, wat ongetwyfeld ons eerste binding met God is,29 op God se barmhartigheid steun, word daar geen grond vir ons geregtigheid gelaat nie. En ek sou inderdaad graag van diegene wat hulle verbeel dat mense met die een of ander geregtigheid van hulle werke God halfpad ontmoet, wou weet of hulle dink dat daar hoegenaamd enige geregtigheid bestaan behalwe die geregtigheid wat vir God aanvaarbaar is. As dit dan waansinnig is om dit te dink - hoe sou ietsm wat vir God aangenaam is, van vyande van Hom te voorskyn kon kom terwyl Hy hulle almal met al hulle dade verwerp? Ek sê weer: Die waarheid getuig dat ons almal die dood skuldig is en uitdruklike vyande van ons God is30 totdat ons regverdig gemaak is en weer in sy vriendskap opgeneem word. As die regverdigmaking dan die begin van sy liefde is, wattter geregtigheid van die werke kan daaraan voorafgaan? Om hierdie verderflike aanmatigende houding af te weer, vermaan Johannes ons versigtig dat ons Hom nie eerste liefgehad het nie.31 En die Here het dit eertyds ook deur sy profeet geleer. Hy sê: "Ek sal hulle vrywillig liefhê omdat my toorn afgewend is".32 God word sekerlik nie deur ons werke daartoe aangestig as sy liefde vrywillig tot ons geneig het nie. Maar die onervare gewone mens dink dat dit niks anders beteken as dat niemand verdien het dat Christus ons verlossing volbring het nie maar dat ons deur ons werke gehelp word om ons verlossing te verkry.33 Ja, hoewel ons deur Christus verlos is, is ons inderdaad erfgename van die duisternis en van die dood en teenstanders van God totdat ons deur die Vader geroep en in die gemeenskap met Hom ingelyf word. Paulus leer immers dat ons nie deur Christus se bloed van ons onreinheid gereinig en gewas word voordat die Gees nie hierdie reiniging in ons bewerk nie.34 Wanneer Petrus dieselfde opvatting wil oordra, verklaar hy dat die heiligmaking van die Gees kragtig is tot gehoorsaamheid en die besprinkeling met die bloed van Christus.35 As ons met die bloed van Christus besprinkel word om ons te reinig, moet ons nie dink dat ons voor hierdie besprinkeling 'n ander soort mense is as 'n sondaar wat sonder Christus is nie. Hierdie beginsel moet ons dus bybly: die begin van ons saligheid is soos 'n opstanding uit die dood tot die lewe, want wanneer dit om Christus ontwil ons gegun is om in Hom te glo,36 begin ons uiteindelik om van die dood af tot die lewe oor te gaan.

7. Onsuiwerheid van 'n mens se gewete is 'n aanduiding dat hy nog nie deur die Gees weergebore is nie.🔗

In die volgende bespreking word die tweede en derde groep mense wat ons in die hierbo gestelde verdeling aangetoon het,37 saamgevat. Want in albei gevalle bewys die onreinheid van hulle gewete dat hulle nog nie deur die Gees van God weergebore is nie. Die feit dat hulle nie weergebore is nie, is weer 'n aanduiding daarvan dat hulle dat hulle nie die geloof het nie. Daaruit is dit weer duidelik dat hulle nog nie met God versoen is nie en nog nie voor sy aangesig regverdig gestel is nie, want 'n mens verkry hierdie seëninge slegs deur die geloof. Wat anders kan sondaars wat van God vervreemd is, voortbring as net iets wat vir God se oordeel afstootlik is? Alle goddelose mense maar veral huigelaars is weliswaar met so 'n stompsinnige selfvertroue opgeblaas dat, hoewel hulle goed weet dat hulle hart geheel en al vol onwelvoeglikheid is, hulle nogtans reken dat as hulle aanskoulike werke voortbring, dit nie deur God geringgeskat behoort te word nie.

Hieruit ontstaan hulle verderflike dwaling dat hulle, ten spyte daarvan dat hulle met misdaad en goddeloosheid bevlekte gemoed aan die kaak gestel is, nogtans nie sover gebring kan word om te erken dat hulle sonder geregtigheid is nie. Hulle erken wel dat hulle onregverdig is, omdat hulle dit nie kan ontken nie, maar matig hulle tog 'n sekere mate van geregtigheid aan. Die Here weerlê hierdie leuenagtigheid pragtig deur sy profeet.38 Hy sê: "Vra vir die priesters: 'As iemand heilige vleis in die voue van sy klere dra en hy brood of ander kos aanraak, sal dit dan heilig gemaak word?' En die priesters het geantwoord: 'Nee'. En Haggai het gesê: 'As iemand wat in sy siel onrein is, iets hiervan aanraak, sal dit dan onrein word?' Die priesters het geantwoord: 'Ja, dit sal onrein word'. Daarop het Haggai gesê: 'So is hierdie volk voor my oë, sê die Here, en so is al die werk van hulle hande, en alles wat hulle vir My offer, sal onrein wees'".39 Kon hierdie uitspraak tog maar onder ons volle geloofwaardigheid kry of terdeë in ons geheue vassteek! Daar is trouens niemand wat, hoewel hy andersins sy hele lewe goddeloos is, hom laat oortuig van dit wat die Here hier duidelik verklaar nie. Sodra iemand van die goddeloosste mense een of twee pligte van die wet nagekom het, aarsel hy nie om dit as geregtigheid vir homself toe te reken nie. Die Here verklaar egter daarenteen dat geen regverdigmaking daaruit verkry word tensy 'n mens se hart eers deeglik gereinig is nie. Ook daarmee is die Here nie tevrede nie en het Hy verklaar dat al die werke wat sondaars voortbring, deur die onreinheid van hulle harte verontreinig is. Weg dus met die benaming geregtigheid deur hierdie werke wat uit die mond van die Here as werke van onreinheid verdoem is. En met hoe 'n elegante vergelyking bewys Hy dit nie! Want iemand sou die beswaar kon opper dat iets wat die Here gebied het, onskendbaar heilig is. Die Here self poneer egter daarteenoor dat dit nie 'n wonder is dat die dinge wat in die wet van die Here geheilig is, deur die onreinheid van goddelose mense besmet word wanneer 'n onrein hand dit wat heilig is, deur dit aan te raak ontheilig nie.

8. Reiniging van die hart.🔗

Hy behandel dieselfde saak trouens pragtig in Jesaja. Hy sê. "Moenie langer nutteloos julle offers vir My bring nie. Ek verafsku julle wierookoffers. My siel haat julle nuwemaanfeeste en julle sabbatsvierings. Hulle het vir My 'n las geword; Ek is moeg om dit te verdra. As julle julle hande uitstrek, sal Ek my oë van julle wegkeer. Wanneer julle baie bid, sal Ek julle nie verhoor nie want julle hande is vol bloed. Was julle, wees rein, verwyder die boosheid van julle gedagtes van julle".40 Wat beteken dit dan dat die Here hier so 'n walging in die onderdanigheid aan die wet het? Nee, Hy verwerp hier niks wat met die opregte gehoorsaamheid aan die wet ooreenstem nie. Hy leer tewens oral dat die begin van hierdie gehoorsaamheid die opregte vrees vir sy Naam is. As dit nie meer bestaan nie, is alles wat ook al vir Hom geoffer word, nie alleen onsin nie maar stinkende afstootlike vullis. Laat die huigelaars gerus nou gaan en laat hulle hulle inspan om hulle met hulle werke voor God verdienstelik te maak terwyl hulle die goddeloosheid wat in hulle harte verskuil is, behou. En tog sal hulle Hom so al hoe meer vertoorn. Die offers van die goddelose is immers vir Hom afstootlik, en slegs die gebed van regskape mense is vir Hom aanvaarbaar.41

So stel ons dus buite alle twyfel - en dit is iets wat selfs vir iemand wat maar net effens in die Skrif geoefen is, baie bekend behoort te wees – dat die werke wat oënskynlik die mooiste glans het, in die geval van mense wat nog nie heilig gemaak is nie, so ver weg is van geregtigheid voor die Here dat dit as sonde beskou moet word.

Daarom was die opvatting van die mense wat geleer het dat iemand nie deur sy werke guns by God verkry nie, baie waar. Hulle het aan die ander  kant geleer dat werke God eers behaag wanneer die persoon guns in die oë van God gevind het.42 Ons moet hierdie orde waarheen die Skrif ons (byna) aan die hand lei, eerbiedig in ag neem. Moses skryf dat die Here Abel en sy werke aangesien het.43 Sien jy dat die Here aandui dat Hy mense genadig is voordat hy hulle werke aansien? Daarom behoort die suiwering van 'n mens se hart vooraf te gaan, sodat die werke wat ons voortbring, gunstig deur God ontvang kan word. Jeremia se verklaring bly trouens altyd geld, naamlik dat die oë van God die waarheid  aansien.44 Voorts het die Heilige Gees deur Petrus se mond verklaar dat dit slegs deur die geloof is dat mense se harte gereinig word.45 Daaruit is dit duidelik dat die eerste fondament in 'n ware lewende geloof bestaan.

9. Opregte gelowiges bring nie uit hulleself goeie werke voort nie.🔗

Laat ons nou ondersoek instel na watter geregtigheid die mense het wat ons in die vierde groep gestel het. Ons bely dat wanneer God ons deur die tussenkoms van Christus se geregtigheid met Hom versoen en wanneer Hy uit genade aan ons vergiffenis van ons sondes skenk, Hy ons as regverdiges beskou. Ons bely verder dat terselfdertyd met hierdie barmhartigheid die weldaad verbind is dat Hy deur sy Heilige Gees in ons woon deur wie se krag die begeerlikhede van ons vlees dag vir dag al hoe meer gedood word.46 Ons bely dat ons inderdaad heilig gemaak word. Dit beteken dat ons in ware lewensreinheid aan die Here gewy word wanneer Hyons harte gevorm het om die wet te gehoorsaam. Die gevolg daarvan is dat ons belangrikste wil is om sy wil te dien en slegs sy heerlikheid op alle maniere moontlik te bevorder.47 Selfs wanneer ons onder leiding van die Heilige Gees waarlik in die weë van die Here wandel, moet ons nogtans onsself nie vergeet en hooghartig wees nie, omdat daar nog oorblyfsels van ons onvolmaaktheid in ons is om ons rede tot ootmoed te bied. Die Skrif sê: "Daar is geen regverdige wat goed doen en nie sondig nie".48

Hoedanig is die geregtigheid wat hulle uit hulle werke sal verkry dan nou eintlik? Ten eerste sê ek dat die heel beste werk wat deur hulle aangebied kan word, nogtans altyd met 'n mate van onsuiwerheid van hulle vlees bespat en bedorwe is en as't ware met iets soos gal gemeng is. Ek herhaal: laat 'n heilige dienskneg van God 'n werk uit sy hele lewensbaan kies wat hy na sy mening die uitnemendsteverrig het, en laat hy elke aspek daarvan oor en oor ondersoek. Hy sal ongetwyfeld iewers iets vind wat na die bedorwenheid van sy vlees smaak, want ons is nooit so vurig om goed te doen as wat ons moet wees nie maar daar is in ons baie swakheid waardeur die verloop van die goeie vertraag word. En hoewel ons sien dat die vlekke waarmee die werke van die heiliges bespat is, nie onopsigtelik is nie, kom ons veronderstel dan nogtans dat dit niksbeduidend is. Maar sal hulle God se oë dan geen aanstoot gee terwyl selfs nie eens die sterre vir sy oë rein is nie? Ons weet dus dat nie een enkele werk van die heiliges kom wat nie 'n skandvlek as regverdige loon verdien as dit op sigself getakseer word nie.

10. Hy wat in een gestruikel het, het aan almal skuldig geword.🔗

Selfs al sou dit verder moontlik kon wees dat ons sommige werke het wat volledig suiwer en volmaak is, dan is, soos die profeet sê, een enkele sonde genoeg om al die herinnering aan ons vorige geregtigheid uit te wis en te blus.49 Daarmee stem Jakobus ook ooreen wanneer hy sê: "Iemand wat in een gestruikel het, het aan almal skuldig geword".50 Aangesien hierdie sterflike lewe nooit rein of sonder sonde is nie, sou al die geregtigheid wat ons nog kon verkry het, net so deur daaropvolgende sondes bedorwe, onderdruk, en verlore wees en nie voor God se oë kom nie, en dit sou ons ook nie tot geregtigheid gereken word nie. Wanneer dit verder om die geregtigheid van ons werke gaan, moet ons ons oë nie op die werk van die wet rig nie maar op die gebod van die wet. As ons derhalwe geregtigheid uit die wet soek, sou ons verniet een of twee werke aanbied, maar voortdurende gehoorsaamheid aan die wet is daarvoor nodig. Daarom reken God ons daardie vergewing van sondes waarvan ons gepraat het, nie net een keer soos baie mense in hulle stompsinnigheid meen, toe om wanneer ons vergiffenis vir ons lewe van die verlede verkry het, daarna geregtigheid in die wet te soek nie. Ons sou dan immers tot 'n valse verwagting gebring, bespot en belaglik gemaak word. Aangesien geen volmaaktheid ons immers te beurt kan val so lank ons met hierdie vlees beklee is nie en die wet ook die dood en 'n oordeel oor almal sal uitspreek wat nie volle geregtigheid in hulle werk lewer nie, sal die wet altyd grond hê om ons aan te kla en te beskuldig, behalwe as God se barmhartigheid dit teengaan en sy barmhartigheid ons deur die gedurige vergiffenis van ons sondes by herhaling kwytskeld. Daarom staan dit wat ons aanvanklik gesê het,51 altyd vas, naamlik dat as ons na eie aansien opgeweeg word, in alles wat ons beplan of aanpak, met al ons inspanning en ons ywer, verdien ons die dood en ondergang.

11. Hoewel die wedergebore mens baie goeie werke verrig, word hy deur die geloof en die toerekening van geregtigheid deur Christus alleen regverdig gemaak.🔗

Ons moet sterk op die volgende twee aspekte aandring: (ten eerste). Dat daar nog nooit 'n werk van 'n godvrugtige bestaan het wat nie doemwaardig is as dit aan die streng oordeel van God getoets word nie, (ten tweede) as daar nog 'n werk van so 'n aard te vinde is - iets wat vir die mens onmoontlik is - sal dit nogtans guns verloor as gevolg van die sondes waaronder die bewerker daarvan beslis gebuk moet gaan.

En hier is die belangrikste geskilpunt met die pousgesindes.52 Want daar is geen stryd tussen ons en die Skolastici wat gesonder verstand het,53 oor die beginsel van regverdigmaking nie, naamlik dat 'n sondaar uit genade van die verdoemenis verlos is en geregtigheid verkry, en dit deur die vergiffenis van sondes - dit is behalwe die feit dat hulle onder die woord regverdigmaking hernuwing verstaan waardeur ons deur bemiddeling van die Gees van God weer gevorm word om die wet te gehoorsaam.54 Hulle dat die mens wat eenmaal deur die geloof in Christus met God versoen is, deur sy goeie werke regverdig voor God geag word en vanweë die verdienste van die werke aangeneem is.55

Die Here verklaar daarteenoor dat Hy Abraham se geloof hom tot geregtigheid toegereken het, nie toe hy nog afgode gedien het nie maar omdat hy toe alreeds baie jare lank in die heiligheid van sy lewe uitgemunt het.56 Abraham het God dus lank met 'n suiwer hart gedien en so 'n gehoorsaamheid aan die wet gelewer as wat deur 'n sterflike mens gelewer kan word. Nogtans is sy geregtigheid nog in die geloof gevestig. Daaruit kan ons volgens Paulus se redenasie aflei dat hy nie uit die werke regverdig gemaak is nie. Dit is net so wanneer by die profeet gesê word: "Die regverdige sal uit die geloof lewe".57 Hier is nie sprake van goddelose en onheilige mense wat die Here regverdig maak deur hulle tot die geloof te bekeer nie maar die woorde is op die gelowiges gerig en aan hulle word 'n lewe uit die geloof belowe. Paulus ruim ook die hele probleem uit die weg wanneer hy die bekende vers van Dawid ter bekragtiging van sy opvatting aanhaal: "Geseënd is diegene wie se ongeregtighede hulle vergewe is".58 Dit is inderdaad gewis en seker dat Dawid nie van goddeloses gepraat het nie maar van gelowiges soos hyself want hy het uit 'n aanvoeling van sy eie gewete gepraat. Ons moet hierdie geseëndheid derhalwe nie net een keer hê nie maar dit ons hele lewe lank behou. Ten slotte getuig hy dat die boodskap in verband met die genadige versoening met God nie net een dag of twee verkondig word nie, maar dat dit voortdurend in die kerk is.59 Daarom het gelowiges tot aan die einde van hulle lewe nie 'n ander soort geregtigheid as wat daar beskryf word nie. Christus bly immers tot in ewigheid ons Middelaar om die Vader met ons te versoen en die krag van sy dood bly tot in ewigheid, naamlik die afwassing, die voldoening, die versoening en uiteindelik volmaakte gehoorsaamheid waardeur al ons ongeregtighede bedek word. In sy brief aan die Efesiërs sê Paulus ook nie dat ons saligheid uit genade begin nie maar dat ons deur die genade salig gemaak is en nie deur ons werke nie sodat niemand mag roem nie.60

12. Die Skolastici se bedrieglike redenasie teen die Protestantse regverdigingsleer.🔗

Die uitvlugkans wat die Skolastici hier soek om te kan ontkom baat hulle niks nie. Hulle beweer dat goeie werke ten opsigte van hulle intrinsieke waarde nie soveel gewig dra dat dit genoegsaam is vir die verkryging van geregtigheid nie maar dat dit God se aannemende genade kenmerk dat dit soveel vermag.61 Omdat hulle gedwing word om te erken dat die geregtigheid van ons werke hier altyd onvolmaak is, gee hulle verder aan ons toe dat ons so lank as ons lewe, vergiffenis van sonde nodig het om die gebreke van ons werke aan te vul maar dat vir die oortredings wat dan begaan word, met oortollige werke vergoed word.62

My antwoord op hulle sogenaamde aannemende genade is dat dit niks anders is as God se genadige goedertierenheid waardeur die Vader ons in Christus omhels nie. Dit is wanneer Hy ons met Christus se onskuld beklee en dit as ons s'n aanneem sodat Hy ons deur Christus se weldaad as heilig, rein en onskuldig beskou. Want die geregtigheid van Christus, wat die enigste volmaakte geregtigheid is en so alleen voor die aangesig van God kan standhou, moet in ons plek gestel word en ons soos 'n borg voor sy oordeel verteenwoordig. As ons van hierdie geregtigheid voorsien is, verkry ons in die geloof voortdurende vergiffenis van ons sondes. Wanneer ons vuilheid en die onreinheid van ons onvolmaaktheid deur die reinheid van hierdie geregtigheid beklee is, word dit ons nie meer toegereken nie, maar dit word as't ware begrawe en bedek sodat dit nie in God se gerig kom nie totdat die uur kom waarin die ou mens in ons tot niet gemaak en ten volle uitgewis is en God se goedheid ons met die nuwe Adam in geluksalige vrede sal ontvang om daar op die dag van die Here te wag waarop ons in die heerlikheid van sy hemelse koninkryk oorgebring sal word nadat ons onverderflike liggame gekry het.

13. Die Roomse leer van 'oortollige werke' toon 'n gebrek aan insig in die erns van die sonde.🔗

As hierdie redenasies dan waar is, kan geeneen van ons werke op sigself ons sekerlik vir God aanvaarbaar en aanneemlik maak nie. Die werke self kan God nie eens behaag nie behalwe in soverre die mens deur die geregtigheid van Christus bedek is, God behaag en vergiffenis vir sy sondes ontvang. God het immers nie die loon van die lewe vir sekere werke beloof nie, maar Hy verklaar slegs dat hy wat dit doen, sal lewe.63 Daarenteen stel Hy die bekende vloek oor almal wat dit nie in alle opsigte nakom nie. Daardeur word die breinkind van 'n gedeeltelike geregtigheid oorvloedig weerlê wanneer daar in die hemel nie 'n ander geregtigheid toegelaat word as die volle onderhouding van die wet nie. Wat hulle gewoonlik in verband met voldoening deur vergoeding met behulp van oortollige werke kwytraak,64 staan trouens ook nie op vaste grond nie. Wat beteken dit immers? Keer hulle nie altyd maar net weer terug na dieselfde punt waarvan hulle reeds verdryf is nie, naamlik dat iemand wat die wet gedeeltelik gehoorsaam, slegs sover regverdig is deur sy werke? Hulle aanvaar iets wat geen mens met gesonde verstand hulle sou toegee nie, uitermatig verwaand as 'n uitgemaakte saak! Die Here getuig so dikwels dat Hy geen geregtigheid van die werke erken nie behalwe in volmaakte gehoorsaamheid aan sy wet. Aangesien so 'n geregtigheid ons ontgaan, watter goddeloosheid is dit dan nie dat ons op wie weet watter greintjie van 'n handjievol goeie werke roem en dit wat daarin ontbreek, probeer aankoop met ander voldoenings sodat dit darem nie moet lyk asof ons van alle heerlikheid beroof is, dit wil sê dat ons heeltemal voor God gewyk het nie!

Hulle voldoenings is hierbo65 reeds kragtig vernietig sodat hulle selfs nie eens in 'n droom in ons gedagtes behoort op te kom nie. Ek sê slegs dat mense wat sulke onsin praat, glad nie daaroor nadink hoe 'n afstootlike ding die sonde voor God is nie. Hulle sou dan inderdaad kon verstaan dat, as al die geregtigheid van die mense op een hoop bymekaargeskraap word, dit nie genoeg kan wees om vir een sonde te vergoed nie. Want ons sien dat die mens deur een oortreding so deur God verwerp en verstoot is dat hy terselfdertyd alle middele om sy saligheid te herwin, verloor het.66 Sy verrnoë tot voldoening is dus van hom weggeneem, en mense wat hulleself daarmee vlei, sal gewis nooit aan God voldoening gee nie, want niks wat van sy vyande kom, is vir Hom aangenaam of aanneemlik nie. Syvyande is voorts almal oor wie Hy besluit het om hulle hulle sondes toe te reken. Ons sondes moet dus bedek en vergewe wees voordat die Here sy oë op enige van ons werke rig. Daaruit is die afleiding dat die vergiffenis van sondes onverdiend is, en diegene wat enige voldoening daarvoor aanvoer, beswadder dit goddeloos. So ver dit ons aangaan, moet ons volgens die voorbeeld van die apostel die dinge wat in die verlede lê, vergeet en reik na die dinge wat voor ons is; laat ons die wedloop hardloop en ons inspan om die kroon van ons roeping van bo te kry.67

14. Wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte...🔗

Maar hoe pas die feit dat hulle hulle op oortollige werke beroem, by die bevel dat, wanneer ons alles gedoen het wat ons beveel is, ons moet sê dat ons waardelose diensknegte is en dat ons nie meer gedoen het as wat ons verskuldig was nie?68 Om dit voor die aangesig van God te sê beteken dat jy nie kan huigel of lieg nie maar om by jouself te bepaal wat jy as vas en seker beskou. Die Here beveel ons derhalwe om ernstig te gevoel en by onsself daaroor na te dink dat ons geen diens waartoe ons nie verplig is, vir Hom nakom nie maar dat ons werke wat ons verskuldig is, verrig. En dit is ook reg so, want ons is sy diensknegte wat teenoor Hom so diep in die skuld is dat ons dit nie kan nakom nie selfs al sou al ons gedagtes en ons al ons ledemate in nligte van die wet verander. Daarom dra sy verklaring: "Wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel word", net soveel gewig asof al die geregtighede van mense en nog meer net een mens s'n sou wees. Terwyl ons almal nog baie ver van daardie wenpaal af is, hoe sou ons dan waag om daarop te roem dat ons by die vereiste maat nog 'n hoop goeie werke bygevoeg het? Daar is ook geen gronde waarom iemand die beswaar sou opper dat niks iemand verhinder om in sy ywer meer pligte te verrig as wat noodsaaklik is nie hoewel hy in 'n ander opsig in noodsaaklike verpligtinge faal.69 Ons moet immers goed in gedagte hou dat niks wat op die diens van God of op die liefde betrekking het, in ons gedagtes kan opkom wat nie onder die wet van God inbegrepe is nie. En as dit dan deel van die wet is, laat ons dan nie op ons vrywillige vrygewigheid roem terwyl ons noodwendig daartoe verbind is nie.

15. Alles wat ons is en het, behoort aan God, en daarom kan ons nie aanspraak maak op oortollige werke waaroor ons kan beskik nie.🔗

En om die geldigheid van oortollige werke te bewys, span hulle Paulus se bekende beroeming onvanpas hierby in. Hy sê naamlik dat hy onder die Korintiërs vrywillig van sy reg afstand gedoen het terwyl hy dit andersins kon gebruik as hy wou, en dat hy nie alleen aan hulle soveel aandag bestee het as wat hy uit hoofde van sy amp verskuldig was nie, maar dat hy buite die grense van sy ampsverpligtinge werke wat hy nie verskuldig was nie, aan hulle gelewer het.70 En tog moes hulle gelet het op die rede wat hy daar aangetoon het, naamlik dat hy dit gedoen het om die swakkes nie aanstoot te gee nie.71 Want slegte en bedrieglike werkers het met die valse skyn van welmenendheid geloop en smous om vir hulle gevaarlike leerstellings guns te wen en haat teen die evangelie aan te blaas, sodat Paulus noodgedwonge of die leer van Christus in gevaar moes stel of sulke listige praktyke moes fnuik. Wel, as dit vir 'n  Christen 'n onverskillige saak is dat hy aanstoot gee terwyl hy hom daarvan kan weerhou, erken ek dat die apostel vir die Here 'n oortollige werk verrig het, maar as hy gedoen het wat met reg van 'n verstandige bedienaar van die evangelie vereis word, verklaar ek dat hy gedoen het wat hy moes. En verder, selfs as so 'n rede nie duidelik is nie, is die volgende stelling van Chrysostomos nog altyd waar, naamlik dat alles wat ons het, dieselfde status as slawe se besittings geniet wat altyd volgens reg aan hulle eienaar behoort.72 En Christus het dit ook nie in sy gelykenis weggesteek nie, want Hy vra hoe ons 'n dienskneg sal bedank wanneer hy uitgeput van 'n hele dag se harde werk in die aand na ons terugkeer.73 En tog is dit moontlik dat hy hom met groter ywer op sy werk toegelê het as wat ons sou waag om van hom te eis. Laat dit so wees. Hy het dan nogtans niks gedoen wat hy nie uit hoofde van sy posisie as 'n slaaf moes doen nie, omdat hy met al sy vaardighede ons eiendom is.

Ek verswyg maar die aard van die oortollige werke wat hulle aan God wil verkwansel. Dis is immers onsin wat Hy self nooit gebied of goedgekeur het nie, en wanneer rekenskap voor Hom gegee moet word, sal Hy dit ook nie aanneem nie. Ons sal eers toegee dat daar in hierdie betekenis oortollige werke is waarvan daar by die profeet sprake is: "Wie het dit van julle hande geëis?"74 Maar hulle moet ook onthou wat elders in verband daarmee gesê word: "Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?"75

Dit is inderdaad nie baie vermoeiend vir daardie ledige rabbi's om hierdie onderwerpe in die skadu op sagte stoele te bespreek nie, maar wanneer die hoogste Regter op sy regstoel sit, moet sulke onbestendige leerstellings verdwyn. Dit, ja, dit moet ons vra: Watter vertroue ons ter verdediging na sy regterstoel kan neem en nie watter storietjies ons in hulle skole en skuilplekke76 kan uitdink nie.

16. 'n Christen moet nie op geregtigheid van sy werke vertrou of daarop roem nie.🔗

In hierdie opsig is daar veral twee plae wat ons uit ons gemoed moet weer, naamlik dat ons ten eerste geen vertroue in die geregtigheid van ons werke moet stel nie77 en, ten tweede, dat ons nie daaraan enige roem moet toeskryf nie. Die Skrif ontneem ons oral enige vertroue hoegenaamd op die geregtigheid van onswerke wanneer dit leer dat al ons geregtighede voor God stink tensy dit die aangename geur van Christus se onskuld adem, en dit nie anders kan as om God se wraak te verwek nie, tensy dit deur die toegeeflikheid van sy barmhartigheid verdra word. Hulle laat vir ons dus niks anders as om met Dawid se belydenis tot ons Regter te bid dat niemand voor Hom regverdig gemaak sal word as Hy rekenskap van sy diensknegte eis nie.78 Maar dan sê Job weer: "As ek goddeloos gehandel het, wee my, maar as ek regverdig gehandel het, sal ek my kop nie so ophef nie".79 Hoewel hy sy oë op die hoogste geregtigheid van God rig, waaraan selfs nie eens die engele kan beantwoord nie, toon hy nogtans terselfdertyd aan dat wanneer dit by God se oordeel kom, daar vir al die sterflike mense niks meer oor is as om stom te word nie. Dit slaan trouens nie slegs daarop dat Job verkies om eerder vrywillig voor God pad te gee as om tot gevaar vir hom met die strengheid van God kragte te meet nie, maar hy dui ook aan dat hy in homself van geen ander geregtigheid bewus is as dat dit onmiddellik voor God se aangesig in duie sal stort nie.

As alle vertroue hierin tot niet gemaak is, moet alle roem ook noodwendig die wyk neem. Want wie sou lof van geregtigheid aan sy werke toeskryf as hy vrees om in die aangesig van God daarop te vertrou? Ons moet dus kom waarheen Jesaja ons roep, naamlik dat die hele geslag van Israel in God hulle lof sal hê en in God sal roem.80 Wat hy immers elders sê, is baie waar, naamlik dat ons 'n plant van die heerlikheid van God is.81

'n Mens se siel sal dus eers dan na behore gereinig wees wanneer hy geensins op die vertroue in sy werke steun nie en hom ook nie op die roem daarvoor verhef nie. Hierdie dwaling begeester egter dwase om hulleself met 'n valse en bedrieglike vertroue op te blaas omdat hulle altyd die oorsaak vir hulle saligheid in hulle werke plaas.

17. Ons werke kan nooit die oorsaak van ons saligheid wees nie.🔗

Filosowe leer dat daar vier soorte oorsake is waarop ons moet let in die totstandkoming van (alle) dinge, as ons dit egter ondersoek, salons vind dat geeneen hiervan op ons werke van toepassing is om ons saligheid tot stand te bring nie. Die Skrif verkondig trouens oral dat die barmhartigheid van ons hemelse Vader en sy onverdiende liefde jeens ons die werkende oorsaak is om aan ons die ewige lewe te besorg. Verder verklaar die Skrif dat die materiële oorsaak82 daarvan Christus met sy gehoorsaamheid is, omdat Hy daardeur vir ons die geregtigheid verwerf het. Wat salons dan sê is die formele of instrumentele oorsaak daarvan anders as die geloof? Johannes vat hierdie drie oorsake terselfdertyd in een sin saam wanneer hy sê: "So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat almal wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe mag hê".83 Verder getuig die apostel dat die finale oorsaak sowel in die betoning van God se geregtigheid as in die lof vir sy goedertierenheid geleë is, en daar vermeld hy ook drie ander oorsake uitdruklik. In sy brief aan die Romeine sê hy: "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God; hulle word egter sonder verdienste deur sy genade geregverdig''.84 Hier het jy die kern en die primêre bron, naamlik dat God ons met onverdiende barmhartigheid omhels het. Daarop volg daar: "Deur die verlossing wat in Christus Jesus is".85 Hier het jy as't ware die stof waaruit geregtigheid vir ons tot stand gebring word: "Deur die geloof in sy bloed''.86 Hier word die instrumentele oorsaak aangedui waardeur Christus se geregtigheid vir ons toe gevoeg word. Ten slotte voeg hy die doel by wanneer hy sê: "om sy geregtigheid te toon sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Christus is".87 En om terloops aan te toon dat hierdie geregtigheid ook in versoening geleë is, poneer hy uitdruklik dat Christus ter versoening gegee is. So leer hy ook in die eerste hoofstuk van sy brief aan die Efesiërs dat ons uit louter barmhartigheid deur God in genade aangeneem word; dat dit deur die tussenkoms van Christus geskied; dat dit deur die geloof verkry word en dat dit alles hiertoe strek om die heerlikheid van God se goedertierenheid ten volle te laat skitter.88

Aangesien ons dus kan sien dat alle aspekte van ons saligheid buite ons geleë is, watter gronde het ons om of op ons werke te vertrou of daarop te roem? Selfs die mees geswore vyande van die genade van God kangeen geskil met ons aanknoop oor die werkende of finale oorsaak van ons geregtigheid nie tensy hulle die hele Skrif wil verloën. Oor die  materiële en formele oorsake daarvan skop hulle wel stof op asof ons werke die helfte en ons geloof en die geregtigheid van Christus die ander helfte bydra. Maar die Skrif verhef sy stem ook daarteen wanneer dit enersyds doodeenvoudig verklaar dat Christus vir ons tot geregtigheid en die lewe is, en andersyds dat hierdie seën van geregtigheid slegs deur die geloof bekom kan word.

18. Goeie werke kan egter dien om die geloof te versterk.🔗

Dit gebeur egter baie dikwels dat die heiliges hulle met die gedagte aan hulle onskuld en opregtheid versterk en daaruit troos put en dat hulle hulle soms ook nie daarvan weerhou om dit bekend te stel nie. Dit gebeur om twee redes: dit is of omdat hulle hulle eie goeie saak met die slegte saak van die goddelose vergelyk en daaruit onbesorgdheid oor hulle oorwinning kry - nie soseer deur 'n aanprysing van hulle eie geregtigheid nie as deur die regverdige en verdiende verdoeming van hulle teenstanders of (ten tweede) omdat die reinheid van hulle eie gewete, sonder om hulle eie geregtigheid met ander s'n te vergelyk wanneer hulle hulle voor God ondersoek, vir hulle enigermate troos en vertroue teweegbring.

Die eerste rede sal ons later ondersoek.89 Laat ons nou in verband met die tweede rede kortliks verduidelik hoe dit wat ons tevore gesê het,90 hiermee in ooreenstemming is, naamlik dat ons in God se oordeel geen vertroue in ons werke moet stel nie, en op geen illusie om daarop te roem nie. Die ooreenstemming is dus daarin dat wanneer dit gaan om die begronding en vasstelling van hulle saligheid die heiliges hulle oë slegs op God se goedertierenheid rig sonder om hulle werke in aanmerking te neem. Nie alleen wend hulle hulle oë voor alle ander dinge op God se goedertierenheid as die begin van hulle geluksaligheid nie, maar hulle berus ook daarin as die vervolmaking daarvan, So begrond, so gebou en so gevestig word 'n mens se gewete ook deur die nadenke oor sy werke verstewig in soverre dit getuig dat God in ons woon en in ons regeer. Omdat so 'n vertroue in 'n mens se werke dus geen plek het nie tensy jy eers die volle vertroue van jou gemoed op die barmhartigheid van God werp, behoort vertroue op jou werke nie strydig te wees met vertroue op God se barmhartigheid waarvan dit afhanklik is nie. Wanneer ons vertroue op ons werke uitskakel, bedoel ons daarom slegs dat 'n Christen hom nie tot die verdienste van sywerke as hulp vir sy saligheid moet wend nie maar dat hy ten volle in die onverdiende belofte van geregtigheid moet berus. Ons verbied 'n Christen egter nie om hierdie geloof met tekens van God se goedgunstigheid te onderskraag en te verstewig nie. Want wanneer ons nadink oor al die gawes wat die Here aan ons gegee het, is hierdie gawes vir ons soos strale van God se aangesig waardeur ons verlig word om daardie hoogste lig van sy goedertierenheid te aanskou. Baie meer nog dien die genade van goeie werke daartoe om vir ons daarvan bewys te lewer dat die Gees van aanneming aan ons gegee is.

19. Goeie werke is die vrug van ons roepingsvervulling.🔗

Wanneer die heiliges dus hulle geloof deur die onskuld van hulle gewete versterk en stof tot blydskap daaruit put, het hulle uit die vrug van hulle roeping geen ander dunk van hulleself as dat hulle soos kinders deur die Here aangeneem is nie. Salomo leer dus dat daar in die vrees van die Here sterk sekerheid is.91 Soms gebruik die heiliges hierdie beswering om deur die Here verhoor te word, naamlik dat hulle in opregtheid en eenvoud voor sy aangesig gewandel het.92 Sulke woorde dra niks daartoe by om 'n basis ter versterking van die gewete te vorm nie maar is eers geldig as hulle by nabaat gebruik word.93 Daar is immers nêrens in enigiemand so 'n vrees (vir die Here) dat dit volle sekerheid tot stand kan bring nie. Die heiliges is ook grondig daarvan bewus dat hulle opregtheid sodanig is dat dit steeds met baie oorblyfsels van hulle vlees deurmekaar is. Maar omdat hulle die vrug van die wedergeboorte as bewys daarvoor aanvaar dat die Heilige Gees in hulle inwoon, put hulle daaruit geweldige versterking om God se hulp in alle noodsituasies te verwag, omdat hulle Hom in so 'n belangrike aangeleentheid as hulle Vader ervaar. En hulle is selfs nie eens hiertoe in staat tensy hulle eers die goedheid van God, wat slegs deur die sekerheid van sy belofte verseël is, aangryp nie. Want as hulle God se goedheid aan die hand van hulle goeie werke begin beoordeel, sal daar niks onsekerder, niks onbestendiger wees nie. Want as hulle werke op sigself beoordeel word, sal hulle deur hulle onvolmaaktheid nie alleen God se torn bewys nie maar ook vanweë die suiwerheid daarvan wat maar net begin het, van sy goedgunstigheid getuig.

Kortom: hulle verkondig die weldade van God op so 'n manier dat hulle nogtans nie van God se onverdiende guns afwyk nie - dit is, die guns waarin volgens Paulus se getuienis die lengte, die breedte, die diepte en die hoogte geleë is.94 Dit is asof hy sê dat, waarheen die gedagtes van die godvrugtiges hulle ook al wend - al sou hule ook hoog opsryg, al sou hulle hulle ver en breed uitstrek - hulle nogtans nie buite die liefde van Christus moet gaan sonder om hulle ten volle met die nadenke daarvan in beslag te laat neem nie, omdat dit alle afmetings in homself insluit. Daarom sê hy dat dit alle kennis te bowe gaan en oortref en dat ons met die volheid van God vervul word wanneer ons daarvan bewus word hoe lief Christus ons gehad het.95 Wanneer hy elders roem dat godvrugtiges in elke stryd oorwinnaars is, voeg hy dadelik die rede daarvoor by: "Deur Hom wat hulle liefgehad het".96

20. Slotsom: omdat goeie werke gawes van God is, kan dit nie bydra tot of afbreuk doen aan die geregtigheid van God nie.🔗

Die heiliges beskou hulle werke dus slegs as gawes van God waaruit hulle sy goedheid te wete kan kom, en slegs as tekens van hulle roeping waaruit hulle hulle uitverkiesing kan aflei. Ons kan dus nou sien dat hulle nie so 'n soort vertroue in hulle werke stel dat dit enigiets aan hulle verdienste toeskryf of enigiets van die onverdiende geregtigheid wat ons in Christus verkry, wegneem nie, omdat dit daarvan atbanklik is en nie daarsonder kan bestaan nie.

Augustinus skets dit ook in enkele woorde maar tog elegant wanneer hy skryf: "Ek sê nie vir die Here: 'Moet nie die werke van my hande verag nie'.97 'Ek het die Here met my hande gesoek en is nie bedrieg nie'98 Maar ek prys nie die werke van my hande aan nie, want ek vrees dat as U dit ondersoek, U meer sonde as verdienste daarin sal vind. Ek sê slegs, ek vra slegs, ek begeer slegs: Moet nie die werke van my hande verag nie. Sien in my u werk en nie myne nie. Want as U my werke sien, verdoem U dit maar as U u werke in my sien, bekroon U dit. Al die goeie werke wat in my is, ontstaan immers uit U".99

Hy stel twee redes waarom hy nie waag om sy werke aan God op te dring nie, naamlik dat as hy enigsins goeie werke van sy eie het, hy daarin niks van sy eie kan sien nie, en, ten tweede, dat ook dit deur die menigte van sy sondes begrawe word. Daaruit volg dat sy gewete meer vrees en  ontsteltenis as sekerheid daaruit ervaar. Derhalwe wil hy hê dat God sy regte dade slegs moet sien om wanneer Hy die genade van sy eie roeping daarin herken, die werk wat Hy begin het, te voltooi.

21. 'n Verklaring van die Skrifgegewe dat hulle goeie werke die oorsaak is waarom God aan die gelowiges goed doen.🔗

Die Skrif dui hierbenewens aan dat gelowiges se goeie werke die oorsaak is waarom die Here goed aan hulle doen. Ons moet dit egter so verstaan dat dit wat ons tevore gestel het, onwrikbaar bly, naamlik dat die werkende oorsaak van ons saligheid in die liefde van God die Vader geleë is; die stof daarvan in die Seun se gehoorsaamheid; die instrument in die verligting van die Gees, dit is in die geloof, en dat die doel die heerlikheid van God se groot milddadigheid is. Niks hiervan verhinder die Here egter om die werke as geringer oorsake van ons saligheid aan te neem nie. Maar waaruit spruit dit? Daaruit naamlik dat Hy diegene wat Hy deur sy barmhartigheid vir die erfenis van die ewige lewe bestem het, volgens sy gewone bedeling deur hulle goeie werke lei om dit in besit te neem. Iets wat in die volgorde van sy bedeling voorafgaan, noem Hy die oorsaak van iets wat later volg. Dit is die rede waarom Hy soms die ewige lewe uit die werke aflei - nie met die bedoeling dat dit daaraan toegeskryf moet word nie maar omdat Hy diegene wat Hy uitverkies het, regverdig maak om hulle uiteindelik te verheerlik,100 stel Hy genade, wat 'n trap na die volgende is, in 'n sekere sin as die eerste oorsaak. Maar so dikwels as die ware oorsaak daarvan aangewys moet word, gebied Hy ons om nie ons toevlug tot (goeie) werke te neem nie maar Hy hou ons slegs by die gedagte aan sy barmhartigheid. Dit is byvoorbeeld wat die apostel leer: "Die loon van die sonde is die dood maar die genade van die Here is die ewige lewe".101 Waarom stel hy nie geregtigheid so teenoor die sonde soos hy die lewe teenoor die dood stel nie? Waarom maak hy nie geregtigheid die oorsaak van die lewe soos hy die sonde die oorsaak van dood maak nie? So sou die teenstelling immers na behore tot stand gekom het terwyl dit nou ietwat deur daardie afwisseling onderbreek word. Maar die apostel se bedoeling was om met hierdie vergelyking dit soos dit was, uit te druk, naamlik dat die mens se verdienstes die dood verdien en dat sy lewe in God se barmhartigheid alleen geleë is.

Kortom: met sulke uitdrukkings word eerder die volgorde as die rede aangetoon, omdat God genadegawe op genadegawe opstapel en Hy aan die eerste oorsaak ontleen om aan die tweede oorsaak toe te voeg om  niks agterweë te laat om sy diensknegte te verryk nie. En Hy brei sy milddadigheid so uit dat Hy nogtans altyd wil hê dat ons ons oë op sy genadige uitverkiesing wat die bron en begin daarvan is, gerig moet hou. Want hoewel Hy die gawes wat Hy elke dag aan ons skenk, liefhet in soverre dit uit daardie bron voortkom, is dit nogtans ons plig om sy genadige aanneming te onthou, wat alleen daartoe in staat is om ons siele te onderskraag. Die gawes van sy Gees wat Hy daarna aan ons skenk, moet ons op so 'n wyse aan die eerste oorsaak ondergeskik maak dat hulle geen afbreuk daaraan doen nie.

Endnotes🔗

  1. ^ Marg. Iere. 17.b.9. Vgl. oe 38:270 - 271.
  2. ^ Marg. Genes. 8.d.21.
  3. ^ Vgl. Eks. 20:20.
  4. ^ Marg. Psal. 94.b.11 & 14.a.2. vgl. OC 31:137 - 138; 32:23.
  5. ^ Marg. Gene. 6.a.3.
  6. ^ Marg. Galat. 5.c.19. Vgl. ook verse 20 - 21 (OC 50:253 - 255).
  7. ^ Fr.: de Tite et de Traian, qui ont esté bons Empereurs Romains, ... de Caligula, Néron ou Domitian, qui ont rëgnë comme bestesfurieuses (Benolt 3:247). Hierdie Romeinse keisers het in die eeu na keiser Augustus regeer. Tiberius het hom na sya fsterwe in 14 n.C. opgevolg en tot 37 n.C. regeer. Daarna volg Gaius (sy bynaam Caligula beteken 'soldaatskoentjies') van 37 - 41 n.C. Nero regeer tussen 54 en 68 n.C. en Vespasianus tussen 69 - 79. Titus was keiser tussen 79·81 n.C en Domitianus tussen 81 en 96 n.C. Trajanus het regeer vanaf 98 tot 117 n.C. Hierdie belangrike periode in die ontwikkeling van die Christendom word vanwee die vervolging van die Christene in Nero en Domitianus se regeringstyd as die tyd van die lydende kerk beskryf.
  8. ^ Marg. Lib. 4. contra Iul. Augustinus, Contra Jul. Pelag. 4.3.16, 17, 19,21 (MPL44:744 . 749).
  9. ^ Aldrie hierdie manne wasspreekwoordelik voorbeelde van die Oud Romeinse streng sedelikheid en opregtheid. Fabricius was tussen 282 en 278 v.C. Romeinse konsul en Sensor van die openbare sedes in 275 v.C. (Kleine Pauly 2:502 e.v.) Scipio Africanus is geroem vir sy heldedade teen Hannibal wat hy in 202 V.C. verpletterend verslaan het by Zama in Noord-Afrika.Hy het in 184 v.C. gesterf (Kleine Pauly 5:48 e.v.; REW2,A1:822 ·823). M. Porcius Cato Censorinus was afkomstig uit die plebs of gewone burgery maar het nograns die hoogste politieke ampte verwerf wat gewoonlik slegs vir die adel (patrlslërs) toeganklik was. As sensor het hy die hoogste sedelike gedrag van bekleërs van openbare ampte vereis. (Kleine Pauly 1:1087, REW22:139 e.v.).
  10. ^ Vgl. Augustinus, Ibid. 4.3.17, 25, 26 (MPL44:745, 750 . 751).
  11. ^ Marg. l.Ioha. 5.c.l2. Vgl. OC 55:368 . 369.
  12. ^ Marg. Lib. ad. Bonif. 3. cap. 5. Augustinus, Contra duas ep. Pelag. 3.5.14 (MPL 44:597 . 599).
  13. ^ Marg. Praef in Psal. 1545 - 1554: + 31. Augustinus, Enar. in Ps. 31.2.4 (MPL 36:259 e.v.; CCSL 38:227).
  14. ^ Marg. Heb. 11.b.6. Vgl. OC 55:147 . 149.
  15. ^ Marg. Iohan. 5.e.25. Vgl. ook vers 21, 24 en OC 47:114 . 118.
  16. ^ Marg. Epbes. 2.a.4. Vgl. ook vers 5 en OC 51:163 - 164.
  17. ^ Marg. Rom. 4.c.17. Vgl. OC 49:81.
  18. ^ Marg. Iob 41.a.2,. Rom. 11.d.35. Vgl. OC 49:231 - 232.
  19. ^ Vgl. Inst. 3.13.2 (Afr. vert. 3:974) hierbo
  20. ^ Marg. Ephe. 2.b.10. vgl. OC 51:166 - 167.
  21. ^ Marg. 2. (1559 falso 1) Tim. 1.c.9. Vgl. OC 52:352 - 353.
  22. ^ A: aetrenae in plaas van aeternae.
  23. ^ Marg. Tit. 3.b.4. Vgl. ook verse 5 - 7 en OC 52:428 - 432.
  24. ^ Marg. Rom. 11.a.6. Vgl. OC 49:214 - 215.
  25. ^ Marg. Matth. 9.b.13. Vgl. OC 45:250 - 251.
  26. ^ A: obcurave in plaas van obscurave.
  27. ^ Marg. Iesa. 59. c.15. Vgl. ook vers 16 en OC 37:346 - 348.
  28. ^ Marg. Oseae 2.d.19 & 23. Vgl. ook vers 22 en OC 42:248 - 252, 254 - 255.
  29. ^ Vir die inhoud vanfoedus- verbond, vgl.Inst. 1.6.1 (Afr. vert. 1:149); 2.8.21; 10.1 - 5, 7; 11.4,7,9,11 (Afr. vert. 2:521, 570 - 575, n.1; 571- 576, 600, 603, 605, 608) en 4.14.6.
  30. ^ Marg. Rom. 5.a.6; cotoss. 1.c.2l. Vgl. OC 49:92 - 93; 52:89 - 90.
  31. ^ Marg. 1. Iohan. 4.b.10. Vgl. OC 55:353 - 354.
  32. ^ Marg. Oseae 14.b.5. Vgl. OC 42:504 - 505.
  33. ^ Vir die Roomse standpunt oor die plek van goeie werke in die verkryging van die saligheid vgl. Thomas, Summa Tbeol. 1,2.112.2 (Marietti 2:571 e.v.). Die definitiewe dekreet van die sesde sitting van die Konsilie van Trent, De necessitate praeparattonts ad iustificationem in adultis, et unde sit (Mansi 33:34) het die Roomse standpunt teen die Protestantse regverdigmaking deur die geloof alleen bevestig. Vgl. ook Duns scotus, In sent. 3.19.1.8 (000 14:719).
  34. ^ Marg. 1. Cor. 6.b.11. Vgl. OC 49:393 - 395.
  35. ^ Marg. 1. Pet. 1.a.2. Vgl. OC 55:208 - 209.
  36. ^ Vgl. Fil. 1:29 (OC 52:21 - 22).
  37. ^ Vgl. Inst. 3.14.1 (Afr. vert. 3:980) hierbo.
  38. ^ Fr. 1541: + Haggëe (Benoit 3:252).
  39. ^ Marg. Hagg. 2.b.12. Vgl. ook verse 13 - 14.
  40. ^ Marg. Iesa. 1.d.13. Vide ca. 58.a. Vgl. ook verse 14 - 16 (OC 36:40 - 44).
  41. ^ Marg. Prover. 15.b.8 (Spr. 15:8).
  42. ^ Marg. August. lib. De poenit. et Grego, cuius verba referuntur 3 quaest. 7.Vgl. Pseudo-Augustinus, De vera et falsa poenitentia 15.30 (MPL40:1125); Gregorius die Grote, Ep. 9.122 (MPL77:1053) en Gratianus, Decretum 2.3.7.5 (Friedberg 1:527).
  43. ^ Marg. Genes. 4.a.4. NAV: aangeneem.
  44. ^ Marg. Iere. 5.a.3. Vgl. OC 37:608 - 611.
  45. ^ Marg. Act. 15.b.6 (recte: Hand. 15:9). Vgl. OC 48:342 - 343, 345 e.v.
  46. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com.: De grat. et de iustif., De bonis op. (CR 21:420 - 434).
  47. ^ Vgl. Bucer, Enar. in ev. 1536, p. 122.
  48. ^ Marg. 1. Reg. 8.e.46 (1 Kon. 8:46). Vgl. ook Pred. 7:20.
  49. ^ Marg. Eze. 18.e.24. Vgl. OC 40:446 - 449
  50. ^ Marg. Iacob. 2.b.l0. Vgl. OC 55:401.
  51. ^ Vgl. afdeling 1 (Afr. vert. 3:980) hierbo.
  52. ^ Fr. avec les Papistes (Benoit 3:255).
  53. ^ Vgl. Inst. 2.2.6 (Afr. vert 2:376 n. 50); 3.13.3, 3.17.7 (Afr. vert. 3:975, 1029).
  54. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 2,1.113.1 (Marietti 2:577 e.v.). Vgl. ook die sesde sessie van die Konsilie van Trent, hoofstuk 3: Qui per Cbristum iustificantur; hoofstuk 4: Insinuatur descriptio iustificationis impii, et modus eius in statu gratiae; hoofstuk 7: Quid sit tustificatio impii, et quae eius causa (Mansi 33:33, 34 . 35).
  55. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 2,1.114.3 (Marietti 2:594 e.v.).
  56. ^ Marg. Rom. 4.c.13. Vgl. ook vers 3 en oe 49:76 . 77, 69 . 70.
  57. ^ Marg. Habac. 2.a.4. Vgl. oe 43:526 . 536.
  58. ^ Marg. Rom. 4.a.7; Psal. 32.a.l. Vgl. OC 31:314 - 317.
  59. ^ Marg. 2. Cor. 5.d.18. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 50:69 - 74.
  60. ^ Marg. Epbe. 2.b.8. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 51:165 - 167.
  61. ^ Vgl. Duns Scotus, Sent. 1.17.3.25,26 (000 10:849 e.v.).
  62. ^ Bonaventura, In sent. 4.20.2.1.3. (OOB 4:534); Thomas, Summa Theol. 3 suppl. 25.1 (Marietti 4:723 e.v.).
  63. ^ Marg. Levit. 18.a.5.
  64. ^ Vir oortollige werke vgl. die pouslike dekreet van Clemens VI, Unigenitus (1343), Extravagantes communes 9:2; Friedberg 2:1304 e.v.
  65. ^ Vgl. Inst. 3.4.25 - 39 (Afr. vert. 3:836 - 858).
  66. ^ Marg. Genes. 3.c.17.
  67. ^ Marg. Philip. 3.c.13. Vgl. ook vers 14 en OC 52:51 - 52.
  68. ^ Marg. Luc. l7.c.10. Vgl. OC 45:415.
  69. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 1,2.109.4 (Marietti 2:549 e.v.) asook die sesde sitting van die Konsilie van Trent, hoofs tuk 11: De obseruatione mandatorum. atque illius necessitate et possibilitate (Mansi 33:36).
  70. ^ Marg. 1. Cor. 9,a.1. Vgl. ook verse 2 - 15 en OC 49:437 - 445.
  71. ^ Marg. Ibidem, b.12. 1 Kor. 9:12.
  72. ^ Chrysostomos, In ep. ad Phil. homil. 2.4 (MPG 62:713 - 714).
  73. ^ Marg. Luc. 17.b.7. Vgl. ook verse 8 - 9 en OC 45:413 - 415.
  74. ^ Marg. Iesa. 1.d.12. Vgl. OC 36:40.
  75. ^ Marg. Idem. 55.a.2. Jes. 55:2. Vgl. OC 37:283 . 284.
  76. ^ Vgl. Inst. 3.12.1 (Afr. vert. 3:962).
  77. ^ L.w. ponant, in plaas van ponamus.
  78. ^ Marg. Psal. 143.a.2.. Vgl. oe 32:400 e.v.
  79. ^ Marg. Iob l0.c.is.
  80. ^ Marg. Iesa. 46.c.20 (recte: Jes. 45:25). Vgl. OC 37:151 - 152.
  81. ^ .Marg. Iesa. 6l.a.3. Vgl. OC 37:373 - 374.
  82. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 1.19.8 (Marietti 1:113 e.v.).
  83. ^ Marg. Ioban. 3.b.l6. Vgl. OC 47:63 e.v.
  84. ^ Marg. Rom. 3.c.23. Vgl. OC 49:60 e.v.
  85. ^ Vgl. Rom. 3:24.
  86. ^ Vgl. Rom. 3:25.
  87. ^ Vgl. Rom. 3:26.
  88. ^ Vgl. Ef. 1:3 - 14 (OC 51:145 - 154).
  89. ^ Inst. 3.17.14 (Afr. vert. 3:1039).
  90. ^ Inst. 3.12.2 (Afr. vert. 3:964).
  91. ^ Marg. Prov. 14.c.26 (Spr. 14:26).
  92. ^ Marg. Gen. 24.e.40; 2. Reg. 20.a.3
  93. ^ Fr. 1541 e.v.: quand on le (se. tout cela) prend comme enseigne de la oocation de Dieu (Benoit 3:262): Wanneer goeie werke gesien word as teken van die roeping van God.
  94. ^ Marg. Ephes. 3.d.18. Vgl. OC 51:187 - 188.
  95. ^ Marg. Ibidem, 19. Ef. 3:19
  96. ^ Marg. Rom. 8.g.37. Vgl. OC 49:167.
  97. ^ Vgl. Ps. 138:8.
  98. ^ Vgl. Ps. 77:2 . 3.
  99. ^ Vgl. Augustinus, Enar. in Ps. 137.18 (MPL 37:1783 e.v.; CCSL 40:1989).
  100. ^ Marg. Rom. d.f30 (recte: Rom. 8:30).
  101. ^ Marg. Rom. 6.d.23. Vgl. oe 49:118 . 119